Thursday 12 March 2015

“People who are crazy enough to think they can change the world, are the ones who do.” - Apple Computers

Haloes! J

“People who are crazy enough to think they can change the world, are the ones who do.” - Apple Computers

Philippians 2:14-15

“Do all things without grumbling or questioning, that you may be blameless and innocent, children of God without blemish in the midst of a crooked and twisted generation, among whom you shine as lights in the world…”

Luke 1:37 

“For nothing will be impossible with God.”

“I’ve missed more than 9000 shots in my career. I’ve lost almost 300 games. 26 times, I’ve been trusted to take the game winning shot and missed. I’ve failed over and over and over again in my life. And that is why I succeed.” - Michael Jordan

“If you want to test your memory, try to recall what you were worrying about one year ago today.” - E. Joseph Cossman

Dink gou aan 'n jaar terug hierdie tyd...  Is jy nog dieselfde persoon as wat jy presies vandag 'n jaar terug was??  Ek dink daar is baie min van ons wat hierdie met oortuiging sal kan verklaar... En dis ook 'n baie goeie ding as jy nie meer presies dieselfde mens is nie, want dit beteken dat groei plaasgevind het en  jou geshape het, om die mens te kan word wat God jou bestem het om te wees... 

Elke ondervinding wat jy deurmaak, is iets wat bydra tot jou karakter...  Baie keer, kruisig ons, onsself oor ons foute of wanneer ons hulle maak... Ek probeer dit eerder sien as "ondervinding" - iets waaruit ek kan leer, en waarop ek kan bou vorentoe - 'n manier om NIE weer iets aan te pak as dit een keer nie gewerk het nie... 'n Fout is net 'n fout as dit nie reggemaak kan word nie...  God wil hê dat jou karakter, 'n karakter moet wees sonder vrees, een wat leef in oorvloed (dalk nie altyd net materiele dinge nie maar ook die emosionele dinge); een wat die silwer randjie gaan soek om die donker wolk... Want kom ons wees eerlik - dinge is nie altyd net maklik en mooi nie... Die lewe is nie net skoenlappers en reënboë nie...

Daar is baie hartseer; eensaamheid; siekte; armoede; pyn en situasies wat vrees veroorsaak op 'n daaglikse basis... Ons kan kies dat dit ons inperk, en dat ons 'n lewe van negatiwiteit gaan leef, of ons kan kies om 'n positiewe mens te wees en te leef deur God se krag wat in ons werk...  'N moeilike situasie word baie makliker hanteer en opgelos met 'n positiewe ingesteldheid saam met God as wanneer jy dit met negatiwiteit benader...  Want wanneer ons negatief is, vergeet ons baie keer van God... Ons fokus is die PRObLEEM en nie die OPlOSSING nie...  As jy 'n testament opstel, sal jy 'n prokureur aanstel om na jou belange om te sien - sodat wanneer jy nie daar kan wees nie, daar iemand bevoeg is, wat in jou plek kan  optree en sorg dat die dinge steeds in plek kan laat val...  Laat God toe om vandag, en sommer die hele jaar in beheer van jou lewe te wees...  Laat moeilike tye karakterbou oomblike wees... Sodat jy eendag 'n legacy van geskiedenis kan agterlaat, en dat jou lewe 'n inspirasie van sonskyn vir die mense rondom jou sal wees!!!   

Hoop jy gaan 'n AWESOME naweek he!!

Blessings!


Anel xx

No comments: