Friday 11 December 2015

“Don’t lose hope… When the sun goes down, the stars come out…” ~ searchquotes.com - Laaste gedagteki vir 2015

Haloes! :)

“Don’t lose hope… When the sun goes down, the stars come out…” ~ searchquotes.com

Luke 2:9-14

An angel of the Lord appeared to them, and the glory of the Lord shone around them, and they were terrified.  But the angel said to them, "Do not be afraid. I bring you good news of great joy that will be for all the people.  Today in the town of David a Saviour has been born to you; he is Christ the Lord.  This will be a sign to you: You will find a baby wrapped in cloths and lying in a manger."  Suddenly a great company of the heavenly host appeared with the angel, praising God and saying,  "Glory to God in the highest, and on earth peace to men on whom his favour rests."

Micah 5:2

"But you, Bethlehem Ephrata, though you are small among the clans of Judah, out of you will come for me one who will be ruler over Israel, whose origins are from of old, from ancient times... "

“Christmas is most truly Christmas when we celebrate it by giving the light of love to those who need it most..”. ~ Ruth Carter Stapleton

“It is Christmas every time you let God love others through you... yes, it is Christmas every time you smile at your brother and offer him your hand…” ~ Mother Teresa

Geskenke…  Dis iets waarvan ek dink baie mense hou :)  Dis vir my altyd lekker om ander te bederf – ek hou daarvan deur spesiaal vir die spesifieke persoon, iets te gaan uitkies waarvan ek dink hulle sal hou, en iets wat sal betekenis hê of iets wat hulle nooit vir hulself sal koop nie…  Kerstyd is ook dikwels die tyd van die jaar wat ons meer daarop ingestel is om nood in ander se lewens raak te sien…  Maar so hartseer soos wat dit is,sodra die gejaagdheid van dienuwe jaar weer in volle swang is, is dit baie maklik om net weer in jou eie lewe vasgevang te raak en verby die nood van ander te kyk…  Moeder Teresa se aanhaling is vir my baie spesiaal – dis Kersfees wanneer ons mekaar liefhet, en vir God toelaat om ander deur jou lief te hê…  

Bouwer Bosch het gesê – Liefde wen!  En ek stem 100% saam – liefde is die grootste geskenk wat jy aan iemand kan gee…  Saam met liefde, loop hand aan hand, aanvaarding, omgee, vriendelikheid, geen “judgement” (die lys is eindelik nimmereindigend)…  God het aan ons die GROOTSTE geskenk kom gee met die geboorte van Jesus…  HY het aan ons Sy liefde, aanvaarding, omgee en “geborgenheid” kom gee…  Hoekom sê ek “geborgenheid” – want diedag toe Jesus in ‘n stal in Bethlehem gebore is, voel ek, het dit ons opnuut as familie in Christus kom bind…  Jy hoef nooit alleen, eensaam, of uitgeworpe te voel nie – want jou familie in Christus  is HUGE!  Christus het aan ons diegrootste geskenk kom gee – en dit is LIEFDE…  Suid-Afrika het dit al so mooi uitgebeeld – UNITED we stand…  Toe ons die wereldbeker rugby gewen het of die dag toe Madiba oordelen is was daar verby kleur, gelowe, gebrokenheid en onoorkombare verskille gekyk – want almal het een ding in gemeen gehad – groot respek en liefde vir Madiba, trots en liefde vir hul land…  en ek dink dat dit vir baie mense belangrik is om voort te bou op dit wat hy aan ons agtergelaat het…  Mag hierdie Kersfees vir jou een wees wat gevul is met God se liefde…  Mag jy daardie liefde uitstraal aan ELKE persoon wat jou pad kruis…  En mag ons voort bou daarop in 2016 – deur nie te vergeet van ons medemens nie maar dat ons, onsself sal toespits om ander te behandel soos ons graag behandel wil word…  Moenie die Kersfees geskenke gee wat kan vergaan nie – ‘n geskenk wat sonder liefde gegee word, is in elkgeval waardeloos…  Laat LIEFDE wen hierdie Kersfees! God het jou ONEINDIG baie lief!!!

Ek bid dat elkeen van julle God se liefde, genade, vrede en OORVLOEDIGE seën sal ervaar in die Kersseisoen…  En mag julle liggies SKYN vir God, sodat almal wat julle paaie kruis, gelukkiger mense by jou sal weggaan…  Vir die van julle wat op die pad gaan wees – ry asseblief veilig en kom lekker uitgerus vir 2016 terug!  Ek weet sommer dat daar GROOT dinge op ELKEEN van julle wag in 2016!! Volgende Gedagteki sal teen 13 Januarie verskyn.

Blessings!


anel xx

Thursday 10 December 2015

“Sometimes the questions are complicated and the answers are simple.” ~ Dr. Seuss quotes

Haloes! :)
“Sometimes the questions are complicated and the answers are simple.”  DrSeuss quotes
Hebrews 13:5 (Amplified Bible)
God has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support.  I will not, I will not.  I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down nor relax my hold on you!  Assuredly not!
2 Corinthians 5:7
“…live by faith, not by sight.”
“You can’t connect the dots looking forward, only by looking backward…”  ~ Steve Jobs
 
"Wanneer God ons op klipperige paaie stuur, sal Hy ons ook van sterk skoene voorsien..." ~ Corrie ten Boom

Is jy een van daardie mense wat naief is, en alles glo wat almal jou vertel (dus nog glo in die goeie van die mensJ), of is jy sinies, en sal jy slegs glo wanneer jy dit met jou eie oë sien?  Toe ek hierdie vers in Korintiërs gelees het, het dit my baie aan Thomas laat dink, toe hy vir Jesus na Sy kruisdood gekry het, en nie wou glo dat Hy werklik die Messias was, voordat hy sy vinger in Jesus se sy kon druk en die spykermerke gesien het nie...

Ek dink ons tree baie keer op soos Thomas, al dink ons nie so nie...  Ons weet dat God vir ons is, dat Hy ons nooit sal verlaat nie, en ons nooit in die steek sal laat nie, maar ons twyfel steeds of Hy dinge in ons lewe sal laat uitwerk, of dat Hy sal oplossings bring vir probleme...  Ons twyfel of ons in die regte werk is, of ons verhoudings gaan uitwerk, of ons nuwe vriendskappe moet aanknoop, ou brue moet herstel, en  of God uitkoms gaan bring, want ons sukkel regtig om kop bo water te hou...   baie keer saai die duiwel soveel twyfel, dat ons werklik eers glo, wanneer die dinge uitwerk, en wanneer ons die uitkoms sien!  God was egter HEELTYD daar, en HY het HEELTYD gesorg – soos HY ons in Sy woord belowe!  Ons oorkompliseer eenvoudige dinge – eerder as om net te vertrou dat God sal sorg...  Ek belowe jou dit – as God jou voorsiener is, as jy daagliks tot Hom bid, en Hom ken in alles wat jy doen, en dat jy Hom vertrou soos jy jou kar vertrou dat hy jou van punt a na punt b sal bring – sal Hy jou nie teleurstel nie!  Live by FAITH – not by sight...

Een van my gunsteling aanhalings is dat die lewe vorentoe geleef moet word, maar net in reverse (dus wanneer jy terugkyk), verstaan kan word...  Die dinge wat jou vanoggend vul met soveel twyfel, sal jy wel oor ’n maand of ’n jaar verstaan...  God sal jou toerus met die nodige krag, nodige skills en gawes wat jy nodig het om die lewe VOLUIT vorentoe te kan leef!  Vertrou Hom daarvoor...  Live by FAITH – daagliks – dank God sommer nou al vir ALS wat HY nog in jou lewe gaan doen!!  Ek bid dat jou geloof in God beloon sal word met die AMAZING blessings wat God vir jou het!! 

Blessings vir jou!!

Anel xx

Tuesday 8 December 2015

“Time is free, but it's priceless. You can't own it, but you can use it. You can't keep it, but you can spend it. Once you've lost it you can never get it back.” ~ Harvey MacKay quotes

Haloes! J
 
“Time is free, but it's priceless. You can't own it, but you can use it. You can't keep it, but you can spend it. Once you've lost it you can never get it back.” ~  Harvey MacKay quotes
 
Jeremiah 33:3 
 
“Cry to me and I will hear thee: and I will show thee great things, and sure things which thou knowest not…”
 
Psalm 121:7-8
 
“The LORD will keep you from all harm— he will watch over your life; the LORD will watch over your coming and going both now and forevermore…”
 
"Too many people put off something that brings them joy just because they haven't thought about it, don't have it on their schedule, didn't know it was coming or are too rigid to depart from their routine.  I got to thinking one day about all those women on the Titanic who passed up dessert at dinner that fateful night in an effort to cut back. From then on, I've tried to be a little more flexible.  How many women out there will eat at home because their husband didn't suggest going out to dinner until after something had been thawed? Does the word 'refrigeration' mean nothing to you?  How often have your kids dropped in to talk and sat in silence while you watched ' Jeopardy ' on television?  I cannot count the times I called my sister and said, 'How about going to lunch in a half hour?' She would gas up and stammer, 'I can't. I have clothes on the line. My hair is dirty. I wish I had known yesterday, I had a late breakfast, It looks like rain.' And my personal favourite: 'It's Monday.' She died a few years ago. We never did have lunch together.

Because we cram so much into our lives, we tend to schedule our headaches.  We live on a sparse diet of promises we make to ourselves when all the conditions are perfect!  We'll go back and visit the grandparents when we get Steve toilet-trained. We'll entertain when we replace the living-room carpet... We'll go on a second honeymoon when we get two more kids out of college.  Life has a way of accelerating as we get older. The days get shorter, and the list of promises to ourselves gets longer. One morning, we awaken, and all we have to show for our lives is a litany of…'I'm going to,' 'I plan on,' and, 'Someday, when things are settled down a bit.'  When anyone calls my 'seize the moment' friend, she is open to adventure and available for trips. She keeps an open mind on new ideas. Her enthusiasm for life is contagious. You talk with her for five minutes, and you're ready to trade your bad feet for a pair of Roller blades and skip an elevator for a bungee cord..  My lips have not touched ice cream in 10 years. I love ice cream. It's just that I might as well apply it directly to my stomach with a spatula and eliminate the digestive process The other day, I stopped the car and bought a triple-Decker. If my car had hit an iceberg on the way home, I would have died happy.   Now...go on and have a nice day. Do something you WANT to......not something on your SHOULD DO list. If you were going to die soon and had only one phone call you could make, who would you call and what would you say? And why are you waiting?  ~ Forward email
 
Is jou skedule een van daardie waar jy moet beplan, om te kan ontspan??  Dan is hierdie stukkie hierbo NET vir jou (en vir my!)…  God gee elke dag aan ons die wonderwerk van tyd…  Wat ons daarmee doen, hang egter van onsself af…  Dis maklik om in “autopilot” al die take te doen wat gedoen moet word…  Hoeveel van jou dag is egter verrykend?  Hoeveel van jou dag spandeer jy tyd aan jou geliefdes?  Hoeveel tyd van jou dag spandeer jy om gelukkig te wees, en innerlike JOY te ervaar?  Hoeveel tyd spandeer jy om jouself te bekommer oor dinge waaroor jy geen beheer het nie?  Hoeveel keer in ‘n week sê jy vir die mense in jou lewe wat saakmaak dat jy hulle liefhet en dat hulle vir jou baie beteken?  Of leef ons maar van ons MOET doen lysies?  En sit alles wat ons nog wil doen op ‘n ander lysie?  En dis waar alles bly – op ‘n lysie… Moenie spyt wees oor dit wat jy nog altyd wou doen wanneer dit te laat is nie!  God sal die dinge in plek laat val soos wat dit moet wees, wanneer dit so moet wees… Al wat van jou verwag word, is om die oomblike en geleenthede wat aan jou daagliks gegee word, te BENUT en te waardeer en VOLUIT te lewe!  Mens is meer spyt oor die dinge wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het…  LEEF – jy is NOU hier!
 
Blessings!
 
Anel xx

“That is why it is called HISTORY, cause you are going to make it…” ~ Eric Thomas


Haloes! :)
“That is why it is called HISTORY, cause you are going to make it…”  ~ Eric Thomas
 
Galatians 6:9
 
“And let us not grow weary in well doing, for in due season we shall reap if we faint not…”
 
Romans 5:2
 
“We confidently and joyfully look forward to actually becoming all that God has in mind for us to be…”
 
“Although my circumstance was homelessness, my vision was not…” ~ Eric Thomas
 
“The most pathetic person in the world is someone who has sight but no vision.” ― Helen Keller
 
Eric Thomas is ‘n groot inspirasie van iemand wat nie toegelaat het dat sy omstandighede bepaal wie hy word nie…  Hy was “homeless”, die eerste een in sy familie wat dit gemaak het tot by Universiteit…  Wat gesukkel het met sy studies, maar uitgestyg het bo ALLES, omdat sy hoop en vertroue in God was…  As jy bietjie inspirasie nodig het, google Eric Thomas…  Daar is baie van sy motiverings op die internet wat jy verniet kan luister…  Hoe lyk jou omstandighede vanoggend?  Is jy sonder hoop?  Sonder werk, sonder vriende, sonder liefde, eensaam of hartseer?  Voel jou lewe dalk super deurmekaar en sien jy nie in wat God probeer doen, of waarheen jy oppad is nie?  As jy dan nou vir ‘n oomblik jou omstandighede buite rekening laat, al die deurmekaargeid op ‘n hopie sit, heeltemal eenkant toe skuif en die lewe vierkantig in die oë kyk – wat sou jy in die volgende uur, dag of jaar wou doen as daar GEEN limiet is op wat jy sou kon doen nie?  Nou is my uitdaging vir jou – gaan doen dit…  God is tans besig om aan jou situasie te werk…  Hy is in beheer oor jou lewe, en Hy weet wat moet gebeur, hoe dit moet gebeur, en wanneer dit moet gebeur om vir jou absolute oorwinning te gee, deur Sy krag wat deur jou werk…  Hy wil hê dat jy ‘n VOL lewe moet hê…  Een vol aangegrypte geleenthede, een waar jy die wêreld verander, een tree op ‘n slag, deur Sy genade en liefde wat jou verander om God se hande en voete op hierdie aardbol te wees…  
 
Wanneer mens konstant in jou omstandighede gaan vaskyk, eerder as om jou oë op te lig, en op Jesus gevestig te hou, gaan jou visie en drome vir jou lewe ONMENSLIK baie ingeperk word!!  “Although my circumstance was homelessness, my vision was NOT!” ~ Eric Thomas…  Al was al die odds teen Hom, het Eric geweet Hy het die EEN geheime wapen wat vir hom die oorwinning sal gee…  Wat aan Hom ‘n fighting chance sal gee, deur die regte deure op die regte tye oop te maak, en sy harde werk sal beloon…  Ons moet aanhou veg vir ons drome…  Vir ons ideale, en om in die proses God se hande en voete op hierdie aarde te wees…  As jy jou beste gee, sal God sorg vir die res…  Hy beloon die hardwerkende…  Hy beloon die wat met hulle hele hart op Hom vertrou…  Hy sal wysheid gee aan jou wat dit van Hom bid, en Hom vertrou vir insig…  God wil vir jou ‘n BAIE groter lewe gee as wat jy op die oomblik vir jouself gun!!  Vertrou Hom daarvoor…  Moenie jouself inperk omdat jy besef jy is feilbaar nie…  God is nie!  En wanneer jy deur SY krag werk, is daar GEEN beperking wat jou moet of kan inperk nie…  Jesus wil jou seën…  Maak oop daai arms van jou, en ontvang dit wat Hy vir jou het…

Blessings!
anel xx

Sunday 6 December 2015

"Worry gives small things a big shadow..." - Swedish proverb

Haloes! :)

"Worry gives small things a big shadow..." - Swedish proverb

Isaiah 41:10

"So do not fear, for I am with you; do not be dismayed, for I am your God. I will strengthen you and help you; I will uphold you with my righteous right hand..."

1 Peter 5:7

"Cast all your anxiety on him because he cares for you..."

"Be like a steam kettle! Though it is up to its neck in hot water, it continues to sing..." - Unknown

"When the storms of life strike, it's what happens "in" you that will determine what happens "to" you... - Jerry Savelle

Daar is vir my niks lekkerder as 'n koppie warm, goeie koffie, om die dag mee te begin nie...  Ook op koue dae, is daar darem niks so lekker soos 'n koppie milo, tee, warm sjokolade of koffie om jou van binne af warm te maak nie ;).  Maar die teenoorgestelde is net so waar - daar is niks so sleg soos 'n koppie koffie wat gestaan het, waarvan jy vergeet het, en wanneer jy dan 'n sluk neem, yskoud is nie...

Ons lewens is baie keer soos hierdie... Wanneer dinge goed gaan, is ons gevul met ywer vir die Koningkryk... Ons kan voel hoe God voorsien, en partykeer geniet ons die goeie tye so, dat ons vergeet om dankie te se... Wanneer dinge egter sleg gaan, saai die duiwel saadjies van wantroue in God in ons lewens...  Ons sukkel om te bid, omdat dit dan aanhou voel of dinge net sleg bly gaan en asof God van ons vergeet het...  Elkeen van ons is al deur sulke moeilike tye, of gaan dalk selfs NoU deur so 'n tyd van hartseer, pyn, siekte of moeilikheid... Dalk voel dit asof jou gebede teen die dak vasgaan en asof God ge-"vanish" het van jou lewe...  Dink gou aan die volgende - fokus jy om asem te haal? Is dit iets waarvoor jy moet werk, of wat jy deurentyd moet dink aan om te doen? Nee, dis iets wat vanself kom... Die suurstof is elke oomblik van die dag rondom jou, en jou liggaam is so wonderbaarlik deur God geskape dat jy dit doen sonder om daaraan te dink... Dis dieselfde met God se aanwesigheid in jou lewe - Hy is DAAR, om jou,by jou en vir jou - 24/7, 365 dae van die jaar... Sonder lug in jou longe, kan jy nie leef nie... En sonder God in jou lewe, is dit nie moontlik om die uitdagings van die lewe te oorkom nie... God is ENIGE tyd van die dag of nag tot jou beskikking... Hy is net 'n gebed ver... In die tye wat Hy stil is - onthou die volgende aanhaling (een van my gunstelinge!) - during a test, the teacher is always quiet... Dit beteken nie dat Hy nie daar is nie... Hy hou oor jou die wag, en loop deur elke uitdaging saam met jou... Hy sal sorg!

Blessings!

Anel xx

Thursday 3 December 2015

“Don’t be discouraged. It’s often the last key in the bunch that opens the lock.” ~ Author Unknown

Haloes! :)

“Don’t be discouraged. It’s often the last key in the bunch that opens the lock.” ~ Author Unknown

Philippians 4:6-7

“do not be anxious about anything, but in everything by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known to God. And the peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus…”

Colossians 3:15

“And let the peace of Christ rule in your hearts, to which indeed you were called in one body. And be thankful…”

“If you are going through hell, keep going.” ~ Winston Churchill

 “The harder the conflict, the more glorious the triumph. What we obtain too cheap, we esteem too lightly; it is dearness only that gives everything its value. I love the man that can smile in trouble, that can gather strength from distress and grow brave by reflection. ‘Tis the business of little minds to shrink; but he whose heart is firm, and whose conscience approves his conduct, will pursue his principles unto death.” ~ Thomas Paine

Ek’t nou die dag iemand se Facebook status gelees waar die persoon gesê het – “The enemy wants you to give up, because he knows that God has something great in store for you…”  Galatians 6:9 “And let us not grow weary in well-doing, for in due season we shall reap if we faint not…”  Besluite kan partykeer baie moeilik wees…  Ons word gereeld gekonfronteer met kruispaaie, waar jy ‘n pad moet kies watter kant toe jy moet draai om jou “journey” voort te sit…  Lewensveranderende besluite kan baie erg wees, omdat ons nie altyd weet of die besluit wat ons gaan neem die regte ene sal wees nie!  “Wat as ek die verkeerde besluit maak?  Gaan God se planne vir my lewe dan steeds uitwerk?!?!”  Ek dink dit is ‘n vraag waarmee ons as Christene BAIE gekonfronteer word…  Ons wil graag God se wil doen, en ons wil graag ‘n besluit neem in ooreenstemming met Sy wil vir ons lewe – maar wat gebeur nou as ek nie kies wat God wou gehad het wat ek moet kies nie?!

Dis die cool ding van God…  Hy het aan ons ‘n VRYHEID van keuse gegee…  Ons kan bid vir wysheid en insig wanneer lewensveranderende besluite geneem moet word…  Ek glo jy sal ‘n antwoord in jou hart hê, deur Sy absolute vrede wat in jou hart sal heers wanneer jy die besluit gemaak het…  Maar wat nou as jy dalk die verkeerde opsie gekies het – en steeds vrede ervaar het?  Ek GLO, dat wanneer jy jou lewensdae saam met God aanpak, SAL Hy vir jou sorg, en Hy sal dinge in jou lewe laat uitwerk – SELFS al maak jy somtyds verkeerde besluite…  Hy is so ongelooflik GROOT en ALMAGTIG, dat Hy daardie verkeerde besluit, as ‘n detour sal inwerk op jou lewenspad, sodat Hy daardeur geglorify kan word, en dat jy dit kan gebruik as deel van ‘n getuienis van hoe God voorsien!  Ek glo dat jy sal opeindig, DAAR waar Hy jou bestem het om te wees!  Hy sal dinge in plek laat val op SY tyd…  Ek dink ons is baie keer so “result” gedrewe, dat ons NOU al die antwoorde wil hê, en weet waarheen ons oppad is, of ons iemand sal ontmoet, of ons gelukkig sal wees?!  Ons wil weet wat die onbekende toekoms inhou, en ons wil weet dat Jesus ons sal behoed en bewaar…  Wanneer ons so ongeduldig word, moet ons onthou – wanneer ‘n saadjie geplant word, neem dit tyd om wortel te skied, dit het sonlig nodig, water nodig, kos nodig om te groei en uiteindelik ‘n sterk en mooi plant te word…  Wanneer jy weer worry oor al die onbekendhede wat die dag van môre sal bring, of wanneer God se tyd vir jou lewe sal aanbreek – BID…  Dit is die “source” wat ons sal laat groei…  Jesus is groter, Jesus is in staat om soveel meer te doen as wat ons ooit sal kan dink of hoop…  Hy sal sorg dat jy opeindig DAAR waar Hy jou kan gebruik om te skyn vir die Koningkryk…  Hy sal sorg dat jy jou lewensmaat sal ontmoet, wanneer die tyd daarvoor reg is…  Hy sal sorg, dat jou siekte genees word, wanneer dit SY tyd is – en sodat jy getuienis kan lewer en die Koningkryk van God aan “non-believers” kan getuig!  Jesus WIL WONDERWERKE DEUR JOU EN IN JOU DOEN!  Glo dit vandag!!

Blessings!


Anelxx

Wednesday 2 December 2015

“No one ever won a chess game by betting on each move. Sometimes you have to move backward to get a step forward…” –Amar Gopal Bose

Haloes! :)

“No one ever won a chess game by betting on each move. Sometimes you have to move backward to get a step forward…” –Amar Gopal Bose

Psalm 9:9

“The LORD is a stronghold for the oppressed, a stronghold in times of trouble. And those who know your name put their trust in you, for you, O LORD, have not forsaken those who seek you…”

Psalm 23:4 

“Even though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for you are with me;  your rod and your staff,  they comfort me…”

“Inside of a ring or out, ain't nothing wrong with going down. It's staying down that's wrong...” –Muhammad Ali

“My attitude is that if you push me towards a weakness, I will turn that weakness into a strength.” – Michael Jordan

Hierdie is ‘n super cool aanhaling - No one ever won a chess game by betting on each move.  Sometimes you have to move backward to get a step forward…  Ons druk onsself baie keer met besluite – en dat die regte keuses DIE sal wees wat jou vorentoe laat beweeg – DEUR die moeilike tye…  Mens is geneig om altyd vas te kyk in die moeilike tye, en te vergeet dat dit nie vir altyd sal aanhou nie!  Dis soos om op ‘n rollercoaster te ry…  Jy klim op met die beste voornemens, word rondgeskud tydens die rit – jou wêreld word soms letterlik op sy kop gedraai, maar wanneer daardie rit vir jou voel of jy nie meer kan aanhou nie en dat jy nou tot op jou uiterste uithouvermoë “gechallenge” word, het jy HOOP, want jy weet die rit sal nie vir ewig aanhou nie, en dat die einde in sig is…

As ek vanoggend moet terugdink aan moeilike tye wat ek al beleef het, is dit moeilik om te onthou HOE ERG dit op daardie stadium vir my was toe ek dit moes deurmaak…  Wanneer mens vasgevang is in ‘n situasie of probleme jou van alle kante af tref, is dit baie keer moeiliker om perspektief te behou en die positiewe raak te sien…  Wanneer mens nie positiewe kant van dinge raaksien nie, raak die probleme met ‘n negatiewe uitkyk, dikwels baie groter in ons kop, as wat dit in werklikheid is…  Die GOEIE nuus vanoggend, is dat ons as Christene, HOOP kan hê, maak nie saak HOE donker, of HOE moeilik dit met ons gaan nie!  Dis ook ‘n ongelooflike BELOFTE om aan vas te hou vir die laaste stukkie van die jaar, asook net voor die begin van ‘n nuwe jaar!  Jesus stap saam met jou!!  Al kom daar dae wat soos “rollercoaster rides” vir jou voel, WEET dat dit nie vir ewig sal aanhou nie, dat jy nie vir ‘n oomblik dit alleen hoef aan te durf nie, en dat Jesus sal sorg dat NIKS met jou gebeur wat jy nie deur Sy krag sal kan hanteer nie…  Hy sal jou elke dag van hierdie jaar equip, sodat jy sal GROEI deur elke omstandigheid wat jy moet deurmaak, en nie sal breek met elke moeilikheid wat jou pad kruis nie!

Blessings!


Anel xx