Friday 5 June 2015

gedagteki vir die daggie - aankondiging

Hi julle,

Die volgende gedagteki sal op 1 Julie weer verskyn.  Ek gaan bietjie met verlof en sal gedurende hierdie tyd nie toegang tot eposse he nie.

Mag julle geseend wees!

blessings!

anel

"I am who I am today, because of the choices I made yesterday..." ~ Eleanor Roosevelt

Haloes! :)
 
“I am who I am today, because of the choices I made yesterday…” ~ Eleanor Roosevelt
 
Deuteronomy 31:6
 
“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you.  He will not leave you or forsake you…”
 
Isaiah 35:4
 
“Say to those who have an anxious heart,  “Be strong; fear not!  Behold, your God will come with vengeance, with the recompense of God.   He will come and save you.”
 
“What is Life?  They say its from B to D…  From Birth to Death…  But what is between B and D?  It’s a “C”, so what is a “C”?  It is a choice…  Our life is a matter of choices…  Live well and it will never go wrong…” ~ Unknown
 
“When writing the story of your life, don’t let anyone else hold the pen…” ~ Unknown
 
Wat is belangrik om te onthou wanneer jy motor bestuur?  Jy moet seker maak dat jy in die regte “rat” is, om die stuk pad wat voor jou lê, te kan aflê…  Verder moet jy seker maak dat jou volle aandag is by wat jy doen (al ken jy die pad baie goed), want daar kan mense of diere wees wat die pad oorsteek, en wat dan kan lei tot ‘n ongeluk indien jou volle aandag nie op die pad was nie…  Laastens, moet jy jou hande op die stuurwiel hê, ten einde die motor in die regte rigting te stuur, om seker te maak dat jy jou eindbestemming sal bereik…  Jy gaan mos nie vir iemand vra – “ag hou gou die stuurwiel vas en maak seker dat ons, ons bestemming bereik nie”, terwyl jy teen volle spoed op die snelweg ry nie??  Jy sal self daardie stuurwiel vashou, om seker te maak dat jy en jou mede-passasiers VEILIG by jul eindbestemming sal aankom…
 
Hoekom skryf ek oor al hierdie dinge??  Want ons lewe is presies soos hierdie situasie…  Dis JOU lewe – en jou keuses sal afhang van hoe jou lewe uitdraai…  Maar in ons lewe, laat ons baie keer toe dat mense ons voorsê, oor HOE ons, ons lewe behoort te leef…  Ons laat toe dat mense hul opinies op ons afdwing, en ons vergeet baie keer dat AL persoon wat ‘n sê behoort te hê ten opsigte van hoe ons lewe verloop – behoort God en Sy wil vir ons, te wees…  Alles in ons lewens is kom terug na die KEUSES wat ons maak...   En om die regte keuse te kan maak, is om SAAM met God te kies of besluit...  My gebed vir JOU vandag, is dat God aan jou die wysheid sal gee om die REGTE keuses te maak...  Beteken dit dat ek nooit verkeerde besluite sal maak nie?  Nee, verseker nie!  Maar dit laat weer geleentheid vir GROEI en KARAKTERBOU toe…  Sodat jy eendag sal kan STORIES vertel van HOE jy geleef het – nie net halfpad nie, maar VOLUIT vir Jesus…  Daar waar jy partykeer verkeerde keuses maak, is dit verseker nie die einde van die wêreld nie...  HOE jy die keuse hanteer, en hoe jy kies om die lewe aan te pak, NADAT die verkeerde besluit gemaak is, is wat op die ou end die deurslag sal gee...  God kan help om aan die verkeerde besluit, die regte uitkoms te gee...  Ons moet ons net hou aan Sy woord, en BID dat Hy ons lewe sal laat verloop, soos HY dit wil hê...  Sodat ons op die ou end, MAKSIMUM seën daaruit kan put...  Daar gaan baie dae kom wat jy gaan voel - "wat is nou eintlik die punt?"  Ek verstaan nie hoekom God sekere dinge in my lewe toelaat nie...  Ek is sommer net lus om 'n tas te pak, en weg te hardloop...  Iewers heen waar niemand my ken nie, en waar ek oor kan begin...  Jy kan oorbegin NET waar jy is...  God is magtig om GROOT wonderwerke te doen...  Daar waar dit lyk of daar werklik GEEN uitkoms meer is nie, BID - en ek BELOWE jou, as jy geloof in God het om die onmoontlike, moontlik te maak, SAL dit vir jou so wees – wanneer dit in lyn met Sy wil vir jou lewe is...  Hy belowe dit telkemale in Sy woord...  Laat God toe om saam met jou, jou “lewensmotor te stuur” – sodat jy sal opeindig, daar waar Hy jou wil gebruik…  God sal 'n pad maak in jou lewe, waar jy dalk op hierdie oomblik, net doodloopstrate sien…
 
Blessings!
  
Anelxx

Thursday 4 June 2015

gebedsversoek...

hi julle! :)

Bid asb saam vir die onderstaande.

Please could you add to prayer request, for a work colleague (Lorna) in JHB’s sister, Pauline diagnosed with cancer in the liver.  Pray for them both for Lorna to be filled with peace and the strength to just be there for her and that she may be healed - healing for Pauline
 
My sister Pauline is also battling cancer once again – not in the breast this time but in the liver and we only found out about 2 weeks ago so I am devastated.  She started chemo last week for a six months course.  She is being very brave  -  not like me!  Every time I hear the word now I want to cry.  I guess that’s life but there’s just so many people with cancer these days – it’s almost overtaking AIDS.  At my daughter work alone in the last month 10 people have been diagnosed with cancer.””
 
BLESSINGS!
 
anel xx
 

Wednesday 3 June 2015

"When life is too hard to stand, kneel..." ~ Unknown


Haloes! :)
 
“When life is too hard so stand, kneel…” ~ Unknown
 
Psalm 28:7
 
“The Lord is my strength and my shield…”
 
Psalm 34:18
 
“The Lord is close to the broken-hearted, and saves those who are crushed in spirit…”
 
“It is impossible to live without failing at something, unless you live so cautiously, that you might as well not have lived at all – in which case you fail by default…” ~ JK Rowling
 
“Every weakness is an opportunity for God to show His strength in your life…” ~ Based on 2 Corinthians 12:9
 
Het jy ‘n spesifieke “plan vir jou lewe”? ’n Een-jaar plan / 10 jaar plan? Het jy ’n spesifieke doelwit dat jy weet waarheen jy werk, of waarheen jy oppad is? As ek dink aan werksdae wanneer ek baie dinge het wat gedoen moet word – hoe pak ek dit aan dat ek effektief werk, en goeie vordering maak? Wat ek doen, is om vir my ’n daaglikse “to do list” op te stel, en dan te probeer om so ver as moontlik dit na te volg en die take wat ek vir my uitgesit het, te voltooi. Dan kan ek sien dat ek vordering maak, deur die take “af te merk” soos ek dit voltooi het… Ek het ’n einddoel vir my vasgestel, en ek weet waarheen ek werk…
 
God het ’n spesifieke plan vir jou lewe… Al voel dit party dae vir jou asof daar geen punt is om so te moet sukkel, of as “Die Lewe” jou net onderkry met dinge wat gebeur nie… Vir jou om die ultimate geseende lewe te he, sal wees om JOU plan vir jou lewe, met God se plan vir jou lewe te “align”… Wanneer ons in God se wil loop, is daar GEEN beperking op die seën wat Hy vir jou het nie… Mense in ons lewens, en die wereld, het baie verskillende opinies… Wanneer jy sukkel om ’n besluit te maak, is dit maklik om ander mense se raad te wil vra… Die probleem hiermee is net – dit wat goed is vir iemand anders, is nie noodwendig goed vir jou nie! Jy sal weet wat jy moet doen – daardie stemmetjie in jou binneste sal vir jou se… BID oor jou lewe… Plaas jou lewe op ’n daaglikse basis in God se hand, en bid dat Hy aan jou sal wys wat Hy vir jou beplan het…
 
Vir jou wat met baie onsekerheid in jou lewe sit – bid hierdie gebed vanoggend: “Here, Jesus… U ken my deurmekaar gemoed vanoggend… U weet dat ek nie altyd weet watter keuses om te maak nie… U weet dat ek met soveel twyfel tans in my lewe sit… Maar Here, ek wil vanoggend kom dankie se – te midde van al hierdie onsekerheid wat ek ervaar, dat ek kan WEET dat U vir my GOEIE goed beplan, en nie slegte goed nie (soos daar staan in Jeremia 29:11)… Ek bid dat U ELKE dag my voete sal laat loop op die pad wat U vir my uitgesit het. Dat U my hart, en kop sal leiding gee oor hoe ek my dae moet spandeer, aan wie ek moet tyd spandeer, en waar ek moet wegbly… Dat U my sal help om die regte besluite te maak, my vrede in my hart sal gee daaroor, en dat U my sal bewaar van alle gevaar wat moontlik oor my pad kan kom… Dankie so baie, Liewe Jesus, dat ek kan weet dat U my nou gehoor het, en dat ek my nie verder hieroor hoef te bekommer nie. Ek loof U vir U grootheid! Dankie dat U elke dag saam met my stap!
 
Blessings,
 
Anelxx

Tuesday 2 June 2015

“Faith is not believing God can, but that God will…” ~ Anonymous

Haloes! J

“Faith is not believing God can, but that God will…”  ~ Anonymous

Romans 15:13

“May the God of hope fill you with all joy & peace of believing, so that by the power of the Holy Spirit, you may abound in hope…”

Hebrews 10:23

“Let us hold fast the confession of our hope without wavering, for He who promised is faithful…”

“God is more anxious to bestow His blessings on us, than we are to receive them…”  ~ Augustine of Hippo

“FAITH – it does not make things easy, it makes it possible…” ~ Luke 1:37

Miskien voel jy alreeds of jy die jaar wil "rewind" en voor begin... 5 Maande is al iets van die verlede!! Hierdie "rewind" of "oorbegin gevoel kan wees vanweë die feit dat die jaar te vinnig onder jou uit hardloop, of miskien omdat jy alreeds teleurstellings ervaar het, ten opsigte van doelwitte wat jy gehad het. Miskien het sameloop van omstandighede jou net teleurgestel en wens jy, jy kon net 'n skoon blaadjie hê en weer probeer om jou doelwitte te bereik; of sommige situasies net op 'n ander manier benader en hanteer... Die liedjie - "if I could turn back time" het by my opgekom toe ek hierdie geskryf het :)

Soos wat die son elke oggend opkom, so is God se genade ook elke dag nuut... Ons het elke dag 'n splinternuwe blaadjie in ons lewensboek, en deur God se genade, kan ons ELKE dag oorbegin... Ons hoef nie te wag vir die einde van die jaar om 'n "skoon begin" te kry nie... Ons hoef ook nie die tyd om te wens nie... Ons kan net bid, en vir God vra om ons ingesteldheid saam met ons gedagtes te vernuwe... Dat die begin van 'n nuwe dag, vir ons soos die begin van 'n nuwe jaar sal wees... Dat ons met afwagting sal uitsien na die daaglikse uitdagings, asook ons drome en doelwitte en dat ons vuur en vlam sal wees om uitdagings, doelwitte of situasies wat anders uitgedraai het as wat ons wou, aan te pak... God kan daai "gevoel" vir jou daagliks voorsien... As jy spesiale tyd saam met Hom spandeer, en bid, sal Hy sorg...

Geen berg sal te hoog wees, en geen dag te sleg wees vir jou om jou beste te gee nie... Bid dat God vir jou sal dankbaarheid gee vir die jaar sover, en afwagting vir dit wat nog kom... Maak jou bucket list (lysie van goed wat jy vir die res van die jaar wil doen of bereik) sommer vandag... Pas die oue aan, of skryf sommer 'n nuwe ene... Net omdat dit al Junie is, beteken nie jy moet ophou droom, of reeds die jaar "afskryf" as 'n slegte jaar, omdat 'n paar dinge nog nie uitgewerk het nie... Vir daardie "slegte" goed, is daar ook 'n rede, en God het 'n plan daarmee... Sien dit net as 'n klippie in jou pad - wat nie jou visie vir die res van die jaar gaan opvoeter nie... GENIET vandag :)

blessings!

anel xx

Monday 1 June 2015

“Once you learn to quit, it becomes a habit” ― Vince Lombardi Jr.

Haloes! J

“Once you learn to quit, it becomes a habit” ― Vince Lombardi Jr.

1 Peter 4:19

“So if you are suffering according to God’s will, keep doing what is right and trust yourself to the God who made you, for He will never fail you…”

Romans 12:2

“Do not be conformed to this world, but be transformed by the renewing of your mind, that you may prove what is good and acceptable and perfect will of God…”

“Inside the will of God there is no failure…  Outside the will of God there is no success…” ~ Bernard Edinger

“Few things are impossible to diligence and skill. Great works are performed not by strength, but by perseverance.” ― Samuel Johnson

Veg of vlug?  Watter een is jy?  “When the going gets tough” – hardloop jy weg?  Of hardloop jy die moeilike situasie tegemoet en gee jy alles wat jy het om die uitdaging hok te slaan en jou beste te probeer?  Nou kan ek sommer ‘n klompie mense hoor sê – dit hang af van die situasie…  As dit iets is wat in my comfortzone val, sal ek 150% gee, en aanhou probeer, selfs al is daar niks hoop meer oor nie…  Maar as dit iets is waarmee ek nie vertroud is nie – iets wat buite my comfortzone is, sal ek twee keer dink oor of ek dit gaan aanpak of moontlik sal kan baasraak…

As Thomas Edison of Alexander Graham Bell moes opgee toe  hulle moeilikheid in hul navorsing teëgekom het, was ons dalk vandag nogsteeds sonder elektrisiteit of telefone…  Die selfone wat deesdae uitkom is so gevorderd dat jy amper alles met dit kan doen…  Dit is maar slegs vanweë die feit dat iemand ‘n idee gehad het, en nie bang was om te misluk in sy probeerslae, totdat hy ‘n wenresep ontwikkel het nie…  Ek dink dat dit baie keer die vrees van mislukking is, wat maak dat ons opgee nog voordat ons probeer…  Ons werk ‘n situasie al uit nog voordat dit gebeur het – net om onsself teen mislukking, hartseer of pyn te beskerm…  Ek dink dat baie keer, weerhou ons, onsself daarvan om te lewe…  Ons sien so baie “onheil” op ons lewenspad (baie keer vrese wat ons het, en wat ons dan probeer hanteer nog voordat enige iets gebeur het)…  Ek dink ons mis uit op deurbraak geleenthede in ons werke, ons mis uit op geleenthede waar ons, onsself kan equip om sterker en beter ontwikkelde mense te wees…  Ons mis uit op vriendskappe, liefde, kameraadskap, goeie tye…  Want ons hou op om drome of geleenthede te “pursue” om te keer dat ons misluk of seerkry…  Iemand het eenkeer gesê – as jy nie foute maak nie – is dit ‘n bewys dat jy nie probeer nie of dat jy nie leef nie…  Ek bid dat God Sy wil vir jou lewe vir jou sal duidelik maak soos wat jy jou stiltetye saam met Hom deurbring…  Mag HY enige vrees van mislukking uit jou woordeskat haal…  Winners never quit, and quitters never win…  As jy nie probeer nie, gaan jy nie weet nie…  Moenie eendag spyt wees oor jy nie steeds nie weet nie…

Blessings!

Anel xx

A BEEEEEEEEG EASTER THANKS!!


THANKS A MILLION to all the WORLD CHANGERS!


Eerder laat as nooit!  Bitter jammer dat die terugvoer nou eers hier is, maar ekt ‘n paar rowwe weke agter die blad…  Ek was weereens net stomgeslaan oor God se goedheid, julle bereidwilligheid om hande vuil te maak – deur by te dra, pakkies te pak en ook om te gaan uitdeel!  Vir die eerste keer het die projek ook in Worcester en JHB vlamgevat danksy mense wat bereid was om hul tyd te gee!  Ons het vir die eerste keer die 30 000 merk verbygesteek!!  Danksy al die bereidwillige harte wat gegee het, kon ons die volgende plekke (50 instansies!) bless hierdie afgelope Paasfees:
 
Rather late than never...  My apologies for only sending the thank you note now, but it has been a tough few weeks on my side...  I stood amazed once again this year with regards to God's goodness, and faithfulness, your willingness to contribute, as well as to get your hands dirty...  For the first time the project also ran in JHB and Worcester - and it was a HUGE success! For the FIRST time we passed the 30 000 mark - getting us to a total of 32 733 eggs!  This enabled us to help 50 institutions! I include the names below..

MAGDALENA TEHUIS
MEALS ON WHEELS - PAROW
MEALS ON WHEELS - KRAAIFONTEIN
MEALS ON WHEELS - BROOKLYN
NAZARETH HOUSE - ELSIESRIVIER
NAZARETH HOUSE - CT
MARSH MEMORIAL HOME - RONDEBOSCH
STIKLAND HOSPITAAL
STRAATWERK - PAROW
ALTA DU TOIT
EDUCARE SKOOLTJIES
CARE HAVEN (ATHLONE)
NERINA PLACE (BISHOP LAVIS)
TANNIE ELLEN (OU AGS KERK)
NORWOOD PRESCHOOL
ELNOR PRESCHOOL
ANGEL TOWN EDUCARE
CARMEL - EDUCARE
ELSIESRIVIER NAGSKUILING - ELIM
LAVIS RYLAAN PRIMER - BISHOP LAVIS
RANGE PRIMARY - KALKFONTEIN
SALVATION ARMY - GOODWOOD
HUIS EBERSOHN - WELGELEGEN
SUPERCHAR WERKERS - CHRYSTELENE
TYGERBERG HOSPICE
FRANSCHHOEK HOSPICE
ANDREW MURRY KINDERHUIS - WELLINGTON
NAGSKUILING BELLVILLE
BELLVILLE STASIE
IRIS HOUSE - SHELTER FOR ABUSED
TYGERBERG HOSPITAAL - SALE
JUBILEUM OUETEHUIS GOODWOOD
OWETHU / VILLIERA FARM
HAND IN HAND
WYNBERG HOME FOR GIRLS
ST ANNES
ACAZIA PARK
COTLANDS
MENSE OP STRAAT
MITCHELL'S PLAIN KIDS
CARLTONVILLE PEDIATRIC HOSPITAL - JHB
MERAFONG COMMUNITY HEALTH CENTRE – JHB
AVONDSRUS
NUWERUS
ROBERTSON CHILDRENS HOME
HUIS EBENAEZER
WERKERS
KUILSRIVIER - AGS TEHUIS
KUILSRIVIER - HUIS DE KUILEN
PAARL - AUTISM KIDS

Uit die diepte van my hart – ‘n HUGE dankie aan elkeen van julle!  Sonder julle wat die woord versprei het, wat self gesit en pakkies pak het, bokse by my kom aflaai het, die wat opgetree het as optelpunte en die van julle wat die pakkies gevat het en gaan uitdeel het – SUPER baie, baie dankie!  Sonder world-changers soos julle, sal hierdie nie moontlik wees nie!

From the bottom of my heart I would like to thank EACH and everyone of you!  For passing on the email, for contributing financially, for giving your time, making packets, dropping off boxes, being a drop-off point or by handing out some eggs...  Without world-changers like you, this would not be possible...

Ek heg vir julle van die fotokies aan! / I attach some pics :)

Mag julle ‘n SUPER geseende week verder he!  / May you all have a BLESSED week!

Blessings!

Anel xx