Wednesday 29 August 2012

Aandag: Gedagteki

Haloe Almal! :) (soos Anel sal se)

Vir die van julle wat nie weet nie - Anel het 'n operasie verlede Donderdag gehad.  Sy is tans nog besig om aan te sterk, en het haar bes gedoen om die gedagtekies tussendeur te skryf.  Gister was nie 'n baie goeie dag nie, dus die rede dat daar nie vandag een verskyn het nie . Die gedagteki sal so spoedig moontlik weer verskyn.

Sy sal elke gebed baie waardeer.

Geseende dag vir julle almal!

Groete,

Rounell Hugo

Monday 27 August 2012

Everything Will Be Ok In The End, and If Not, It's Not the End… ~ Anonymous


haloes! :)

Everything Will Be Ok In The End, and If Not, It's Not the End…  ~  Anonymous

Genesis  45:5-8; 50:18-20

"Maar julle moet nou nie sleg voel of bang wees omdat julle my verkoop het nie, want God het my voor julle uitgestuur om lewens te red...  Dit is nou maar die tweede jaar van hongersnood in die land.  Daar lê nog vyf jaar voor waarin daar nie geploeg of geoes sal word nie...  God het my voor julle uitgestuur om vir julle 'n oorblyfsel in hierdie land te laat oorbly, om julle aan die lewe te hou en sodat baie aan die dood sal omkom.  Dis nie julle wat my hierheen gestuur het nie, maar God...  Daarna het die broers na Josef toe gegaan en voor hom op hulle knieë geval en gesê:  'Hier is ons voor u.  Ons is u slawe...' Maar Josef het hulle geantwoord:  "Moenie bang wees nie.  Ek is nie God nie.  Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen...  Hy het gesorg dat 'n groot volk nou in die lewe gebly het..."

Hebrews 13:5

"God has said : 'I will not in any way fail you, or give up on you or leave you without support.  I will not, I will not, I will not leave you helpless or forsake you, or let you down...  Assuredly not!"

"I think that headache after you cry is just to let you know you are still alive" ~ Anonymous

”Home run hitters strike out a lot” ~ Jackson, Reggie

Dis nie altyd maklik om 'n groter doel te sien in dinge wat gebeur in mens se lewens nie...   Ek is seker daarvan dat meeste van julle al ervaar het dat slegte dinge met goeie mense gebeur...  Vir Josef was dit geen uitsondering nie...  Hy is deur sy broers in 'n put gegooi en verkoop, omdat hulle jaloers was oor hul pa se liefde vir hom...  As 'n jong man, dink ek nie het Josef dadelik gedink daaraan dat hier 'n groter plan is met hierdie nie...  Ek dink as dit een van ons moes wees, sou ons teleurgesteld gewees het in my familie, en ek sou nogals alleen en uitgeworpe gevoel het... 

Josef kon egter totaal en al moed opgegee het die dag wat hy verkoop is, en maar die lewe sy gang laat gaan het...  Maar - hy het op God bly vertrou...  En Hy het gewag totdat God Sy beloftes vervul het in Sy lewe...  Hy het sy broers vergewe - alhoewel hulle hom met hartseer gevul het daardie een dag...  God het egter die hele negatiewe situasie gebruik om vir die hele nasie tot seën te wees... As Josef nie verkoop was nie, sou die hele nasie dan omgekom het van hongersnood?

Al voel jy miskien op hierdie oomblik - hier is GEEN manier dat daar 'n doel kan wees met wat op hierdie oomblik met my gebeur nie!  Wil ek vir jou sê - daar IS.  ALLES wat God toelaat in mens se lewens, of oor jou pad bring, IS daar 'n groter doel mee...  Partykeer is dit net 'n baie lang tyd wat ons moet wag om daardie doel te kan sien...  Josef kan vir ons vandag nog 'n voorbeeld wees in alles wat ons aanpak...  Wanneer jy weer moedeloos word oor dinge wat verkeerd gaan, of net nie die punt kan sien in alles wat met jou gebeur nie - rig net jou oë na bo en bid dat God aan jou die geduld sal gee om te wag by Sy beloftes...  En te GLO dat daardie groter doel wat God vir jou lewe het, uiteindelik tot GROOT seën in jou lewe sal lei...  Vertrou God, en wag op Hom...  En onthou hierdie aanhaling – alles sal op die ou ende uitwerk – soos God dit wil hê…  As dit nog nie uitgewerk het nie – is dit defnitief nog nie die einde nie…  God het MEER vir jou!

blessings!

anel**

Sunday 26 August 2012

“Life may not be the party we hoped for, but while we are here, we should dance…” ~ Unknown


Haloes! J

“Life may not be the party we hoped for, but while we are here, we should dance…” ~ Unknown

Romans 12:12 

“Rejoice in hope, be patient in tribulation, be constant in prayer…”

Romans 5:2-5

“Through him we have also obtained access by faith into this grace in which we stand, and we rejoice in hope of the glory of God. More than that, we rejoice in our sufferings, knowing that suffering produces endurance, and endurance produces character, and character produces hope, and hope does not put us to shame, because God’s love has been poured into our hearts through the Holy Spirit who has been given to us…”

“What is meant to be, will always find a way…”  ~ Unknown

“Be bold and courageous, when you look back on your life, you will regret the things you didn’t do, more than the things you did…” ~ Unknown

“It’s my party and I will cry if I want to…”  Ek onthou nog toe ek die liedjie die eerste keer gehoor het…  Ek was nog baie klein, en kon nie verstaan hoekom iemand dan sou wou huil op hul verjaarsdagpartytjie nie?!  Dis dan een van die lekkerste dae van die jaar – jou spesiale dag!  Die dag waarop God besluit het om aan jou die geskenk van LEWE te gee…  Die dag wat jy maar “king” of “queen” vir ‘n dag kan wees!  Tog, kan die partytjies of gebeurtenisse waarna mens soms die meeste uitsien, een van die grootste teleurstellings wees wanneer dinge nie uitwerk soos jy gehoop het nie…  As mens baie keer opgewonde is oor iets waarna jy uitsien, bou mens baie keer soveel verwagting, en jy plaas soveel hoop daarop, dat die teleurstelling net soveel groter is, wanneer dinge nie uitwerk nie soos jy gehoop het nie…

Die lewe werk dieselfde…  Ons verwagting, is dikwels ‘n refleksie van dit waaroor ons droom, oftewel, ons doelwitte vir ons lewe…  Ons mik vir die maan, en alhoewel ons dan nie altyd die maan haal nie, sien ons nie raak dat ons eintlik tussen die sterre opgeland het nie!  Hierdie anonieme aanhaling hierbo is vir my ongelooflik raakvat!  As iets bedoel is, en as dit binne God se wil is, SAL dit op ‘n manier uitwerk…  Ons sal nie hoef planne te bedink, of maniere te vind om dit te laat uitwerk nie… God sal dit sommer outomaties in plek laat val…  Ek dink dat ons so baie keer iets bitter graag wil hê – of dit nou ‘n spesifieke werk, verhouding, gesondheid, geld, oplossings vir probleme, trooster vir ons hartseer, hoop, of watookal is, dat ons vergeet van God, en aan elke moontlike oplossing, of “plan” om dinge te laat uitwerk dink, en vir God buite rekening laat…  Plaas daarvan dat ons, ons hoop op God vestig, bid en vertrou – plaas ons baie keer ons hoop op ons eie vermoëns…  Daar is ‘n liedjie wat Hillsong sing – “Our God is able, He will make a way, He has done great things…  Greater than all we know, far above all we hope, He has done great things…”  Ons moet dit net glo – en God sal dit so laat gebeur…  Al doen jy WATOOKAL, as iets nie in God se wil is om te gebeur nie, gaan niks wat jy doen dit laat gebeur, op ‘n suksesvolle manier nie…  Mens kry baie keer seer omdat jy iets probeer maak, waar daar niks is nie…  God weet wat Hy vir jou beplan…  Voorspoed en DEFNITIEF nie teëspoed nie (Jeremia 29:11)…  Die teëspoed is daar om jou te laat groei, en sterker te maak vir die seën wat op jou wag…  Laat God, wat magtiger is om enige iets te kan doen toe om vir jou te help, om dinge te laat uitwerk sodat dit vir jou tot ‘n seën kan wees, sodat jou voete sal wil dans, al is dit dalk nie die by die partytjie wat jy gedink het dit sal wees nie…

Blessings!

Anelli**

Wednesday 22 August 2012

“Bekommernis is om ‘n las te dra wat God ons nooit opgelê het nie...”~ Anoniem

Haloes! :)
“Bekommernis is om ‘n las te dra wat God ons nooit opgelê het nie...” ~ Anoniem
2 Korintiërs 4:17
“Ons swaarkry is op die oomblik gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan...”
Jesaja 33:2
“Wees ons genadig, Here, ons vestig ons hoop op U... Wees elke nuwe dag ons krag, ons redding in tyd van nood...”
“Ek dink nie aan die swaarkry nie, maar aan al die skoonheid wat nog oor is...” ~ Anne Frank
“Sê vir God dankie... Hy meet nie genade in teelepels af nie...” ~ Amy Carmichael
Hoe baie van ons, dra so swaar aan laste wat nie van God af kom nie? Dinge wat verby is, wat ons nie kan verwerk nie... Dinge wat nog kom, wat ons vul met bekommernis... Ons word partykeer so beroof van “die hede” omdat ons vasgevang is in dit wat verby is, of dit wat kom... Ons lewe gaan baie keer, “ongeleef” by ons verby, omdat ons in ‘n patroon van bekommernis vasgevang is. Sodra die een ding verby is wat ons so met onrus gevul het, kry ons iets nuuts in sy plek, om verder oor bekommerd te wees...

My ma vertel my die naweek weer van ‘n kursus wat sy gedoen het, jare gelede, waar die dominee Killian hulle uitgedaag het om op ‘n stuk papier “groot gebeurtenisse” wat in hul lewens plaasgevind het, te gaan neerskryf. Dis byvoorbeeld dinge waarmee jy gesukkel het, hartseer dinge, siekte dinge enige iets wat groot invloed of donker tye in jou lewe weerspieël het... Sy sê toe, dat wanneer jy die dinge begin neerskryf, kan mens sien hoe die dinge in ‘n patroon loop, van klein na groot... Iets wat jy dan uit al daardie dinge kan leer, is dat God ALTYD vir jou daar was... Dat Hy jou bygestaan en gedra het, deur die klein en die groot dinge...
Hy was van altyd af nog daar, en Hy het jou nie in die verlede in die steek gelaat nie... Hoekom sal ons dan bekommerd wees oor die toekoms? As jy dalk so 'n benoudheid oor jou het, wat jy net nie afgeskud kry nie, bid weer... Kry iemand om saam met jou te bid... Daar waar 2 of meer in God se naam is, daar is Hy... As ons dan WEET dat God ALTYD daar was – SAL HY mos steeds daar wees in die toekoms... Mag hierdie jou vul met rustigheid vir die nuwe dag... Mag jy elke dag onthou JOU PA LEEF... HY sal jou nie in die steek laat nie, jou NOOIT verlaat nie... En Sy genade vir jou is onmeetbaar...
Blessings!
anelli**
Die gedagteki vir die daggie sal ongelukkig nie Vrydag verskyn nie, vanwee die feit dat ek geen internet toegang gaan he nie. Ek bid dat julle 'n geseende week verder en naweek sal he!

Tuesday 21 August 2012

"Good and bad things are like left and right hands...They need to be there, cause both has purpose..."¬ Lee Downes (KFM radio)

Haloes! :)
"Good and bad things are like left and right hands... They need to be there, cause both has purpose..." ¬ Lee Downes (KFM radio)
Markus 4:40
"Toe sê Hy vir hulle: "Waarom is julle bang? Het julle dan nie geloof nie?"
Hebreërs 11:1
"Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie..."
"Geloof verwag van God, dit wat bo alle verwagting is..." ¬ Andrew Murray
"Dit is nie geloof wat ons angs wegneem of laat bedaar nie. God doen dit... Dis nie so maklik om nie soms spoke op te jaag nie... God verstaan dit beter as enigiemand anders... In ons angs is Hy naby ons en help Hy ons om andrs na die werklikheid te kyk..." ¬ Annes Nel
Hierdie aanhaling van Lee Downes was vir my 'n ongelooflike goeie opsomming van die lewe! Dit kan nie net altyd goed gaan nie - want dan sal ons nie groei nie, en ons sal ook nie weet tot wat ons alles in staat is, deur Hom wat ons krag gee nie... Elke ledemaat aan ons liggaam, dien 'n spesifieke doel, en gebruik ons om verskillende dagtake uit te voer... As jy wil weet hoe kosbaar 'n ledemaat is, probeer 'n hele paar take doen, sonder om een daarvan te gebruik -bv probeer met een hand klere uitkies, aantrek, koffie maak, motor bestuur ens ens... Ek dink dat die van julle wat al arms of bene gebreek het, presies weet waarvan ek praat op die oomblik! Jy is heeltyd afhanklik van iemand om jou te help...
Slegte dinge gebeur met goeie mense - dis 'n feit soos 'n koei... Maar dit veroorsaak weer dat ons na God toe draai om ons te ondersteun en te dra... Ons spandeer gewoonlik meer tyd MET God wanneer dinge verkeerd loop of wanneer die lewe ons oorweldig... God belowe om ons nooit te los nie... Al was ons HOE onttrou, en al het ons van Hom vergeet, of Hom uit ons lewe geskuif... Hy is ALTYD daar vir jou, solank jy terugkeer en jou sondes bely... Hy sal DAAR waar jy "gebrek" ly in jou lewe - soos bv om 'n taak sonder 'n ledemaat te probeer doen - SAL Hy daardie ledemaat vir jou wees... Wanneer slegte dinge gebeur, kan jy ook in die wete rustig wees - dat God jou nie 'n OOMBLIK sal verlaat nie, en dat Hy die dinge op die ou end ten goede sal laat meewerk... Daar is ALTYD 'n rede hoekom slegte dinge gebeur - al klink dit vir jou cliche, dis die waarheid... Die slegte dinge is daar om jou te "equip" vir die groot dinge wat God in jou lewe, of DEUR jou lewe wil doen...
Onthou - elke dag, is daar mense wat kyk na jou... Mense kyk hoe jy situasies hanteer, en wanneer jy deur die moeilike tye druk, en steeds bly vashou aan God, is jy vir hulle 'n voorbeeld en 'n inspirasie... So kan jy ook God se koninkryk versprei, deurdat jou LEWE 'n LEWENDE getuienis is... Deurdat jy vir mense sal WYS, dat MOEILIKHEID jou NIE sal onderkry nie... Maar dat dit jou net nader aan God sal bring... God sal getrou wees, en jy sal beloon word vir jou "vasbyt" en geloof... Hy het jou oneindig lief!!
blessings!
Anelli**

Monday 20 August 2012

“Wat ek ookal vandag doen is belangrik omdat ek ’n dag van my lewe daarvoor gee…”~ Anoniem

Haloes! :)
Wat ek ookal vandag doen is belangrik omdat ek ’n dag van my lewe daarvoor gee…” ~ Anoniem
Deuteronomy 31:6
“Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the LORD your God goes with you; he will never leave you nor forsake you.”
Zephaniah 3:17
“The LORD your God is with you, the Mighty Warrior who saves. He will take great delight in you; in his love he will no longer rebuke you, but will rejoice over you with singing.”
“Every day you are alive is a special occasion… Every minute, every breath, is a gift from God…” ~ Mary Manin Morrissey
“Begin doing what you want to do… We have only this moment, sparkling like a star in our hand, and melting like a snowflake…” ~Marie Ray
Nothing to live for? Is dit dalk hoe jy voel vandag? Miskien het daar soveel dinge verkeerd geloop die afgelope jaar, dat alles net soos een groot gemors voel… Elke dag is ’n herinnering daarvan, maar die kopseer van hoe om ’n oplossing te vind bly maar net ’n blur… Miskien het jy woorde gehad met mense wat ’n baie spesiale plek in jou lewe gehad het, en dat jy nie weet hoe om dit reg te stel nie, maar jy kan voel dat daar ’n leemte in jou hart en lewe is… Miskien is jou lewe nou al vir ’n tyd lank op “pause” omdat jy nie ’n kans wil vat, of omdat jy nie antwoorde op jou gebede kry nie, en nie weet wat om te doen, of watter rigting om in te slaan nie…
Ek wil jou vandag kom VERSEKER… Dis ALTYD te vroeg om moed op te gee! Selfs al voel dit vir jou of dit tevergeefs is, of dat jy nie meer kan nie – ons kan nie die verlede verander nie… Dinge wat gebeur het, het gebeur… Hoe ons vorentoe lewe, en daarop gaan reageer, gaan egter bepaal hoe die uitkoms van ons lewe gaan wees… As ek dink aan die Olimpiese Spele – die mees EPICste race tussen Chad le Clos en Michael Phelps – die 200m vlinderslag… Chad het ingegaan as die “underdog”, maar hy VOLUIT gegaan en het ongelooflike fight gewys… En naelskraap, het hy eerste die muur geraak…Ek kry nou nog hoendervleis as ek daaraan dink! Al voel jy vandag soos die “underdog”, al voel dit vir jou of niemand in jou glo of jy nie weet waar die volgende wonderwerk vandaan kan kom nie… Ek het gisteraand ’n aanhaling gehoor – “don’t quit before the miracle happened…” Laat Chad jou inspirasie wees… Al weet jy nie hoe nie, God weet… Hy sal jou die pad wys, en Hy sal die dinge laat uitwerk – BETYDS! Nie te laat nie, maar op die regte tyd… Jy moet net GLO en vertrou… Ek weet dit klink partykeer makliker as wat dit is, om te vertrou, maar as jy weer voel asof jy nie woorde het nie – sit vir jou ’n gospel cd aan, of lees net ’n stuk uit God se woord… Vra iemand om saam met jou te bid, want soos ons gister gesien het – waar 2 of meer oor iets saamstem – daar is God… En Hy sal vir jou sorg… Solank jy asem in jou longe het, is jy nog hier vir ’n rede, en wil God jou gebruik om ’n verskil te maak… Jac de Priester sing ’n liedjie “Êrens in die Klein-Karoo…” wat hy opgedra het aan Tannie Anna (‘n 99 jarige tannie), wat hom weer herinner het – elke dag is vir ons ’n geskenk, en nie een van ons weet wanneer ons lyntjie se einde getrek gaan word nie… Dis egter nie vir ons op te besluit om op te hou lewe, terwyl ons nog ’n GROOT verskil op hierdie aardbol kan maak nie… Selfs of eerder JUIS in die deurmekaargeid daarvan… God gebruik dikwels ons deurmekaargeid om duidelikheid en helderheid te kry… Ek bid dat God jou sal laat besef hoe kosbaar jy is, en HOE groot impak en verskil JY in die wereld kan maak! LEEF, jaag jou drome na! Sorg net dat jy ALLES wat jy aanpak, VOLUIT aanpak… God back jou –al voel jy soos die underdog J
Blessings!
Anelli**

Sunday 19 August 2012

“Many people pray as if God is a big aspirin pill; they come only when they hurt…” B. Graham Dienert

Haloes! J
“Many people pray as if God is a big aspirin pill; they come only when they hurt…” B. Graham Dienert
Matthew 18:19-20
"Again, I tell you that if two of you on earth agree about anything you ask for, it will be done for you by my Father in heaven. For where two or three come together in my name, there am I with them."
Philippians 4:6
Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God.
“Prayer may not change things for you, but it changes you for things…” ~ Samuel M. Shoemaker
“When we put our cares in His hands, He puts His peace in our hearts…” ~ Unknown
Ek weet nie wie van julle al vrot van die griep was nie? Of miskien het jy al gesit met ’n migraine vir dae, wat net nie wou weg gaan nie… As ’n mens nie die regte medikasie kry nie, is die kans baie goed dat jy nie gaan beter word nie… Wat die dokter gewoonlik vir siekwees sal voorskryf is: Baie rus, vloeistof, gesonde kos en die regte medikasie… As jy die dokter se raad gaan volg, is die kans baie goed dat jy vinnig weer op die been sal wees! Maar as jy nie gaan luister nie, in die koue buitentoe gaan, gemors-kos eet, en jouself aanhou uitput met bekommernisse en stress, gaan dit net SOVEEL langer vat om gesond te raak…
Baie keer sien ons, ons gebedslyn na God as ’n noodlyn, en nie ’n lewenslyn nie… Hierdie aanhaling was vir my SO ’n waarheid! Ons probeer baie keer so in beheer wees oor ons lewens… Ons hou probeer al die balle in die lug hou – jou werk, jou gesin, jou verhoudings, finansies, siekte, liefde, hartseer, pyn ens… Ons vergeet partykeer dat ons kan neerkniel en met God kan praat oor ALLES wat aan die gang is… Gewoonlik wanneer dinge goed gaan, vergeet ons om te bid… Maar wanneer die seer en pyn en stress oorneem in ons lewens, onthou ons dat God daar is, en baie keer is dit ons “laaste lyn”, wanneer ons nie meer moed het, of enige idee het waarheen volgende nie… God is jou LIFELINE… Hy gee jou die LEWE, ELKE oggend as ’n nuwe geskenk… Hy is jou PHONE a FRIEND enige tyd van die dag of nag… En Iemand op wie jy ALTYD EN VIR EWIG kan reken! Hy sal dinge laat uitwerk… Wanneer mens voel of die wêreld op jou skouers rus, en jy daarmee neerkniel, vul God jou baie keer met NUWE krag, en kom sit Hy daardie rustigheid in jou hart sodat jy met nuwe moed kan wakker word, en elke nuwe dag, met hernude krag, en nuwe “fight” kan aanvat… God is vir jou… Hy het jou “back”… Soos ’n dokter daagliks sy pasiënte ondersoek, en daar “dokter / pasiënt” vertroue is – so is God daagliks daar vir jou… Hy sal jou bekommernisse minder maak, jou laste van jou skouers af lig, en dit aan niemand oorvertel nie… Soos Psalm 23 sê: “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my… In U hande is ek veilig…”
Vertrou God – DAAGLIKS… Ek het al gevind dat as jy jou dag begin deur ’n gesprek met God, en Hom afsluit met Hom – ervaar jy Hom deurentyd… Jy vergeet dan nie HOEKOM jy EINTLIK hier is nie – selfs al gebeur daar dinge wat jy nie kan verstaan of verklaar nie… Die lewe moet ongelukkig vorentoe geleef word, maar agtertoe verstaan word… God het jou lief – Hy is jou LEWENSLYN… Elke dag!
Blessings!
Anelli**

Thursday 16 August 2012

“The journey of a thousand miles, begins with a single step… “ ~ Lao –Tzu


Haloes! J
“The journey of a thousand miles, begins with a single step… “ ~ Lao –Tzu
Psalm 91:11-12
“Hy sal Sy engele opdra gee om jou te beskerm waar jy ookal gaan… Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ’n klip sal stamp nie…”
Psalm 32:8
“Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg… Ek wil jou raad gee en My oog oor jou hou…”
“Doen wat nodig is, dan wat moontlik is, en voor jy jou kom kry – doen jy dit wat onmoontlik is…” ~ St Franciskus Van Assisi
“Neem ’n enkele tree in geloof… Jy hoef nie die al die trappe te kan sien nie, net die eerste een…” ~ Martin Luther King Jr
Om met vakansie te kan gaan, of ’n reis te onderneem is altyd lekker! Die afwagting en uitsien is baie keer een van die lekkerste dele, want jy kan beplan, en drome droom van hoe lekker dit gaan wees… Ek onthou een Kerk wat ek al besoek het – almal het vir my aangeraai dat dit een van die “must do” goed, is om die Kerk toring uit te klim, want die uitsig wat jy van bo-af oor die dorp sou hê, was glo ongelooflik! Ek het die toring gesien, en gedink – nie te erg nie… Tot ek daardie trappe begin klim het… Klein trappies – hele 350 OP en 350 af, sou ek later uitvindJ, in baie nou gangetjies (waarvan ek niks hou nie), en mense wat van beide kante af beweeg (op en af – so die spasie is nog nouer)… Maar, as jy in is, is jy in, en dan kan is daar nie plek vir omdraai nie… Ek het die trappies geklim, en die belonging was SOVEEL groter as die klim van die trappe! Die uitsig oor die dorpie, is iets wat ervaar moes word, en deurdat ek deurgedruk het, kon ek daardie beloning ERVAAR!
Baie keer in ons lewens, begin ons met ’n uitdaging sonder dat ons werklik weet wat op ons wag… Ek dink baie keer as mens in werklikheid geweet het wat ELKE dag op jou wag, sou jy dalk nie wou opstaan uit die bed nie… En wanneer mens binne in die uitdaging sit –is die enigste manier om uit dit te kom, om deur deur te druk… Solank jy net elke dag kyk na die hekkie wat voor jou in die pad is, en nie na die 100ena daardie een hekkie nie en rus in die wete dat God vir jou sal toerus om die uitdaging baas te raak – sal daar geen beperking wees op wat jy deur God se krag sal kan doen nie… Om ’n probleem op te los, moet jy die feite in die oë kyk, vir God onvoorwaardelik vertrou, bid en dit net hekkie vir hekkie vat… Partykeer is die oplossing heel eenvoudig, maar ons is so oorwerk, oorspanne, en bekommerd dat ons nie die antwoord sien waarna ons so soek nie… Jesus belowe in Sy Woord, dat Hy ons met nuwe krag sal kom vul – veral jy wat so moeg is van sukkel, moeg is om te probeer en net in die proses die hekkies bly omstamp… Isaiah 40:31: but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint.
Blessings!
Anelli**

Wednesday 15 August 2012

“Vier elke einde – dis die voorloper tot ’n nuwe begin…” ~ Jonathan Lockwood Huie

Haloes! J
“Vier elke einde – dis die voorloper tot ’n nuwe begin…” ~ Jonathan Lockwood Huie
Fillipense 3:13
“…Een ding doen ek… Ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is…”
Psalm 91:15
“Wanneer Hy my aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees… Ek sal Hom red en Hom in Sy eer herstel…”
“Die wonderlike reis wat vandag begin, is net moontlik wanneer ons bereid is om gister vaarwel te roep…” ~ Steve Maraboli
“Party mense kom en gaan in ons lewe… Sommiges bly net vir ’n wyle, laat hul spore in ons harte agter – en ons is nooit ooit weer dieselfde nie…” ~ Flavia Weedn
Eindes is nooit lekker nie… Vat maar jou gunsteling boek of fliek – terwyl jy die storie lees of fliek kyk, is dit asof jy kan ontsnap van die werklikheid, en jou inleef saam met die karakters… Wanneer daardie lekker ontspanningstyd verby is, is dit nooit lekker nie – as ons weer realiteit moet face… As jy van skool, werk, of huis verander, is dit gewoonlik nooit lekker om mense te groet saam met wie jy ’n pad gestap het nie… Partykeer het mense die vermoë om ongesiens in jou lewe in te kom, en diep in jou hart in te kruip… Dit maak seer om totsiens te sê... Dis moeilik, omdat ons nie weet wat vir ons anderkant die "einde" wag nie...
Verandering oor die algemeen is nie lekker nie, want dis ’n beweging uit ons comfortzone na die onbekende… Of dit nou iets is wat ons gekies het, miskien deur jou drome na te jaag en nuwe uitdagings te aanvaar of miskien is jy deur omstandighede geforseer om te verander of is jou lewe sommer op sy kop gedraai deur hoe ’n situasie uitgewerk het… Die onbekende is nie lekker nie, want dis onseker… En onsekerheid is soos die donker… Dit kan mens oneindig bang maak, omdat jy nie kan sien wat voor jou lê nie… Gister se dagstukkie se aanhaling pas hierby aan – moenie bang wees om ’n onsekere toekoms aan ’n bekende God toe te vertrou nie (Corrie Ten Boom)… Wat doen jy as ’n kind bang is vir die donker? Jy skakel ’n lig aan natuurlik… Al daardie monsters, en bangmaakgoed, verdwyn dan in die niet, omdat die kind kan sien – daar is NIKS wat jou kan seermaak nie… Miskien is jy tans vasgevang in so ’n bangmaak situasie… Dinge lyk dalk onseker, en jy weet nie meer watter kant toe nie… Orals waar jy kyk is dalk net doodloopstrate… Ek wil jou vandag VERSEKER… Dis slegs ‘n “detour” waar jy jouself vanoggend bevind… Dit lyk dalk vir jou soos die einde, maar ek belowe jou, dis God se manier om ’n NUWE begin vir jou te bewerkstellig! Een van oneindige seën, en geluk… Dit mag dalk vir jou voel asof ek ABSOLUTE snert praat nou – want ek weet nie waardeur jy gaan nie, en ek ken nie die onmoontlikheid van wat jy tans deurmaak nie… Dit mag dalk waar wees, maar ek ken jou God… En ek WEET, dat Hy sy kinders NIKS gee wat hulle nie deur Sy genade kan hanteer nie… Dis nie breekpunt nie, maar groeipunt… God gaan uitkoms bring, en gou ook! Wanneer die donker onbekende ons lam laat met vrees, kan ons die LIG aansit, deur ons te draai na God se woord… BID tot God - die lyn is beskikbaar 24/7 en lees jou Bybel dat God jou kan kom vernuwe met nuwe krag, en hoop vir die dag van more… God sal jou gebede beantwoord, en Hy hoor jou – al voel dit nie so nie… Ek weet nie hoekom slegte dinge met goeie mense gebeur nie, maar ek weet – God is in beheer, en Hy SAL jou beskerm, en HEEL anderkant uitkry…
Blessings!
anelli**

Tuesday 14 August 2012

“Never be afraid to trust an unknown future to a known God.” ― Corrie Ten Boom

Haloes J
“Never be afraid to trust an unknown future to a known God.” ― Corrie Ten Boom
Psalm 118: 8
It is better to trust and take refuge in the Lord than to put confidence in man…
Jeremiah 17: 7
[Most] blessed is the man who believes in, trusts in, and relies on the Lord, and whose hope and confidence the Lord is…
“Lots of people want to ride with you in the limo, but what you want is someone who will take the bus with you when the limo breaks down…” ~ Oprah Winfrey
“The best proof of love is trust.” ~ Dr. Joyce Brothers
As ek vandag ‘n pragtige GROOT glas blompot aan jou geskenk gee, en ek sê – dis vir jou om te geniet! Sit pragtige blomme in jou huis, sodat jy altyd herinner kan word daaraan dat jy vir my kosbaar is, en dat God vir jou lief is! Jy kan sy grootheid sien in die blomme – elkeen uniek, mooi op sy eie manier, en elkeen geskape deur GROOT liefde van God… As iemand dan by jou kom kuier en die blompot van die tafel afstamp, en die glas in 1000e stukke breek – beteken dit dan dat jy niks meer vir my beteken en dat God jou nie liefhet nie? Verseker nie! Die blompot kan dalk weer heelgemaak word, met baie moeite, en sal seker nooit weer dieselfde lyk nie, maar hy sal karakter hê… Iets wat hom uniek maak… Die lewe is dieselfde… Baie keer gebeur daar dinge wat ons vertroue in mense SHATTER… Ek dink almal van ons het dit al ervaar om iets aan iemand te vertel in vertroue, wat dan op ’n manier uitlek… Jy het dalk iemand vertrou deur iets te vertel wat jou baie na aan die hart lê, en daardie persoon het gegaan en dit aan ander mense vertel… Miskien het jy baie gehou van iemand, en iemand wat jy vertrou het, het dan gegaan en jou kanse bederf deur dit aan daardie persoon te vertel… Miskien wou jy van jou werk bedank, omdat daar ’n ander moontlikheid was, en die persoon wat jy vertel het, het dit uitgeblaker, voordat die ander kans uitgewerk het… Miskien ervaar jy probleme in jou verhouding, of huwelik., en die persoon aan wie jy jou hart bietjie oopgemaak het, het jou storie vir die wêreld gaan vertel… Miskien het jy gehoor dat jy siek is, en daardie een persoon op wie jy staatgemaak het om daar te wees, was net nie…
Hierdie is maar net enkele voorbeelde… Wanneer dit kom by vertroue, is daar net EEN persoon wat ons met VOLLE sekerheid kan vertrou… God… Hy sal jou NOOIT in die steek laat nie… Hy sal jou nie seermaak wanneer jy Hom in vertroue neem nie… Hy sal ’n veilige vesting wees wanneer jou lewe op sy kop gedraai word… Hy sal vir jou uitkoms bring wanneer jy dit nodig het en Hy sal jou voorsien van wysheid wanneer jy Hom vra… Hy is NOOIT te besig vir jou nie, en jy kan met Hom gesels ENIGE tyd van die dag of nag… Selfs wanneer jy in die middel van die nag wakker word en nie kan slaap nie, of nagmerries het – Hy is ALTYD wakker, en altyd reg om te luister… Dinge mag dalk vanoggend vir jou soos ‘n “geshatterde” blompot voel… Oor die hele plek gestrooi, deurmekaar, stukkend… Jy mag dalk nie weet hoe om die dag of res van die jaar tegemoet te gaan nie, want maak nie saak waar jy kyk nie, lê gebreekte glas. Begin by ’n kant, en vat dit DAG vir DAG… Stukkie vir stukkie… God is by jou om die stukke op te tel, en die “blompot” weer aanmekaar te sit… Hy sal jou ook instaat stel om te vergewe... Vergifnis is die eerste tree na heelword... Ek weet dis moeilik, en ons is mense, maar deur God se GROOT krag en genade, sal HY ons in staat stel om mense wat ons vertroue gebreek het, te kan vertrou... Hy sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie…
Blessings!
Anelli**

“Never be afraid to trust an unknown future to a known God.” ― Corrie Ten Boom

Haloes J
“Never be afraid to trust an unknown future to a known God.” ― Corrie Ten Boom
Psalm 118: 8
It is better to trust and take refuge in the Lord than to put confidence in man…
Jeremiah 17: 7
[Most] blessed is the man who believes in, trusts in, and relies on the Lord, and whose hope and confidence the Lord is…
“Lots of people want to ride with you in the limo, but what you want is someone who will take the bus with you when the limo breaks down…” ~ Oprah Winfrey
“The best proof of love is trust.” ~ Dr. Joyce Brothers
As ek vandag ‘n pragtige GROOT glas blompot aan jou geskenk gee, en ek sê – dis vir jou om te geniet! Sit pragtige blomme in jou huis, sodat jy altyd herinner kan word daaraan dat jy vir my kosbaar is, en dat God vir jou lief is! Jy kan sy grootheid sien in die blomme – elkeen uniek, mooi op sy eie manier, en elkeen geskape deur GROOT liefde van God… As iemand dan by jou kom kuier en die blompot van die tafel afstamp, en die glas in 1000e stukke breek – beteken dit dan dat jy niks meer vir my beteken en dat God jou nie liefhet nie? Verseker nie! Die blompot kan dalk weer heelgemaak word, met baie moeite, en sal seker nooit weer dieselfde lyk nie, maar hy sal karakter hê… Iets wat hom uniek maak… Die lewe is dieselfde… Baie keer gebeur daar dinge wat ons vertroue in mense SHATTER… Ek dink almal van ons het dit al ervaar om iets aan iemand te vertel in vertroue, wat dan op ’n manier uitlek… Jy het dalk iemand vertrou deur iets te vertel wat jou baie na aan die hart lê, en daardie persoon het gegaan en dit aan ander mense vertel… Miskien het jy baie gehou van iemand, en iemand wat jy vertrou het, het dan gegaan en jou kanse bederf deur dit aan daardie persoon te vertel… Miskien wou jy van jou werk bedank, omdat daar ’n ander moontlikheid was, en die persoon wat jy vertel het, het dit uitgeblaker, voordat die ander kans uitgewerk het… Miskien ervaar jy probleme in jou verhouding, of huwelik., en die persoon aan wie jy jou hart bietjie oopgemaak het, het jou storie vir die wêreld gaan vertel… Miskien het jy gehoor dat jy siek is, en daardie een persoon op wie jy staatgemaak het om daar te wees, was net nie…
Hierdie is maar net enkele voorbeelde… Wanneer dit kom by vertroue, is daar net EEN persoon wat ons met VOLLE sekerheid kan vertrou… God… Hy sal jou NOOIT in die steek laat nie… Hy sal jou nie seermaak wanneer jy Hom in vertroue neem nie… Hy sal ’n veilige vesting wees wanneer jou lewe op sy kop gedraai word… Hy sal vir jou uitkoms bring wanneer jy dit nodig het en Hy sal jou voorsien van wysheid wanneer jy Hom vra… Hy is NOOIT te besig vir jou nie, en jy kan met Hom gesels ENIGE tyd van die dag of nag… Selfs wanneer jy in die middel van die nag wakker word en nie kan slaap nie, of nagmerries het – Hy is ALTYD wakker, en altyd reg om te luister… Dinge mag dalk vanoggend vir jou soos ‘n “geshatterde” blompot voel… Oor die hele plek gestrooi, deurmekaar, stukkend… Jy mag dalk nie weet hoe om die dag of res van die jaar tegemoet te gaan nie, want maak nie saak waar jy kyk nie, lê gebreekte glas. Begin by ’n kant, en vat dit DAG vir DAG… Stukkie vir stukkie… God is by jou om die stukke op te tel, en die “blompot” weer aanmekaar te sit… Hy sal jou ook instaat stel om te vergewe... Vergifnis is die eerste tree na heelword... Ek weet dis moeilik, en ons is mense, maar deur God se GROOT krag en genade, sal HY ons in staat stel om mense wat ons vertroue gebreek het, te kan vertrou... Hy sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie…
Blessings!
Anelli**

Monday 13 August 2012

“It’s our faith that activates the power of God.” – Joel Osteen

Haloes! :)
“It’s our faith that activates the power of God.” – Joel Osteen
2 Chronicles 20:17
But you will not need to fight! Take your places; stand quietly and see the incredible rescue operation God will perform for you, Oh people of Judah and Jerusalem! Don't be afraid or discouraged! Go out there tomorrow, for the Lord is with you!
Habakkuk 2:1,3
I will climb my watchtower now, and wait to see what answer God will give to my complaint. But these things I plan won't happen right away. Slowly, steadily, surely, the time approaches when the vision will be fulfilled. If it seems slow, do not despair, for these things will surely come to pass. Just be patient! They will not be overdue a single day!
But you didn't... by Merrill Glass
Remember the day I borrowed your brand new car and dented it? I thought you'd kill me, but you didn't.
And remember the time I dragged you to the beach, and you said it would rain, and it did? I thought you'd say, "I told you so." But you didn't.
Do you remember the time I flirted with all the guys to make you jealous, and you were? I thought you'd leave, but you didn't.
Do you remember the time I spilled strawberry pie all over your car rug? I thought you'd hit me, but you didn't.
And remember the time I forgot to tell you the dance was formal and you showed up in jeans? I thought you'd drop me, but you didn't. Yes, there were lots of things you didn't do. But you put up with me, and loved me, and protected me.
There were lots of things I wanted to make up to you when you returned from Vietnam.
But you didn't.
Voel jy baie keer te bang om jou opinie te lewer, of om jou stempel af te druk, want “wat sal die mense sê?” Of voel jy bang om te wees wie jy werklik is (soos wanneer net jy en God bymekaar is), want wat as niemand van my hou nie? Wat as ek nooit werk kry gebasseer op my persoonlikheid, of goed is in sport, of nooit daardie “een” kry om my lewe mee te deel nie? Wat as niemand my kies nie?? Ek het die naweek ’n aanhaling gelees wat vir my baie sin maak - “The unhappiest people in this world, are those who care the most about what other people think.” ― C. JoyBell C.
Om aanvaar te word, en onvoorwaardelik lief te hê, of liefgehê te word, moet jy NET jouself wees… Ek weet ons leef in ’n wêreld waar die teendeel baie keer die EINTLIKE waarheid is… Status, geld, populariteit, wie jy ken ens, definieer baie keer hoe jy aanvaar word deur mense… God het jou op ‘n unieke wyse beplan, en geskape, en jy is nie per toeval soos jy is nie… Jy is KOSBAAR… Indien jy aan jouself moet verander om aanvaar te word, of om iemand se liefde te ontvang, is die ander persoon, of persone, NIE DIE MOEITE WERD NIE! Jesus het jou ONVOORWAARDELIK lief, NES jy is… En Jesus wil hê dat jy jou omring deur mense wat jou aanvaar en liefhet, NES jy is… Moenie tyd mors op mense wat jou seermaak nie - mens moet vriendelik met almal wees, maar hou jou vriendskap duur... Hy het vir ELKE persoon ook iemand uitgesit, wat jou SAL liefhê – nes jy is… AS jy hierdie gedig hierbo lees –dit getuig van iemand wat geweet het wat onvoorwaardelike liefde is… Selfs al het die persoon kwaad geword, het dit nie sy liefde vir die vrou weggeneem nie… Dis soos wat God ook is – al breek ons sy hart, met dinge wat ons verkeerd doen, Sy liefde vir ons sal NOOIT vergaan nie… Hy is bereid om ons te vergewe – 70x7 keer, mits on berou het en die dinge bely wat ons verkeerd doen… Hy het immers vir ons aan 'n Kruis gesterf om ons sondes alles uit te vee... Hy sal vir jou veg – soos in ’n sprokie, waar’n ridder vir die prinses veg… Jy hoef nie bang te wees nie… Jy hoef NIKS te FEAR nie, want God is groter… Mense wat jou nie werd is nie, is die wat jou gewoonlik judge, en “not worthy” laat voel… Baie keer, is dit ’n uitroep van hulle eie “insecurity”… My pa het al baie vir my gesê – as mense oor jou praat, moet jy eintlik goed voel, want jy is dan belangrik genoeg vir hulle om hul tyd op te spandeer… Moenie dat MENSE jou onderkry nie… Jy is ’n KONINGSKIND! Dit gee jou ‘n “edge” in die lewe, wat min ander mense het!
Blessings!
Anelli**

Sunday 12 August 2012

“There are only two options regarding commitment. You’re either in or out. There’s no such thing as a life in-between…” - Pat Riley

Haloes! J
“There are only two options regarding commitment. You’re either in or out. There’s no such thing as a life in-between…” - Pat Riley
Psalm 37:5 (NKJV)
Commit your way to the LORD, trust also in Him, and He shall bring it to pass…
Isaiah 26:4
So trust in the Lord (commit yourself to Him, lean on Him, hope confidently in Him) forever; for the Lord God is an everlasting Rock [the Rock of Ages]…
If you don’t invest very much, then defeat doesn’t hurt very much and winning is not very exciting… - Dick Vermeil
There’s a difference between interest and commitment. When you’re interested in doing something, you do it only when circumstance permit. When you’re committed to something, you accept no excuses, only results… - Unknown
Is jy in, of is jy uit? As jy ‘n besluit geneem het, sien jy dit deur, of kies jy partykeer die maklike “agterdeur”as ’n uitweg? Commitment… Dis ’n onderwerp wat my baie na aan die hart lê… “When the going get’s tough…”Wanneer dinge nie maanskyn en rose is nie, of nie loop soos beplan nie… Druk jy deur, en bly jy “committed” aan jou doelwit? Aan jou projek? Aan jou verhouding? Aan jou huweliksmaat? Of nog meer algemeen… Is jy iemand van jou woord? Iemand op wie mense kan staatmaak? Of belowe jy te maklik, en trek dan later kop uit?
Die lewe is nie “straight forward” en loop nie altyd soos wat mens hoop, of beplan nie… Wat mens deurtrek op die einde, is of jy WEET in WIE jou geloof gewortel is… Want as God jou basis is, kan jy nie bly lê wanneer moeilikheid oor jou pad kom nie –jy sal ‘n “soft landing” tot in Sy arms hê, en Hy sal jou optel wanneer jy val… Ons commitment aan God en aan mekaar, is wat aan ons karakter gee… Die storie van die slawe aan wie sy eienaar geld gegee het om mee te woeker (In Lukas 19), sluit vir my mooi hierby aan… Twee van die slawe het gaan woeker met die geld, en dit nog meer gemaak en die derde het die geld gaan wegbêre tot sy eienaar terugkom, en dit netso aan hom teruggegee… Die twee wat gaan woeker het, was COMMITTED om ’n verskil te maak, en hul drome na te jaag… Hulle sou nie opgee nie… As hulle die geld verloor het, sou hulle ten minste kon rus in die wete, hulle het probeer, hul bes gegee, en alles gedoen wat hulle kon… Die derde, wou net nie die kans vat nie, was BANG vir verwerping, vir verloor, vir onsusksesvol wees…
Hoe baie is ons nie PRESIES soos hierdie derde slaaf nie… Ons wil nie commit tot ons drome, doelwitte, werke, skoolwerk, swotwerk, vriende, verhoudings, huweliksmaats ens nie, omdat ons bang is ons kry seer in die proses of nog erger, "wat as ons misluk"… Dick Vermeil se aanhaling is GOUD… As ons nie baie van onsself insit nie, sal dit nie baie erg wees wanneer ons verloor nie (omdat daar nie baie op die spel is nie), maar wanneer ons wen, sal dit ook nie regtig iets wees om huis toe te skryf nie – omdat ons nie ten volle probeer het nie… Opgee, of QUIT, moenie eers in ons woordeskat bestaan wanneer ons dinge aanpak nie… Jy het vir God aan jou kant – die Koning van die Heelal! Met Hom, is daar GEEN LIMIET op tot wat jy in staat is, deur Sy krag en genade wat deur jou werk nie… Daar moenie ’n moontlike agterdeur wees wat oopgemaak kan word nie… As Christene, moet ons woord, ons woord wees… Selfs in die klein dingetjies, soos om ’n afspraak na te kom wanneer ons gesê het ons sal daar wees… As mens getrou is in die klein dingetjies, kan jy getrou wees in die groot dinge… As mens nie eens die klein dingetjies kan doen met groot liefde nie, hoe gaan ons dit regkry om getrou te wees in die groot goed? Want as ons Jesus se hande en voete op aarde wil wees, moet ons bereid wees, om COMMITTED tot God se woord te wees, deur LIEFDE te leef… Liefde aan God, en liefde aan mekaar… God is GROTER, as jou week wat voor jou lê… Hy is groter as daardie uitdagings wat jou bors laat toetrek… Vat ‘n “leap of faith”, wees committed aan die dinge wat jy aanpak, die mense in jou lewe en VERTROU GOD! Hy sal jou NIE teleurstel nie… Tikkie inspirasie vir jou wat dit nodig het: Isaiah 41:13: For I am the LORD, your God, who takes hold of your right hand and says to you, Do not fear; I will help you.
Blessings!
Anelli**