Tuesday 10 March 2015

“Good timber does not grow with ease… The stronger the wind, the stronger the trees…” ~ Unknown

Haloes! J

“Good timber does not grow with ease…  The stronger the wind, the stronger the trees…” ~ Unknown

Colossians 3:23

“Whatever you do, do it enthusiastically, as something done for the Lord and not for men…”

1 Peter 5:6-7

“Humble yourselves, therefore, under the mighty hand of God, so that He may exalt you at the proper time, casting all your care on Him, because He cares about you…”

“Fill your life with experiences, not things… Have stories to tell not stuff to show…” ~ Unknown

“Be not afraid of greatness. Some are born great, some achieve greatness, and some have greatness thrust upon ‘em.” - William Shakespeare

Was jy al ooit uitgesluit uit jou huis of motor??  Ek dink nie daar is iets wat erger is, as jy PRESIES weet waar jy die sleutel gelos het, maar dat daar absoluut GEEN manier is om by daardie sleutel uit te kom nie :)  Dit het een dag met ons gebeur terwyl ons bure afgesien het…  My sussie het niksvermoedend by die huis uitgekom en die voordeur toegetrek, terwyl ons almal buite gestaan het sonder ‘n sleutel J  Ons het ALLES probeer, soveel bosse sleutels van bure gehad wat ons probeer pas het op ons agterhek en deur…  Wonder bo wonder was daar ‘n sleutel wat op ons agterdeur gepas het, waar ons toe met ‘n stok die agterhek- en deursleutel van die yskas af moes gelig kry!  Dit was pure geluk dat ons bure beskikbaar was om ons te help, en dat ons ander bure al so baie verhuis het, dat hulle bosse en bosse sleutels gehad het…  Indien daar nie ‘n sleutel was wat sou pas nie – is die enigste ander genade om die deur af te breek en dan uiteindelik ‘n nuwe slot op te sit…

Ek dink ons leef baie keer so…  Dat wanneer God te lank stil is na ons sin, breek ons as’t ware die deur oop wat so lank vir ons toe bly…  Partykeer is daar mos dinge wat ons WIL hê, wat net nie na ons kant toe kom nie…  Wanneer ons daardie deure afgebreek het, en uiteindelik die geleentheid kry, werk dinge nie altyd uit soos ons gehoop het nie…  Ons kom dalk agter dat dit nie eintlik is wat ons wou hê nie (ek dink byvoorbeeld aan verhoudings), en ons kry dalk in die proses so seer, dat dit eintlik beter sou wees as die deur net toegebly het…   Of dit wat soos ‘n geleentheid gelyk het, breek ons siel totaal en al en verander ons in mense wat ons nie wil wees nie…  God gee gewoonlik aan ons die krag om AL hierdie dinge te hanteer – hoe moeilik dit ook al is, en met TYD, genees Hy ons gebroke harte, siele en gee Hy weer aan ons nuwe hoop en moed vir dit wat voor ons lê…  Dus, al voel dit soms of God nie dinge wil laat gebeur wat jy SO graag wil hê nie – is dit gewoonlik omdat God vir jou iets SOVEEL beter het as wat jy OOIT vir jouself gedroom het!!!  Al wat Hy vra, is dat jy moet aanhou glo, aanhou bid en aanhou vertrou…  Hy SAL jou nie ‘n oomblik alleen los nie, en Hy het GROOT planne vir jou lewe!  Hy wil aan jou ‘n EXPECTED ENDING gee – hoop vir jou toekoms!!  As jy dalk tans met ‘n gebroke siel sit – gee die stukke oor in God se hande…  Want Hy SAL en KAN jou heelmaak…  Sodat jy met ‘n expectant hart kan uitsien na dit wat Hy vir jou beplan, en dat jy elke dag kan laat tel!!!  Dat jy sal LEWE en nie sal bestaan nie…  Dat jy nie sal vaskyk na die gebrokenheid van die wêreld nie, maar dat jy die OORVLOED, seën en liefde wat Hy vir jou het, elke dag sal raaksien…  Ons is waar ons is, deur GENADE…  Dis ALTYD te vroeg om moed op te gee!!!

Blessings!

Anel xx

 

 

 

 

No comments: