Wednesday 18 March 2015

“When God has called you to wait, it is because what He is doing during the wait time is necessary for the best outcome…” ~ Unknown

Haloes! J

“When God has called you to wait, it is because what He is doing during the wait time is necessary for the best outcome…” ~ Unknown

Hebrews 6:19-20

“We have this as a sure and steadfast anchor of the soul, a hope that enters into the inner place behind the curtain, where Jesus has gone as a forerunner on our behalf, having become a high priest forever after the order of Melchizedek…”

James 1:12

“Blessed is the man who remains steadfast under trial, for when he has stood the test he will receive the crown of life, which God has promised to those who love him…”

“God is making things happen for you…  Even when you don’t see it, even when you can’t feel it, even if it is not evident…  God is working on your prayers…”

“Trust in His timing as you rely on His promises…  Wait for His answer and don’t stop believing for His miracles…  For it is in His goodness you can rest in His prescence…” ~ Unknown

Daar is niks erger as daar iets is wat jy baie graag wil hê, maar die dinge gebeur net nie…  Om geduld te moet toepas in sulke tye, en te moet wag, is partykeer onmenslik moeilik…  Jy weet dan wat jou hartsbegeertes is, hoekom gee God dit dan net nie aan jou nie??  Jy bid dan so gereeld daarvoor – hoekom wil dinge dan net nie in plek val nie?  Ekt die laaste tyd op ‘n paar geleenthede dieselfde boodskap gekry, en ek voel ek moet dit met julle deel…  Ek weet dit kan dalk oud of “cheesy” klink, maar die volgende is baie waar… “Good things comes to those who wait…” God weet WAT jy nodig het, MAAR Hy weet ook WANNEER jy dit nodig het…

Ons tyd, is nie God se tyd nie… Hy gee ons ook nie altyd wat ons wil hê op die tyd wat ons wil hê nie, maar Hy gee ons ALTYD wat ons nodig het, op die tydstip in ons lewe wat ons dit nodig het… Al wat ons kan doen, is om te vertrou en geduldig te wag… En te WEET – Hy het jou BESTE belange op die hart! Elke oomblik, van elke dag! In Matthew 6:8(NIV), staan daar die volgende: “ Do not be like them, for your Father knows what you need before you ask him…” Ek’t die volgende belofte en versekering ook in Spreuke 16:1&3 gekry – “Mens kan planne maak, maar die finale besluit kom van die Here af… Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag…” Ons weet nie die hoekoms en die waaroms van hoekom sommige goed wat ons so graag wil hê, net nie vir ons uitwerk nie… Maar God weet… God se wil, en plan vir jou lewe, is baie groter as wat jou eie plan vir jou lewe ooit sal wees… Wanneer deure toemaak op jou lewenspad (byvoorbeeld – werk wat verloor word, vakke wat gesleep word, vriende wat jou seermaak, verhoudings wat nie uitwerk nie; siekte wat jou oorweldig – die lys kan eindeloos lank wees), wil ek hê jy moet weet – God het groter en beter dinge vir jou in store! Waar jy tans is, en wat jy tans ervaar, is net ‘n “stepping stone” na iets groter en beter… Bid vir God se wil in jou lewe!! In Openbaring 3:8 belowe God verder: Ek ken jou handel en jou wandel… Kyk, Ek het ‘n geopende deur voor jou gegee en NIEMAND sal dit kan toemaak nie…” Al maak 100 deure in jou gesig toe, God sal sorg dat deur nommer 101 vir jou oopgemaak sal word!! God sal voorsien – in ALLES wat jy nodig het… Hy sal jou seën, met Sy wil vir jou lewe… Hy sal deure oopmaak wat niemand kan toemaak nie, en Hy sal jou nie ‘n OOMBLIK verlaat in die proses nie… Wag op God – selfs al is Sy timing anders as joune … Hy sal jou nie teleurstel nie…

Blessings!

Anel xx

No comments: