Sunday 29 March 2015

“Life has many different chapters; one bad chapter doesn’t mean it’s the end of the book…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Life has many different chapters; one bad chapter doesn’t mean it’s the end of the book…” ~ Unknown
 
Proverbs 3:24 
 
“When you lie down, you will not be afraid; when you lie down, your sleep will be sweet.”
 
Exodus 33:14 
 
“The Lord replied, “My Presence will go with you, and I will give you rest.”
 
“Without dreams, we reach nothing…  Without love, we feel nothing… and without God we are nothing…” ~ Unknown
 
“Be an encourager…  The world has plenty of critics already…  Dave Willis
 
Vir elke goeie storie moet daar gewoonlik ‘n paar elemente wees…  ‘n Treffende begin, interessante karakters, ‘n storie wat jou gaan boei, ‘n paar “curveballs” en hopenlik ‘n inspirerende einde…  Dit is gewoonlik die tipe stories / flieks wat mens onthou…  Ek dink ons lewens beskik oor basies AL hierdie eienskappe…  Hoe ons dit egter LEEF, hang af of dit ‘n “must read / must watch” sal wees…  Ons raak egter baie keer SO vasgevang in alles wat verkeerd gaan / verkeerd is, dat ons uitmis op al die geleenthede sowel as blessings wat oor ons paaie kom…  Ek dink dat wanneer dinge begin verkeerd gaan, of moeilike tye oor ons paaie kom, voel ons baie keer so mismoedig dat dit sommer net makliker sal wees om handdoek in te gooi en weer te probeer “oorbegin” – in plaas daarvan dat ons vasbyt, deurdruk en met meer “karakter” anderkant uitkom…
 
Hierdie aanhaling vandag is vir my super treffend… ‘n Slegte hoofstuk, beteken nie die einde van die storie nie!  Dit beteken net dat ons deur karakter bou oomblikke gaan, en dat ons dit moet sien as “ondervinding” wat ons sal help om ander mense se lewens te impakteer…  God is saam met ons – in die goeie EN slegte tye…  Hy sal ons nooit verlaat en nooit in die steek laat nie, en Hy sal ons instaat stel om “world changers” te kan wees, deur hoe ons leef…  Dink gou aan ‘n ete / fliek / tyd saam met familie / vriende – as mens leef met die houding dat daar niks meer oor is om voor te leef nie – sal die lewe eintlik maar puntloos wees…  Maar die feit dat ons asem in ons longe het, beteken dat ons nog hier is om ‘n verskil te maak vir God se Koningkryk en dat Hy vir jou PURPOSE het…  The best is yet to come – maak dit jou leuse vir die res van die jaar…  God sal jou nie daarin teleurstel nie!!!  A bad chapter, is merely a “curveball” in your story…  The Best is Yet to Come!!
 
Blessings!
 
Anel xx
 
 

No comments: