Wednesday 25 April 2012

“You cannot do anything about the length of your life, but you can do something about it’s width and depth…” ~ Shira Tehrani

Haloes! :)
“You cannot do anything about the length of your life, but you can do something about it’s width and depth…”  ~ Shira Tehrani

Josua 1:9

“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees…  Moenie bang of huiwerig wees nie…  Die Here jou God, is saam met jou in alles wat jy doen…”

Deuternomium 31:6

“Wees sterk en hou moed!  Moenie vir hulle bang wees nie!  Die Here julle God sal saam met julle wees…  Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie verlaat nie…”

“Dream as if you'll live forever. Live as if you'll die today…” ~ James Dean

“Every single one of us can do things that no one else can do - can love things that no one else can love. We are like violins. We can be used for doorstops, or we can make music. You know what to do…”  ~ Barbara Sher

Het jy al geskenke gekry waarvan jy nie gehou het nie??  Ek is seker elkeen van julle het al!  Wat het jy daarmee gemaak?  Op ‘n rak iewers gesit, in ‘n kas weggepak, gaan teruggee vir die winkel of dit gebruik?  Ek dink dat daar baie min mense is, wat iets sal gebruik waarvan hulle nie hou nie…  Jy sal eerder die dinge dra of gebruik waarvan jy hou, en wat jou laat goed voel oor jouself, nie waar nie?

Ons lewens is baie keer dieselfde!  Wanneer jy deur ‘n moeilike tyd gaan, of groot uitdagings op jou pad ervaar, “parkeer” jy baie keer jou lewe…  Jy trek in die parkeerplek in, en sit en wag dan vir die moeilikheid om verby te gaan, of om net deur dit te kom…  As jy onder ‘n waterval staan, of binne in ‘n rivier, en jy staan net doodstil, SAL die stroom jou meesleur!  Dis ‘n gegewe!  Net so, wanneer jy gaan stilstaan wannner die lewe moeilik raak, en tye ondraaglik, is dit BAIE MAKLIK dat jy gaan vergeet om weer te beweeg…  Jy kan dalk in die parkeerarea gestationeer bly, en wanneer jy jou oë uitvee, op ‘n GROOT deel van jou lewe uitgemis het, omdat jy nie wou deurdruk en saam met God die moeilikheid FACE nie…

Uit moeilike situasies kom daar ALTYD ‘n stukkie seën vir jou!!  God sal jou nie onnodig of sonder rede deur tawwe tye laat gaan nie!  Daar sal altyd ‘n method in the madness wees…  Om ‘n vol lewe te hê, kan ons nie in die parkeerarea gaan stop nie…  Jy moet aanhou ry, God sal jou voorsien van die petrol wat jy nodig het om aan te gaan!  VERTROU op God!  Psalm 37:5 -  “Vertrou jou lewe toe aan die Here…  Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg!”  Lewe SO dat jy oor niks sal spyt wees eendag nie!  Waag kanse, kry seer – ten minste sal jy dan nie vir altyd lewe met ‘n “wat as ek maar” uitkyk nie…  Waardeer die mense waarmee God jou seën – die lewe is kort!!  Spreek NOU sagte woorde, sê nou jy is lief, waardeer NOU…  Life is too short for regrets... :)  Just do it...

Blessings!

Tuesday 24 April 2012

“A strong person and a waterfall always channel their own path…” ~ Anonymous

Haloes! :)
“A strong person and a waterfall always channel their own path…”  ~ Anonymous
Romeine 8:28
“En ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe…”
Klaagliedere 3:21
“Tog is daar een ding waarop ek kan reken, en waarop ek altyd kan hoop…  Deur die Here se troue liefde is ons nie doodgemaak nie…  Hy hou nooit op om vir ons om te gee nie…  Sy liefde het geen einde nie…  Op U ontferming kan mens altyd vertrou…  Dit is elke oggend nuut…  Ek sê vir myself, Ek behoort aan die Here…  Ek kan op Hom vertrou…  Die Here is goed vir hulle wat hoop op Hom en vra wat Hy wil hê…  Dit is goed om geduldig te wag totdat die Here ons red…”
“Your talent is God's gift to you. What you do with it is your gift back to God…” ~ Leo Buscaglia
“You're writing the story of your life one moment at a time…” ~ Doc Childre and Howard Martin
Waarop basseer jy jou besluite of hoe jy jou lewe leef?  Op wat ander mense jou vertel om te doen??  Of bid jy, en vertrou jy dat God vir jou die antwoorde sal gee waarna jy soek?   Dis baie keer maklik om jou ore vir die wêreld uit te leen, en jou besluite dan te basseer op mense se opinies, en “die mense sê…”  Wat van wat God sê?  Ons wil baie keer hê dat die lewe soos kitskos, of daai pakkies kos met die “ready made” instruksies op moet wees…  Ons wil nie wag nie – ons wil NOU hê wat ONS wil hê, en as “die mense dan sê” dat dit SO moet wees, hoekom nie??
Ek het die aanhaling onlangs gehoor – het probeer google wie dit sê, maar kon nie ‘n defnitiewe outeur kry nie…  “We are into microwaving…  Whereas God, is into marinating…”  Dis SO waar…  God is ons basis, en dit wat Hy daagliks oor ons pad stuur, is wat ons voorberei op die GROOT seën wat oppad is na ons kant toe…  Die lekkerste vleis wat mens kan braai / op ‘n weber kan maak, moet eers vir ‘n tyd lank in ‘n sous lê, om te kan sag word en daarna die geurigste smaaksensasie na vore te bring…  So ook, moet ons bereid wees om geduldig te wees terwyl God met ons besig is…  Ons het twee ore, en een mond – om dus TWEE keer te luister, en een keer te praat…  Raak rustig, en LUISTER na dit wat God vir jou wil sê!  Hy sal praat, wanneer jy bereid is om te luister!  Hy sal jou voorsien van daardie antwoorde wat jy nodig het om te hoor!  Vertrou net…
Blessings!

Monday 23 April 2012

“It is never too late to be what you might have been…” ~ George Elliot

Haloes! :)
“It is never too late to be what you might have been…”  ~ George Elliot
Psalm 34:8
“Want die Engel van die Here, hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle…”
Psalm 34:9
“Beproef en sien dat die Here goed is…  Geseënd is die persoon wat op Hom vertrou…”
“The future belongs to those who believe in the beauty of their dreams…”  ~ Eleanor Roosevelt
“Commitment leads to action. Action brings your dream closer…”  ~ Marcia Wieder
Ons is besig met ‘n reeks (Alpha reeks) in selgroep wat my ONGELOOFLIK aangeraak het verlede Woensdag…  Ek moet net die kruks van die boodskap wat ons gekry het, met julle deel, want ek voel dat dit ‘n boodskap is wat ELKE persoon ten minste 1 keer in sy lewe moet hoor!  Die predikant het Christenskap met ‘n huwelik vergelyk…  Kyk net hoe interessant en WAAR is die volgende!
1.       As jy getroud is, wonder jy nie of jy getroud is nie, WANT – jy het ‘n huweliksertifikaat as bewys daarvan…  NET SO, behoort jy nie te wonder of jy ‘n kind van God is nie, want jy het die Bybel as bewys daarvan…
2.       As jy getroud is, hoef jy verder ook nie te wonder of dit werklik is nie, want jy het ‘n gebeurtenis om die dag te staaf – naamlik, jou TROUDAG…  NET SO, het jy ‘n gebeurtenis wat merk dat jy ‘n Christen is, naamlik die dag toe Jesus vir jou en my aan die kruis kom sterf het!
3.       Jy kan dus RUS in die wete dat jy ‘n Christen is, wanneer jy vir Jesus Christus as jou verlosser en Saligmaker aanvaar het! 
Faith, is nie iets wat op ‘n gevoel gebasseer is nie…  Dis iets wat jy weet en glo, al kan jy dit nie sien nie (Hebreërs 1:11) – omdat jy vir Jesus aanvaar het!  Ons Christenskap kan dus nie gebou word op HOE ons voel nie, want mens se emosies kan ELKE dag verander en verskil van hoe jy die vorige dag gevoel het…  As jy jou verhoudings of huwelik basseer op ‘n gevoel – en nie ‘n KEUSE wat jy gemaak het, om die pad end uit te stap, met Jesus as jou basis nie – sal dit ook nie lank wees voor jou gevoelens jou wysmaak dat jy nie meer jou lewensmaat liefhet nie…  Hierdie was vir my soveel waarheid, en mens dink nie altyd so daaraan nie!  Nog iets wat ek wil byvoeg, wat aansluit by jou Christenskap, asook 'n huwelik – is GEDULD…  Mens het in alle verhoudings geduld nodig, want ons is NET mens wat partykeer geirriteerd kan raak met die mense rondom ons…  As jy met elke fight wat jy het, ‘n vriendskap of verhouding beeindig, sal jy nie baie lank gelukkig wees nie…  Jy sal ook nie baie vriende oorhe nie!  Daardie fights wat mens moet deurgaan, is deel van die karakter wat gebou moet word in jou lewe, om jou ‘n sterker mens anderkant te laat uitkom J  NETSO, moet jy GEDULDIG OP GOD WAG, vir die planne wat Hy in jou lewe het! 
Deur SY krag, en genade, en die gawes wat Hy jou gegee het, kan jy jou drome najaag!  Dis NOOIT te laat om te wees wat jy nog altyd net oor gedroom het nie!  Jesus sal Sy plan vir jou lewe aan jou bekend maak, wanneer die tyd daarvoor reg is…  Mens voel partykeer of jy baie lank moet wag vir deurbrake om te kom – maar ek belowe jou – jy sal NOOIT tevergeefs wag nie!  Jesus sal voorsien, die dinge sal in plek val, en Hy sal dinge laat uitwerk sodat jy die grootste moontlike seën daaruit kan ontvang!  WAG OP JESUS!  Hy sal jou nie teleurstel nie!
blessings!

Sunday 22 April 2012

“A smile is a curve that sets everything straight…” ~ Anonymous

Haloes! :)
 
“A smile is a curve that sets everything straight…”  ~ Anonymous
Spreuke 15:13
“Blydskap laat ‘n mens se gesig straal…  Hartseer maak ‘n mens teneergedruk…” 
Markus 9:23
“As ‘n mens glo, is alles moontlik…”
“You can really change the world if you care enough…”  ~ Marion Wright Edelman
“Action may not always bring happiness, but there is no happiness without action…”  ~ Benjamin Disraeli
Besef ons elke dag hoe bevoorreg ons is om te kan sien, praat en hoor?  Dis maar 3 sintuie van die TONNE ander waarmee ons gebless is!  Of die feit dat jy ‘n taal praat wat ander kan verstaan??  Ek het net opnuut weer besef watter voorreg dit is toe die volgende gebeur het…  Ek was oppad na my woonstel van die lughawe af, en daar was hierdie couple wat heel verward gelyk het…  Ek en die tannie het oogkontak gemaak, en ek het geglimlag…  Sy glimlag toe terug en ek dink dit was al aansporing wat sy nodig gehad het…  Sy vra toe – “Central station, which train?”  Ek begin toe in Engels vir haar vertel dat dit enige een van die twee treine kan wees, en dat mens net op die kant van die trein moet kyk watter naam daar staan as hy stop / kyk na watter kant toe die pyl wys…  Na ek my hele storie gepraat het, het ek gesien sy kyk my met ‘n totale “blank” uitdrukking aan…  Ek probeer toe weer…  “What language do you speak / where are you from?”  “Italy…”  Sy het met ‘n frase boekie onder haar arm, toe sinne opgesoek wat sy my wou vra – toe ons uiteindelik op die regte trein oppad Amsterdam toe was…
Dit het my net laat besef – ons neem partykeer “for granted” dat ons so maklik kan kommunikeer!  Dis ongelooflik moeilik as iemand jou glad nie verstaan nie…  Ek het gebare probeer gebruik ens, maar dit was maar redelik tevergeefs…  Maar wat ek OOK besef het, is dat ‘n glimlag ‘n BAIE ver pad gaan!  As mens nie woorde het nie – is dit partykeer al wat nodig is…  Dit kos niks, en dis iets wat ALMAL verstaan!  Hoe BLESSED is ons nie vanweë die feit dat ons in ons eie taal met God kan praat nie!  Jy hoef nie ‘n tolk te hê, of ‘n spesifieke taal aan te leer om met Hom te kan kommunikeer nie!  Jy hoef ook nie ‘n afspraak te maak, wanneer dit vir Hom geleë sal wees om met Hom te kan gesels nie – ENIGE OOMBLIK VAN ENIGE DAG!! En jy kan kom – NES jy is!!!  Hy het jou LIEF en aanvaar jou – NES jy is!!  Ek’t baie die laaste tyd agtergekom dat mense op ‘n spesifieke manier probeer optree, omdat hulle dink dat DIT sal maak dat hulle deur die mensdom aanvaar sal word…  Mense vir wie jy jouself moet verander – is jou nie werd nie!!  Jy moet BO ALLES, NET JOUSELF kan wees!  Want jy sal net vir SO lank kan voorgee om iets te wees wat jy nie is nie… 
Wees vandag vrygewig met daardie glimlag wat God jou mee geseën het!  God stuur elke dag tientalle mense oor ‘n mens se pad – en ek belowe jou – ten minste een van daardie mense wat vandag jou pad gaan kruis, het daardie glimlag van jou ONTSETTEND nodig!!  Jy sal ook ligter voel, wanneer jy ‘n glimlag met iemand deel!
Baie blessings vir jou!

Thursday 19 April 2012

Hou Moed - Paaseier getuienis!

Haloe julle awesome mense!
 
Ek het die voorreg gehad om vir 'n baie vinnige week in SA te wees, en het gedurende my tyd daar gehelp met 'n paar aflewerings vir die Paasprojek...  Hou Moed, is 'n plek van hoop vir straat kinders in Zwehlile, naby Hermanus...  Oom Theo is 'n absolute inspirasie vir my!  Hy is 79 jaar oud, 'n Man van God! en run nogsteeds daardie plek soos 'n LEGEND!!! HY het my vertel dat dit God se wil was om die plek te begin, en HOE God net AL die dinge in plek laat val het, en VANDAG nog sorg dat hulle ontvang wat hulle nodig het, wanneer hulle dit nodig het! Hier is so 'n kort uittreksel van hoe dit als begin het...
 
The HOU MOED CENTRE which is situated in Kwasa Kwasa, is widely acclaimed as a monument to the inspirational zest and efforts of one man, Theo de Meyer, who considers this dynamic hands-on project a calling to serve The Lord by this means.  It all started in November 1996 when the Hermanus Municipality gave Theo and his team of unskilled and unemployed workers the go-ahead to convert and renovate the abandoned and derelict aircraft control tower buildings and hangers, into a night shelter for the homeless. (As jy meer wil lees - google:  Hou Moed Hermanus)
Dis 'n SAFE HAVEN vir die kinders van Zwelihle...  Oom Theo leer vir hulle waardes, hulle was betrokke by die Passiespele wat in Hermanus opgevoer is tydens Paasfees, en hulle tree ook op by sommige instansies - waar hulle dan liedjies sing...  Hulle word geleer om te recycle - vir elke bottel of koerantpapier ens wat hulle na Hou Moed bring, ontvang hulle " punte"  wat hulle dan kan gebruik om goed te koop by die winkel wat ook daar is...  Jy kan dan met jou punte klere / skoene / speelgoed ens ens koop...  Baie wyse manier om kinders te leer van recycling!! Die voorskoolse kinders het klassies daar (ek en my boetie het by 'n paar ingestap terwyl die klasse aan die gang was).  Iets wat my SO aangeraak het toe ek daar aangekom het, is dat 3 kindertjies (op afsonderlike tye), op my afgehardloop het, en hulle arms om my gegooi het...  Sonder dat hulle jou ken, of iets ontvang het, straal hulle net die onvoorwaardelike liefde uit!  Van die kleintjies wat kom dankie se het, het my hand gevat, en ons duime "geflick" en gese - "SHAP" :)  Was dierbaar!!!

Oom Theo is vir my 'n INSPIRASIE!  Om op 79 nog rond te hardloop saam met die kinders, en ELKE dag te bou aan die Koninkryk van God, is iets wat ons kan nastreef!  Dit was 'n absolute voorreg om daar te kon uitdeel, en ek dink nie ek kan in woorde verduidelik die dankbaarheid wat elke kind uitgestraal het met die klein pakkie paaseiers wat hulle ontvang het nie...  Mens besef net weereens HOE bevoorreg ons is, en hoe maklik ons kla...  God wil jou en my gebruik - NES ONS IS!  Laat Oom Theo vir ons elkeen 'n inspirasie wees - jys NOOIT te oud om 'n verskil te maak nie!!


blessings!





anelli**

“As long as you have life and breath, believe. Believe for those who cannot. Believe even if you have stopped believing. Believe for the sake of the dead, for love, to keep your heart beating, believe. Never give up, never despair, let no mystery confound you into the conclusion that mystery cannot be yours.”

Haloes! :)
 
“As long as you have life and breath, believe. Believe for those who cannot. Believe even if you have stopped believing. Believe for the sake of the dead, for love, to keep your heart beating, believe. Never give up, never despair, let no mystery confound you into the conclusion that mystery cannot be yours.”
Mark Helprin, A Soldier of the Great War

Psalm 37:3-5
 
"Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is.  Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.  Laat jou lewe aan die Here oor, vertrou op Hom...  Hy sal sorg..."
 
Isaiah 40:31
 
Those who wait on the Lord will find new strength. They will fly high on wings like eagles. They will run and not grow weary. They will walk and not faint...
 
´Hoe eet jy ´n olifant?  Stukkie vir stukkie...“ - Anoniem
 
" 'n Mens kan oor die hoogste berg loop as jy een tree op 'n slag gee..."  ~ Johan Wanamaker
 
Vanjaar was die 3e jaar wat ons die Paaseierprojek as vriende aangepak het...  En elke jaar, sit ek met dieselfde vraag in my gemoed...  Is dit God se wil dat ons dit moet aanpak, of is dit ons eie wil om ’n verskil te wil maak en mense te wil help...  My ma het ’n baie waar ding vir my gesê – my kind – dis God se wil, omdat HY daardie gedagte 3 jaar gelede in jou gedagtes gesit het, en Hy jaarliks VOORSIEN...  Hy oortref elke jaar my gedagtes net nog meer met wie Hy op ons pad sit, maar ook oor hoe Hy sorg dat ons soveel meer het as wat ons nodig het...  Hierdie jaar was gee uitsondering nie!  30,099 paaseiers ingesamel en dus ’n boodskap van liefde vir meer as 10,000 mense versprei...
 
Ons het gisteraand in sel gepraat oor die feit dat mens partykeer lank moet wag op God en Sy beloftes...  Dat die deurbrake soms net nie wil kom nie...  Al wat ek vandag vir jou kan sê is dat jy geduldig moet wees!!!  God is die een persoon wat jou NOOIT teleur sal stel nie!  Hy is altyd dieselfde, en Hy Sy liefde en genade is ELKE oggend nuut vir jou!  Hou vas aan Psalm 37:3-5 – VERTROU God ten volle!  Moenie dat dit net woorde wees nie, maar plaas jou hand in Syne, en jou hoop en geloof in Hom...  Hy weet WAT jy nodig het, maar ook wanneer jy dit nodig het...  En soos die Paasprojek ’n bewys is, wanneer dit binne Sy wil is, SAL HY NIE TELEURSTEL NIE!  Al wat Hy van jou vra, is om te VERTROU!
Mag jy ’n pragtige Vrydag en naweek he!
 
Blessings!

Wednesday 18 April 2012

Ongelooflike getuienis en terugvoer van Paasprojek 2012

Hi julle awesome mense!

Hier is nou vanoggend 'n storie van HOOP vir ELKEEN van julle!  Soos julle weet, weens logistieke redes :), het my ma en Ronalda hierdie jaar beheer geneem van die Paasprojek.  My ma het vir ons terugvoer geskryf daaroor - en dis 'n ONGELOOFLIKE getuienis!!!  Het my hart diep aangeraak, so maak tyd om hierdie te lees...  Dit sal hoop bring vir jou wat dit nodig het!

Ek was bevoorreg genoeg om 1 plek te kon gaan uitdeel (was vir 'n baie vinnige week in SA) en ek sal more (Vrydag) terugvoer daaroor skryf, en fotos stuur.  Ek het nie veel ander fotos (behalwe die wat ek reeds gestuur het, ontvang nie).

blessings vir jou! :)

anelli**

Paaseierprojek  2012 

Anél het die eerste paaseierprojek vier jaar gelede geloods.  Aanvanklik was die gedagte om vir die Rooi Kruis Kinderhospitaal paaseiers in te samel en uit te deel.  Hiervoor het ons ongeveer 2000 paaseiers nodig gehad.  Die Here het die projek ongelooflik geseën, soos die vissies en die broodjies, het ons 12 keer meer gekry as wat ons nodig gehad het (24,000) sodat ons aan die einde van die projek baie meer instansies kon ondersteun. 

Hierdie projek het ‘n jaarlikse instelling geraak en het van krag tot krag gegaan.  Ons doelwit was om ‘n paaseierpakkie (3 eiers) aan minderbevoregtes, kinders in kinderhuise en bejaardes in tehuise uit te deel.  Die dankbaarheid van die mense wat dit ontvang het, het elke jaar diep aan ons harte geraak.

Verlede jaar is die projek nie geloods nie aangesien ek heel jaar chemo behandeling gekry het.  Toe Anél my aan die begin van Februarie vra of ek kans sien om die projek vanjaar te doen was my eerste  reaksie ja en na ek daaroor gedink het, nee.  Ek herstel nog na die chemo en het geweet wat die projek behels... Paaseiers optel, in pakkies verpak, lintjies knoop en versprei na die nodige instansies.  Jou rug voel later of dit breek, jou spiere raak in spasma en jou vingers se koordinasie wil later nie meer saamwerk nie.  Die spreekwoord die mens wik maar God beskik is hier so van toepassing dat dit eintlik ongelooflik is.  ‘n Vriendin van Anél, Ronalda, het in hierdie tyd vir haar gekontak en gevra of sy kan help met die paaseierprojek.  Ek het onmiddellik  gesê dat ek bereid is om te help as ek hulp kry.  So het ek en Ronalda oor ‘n teetjie gesels en beplan.  Anél het julle almal gekontak en die donasies het begin instroom. 

Die Here het die projek so gebless deur vir die eerste keer mense te stuur wat bereid was om as koordineerders op te tree; Hy het mense gestuur met baie paaseiers wat reeds in pakkies verpak was; Hy het mense gestuur met name van behoeftige kinderhuise, kleuterskole en nagskuilings.  Jeremia 29:11 was ons vers hierdie jaar :  “Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here.  “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.  Julle sal na My roep en kom bid.  Ek sal na julle luister.  As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.”

In die tyd het ek gesien en beleef dat hoe meer ons God se wil doen, hoe groter die aanslag van satan (So baie dinge het erg verkeerd geloop en ons huis is beroof in die tyd). Ek en Ronalda het afsonderlik gewerk en net die getalle van wat ons ingesamel het aan mekaar gestuur. 

Gebeure wat vir my uitgestaan het tydens die projek:
·         Ons het begin met ‘n lys van  45 plekke wat gekontak moes word (wat eintlik ons verwagtinge oortref het!) en ons het geeindig met ‘n totaal van 60 plekke wat donasies kon kry. (God het soveel meer voorsien as wat ons kon dink!)
·         Ons het gefokus op kinderhuise en ouetehuise, maar God het toeriste daarby ingesluit.
·         Ons het vir kinderhuise paaseiers gegee en hul het vir gebed gevra (SOS Childrens Village, Thornton).
·         God het my nou vir die tweede keer genees en in remissie geplaas van leukemie en limfoom en so kon ek deel wees van die uitreik na Hospice waar mense wat terminaal siek is (kanker- en vigslyers) versorg word. 
·         Ek het ook besef dat ons in hierdie land van ons waar elkeen besig is met sy eie dinge en die meeste van ons ‘n goeie, beskermde lewe lei nie ‘n idee het hoe baie vigslyers daar is nie.  St. Luke’s Hospice in Claremont, wys niemand weg wat hulp nodig het nie, self al het jy nie fondse om te betaal nie.  Hul versorg tans 800 terminale pasiënte.  Hulle is ten volle afhanklik van donasies.
·         Elim Nagskuiling in Elsiesrivier se behoefte is so ongelooflik groot, maar hul dankbaarheid was groter, sodat trane gestort is oor ‘n pakkie van 3 paaseiers.  Die bestuurder het gesê – net die oggend voor ek haar gebel het, het iemand gevra wat hulle vir Paasfees gaan doen.  Sy moes antwoord – NIKS.  Want ons het nie die fondse nie, en ook geen Paaseiers…  En daardie selfde oggend bel ons om te sê dat ons vir elke inwoner ‘n pakkie het…
·         ‘n Plaaslike ouetehuis, langs ‘n kerk geleë, se bejaardes wou weet van watter kerk die paaseiers kom en ons kon sê dit kom van die Here af, wat jare gelede die idee vir Anél gegee het.
·         Vier jaar gelede het No Limits, ‘n program wat deur Badisa geloods is onder straatkinders 15 pakkies gevra.  Vanjaar kon ek 500 pakkies vir hulle gee, omdat die nood oor die afgelope vier jaar so ongelooflik groot geword het.
·         Hou Moed Youth and Comunity sentrum in Hermanus wat gestig is deur Theo de Meyer wat ongelooflike opheffingswerk doen in Zwehile.  Hiervan sal Anél julself meer vertel aangesien sy bevooreg was om hul pakkies self uit te deel - email volg Vrydag met fotos! :)

Wat ek geleer het uit vanjaar se projek:
God vra gewone mense soos ek en jy om net bereid te wees om vir Hom te werk. HY sorg self vir die res!  Dit help nie ons gaan Sondag op Sondag kerk toe en stap en ry verby daardie tehuis/versorgingsoord en besef nie daardie mense wat almal al vergeet het ook God se kinders is en  ook onvoorwaardelike liefde nodig het soos God vir ons gee.  God vra dat ek en jy sy hande en voete sal wees.  Dit is wat ons kinders van God maak.  Jesus het vir die verlorenes gekom, daardie een lammetjie wat afgedwaal het (die man/vrou in die nagskuiling) en Sy opdrag aan ons was Matteus 28: 19-20 “Gaan dan , maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.  Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet verseker : Ek is vir altyd by julle tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.”

Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het, koordineerders, kontant, pakkies pak, pakkies uitdeel, name van instansies deurgee, gebed vir ons, van watter aard ookal.  God het ons ryklik geseën!

Ons het vanjaar 30 099 paaseiers ingesamel en kon vir 10 033 mense ‘n boodskap gee: 
God realy loves you / Jesus het jou lief!

Mag die Here met elkeen van ons almal wees en bly!

Rounell Hugo

“Sometimes the questions are complicated and the answers are simple.” ~ Dr. Seuss quotes

Haloes! :)
“Sometimes the questions are complicated and the answers are simple.”  ~ Dr. Seuss quotes
Hebrews 13:5 (Amplified Bible)
God has said, I will not in any way fail you nor give you up nor leave you without support.  I will not, I will not.  I will not in any degree leave you helpless nor forsake nor let you down nor relax my hold on you!  Assuredly not!
2 Corinthians 5:7
“…live by faith, not by sight.”
 
“You can’t connect the dots looking forward, only by looking backward…”  ~ Steve Jobs
 
"Wanneer God ons op klipperige paaie stuur, sal Hy ons ook van sterk skoene voorsien..." ~ Corrie ten Boom

Is jy een van daardie mense wat naief is, en alles glo wat almal jou vertel (dus nog glo in die goeie van die mensJ), of is jy sinies, en sal jy slegs glo wanneer jy dit met jou eie oë sien?  Toe ek hierdie vers in Korintiërs gelees het, het dit my baie aan Thomas laat dink, toe hy vir Jesus na Sy kruisdood gekry het, en nie wou glo dat Hy werklik die Messias was, voordat hy sy vinger in Jesus se sy kon druk en die spykermerke gesien het nie...

Ek dink ons tree baie keer op soos Thomas, al dink ons nie so nie...  Ons weet dat God vir ons is, dat Hy ons nooit sal verlaat nie, en ons nooit in die steek sal laat nie, maar ons twyfel steeds of Hy dinge in ons lewe sal laat uitwerk, of dat Hy sal oplossings bring vir probleme...  Ons twyfel of ons in die regte werk is, of ons verhoudings gaan uitwerk, of ons nuwe vriendskappe moet aanknoop, ou brue moet herstel, en  of God uitkoms gaan bring, want ons sukkel regtig om kop bo water te hou...   baie keer saai die duiwel soveel twyfel, dat ons werklik eers glo, wanneer die dinge uitwerk, en wanneer ons die uitkoms sien!  God was egter HEELTYD daar, en HY het HEELTYD gesorg – soos HY ons in Sy woord belowe!  Ons oorkompliseer eenvoudige dinge – eerder as om net te vertrou dat God sal sorg...  Ek belowe jou dit – as God jou voorsiener is, as jy daagliks tot Hom bid, en Hom ken in alles wat jy doen, en dat jy Hom vertrou soos jy jou kar vertrou dat hy jou van punt a na punt b sal bring – sal Hy jou nie teleurstel nie!  Live by FAITH – not by sight...

Een van my gunsteling aanhalings is dat die lewe vorentoe geleef moet word, maar net in reverse (dus wanneer jy terugkyk), verstaan kan word...  Die dinge wat jou vanoggend vul met soveel twyfel, sal jy wel oor ’n maand of ’n jaar verstaan...  God sal jou toerus met die nodige krag, nodige skills en gawes wat jy nodig het om die lewe VOLUIT vorentoe te kan leef!  Vertrou Hom daarvoor...  Live by FAITH – daagliks – dank God sommer nou al vir ALS wat HY nog in jou lewe gaan doen!!  Ek bid dat jou geloof in God beloon sal word met die AMAZING blessings wat God vir jou het!! 

Blessings vir jou!!

Anelli**

Tuesday 17 April 2012

"Security is not the absence of danger, but the presence of God, no matter what the danger.”

Haloes! :)
"Security is not the absence of danger, but the presence of God, no matter what the danger.”
Psalm 16:8
“Die Here is altyd by my…  Ja, Hy is aan my regterhand, daarom sal ek nie struikel nie…”
Psalm 18:3
“Die Here is my rots, my vesting en my redder…  My God, en my rots, by wie ek skuil…  Hy is my skild, my magtige redder, my veilige vesting…”
“Security is not the meaning of my life. Great opportunities are worth the risks.” ~ Shirley Hufsteddler quotes
“Security is an illusion. Life is either a daring adventure or it is nothing at all.”
Ek het gedink aan die “trapeze artists” by ‘n sirkus toe ek hierdie aanhalings gelees het…  Ek wonder hoeveel van hulle hul toertjies in die lug sou uitvoer as hulle geweet het dat daar geen sekuriteitsnet onder hulle was om hulle te vang, indien hulle nie die volgende swaai raakvat, en dan moontlik sou val nie?  Ek dink die hoeveelheid van hulle wat steeds die waaghalsige toertjies sal uitvoer, mag moontlik aansienlik verminder as die sekuriteitsnet onder hulle weggeneem word…
Ek dink ons is baie keer so afhanlik is van sekuriteit…  Dis waarvoor ons werk, waarvoor ons daagliks lewe…  Dis ook hoe ons, ons besluite neem – gebasseer op wat vir ons die meeste sekuriteit sal bied, en nie noodwendig wat vir ons die volste lewe sal gee nie…  Dit het my laat dink – neem ons nie dan besluite gebasseer op wat EK wil hê, eerder as wat God vir my wil hê nie?  Ons probeer self die oplossings vir probleme vind, ons probeer self sorg vir ons familie, geliefdes, vir onsself op skool – eerder as om op ons HOOF SEKURITEITSBRON te fokus!!  As ons vir God ken in ons besluite, en ons gebede – het ons sekuriteit!!!  Sekuriteit lê nie in aardse dinge nie, maar in ons ALMAGTIGE God wat ons elke dag omvou met Sy liefde!  Wanneer ons vir God eerste stel – en Hom as die beginpunt vir alles in ons lewe ken, kan ons nie anders as om secure geborge in Sy liefde vir ons te wees nie!  Moenie uitmis op ongelooflike dinge omdat jy te gefokus is op wereldse sekurteit dat jy vergeet van God nie…  God vra partykeer (maar ek glo Hy sal dit aan jou openbaar wanneer jy Bybel lees, of bid, of met ander gelowiges chat), dat jy Hom net sal vertrou – sodat Hy jou met ONGELOOFLIKE dinge kan seën…  Dit gaan partykeer net van jou verg om wel ‘n risiko te loop – soos ek toe ek die werksgeleentheid in Amsterdam ervaar het…  Ek het egter vrede in my hart gehad voor ek gekom het, dat dit is waar God my wil gebruik – maar ek het steeds ‘n risiko geloop dat dit nie lekker sou wees, of dat ek baie huis toe sou verlang ens ens nie…  Maar met die leap of faith wat ek geneem het, en deurdat ek God vertrou het – BLESS Hy my DAAGLIKS nog!!!!  Dis een van die lekkerste uitdagings en adventures wat ek ooit kon meemaak – en God stap daagliks saam my…  Hy is ook met jou – ken Hom net in wat jy doen – HY sal jou NIE teleurstel nie!
Blessings!

Monday 16 April 2012

“Sometimes the hardest things, are the most rewarding…” ~ One tree hill

Haloes! :)
“Sometimes the hardest things, are the most rewarding…”  ~ One tree hill
Romeine 15:13
“Ek bid dat die God wat aan ons ‘n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul…  Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees…”
Deuternomium 31:6
“Wees sterk en hou moed!  Moenie vir hulle bang wees nie!  Die Here julle God sal met julle wees…  Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie verlaat nie…”
“We are all faced with a series of great opportunities brilliantly disguised as impossible situations.”  ~ Charles R. Swindoll quotes
One isn't necessarily born with courage, but one is born with potential. Without courage, we cannot practice any other virtue with consistency. We can't be kind, true, merciful, generous, or honest… - Maya Angelou
Dit was die naweek die 29e bestaansjaar van die Vienna Marathon…  Ons het as ‘n groep pelle gegaan, en hulle het almal deelgeneem – van ‘n half marathon, tot aflos spanne wat ‘n halfmarathon saam gehardloop het.  Ek het as ‘n ondersteuner saamgegaan, en van punt tot punt beweeg om die wedloop te ondersteun…  Dit was vir my ongelooflik – so ‘n groot groep mense wat saam wegspring, en dan is dit hulle, die pad en die uitdaging van hul wedloop wat voltooi moet word…   Daar was met die begin van die wedloop, ‘n groot brug wat oorgesteek moes word, en die res van die wedloop het tussen prentjie mooi geboue, bome, tuine ens verloop.  Daar was mense wat gemaklik gehardloop het, mense vir wie jy kon sien dit pynvol was, en dan ander wat met Zorro suits ens gehardloop het – wat dit dus net ongelooflik geniet het!  Die weer was ook maar redelik toegetrek, en koud…  Daar was ‘n paartjie wat die aflos gehardloop het, en toe die man moes oorgee aan die vrou by die een punt waar ek gestaan het, het hy haar hand geneem en ‘n ent saam met haar gehardloop…  dit was vir my ongelooflik mooi!
God is vir ons elke dag daar soos hierdie man vir sy vrou was!  Hy vat ons hand, en Hy hardloop saam met ons…  Hierdie is belangrik om te onthou – veral vir daardie tye wat die pad onmoontlik lank is, en ons voel of ons voete ons nie ‘n oomblik verder wil dra nie…  Of wanneer die weersomstandighede in ons lewe van so ‘n aard is dat dit heeltyd reën en ons nie meer kan onthou hoe die son lyk nie…  Die moeilikste dinge wat mens moet deurmaak, maak jou gewoonlik so sterk en dit bou so aan jou karakter, dat wanneer jy dit deurgemaak het, en sukses behaal het – soos die atlete wat die half maratonne en volle maratonne gehardloop het en volooi het, dat dit jou vul met accomplishment, en ook met beloning vir die deurdruk deur die moeilike tye…  Al val jy 99 keer, is die belangrikste dat jy 100 keer opstaan…  God is vir jou – maak nie saak WAT jy op die oomblik deurmaak nie…  Hy glo in jou – SOVEEL meer as wat jy in jouself glo, en Hy het SOVEEL groter planne as wat jy vir jouself het!  “Dare to dream BEEEEEEG for your life!!!!”  God glo dit vir jou – as jy dit vir jouself begin glo, is daardie moeilike pad klaar halfpad gestap…
Blessings J

Thursday 12 April 2012

It’s not our differences that separate us, but our judgments of each other that do..." Meg Wheatly"

Haloes! :)
It’s not our differences that separate us, but our judgments of each other that do..." Meg Wheatly"
Psalm 31:23-24
“Toe ek bang was, het ek geroep: ‘Ek is afgesny van die Here…  Maar U het na my gebede geluister toe ek om hulp geroep het…”
Psalm 91:1
“Hy wat woon in die skuilplek van die Allerhoogste, sal rus in die skadu van die Almagtige…  Ek sal vir die Here sê, U is my toevlug en my vesting, my God op wie ek vertrou…”
Kindness trumps greed: it asks for sharing. Kindness trumps fear: it calls forth gratefulness and love. Kindness trumps even stupidity, for with sharing and love, one learns… - Marc Estrin
You cannot do a kindness too soon, for you never know how soon it will be too late… - Ralph Waldo Emerson
Ek wil gou hê jy moet jouself in die volgende scenario indink:  Jy het GEEN musikale kennis nie, ek sit ’n viool in jou hand, en ek gee aan jou bladmusiek, en sê – speel asseblief vir my die liedjie…  Ek dink nie dit sal fisies moontlik wees vir jou om dit te kan doen nie – want 1.  Jy het nog nooit musieklesse gehad nie; 2.  Jy kan nie note lees nie en 3. Jy weet nie hoe die liedjie klink nie, so jy sal ook nie op gehoor kan speel of weet of jy in die regte rigting beweeg nie…  Jy sal dus slegs musiek kan voortbring, as jy weet hoe om die instrument te hanteer en gewillig is om te LEER om note te lees – die bladmusiek, hoe om die instrument vas te hou en wat om te doen, ten einde klank te kan voortbring, ens ens…
Dit werk dieselfde met die Koninkryk…  Vir ons om deur God gebruik te word, om ’n verskil te kan maak, moet ons gewillige harte hê…  Dis ook nie iets wat vir almal natuurlik kom nie… Ons is soveel verskillende mense wat op hierdie aardbol lewe…  En ELKEEN is spesiaal deur God geskape, aanmekaar geweef in die moederskoot…  Almal het ook ’n ander hand kaarte ontvang om die spel van die lewe te speel…  Almal het ander battles wat hulle fight, ander paaie wat hulle stap…  In die 10 gebooie is die 1e gebod:  Jy moet die Here jou God liefhe, met jou hele verstand en jou naaste so liefhe soos jouself…  Die eerste stap om liefde aan jou naaste te bewys, is om hom of haar te aanvaar!  Jy gaan verseker nie van almal hou wat jou pad kruis nie, MAAR jy kan almal aanvaar…  Die wereld is vir AL God se kinders geskape…  En dis nie vir ons om ander te oordeel nie.  God sal SELF eendag die Finale oordeel  gee…   Dit vra niks van jou om vriendelik te wees, en ’n sagte oor en woord te he vir mense wat jou pad kruis nie…   Vriendelikheid, en sagmoedigheid sal enige  mens wat jou pad kruis en moontlik kwaad vir die lewe is, se hart sag maak.  Deur aanvallig te wees, of bakleierig is baie keer net ’n verdedigingsmeganisme wat mense gebruik om ’n muur om hulle op te rig, ten einde hulle teen seerkry te beskerm (as gevolg van vorige seerkry wat hulle al moes deurmaak).  AANVAAR mense NES hulle is…  Moenie bevooroordeeld wees nie…  Jesus het jou lief – NES jy is!!  Laat Hom toe om JOU as instrument te gebruik, dat jy die lewens van ander kan aanraak deur verby jul verkille te kyk, en hulle net te aanvaar, soos Jesus JOU aanvaar het…
Blessings!

Wednesday 11 April 2012

"Guard your thoughts, and there will be little fear about your actions." ~ J.C. Ryle

Haloes! :)
"Guard your thoughts, and there will be little fear about your actions." ~ J.C. Ryle
Hebrews 3:1
Therefore, holy brothers, who share in the heavenly calling, fix your thoughts on Jesus, the apostle and high priest whom we confess...
Jakobus 3:2
“Ons maak almal baie foute...Maar ’n mens wat sy tong in toom kan hou, kan dit ook met sy hele liggaam regkry...”
Our attitude in the face of life's challenges determines our suffering or our freedom... - Tara Brach
When you get into a tight place and everything goes against you, till it seems as though you could not hang on a minute longer, never give up then, for that is just the place and time that the tide will turn… - Harriet Beecher Stowe
Het jy al gepraat sonder om te dink?  En dan moontlik iemand se gevoelens so seergemaak, sonder dat jy dit bedoel het?!  Dit is iets wat verskriklik maklik kan gebeur!!  Ek’t die naweek na ’n gesprek geluister waar mense gepraat het van kollegas wat heeltyd vloek, en hoe mens se ore daaraan gewoond raak, dat jy dit later nie eers meer hoor nie…  OF dat dit jou gedagtes so besoedel, dat jy later sal saampraat, en nie eers agterkom wat jy sê nie…  ’n Ander scenario kan wees dat iemand jou verskriklik seer – of kwaadgemaak het, en dat jou gedagtes so besig is daarmee om dit oor en oor te herleef, dat jy dan uit seerkry – goed sê wat kon bly…
Ons is almal net mense, met foute…  Dit is dus ’n gegewe dat jy gaan foute maak.  Maar om jou tong in toom te hou met wat jy sê, is iets wat geoefen moet word…  Jy gaan nie sommer van nature nooit vloek, as jy heeltyd omring word deur mense wat vloek nie…  Jy gaan nie sommer vanself nooit skinder of afpak oor ander mense wat jou kwaad maak nie – dis iets wat ’n wilsbesluit gaan verg…   Hoe kan ek dit doen?!?   Ek is nie iemand wat maklik kwaad word nie…  Maar as ek kwaad word, raak ek goed kwaad J  Mense wat my ken sal nou lag, want ek weet hulle dink dat as ek kwaad word – “shame, anel het maar net ’n slegte dag vandag…”  Iets wat ek probeer toepas in my lewe, is om nie dadelik te reageer wanneer ek kwaad word nie…  Ek probeer om eers af te koel, en dan die saak weer opnuut te benader.  Mens se eerste instink is gewoonlik om te veg!  En om aan te val wanneer iemand jou aanval – en dis wanneer mens dan dinge sê wat kon bly…  BID, dat God jou gedagtes sal bewaar, en ’n wag voor jou mond sal sit…  Sodat jy eers sal dink, dan sal praat, en in die proses mense seerkry sal spaar.  Laat Jesus jou fokus wees – nie al die dinge wat verkeerd is, of mense wat jou seermaak nie…  As Hy jou beginpunt is, sal Hy die ander dinge sommer in verhouding plaas, dat die dinge in plek sal val…
Blessings!

Tuesday 10 April 2012

“To live is to choose. But to choose well, you must know who you are and what you stand for, where you want to go and why you want to get there.” ~ Kofi Annan quotes

Haloes! :)

“To live is to choose. But to choose well, you must know who you are and what you stand for, where you want to go and why you want to get there.” ~ Kofi Annan quotes
Spreuke 19:21

“’n Mens kan hoeveel planne maak, maar op die ou einde gebeur wat die Here besluit het…”

Proverbs 16:9 

“The heart of man plans his way, but the Lord establishes his steps…”

“I choose”
To live by choice, not chance…
To make changes, not excuses…
To be motivated, not manipulated…
To be useful, not used…
To excel, not compete…
Self-esteem, not self-pity…
To listen to the inner voice, not the random opinion of others…” ~ Author unkown…

Het jy ‘n spesifieke “plan vir jou lewe”?  ’n Een-jaar plan / 10 jaar plan?  Het jy ’n spesifieke doelwit dat jy weet waarheen jy werk, of waarheen jy oppad is?  As ek dink aan werksdae wanneer ek baie dinge het wat gedoen moet word – hoe pak ek dit aan dat ek effektief werk, en goeie vordering maak?  Wat ek doen, is om vir my ’n daaglikse “to do list” op te stel, en dan te probeer om so ver as moontlik dit na te volg en die take wat ek vir my uitgesit het, te voltooi.  Dan kan ek sien dat ek vordering maak, deur die take “af te merk” soos ek dit voltooi het…  Ek het ’n einddoel vir my vasgestel, en ek weet waarheen ek werk…

God het ’n spesifieke plan vir jou lewe…  Al voel dit party dae vir jou asof daar geen punt is om so te moet sukkel, of as “Die Lewe” jou net onderkry met dinge wat gebeur nie…  Vir jou om die ultimate geseende lewe te he, sal wees om JOU plan vir jou lewe, met God se plan vir jou lewe te “align”…  Wanneer ons in God se wil loop, is daar GEEN beperking op die seën wat Hy vir jou het nie…  Mense in ons lewens, en die wereld, het baie verskillende opinies…  Wanneer jy sukkel om ’n besluit te maak, is dit maklik om ander mense se raad te wil vra…  Die probleem hiermee is net – dit wat goed is vir iemand anders, is nie noodwendig goed vir jou nie!  Jy sal weet wat jy moet doen – daardie stemmetjie in jou binneste sal vir jou se…  BID oor jou lewe…  Plaas jou lewe op ’n daaglikse basis in God se hand, en bid dat Hy aan jou sal wys wat Hy vir jou beplan het…

Vir jou wat met baie onsekerheid in jou lewe sit – bid hierdie gebed vanoggend:  “Here, Jesus…  U ken my deurmekaar gemoed vanoggend…  U weet dat ek nie altyd weet watter keuses om te maak nie…  U weet dat ek met soveel twyfel tans in my lewe sit…  Maar Here, ek wil vanoggend kom dankie se – te midde van al hierdie onsekerheid wat ek ervaar, dat ek kan WEET dat U vir my GOEIE goed beplan, en nie slegte goed nie (soos daar staan in Jeremia 29:11)…  Ek bid dat U ELKE dag my voete sal laat loop op die pad wat U vir my uitgesit het.  Dat U my hart, en kop sal leiding gee oor hoe ek my dae moet spandeer, aan wie ek moet tyd spandeer, en waar ek moet wegbly…  Dat U my sal help om die regte besluite te maak, my vrede in my hart sal gee daaroor, en dat U my sal bewaar van alle gevaar wat moontlik oor my pad kan kom…  Dankie so baie, Liewe Jesus, dat ek kan weet dat U my nou gehoor het, en dat ek my nie verder hieroor hoef te bekommer nie.  Ek loof U vir U grootheid!  Dankie dat U elke dag saam met my stap!

Blessings,

Monday 9 April 2012

“If God is your reason to live, you will never have a reason to quit…”

Haloes! :)
“If God is your reason to live, you will never have a reason to quit…”
Romeine 5:3-5
“Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard…  Op sy beurt kweek volharding betroubaarheid van karakter, en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting…  En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het…  Hy het mos Sy liefde in ons harte uitegstort deur die Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het…”
Fillipense 2:14-15
“Doen alles sonder kla of teepraat…  Dan sal julle as onberispelike kinders van God bo verdenking staan…  Julle sal skoon lewe in ‘n wêreld vol oneerlike en perverse mense…”
Don't be afraid to fail. Don't waste energy trying to cover up failure. Learn from your failures and go on to the next challenge. It's OK to fail. If you're not failing, you're not growing. - Anne Sullivan
“The only real failure in life is the failure to try…”  ~ Anonymous
Ek weet nie wie van julle al ’n uitdagende roete gestap; gedraf of met ’n fiets aangedurf het nie?  Ek dink byvoorbeeld aan die Argus ryers verlede jaar, en die jaar daarvoor…  Die wind wat daardie twee jaar gewaai het, was iets uit ’n ander wereld!!  Ek wou nie eers stap in daardie weer nie – so ekt regtig GROOT respek gehad vir elkeen wat daardie race gery en voltooi het!!  Ek dink as jy daardie oggende wakker geraak het, en die weersomstandighede gesien het, sou die maklike uitweg gewees het om maar net nie deel te gaan neem nie…  Hoekom sal jy jouself deur pyn wil sit van sukkel teen ’n stormsterkte wind, as jy eerder ’n lekker dag kan he??
Dis vir my in ’n neutedop hoe die lewe ook is…  Daar is so baie eksterne faktore wat inwerk op ons lewens, en wat die lewe moeilik maak…  Soos die wind die fietsryer sal terughou, as hy dit van voor kry terwyl hy ’n steilte moet uittrap, so sal die uitdagings wat jy elke dag moet trotseer jou terughou, as jy ophou probeer…  Die wind sal die fietsryer kan omwaai, as hy ophou trap – die geheim is om aan te hou trap!  En om te weet dat God jou sal voorsien van die krag om nie op te gee nie!!  Al is dit hoe moeilik om vorentoe te beweeg, wanneer jy vir God aanvaar het as jou Pappa, sal jy NOOIT die steiltes van die lewe, asook die gure weersomstandighede op jou eie hoef aan te durf nie!  Hierdie aanhaling van vandag se stukkie is net vir my ongelooflik!  As God jou rede is om te lewe, SAL jy nooit hoef op te gee nie – want jy sal HOOP he!!  Hy gee ons daagliks die krag en genade wat ons nodig het om die dag se uitdagings te trotseer…  Moenie bang wees dat jy gaan misluk en dan op die ou end maar net nie probeer nie…  “Worst case scenario” – as jy dalk mag misluk – sal jy hopelik leer daaruit, en volgende keer dieselfde uitdaging op ’n slimmer of ander manier aanpak…  As mens nooit misluk nie, sal jy nooit groei nie…  En deur te misluk, maak dit ons sterker mense, wat ’n inspirasie kan wees vir die mense rondom ons…  Getuienis kan gee aan die einde van uitdagings en sodoende God se grootheid verkondig…  As jy op die oomblik voel of jy net wind van voor kry, en een opdraand na die ander moet teenstaan – WEET dat Jesus met jou is…  Hy sal jou nie verlaat in hierdie tye van uitdagings nie – Hy sal jou voorsien van die krag wat jy nodig het, om deur elke opdraend te kom, en om uiteindelik van die podium van sukses te staan…  God is met jou – Psalm 23:  “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie…  Want U is by my, in U hande, is ek veilig…”
Mooi daggie vir jou AWESOME kind van God!!
blessings :)