Thursday 29 October 2015

“We were made for loving… If we do not love, we will be like plants without water…” ~ Archbishop Desmond Tutu

Haloes! :)
“We were made for loving…  If we do not love, we will be like plants without water…”  ~ Archbishop Desmond Tutu
1 Corinthians 13:3-7 (The Message)
If I give everything I own to the poor and even go to the stake to be burned as a martyr, but I don't love, I've gotten nowhere. So, no matter what I say, what I believe, and what I do, I'm bankrupt without love.

   Love never gives up.
   Love cares more for others than for self.
   Love doesn't want what it doesn't have.
   Love doesn't strut,
   Doesn't have a swelled head,
   Doesn't force itself on others,
   Isn't always "me first,"
   Doesn't fly off the handle,
   Doesn't keep score of the sins of others,
   Doesn't revel when others grovel,
   Takes pleasure in the flowering of truth,
   Puts up with anything,
   Trusts God always,
   Always looks for the best,
   Never looks back,
   But keeps going to the end…”
“No fate is worse than a life without love…”  ~ Mexican Proverb
Dr. Seuss: “We are all a little weird and life's a little weird, and when we find someone whose weirdness is compatible with ours, we join up with them and fall in mutual weirdness and call it love.”
Het jy al ‘n plant present gekry, of moes na iemand se plante omsien, en dit het totaal geflop??   Of jy het te veel water gegee, of te min, of die plant het nie genoeg sonlig gekry nie??  Vir ‘n plant om op sy mooiste te wees, moet die balans tussen al hierdie dinge perfek wees…  Sonder dit, sal hy doodgaan – of vlekke of merke toon dat daar nie behoorlik na hom omgesien is nie – geel blare, dooie blare, stam met dorre merke…
Ons as mens is dieselfde…  Ek kom al hoe meer agter – almal is maar eintlik net opsoek na ‘n bietjie liefde en aanvaarding…  Sonder liefde, sal ons ook verwelk soos ‘n plant…  Om hierdie reg te kry, moet ons Hoof liefde in plek wees – sodat die res net daarop gebou kan word…  As ek nou vir jou Grieks praat – God moet ons basis en beginpunt van alles wees…  Vir verhoudings om te kan werk, om daardie wedersydse respek en aanvaarding vir mekaar te hê (dis nou vriendskappe, werksverhoudings, sowel as liefdesverhoudings) – moet alle partye besef dat God ons aanmekaar bind…  God het ons geskape om Hom lief te hê, maar om ook ‘n seën vir die mense rondom ons te wees…  En wanneer Jesus jou basis is, kan mens nie anders as om jou liggie te laat skyn, en ook die liggie in mense rondom jou aan te steek nie…  Daar sal net ‘n andersheid wees in hoe jy mense hanteer, en behandel…  Mens kan verhoudings vergelyk met ‘n Kruis – Jesus is die bo-punt van die kruis, en die twee mense in verhouding – die dwarslat van die kruis…  Jesus hou wag oor die twee kante en is ook die gemene faktor wat beide partye bind…  Wanneer dit vir jou moeilik is om ander lief te hê – dit is nie altyd maklik nie J  BID, dat Jesus jou hart sal verander, vernuwe, dat jy aanvaarding en liefde kan vind vir die mense wat jou so kwaadmaak…  Hy is groter as ENIGE iets…  En deur Sy krag, kan daar oplossings vir ENIGE iets gevind word…
Wees dankbaar vir die mense met wie God jou bless!  En bid vir jou huweliksmaat (as jy reeds getroud is, maar ook as jy nog opsoek is na iemand, of in verhouding met iemand is); bid vir jou vriendskappe, sodat jy God se ultimate seën in dit kan ervaar!  Besef dat die lewe kort is – ons weet nie hoe lank ons vir mekaar gespaar kan word nie, so moenie ‘n dag laat verbygaan waar mense nie weet wat hulle vir jou beteken nie!  Moet ook nie 'n aand kwaad gaan slaap nie...  Ons is hier op geleende tyd...  Moenie spyt wees dat jy nie jammer gese het, omdat jy te trots was nie...  Moenie spyt wees omdat jy mense nie waardeer het toe jy die kans gehad het nie...  God is ALTYD bereid om ons 'n tweede kans te gee wanneer ons opmors...  Moet ons nie dieselfde liefde vir ons medemens betoon nie?  Jesus is reeds in jou dag, en Hy het jou oneindig lief!  Weet dit vandag!!
Blessings!
Anel xx

Praise reportS!


Hi julle awesome mense!

Net om bietjie terugvoer te gee - ons kon op die ou end R3 000 vir Sunflower fund oorbetaal - ons kon dus vir 1 en 'n halwe persoon se toetse betaal (om te kan bepaal of hulle 'n skenker vir iemand anders kan wees).  Bitter baie dankie vir elkeen wat bygedra het!

Hier is 'n praise report van iemand wat ons 'n tyd terug voor gebed gevra het, wat tans chemo kry:

Just to give you an update so that you can report back to your prayer group that have been praying for Pauline.  She had her last chemo session yesterday  -  total of 18 over 5 months.  The tumour count has reduced since she started the chemo and she has been amazing for the duration of her chemo sessions.  She has also been very positive and at all times has put on a happy face.  Although she’s not a believer she knows that there is a God who loves her and I have been very aware of all the prayers that have gone up for her.  I continue to pray that she will accept the Lord.  Thank you again for your faithfulness in praying for my sister.  I am ever grateful.  I believe that prayer is the only long term solution that helps us accept and cope with everything that comes along the path of life.  Pauline’s journey,  like many others who are facing cancer,  is an ongoing battle
 
Xxx  (I don’t know how to make smiley faces !!!)
 
Mag julle 'n absolute geseende dag he!
 
blessings
 
anel xx

Wednesday 28 October 2015

Consider the postage stamp: its usefulness consists in the ability to stick to one thing till it gets there… ~ Josh Billings

Haloes!  J
Consider the postage stamp:  its usefulness consists in the ability to stick to one thing till it gets there… ~ Josh Billings
Psalm 91
"Whoever dwells in the shelter of the Most High will rest in the shadow of the Almighty.
I will say of the Lord, “He is my refuge and my fortress, my God, in whom I trust.”
Surely he will save you from the fowler’s snare and from the deadly pestilence. He will cover you with his feathers, and under his wings you will find refuge; his faithfulness will be your shield and rampart.You will not fear the terror of night, nor the arrow that flies by day, nor the pestilence that stalks in the darkness, nor the plague that destroys at midday. A thousand may fall at your side,
ten thousand at your right hand, but it will not come near you. You will only observe with your eyes
and see the punishment of the wicked. If you say, “The Lord is my refuge,” and you make the Most High your dwelling, no harm will overtake you, no disaster will come near your tent. For he will command his angels concerning you to guard you in all your ways; they will lift you up in their hands, so that you will not strike your foot against a stone. You will tread on the lion and the cobra;
you will trample the great lion and the serpent. “Because he loves me,” says the Lord, “I will rescue him; I will protect him, for he acknowledges my name. He will call on me, and I will answer him;
I will be with him in trouble, I will deliver him and honor him. With long life I will satisfy him and show him my salvation.”
 
You can't go through life quitting everything.  If you're going to achieve anything, you've got to stick with something.  ~From the television show Family Matters
 
“Nothing could be worse than the fear that one had given up too soon, and left one unexpended effort that might have saved the world…”  ~ Jane Addams
 
Voel jy lus om tou op te gooi?  Het jy dalk te veel hooi op jou vurk, en sak die uitdagings net van alle kante af op jou toe?  Die maklike uitweg sal dan wees om net te sê – ek gee OP…   Tot hier toe nou en nie verder nie…  So ‘n gejaag soos die lewe vandag is, met beperkte tyd om dinge gedoen te kry, en baie onbelangrikhede wat jou kosbare tyd opneem, kan dit regtig maklik raak om net te besluit – dis nou klaar…  Eks moeg gesukkel, ek kan nie meer deur hierdie uitdagings nie, dit voel of ek ‘n verlore stryd stry…
 
Iets wat my nogals laat dink het is hierdie aanhaling van Jane Addams…  Niks kan erger wees as om te vroeg moed op te gegee het, en handdoek in te gegooi het, net voor die deurbrake kom nie…  Die wiel draai altyd onverwags…  God sorg vir deurbrake wanneer jy dit die minste verwag…  As Jesus net besluit het, tot hier nou – Ek is moeg gely, Ek is moeg van vrees en bang wees – Ek weier om aan die Kruis te sterwe?  Wat sou van ons geword het?  Ons lewe soos ons dit daagliks leef, sal geen sin in dit gehad het nie!  Ons sou gelewe het, maar NET met ‘n vooruitsig om te sterwe…
 
JY maak ‘n verskil daar waar jy jouself daagliks bevind…  Of dit nou is om na jou gesin om te sien, of om te werk, of skool toe te gaan, of te studeer – jy is waar jy is omdat God jou daar wil hê…  Partykeer moet mens dinge aanpak wat heeltemal buite jou comfortzone is, omdat jou pad daarheen gelei het…  If God brings you to it, He will get you through it…  God is by jou, en Hy stap elke tree, van elke dag saam met jou…  Wees soos ‘n posseël – al vat die pos dalk partykeer super lank om by sy bestemming uit te kom, stick die posseël op die posstuk totdat dit sy weg tot by die spesifieke posbus gevind het…  God stick daagliks so by jou – en Hy sal sorg dat jy veilig by die bestemmings met die grootste moontlike seen vir jou lewe sal uitkom…  Wag op God!  Hy sal sorg vir die deurbrake - op die REGTE tye!!  Hy is ook in beheer vir die dag wat voorle - vertrou net!  Ek bid dat dit vir jou baie geseend sal wees! :)
 
Blessings!
 
Anelxx**
 

Tuesday 27 October 2015

"What's meant to be will always find a way..." ~ Trisha Yearwood

Haloes! J

"What's meant to be will always find a way” ― Trisha Yearwood
 
1 Corinthians 2:9

“Eye has not seen, nor ear heard, nor have entered into the heart of man the things which God has prepared for those who love Him.”

Zephaniah 3:17 

“The LORD your God in your midst, the Mighty One, will save; He will rejoice over you with gladness, He will quiet you with His love, He will rejoice over you with singing.”
 
“The only way that we can live, is if we grow. The only way that we can grow is if we change. The only way that we can change is if we learn. The only way we can learn is if we are exposed. And the only way that we can become exposed is if we throw ourselves out into the open. Do it. Throw yourself.” ― C. JoyBell C.
 
"You make a life out of what you have, not what you're missing.” ― Kate Morton
 
Ek’t nou die dag iemand se Facebook status gelees waar die persoon gesê het – “The enemy wants you to give up, because he knows that God has something great in store for you…”  Galatians 6:9 “And let us not grow weary in well-doing, for in due season we shall reap if we faint not…”  Besluite kan partykeer baie moeilik wees…  Ons word gereeld gekonfronteer met kruispaaie, waar jy ‘n pad moet kies watter kant toe jy moet draai om jou “journey” voort te sit…  Lewensveranderende besluite kan baie erg wees, omdat ons nie altyd weet of die besluit wat ons gaan neem die regte ene sal wees nie!  “Wat as ek die verkeerde besluit maak?  Gaan God se planne vir my lewe dan steeds uitwerk?!?!”  Ek dink dit is ‘n vraag waarmee ons as Christene BAIE gekonfronteer word…  Ons wil graag God se wil doen, en ons wil graag ‘n besluit neem in ooreenstemming met Sy wil vir ons lewe – maar wat gebeur nou as ek nie kies wat God wou gehad het wat ek moet kies nie?!
 
Dis die cool ding van God…  Hy het aan ons ‘n VRYHEID van keuse gegee…  Ons kan bid vir wysheid en insig wanneer lewensveranderende besluite geneem moet word…  Ek glo jy sal ‘n antwoord in jou hart hê, deur Sy absolute vrede wat in jou hart sal heers wanneer jy die besluit gemaak het…  Maar wat nou as jy dalk die verkeerde opsie gekies het – en steeds vrede ervaar het?  Ek GLO, dat wanneer jy jou lewensdae saam met God aanpak, SAL Hy vir jou sorg, en Hy sal dinge in jou lewe laat uitwerk – SELFS al maak jy somtyds verkeerde besluite…  Hy is so ongelooflik GROOT en ALMAGTIG, dat Hy daardie verkeerde besluit, as ‘n detour sal inwerk op jou lewenspad, sodat Hy daardeur geglorify kan word, en dat jy dit kan gebruik as deel van ‘n getuienis van hoe God voorsien!  Ek glo dat jy sal opeindig, DAAR waar Hy jou bestem het om te wees!  Hy sal dinge in plek laat val op SY tyd…  Ek dink ons is baie keer so “result” gedrewe, dat ons NOU al die antwoorde wil hê, en weet waarheen ons oppad is, of ons iemand sal ontmoet, of ons gelukkig sal wees?!  Ons wil weet wat die onbekende toekoms inhou, en ons wil weet dat Jesus ons sal behoed en bewaar…  Wanneer ons so ongeduldig word, moet ons onthou – wanneer ‘n saadjie geplant word, neem dit tyd om wortel te skied, dit het sonlig nodig, water nodig, kos nodig om te groei en uiteindelik ‘n sterk en mooi plant te word…  Wanneer jy weer worry oor al die onbekendhede wat die dag van môre sal bring, of wanneer God se tyd vir jou lewe sal aanbreek – BID…  Dit is die “source” wat ons sal laat groei…  Jesus is groter, Jesus is in staat om soveel meer te doen as wat ons ooit sal kan dink of hoop…  Hy sal sorg dat jy opeindig DAAR waar Hy jou kan gebruik om te skyn vir die Koningkryk…  Hy sal sorg dat jy jou lewensmaat sal ontmoet, wanneer die tyd daarvoor reg is…  Hy sal sorg, dat jou siekte genees word, wanneer dit SY tyd is – en sodat jy getuienis kan lewer en die Koningkryk van God aan “non-believers” kan getuig!  Jesus WIL WONDERWERKE DEUR JOU EN IN JOU DOEN!  Glo dit vandag!!
 
Blessings!
 
Anel xx

Monday 26 October 2015

"Change requires taking a leap of faith!" ~ Unknown

Haloes! :)
“Change requires taking a leap of faith!”   ~ Unknown
 
Joshua 1:1-9
 
“After the death of Moses the servant of the Lord, the Lord said to Joshua son of Nun, Moses’ aide: “Moses my servant is dead. Now then, you and all these people, get ready to cross the Jordan River into the land I am about to give to them—to the Israelites.  I will give you every place where you set your foot, as I promised Moses.   Your territory will extend from the desert to Lebanon, and from the great river, the Euphrates—all the Hittite country—to the Mediterranean Sea in the west.   No one will be able to stand against you all the days of your life. As I was with Moses, so I will be with you; I will never leave you nor forsake you.   Be strong and courageous, because you will lead these people to inherit the land I swore to their ancestors to give them. “Be strong and very courageous. Be careful to obey all the law my servant Moses gave you; do not turn from it to the right or to the left, that you may be successful wherever you go. 8 Keep this Book of the Law always on your lips; meditate on it day and night, so that you may be careful to do everything written in it. Then you will be prosperous and successful.  Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be afraid; do not be discouraged, for the Lord your God will be with you wherever you go.”
 
“Faith is seeing light with your heart, when all your eyes see, is darkness…”  ~ Decaleco
 
"Every day is a second chance..." ~ Unknown
Ek het verlede week ‘n preek gekyk van Brian Houston (Hillsong kerk) oor “RISK taking”…  Ek wil ‘n paar gedagtes van sy preek, tesame met wat dit vir my beteken het, vandag met jou deel…  Risiko is nooit lekker nie, want daar is altyd die kans dat die risiko wat jy loop anders kan uitwerk as wat jy sou hoop…  Hy het egter die preek begin deur te sê – “Life is a risk…”  As ons dus geen risiko neem nie, leef ons nie – want ons sal altyd die veilige opsie kies, ten einde geen branders op die water te maak nie…  Nog ‘n waarheid wat ek uit sy preek gekry het, was dat daar risiko is wat jou kan MAAK, en risiko wat jou kan breek…  God het vir Josua gebruik, omdat Josua getrou was toe God hom geroep het…  Brian het 3 punte gegee wat ons in ag moet neem wanneer ons “Godly risks” loop in ons lewe – Eerstens:  Ons moet ons besluite neem deur dit basseer op ‘n DUIDELIKE woord van God – soos ons hierbo kan sien, die geval in Josua se lewe was…    Tweedens moet ons, ons tyd en God se tyd “aligned” kry…  Mens kan die regte risiko op die verkeerde tyd loop…  God sal sorg dat jy die regte woord, op die regte tyd kry, ten einde God se plan vir jou lewe te LEEF!  En derdens, moet ons risiko neem met “Godly courage”…  Wanneer God aan jou ‘n woord gee, tesame met die regte omstandighede, tyd en vrede daaroor in jou hart, moenie bang wees om daardie “leap of faith” te neem nie!

Soos God hierbo aan Josua belowe het dat Hy moet sterk wees, en nie bang wees nie…  Dat hy nie moet bang word nie, omdat God BELOWE om met Hom te wees, waarookal hy gaan – so kan jy VANDAG nog aan hierdie belofte vashou…  Iemand het nou die dag aan my gesê – ek kan nie glo dat mense aan so ‘n ou boek nog vashou, soos die Bybel nie…  Hoe kan dit dan vandag nog van toepassing wees??  Ek wil vir jou verseker – in die Bybel se tyd, het God gewone mense gebruik – soos ek en jy…  Mense wat ook bang was vir die onbekende, mense wat siek geword het, mense wat hartseer was, wat partykeer hul vertroue in mense geplaas het, eerder as in God…  Mense wat nie altyd van risiko gehou het nie – maar wat aan God se beloftes vasgehou het, en vir wie God die oorwinning gegee het…  God belowe VANDAG nog om getrou te wees…  Dat wanneer jy in Sy woord leef, bid vir die regte woord, en dan optree op die tyd wat Hy aan jou sal gee, jy in Sy seën sal leef…  Jesus sal vir jou wys wanneer die tyd reg is, en Hy sal aan jou die bevestiging gee wat jy nodig het, om Godly courage aan die dag te lê, en God se wil vir jou lewe te leef!  Jesus het jou SO oneindig lief!  En Hy sal ALLES ten goede laat meewerk vir JOU wat Hom liefhet…  Hy het jou immers geroep vir Sy koningkryk :)
 
Blessings!
 
Anelxx


Sunday 25 October 2015

“Whether you think you can or think you can’t, you’re right…” ~ Henry Ford

Haloes! J

“Whether you think you can or think you can’t, you’re right…” ~ Henry Ford

Revelation 3:8

I know your deeds. See, I have placed before you an open door that no one can shut. I know that you have little strength, yet you have kept my word and have not denied my name.

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.”

“What can people actually do to us? They can stain our reputations, but God fully knows our hearts... They can stand in the way of opportunity, but God opens doors that no man can close... They can steal our earthly goods, but God is our treasure... They can restrict our physical freedom, but God’s spirit is unchained... They can hinder or take our jobs, but God is our Provider... They can kill our body, but they cannot touch our souls... So the next time we feel threatened by someone’s words or ways, let us resist the fear of people, by remembering these two truths:

1. The person standing before us is human

2. The one that stands behind us, is God ~ Alicia Britt Chole (Sitting in God’s sunshine)

“When life puts you in tough situations, don’t say, “Why me?” Just say, “Try me!” ~ Unknown

Dink gou aan jou grootste uitdagings of moeilikhede wat jy op die oomblik ervaar, of onlangs ervaar het... Waarmee het dit te doen gehad? Ek is seker daarvan dat 95% van julle sal antwoord dat “ander mense” betrokke was by situasies wat jou beïnvloed het, of seergemaak het... Mense wat slegte goed van jou gesê het en so vir jou ‘n reputasie gegee het, mense wat slegte goed VIR jou gesê het... Mense wat jou ontmoedig om jou drome na te jaag... Mense wat jou laat sleg lyk het voor ander, sodat hulle beter oor hulleself kon voel...

Al verloor jy alles wat jy het, is dit belangrik om te onthou – jy het steeds vir God oor en dis genoeg om jou te help om te kan oor begin... Ek weet dit klink na mooi woorde, en dis maklik om dit te hoor of te sê, maar om dit werklik van toepassing te maak in jou lewe, is ‘n perd van ‘n ander kleur... God is die een persoon wat daar sal wees vir jou - maak nie saak WAT met jou gebeur nie... Hy is ons voorsiener – Hy WEET wat jy nodig het sonder dat jy Hom dit vra... Ek dink byvoorbeeld aan natuurrampe soos Hurricane Katrina, of die Tsunami in Japan…   Mense wat in ‘n oogwink ALLES verloor het en wat hul lewens basies van niks af moes begin nie…  Ek dink dat al wat vir mense hoop en krag kon gee, om oor te kon begin, is die wete dat daar iets vir hulle meer is as wat die lewe hulle kan bied... Iemand wat groter is as hulle omstandighede... Iemand wat groter is, as hulle probleme...  Ekt ‘n tyd terug ‘n baie moeilike dag gehad by die werk…  Dit was een van daardie dae wat dit verskriklik gereën het buite – ekt sommer soos die weer gevoel…  ‘n Vriendin het met my kom gesels en gesê – kyk hoe mooi lyk die wolke…  Toe ek op daardie oomblik buitentoe kyk, was daar ‘n pragtige reënboog, wat my net weer herinner het – die reën hou nie vir altyd aan nie…  Daar is ALTYD hoop – want God belowe dat HY ons nooit sal verlaat nie, en ons nooit in die steek sal laat nie…

Vir jou wat vir Jesus ken, hoop ek dat hierdie woorde vandag vir jou bemoediging bring... Maak nie saak wat met jou gebeur nie – al verloor jy alles wat jy het vandag – sal jy kan rustig wees in die wete – jy sal nie vir Jesus OOIT kan verloor nie... Hy is die een wat ALTYD by jou sal wees en agter jou sal staan... Al gee die aarde vandag pad... Onthou, die mense wat vandag jou pad kruis is net mense... Vir jou God, en Pa, is geen situasie te groot, en geen omstandigheid te onmoontlik nie... Hy staan agter jou en Hy "back" jou met elke "call" wat jy maak...  Onthou hierdie aanhaling van Alicia Britt Chole – Die persoon voor jou staan en wat jou soveel opdraende gee, of woorde spreek wat jou laat twyfel in jouself en jou vermoens, is nie ‘n patch op jou Hemelse Pa wat vierkantig agter jou staan nie…

Blessings!

Anel xx

Friday 23 October 2015

"I seldom end up where I wanted to go, but almost always end up where I need to go..." - Douglas Adams

Haloes! :)
 
"I seldom end up where I wanted to go, but almost always end up where I need to go..." - Douglas Adams
 
Matthew 6:8
 
"Your father knows the things you have need for, before you ask Him..."
 
Psalm 37:4
 
"Take delight in the Lord, and He will give you the desires of your heart.."
 
"You can't always get what you want, but if you try sometimes, you might find what you need..." - Mick Jagger
 
"Work like you don't need the money... Love like you have never been hurt... Dance like nobody is watching..." - Satchel Paige
 
Wanneer 'n vrou winkel toe gaan, het jy gewoonlik 'n lysie goed in jou kop wat gekoop moet word... Maar somtyds gebeur dit dat wanneer jy in die winkel is, jy soveel ander dinge sien wat nodig is, dat jy op die ou end met 'n winkeltrollie, in plaas van 'n mandjie daar uitstap... Mans is baie keer, meer doelgerig, stap in, vat die artikel en stap uit... In die geval van die vrou, eindig ons dus nie altyd op waar ons beplan het om te wees nie, maar ons het groot fun in die proses om daar uit te kom...
 
Mens kan baie keer spesifieke planne vir jou lewe he... Sekere dinge wat teen 'n sekere ouderdom bereik moet word, en wanneer jy die drome waar maak - dan sal jy as suksesvol geag word... Alles mensgemaakte standaarde... God kyk met ander oe na mense en na die lewe as wat ons daarna kyk... God weet ook wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het... Selfs al dink jy, jy weet wat op hierdie stadium van jou lewe vir jou sal goed wees - jy kan net een dag ver sien in jou toekoms... God weet reeds watter keuses of uitdagings voor jou deur gaan le, 10 jaar van vandag af... Laat dit in Jesus se hande... Bly geduldig... God sal jou nie teleurstel nie... Dinge sal in plek val voor jy jou oe uitvee, en wanneer jy wag vir God se tyd, sal die lewe soveel meer blessed wees as wat jy ooit sal kan hoop, droom of dink... Dit waarmee jy worstel, dit waaroor jy droom en dit waarvoor jy hoop - sit dit in Jesus se hande... Hy is baie beter daarmee as ons...
 
Blessings!
 
Anelxx

Wednesday 21 October 2015

“When everything seems to be going against you, remember that the airplane takes off against the wind, not with it…” – Henry Ford

Haloes! :)

“When everything seems to be going against you, remember that the airplane takes off against the wind, not with it…” – Henry Ford

1 Corinthians 13:13

"Three things last forever - faith, hope and love, and the greatest of these is love..."

Matthew 11:28

"Jesus said, come to me all of you who are weary and carry heavy burdens, and I will give you rest.."

“You can never cross the ocean until you have the courage to lose sight of the shore..”. – Christopher Columbus

“You can’t fall if you don’t climb.  But there’s no joy in living your whole life on the ground...” – Unknown

As mens op ‘n staptog gaan, het jy sekere goed nodig om seker te maak dat jy die volle roete kan aflê…  Die eerste is, die regte klere…  Jy sal nie met ‘n rok en hoë hak skoene of met ‘n suit en das, Leeukop kan uitklim nie…  Jyt gemaklike stapklere en stapskoene nodig…  Verder sal jy moet sorg vir sonskerm en genoeg water…  Op ‘n warm dag, is dit nodig om kort, kort water te drink, om te verhoed dat jy nie op die ou end aan hitte-uitputting ly nie…  Energie-ryke “snacks”, wat jy kan eet wanneer jy ‘n ruskansie vat, om seker te maak dat jy heelpad genoeg energie sal hê…  Hierdie onbekende aanhaling is vir my SO cool!  Ek wil die bietjie anders struktureer - Jy kan nie val, as jy nie klim nie – maar wat is die pret daarin om jou hele lewe “veilig” te speel en gestrand te wees op een plek??

Ons hou daarvan om “veilig te speel”…  Om ons lewe in ‘n boksie te plaas, en dan nie buite die lyne van daardie boksie te beweeg nie…  Die “boksie” hou ons baie keer gestrand op een plek – binne in ons comfort zone…  Ons vat nie kanse nie, so daar is geen risiko wat ons loop om moontlik te kan seerkry nie…  Dis partykeer soos om jou stapklere aan te hê, jou sak te pak met alles wat jy benodig, maar dan net nie daardie tree wil gee om te begin loop nie… Of die teendeel is ook soms waar…  Ons wil gaan “stap” (lewe), maar ons wil dit doen sonder die dinge wat ons so broodnodig het, om dit te kan oorleef – nl ons water en snacks (God se woord en gebed)…  Ons probeer op ons eie, om die wêreld se probleme te probeer oplos…  Om al ons bekommernisse, vrese, pyn, harsteer, finansiële moeilikheid, siekte, of enige ander curveball wat oor ons pad kom, op ons eie te hanteer, uit te sorteer of op te los…  Ons vergeet baie keer dat God saam met ons stap…  En soos Hy belowe het in Sy woord, dat Hy ons sal dra, daar waar ons fisies nie meer die kapasiteit het om te kan stap nie…  “You do not serve the world by playing small” – Marianne Williamson…  Die beste deel, van byvoorbeeld – Leeukop uitstap, is wanneer jy die bo-punt van dit bereik en jy geseën word met die uitsig van Kampsbaai aan die een kant, en Kaapstad se liggies (in die aand) aan die anderkant…  If you do not dare to dream, dare to live, you will be stranded in one place…  You will not be able to receive all that God has in store for you…  Moenie bang wees om te waag nie…  Dis hoe mens voluit leef…  Partykeer moet mens net oë toeknyp, God vertrou en ‘n leap of faith neem…  God WEET wat Hy vir jou beplan, en Hy sal vir jou sorg…  Sy engele sal jou bewaar dat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie…

Blessings!

Anelxx

Tuesday 20 October 2015

“Very little is needed to make a happy life; it is all within yourself, in your way of thinking…” ~ Marcus Aurelius

Haloes! J

“Very little is needed to make a happy life; it is all within yourself, in your way of thinking…” ~ Marcus Aurelius

John 14:27

Peace I leave with you; my peace I give to you. Not as the world gives do I give to you. Let not your hearts be troubled, neither let them be afraid…”

John 16:33

“I have said these things to you, that in me you may have peace. In the world you will have tribulation. But take heart; I have overcome the world...”

“Life is a dream for the wise, a game for the fool, a comedy for the rich, a tragedy for the poor…” ~ Sholom Aleichem

“Once you replace negative thoughts with positive ones, you'll start having positive results…”
Willie Nelson

Dis ‘n KEUSE om gelukkig te wees…  As ons heeltyd in ons omstandighede sou vaskyk, al die uitdagings wat daagliks oor ons paaie kom, die nuus lees en net fokus op alles wat verkeerd is in die wêreld, dink ek nie een van ons sou baie gelukkig gewees het nie…  Maar wanneer ons kies om op te kyk na God, eerder as om af te kyk – vas in die probleme, sal wees wanneer ons die oplossings sal raaksien…  Uitkoms of nuwe geleenthede kan baie keer in die vorm van ‘n probleem by jou kom aanklop…  Dis wanneer ons kies om met ‘n oop gemoed, nuwe hoop, en gevul met die krag van God die dag van môre tegemoet te loop, met ‘n glimlag op ons gesig, dat dinge hanteerbaar word…

Elke dag is ‘n nuwe geleentheid om dinge anders en beter as die vorige dag aan te pak!  God voorsien ons elke nag met rus, om sodoende die nuwe dag met nuwe dinge en geleenthede met ‘n vars gemoed aan te pak!  Ek weet nie of jy al jou “doel en drome lysie vir 2015 bereik het nie?”  Dis iets wat ek jaarliks probeer uitleef…  Nie ‘n “resolutions” lys nie, maar meer iets wat jou weer aan die droom sal sit om te glo dat God werklik GROOT dinge in hierdie daagliks vir jou kan laat gebeur…  Wanneer mens vir jou riglyne neerskryf, is mens ook meer geneig om dit na te jaag!  Dat jy daadwerklike planne in plek sal sit om jou drome waar te maak, dat dit nie net drome bly nie, maar realiteit word!!  God sal jou help om jou drome ‘n werklikheid te maak wanneer dit in Sy wil vir jou lewe is…  En ons kan versekering kry dat dit in Sy wil vir ons lewe is, wanneer ons bid daarvoor, en Hy ons sal vul met allesoorweldigende rustigheid en ook die dinge net in plek sal laat val!  Ek’t al verstom gestaan oor hoe goed dinge laat gebeur!  Jy kan nog dink jy is oppad in een rigting, en dan kom God en boul jou om met wat Hy eintlik vir jou het…  Al wat Hy van jou vra is dat jy sal kom met ‘n daaglikse verwagting!  En dat jy Hom sal vertrou met alles wat in jou is!  Hy wil jou bless met GOEIE dinge…  Maak jou hart oop vir Jesus en dit wat vir jou voorlê…  Laat God toe om daagliks die leidinggewende in jou lewe te wees!  Dinge gaan al jou verwagtinge oortref!!  Ek glo dit!!

Baie blessings! 

Anelxx

Monday 19 October 2015

“Failure will never overtake me if my determination to succeed is strong enough…” ~ Og Mandino

Haloes! J

“Failure will never overtake me if my determination to succeed is strong enough…” ~ Og Mandino

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

2 Corinthians 4:16-18 

“So we do not lose heart. Though our outer self is wasting away, our inner self is being renewed day by day. For this light momentary affliction is preparing for us an eternal weight of glory beyond all comparison,  as we look not to the things that are seen but to the things that are unseen. For the things that are seen are transient, but the things that are unseen are eternal…”

“In order to succeed, we must first believe that we can…” ~ Nikos Kazantzakis

“Try to be a rainbow in someone's cloud…” ~ Maya Angelou

Hoe was jou jaar sover?  Een wat jy weer sal wil oorhê?  Een wat jy eintlik net wil vergeet en wil hê dat die einde moet aanbreek sodat jy kan “oorbegin”?  Een wat jy saam met God gestap het, of een waar jy dalk op jou eie begin stap het?  As ek dink aan staptoere wat ek al gedoen het – mens begin gewoonlik as ‘n groep, maar daar is gewoonlik 2 wat wegbreek en vooruitstap, en dan verseker ‘n paar wat agter raak en aan die agterkant van die groep bly…  Die uiteinde van die staptog is tog altyd dieselfde  - almal eindig op dieselfde plek op…  Hoe jy by jou eindpunt uitkom, is al wat verskil…  En wat is die lekkerste?  Om geselskap te hê, om te weet dat jy nie die onbekende pad alleen hoef aan te durf nie, en ook om te weet dat indien jy verdwaal en op ‘n verkeerde paadjie beland – jy nie alleen is nie…  Daar is ander saam met jou wat saam met jou sal “uitfigure” waarheen nou?!

Is ons lewens tog nie dieselfde nie??  Ons het vir God as ons companion…  Hy is elke dag, met elke besluit wat ons neem, met elke tree wat ons gee, met elke uitdaging wat oor ons pad kom – net ‘n gebed ver…  Hy belowe ons, in Sy woord, dat Hy ons NOOIT, maar NOOIT sal verlaat nie, en ons NOOIT maar NOOIT in die steek sal laat nie…  Ek dink baie keer, wanneer dinge te “stadig” gebeur volgens ons sin, wanneer ons bid en die antwoorde nie op ons tyd kom nie, is ons partykeer geneig om ongeduldig en selfs kwaad te raak vir God, en dan “weg te breek”, om op ons eie verder te probeer.  Ons begin die lewenspad alleen stap – en partykeer, verloor ons in die proses heeltemal ons pad!  Ons raak getap van ons energie (hierdie tyd van die jaar is dit ook nie baie moeilik vir min energie nie), ons raak krapperig, en ons vergeet om tyd met God te spandeer en om te bid…  Net omdat jou antwoord nie dadelik vir jou uitgespel is nie, beteken dit nie dat God nie vir jou daar is nie…  Dit beteken ook nie dat daar nie ‘n spesifieke plan vir jou lewe is nie!  Van my staptogte wat ek al onderneem het, was die BESTE gedeelte van die stap – die stuk wat jy verdwaal!  Die stories wat jy agterna kan herleef, is wat jy onthou, en wat jou lewe kleur gee!  Kom ons commit sommer vandag om die res van 2015, asook 2016, SAAM met God te stap…  Dat ons Hom sal toelaat om ons te lei – op SY PACE…  En op die pad wat Hy vir ons bestem het…  Want God het ALTYD die beste vir jou in gedagte…  Selfs al sien jy dalk GLAD nie die groter prentjie op die oomblik nie – gee dit net kans…  God is groter, en Hy kyk van bo af - Hy sien die groter prentjie…  Gee jou moegheid, deurmekaar gemoed en al jou onsekerhede of vrese, sommer NOU oor in God se hande…  HY sal vir jou sorg!

Blessings,

Anel xx

Sunday 18 October 2015

“Your work is going to fill a large part of your life, and the only way to be truly satisfied is to do what you believe is great work. And the only way to do great work is to love what you do. If you haven't found it yet, keep looking. Don't settle. As with all matters of the heart, you'll know when you find it…” ~ Steve Jobs

Haloes! J

“Your work is going to fill a large part of your life, and the only way to be truly satisfied is to do what you believe is great work. And the only way to do great work is to love what you do. If you haven't found it yet, keep looking. Don't settle. As with all matters of the heart, you'll know when you find it…” ~ Steve Jobs

Proverbs 3:5-6

“Trust in the LORD with all your heart and lean not on your own understanding;  in all your ways acknowledge him, and he will make your paths straight…”

Isaiah 40:29-31

“He gives strength to the weary and increases the power of the weak. Even youths grow tired and weary, and young men stumble and fall; but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”

“Start by doing what's necessary; then do what's possible; and suddenly you are doing the impossible…” ~ Francis of Assisi

“In the end, we only regret the chances we didn’t take…” ~ Unknown

Ekt op ons spanbou met iemand gesels wat my aan die onderstaande speech van die CEO van Coca Cola herinner het…  Dit is ‘n gedagteki op sy eie – met soveel belangrike punte wat ons kan gebruik en toepas in ons lewens…  God het jou ONEINDIG baie lief!  Moet dit nie vir ‘n oomblik vergeet nie!  Moenie toelaat dat die duiwel enigsens van jou lewensvreugde steel nie – LEEF vandag asof dit jou laaste is… Jy is waar jy jouself bevind, om impak te maak en sodat God jou kan gebruik… Hy wil en Hy kan…  As jy dalk moeg is, en die pad baie langer voel as wat jy voel jy kan handle – gaan net op jou knieë en gesels met God… Probleme raak kleiner wanneer ons daarmee neerkniel…  Watookal jou situasie – God sal sorg…

“Imagine life as a game in which you are juggling some five balls in the air. You name them – work, family, health, friends and spirit … and you’re keeping all of these in the air.  You will soon understand that work is a rubber ball. If you drop it, it will bounce back. But the other four balls – family, health, friends and spirit – are made of glass. If you drop one of these, they will be irrevocably scuffed, marked, nicked, damaged or even shattered. They will never be the same. You must understand that and strive for Balance in your life. How? Don’t undermine your worth by comparing yourself with others. It is because we are different that each of us is special.
Don’t set your goals by what other people deem important. Only you know what is best for you.
Don’t take for granted the things closest to your heart. Cling to them as you would your life, for without them, life is meaningless.  Don’t let your life slip through your fingers by living in the past or for the future. By living your life one day at a time, you live all the days of your life.  Don’t give up when you still have something to give. Nothing is really over until the moment you stop trying.
Don’t be afraid to admit that you are less than perfect. It is this fragile thread that binds us to each together.  Don’t be afraid to encounter risks. It is by taking chances that we learn how to be pave.

Don’t shut love out of your life by saying it’s impossible to find time. The quickest way to receive love is to give; the fastest way to lose love is to hold it too tightly; and the best way to keep love is to give it wings! Don’t run through life so fast that you forget not only where you’ve been, but also where you are going.  Don’t forget, a person’s greatest emotional need is to feel appreciated.
Don’t be afraid to learn. Knowledge is weightless, a treasure you can always carry easily.
Don’t use time or words carelessly. Neither can be retrieved. Life is not a race, but a journey to be savoured each step of the way… –Brian G. Dyson

Blessings!

Anel xx

Thursday 15 October 2015

Gebedsversoek

Hi julle,

Hier is 'n gebedsversoek wat ek ontvang het.  As iemand weet van iemand wat kan help - laat weet asb.

blessings!

anel


Anel,
Daar is 'n vroulike pensioenaris wat DRINGEND, kothuis/granny flat/bediendekamer/op plaas bywoners huisie ENIGE IETS in / om Noordelike voorstede benodig.  Sy het 2 huis-hondjies en papegaaie, daarom kan sy nie 'n kamer binne in 'n huis huur nie.
Asb help haar, sy moet einde van Oktober uit die huidige dubbel motorhuis uittrek - dit word afgebreek.
Sy betaal tans vir daardie verblyf R2500 met water ingesluit. Sy drink en rook nie - en het 'n diep verhouding met Jesus.......
Kontak haar dringend ASB!
JURINA
076 602 8690 / 082 443 9245

Wednesday 14 October 2015

Geen gedagteki Vrydag, 16 Oktober

Hi julle awesome mense!

Daar gaan ongelukkig geen Gedagteki, Vrydag 16 Oktober wees nie, aangesien ek weg is op 'n spanbou en nie toegang tot internet gaan he nie.

Mag julle 'n baie geseende naweek he!

blessings!
anelxx

"You'll never be brave if you don't get hurt... You'll never learn if you don't make mistakes... You'll never be successful if you don't encounter failure..." ~ Unknown

Haloes! J

“You’ll never be brave if you don’t get hurt…  You’ll never learn if you don’t make mistakes…  You’ll never be successful if you don’t encounter failure…” ~ Unknown

Jeremiah 32:27

“See, I am the Lord, the God of all flesh; is anything too hard for me?”

Matthew 6:8b, 31-34

“Your father knows what you need before you ask him. So do not worry, saying 'What shall we eat?' or 'What shall we wear?' For the pagans run after all these things, and your heavenly Father knows that you need them. But seek first his kingdom and his righteousness, and all these things will be given to you as well. Therefore do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about itself. Today's trouble is enough for today…”

“Keep your thoughts positive because your thoughts become your words…  Keep your words positive, because your words become your behaviour…  Keep your behaviour positive, because your behaviour becomes your habits…  Keep your habits positive, because your habits become your values…  Keep your values positive, because your values, become your destiny…” ~ Mahatma Gandhi


“H.O.P.E – Hold on, pain ends…” ~ Unknown 


Ek’t ‘n pragtige storie om met jou te deel vandag… Dis ‘n forward email wat ek ontvang het, wat ‘n gedagteki op sy eie is…  Jesus het jou BAIE lief!  En dit wat IN jou is, maak van jou die mens wat jy is… God weet wat jy nodig het, nog voordat jy dit van Hom vra – en Hy wil JOU gebruik, foute en al…  Want ons waarde lê nie in ons “perfektheid” nie…  Maar in die liefde wat God vir ons het en die feit dat Hy elkeen van ons gebruik NES ons is…  Jy, met ALLES in jou is ONMENSLIK spesiaal...  God het jou met 'n baie spesifieke doel en plan geskape en wil jou gebruik...  Elkeen van ons het ander dinge wat jou uniek maak en saam vorm ons almal die Liggaam van God... 


“Dit is 'n pragtige winters oggend in Mosselbaai. Ek sit op 'n rots ek woel my vingers deur die miljoene skulpies op die strand.  Die kinders speel net 'n entjie vêrder en terwyl ek hulle dophou voel ek hoe die vrede van die omgewing oor my spoel.  Die seelug is verbasend warm en die klanke van laggende kinders, sagte branders en 'n skertsende seemeeu vul die stiltes. ‘n Opgewonde labrador kom verby gebons en spring pens en pootjies binne-in 'n rots poel. Terwyl ek die bedrywighede op die strand dophou, maak ek 'n hand vol perfekte klein skulpies bymekaar.  Hulle is nog nie stukkend gemaal deur die branders of verweer deur die son en sand nie. Die kinders kom nader gehardloop en my dogtertjie gee vir my 'n hand vol skulpies om te hou.  Ek vou my hand oop en kyk na dit wat sy bymekaargemaak het.  Daar is miskien een heel skulpie, die res is stukkend.  Party is verbleik deur die son en ander is glad gemaal deur die die golwe. “Kyk mamma!" sê sy, terwyl sy die skulpies een vir een op die rots langs my pak. “Hierdie twee is pienk, dis my beste kleur. Die drie oranje skulpies is vir my niggies. Hierdie enetjie is grof soos pappa se baard en die wittetjie is sag soos jy.  Die bloue is vir  boetie want dis sy beste kleur."Sy hou 'n verbleikte verweerde stukkie skulp teen die lug en sê "Hierdie ene is die mooiste… " Het jy gesien dis 'n hartjie mamma? "  Ek dink die see maak partykeer hartjies van stukkende skulpies en dan tel mense dit op en dan onthou hulle dat Jesus vir hulle lief is."  Sy draai om en hardloop terug strand toe.  Ek kyk haar agterna terwyl ek my hand vol perfekte skulpies oopvou… Waarom streef ons so na perfektheid as dit in werklikheid nie bestaan nie?

Ons sloof onsself daagliks af om te bou aan die illusie van 'n perfekte prentjie, die perfekte huis, die perfekte kinders om maar net oor en oor teleurgestel te word deur die onbereikbare leegheid daarvan.Dis asof niks in die wêreld mens vervul nie.  Die woord praat egter van 'n geskenk, 'n heerlike geheimenis waar daar perfekte vervulling is: Kol 1:27…  God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. Ons geskenk is die teenwoordigheid van Christus in ons. Dis so groot dat ons dit nie eers kan begin om dit werklik te verstaan nie. Ek het eendag die volgende verduideliking gehoor:  Die geskenk van Jesus Christus in ons is soos om 'n diamantring in 'n checkers sak toe te draai. Die verpakking verminder nie die waarde van die inhoud nie.Om Christus in ons te hê, verander nie wie God is nie, maar dit verander wel wie ons is. Dit verander wat ons doen, hoe ons praat en waarheen ons op pad is. Ek kyk weer na my hand vol perfekte skulpies en ek gooi hulle oor my skouer.  My dogtertjie se verweerde en vernielde skulpies het soveel meer waarde as 'n hand vol perfekte skulpies.  Haar skulpies het betekenis en vertel 'n storie van die liefdes in haar lewe.Net so is ons, met ons tekortkominge en foute baie meer werd omdat Jesus Christus in ons woon.  Ten spyte daarvan dat ons deur die lewe verbleik en verweer is, vertel ons ook 'n storie.  Die mooiste storie oor oneindige liefde en 'n Man van Nasaret wat die dood oorwin het en wat die wêreld se hoop is op heerlikheid!”

Blessings!

Anel xx

Tuesday 13 October 2015

"When you leave your bedroom in the morning, remember it is: Lights!... Camera !... Action!... - Unknown

Haloes! :)

"When you leave your bedroom in the morning, remember it is: Lights!... Camera !... Action!... - Unknown

Jeremiah 29:11 (King James Version)

“For I know the thoughts that I think toward you, saith the Lord, thoughts of peace, and not of evil, to give you an expected end…”

Proverbs 16:9

“The heart of man plans his way, but the Lord establishes his steps…”

“The best dreams happen when you are awake…” ~ Unknown

“Too many of us are not living our dreams, because we are too busy living our fears…” ~Les Brown

Ek het nou die aand ‘n preek gekyk op Hillsong TV…  Aan die einde van die preek,  is daar gewoonlik ’n getuienis van iemand wat gegee word…  Die vrou wat getuienis gegee het, het haar lewensstorie vertel…  Sy was getroud, en dinge het net anders uitgewerk as wat sy OOIT kon droom, want na ’n kort rukkie se getroud wees, het haar en haar man se paaie geskei – baie onverwags…  Sy vertel hoe sy sit en Bybelstudie doen, en hoe sy toe dink aan Jeremiah 29:11 “For I know the plans I have for you…  Plans to give you hope and a future…”  Sy het vertel dat sy vir 'n lang tyd gewonder het - waar is hierdie vers NOU??  HOE kan dit dan waar wees van haar lewe?  Hoe kan Hy sê dat Hy goeie goed vir haar beplan, maar dat slegte goed dan gebeur met haar?  Sy vertel verder dat sy toe Jeremiah 29:11 in ’n ander vertaling gaan lees het – die King James Version, soos hierbo aangehaal.  En in daardie vers het God haar aandag gevestig op die laaste deel – Hy wil vir haar an EXPECTED END gee…   Sy sê hoe sy besef het dat daar soveel dinge in haar lewe was wat ’n unexpected end gehad het, en dat dit die Here se manier was om haar voor te berei vir dit wat voorlê…   Dit het vir haar nuwe HOOP kom gee…  Want al was die dinge deurmekaar, al het sy nie geweet hoe om sin te maak uit al die slegte goed wat met haar gebeur het nie, het God vir haar kom hoop gee met die feit dat Hy gesê het – die dinge wat in haar lewe gebeur het, is om vir haar sterk te laat eindig…  Om nie define te word deur haar omstandighede nie, maar omdat Sy vir God as haar basis het, te laat opstaan en te LEEF…  Elke oomblik…

Miskien kan jy dalk aanklank vind by hierdie vandag…  Miskien is Jeremia 29:11 een van jou gunsteling verse, en is dit die hoop waaraan jy vashou, maar miskien werk dinge heeltyd anders uit as wat jy gehoop / geglo het…  Miskien voel jy hopeloos, sonder ’n verwagting vir jou toekoms en voel jou drome soos iets wat baie ver weg lê…  Lees weer die King James Version hierbo en ook die vers in Spreuke 16:9…  Jesus is met jou – met elke tree wat jy gee!  Al is daar dinge aan die gebeur in jou lewe wat jy nie verstaan / wat nie sin maak vir jou nie, kan jy aanhou vertrou, want Jesus belowe Hy sal met jou wees en jou STERK laat eindig!  Hy wil net goeie dinge vir jou hê!  Maar dink gou aan ’n TV-speletjie – vir jou om ‘n “level” klaar te maak, moet jy sekere take verrig, en sekere hindernisse of groot uitdagings oorkom…  Dit werk dieselfde met die lewe…  Om deur verskillende seisoene te kom, verg dit dat ons sekere uitdagings moet FACE, hanteer en deur dit werk…  Ons hoef dit nie op ons eie te doen nie, want Jesus is elke oomblik by ons…  Waar dit jou drome aangaan – daar is GEEN tyd soos NOU om dit na te jaag nie…  Ons is die outeur van ons lewensstorie, en ek glo Jesus hou Sy hand oor ons soos ons besig is om daaraan te skryf…  Moenie dat ander MENSE jou lewensstorie dikteer nie…  Dit gaan oor JOU en GOD…  Solank dit in plek is, en jy GELUKKIG is, maak niks anders saak nie…  Dis iets wat ek glo Jesus vir elkeen van ons wil hê – GELUK…  En as jy weet wat jou gelukkig gaan maak – JAAG dit na!  Moenie sit en wag vir dit om na jou te kom nie…  Om ’n mens se drome te bewaarheid, gaan verg dat jy hard moet werk, en jou alles gee…  Maar jy kan rus in die wete – Jesus sal jou support as dit in Sy wil vir jou lewe is…  Bid daaroor!  God het ’n manier om dinge net op ’n wonderbaarlike wyse in plek te laat val wanneer jou drome in lyn is met Sy wil vir jou lewe…  Ek bid dat Jesus jou sal seën…  Ek’t ’n seëngebed vir jou vandag -  “Mag Jesus jou seën en jou beskerm…  Mag Hy tot jou redding verskyn en jou genadig wees…  Mag die Here AL jou gebede verhoor en aan jou Sy vrede gee… (Numeri 6:24-26)

Blessings!

Anel xx

Monday 12 October 2015

“I would rather do nothing and be happy, than do something I do not love…” ~ What happens in Vegas

Haloes! :)
“I would rather do nothing and be happy, than do something I do not love…”  ~ What happens in Vegas
 
2 Timothy 1:7
 
“For the Spirit God gave us does not make us timid, but gives us power, love and self-discipline…”
2 Corinthians 10:12
 
Not that we dare to classify or compare ourselves with some of those who are commending themselves. But when they measure themselves by one another and compare themselves with one another, they are without understanding...
 
“Winners compare their achievements with their goals, while losers compare their achievements with those of other people” ~ Nido Qubein quotes
 
“Instead of comparing our lot with that of those who are more fortunate than we are, we should compare it with the lot of the great majority of our fellow men. It then appears that we are among the privileged.” ~  Helen Keller quotes
 
Iets waarmee elkeen van ons al gekonfronteer is, is die volgende...  Kompetisie…  Ek moet beter aantrek, beter punte kry, beter presteer by die werk, ‘n beter kar ry, by beter restaurante eet, of sommer net met beter mense meng as X…  Ons dominee het 'n tyd terug 'n baie groot waarheid aangeraak toe hy gepraat het daarvan om jouself met ander te vergelyk…  Hy’t gesê dat wat ons baie keer doen, is om ons swakhede te vat, en dit te vergelyk met iemand anders se sterkpunte…  Hoe waar is dit nie?!?!?!  Ons vergelyk appels en pere wanneer ons, onsself met ander vergelyk!  Die kriteria vir die vergelyking is ook baie keer om onsself met ‘n baie meer kritiese benadering te bekyk as wat jy na iemand anders sal kyk…  By jousself sal jy eerder foute raaksien as goeie goed, en by ander, sal jy weer net alles raaksien wat hulle beter maak as jy…
 
Dis ons liewe vriend DUIWEL, wat besig is om verdriet te saai wanneer dit gebeur…   Hy wil jou laat vaskyk in jou OMSTANDIGHEDE, eerder as in God…  Want hy weet dat as ons brein magtig was om te besef HOE groot God is, watse ongelooflike impak Hy in ons lewens kan hê as ons net GLO, sal sy (die duiwel se bestaan) sinneloos wees…  Hy het REEDS teen die Oorwinnaar verloor, die dag toe Jesus vir jou en my sondes aan ‘n houtkruis vasgespyker is…  Ek dink ook nie altyd ons besef die GROOTHEID van die LIEFDE wat Jesus vir ons het nie…  Die dag wat Hy vir ons gesterf het, is ‘n HUGE bewys van wat liefde is…  Dus, kyk na wat jy WEL het…  Elkeen van ons is geseën met gawes…  Gawes wat ons kan uitvoer om aan Jesus die eer te gee!  God sal jou help om dit wat jy het – vir jou te laat werk…  Vertrou Hom met dit wat jy het!  Maak vir Hom plek in jou lewe en laat Hom toe om deur jou te werk, sodat jy Sy ligdraer vir hierdie wêreld kan wees…  Die gras lyk gewoonlik net groener aan die ander kant – so hou op om negatief te wees oor wat almal anders het en fokus op wat jy wel het…  Jy het ‘n Hemelse Vader wat jou ONMENSLIK lief het!  Wat ENIGE iets sal doen vir jou…  Die krag wat Sy woord, en wat Hy het is magtig om SOVEEL meer in jou lewe te doen as wat jy ooit sal kan hoop of dink…  VERTROU, en LEEF soos iemand wat iets het om te vier!  Elke dag behoort ‘n dag van danksegging te wees vir dit wat God reeds vir ons gedoen het, maar ook in afwagting van wat Hy nog alles deur Sy krag wat in ons werk gaan verrig!
 
Blessings!

Anel xx

"Don't be afraid of your fears... They're not there to scare you... They're there to let you know that something is worth it..." ~ C JoyBell C

Haloes! J

“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C.

Psalm 2:8

“Ask of me and I will give you the nations as your inheritance and the uttermost part of the earth as your possession…”

Ephesians 2:10

“For we are God’s handiwork, created in Christ Jesus to do good works, which God prepared in advance for us to do…”

“Maybe you can afford to wait. Maybe for you there's a tomorrow. Maybe for you there's one thousand tomorrows, or three thousand, or ten, so much time you can bathe in it, roll around it, let it slide like coins through you fingers. So much time you can waste it.  But for some of us there's only today. And the truth is, you never really know.” ― Lauren Oliver, Before I Fall

Ons dominee het laas week ‘n storie vertel wat my nogals geraak het!  Hy het gesê:  ‘n Sokkerspeler wat bang is om seer te kry, gaan nie baie ver kom in die spel nie…  Want, hy gaan probeer om enige fisiese kontak te vermy…  Op die ou end sal hy nie eens wil commit om die bal te skop nie, want wat as iemand in hom vashardloop, of hom tackle en hy dan seerkry?  Ook met oefen vir ‘n wedstryd – as die speler nie die fisiese harde werk insit nie – gaan hy nie kan verbeter en groei nie…  Ooo…  Ek kan nie 25 pushups doen nie, want my lyf gaan môre te seer wees…  OF,  Ek kan nie so ver hardloop nie – dis net te veel vir my…   Jy gaan nooit COMMIT om jou beste te gee nie, want in jou kop spook jy heeltyd met die wat asse - WAT AS ek seerkry??  Een van my gunsteling aanhalings – NO PAIN, NO GAIN…  Die dinge waarvoor jy hard moet werk, waarvoor jy pyn moet deurmaak, en regtig deursettingsvermoë en “guts” moet wys, is gewoonlik die dinge wat die lewe die moeite werd maak!

Is jy ge-commit aan God?  Gecommit daaraan om ‘n VOL lewe te lei?  Of is jy maar tans besig om ‘n louwarm lewe te lei?  Deur jouself en jou hart te beskerm daarteen om seer te kry…  Deur sulke hoë mure om jouself te bou dat jy nooit iemand toelaat om naby genoeg aan jou te kom nie, omdat hulle jou dalk kan seermaak, soos soveel ander mense reeds gedoen het??  Deur nie voluit jou drome na te jaag en jou dagtaak aan te pak nie, omdat jy bang is vir wat moontlik kan gebeur indien jy dit sou doen…  Partykeer is ons so bang om foute te maak, dat ons soos ‘n sokkerspeler is wat nie werklik wil commit nie omdat ons bang is vir seerkry…  Ons raak dan baie keer net ‘n passasier in die span, wat kyk hoe die res van die spelers hard werk, en hulle alles gee om die spel te speel…  Ek het ‘n vriendin gehad wat vir my so ‘n voorbeeld was van wat dit is om voluit te lewe…  Sy het elke geleentheid wat haar kant toe gekom het aangegryp, sy was passievol oor haar werk, sy was ‘n absolute inspuiting van energie, en ek is altyd met nuwe moed en lewenslus gevul na ek ‘n koppie tee saam met haar gedrink het!  Sy was ook vir my ‘n voorbeeld om nie op die kantlyn te sit, of ‘n passasier in die span te wees nie!  Sy het my geleer om iets aan te pak met ALLES wat in jou is…  Selfs al kry jy seer in die proses, en word jou hart gebreek, maak seker dat jy dit met oorgawe gedoen het!  Sy is aan ons geleen vir ‘n baie kort tydjie, want die Here het haar op 22jarige ouderdom kom haal omdat Hy haar in die Hemel meer nodig gehad het as op aarde…  Maar ek dink dat met die lewe wat sy gelei het, sy 'n baie voller lewe gehad het as wat baie mense leef in hul leeftyd op aarde…  Sy is en bly 'n inspirasie vir my elke dag... Maak seker dat jy nie net BESTAAN nie…  Moenie jouself so toewikkel in ‘n kokon van beskerming, dat jy heeltemal uitmis op alles wat God vir jou het nie!   LEEF ELKE DAG ASOF DIT JOU LAASTE KAN WEES!  He lief met oorgawe…  Mag jy ‘n seën wees vir mense wat jou pad kruis!

Blessings!

Anel xx

Friday 9 October 2015

“I hated every minute of training, but I said, 'Don't quit. Suffer now and live the rest of your life as a champion...' ~ Muhammad Ali

Haloes!
“I hated every minute of training, but I said, 'Don't quit. Suffer now and live the rest of your life as a champion...' ~ Muhammad Ali
 
Colossians 2:10
 
“You have been given fullness in Christ, who is the head over every power and authority…”
 
Ezekiel 11:19-20
 
“And I will give them one heart, and a new spirit I will put within them. I will remove the heart of stone from their flesh and give them a heart of flesh, that they may walk in my statutes and keep my rules and obey them. And they shall be my people, and I will be their God…”
 
“Don't judge each day by the harvest you reap but by the seeds that you plant…” ~ Robert Louis Stevenson
 
“To get up when you are down, to fight more intensely when you are struggling; to put in the extra effort when you are in sheer pain, to comeback when nobody expects you to, and to stand tall when everyone is pulling you down are what make a champion…”  ~ Apoorve Dubey
 
Dis altyd lekker wanneer mens iets aanpak, hard werk, en dan ‘n goeie eindproduk kan lewer…  Dit kom gewoonlik nie altyd net maklik nie…  Dit verg harde werk, ure wat ingesit moet word, pyn, sweet, partykeer huil en baie bid gewoonlik…  Dinge wat die moeite werd is, val gewoonlik nie net in ‘n mens se skoot nie…
 
Ons lewens is werk-in-proses-projekte…  Elke dag is ‘n nuwe geleentheid, om ‘n AWESOME nuwe bladsy in jou lewensboek te skryf…  Jou lewe is nog nie “complete” of voltooid terwyl jy nog asem in jou longe het nie…  God is ook nog LANK nie klaar met jou nie…  Ons kan onsself sien as “complete” mense, wanneer ons vir God in ons lewe het…  Omdat Hy as’t ware, daardie stukkie is wat ons nodig het om volwaardig mens te wees… Hy is die een persoon wat jou verstaan, met alles wat jou dalk kompleks maak, wat jou aanvaar en onvoorwaardelik lief het, NES jy is…  Maar ons lewens, sal werk-in-proses wees, elke liewe dag tot ons, ons laaste asem uitblaas…  Wanneer dinge moeilik gaan, of jy dalk geen lig in die tonnel sien nie (dalk is die enigste lig wat jy sien, die van ‘n aankomende trein), is dit baie maklik om te sê – ek is nou klaar…  Ek gee tou op, hierdie was nou genoeg vir my om deur te maak…  Ek het nie meer baklei oor in my nie…  Of, daar is tog geen sin aan nie…  As hierdie jy is, wil ek vir jou James 1:1-6; 12 gee…  God is besig om jou vorm, in hierdie tye wat jy dalk soos dit voel…  Consider it pure joy, my brothers and sisters, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith produces perseverance. Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything. If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you. But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind. Blessed is the one who perseveres under trial because, having stood the test, that person will receive the crown of life that the Lord has promised to those who love him.”
 
Muhammad Ali se aanhaling is vir my absoluut AWESOME!  As hy moes opgee toe die oefenprogram te straf vir hom was, sou hy nooit die legend gewees het wat ons almal ken nie…  Mandela is nog so ‘n voorbeeld…  As hy net sy omstandighede aanvaar het, was ons land dalk nogsteeds waar hy was…  Partykeer moet mens bietjie die wind van voor verduur, ten einde groot dinge saam met God te doen en HUGE blessing uit die situasie te ontvang…  Jy is nie toevallig waar jy jouself bevind nie…  God het GROOT planne vir jou lewe…  Die wiel draai, en God sal uitkoms bring…  Bly getrou in gebed…  Hou aan om God te vertrou – Hy sal antwoorde vir jou bring, vir al die vrae in jou gemoed, wanneer die tyd daarvoor reg is!!  En weet sommer verseker vanoggend - God is nooit laat nie...  Al voel dit of jy lank moet wag - Hy sal SORG...  Moet net nie moed verloor nie...
 
Blessings!
 
Anel xx