Monday 30 June 2014

“Enjoy life NOW… This is not a rehearsal…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Enjoy life NOW…  This is not a rehearsal…” ~ Unknown
 
1 Samuel 30:6 
 
“And David was greatly distressed, for the people spoke of stoning him, because all the people were bitter in soul, each for his sons and daughters. But David strengthened himself in the LORD his God…”
 
2 Corinthians 5:6-7
 
“So we are always of good courage. We know that while we are at home in the body we are away from the Lord, for we walk by faith, not by sight…”
 
“I’m on a journey I’ve not taken before…  I a figuring it out as I go…” ~ Sue Fitzmaurice
 
“Life is an adventure… Take risks…” ~ Unknown
 
Ek onthou altyd op skool toe ons moes oefen vir konserte J  Daar was groot opwinding, want jy’t geweet dat die eindproduk vir jou familie, vriende en geliefdes opgevoer sou word…  Dit was vir my van die lekkerste tye, want jy’t lekker “gebond” met jou klasmaats, en mekaar op ‘n totale ander vlak leerken…  Die aande wat die konsert dan “op die planke” gegaan het, was die opwinding NOG groter, omdat jy ‘n mooi kostuum kon aantrek, mooi grimeer sou word, en totaal en al buite jou “comfortzone” sou beweeg wanneer jy op daardie verhoog, met ‘n vol ouditorium sou optree…  En ekt al hoeveel keer gesien, al oefen jy iets 100 keer, is daar steeds ‘n kans dat dit op die 101e keer iets verkeerd kan gaan…  Maar ook die teenoorgestelde is waar – iets wat 100 keer verkeerd kon gaan, kan op die 101e keer, WERK J
 
Ek dink baie keer sien ons “die lewe” as ‘n “rehearsal”…  Ons oefen daagliks vir die “grand finale” soos wat ons, ons lewens leef…  Ons het ons bucketlists vir eendag, maar ons werk nie daaraan om dit te begin bewaarheid nie…  Ons hou ons beste, vir laaste… Vir EENDAG, wanneer ons, ons drome sal begin waar maak…  Vir nou moet ons werk, werk aan ons “career”, werk aan ons verhoudings, werk aan ons vriendskappe, ons geloof ens…  Wanneer ons skippie inkom, en wanneer ons voldoende geld het – DAN sal ons, ons drome begin waarmaak…  Sal ons, ons passie begin leef…  Eendag is NOU…  Ons weet nie met hoeveel tyd ons gespaar sal word nie – so dis NOU die tyd om jou drome te begin leef…  Te begin spaar vir daardie DROOM plek wat jy nog altyd wou sien…  Memories te maak saam met die mense wat vir jou saakmaak…  Moenie spyt wees oor dit wat jy NIE gedoen het nie…  Met alles in die lewe, vra ek myself “What is the worst that could happen?”  Hierdie volgende aanhaling van Mark Twain is vir my bitter cool – print dit uit en plak dit vir jouself iewers op waar jy jouself kan herinner hieraan op ‘n daaglikse basis…
 
Blessings!
 
anellixx
 

Sunday 29 June 2014

“One day, you will wake up and there won’t be any more time to do the things you’ve always wanted… DO IT NOW…” ~ Paulo Coelho

Haloes! J
 
“One day, you will wake up and there won’t be any more time to do the things you’ve always wanted…  DO IT NOW…” ~ Paulo Coelho
 
Matthew 17:20
 
“He said to them, “Because of your little faith. For truly, I say to you, if you have faith like a grain of mustard seed, you will say to this mountain, ‘Move from here to there,’ and it will move, and nothing will be impossible for you.”
 
Jeremiah 29:11
 
“For I know the plans I have for you, declares the LORD, plans for welfare and not for evil, to give you a future and a hope…”
 
“Live the full life of the mind, exhilarated by new ideas, intoxicated by the romance of the unusual…” ~ Ernest Hemingway
 
“Actually, the best gift you could have given her, was a lifetime of adventures…” ~ Alice in Wonderland
 
Iets waaroor ek baie sterk voel, is dat ons elke dag die meeste moet maak met die 86,400 sekondes wat aan ons gegee word…  Ek’t eenkeer die volgende forward epos ontvang oor ons “tyd per dag” en ek wil dit graag vandag met jou deel…  Indien jy dit al gelees het, is dit dalk goed om net weer opnuut daaraan herinner te word...  Dit tref my elke keer weer as ek dit lees...  Dis ‘n gedagteki op sy eie:
 
Verbeel jou gou dat jy die volgende prys in ‘n kompetisie gewen het…   Die prys werk egter soos ‘n speletjie, met ‘n sekere aantal reëls daaraan gekoppel.  Die prys is dat die bank elke oggend R86,400 in jou persoonlike bank rekening sal deponeer.  MAAR, soos met elke prys, is daar voorwaardes hieraan verbonde. 
 
Die eerste stel reels sal wees dat:
 
1.        Alles wat jy nie spandeer op daardie spesifieke dag nie, sal teruggeneem word deur die bank
 
2.       Jy mag nie die geld oorplaas in ‘n ander bankrekening nie
 
3.       Jy mag dit net spandeer
 
As jy instem tot die genoemde voorwaardes, dan sal jy elke oggend, soos jy jou oë oopmaak, ‘n sms bevestiging op jou selfoon hê van die dag se R86,400 wat inbetaal is
 
Die tweede stel reels is dat:
 
1.        Die bank kan die speletjie enige oomblik staak – sonder enige waarskuwing.  Hulle behou die reg om enige oomblik te kan sê: Dis verby oftewel, GAME OVER
 
2.       Hulle behou die reg om die bankrekening te kan toemaak, en jy sal nie ‘n nuwe ene daarna kan ontvang nie.
 
Nou word jy met die vraag gelaat:  Wat sou jy doen?  Natuurlik sal jy alles koop wat jou hart begeer.  Jy sou ook die geld nie net op jouself spandeer nie, maar jy sou dit deel by wyse van geskenke of lekker etes saam met jou geliefdes en familie.  Ek dink jy sal selfs geskenke koop vir mense wat jy nie ken nie, net omdat jy kan J  Jy sal naturlik probeer om daagliks elke sent te spandeer, sodat niks geld vermors word om as slegte skuld afgeskryf te word aan die einde van die dag nie.
 
Hierdie “speletjie” wat hier beskryf word, is eintlik die lewe.  Elkeen van ons is in besit van ‘n “magical” bank.  Die bank verteenwoordig TYD…
 
Die Bankbestuurder is God, wat elke oggend as ‘n geskenk vir jou 86,400 sekondes gee – Hy gee daagliks aan ons die geskenk van lewe en wanneer ons in die aand gaan slaap, word die tyd wat ons nie gebruik het nie, nie oorgedra na more nie.  Dit is vir altyd verby.
 
Die kanse wat ons nie benut het vandag nie, of geleenthede wat ons nie aangegryp het nie, is iets waaarop ons uitgemis het, want Gister is vir altyd verby.  Die bankrekening wat enige tyd gesluit kan word, is wanneer ons tyd op aarde verby is – dit kan enige oomblik gebeur – sonder waarskuwing.
 
Nadat jy nou hierdie gehoor het, wat gaan jy doen met jou 86,400 sekondes?  Is dit nie soveel meer werd as Rande nie?  Dink daaroor en dink ook altyd aan die volgende:  Die lewe lê oop voor jou…   Geniet elke sekonde van jou lewe – doen dinge wat vir jou lekker is!  Gryp elke geleentheid aan, en lewe so, dat die lewe ‘n beter plek is, omdat jy daarin woon en werk.  Wees iemand van invloed…  Lead by example…  Spandeer tyd op dinge wat saakmaak, want tyd gaan so vinnig verby…
 
Doen dit NOU…  Sê nou dat jy iemand liefhet, sê NOU jammer vir die dinge wat reeds verby is…  Moenie eendag SPYT wees oor ongeuiterde woorde nie…
 
Blessings!
 
Anelli xx

Thursday 26 June 2014

“There is no testimony without the test…” ~ Unknown

Haloes! J

“There is no testimony without the test…” ~ Unknown

Joshua 1:7-9

“Only be strong and very courageous, being careful to do according to all the law that Moses my servant commanded you. Do not turn from it to the right hand or to the left, that you may have good success wherever you go. This Book of the Law shall not depart from your mouth, but you shall meditate on it day and night, so that you may be careful to do according to all that is written in it. For then you will make your way prosperous, and then you will have good success. Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be frightened, and do not be dismayed, for the LORD your God is with you wherever you go.”

“The Bible is meant to be bread for daily use, not cake for special occasions…” ~ Unknown

“Don’t start your day with the broken pieces of yesterday…” ~ Unknown

Gideon is een van vele van die manne in die Bybel wat gedink het dat hy nie goed genoeg is vir wat God hom geroep het om te doen nie…  Hoekom is dit altyd die eerste gedagte wat by mens opkom – dat daar iemand beter is as ons om die taak te kan verrig as onsself?  In Judges 6:14 het God vir Gideon die volgende gesê:  “Have I not sent you?  In other words, would I ask you to do something which I have not equipped you to do?”  Ek wil vandag vir jou dieselfde vraag vra – as God ‘n droom in jou hart sit, en dit vir jou bevestig deur Sy woord – hoekom twyfel ons dan so in ons vermoëns?  Hoekom laat ons toe dat klippies in ons pad ons onderkry, en weerhou daarvan om te bereik wat ons deur God se krag sal kan bereik??

If God brings you to it, He will get you through it…  In die Bybel het God nooit die grootste, sterkste, slimste, mooiste of bekendste persone gebruik om wonderwerke deur te doen nie – Hy het die gewone ou, soos ek en jy gebruik om groot werke deur te verrig!  Dink jou gou die volgende situasie in – as jy iemand liefhet, wil jy tog sien hoe hy of sy groot hoogtes bereik, en hoe hulle “prosper” in dit wat hulle aanpak…  Dis PRESIES wat God vir jou en my wil hê!  Hy het jou oneindig baie lief, en wil sien hoe jy die persoon word wat Hy jou bestem het om te wees…  Sodat jy soos Dawid, groot TESTIMONY sal hê om te vertel wanneer jy vir Goliat verslaan, of soos Sara en Abraham kan vertel hoe getrou was, dat al was dit in mense-oë onmoontlik om ‘n babatjie in die wêreld in te bring, dat God met Sy wonderbaarlike werking gesorg het dat dit ‘n moontlikheid geword het…  Of soos met Noag en die ark – dat God hom en sy familie so behoed en bewaar het, dat hulle 40 dae en nagte se reën oorleef het, sodat hulle ‘n nuwe begin kon maak…  Of soos God vir Moses, wat nie voor mense kon praat nie, die moed, krag en vermoë gegee het om die Faro aan te vat en die Israeliete uit Egipte te kon lei…  Saam met God kan ons enige iets doen…  En met Hom aan ons kant, het ons gewoonlik ‘n ongelooflike testimony wanneer die deurbrake kom…  Hou vas aan God en Sy beloftes – Hy sal vir jou deurkom wanneer jy dit die minste verwag!

Blessings!

Anel xx

Winterwarmte optel

Hi julle,

Daar sal Saterdag nog 'n geleentheid wees vir die van julle wat vir my wil klere afgee.  Half 12, by Tygervallei voor Woolies - ek is 'n kort meisie met donkerbruin hare :)  Dit is slegs vir die mense wat nog wil klere afgee - ignoreer hierdie mail as jy reeds donasie gegee het ens.  Daar was niemand verlede week by Canal Walk nie, so ek gaan net die optelpunt by Tygervallei he.

Laat weet my as ek jou daar sal sien!

blessings!

anel

Wednesday 25 June 2014

“Three choices in life: Give up. Give in. Or give it all you got…” ~ Unknown

Haloes J

“Three choices in life: Give up. Give in. Or give it all you got…” ~ Unknown

Romans 8:37-39

“No, in all these things we are more than conquerors through him who loved us. For I am sure that neither death nor life, nor angels nor rulers, nor things present nor things to come, nor powers, nor height nor depth, nor anything else in all creation, will be able to separate us from the love of God in Christ Jesus our Lord.”

Psalm 91:14-16

“Because he loves me,” says the Lord, “I will rescue him; I will protect him, for he acknowledges my name. He will call on me, and I will answer him; I will be with him in trouble, I will deliver him and honour him. With long life I will satisfy him and show him my salvation.”

“Ask yourself the question: Will this matter a year from now?” ~ Richard Carlson

“The struggle you are in today is developing the strength you need for tomorrow…” ~ Unknown

Ek weet nie wie van julle al Leeukop in die maanlig gestap het nie??  Dis verseker iets om op jou bucketlist te sit J  Jy begin gewoonlik stap teen laatmiddag, sodat jy teen die tyd wat die son ondergaan, bo op die berg kan wees om dit te aanskou…  Dis absoluut ‘n belewenis!  Ek onthou hoe ons teen daardie berg uit is – op die een deel kan jy kies om met ‘n ketting teen die rots uit te klim, of langpad te neem en nog ‘n ekstra deel te stap…  Ek’t bietjie buite my comfortzone beweeg en die ketting gevat…  Maar toe ek so halfpad teen die ketting uit is, het ek besef dat dit totaal en afgrond langs my was…  Daar was geen manier om op te gee nie, want dan sou ek nou moes afgly teen die afgrond, en dalk in die proses val…  Ek kon ook nie opgee nie, want dit is net nie in my aard nie – wanneer ek in dit is, is ek IN DIT en sal ek commit tot die einde J  Ek’t dus met opsie 3 gegaan, en “I gave it all I got”…  Die beloning was GROOT!  Om die sonsondergang te kon kyk op Leeukop, en daarna begroet te word met al die liggies – aan die een kant Kampsbaai, en aan die ander kant Kaapstad…  What a sight and such a blessing!!!

In ons lewens het ons ook 3 keuses…  Ons kan opgee, ingee en op ‘n hopie gaan sit wanneer die lewe met sy Curveballs na ons kant toe kom, OF ons kan kies om dit alles ‘n toffie te wys en te besluit – ek gaan jou wys waarvan ek gemaak is, and I am gonna give it all I have got!  God sal die petrol wees in jou “engine” en Hy sal sekermaak dat jy nie uit stoom uithardloop nie…  Hy sal sorg dat jy oorwinning behaal – al vat dit dalk langer as wat jy gehoop of gedink het…  Dink gou aan al die dinge wat jou onderkry op hierdie stadium van jou lewe – alles wat jou laat worry, of sommer net alles wat jou SO moeg maak en tap van jou energie – gaan hierdie dinge oor ‘n jaar van nou af saak maak??  Kan jy onthou waaroor jy ‘n jaar terug hierdie tyd geworry het?  As jy nie kan onthou nie, was dit heel waarskynlik van daardie klein jakkalsies, waar mens vasgevang word in die detail, wat ons eintlik net tap van energie…  As daar niks is wat jy kan doen ten opsigte van die goed waaroor jy worry nie – moet dan nie tyd en energie daarop mors nie – sit dit in God se hande – Hy is die EEN wat dinge kan laat uitwerk soos en wanneer dit moet…  Dinge sal vir jou uitwerk!  God SAL vir jou sorg!!!  Byt net vas, en volhard in jou geloof…  God sal jou nie teleurstel nie!

Blessings!

anelxx

Tuesday 24 June 2014

“Stop being afraid of what could go wrong, and start being positive of what could go right…” ~ Unknown


Haloes! J

“Stop being afraid of what could go wrong, and start being positive of what could go right…” ~ Unknown

John 16:33

"I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world."

2 Timothy 1:7

“For God did not give us a spirit of timidity, but a spirit of power, of love and of self-discipline…”

“Just when the caterpillar thought the world was over, it became a butterfly…” ~ Proverb

“If your problem has a solution do something about it…  If your problem can’t be solved, don’t worry about it…” ~ Unknown

Ek weet nie wie van julle Lion King fans is nie…  Dis een van my gunsteling flieks :)…  My boetie het vir my die coolste aanhaling gestuur die naweek…  Ek heg dit aan vir julle, want ek dink goed dat elkeen van ons weer hieraan herinner moet word...
 
 

Hoe waar is hierdie woorde nie??  Die verlede en alles wat daarin gebeur het kan steeds seermaak…  Maar daar is twee maniere om dit te hanteer – jy kan daaruit leer, of jy kan weghardloop daarvan af…  Baie keer is weghardloop die maklike uitweg…  Of “volstruis-mentaliteit” deur net kop in die grond te druk wanneer dinge te veel raak vir ons om te hanteer…

Hierdie aanhalings van vandag se stuk is slaan vir my almal die spyker op die kop…  Ons kyk partykeer so vas in ons verlede, in alles wat moontlik kan verkeerd gaan, dat ons ophou fokus op dit wat actually REG kan gaan!  Ek dink ons mis uit op soveel dinge, of dit nou is vanweë vrees vir die verlede om homself te herhaal, of omdat ons voel dat ons nie die situasie kan beheer nie, dat ons, onsself OP maak met die worry…  Maar hoekom worry oor iets waaraan jy niks kan verander nie?  Al wat jy in die proses doen is om jouself moeg te maak…  Jy sal steeds sonder ‘n oplossing sit aan die einde van die dag – en jy sal uitgeput wees, omdat jy jouself moeg maak met die talle scenario’s van "worry" heeltyd…  Let GO, van alles wat jy so prober vashou en probeer beheer, en LET GOD...  Hy is GROTER en tot SOVEEL meer in staat as wat ons ooit sou kon hoop of dink... Die beeld van die papie wat in ‘n skoenlapper verander is vir ons almal ‘n beeld om na te streef…  Maak nie saak WAAR jy was nie, God kan jou verlede vat en omskep in ‘n testimony…  Hy kan waar jy was, gebruik  om jou te kry waar Hy jou wil gebruik…

Blessings!

Anellixx

 

Monday 23 June 2014

“Rock bottom became the foundation on which I rebuilt my life…” ~ JK Rowling

Haloes! J

“Rock bottom became the foundation on which I rebuilt my life…” ~ JK Rowling

Psalm 46:1-3

“God is our refuge and strength, an ever-present help in trouble.  Therefore we will not fear, though the earth give way and the mountains fall into the heart of the sea, though its waters roar and foam and the mountains quake with their surging. "Selah"…”


“The LORD is my strength and my song; he has become my salvation.  Shouts of joy and victory resound in the tents of the righteous: "The LORD's right hand has done mighty things!  The LORD's right hand is lifted high; the LORD's right hand has done mighty things!"

“Only when we are no longer afraid do we begin to live…” ~ Unknown

“Pay more attention to your Creator than your critics…” ~ Unknown

Almal van ons ken vir JK Rowling – bekende skrywer van die baie suksesvolle Harry Potter boeke…  Ek’t die volgende aanhaling van haar gesien in ‘n artikel (Tor.com), en het gedink om dit met julle te deel…  It’s because she described herself as “the biggest failure [she] knew” before she sat down to write one of the most beloved fantasy worlds on paper. It’s because she turned the sorrow over her mother’s death into a tale where a mother’s love for her child ultimately saves the world. It’s because all of the first publishers to read her three chapter sample rejected her book. It’s because failing made Jo Rowling push back hard against depression and poverty to find her very best calling…”  Hierdie is absoluut die laaste gedagte wat ek van JK Rowling gehad het…  As mens die suksesse van haar boeke ken, asook weet hoe suksesvol die flieks was wat hulle oor die boeke gemaak het, sou mens nie kon dink dat sy aan die begin “gefail” het, met depressie geworstel het en so ‘n lae “dunk” van haarself gehad het nie…

Miskien is hierdie “aanhaling” vandag jy…  Miskien voel jy soos die grootste mislukking op die oomblik, omdat dinge net nie wil uitwerk nie…  Miskien worstel jy met iemand se dood wat jy moet verwerk, of miskien moet jy ‘n verhouding wat verbrokkel het verwerk, en weet jy nie hoe om die stukke op te tel nie…  Miskien ervaar jy net “rejection” op die oomblik – in jou werk, by die skool, in nuwe uitdagings wat jy aangepak het, ‘n verhouding, of jou verhoudings met familielede of vriende…  Miskien is jy alleen, en vasgevang in die web van depressie op die oomblik…  Al wat groter is as al hierdie dinge wat ek hier opgenoem het is God…  Hy is al een wat jou stukkende hart kan heelmaak (Psalm 147:3 - He heals the brokenhearted and binds up their wounds…)  Hy kan jou uit die web van depressie haal en jou situasie totaal en al omdraai…  Hy kan die seer wat jy ervaar oor die verloor van ‘n geliefde minder maak, sodat jy later met dankbaarheid kan terugkyk op die tyd wat julle wel saamgehad het J  Al is jy vandag op moedverloor se vlakte, rock bottom, lowest point of the foodchain – kan dit jou fondasie raak waarop jy ‘n nuwe hoofstuk van jou lewe kan begin bou…  Laat JK Rowling se storie jou inspirasie wees – druk deur, want die wiel moet iewers draai, en voor mens se grootste deurbrake, is tye gewoonlik op hul donkerste… Jou God is groter as ENIGE iets wat jy tans mag face…  Hy sal sorg vir DEURBRAKE in jou lewe - bly net op Hom wag...

Blessings!

anelxx

Sunday 22 June 2014

“God gave you another day for a reason… Now go find out what it is…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“God gave you another day for a reason…  Now go find out what it is…” ~ Unknown
 
Luke 10:25-37

On one occasion an expert in the law stood up to test Jesus. “Teacher,” he asked, “what must I do to inherit eternal life?” “What is written in the Law?” he replied. “How do you read it?”  He answered, “‘Love the Lord your God with all your heart and with all your soul and with all your strength and with all your mind; and, ‘Love your neighbour as yourself.]
“You have answered correctly,” Jesus replied. “Do this and you will live” But he wanted to justify himself, so he asked Jesus, “And who is my neighbour?” In reply Jesus said: “A man was going down from Jerusalem to Jericho, when he was attacked by robbers. They stripped him of his clothes, beat him and went away, leaving him half dead. A priest happened to be going down the same road, and when he saw the man, he passed by on the other side.  So too, a Levite, when he came to the place and saw him, passed by on the other side.  But a Samaritan, as he travelled, came where the man was; and when he saw him, he took pity on him. He went to him and bandaged his wounds, pouring on oil and wine. Then he put the man on his own donkey, brought him to an inn and took care of him. The next day he took out two denarii and gave them to the innkeeper. ‘Look after him,’ he said, ‘and when I return, I will reimburse you for any extra expense you may have.’  Which of these three do you think was a neighbour to the man who fell into the hands of robbers?” The expert in the law replied, “The one who had mercy on him. Jesus told him, “Go and do likewise.”

“If you focus on results, you will never change…  If you focus on change, you will get results…” ~ Jack Dixon
 
“Hardships often prepare ordinary people for an extra ordinary destiny…” ~ C.S Lewis
 
Lewe jy met purpose, of verdra jy maar net die dae om deur die week te kom, ten einde weer te kan naweek hou?  Ek’t nou die dag vir een van my kollegas gesê hoe belangrik dit vir my is dat mens GELUKKIG moet wees, ELKE dag, want ek dink nie ons besef HOE kort die lewe is, totdat dit te laat is nie…  Die storie van die barmhartige samaritaan het vandag op my hart gedruk, en ekt gevoel dis nodig dat ons dit weer ‘n slag moet lees en verstaan…  Ons dominee het ook vandag gepreek oor hoe ons, ons naaste moet liefhê…  Dis nie iets wat vir almal van ons ewe maklik kom nie, want dis BAIE maklik om vas te kyk teen alles wat verkeerd is met die mensdom…  Dink gou as jy verlief is – dis super maklik om lief te hê, want jy HOU van die person wat jy moet liefhe…  Nou moet ons naaste liefde betoon aan die mense van wie ons hou (maklik) en die van wie ons nie hou nie (BAIE moeilik)…  Ons dominee het ook gesê, wanneer jy probeer liefhê uit jou eie krag uit, is dit gewoonlik baie moeilik…  Maar wanneer ons toelaat dat God in ons, en deur ons werk, kom die naaste liefde baie makliker, want ons probeer dit dan nie uit ons eie krag te doen nie…  Moenie op jou eie krag probeer staatmaak om naasteliefde uit te leef nie, maar sit jou hand in God s’n, en laat hom toe om in jou en deur jou te werk…
 
Ek weet nie waar jy jouself bevind op die oomblik in jou lewe nie…  Miskien voel jy nutteloos en asof die mensdom jou nie eens sal mis as jy nie meer daar is nie…  Miskien het jy onlangs bitter seergekry, en is jou geloof in die mensdom dalk bietjie ge-alter…  Miskien sien jy net donker, en is jy vasgevang in 'n gat van depressie op die oomblik… HIerdie aanhaling van vandag, is SO cool - "God gave you another day for a reason...  Now go and find out what it is..." Ek wil jou uitdaag om weg van jou omstandighede te kyk, en iets vir iemand anders te doen – net omdat jy kan…  Of jy nou ‘n koppie koffie vir iemand maak, ‘n geselsie met iemand maak wat dalk oor jou pad gestuur word, wat nodig het dat iemand na hulle moet luister, om vir ‘n vreemdeling te glimlag, of ‘n blommetjie vir iemand te gee wat ‘n moeilike dag gehad het – NET OMDAT JY KAN…  Wanneer ons vergrootglas van ons lewens en ons probleme weghaal, en wanneer ons vir ander daar is, tyd maak om soos die barmhartige samaritaan ‘n VERSKIL te maak – DIS wanneer God se werke deur ons lewens sigbaar raak en wanneer wonderwerke gebeur…  Kom ons maak dit ons “mission” om Jesus se hande en voete te wees hierdie week…  Sodat ons, Sy lig kan laat skyn in hierdie donker wêreld…  Moenie vrees vir jou omstandighede nie…  God het jou ONEINDIG baie lief, en HY sal sorg vir die doodloopstrate om paaie te raak, wanneer jy dit die MINSTE verwag…  Hy sal deure vir jou oopmaak wat GEEN mens sal kan toemaak nie, en Hy sal vir jou beskerm sodat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie…  Leef.elke.oomblik!
 
Blessings!
 
Anelli xx

Friday 20 June 2014

Winterwarmte reelings vir more

Haloe julle!

Ekt nog geen terugvoer ontvang oor iemand wat my gaan ontmoet more nie.  Net 'n paar mense het laat weet hulle gaan dit nie maak nie.  Laat weet my groot asb.

Half 12 by Tygervallei (voor Woolies) en half 3 by Canal Walk (voor Woolies bo).

Lekker dag!

Blessings!

anel

“The most beautiful people we have known are those who have known defeat, known suffering, known struggle, known loss, and have found their way out of the depths…. These persons have an appreciation, a sensitivity and an understanding of life that fills them with compassion, gentleness, and a deep loving concern… Beautiful people do not just happen…” ~ Elisabeth Kühler-Ross

Haloes! J

“The most beautiful people we have known are those who have known defeat, known suffering, known struggle, known loss, and have found their way out of the depths….  These persons have an appreciation, a sensitivity and an understanding of life that fills them with compassion, gentleness, and a deep loving concern…  Beautiful people do not just happen…” ~ Elisabeth Kühler-Ross

Habakkuk 3:19

“The Sovereign LORD is my strength; he makes my feet like the feet of a deer, he enables me to go on the heights…”

Psalm 28:7-8

“The LORD is my strength and my shield; my heart trusts in him, and I am helped. My heart leaps for joy and I will give thanks to him in song.  The LORD is the strength of his people, a fortress of salvation for his anointed one…”

“Sometimes, rock-bottom is the perfect place to rebuild…” ~ Unknown

“In the end, some of your greatest pain become your greatest strength…” ~ Unknown

As ek vir jou vandag vra – wat is die GROOTSTE uitdaging wat jy al moes deurmaak, dink ek dat baie van julle nie net een geleentheid sal kan uitsonder nie…  Daar is baie van ons wat DAAGLIKSE battles moet fight…  Maar as ek ook vir jou vra – beskryf vir my HOE jou situasie was waardeur jy moes gaan, sal die situasie van waar jy NOU is, en die situasie waar jy TOE was, twee verskillende prentjies wees…  Wanneer jy IN die hartjie van die swaarkry, uitdagings, pyn en hartseer is – is mens se uitkyk baie keer so dat jy NET die probleem sien, en dat die “probleem” gewoonlik die prentjie baie donker maak…  Wanneer mens die swaarkry, pyn en seer “oorwin” het, onthou mens gewoonlik nie HOE erg dit was toe jy deur die uitdaging moes werk nie…  Mens onthou MEESTE van die tyd, die GOEIE uit die swaarkry J

Ek onthou hoe ek op skool vriendinne geraak het met iemand wat op daardie stadium deur ‘n baie moeilike tyd gegaan het as gevolg van siekte in haar familie…  Ek het op daardie stadium deur presies dieselfde gegaan, en dis asof die Here ons twee uitgekies het om oor mekaar se lewenspaaie te kom…  Want beide van ons het dieselfde vrae gehad, met soortgelyke situasies gestoei en mense wat nog nie deur “moeiliker” tye was nie, sou nie kon verstaan hoe ons voel ens nie…  EK glo dat God BAIE keer sekere uitdagings oor ons paaie bring, sodat ons kan “compassion” hê vir ons medemens…  Jy gaan net kan “compassion” hê, wanneer jy kan assosieer met die moeilike tye wat jou vriende, of familie moet deurmaak…  Een van my vriendinne het dit ook so goed opgesom – “ons bou karakter” wanneer ons deur moeilike tye gaan…  Probleem is net, dat mens baie keer voel dat jy nou ‘n bietjie wil BREAK van karakterbou en net ‘n “normale” patch bietjie leef…  MAAR, ek glo dat die uitdagings wat ons face, wat ons sterker mense maak, help ons weer om te “persevere” wanneer dinge nie altyd maklik wil gebeur of kom nie…  WAAR jy jou ookal vandag bevind, WEET dat God jou oneindig liefhet…  Dat niks oor jou pad sal kom, wat jy nie deur God se liefde, en genade sal kan hanteer nie…  Hy sal ‘n PAD maak, waar jy net stof sien…  NIKS, maar NIKS is vir ons hemelse Pappa onmoontlik nie…  Wees ‘n baanbreker vir God…  Fight jou battles met alles wat in jou is – God sal sorg vir die uitklophou!

Blessings!

Anel xx


Wednesday 18 June 2014

“Strength does not come from what you can do… It comes from overcoming the things you once thought you couldn't…” ~ Rikki Rogers

Haloes! J

“Strength does not come from what you can do…  It comes from overcoming the things you once thought you couldn't…” ~ Rikki Rogers

Ephesians 6:10

"Finally, be strong in the Lord and in the strength of his might."

2 Samuel 22:40

"For you equipped me with strength for the battle; you made those who rise against me sink under me."

“The pain you feel today, is the strength you will feel tomorrow…  For every challenge encountered, is an opportunity for growth…” ~ Unknown

“Strength of character isn’t about how much you can handle before you break…  It’s about how much you can handle, after you’ve broken…” ~ Unknown

Ek’t vandag ‘n vraag vir jou…  “When was the last time you did something for the first time?”  Ek en ‘n vriendin het nou die dag gepraat oor hoe vreemd dit is hoe “vreesloos” mens op skool of Universiteit was, en hoe maklik mens sou “game” wees om nuwe uitdagings – hoe vreesaanjaend ookal, aan te pak…  As ek na klein kindertjies ook kyk – hulle is “ondersoekend” en sal enige iets aanpak (soos bv ‘n vreemde legkaart, of nuwe speletjies) sonder om daaroor te moet dink…  Hulle sal ander / nuwe “maatjies” ook onmiddellik onvoorwaardelik aanvaar… Hoe ouer mens word, hoe meer voel dit raak ons “overthinkers”…  Ons moet omtrent die uitdaging of LEWE uitgepluis hê, met al die moontlike antwoorde in plek, voordat ons die uitdaging sal oorweeg…

‘n Uitdaging vir elkeen van ons is om op te hou om alles te “overthink” en vir ‘n slag net te LEEF…  Vat die lewe DAG vir DAG, in plaas van om “maande vooruit” alles in plek te probeer hê…  Meeste goed waaroor mens bekommerd is, gebeur 90% van die tyd nie – en die tyd wat jy dan spandeer om daaroor te “worry” word dan in elkgeval vermors…  Ek dink as elkeen van ons te bang sou wees om sekere dinge te “attempt” omdat ons bang was dat ons dit nie sou kon doen nie – sal daar baie min “gebeur”…  Mens sal nie weet tot wat jy in staat is, totdat jy probeer nie…  En ek glo, uit die diepte van my hart, dat God sekere idees of drome in jou hart sit…  Wanneer jy daaroor gebid het, en Hy dit op ‘n wonderbaarlike manier bevestig, soos net God kan doen – moet ons nie bang wees om ons hande “vuil te maak” en voluit te gaan vir dit was ons wil hê of wil doen nie…  As jy nie probeer nie, sal jy nooit weet nie…  Of dit nou met geleenthede is, vriendskappe, nuwe avonture, nuwe liefdes, nuwe beginne, of sommer net om jou “limits” te push en in die hande van ‘n “Unlimited” God te sit, wil ek jou UITDAAG…  Doen weer IETS vir die EERSTE keer…  Verbreed jou horisonne, en stap saam met God…  HY sal jou nie teleurstel nie…  “If God brings you to it, He WILL get you through it…”

Blessings!


Anel xx 

winterwarmte update...


Haloe julle!
 
Baie mense het gevra vir 'n update oor die projek...
 
Soos julle weet, is ons hard aan die woeker om truie, windbreakers en skoene in te samel vir Range Primer in Matroosfontein.  Op hierdie stadium kan ons vir elke kind 'n trui, sokkies en windbreaker aanskaf, en op die stadium kan ons vir 20 van die 263 skoene ook koop.  Ons gaan ons bes doen om aan te hou woeker, sodat ons vir elke kind 'n paar skoene ook kan aanskaf.
 
Ek wil vir elkeen van julle wat sover bygedra het, ONGELOOFLIK baie dankie se!  Sonder julle sou ons nie so 'n groot wonderwerk kan waar maak nie.  Ek wil ook vra, dat indien julle weet van mense wat nog sou wou bydrae, dat julle groot asb die epos sal aanstuur.
 
Vir die wat die bankdetails gevra het:
 
Bank details:
 
A Hugo
Investec bank
Rek nr: 10011253677
Branch: 580105
Cheque
Reference: Jou naam en #Winterwarmte
 
BELANGRIK:  As jy my al voorheen laat weet het jy samel geld in, en sal dit op 'n later stadium vir my oorbetaal, wil ek vra dat jy my net min of meer 'n aanduiding gee waar ons staan.  Sodat ek weet HOE ver ons van ons target af is.
 
DAN:  Die naweek sal ek by Tygervallei wees om 11:30 om truie op te tel (voor WOOLIES), en daar sal nog 'n geleentheid wees, 14:30 by Canal Walk (BO voor WOOLIES).
 
Laat weet my asb as jy daar gaan wees, sodat ek weet vir wie ek wag.
 
Mag julle 'n SUPER geseende daggie he!
 
blessings!
 
anel

Tuesday 17 June 2014

“Giving up does not mean that you are weak… Sometimes it means that you are strong enough to let go…” ~ Unknown

Haloes! J

“Giving up does not mean that you are weak…  Sometimes it means that you are strong enough to let go…” ~ Unknown

Deuteronomy 31:6

"Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the Lord your God who goes with you. He will not leave you or forsake you."

Exodus 15:2

"The Lord is my strength and my song, and he has become my salvation; this is my God, and I will praise him, my father's God, and I will exalt him."

“Strength shows not only the ability to persist, but the ability to start over…” ~ Unknown

“Cowards never start…  The weak never finish…  Winners never quit…” ~ Unknown

Was daar al iets wat jy SO graag wou gehad het, waarvoor jy gebid het, maar waarvoor die deure net toe gebly het??  Partykeer maak die deure wat “toe bly” dat mens harder bid, en harder veg daarvoor, want “wat as” dit die pad was wat ek eintlik moes stap?  Miskien het jy al soos ek gedink - Miskien word my “uithouvermoë” net getoets??  As ek aan voorbeelde van sulke situasies in my eie lewe dink en terugkyk op al die “toe deure”, was baie van daardie onbeantwoorde gebede, situasies waar God my beskerm het teen seerkry…  OF dit was situasies waar God vir my iets beter bestem het – gewoonlik wanneer ek dit die minste verwag het – en op ‘n tyd wat glad nie MY tyd was nie…

Die “letting go” waarna die aanhaling hierbo verwys, beteken nie vir MY “to give UP” nie…  Dit beteken vir my om “to let go” dit waaraan EK vashou – “MY WIL, MY TYD” en om my fokus, my hoop en my lewe in te stel op dit wat God vir my wil hê…  Om my hand in Sy hand te sit, en om te bid vir Sy wysheid, Sy leiding, liefde, genade en HOOP in my lewe…  ‘n Stukkie wat my ALTYD bybly oor wysheid, en waarheen ek altyd terugverwys as ek nie weet wat om te doen nie, is die volgende:  James 1:2-5: Consider it pure joy, my brothers and sisters, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith produces perseverance.  Let perseverance finish its workso that you may be mature and complete, not lacking anything. If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you.”  Want kom ons face dit – die lewe en sy keuses, is MOEILIK…  Ek is seker almal van ons sal graag wil hê dat ons “die antwoorde” moet hê voordat ons die uitdagings moet aanpak…  Ons sal wil weet dat die dinge gaan uitwerk, en dat ons nie sal hoef te worry nie – sodat ons die risiko’s of uitdagings met groter vrymoedigheid en selfvertroue sal kan aanpak…  Maar hoe BORING, sou die lewe nie gewees het as ons reeds al die antwoorde gehad het nie…  Moenie te bang wees om te “let go” van die dinge waaraan jy so vashou nie…  Dis al hoe jy sal kan ontvang wat God vir jou het – wanneer jou hande oop is om te kan ontvang…  God het die BESTE vir jou – vertrou, glo, en hoop en maak jou hande oop sodat jy Sy blessings kan aangryp!

Blessings!


Anel xx

Monday 16 June 2014

“The struggle you are in today, will develop the strength you need for tomorrow…” ~ Unknown

Haloes! J

“The struggle you are in today, will develop the strength you need for tomorrow…” ~ Unknown

Matthew 19:26

“With God, all things are possible…”

Isaiah 40:28-31  

“Have you not known? Have you not heard? The LORD is the everlasting God,   the Creator of the ends of the earth. He does not faint or grow weary; his understanding is unsearchable. He gives power to the faint,   and to him who has no might he increases strength. Even youths shall faint and be weary, and young men shall fall exhausted; but they who wait for the LORD shall renew their strength;   they shall mount up with wings like eagles; they shall run and not be weary;   they shall walk and not faint…”

“Life.*

*Available for a limited time only. Limit one (1) per person. Subject to change without notice…  Provided “as is” and without any warranties. Nontransferable and is the sole responsibility of the recipient. May incur damages arising from use or misuse. Additional parts sold separately. Your mileage may vary. Subject to all applicable fees and taxes. Terms and conditions apply. Other restrictions apply…” ~ Unknown

“Past tears are present strength…” ~ George MacDonald

LIFE…  Hoe waar is die aanhaling hierbo nie?  Ek’t die naweek net weer besef hoe dinge soos wat jy dit ALTYD geken het, in ‘n oogwink kan verander…  Hoe dinge wat vir jou baie saakmaak, weggeneem kan word en oor hoe kort die lewe eintlik is…  Ons het geen waarborg dat “môre” daar gaan wees nie…  Dat ons, môre ons drome sal kan waarmaak of najaag nie…  Ek wil die aanhaling hierbo opbreek – “available for a limited time only, and 1 per person” – elkeen van ons is geseën met LEWE…  Maar ons is TYDELIK op hierdie aarde geplaas, en elkeen van ons het ons EIE lewe gekry…  Ons is nie gewaarborg dat dinge altyd sal wees soos ons dit graag sal wil hê nie…  Dit kan verander sonder enige waarskuwing…  Ons het ook GEEN waarborge nie…  Ons kan dit nie soos ‘n item wat ons gekoop het, “teruggee” sodra dit nie werk soos wat ons graag sou wou hê dit moet nie…  Ons mag dalk seerkry in die proses – wanneer ons opdraende ervaar of wanneer daar “curveballs” na ons kant toe kom…  En elkeen van ons se “mileage” verskil…  Ons kan dalk geseën wees met ‘n VOL lewe…  Een waar ons elke fase kan ervaar - van geboorte, tot wanneer ons op die ouetehuis se stoep land…  Ander, sal dalk ‘n korter tydlyn hê…  Maar EEN iets wat ELKEEN van ons kan doen, is “to make it count…” 

Om seker te maak dat elke liewe minuut wat ons geskenk word, dat ons dit sal gebruik om te LEWE…  Dat ons sal kanse vat sodat ons nooit sal sê – “ek is spyt dat ek nie…”  of “wat as ek maar…”  God wil hê dat jy die BESTE lewe ooit sal hê…  Dat jy elke geleentheid met twee hande sal aangryp, en nooit sal bang wees vir dit wat onbekend is nie – want jy het vir Hom aan jou sy…  HY is die EEN konstante – die een wat is, wat was en wat weer sal kom…  Die Een wat vir jou SO lief het, dat Hy Sy Enigste Seun gegee het om vir jou aan ‘n houtkruis te sterf, sodat jy nie verlore sal gaan nie, maar sodat jy eendag die Ewige Lewe sal kan hê…  Die jaar is halfpad…  Miskien het dit sover HEELTEMAL anders gegaan as wat jy ooit sou kon hoop of dink…  Miskien wens jy, dat jy kan “rewind” en kan oorbegin…  GOEIE nuus – JY KAN…  Maar ek wil jou uitdaag om nie ‘n halwe jaar te wag om 'n nuwe begin te maak en in die proses tyd te mors nie…  Begin sommer NOU…  Vandag…  EN maak seker dat “you make it count…”  God stap saam met jou, en Hy sal niks oor jou pad stuur wat jy nie in en deur Sy krag sal kan aanpak en hanteer nie…

Blessings!


anelli xx

Thursday 12 June 2014

"You can choose to live in the front row or the third row..." - Unknown

Haloes! :)

"You can choose to live in the front row or the third row..." - Unknown

Exodus 14:14

"The Lord will fight for you; you need only to be still.”

Joshua 24:15

"As for me and my house, we will serve the Lord..."

"The goal is not to live forever... The goal is to create something that will..." - Unknown

"Why complicate life?
Missing somebody?       ...call
Wanna meet up?            ...invite
Wanna be understood?  ...explain
Have questions?             ...ask
Don't like something?    ...say it
Like something?             ...state it
Want something?           ...ask for it
Love someone?              ...tell it

We just have one life... Keep it simple... - Unknown

Hierdie foto (aangeheg) was vir my absoluut priceless... Want hoe baie gaan mens, as jy die keuse het, kies om in die voorste ry van die rollercoaster in te klim? Mens sal gewoonlik eerder settle vir die "middelste" rye - want op daardie manier word jy nie eerste blootgestel aan die onbekende nie, en jy hoef ook nie die "aftershocks" van die onbekende veranderings te beleef soos jy sal moet as jy agter sit nie... Die lewe is KORT...  Dis iets wat ons gereeld se, maar ek dink nie ons begryp altyd die waarheid van die woorde nie...  Ons "overcomplicate" baie keer die eenvoudigste dinge...  Ons "overthink" alles, in plaas daarvan om die lewe net dag vir dag te vat, en om die geleenthede en spesiale tye wat ons kant toe kom te geniet...

Hierdie stukkie hierbo "why complicate life" dink ek is iets wat elkeen van ons vir onsself moet uitprint en iewers plak waar ons gereeld daaraan kan herinner word... Soos John Mayer se - "say what you need to say" - terwyl jy nog die kans het!!  Moenie uitmis op die blessings wat God vir jou lewe het, omdat jy bang is nie...  Moenie uitmis op die geleentheid om vir iemand te se dat jy hulle liefhet, of om vir mense dankie te se vir wat hulle vir jou beteken, omdat jy nie die eerste "move" wil maak nie... Jy is hier, NOU... Make sure to make it count!!! Ons weet nie hoeveel geleenthede oor ons pad sal kom nie - al waarvan ons seker kan wees is vandag...  Klim voor in die rollercoaster - God is in beheer van ALLES... Gryp elke geleentheid wat jou kant toe kom, Jesus sal elke tree saam met jou stap!!!  Volgens my is daar nie iets soos "toevallig" nie - dit staan nie verniet vir "toe val daar lig" nie... God is by jou - daar is geen limiet vandag op wat jy in en deur Sy krag sal kan aanpak nie...

Blessings!

Anel

Wednesday 11 June 2014

"A river cuts through a rock not because of its strength, but because of its persistence..." - Unknown

Haloes! J

"A river cuts through a rock not because of its strength, but because of its persistence..." - Unknown

Psalm 37:4-5

“Take delight in the Lord, and he will give you the desires of your heart.
Commit your way to the Lord; trust in him and he will do this..."

Luke 1:37

"For no word from God will ever fail.”

"The expert in anything was once a beginner..." - Unknown

"Don't confuse your path with your destination... Just because its stormy now, does not mean you are not heading for sunshine..." - Unknown

As ons kyk na iets soos die Grand Canyon of die "skyscrapers" van New York, Dubai en selfs Johannesburg en Kaapstad is daar een iets wat dit almal in gemeen het...  Dit het nie oornag verskyn nie...  Die Grand Canyon word gesien as een van die sewe wonders van die wereld... Ek dink julle sal met my saamstem dat die Here dit op 'n wonderbaarlike wyse geskep het... Dit het reeds 17 miljoen jaar gelede ontstaan vanwee die erosie wat veroorsaak is deur die Colorado rivier...  En die skyscrapers is ontwerp deur argitekte, waarna ingenieurs ingespan is om die geboue op te rig...

As jy nou aan iets soos die Grand Canyon of 'n amazing skyscraper kyk, is dit amper onmoontlik om te dink dat dit nooit daar was nie...  Ek dink ook as jy die taak opgele is om een van die ongelooflike skyscrapers te moet oprig, sal mens bietjie oorweldig voel indien jy nie die nodige opleiding het, of indien jy geen ervaring het oor HOE om dit te bou nie...  Dit sal baie maklik wees om jou te ontmoedig nog voordat jy die taak begin het...  Dis dieselfde met ons lewens...  Ons kyk baie keer na wat van ons verwag word om by die eindproduk uit te kom, en dan word ons moed gebreek nog voordat ons probeer het...  Die geheim wat ons moet probeer toepas, is om die "projek" of "die lewe" dag vir dag, uitdaging per uitdaging vat...  Kyk na wat jou volgende taak of uitdaging is, en fokus om dit afgehandel te kry... Baby steps - elke dag...  God is met elke tree saam met jou...  As jy hierdie approach volg, sal jy voor jy jou oë uitvee jou doelwit bereik...  Doen wat jy kan, met wat jy het...  Die geheim is dat jy net moet volhard...  Slow and steady will win the race...

Blessings! 


Anel xx

Tuesday 10 June 2014

"Sometimes good things fall apart so that better things can fall together..." - Marilyn Monroe


Haloes! J
 
"Sometimes good things fall apart so that better things can fall together..." - Marilyn Monroe
 
1 Corinthians 16:13-14
 
"Be on your guard; stand firm in the faith; be courageous; be strong. Do everything in love..."
 
Psalm18:2
 
“The Lord is my rock, my fortress and my deliverer; my God is my rock, in whom I take refuge, my shield and the horn of my salvation, my stronghold..."
 
"Note to self... Don't worry... If it is meant to happen, it will..." - Unknown
 
"Whenever you find yourself doubting of how far you can go, just remember how far you have come... Remember everything you have faced, all the battles you have won and all the fears you have overcome..." - Unknown
 
Good things come to those who WAIT...  Ek was die naweek by 'n troue waar dit die dominee se openingslyn was...  Hy't die voorbeeld gebruik van Jakob wat met Ragel wou trou... Laban (Ragel se pa) het vir hom gese dat hy met Ragel sal kan trou sodra hy wat Jakob is vir 7 jaar vir Laban gewerk het...  Die dag van die troue, nadat die huweliksbeloftes afgele is, en Jakob die sluier van sy bruid gelig het, het hy die verrassing van sy lewe gekry… Voor hom het Lea, Ragel se ouer suster gestaan... Jakob het met Laban gaan praat, en lang storie kort, het Laban vir Jakob belowe dat hy met Ragel kon trou, indien hy vir nog 7 jaar vir Laban sou werk.  14 jaar was Jakob "committed" om te werk vir die vrou wat Hy lief gehad het...
 
Hoe ongelooflik is dit nie - Jakob is 'n absolute voorbeeld van wat moontlik is om jou drome waar te maak, wanneer jy dit graag genoeg wil he...  Iets waarvan ek absoluut seker is, is dat dinge ALTYD uitwerk soos wat dit moet... God weet wat Hy vir ons bestem, en ekt al oor en oor gesien in my eie lewe en die van vriende, familie en kennisse, hoe God dinge net in plek laat val wanneer die tyd daarvoor reg is...  Al is dit hoe frustrerend, en al vat dit lank - weet dat God NOOIT laat is om Sy beloftes waar te maak vir jou lewe nie... Sommige kere is dit juis danksy deure wat toemaak, dat die REGTE deure oopmaak...  Vertrou net - God sal sorg!!!
 
Blessings!
 
Anel xx