Thursday 28 February 2013

“The expert in anything, was once a beginner…” ~ Trendenterprises.com


Haloes! J

“The expert in anything, was once a beginner…” ~ Trendenterprises.com

Psalm 107:28-30

Then they cried to the LORD in their trouble, and he delivered them from their distress. He made the storm be still, and the waves of the sea were hushed. Then they were glad that the waters were quiet, and he brought them to their desired haven

John 14:13-14

“Whatever you ask in my name, this I will do, that the Father may be glorified in the Son. If you ask me anything in my name, I will do it…”

“If you feel like there's something out there that you're supposed to be doing, if you have a passion for it, then stop wishing and just do it…”  ~ Wanda Sykes

“If you don't like the way the world is, you change it. You have an obligation to change it. You just do it one step at a time…” ~ Marian Wright Edelman

Dag 5:  Hou op om te beplan en daaroor te dink, just do it!

Daar is twee dominante tipe persoonlikhede op hierdie aardbol…  Daar is die beplanners (en somtyds oor-denkers), en dan is daar die doeners…  Ek dink ek is ‘n grensgeval… J  Met sommige goed, hou ek daarvan om te beplan en alle moontlike uitkomste te oorweeg, en ‘n struktuur in plek te hê…  Maar met ander goed – soos bv vakansie hou – is dit vir my baie lekker om net geen plan te hê nie, en om die dae te vat soos dit kom…  As mens ‘n te – gestruktureerde plan het, mis jy baie keer op klein “onbeplande” dinge uit!  Maar deur ‘n beplanner te wees – kan dit ons so besig hou, dat ons vergeet om tot aksie oor te gaan J  Dit kan ook deur ‘n aantal faktore aangehelp word…  Die grootste faktor is gewoonlik die “wat as” siekte…  Wat as ek probeer, en ek maak dit nie?  Of wat as, dit nie eintlik God se plan vir my lewe is nie?  Of Wat as ek dit doen, en dit werk, en my hele lewe dan verander??

Dis maar enkele van die vrae wat ons vra wanneer ons, ons drome wil najaag…  Brian Huston van Hillsong kerk het gesê dat God vir ELKEEN van ons ‘n ongelooflike plan het vir ons lewe…  Hy het dit so gestel:  “There is the life that we live, and the life which God intends for us…  Sometimes there is a gap between the two…”   Ons droom partykeer groot vir ons lewe, maar dan skop twyfel net so vinnig soos daardie droom in…  Ons twyfel in ons vermoëns…  In ons hulpbronne…  In ons omstandighede, of in ons geleenthede…  As God daardie droom in jou hart gesit het, en wanneer jy die bevestigings gekry het van wat jy moet doen, SAL HY JOU NIE TELEURSTEL NIE!!!!  God het vir die Israeliete ‘n pad deur die Rooi see gemaak…  Hulle het daar deurgeloop, sonder dat hulle voete nat geraak het – so God is MAGTIG om ENIGE IETS VIR ONS MOONTLIK TE MAAK…  Ons moet net die GELOOF in Hom hê dat Hy sal sorg!  James 1:2-6 is vir my ‘n pragtige opsomming van dit wat ons moet leef – elke dag:  Consider it pure joy, my brothers and sisters,[a] whenever you face trials of many kinds,  because you know that the testing of your faith produces perseverance.  Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything.  If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you.  But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind.

Bid – maar sorg dat jy nie te bang is om tot aksie oor te gaan wanneer God antwoord nie!  God sal jou nie alleen laat om uitdagings kaf te draf nie – Hy is met ELKE TREE wat jy gee, aan jou sy…  Soos Nike sê – Just do it!  Mens is 100 keer meer spyt oor die dinge wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het…  Sê vandag jy is jammer, sê vandag vir die mense in jou lewe dat hulle saakmaak, begin vandag met daardie droom wat al so lank in jou hart sit…  The journey of a thousand miles, begins with a single step ~ Lao Tzu…  God sal jou die oorwinning in Christus Jesus gee!

Blessings!

Anelli**

Wednesday 27 February 2013

“I would rather do nothing and be happy, than do something I do not love…” ~ What happens in Vegas


Haloes! :)

“I would rather do nothing and be happy, than do something I do not love…”  ~ What happens in Vegas

2 Timothy 1:7

“For the Spirit God gave us does not make us timid, but gives us power, love and self-discipline…”

2 Corinthians 10:12

Not that we dare to classify or compare ourselves with some of those who are commending themselves. But when they measure themselves by one another and compare themselves with one another, they are without understanding...


“Winners compare their achievements with their goals, while losers compare their achievements with those of other people” ~ Nido Qubein quotes

“Instead of comparing our lot with that of those who are more fortunate than we are, we should compare it with the lot of the great majority of our fellow men. It then appears that we are among the privileged.” ~  Helen Keller quotes

Dag 4:  Hoekom vergelyk jy jouself met ander mense?

Hierdie is ‘n onderwerp wat ek dink ALMAL van ons al op een of ander tyd van ons lewens mee geworstel het…  Kompetisie…  Ek moet beter aantrek, beter punte kry, beter presteer by die werk, ‘n beter kar ry, by beter restaurante eet, of sommer net met beter mense meng as X…  Die dominee het Sondag ‘n baie groot waarheid aangeraak toe hy gepraat het daarvan om jouself met ander te vergelyk…  Hy’t gesê dat wat ons baie keer doen, is om ons swakhede te vat, en dit te vergelyk met iemand anders se sterkpunte…  Hoe waar is dit nie?!?!?!  Ons vergelyk appels en pere wanneer ons, onsself met ander vergelyk!  Die kriteria vir die vergelyking is ook baie keer om onsself met ‘n baie meer kritiese benadering te bekyk as wat jy na iemand anders sal kyk…  By jousself sal jy eerder foute raaksien as goeie goed, en by ander, sal jy weer net alles raaksien wat hulle beter maak as jy…

Dis ons liewe vriend DUIWEL, wat besig is om verdriet te saai wanneer dit gebeur…   Hy wil jou laat vaskyk in jou OMSTANDIGHEDE, eerder as in God…  Want hy weet dat as ons brein magtig was om te besef HOE groot God is, watse ongelooflike impak Hy in ons lewens kan hê as ons net GLO, sal sy (die duiwel se bestaan) sinneloos wees…  Hy het REEDS teen die Oorwinnaar verloor, die dag toe Jesus vir jou en my sondes aan ‘n houtkruis vasgespyker is…  Ek dink ook nie altyd ons besef die GROOTHEID van die LIEFDE wat Jesus vir ons het nie…  Die dag wat Hy vir ons gesterf het, is ‘n HUGE bewys van wat liefde is…  Dus, kyk na wat jy WEL het…  Elkeen van ons is geseën met gawes…  Gawes wat ons kan uitvoer om aan Jesus die eer te gee!  God sal jou help om dit wat jy het – vir jou te laat werk…  Vertrou Hom met dit wat jy het!  Maak vir Hom plek in jou lewe en laat Hom toe om deur jou te werk, sodat jy Sy ligdraer vir hierdie wêreld kan wees…  Die gras lyk gewoonlik net groener aan die ander kant – so hou op om negatief te wees oor wat almal anders het en fokus op wat jy wel het…  Jy het ‘n Hemelse Vader wat jou ONMENSLIK lief het!  Wat ENIGE iets sal doen vir jou…  Die krag wat Sy woord, en wat Hy het is magtig om SOVEEL meer in jou lewe te doen as wat jy ooit sal kan hoop of dink…  VERTROU, en LEEF soos iemand wat iets het om te vier!  Elke dag behoort ‘n dag van danksegging te wees vir dit wat God reeds vir ons gedoen het, maar ook in afwagting van wat Hy nog alles deur Sy krag wat in ons werk gaan verrig!

Blessings!

Tuesday 26 February 2013

“We can complain because rose bushes have thorns, or rejoice because thorn bushes have roses.” ― Abraham Lincoln


Haloes! J

“We can complain because rose bushes have thorns, or rejoice because thorn bushes have roses.”
― Abraham Lincoln

Proverbs 3:5-6

“Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways submit to him, and he will make your paths straight…”

Hosea 6:1

“Come, let us return to the Lord…  For He has torn, that He may heal us…  He has stricken and He will bind us up…”

“if you tell yourself you feel fine, you will.” ― Jodi Picoult, My Sister's Keeper

“Stand out from the crowd, be yourself.” ― Stephen Richards

Dag 3: Hoe jy kyk na ‘n situasie (jou ingesteldheid), is wat die deurslag gaan gee…

Ek het lank terug al die volgende storietjie gebruik, maar dis so kragtig dat ek dink elkeen van ons dit weer ‘n slag kan lees vanoggend…  Daar is ‘n storie van ‘n tweeling wat geskenke ontvang vir Kersfees...  Die een was 'n pessimis en die ander 'n optimis...  Vir die pessimis het die ouers 'n kamer vol van die mooiste speelgoed gegee...  Vir die optimis het hulle 'n kamer vol mis gegee...  Op Kersdag, toe die tweeling hul geskenke ontvang, was hulle reaksies as volg:  Die Pessimis:  "Ai, ek sal mos nou nooit tyd hê om met al hierdie speelgoed te speel nie..."  (met 'n suur gesig)...  Die optimis het die hoop mis so gekyk en gesê: "Met so baie mis, moet hier 'n perd iewers wees..."  J

Dis nie altyd maklik om die positiewe te sien wanneer dinge anders uitwerk as wat jy beplan nie…  Daar sal elke dag dinge wees wat maak dat ons in die slegte eerder as in die goeie goed sal vaskyk…  Maar ons ingesteldheid sal die deurslag gee van hoe daardie dinge wat gebeur, ons beïnvloed…  Wanneer mens KIES, ‘n wilsbesluit maak om die goeie raak te sien, kry mens gewoonlik BAIE meer gedoen, as wanneer jy net aanhou vaskyk aan alles wat verkeerd is…  Is God daagliks deel van jou lewe?  Is Hy jou beste vriend, en gesels jy deurentyd met Hom?  Deur God elke dag deel van jou lewe te maak, sal alklaar jou ingesteldheid ten opsigte van die dag verander…  Met God wat by jou is, kan jy verseker weet – maak nie saak hoeveel mis oor jou pad kom nie, God sal uiteindelik vir jou 'n perd stuurJ  Seën sal nie van jou weerhou word as jy jou vertroue in God stel nie...  Die mis is ongelukkig deel van die lewe...  Maar hoe ons dit hanteer wat oor ons pad kom, is wat van ons die mense gaan maak wat ons uiteindelik uitleef…  Wees iemand om wie ander mense graag sal wil wees…  Iemand van impak – iemand wat ‘n positiewe invloed op die mense in jou lewe sal hê…  Mag mense altyd met ‘n ligter gemoed weggaan van jou af – omdat jou liefde vir God en positiewe uitkyk op die lewe, hulle sal inspireer om dieselfde te gaan uitleef in hul lewens!

Blessings!

Anelli**

Monday 25 February 2013

“If you aren't in over your head, how do you know how tall you are?” ― T.S. Eliot


Haloes! J

“If you aren't in over your head, how do you know how tall you are?” ― T.S. Eliot

Psalm 23:4

“Even though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for You are with me…”

Isaiah 43:1-2

“But now, this is what the Lord says— he who created you, Jacob, he who formed you, Israel:  “Do not fear, for I have redeemed you;  I have summoned you by name; you are mine.  When you pass through the waters, I will be with you;  and when you pass through the rivers, they will not sweep  over you.  When you walk through the fire,  you will not be burned;  the flames will not set you ablaze.

“The brick walls are there for a reason. The brick walls are not there to keep us out. The brick walls are there to give us a chance to show how badly we want something. Because the brick walls are there to stop the people who don’t want it badly enough. They’re there to stop the other people.”
― Randy Pausch, The Last Lecture

“If you stop betting, you never have to lose…”  ~ What happens in Vegas

Dag 2:  Wanneer jy kyk na jou uitdagings, gaan jy dit “face” deur vrees, of deur vertroue in God?

Ek weet nie of julle onthou toe julle leer swem het vir die eerste keer nie?  Die wat my ken sal weet dat ek baie kort is (1.55m)…  Dus, is meeste swembaddens se diepkante, twee van my lengtes diep J  Voor ek kon swem was ek lekker bang om in te gaan waar ek nie kon staan nie – want ek kon nie beheer hoe ek bo sou kon bly nie…  Sodra die water bo jou kop gaan, is dit maklik om angsbevange te raak as jy nie kan swem nie…  Wat ek die vinnigste geleer het, was dat maak nie saak wat nie – bly net rustig, beheer jou asemhaling en skop J

Is ons lewens nie die presiese prentjie wat ek hier geskets het nie?  Ons is bang vir die onbekende…  Ons wil nie regtig dit waag waar ons nie kan sien hoe dinge gaan uitwerk nie, en wanneer moeilikhede en uitdagings ons kant toe kom, soos water wat oor ons kop gaan, raak ons angsbevange…  Ons sukkel om asem te haal en om reguit te dink, omdat die “gevaar” of dinge wat verkeerd gaan, soveel groter is as onsself!!  Ons probeer baie keer so hard om dinge in plek te laat val, en hoe harder ons probeer, hoe verkeerder gaan die dinge…  Of ons bid vir God om uitkoms te bring, om vir ons te wys wat dit is wat Hy wil hê ons moet doen, maar God se antwoord kom dan nie vinnig genoeg nie, en dan probeer ons ‘n plan van ons eie maak…  Hoe hanteer jy tans die uitdagings oor jou pad?  Deur heeltyd in vrees te lewe??  Of deur op God te vertrou – maak nie saak wat nie…  As jy dit dalk op die oomblik hanteer deur om te vrees - weet dat dit normaal is…  Ons is gewone mense…  Dis natuurlik dat ons somtyds gaan sukkel om dinge in God se hande te plaas en daar te los…  MAAR – dit is waarna ons moet poog…  Soos armpies jou gaan help om op die water te dryf as jy klein is en nog nie kan swem nie, so sal God jou help om kop bo water te hou, maak nie saak WAT die lewe jou kant toe gooi nie…  Solank ons Hom in beheer stel, om ons te behoed, te bewaar en te beskerm van watookal ons kant toe kom!  As dit iets is waarmee jy sukkel – om God te vertrou, eerder as om die situasies te vrees – sê dit sommer nou vir Hom…  BID vir daardie dinge waarmee jy worstel, en gee dit in Jesus se hande…  Hy is soveel beter as ons daarmee!  Hy sal jou help dat die water van moeilikheid en uitdagings jou nie verswelg nie…  Dat jy jou kop bo water sal kan hou, en dat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie…  Hy sal Sy engele oor jou die wag laat hou…
Vertrou God!

Blessings!

Anelli**

Sunday 24 February 2013

“If you associate yourself with Eagles, you will learn to soar to great heights…” ~ Unknown


Haloes! J

“If you associate yourself with Eagles, you will learn to soar to great heights…” ~ Unknown  

Proverbs 19:21

“Many are the plans in a man’s heart, but it is the Lord’s purpose that prevails…”

Philippians 2:3

“Do nothing from selfishness or empty conceit, but with humility of mind, let each of you regard one another more important than himself…”

“Keep love in your heart. A life without it is like a sunless garden when the flowers are dead." ~ Oscar Wilde

“One of the beautiful things about words is that you can put words together which in isolation mean nothing, or mean only what the dictionary says they mean, and you put them together and you get extraordinary effects…” ~ Donald Barthelme

Voor ons begin, so ‘n klein stukkie getuienis:  Ek het Saterdagaand gesukkel om aan die slaap te raak…  Ek het toe begin bid, want ek het al baie gevind dat dit my net vul met rustigheid, wat dan help om makliker aan die slaap te raak…  Terwyl ek toe so lê en bid, gee God vir my die awesome idee vir ‘n gedagteki reeks vir die volgende week of drie…  Ek was bitter opgewonde!  Toe ek egter vandag by die Kerk instap, het ons dominee ons so omgeboul met ‘n ongelooflike preek, dat ek in my hart die boodskap gekry het dat ek eers hierdie week bietjie daarvan moet deel…  Ekt gister al gesit en verse neerskryf vir die week, en die boodskap wat die dominee gebring het, pas 100% in by die verse wat ek gister bymekaargemaak het!  Hoe awesome is God?!

Die preek het gegaan oor die gelykenis van die slawe wat goud gekry het by hul meester en dat hulle daarmee moes woeker…  Ons dominee het vir ons 5 gedagtes (“Lessons to live by”) uit hierdie gelykenis gehaal en ons uitgedaag om een van die 5 te kies om hierdie week in ons lewe toe te pas…  Ek gaan elke dag van hierdie week aan een van die gedagtes spandeer en bietjie modifyJ…  Dus, gedagte 1: 

Dag 1: “Isoleer jy jouself wanneer dinge moeilik gaan, of gebruik jy die moeilike tye om jou te equip om die mense rondom jou te bemoedig?”

Hierdie het my onmiddellik laat dink aan die beeld van ‘n skilpad…  Wanneer ‘n skilpad bang is, trek hy sy kop in sy groot dop in, en isoleer hy homself van gevaar…  Binne in sy dop kan niemand hom raak of hom seermaak nie…  Hy is veilig, in sy eie wêreld…  Doen ons nie dieselfde wanneer ons kritiek ontvang nie?  OF wanneer iemand ons seermaak, of wanneer dinge net buite menslike beheer gaan – die een ding is nog nie eens klaar nie, dan tref die volgende slegte dinge…  Wanneer ons, ons isoleer is ons veilig, want ons kan die wêreld op ‘n afstand hou…  Maar deur die wêreld op ‘n afstand te hou, hou mens ook as’t ware op leef…  Deur jouself te isoleer van dinge wat moontlik kan seermaak, isoleer jy ook jouself van dinge wat tot ‘n ongelooflike seën vir jou kan wees!  Ons mis uit op geleentheid om ‘n verskil te maak in die mense rondom ons se lewens…  Ons kyk mis, die mense wat God oor ons pad stuur (omdat ons, onsself isoleer), vir wie ons kan moed in praat in moeilike tye, en deur wie God ons gewoonlik “in return” veelvoudiglik wil seën!  Moenie skilpad mentaliteit in jou lewe toelaat nie… “Steek jou nek uit”…  Waag ‘n bietjie – “neem daardie ‘leap of faith’…  Moenie so bang wees vir dit wat moontlik kan seermaak, dat jy uitmis op dit wat jou “ultimately” kan bless nie!  Steek jou kop uit vir God!  Hy sal jou gebruik om Sy Koningkryk elke dag van jou lewe op aarde te laat kom!  Hy sal die moeilike dinge in plek laat val :)

Blessings!

Anelli**

Thursday 21 February 2013

An arrow can only be shot by pulling it backwards... So when life is pulling u back with difficulties, it means that it is going to launch u into something great... So just focus and keep aiming... ~ Unknown


Haloes! :)

An arrow can only be shot by pulling it backwards... So when life is pulling u back with difficulties, it means that it is going to launch u into something great... So just focus and keep aiming...  ~ Unknown

Zephanaih 3:17

“The Lord your God is with you…  He is a Hero who saves you…  He happily rejoices over you, renews you with His love and celebrates over you with shouts of joy…”

Habakkuk 3:19

“The LORD God is my strength, and he will make my feet like hinds' feet, and he will make me to walk upon mine high places…”

Ek het hierdie volgende pragtige boodskap verlede week ontvang... Was net te awesome om nie te deel nie...

A father wanted to read a magazine but was being bothered by his little girl.  She wanted to know what South Africa looked like.  Finally, he tore a sheet out of his new magazine on which was printed the map of the country.  Tearing it into small pieces, he gave it to her and said, 'Go into the other room and see if you can put this together.  This will show you our whole country today. 





After a few minutes, she returned and handed him the map, correctly fitted and taped together.
The father was surprised and asked how she had finished so quickly.  'Oh,' she said, 'on the other side of the paper is a picture of Jesus.   When I got all of Jesus back where He belonged, 
Then our country just came together…
   

So...When we get Jesus back where He Belongs-- Our country will come together!

Ons lewe in moeilike tye…  In ‘n stukkende wêreld…  As jy bewyse daarvan wil hê, maak net die koerant oop…  Ek lees op facebook waar ‘n vriendin opgesit het hoe ontsteld sy was van ‘n 2 jarige dogtertjie wat verkrag is deur haar stiefpa, of waar die een pa ‘n 2 jarige seuntjie gif gegee het om te drink, en toe sy ma oppad hospitaal toe gejaag het met hom, het hy beswyk…  Dinge soos hierdie breek absoluut my hart…  Ek kan my nie eens begin indink oor hoe, of wat in daardie persoon se kop moes aangegaan het nie… En dit is waar mense begin vrae vra – oor HOEKOM God dinge soos hierdie toelaat…  Ek glo dat Jesus, ELKE persoon op hierdie aardbol vryheid van KEUSE gee…  En ek glo dat NIKS sonder rede gebeur nie…  Al maak mense verkeerde keuses, GLO ek dat God daardie verkeerde keuses sal gebruik tot ‘n groter doel…  Ons sal dit egter nie kan insien nou nie…  Ons kyk met ander oë as ons Hemelse Vader…  Ons wil seermaak, soos ons seergekry het…  Dis egter nie vir ons om te oordeel nie…  Want deur te oordeel, maak ons, onsself NETSO skuldig soos die skuldige!  Wat ons egter kan doen is om te BID!  Om daardie persoon, en onskuldige kinders byvoorbeeld, aan God op te dra, en te bid dat Hy sal kom heelmaak waar dit stukkend is…  Dat Hy sal sorg dat reg en geregtigheid geskied…  Dat Hy die skuldige tot inkeer sal bring... 

Hierdie storietjie hierbo is ook waar van jou en my lewe…  Voel dinge dalk deurmekaar?  Stukkend?  Moeilik?  Is Jesus nog op Sy waardige plek in jou lewe – Nommer 1?  In alles wat jy aanpak, of het Hy dalk bietjie uit plek geskuif omdat dinge so deurmekaar is?  Dat jy probeer om vure dood te slaan, of probleme uit te sorteer van vroeg in die oggend tot laat in die aand en dat jy dan uiteindelik net in die bed val, sonder dat jy en God enige tyd saam spandeer het?  Hou op om alles op jou eie in plek te probeer hou!  Hierdie aanhaling van Victor Hugo is een wat ek en jy maar ELKE dag kan lees - “Have courage for the great sorrows of life and patience for the small ones; and when you have laboriously accomplished your daily task, go to sleep in peace. God is awake.”  Sit vir Jesus terug op Sy waardige plek in jou lewe!  En ek belowe jou – wanneer Hy, Sy waardige plek ingeneem het, sal AL die ander dinge hulself uitsorteer!!  Sit Jesus in beheer!  Hy is in elk geval BAIE beter met al die moeilike en stukkende dinge in hierdie wêreld as ek en jy!  Hy het jou ONEINDIG baie lief!  Ek glo ook dat hierdie onderwerp aanhaling van ‘n pyl wat teruggetrek moet word, om geskiet te kan word, waar gaan wees vir jou lewe!  God is besig om jou voor te berei vir GROOT, nuwe en AWESOME uitdagings wat jou kant toe   kom!  Wees reg daarvoor!!  Saam met Jesus, is daar NIKS wat jy NIE kan doen nie!

Blessings!

Anelli**

Wednesday 20 February 2013

“The most ordinary things could be made extraordinary.” ― Nicholas Sparks, The Lucky One


Haloes! :)

“The most ordinary things could be made extraordinary.” ― Nicholas Sparks, The Lucky One

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the LORD your God goes with you; he will never leave you nor forsake you…”

Joshua 10:25

“Joshua said to them, “Do not be afraid; do not be discouraged. Be strong and courageous. This is what the LORD will do to all the enemies you are going to fight.”

You have to take risks. We will only understand the miracle of life fully when we allow the unexpected to happen…  ~ Paulo Coelho

Ek weet nie of jy al die onderstaande storie gekry het nie, maar dis so powerful, ek glo mens moet gereeld hieraan herinner word...

When things in your life seem almost too much to handle,  When 24  hours in a day is not enough; remember the mayonnaise jar and 2 cups of  coffee.  A professor stood before his philosophy class and had some items in front of him.  When the class began, wordlessly, he picked up a very large and empty mayonnaise jar and start to fill it with golf balls.  He then asked the students if the jar was full.  They agreed that it was.  The professor then picked up a box of pebbles and poured it into the jar. He shook the jar lightly. The pebbles rolled into the open areas between the golf balls.  He then asked the students again if the jar was full. They agreed it was.  The professor next picked up a box of sand and poured it into the jar. Of course, the sand filled up everything else He asked once more if the jar was full. The students responded With an unanimous  'yes.' The professor then produced two cups of coffee from under the table and poured the entire contents into the jar, effectively filling the empty space between the sand.  The students laughed.  'Now,' said the  professor, as the laughter subsided, 'I want you to recognize that this jar represents your life.

The golf balls are the important things - God,  family, children, health, friends, and favorite passions Things that if everything else was lost and only they remained, your life would still be full.  The pebbles are the things that matter like your job, house, and car. The sand is everything else -- The small stuff.  'If you put the sand into the jar  first,' he continued, 'there is no room for the pebbles or the golf balls. The same goes for life. If you spend all your time and energy  on the small stuff, You will never have room for the things that  are important to you. So... Pay attention to the things that are critical to your happiness.  Play with your children.  Take time to get medical checkups.  Take your partner out to dinner. There will always be time to clean the house and fix the dripping tap.  'Take care of the golf balls first -- The things that really  matter. Set your priorities. The rest is just sand.'  One of the students raised her hand and inquired what the coffee represented. The  professor smiled. 'I'm glad you asked'. It just goes to show you that  no matter how full your life may seem, there's always room for a couple of cups of coffee with a friend.'

Die lewe is so ‘n gejaagdheid…   Ons daaglikse lysies bestaan gewoonlik uit alles wat ons moet doen, eerder as wat ons wil doen…  Jy en God staan gewoonlik laaste in die ry, na al die verpligtinge wat gelys is wat afgehandel moet word…  Kuiertjies met vriende en geliefdes, is gewoonlik net – as daar tyd is (veral in die week!)…  Hoeveel keer word ons dag net aan doellose dinge spandeer, sonder om 'n tydjie vir ons vriende of familie of selfs vir God te maak?  Daar is 'n quote wat sê: "Work to live, but do not live to work..."  Onthou dat 'n koppie koffie saam met 'n vriend of 'n vriendin vir jou ook in die proses seën...  Dis dalk net wat jy nodig het om net 'n "break" te hê van die alledaagse gejaagdheid...  Mens besef nie hoe jy dit mis as jy aan die jaag bly nie…  Mens sien dinge ook dikwels meer in perspektief as jy rustig raak en ontspan...  God werk ook op Sy beste in hierdie rustig word oomblikke...  So, vat vandag 'n break, en drink 'n koppie koffie saam met iemand wat saakmaak...  Of vat net 'n halfuur uit jou dag en spandeer dit op JOU / JOU EN GOD tyd...  Jy sal baie rustiger en meer doelgerig kan werk, wanneer jy vir God eerste stel, en jou dag rondom Hom struktureer…  Daardie deadlines, sal steeds daar wees ‘n halfuur van nou af – maar jou gemoed en ingesteldheid, sal SOVEEL beter wees om die uitdagings wat die dag mag bring aan te pak…  MET God se hulp!!

blessings!

Tuesday 19 February 2013

You can become blind by seeing each day as a similar one. Each day is a different one, each day brings a miracle of its own. It's just a matter of paying attention to this miracle… ~ Paulo Coelho

Haloes! :)

You can become blind by seeing each day as a similar one. Each day is a different one, each day brings a miracle of its own. It's just a matter of paying attention to this miracle…  ~ Paulo Coelho

Psalm 121:7-8 

“The LORD will keep you from all harm— he will watch over your life; the LORD will watch over your coming and going both now and forevermore…”

Handelinge 7:7

“Hy het hulle geantwoord: Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in Sy eie mag bepaal nie...”

“Be brave. Take risks. Nothing can substitute experience…” ~ Paulo Coelho

“You drown not by falling into a river, but by staying submerged in it…” ~ Paulo Coelho

Ek het ‘n pragtige epos ontvang met die volgende storie...  Die boodskap van die gedagteki sal self daarin duidelik word...  Hoop dit sal vir jou so baie beteken soos wat dit vir my beteken het!

Verbeel jou gou dat jy die volgende prys in ‘n kompetisie gewen het…   Die prys werk egter soos ‘n speletjie, met ‘n sekere aantal reëls daaraan gekoppel.  Die prys is dat die bank elke oggend R86,400 in jou persoonlike bank rekening sal deponeer.  MAAR, soos met elke prys, is daar voorwaardes hieraan verbonde. 

Die eerste stel reels sal wees dat:

1.  Alles wat jy nie spandeer op daardie spesifieke dag nie, sal teruggeneem word deur die bank
2.  Jy mag nie die geld oorplaas in ‘n ander bankrekening nie
3.  Jy mag dit net spandeer

As jy instem tot die genoemde voorwaardes, dan sal jy elke oggend, soos jy jou oë oopmaak, ‘n sms bevestiging op jou selfoon hê van die dag se R86,400 wat inbetaal is

Die tweede stel reels is dat:

1.       Die bank kan die speletjie enige oomblik staak – sonder enige waarskuwing.  Hulle behou die reg om enige oomblik te kan sê: Dis verby oftewel, GAME OVER
2.       Hulle behou die reg om die bankrekening te kan toemaak, en jy sal nie ‘n nuwe ene daarna  kan ontvang nie.

Nou word jy met die vraag gelaat:  Wat sou jy doen?  Natuurlik sal jy alles koop wat jou hart begeer.  Jy sou ook die geld nie net op jouself spandeer nie, maar jy sou dit deel by wyse van geskenke of lekker etes saam met jou geliefdes en familie.  Ek dink jy sal selfs geskenke koop vir mense wat jy nie ken nie, net omdat jy kan J  Jy sal naturlik probeer om daagliks elke sent te spandeer, sodat niks geld vermors word om as slegte skuld afgeskryf te word aan die einde van die dag nie.

Hierdie “speletjie” wat hier beskryf word, is eintlik die lewe.  Elkeen van ons is in besit van ‘n “magical” bank.  Die bank verteenwoordig TYD…  Die Bankbestuurder is God, wat elke oggend as ‘n geskenk vir jou 86,400 sekondes gee – Hy gee daagliks aan ons die geskenk van lewe en wanneer ons in die aand gaan slaap, word die tyd wat ons nie gebruik het nie, nie oorgedra na more nie.  Dit is vir altyd verby.  Die kanse wat ons nie benut het vandag nie, of geleenthede wat ons nie aangegryp het nie, is iets waaarop ons uitgemis het, want Gister is vir altyd verby.  Die bankrekening wat enige tyd gesluit kan word, is wanneer ons tyd op aarde verby is – dit kan enige oomblik gebeur – sonder waarskuwing.  Nadat jy nou hierdie gehoor het, wat gaan jy doen met jou 86,400 sekondes?  Is dit nie soveel meer werd as Rande nie?  Dink daaroor en dink ook altyd aan die volgende:  Die lewe lê oop voor jou…   Geniet elke sekonde van jou lewe – doen dinge wat vir jou lekker is!  Gryp elke geleentheid aan, en lewe so, dat die lewe ‘n beter plek is, omdat jy daarin woon en werk.  Wees iemand van invloed…  Lead by example…  Spandeer tyd op dinge wat saakmaak, want tyd gaan so vinnig verby.

Blessings!

Anelli**

Monday 18 February 2013

“In the blink of an eye, something happens by chance - when you least expect it - sets you on a course that you never planned, into a future you never imagined.” ― Nicholas Sparks, The Lucky One

Haloes! :)
 
“In the blink of an eye, something happens by chance - when you least expect it - sets you on a course that you never planned, into a future you never imagined.” ― Nicholas Sparks, The Lucky One
Deuteronomy 31:8
“The LORD himself goes before you and will be with you; he will never leave you nor forsake you. Do not be afraid; do not be discouraged.”
Psalm 16:8
“I keep my eyes always on the LORD. With him at my right hand, I will not be shaken…”
“Isn't it nice to think that tomorrow is a new day with no mistakes in it yet?” ― L.M. Montgomery
Waiting is painful. Forgetting is painful. But not knowing which to do is the worse kind of suffering… ~ Paulo Coelho
Daar is seker niks erger as om te wag vir uitslae nie… Of dit nou eksamen uitslae is, of mediese uitslae van toetse wat gedoen is, terugvoer van jou prestasie by die werk of miskien ’n kompetisie waarvoor jy ingeskryf het? Die eerste drie tipes uitslae, is van daardie wat jou laat “stress”, omdat jy gewoonlik nie ’n benul het wat om te verwag nie, en omdat die uitslae ’n groot invloed op jou lewe kan hê… Indien jy nie ’n groot eksamen deurkom nie, verhoed dit jou om te kan vorentoe beweeg met jou studies… Indien siekte by jou gediagnoseer word, draai dit jou hele lewe op sy kop, omdat veranderinge aan jou leefstyl aangebring moet word… Behandelings moet gekry word, eindelose doktersbesoeke ens… In die moeilike ekonomiese omstandighede waarin ons leef, kan negatiewe terugvoer by die werk vir jou die einde van ’n hoofstuk beteken… En om dan weer te moet soek vir iets nuuts, kan ’n onmenslike groot uitdaging wees… Onsekerheid is deel van ons alledaagse lewe… Elke nuwe dag is gevul met onsekerhede… Ons weet nie wat die dag van môre sal bring nie… Maar in God se woord kry ons die volgende bemoediging: Matthew 6:34: Therefore do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about itself. Each day has enough trouble of its own…”
Dink jou gou in die volgende situasie in… As jy ’n “lift” saam met iemand kry, dan klim jy in die motor, sit op die passasiersitplek, hou gewoonlik die drywer geselskap, en wanneer jy die eindbestemming bereik, klim jy uit die motor… Daar word nie van jou verwag om petrol te gee, briek te trap, of die pad dop te hou vir aankomende verkeer nie…  Saam met God is dit presies soos hierdie situasie! As jy Hom in beheer stel in jou lewe, deur Hom aan die stuur te sit, moet jy net langs Hom sit… Hy sal die onsekerhede uitsorteer… Hy sal die pad dophou vir aankomende verkeer, of dinge wat jou pad sal moeilik maak… En wanneer jy dalk in ‘n “ongeluk” kom deur aankomende verkeer wat in jou vasgejaag het, sal Hy REG LANGS JOU wees om jou te help om te kan hanteer wat gebeur het… Hy sal jou help om deur dit te werk, en om HEEL anderkant uit te kom… Deur jouself aanhoudend te bekommer oor WAT AS, sal jou tap van al jou krag wat jy het vir die volgende 24 uur… Ek dink omdat die lewe so ’n gejaag is, leef ons weke vooruit, in plaas daarvan om net op die volgende 24 uur te fokus… As jy jouself bekommer oor iets wat moontlik môre kan gebeur, en dit gebeur nie, het jy kosbare tyd wat jy kon LEWE, vandag gemors… Bekommernis oor onsekerhede gaan dit nie oplos nie… Indien dit wel gebeur, het jy 2 keer geworry, en kon jy in elk geval niks aan die uitkoms verander nie… Vat baba treë, en hanteer uitdagings wanneer dit oor jou pad kom… Met Jesus aan die stuur van jou lewe, hoef jy GEEN onsekerheid alleen tegemoet te gaan nie… En maak seker dat jy Hom geselskap hou oppad… BID… Ons bekommernis raak partykeer so groot, dat ons vergeet om te bid… Wanneer ons bid, SAL Hy sorg!! Dalk nie altyd soos jy dit wil hê nie, maar DEFNITIEF soos jy dit nodig het! Elke nuwe dag, is ’n geskenk van God, een wat WAG om geleef te word, en as’t ware ’n leë bladsy in jou boek waarop daar nog geen foute aangeteken is nie… Net GELEENTHEID! Gebruik elke oomblik!
Blessings!
Anelli**

Sunday 17 February 2013

Maybe it is not about the happy ending, maybe it is about the story... - Anonymous


Haloes! J

 Maybe it is not about the happy ending, maybe it is about the story...  - Anonymous

1 Chronicles 17:2

“Then Nathan said to David…  Do all that is in your heart, for God is with you…”

Proverbs 3:6

“In all your ways, know, recognize & acknowledge Him, and He will direct and make straight and plain your paths…”

 "Sometimes we must hurt in order to grow, we must fail in order to know, we must lose in order to gain, because some lessons in life are best learned through pain..." ~ Unknown

“Our lives begin to end the day we become silent about things that matter.” ― Martin Luther King Jr.

Ek is seker almal van julle hou van gelukkige eindes…:)  Daar is vir my niks lekkerder as om 'n fliek te kyk, waar alles net perfek in plek val nie...   Mens kan baie keer sommer sien wat gaan gebeur, maar dis lekker om 'n "feel good" fliek te kyk! Dis daardie "Hollywood spookasem flieks..."  Die lewe is ernstig genoeg, so ek glo dat ons, onsself die luukse van sulke flieks kan gun!  Ek dink jy weet so goed soos ek dat die lewe nie soos 'n fliek is nie... Sukses kom nie sonder harde werk  nie... Verhoudings is nie net maanskyn en rose nie - dit verg tyd, opofferings en harde werk!!  Siekte is 'n realiteit waarmee baie van ons gekonfronteer word!  Ekt net laas week gehoor dat daar 'n statistiek uit is dat 1 in 3 mense gekonfronteer sal word met kanker...  Of dit nou is om self siek te word, of om iemand te ken wat daarmee gediagnoseer  is...  Dis realiteite, en al manier om dit te kan verwerk, of te hanteer, is deur te weet dat God by jou is...

My en jou storie, kan daagliks impak maak op die mense rondom ons...  Ek glo dat God vir jou en my 'n gelukkige einde beplan, daar is soveel confirmaions daarvan in Sy woord... (Jeremiah 29:11 – “For I know the plans I have for you, plans to prosper you and not to harm you…  Plans to give you Hope and a future…;  Ephesians 3:20: “Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine...”   Die pad wat ons egter gaan stap om by daardie gelukkige einde uit te kom, gaan nie altyd maklik wees nie...   “Hoekom nie”, vra jy dalk?  Omdat ons net gewone mense is, met feilbaarhede…  Omdat ons in ‘n stukkende wêreld lewe, wat eers weer heeltemal heel sal wees wanneer Jesus ons kom haal met die Wederkoms…  Ons gaan partykeer voel asof ons nie genoeg krag het om aan te gaan nie...   Of die uitdagings waarmee ons gekonfronteer word, net TE groot is...  As ek dink aan mense wat groot invloed gehad het in die geskiedenis van die wêreld (Joan of Arc, Anne Frank, Mother Theresa, Martin Luther King, Nelson Mandela) weet ek dat elkeen van hulle 'n moeilike pad gehad het om te stap...  Maar dansky die moeilike pad, het hulle 'n storie gehad wat vir "eternity" sal aanleef...   Stories wat ander sal inspireer, en sal laat vasbyt wanneer dinge moeilik gaan...  Stories van HOOP... Jesus se lewe is ook 'n storie van hoop vir elkeen van ons! Hy het aan 'n HOUTKRUIS gesterf, om vir jou en my 'n kans te gee...  Danksy Jesus se "storie" kan ek en jy elke dag met HOOP tegemoet gaan... Ons kan daagliks VOLUIT lewe, deur elke kans wat ons het, met 2 hande aan te gryp... Ons kan ander inspireer met ons stories... Ons kan kies om onthou te word met die liefde,positiwiteit en omgee waarmee ons, ons lewe geleef het...  Moenie dat opdraende en moeilike tye jou laat uitmis op al die goeie goed wat God vir jou beplan nie!!! Maak 'n besluit dat jou storie een van inspirasie sal wees!!! God wil en kan jou ELKE dag gebruik!!  Jy is uniek, en God het jou baie, baie lief!!!  NIKS, is groter as God nie – en NIKS, sal jou hierdie week kan onderkry, mits jy dit toelaat nie…  Jy het vir Jesus aan jou kant!

Blessings!

Anelli**

Thursday 14 February 2013

“Die een wat dankbaar is vir die kleine, sal altyd vind dat hy genoeg het...” ~ Anoniem


Haloes! :)
 
“Die een wat dankbaar is vir die kleine, sal altyd vind dat hy genoeg het...”  ~ Anoniem

1 Tessalonisense 5:16-18

“Wees in altyd bly.  Bid gedurig.  Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag...”

Verduideliking:  “Jou volgehoue blyskap, gebede en dankbaarheid teenoor God mag nooit afhang van jou omstandighede of jou emosies nie.  Jy moet aan hierdie drie oproepe gehoorsaam wees, al voel dit vir jou asof jy heeltemal genoeg rede hetom dit nie te doen nie.  Jy weet immers dat, wat ookal op die kort termyn met jou mag gebeur, God in beheer is en dat Hy jou bestem het om verlos te word.  Jy weet ook dat Hy jou nooit bo jou kragte sal versoek nie, en dat alles vir jou ten goede sal meewerk.  Daarom kan jy hierdie opdragte uitvoer...”  ~ Verduideliking uit die Bybel in Praktyk

Psalm 91:9-10

"If you say, The Lord is my refuge, and you make the Most High your dwelling, no harm will overtake you...  No disaster will come near your tent..."

“Ons vra groot dinge wanneer ons bid en vergeet om vir al die klein dingetjies – of miskien is hulle nie so klein nie – wat ons daagliks ontvang.  Maar hoe kan God groot dinge toevertrou aan hulle wat die kleine nie in dankbaarheid uit sy hand ontvang nie?”  ~ Dietrich Bonhoeffer

Ek kan eintlik nie die boodskap beter opsom as die verduideliking uit die Bybel in Praktyk nie!  WOW!!  Hoe baie keer is ons nie skuldig daaraan dat ons houding en ons dankbaarheid bepaal word deur ons omstandighede nie?  Wanneer die groot goed nie in plek val nie, kyk ons baie keer ook die klein goedjies mis...  Iemand het een keer gesê – as ons aan die woord “wonderwerke” dink, wil ons altyd “lewensveranderende” gebeurtenisse of ervarings ervaar of hoor van...  Ons vergeet so maklik dat, net die feit dat ons vandag ons oë kon oopmaak en opstaan, op sy eie reeds ‘n wonderwerk is en iets is om voor dankbaar te wees!   Dat God nog ‘n dag tot ons lewe toegevoeg het, is ‘n wonderwerk en ‘n geskenk!

Dietrich Bonhoeffer se vraag is iets wat ons, onsself kan afvra – is jy dankbaar vir die klein dingetjies – ELKE dag (en daar is elke dag klein goedjies om voor dankbaar te wees!)?  Of raak jy kwaad en ongeduldig wanneer dinge nie wil uitwerk soos JY dit wil hê nie? Plak die verduideliking uit die Bybel vir jou iewers op die week, en lees dit elke keer wanneer jou moed jou wil begewe!  Onthou dat goed WEL ten goede sal meewerk, en dat God jou nie bo jou kragte sal versoek nie!  Wees dankbaar vir sonskyn dae, en kos om te eet...  Dan sal die groot goed stil, stil gebeur, en net nog ‘n groter seën in jou lewe wees...  Sê vandag vir iemand dat jy dankbaar is, om hulle te kan ken, en dat God jou lewe werklik geseën het met hulle daarin...  Of sê vandag vir God dankie, dat Hy nog altyd getrou was, en dat jy jammer is, oor die kere wat jy nie getrou was nie, omdat jy kwaad was oordat dinge nie uitgewerk het, soos jy dit wou hê nie...  Ekt vandag 'n getuienis gehoor wat my sommer hoendervleis gegee het!  Iemand het getuig oor hoe God dinge laat uitwerk het...  Dinge wat onverstaanbaar was 'n maand gelede, het gebeur om die boublokke te wees vir die wonderwerk wat God die week gedoen het...  Dis ongelooflik hoe God dinge laat uitwerk wanneer ons Hom daarmee vertrou!

Blessings!

Anelli**

Wednesday 13 February 2013

“Promise me you'll always remember: You're braver than you believe, and stronger than you seem, and smarter than you think..."¬ Christopher Robin to Winnie the Pooh


Haloes! :)
  
“Promise me you'll always remember: You're braver than you believe, and stronger than you seem, and smarter than you think..."¬ Christopher Robin to Winnie the Pooh

1 Corinthians 13:4-8

Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. Love does not delight in evil but rejoices with the truth. It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres. 

Prediker 4:9-12

"Twee vaar beter as een...  Hulle inspanning kom tot iets...  As die en val, kan die ander hom ophelp...  Maar as een val wat alleen isis daar niemand om hom op te help nie...  As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word?  Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied...  'n Drie-dubbele tou breek nie maklik nie..." 

“This is my wish for you: Comfort on difficult days, smiles when sadness intrudes, rainbows to follow the clouds, laughter to kiss your lips, sunsets to warm your heart, hugs when spirits sag, beauty for your eyes to see, friendships to brighten your being, faith so that you can believe, confidence for when you doubt, courage to know yourself, patience to accept the truth, Love to complete your life.”  ¬ Winnie the Pooh

Gelukkige Valentynsdag! J  Winnie the Pooh is my gunsteling tekenprent karakters...  As hy 'n werklike persoon was, sou ek hom graag as my vriend wou hê, want hy weerspieël ELKE eienskap van dit wat mens graag in JOU beste vriende sou wou sien...  Die seënwens quote (kursief/italics) hierbo is regtig vir my PRAGTIG...  Ek wens dit vir elkeen van julle toe wat hierdie lees vanoggend!  Mag elkeen van hierdie woorde vir jou waar wees...

Miskien het jy die beste vriende in die wêreld...   Miskien is jy in ‘n baie spesiale verhouding of dalk nog beter – in ‘n baie geseënde huwelik!  Dank God vanoggend daarvoor!!  As dit nie was vir die feit dat HY voorsien in ons behoeftes nie, sou dit nie vir jou waar gewees het nie...  Miskien is die teenoorgestelde vir jou waar en het jy dalk al lelik seergekry met vriendskappe, verhoudings of in die huwelik...  Miskien voel jy dat jy dalk 'n paar kennisse het, maar geen WERKLIKE vriende nie...  Miskien voel jy dat jy so hard probeer, maar dat liefde, en die regte persoon jou net bly ontwyk…  Ek wil vanoggend vir jou die GOEIE NUUS bring - Jesus wil vir jou 'n vriend wees!  Hy wil ‘n Lewende Verhouding met jou hê…  Ek weet dat elke woord in hierdie quote hierbo (kursief gedruk), is seëninge wat Hy oor jou sal WIL uitstort!  'n Vriendskap en verhouding verg tyd, wat daarin belê moet word...  Jesus wil hê dat jy met Hom moet "chat" daagliks (dit wil sê, bid) soos jy met jou vriende of met jou geliefde sou...  Hy wil weet wat in jou lewe aangaan, en waar Hy jou kan help met moeilike besluite...  Hy is altyd beskikbaar, jy het nie 'n afspraak nodig nie...  Ek’t nou die dag ‘n epos ontvang waar iemand gevra het, hoe hulle met my direk in aanraking kon kom…  Ek kon toe terugskryf dat die persoon direk met my in kontak is…  Dit het my laat dink aan ons Hemelse Pappa – ons kan direk met Hom in kontak wees – dis ons keuse!  Hy sal jou nooit judge nie, en nooit agter jou rug van jou praat nie...  Hy sal jou nie seermaak, verneder of verneuk nie… Hy is die een mens op wie jy ALTYD sal kan staatmaak, en onvoorwaardelik kan vertrou...  Hy is iemand wat ALTYD die beste van jou sal glo en die beste vir jou wil hê...  Dit wat God vir jou in Sy woord belowe, SAL Hy nakom...  'n Versie wat my nogals aangeraak het, is die volgende: ACTS 27:25: "I have faith in God that it will happen just as He told me..."  Hy sal jou net ryklik seën as jy Hom in jou lewe toelaat...  Moenie 'n dag in hierdie jaar deurgaan, sonder om vir Jesus in ag te neem, of met Hom te gesels nie...   Mag jy Jesus opnuut leerken, deur daagliks te werk aan jou vriendskap met Hom...  En al is jy iemand wat Valentynsdag verpes – wees daar vir iemand vandag…  Maak dit jou doel, as God se kind om jou lig te laat skyn, en vir iemand anders iets te beteken vandag – deur ‘n stukkie ‘random act of kindness’ te bewys (‘n geselsie, koppie koffie, blommetjie – spread the love of Jesus!)…  “Be kinder than necessary, for everyone you meet is fighting some kind of battle…” ~  T.H. Thompson and John Watson

blessings!

anelli**

Tuesday 12 February 2013

You may be in the fight of your life....don't fight it alone. God will send you help from the sanctuary… ~ Unknown quotes


Haloes! :)
 
You may be in the fight of your life....don't fight it alone. God will send you help from the sanctuary…  ~ Unknown quotes

Jesaja 41:10,13

“Moenie bang wees nie, Ek is by jou...  Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God...  Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red ek jou...  Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou...”

Josua 1:9

“Wees sterk, wees vasberade...  Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek die Here jou God, is by jou, oral waar jy gaan...”
 
cid:_2_07880D28078807D80028DF3942257832
Ons lewe in tye van groot onsekerheid...  Met die resessie wat nog baie duidelik gevoel kan word, in Europa en selfs in Suid-Afrika, maak dit dat dinge baie onseker is...  Hoeveel maatskappye is en gaan tans deur erge herstrukturerings?  Hoeveel mense vrees daagliks oor die veiligheid van hulle werke?  Pryse styg elke maand, maar salarisse bly dieselfde...  Daar kom ook ander dinge, genaamd “die lewe” oor ‘n mens se pad, wat dan somtyds lei daartoe dat onbegrote uitgawes aangegaan moet word – bv, onbeplande hospitalisasie, onbeplande siekte.  Al hierdie dinge kan tot gevolg hê dat ‘n mens nogals kan voel soos die “gediggie” hierbo sê...  Mens kan begin “worry” oor hoe jy deur die maand gaan kom?  Hoe gaan jy elke rekening betaal waarmee jy gekonfronteer word?  Hoe gaan jy dieselfde goed kan doen / of lewensstyl handhaaf /  deelneem aan dieselfde aktiwiteite as al jou vriende, as dit net nie vir jou moontlik is nie?    Of miskien is jy in ‘n verhouding op die oomblik, waar jy net nie kan sien waarheen dit oppad is nie?  Daar is geen sekerheid in die verhouding nie, en jy voel partykeer of jy meer gee as ontvang...  Vrae wat deur jou kop kan gaan, kan wees of daar ‘n sekere paadjie of toekoms vir jou / julle saam voorlê?  Is julle dan ooit bestem om saam te wees?

Miskien is jy gekonfronteer met siekte...  Wat party dae vir jou voel of dit ‘n straf is wat jou opgelê is...  Of jy nie altyd lekker weet watter kant toe nie, want as jy aan die toekoms dink, sien jy net donkerte...  In al hierdie scenario’s is daar een gemene deler – God...  Hy bly ALTYD dieselfde, en soos die gediggie sê – Hy sal altyd voorsien...  Ek glo dat wanneer jy jou lewe in God se hand plaas, en al jou vertroue in Hom sit, SAL Hy voorsien, in MEERVOUDIGHEID, in elke behoefte wat jy het...  Hy sal voorsien as jy jou werk moet verloor,  Hy sal sorg dat daar uitkoms kom...  Hy sal ook voorsien in daardie onsekere verhouding – Hy sal jou die wysheid gee om te weet wat jy moet doen...  Moenie bang wees dat as jou verhouding eindig, dat daar niemand anders vir jou sal wees nie – God weet reeds wie Hy vir jou uitgesit het, en Hy SAL sorg dat jy ontvang wat jou toekom, as jy Hom vra, en ook glo dat Hy sal voorsien...  As jy ‘n pad van siekte en behandelings, of operasies moet stap – sal God ook ELKE tree van die pad, saam met jou stap, en by jou wees...  Hy sal jou nie groter berge van probleme gee, as wat jy sal kan hanteer nie... So “Mind the GAP” – en onthou waarvoor dit staan - God ALWAYS PROVIDES...

Blessings!                                                                                                                                                                                                                                                           
 Anelli**