Thursday 29 January 2015

“Infuse your life with action. Don't wait for it to happen. Make it happen. Make your own future. Make your own hope. Make your own love. And whatever your beliefs, honor your creator, not by passively waiting for grace to come down from upon high, but by doing what you can to make grace happen... yourself, right now, right down here on Earth…” ~ Bradley Whitford

Haloes! J

“Infuse your life with action. Don't wait for it to happen. Make it happen. Make your own future. Make your own hope. Make your own love. And whatever your beliefs, honor your creator, not by passively waiting for grace to come down from upon high, but by doing what you can to make grace happen... yourself, right now, right down here on Earth…” ~ Bradley Whitford

1 Corinthians 16:13

“Be on your guard; stand firm in the faith; be men of courage; be strong…”

Lamentations 3:22-23

“Because of the LORD's great love we are not consumed, for his compassions never fail.  They are new every morning; great is your faithfulness…”

“Notice that the stiffest tree is most easily cracked, while bamboo or willow survives by bending with the wind…” ~ Bruce Lee

“If we win we will praise you, and if we lose we will praise you…” ~ Facing the Giants

Ons lewe in tye waar daar soveel hartseer ons daagliks omring... Mense wat werkloos is, mense wat nie kos het om te eet, of 'n huis het om in te woon nie... Gebroke huisgesinne, gebroke verhoudings... Vriende wat ons seermaak, of mense wat jy gedink het jy kan vertrou, maar wat jou dan verkeerd bewys... Hierdie tipe dinge wat gebeur, kan lei daartoe dat ons ingesteldheid een word wat negatief is, eerder as om die goeie en die positiewe dinge te probeer raaksien...

Ek dink as 'n mens in al hierdie ongelukkigheid vaskyk, sal jy nooit iets hê om oor te glimlag nie... Mens moet jou fokus verskuif na dit wat goed is... Ek het 'n storie gekyk waar 'n ou tannie 'n vriendskap aangeknoop het met 'n ou oom... Die tannie was 'n weduwee, aangesien haar man al baie jare tevore gesterf het, na 'n lang siekebed... Die oom, het ook groot seergkry geken, aangesien sy sielsgenoot, met sy beste vriend weggeloop het... Hulle het dus in mekaar vriende gevind - iemand wat 'n stukkie van hul pyn verstaan het, maar ook iemand wat 'n vriend kon wees teen die alleenheid... Die oom het egter pankreas kanker gehad... Die een karakter vra toe die tannie, HOE kan sy haarself deur hierdie pyn vir 'n tweede keer in haar lewe kon sit? En sy antwoord hom toe met die volgende aanhaling: "A moment, a single moment of true joy, is more powerful than a lifetime of sorrow..."

 

Ek stem saam met haar... Ons lewe partykeer sulke "beplande" lewens... Dit moet op hierdie tyd gebeur, en as dit nie op die spesifieke tyd plaasvind nie, is ons hele roetine omver gegooi, en is dit sommer 'n slegte dag... God seën ons baie keer SO RYKLIK, sonder dat ons dit eens besef, met die "onbeplande" dinge wat ons pad kruis... Ons moet partykeer net LEEF, sonder om terug te hou, en LEEF sonder om heeltyd ons harte te beskerm teen die "wat asse"van die lewe... Ons is mos baie vinnig om 100 verskonings uit te dink oor hoekom sommige dinge nie sal werk nie, eerder as om net die LEWE ten volle te lewe... Bid dat God jou hart sal oopstel om VREUGDE in alle volheid te ervaar... Dat jy sal oorborrel met lewensvreugde, en dat dit sal wees omdat God die middelpunt van jou bestaan is, die rots waarop jou lewe gebou is, en dat jy Sy seën daagliks in jou lewe - in die klein goedjies! - sal raaksien!! Ons moet ten minste elke dag 1 iets van God se grootheid en seën in ons lewens raaksien, voordat ons saans ons kop neerlê! Partykeer is dit iets waaraan jy jouself moet herinner as die negatiwiteit die oorhand kry... Jou Pa is GROTER as vrees - Hy het dit aan die kruis oorwin... Onthou dit, wanneer vrees jou weer probeer ore aansit :) WAAG bietjie - al kry mens seer in die proses, gaan jy stories hê om te vertel - bewyse van 'n VOL lewe... Doen wat jou GELUKKIG maak en spandeer tyd saam met mense wat positiewe impak het tot jou lewe... Nie mense wat jou seermaak, of moenie dinge doen wat jy "verplig" voel om te doen nie - die lewe is te kort daarvoor!! As mens nooit foute maak nie, kon jy netsowel nie gelewe het nie... En soos ek jou al voorheen gesê het - 'n fout is net 'n fout as jy dit nie kan regmaak nie...

baie blessings!

Anel xx

Wednesday 28 January 2015

“Don't watch the clock; do what it does. Keep going…” ~ Sam Levenson

Haloes! J

“Don't watch the clock; do what it does. Keep going…” ~ Sam Levenson


Be strong and very courageous. Be careful to obey all the law my servant Moses gave you; do not turn from it to the right or to the left, that you may be successful wherever you go…”

Hebrews 12:1-2

“Therefore, since we are surrounded by such a great cloud of witnesses, let us throw off everything that hinders and the sin that so easily entangles, and let us run with perseverance the race marked out for us.  Let us fix our eyes on Jesus, the author and perfecter of our faith, who for the joy set before him endured the cross, scorning its shame, and sat down at the right hand of the throne of God…”

“Because of Him we have been saved in a world that is lost…” ~ Unknown

“No matter what you do, do it for the glory of God and you are sure to be successful in all your endeavors…” ~ Unknown

Het jy al ooit SO baie uitgesien na ‘n geleentheid dat dit vir jou absoluut voel asof die tyd verby kruip??  Sulke dae is dit vir my altyd ongelooflik hoe 5 minute vir jou kan voel asof ‘n uur al verby moes wees…  Net om tot jou skok uit te vind, dat slegs 5 minute verby was vandat jy laas op jou horlosie gekyk het J  En die ergste van alles is, dat wanneer die geleentheid waarna jy so uitgesien het dan aanbreek, is dit asof in ‘n oogwink verby is!  Ek probeer altyd vir myself sê dat uitsien deel van die lekker is J

Ons lewens is dieselfde as hierdie vergelyking met tyd…  Ons sien so op teen baie dinge wat gedoen moet word, dat tyd voel asof dit verbysleep…  Ek dink dat wanneer mens dan met moeilike situasies gekonfronteer word, soos siekte, of verlies van ‘n geliefde, besef mens net weer opnuut HOE kort en kosbaar die lewe is…  Ek’t Saterdagaand met iemand gesels en gesê hoe hartseer dit somtyds is dat dit ‘n hartseer geleentheid neem vir mense om te besef HOE kosbaar die tyd is wat aan ons geleen is…  Dat mens die meeste moet maak van elke liewe oomblik wat aan jou geskenk is…  Dat wanneer jy tyd saam met mense wat vir jou kosbaar is spandeer, dat jy actually DAAR sal wees…  Nie besig met jou foon, of Facebook, Twitter of enige van die talle “social media” sonder wat ons nie kan klaarkom nie…  Maak seker jy “cherish” jou vriende en familie terwyl jy nog bevoorreg genoeg is om hulle in jou lewe te kan hê…  Say what you need to say, while you still have the chance…  Moenie spyt wees oor dit wat jy NIE gedoen het, terwyl jy die geleentheid gehad het nie…  Maak die meeste van elke liewe geleentheid… Een van my gunsteling aanhalings wil ek vir jou gee vandag - ”Life is a gift…  That is why it is called the present…” ~ Kung Fu Panda

Blessings!

Anel xx

Tuesday 27 January 2015

Gebedsversoeke...

Hi julle,

Bid asb saam vir die onderstaande!  Wil my voorkom dat van die versoeke nie by my uitkom nie - gmail eet dit op, op 'n manier.  As ek die gebedsversoek nie binne 2 dae geplaas het nie, stuur my asb weer 'n mail. 

Mag jou dag baie geseend wees!

Anel xx

Anoniem 1:  Steeds UITERS DRINGEND op soek na 'n "granny-flat" (los-staande van 'n huis) of op 'n plot/plaas, vir 'n pensioenaris.  (64jr) Moet diere-vriendelik wees, aangesien sy baie eensaam is, en diere het.  Bid asb dat God sal voorsien.  Durbanville of omliggende area.


Anoniem 2:
Ek wil graag net vrae dat u hulle asb.vir my seun sal bid en opdrae.
Hy gaan deur n moeilike tydjie met sy verloofde se ma wie die ouma is van sy kind.
Sy verloofde is verlede jaar September oorlede en hulle het n kindjie van twee jaar saam gehad.
Hy was al die pad van die  begin af in die kind se lewe en hom onderhou omdat die ma nie gewerk het nie.
Die ouma wil nou vir hom van sy ouerskap as pa ontgun,en probeer alles omdat hulle geen bewyse het dat hy n onverantwoordlike pa was nie.
Sy prober nou alles in haar vermoe om die lewe vir hom en vir my as ouma baie moeilik te maak en gun ons nie die kans om tyd saam deur te bring met die kind nie.
Die kind is op die oomblik by hule en my seun will graag self sy kind groot maak.
Sy is baie besitlik en will alleen almal se lewe regeer en kommunikeer nie eens met ons oor enige iets wat die kind betref nie.
Sy kyk neer op ons want ons is nie goed genoeg vir hulle nie en dan is sy self n Christen.
 
My seun is nog baie hartseer en moet nou die afsterwe van sy verloofde en dan nog die ouma se griewe ook nog hanteer.
Dit maak my as ma ook vreeslik seer omdat ek moet aanskou hoe my seun moet ly na als wat hy moes deurgaan.
 
Bid asb.dat die Here sal werk deur haar hart en haar weer opnuut tot inkeer bring.


“You have to learn the rules of the game. And then you have to play better than anyone else…” ~ Albert Einstein


Haloes! J
 
“You have to learn the rules of the game. And then you have to play better than anyone else…” ~ Albert Einstein
 
Isaiah 40:28-31
 
“Do you not know? Have you not heard? The LORD is the everlasting God, the Creator of the ends of the earth. He will not grow tired or weary, and his understanding no one can fathom.  He gives strength to the weary and increases the power of the weak.  Even youths grow tired and weary, and young men stumble and fall; but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”
 
Mark 10:27
 
“With God, all things are possible…”
 
“As you think, so you shall become…” ~ Bruce Lee
 
“Your attitude is like the aroma of your heart…  If your attitude stinks, then your heart is not right…” ~ Coach Taylor – Facing the Giants
 
Ek is seker dat ons almal daarvan hou om te wen J  Ek onthou dat ons altyd in vakansies kon opskerp op ons “game” strategieë met bord- en kaartspeletjies…  En daar is gewoonlik ALTYD die “slegte verloorder” – maak nie saak in watter geselskap mens is nie J J  Ek onthou as my boetie hulle krieket gespeel het, was daar een outjie wat sommer sy bat en bal sou vat as hy uit is, en sodoende al die ander seuntjies se game laat ophou…  Iets wat mens gewoonlik as ‘n klein kind leer, is dat daar ALTYD ‘n wenner is, en ‘n verloorder… 
 
Om te verloor, beteken nie dat jy misluk het nie…  Mens moet dit eerder sien as deel van jou strategie, en dat jy ‘n verloor kan gebruik om te bou op DIT wat jy moet verander wanneer jy weer dieselfde uitdaging aanpak…  Want om dieselfde iets 2 keer te doen en ‘n ander resultaat te verwag – is soos om te beplan om weer te verloor…  Met ons lewe, is daar baie geleenthede waar ons dalk gaan tweede kom, of waar ons met teleurstelling gaan moet deal…  Verhoudings wat dalk nie gaan uitwerk nie, vriendskappe wat dalk skielik tot ‘n einde kom, werk-teleurstellings, teleurstellings by die skool – soos om nie die sportspan te haal wat jy wou nie, nie op die leerlingraad te kom nie (as dit is wat jy graag sou wou hê), te slaag met onderskeiding nie…  Ek glo dat alles wat in ons lewens gebeur, daar is om ons sterker te maak, sodat ons, wanneer ons die moeilike situasie deurgesien het, dat ons dit sal kan gebruik as ‘n testimony, om ander mense wat deur soortgelyke situasies gaan, te help deur ons getuienis…  Vertrou God, en bid vir Hom om jou die nodige leiding wat jy nodig het, om die spel van “die lewe” met ywer, en oorgawe – voluit vir Jesus te speel!  Wanneer ons iets saam met Jesus aanpak, is ons reeds wêrelde voor ons opponent…  God is in jou hoekie – vat Sy hand en stap saam met Hom!
 
Blessings!
 
Anel xx
 
 

Monday 26 January 2015

“David had no armor, no experience, no equipment, he was not battle tested, nor was he trained… But one thing he had that Goliath also had was confidence but the huge difference was his confidence was in his God and not in his own strength…” ~ Unknown

Haloes! J

“David had no armor, no experience, no equipment, he was not battle tested, nor was he trained…  But one thing he had that Goliath also had was confidence but the huge difference was his confidence was in his God and not in his own strength…” ~ Unknown

Ephesians 3:17-21

“So that Christ may dwell in your hearts through faith. And I pray that you, being rooted and established in love, may have power, together with all the saints, to grasp how wide and long and high and deep is the love of Christ, and to know this love that surpasses knowledge--that you may be filled to the measure of all the fullness of God.  Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen…”

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the LORD your God goes with you; he will never leave you nor forsake you…"

“If you truly love life, don’t waste time; because time is what life is made of….” ~ Bruce Lee

“If you are moved to such a degree that you feel the pain, and that you can feel the tears running down your face, then you’re looking at an opportunity to make a change to make a difference in the world…” ~ John Francis

Waarin is jou vertroue wanneer jy jou dagtaak aanpak?  Val jy terug op jou ondervinding?  Jou historiese kennis?  Die hulp van ander?  Of gaan jy sommer net deur die motions, om deur die dag te kom, deur die werk te kom, ten einde weer vinnig by die naweek uit te kom?  Hoe ons ookal mag stry daarteen, baie van ons leef so…  Werk is net iets waardeur ons moet kom ten einde by twee dae se rus, of lekkertyd met familie of lekker dinge doen, uit te kom…  Colossians 3:23 “Whatever you do, work at it with all your heart, as working for the Lord, not for human masters…”  Dis ‘n vers waarvan ons baie keer vergeet…  Ons is nie veronderstel om ons werk (skoolwerk, kantoorwerk, huiswerk, swottings) te doen om ons baas te “please” nie…  Dit is deel van die hele pakket, maar wanneer ons eerste uitkykpunt is om ons werk te doen, asof ons dit vir God doen – deur eerbaar te werk, ons beste te gee, nie tyd te steel van ons companies deur goed te doen wat nie in lyn is met ons integriteit  nie – is wanneer ons, ons baas ook sal “please”…  Wanneer ons, ons werk vir God doen, deur op Sy krag staat te maak – deur Hom te vertrou vir die regte oordeelsvermoë en besluite, is waneer die res van die goed in plek val…

Ons worry baie keer so oor die “ander” mense, wat die verkeerde ding doen, wat op ander mense trap om bo uit te kom, en ons raak so gefokus op die onregverdigheid daarvan, dat ons begin vergeet waaroor dit werklik gaan…  Elke liewe dag by die werk, is ‘n geskenk van God…  Dis deel van ons lewe – en wanneer ons dit omwens, of net deur die motions gaan, is dit dae wat ons verloor…  Dae wat ons nooit sal kan terugkry nie…  Kom ons probeer om ons fokus te draai – weg van alles wat nie reg is in ons werkplek, weg van mense wat onregverdig bevoordeel word, of wat ons tenakom, en kom ons fokus om ons werk van harte vir God te doen…  Om Hom eerste te stel, om op Sy krag staat te maak, en vir Hom die eer te gee met alles wat ons doen…  Ek belowe jou – deur jou uitkyk te verander – sal jou werk vir jou nie “net deur die motions gaan” wees nie…  Jy sal dit kan uitvoer met “purpose” en terwyl jy dit met “purpose” doen – sal jy God se boodskap ook kan uitdra op die aarde…  Maak ‘n verskil – God sal sorg dat dinge uitwerk soos dit moet…  Jy sal, wanneer dit God se tyd is, die beloning kry vir dit wat jy insit!  ‘n Persoon wat op ‘n onregverdige / oneerbare manier bo kom – sal nie daar bly nie…  Die wiel draai altyd…  God sal sorg vir jou as Sy kind…

Blessings!

Anel xx

 

Sunday 25 January 2015

“In the end, we only regret the chances we didn’t take, relationships we were afraid to have and the decisions we waited too long to make…” ~ Unknown

Haloes! J

“In the end, we only regret the chances we didn’t take, relationships we were afraid to have and the decisions we waited too long to make…” ~ Unknown

Romans 8:38-39

“For I am convinced that neither death nor life, neither angels nor demons, neither the present nor the future, nor any powers, neither height nor depth, nor anything else in all creation, will be able to separate us from the love of God that is in Christ Jesus our Lord…”

James 1:2-4

“Consider it pure joy, my brothers, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith develops perseverance.  Perseverance must finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything…”

“God does not look at your past to determine your future…” ~ Unknown

“Never doubt that a small group of thoughtful committed people can change the world…  Indeed it is the only thing that ever has…” ~ Unknown

#NOREGRETS…  Kan jy vandag met oortuiging sê dat dit jy is?  Dat jy op geen geleenthede uitgemis het, geen kanse verbrou het, of geen besluite geneem het wat dalk jou verhoed het om ten volle te kan lewe nie?  Ek dink dat daar heel waarskynlik nie een van ons is, wat hierdie met oortuiging kan sê nie…  Want “die lewe” gebeur baie keer met ons, terwyl ons besig is om ander planne te maak… (“Life happens while we are making other plans…” ~ John Lennon)  Wat bedoel ek hiermee?  Baie keer, veral aan die begin van ‘n nuwe jaar, het mens bitter baie drome, ideale, hoop, nuwe energie en krag om ENIGE iets storm te loop…  Baie van ons het ons “nuwe jaarsvoornemens of ‘n lys van goed wat ons wil doen, sien of ervaar” in die jaar wat voorlê… 

Maar baie keer, voordat ons, onsself kom kry, is ons in dieselfde “rat-race” waarin ons die vorige jaar was, vasgevang…  Ons hardloop net van punt A na punt B, om seker te maak dat dit wat gedoen moet word (baie keer dit wat van ons verwag word, eerder as dit wat ons wil doen)…  Of dinge soos siekte, finansiële moeilikheid, werksprobleme, hartseer, pyn of verlies, kom verander die prentjie wat ons van “die lewe” het – en raak ons so vasgevang in die onmoontlikheid van ons omstandighede, dat ons baie vinnig ons hoop, drome, ideale, energie en krag verloor – omdat ons op alles wat onmoontlik lyk fokus…  Hoe kan ons hierdie verander?  Deur eerder na God te kyk, as om in ons omstandighede vas te kyk…  Mens se eerste reaksie is gewoonlik om af te kyk, teneergedruk te voel, en in die skadukant van die lewe te gaan staan…  My uitdaging aan jou, en vir myself vir hierdie nuwe jaar, is om ons oë op te lig wanneer moeilikheid op ons pad kom, en na Jesus te kyk, eerder as na ons situasies…  Dat ons in 2015, Hom nie uit die oog sal verloor nie, en na Hom sal draai vir raad, antwoorde en leiding wanneer ons nie weet wat om te doen nie…  Moenie uitmis op alles wat God vir jou in hierdie nuwe jaar het nie!  Hy WIL jou seën…  Hy het jou oneindig baie lief, en Hy wil nie hê dat jy moet uitmis op alles wat Hy oor jou pad gaan stuur nie…  Leef met verwagting – oog gevestig op Jesus… #NOREGRETS 2015!

Blessings!

Anel xx

 

Thursday 22 January 2015

“I am staring at the giants in front of me, holding on tight to my stones of God’s promise, and praying for good aim…” ~ Unknown

Haloes! J

“I am staring at the giants in front of me, holding on tight to my stones of God’s promise, and praying for good aim…” ~ Unknown

Psalm 23

"The Lord is my shepherd, I lack nothing. He makes me lie down in green pastures, he leads me beside quiet waters, He refreshes my soul. He guides me along the right paths for his name’s sake. Even though I walk through the darkest valley,a I will fear no evil,for you are with me your rod and your staff, they comfort me. You prepare a table before me in the presence of my enemies. You anoint my head with oil; my cup overflows. Surely your goodness and love will follow me all the days of my life, and I will dwell in the house of the Lord forever…”

“Strength doesn’t come from what you can do…  It comes from overcoming the things you once thought you couldn’t…” ~ Unknown

“Decide that you want it more, than you are afraid of it…” ~ Bill Cosby

Ek dink ons almal dink dat ons goeie “korrel” vermoë het…  Dit lyk altyd maklik wanneer iemand anders moet mik vir iets, en dit tref…  Mens dink gewoonlik dat jy dit maklik sal regkry…  In my geval werk dit gewoonlik so…  Ons het ‘n gholfdag by die werk gehad in Nederland, en ek het nog nooit ‘n gholfstok in my hand vasgehou nie…  My een vriend by die werk het my gewys hoe om die bal te slaan, en ek belowe julle, elke liewe shot wat ek daardie dag gespeel het, het gelyk asof ek al my hele lewe lank gholf speel…  Soveel so, dat ek “beste amateur” van die dag gewen het…  Ek kom kuier toe in Suid-Afrika en sê vir my boetie dat ons twee moet gaan gholf speel - sodat ek my vernuf kon wys :)…  Ek kon nie EEN hou daardie dag regkry nie…  Van die balle kon ek nie eens gelig kry nie, terwyl ek by ons gholfdag elke bal sekuur deur die lug kon stuur…

Ek dink dat wanneer die lewe besig raak, sny ons baie keer by ons stiltetyd tyd net om deur alles te kan kom…  Wanneer mens nie elke dag jou Bybel lees en bid nie, verloor ons baie keer ons “connected-ness” met God, en raak ons “korrel” vermoë afgestomp…  Ons begin baie keer op ons eie krag, en eie vermoëns staatmaak, eerder om op God se krag, hulp en genade vir ons lewens staat te maak…  Miskien lê daar alreeds ‘n reus in 2015 vir jou en wag…  Miskien kyk jy vas in berge van onmoontlikheid, en weet jy net nie waar jou krag vir elke dag vandaan gaan kom nie…  Ek wil jou vandag kom verseker, dat jou krag van God sal afkom…  En soos Dawid met sy 5 klippies die magtige Goliat kon aanvat, so sal God vir jou voorsien van die “regte skietgoed” (Sy beloftes) vir watookal jou situasie vra…  Hy sal daardie beloftes bewaarheid in jou lewe, wanneer jy Hom volkome vertrou, en volkome in beheer sit…  Wanneer jy GLO vir die onmoontlike om moontlik te raak, SAL Hy jou die oorwinning kom gee!  God sal jou nooit halfpad los nie…  Hou vas aan Sy beloftes, en wag vir Hom by dit – Hy sal altyd terugkom na Sy beloftes en die oorwinning aan Sy kinders gee…  Hy het jou oneindig baie lief!

Blessings!

Anel xx

 

 

 

Wednesday 21 January 2015

“In God’s word He said 365 times ‘do not fear’… One time for each day…” ~ Facing the giants

Haloes! J

“In God’s word He said 365 times ‘do not fear’…  One time for each day…” ~ Facing the giants

Psalm 46:10

“Be still and know that I am the Lord…”

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you," declares the LORD, "plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future.”

“Take every chance…  Drop every fear…” ~ Facing the giants

“I heard a story of two farmers praying to God for rain to come…  Both prayed, but only one prepared the land…  Who do you think trusted God more to send the rain?” ~ Mr Bridges in Facing the Giants

In Facing the Giants is daar so ‘n spesiale deel waar ‘n ou oom, Mr Bridges, weekliks na die skool toe kom, en met Sy hand aan elke leerder se “locker” raak, terwyl hy hulle aan God opdra in gebed…  Hy bid vir God se seën, God se leiding en liefde in die kinders se lewens…  Hoe kosbaar is dit nie as iemand vir jou bid nie!  Ek dink nie ons sal ooit besef watse groot geskenk dit is om vir iemand te gee nie…  Want om werklik iemand op te dra in gebed, voor God se voete neer te lê – ek glo werklik dat DIT een van die hoekstene van vriendskap is…  Mr Bridges het ook ‘n baie groot boodskap vir die “coach” in die fliek gebring…  Die coach was op moedverloor se vlakte oor niks wou uitwerk nie, en hy het gevoel dat hy teen die dak vas bid…  Hy het aan Mr Bridges gesê – ek BID, maar niks gebeur nie!  Mr Bridges het vir hom gekyk en gesê – “ek’t ‘n storie gehoor van twee boere wat vir God gebid het om reën te stuur…  Altwee het gebid, maar net een het sy lande begin voorberei, om die water te ontvang…  Watter een van die twee, dink jy, het vir God meer vertrou om reën te stuur?”

Hoe waar is dit nie??  Ons bid baie keer, hoop baie keer, maar ons gee eintlik al op nog voordat ons bid…  Ons glo nie dat dit moontlik is vir God om die onmoontlike in ons lewens te doen nie…  Wanneer ons bid vir God se voorsiening, glo ek dat ons, moet begin lewe soos mense wat “ons lande” regmaak vir God se blessing om oor ons lewens uitgestort te word…  Ek kan sommer hoor jy vra, Anel, hoe doen ons dit??  Ek dink (en dis my opinie), dat dit daaroor gaan dat wanneer ons bid en God vertrou vir wonderwerke, dat ons positief sal praat, dat ons, ons denke sal vernuwe en bid dat Hy ons sal help om ons denkwyses te verander…  Dat ons nie sal sê ons bid en glo vir positiewe dinge in ons lewens, maar in die volgende asem, dat ons heeltyd negatiewe gedagtes en woorde sal spreek nie…  Want hoe ons ookal stry daarteen, ons gedagtes word ons woorde, ons woorde raak ons aksies – en wanneer dit negatief is, maak dit ons hele gemoed negatief…  Negatief maak ons moeg, teneergedruk en sonder hoop vir enige toekoms…  God wil dit nie vir jou hê nie!!  Kies om positief te wees in 2015…  Kies om jou te omring met goeie gewoontes, mense wat positiewe impak maak in jou lewe…  Kies om te lewe sonder enige regrets – deur VOLUIT te lewe, elke geleentheid te gryp, en positiewe en mooi dinge te spreek, oor jou eie, sowel as ander mense wat jou pad kruis se lewens…  When you believe, and put your trust in the Lord, there is NO limits as to what can do in your life!  The impossible, WILL become possible!

Blessings!

Anel xx

Tuesday 20 January 2015

gebedsversoeke...

Hi julle awesome mense!

Welkom in 2015!

Bid asb saam vir die volgende situasies:

1. Anoniem:  Ek het onlanks in n diep depressie geval. Ek is op meds en by n sielkundige. Ek wil net meer hulp van God af he. My lewe kort dit. Bid asb dat my pyn en seer sal weg gaan en dat ek nie hoop verloor nie. Dankie,
 
2. Anoniem: Kan jy by volgende gebedsversoeke asb vra dat almal sal bid vir Andre Truter.  Andre is 20 jaar oud.  ‘n Briljante student wat aan die einde van verlede jaar gediagnoseer is met osteosarkoom (‘n soort beenkanker). Het chemoterapie ontvang, is geopereer en weer geopereer en het in pyn gelewe.  Dit het regtig begin beter gaan maar hy het verlede week gehoor dat die kanker na sy longe en blaas versprei het.  Bid asb. vir hom.  Niks is vir God onmoontlik nie.
 
3. Anoniem:  Hiermee wil asb vir julle vra of julle nie vir my kan bid nie.Ek het al vir 14Jaar depressie.Op die oomblik
is ek baie swak.Ek gaan werk toe want ek wil nie alleen wees nie.
Daar is 'n moontlikheid dat ek my werk kan verloor,want daar is  van vermindering
van personeel.
Ek is al 38 by die besigheid en my ouderdom tel teen my.
Maar ek weet God kan my help.As hy vir die voels van die hemel kan sorg sal hy vir my ook sorg.
Maar as jy depressie het sien jy net die swart kant.
 
4. Anoniem: Please pray for us so that we can after 20 years of a wonderful marriage be able to conceive and have a family of our own. 
 
5. ANoniem:  Ek is baie dringend op soek na 'n woonstel of "garden cottage" in Bellville area,  wat dierevriendelik is om te huur vanaf 1 Februarie.  Ek moet dringend uit waar ek tans bly.  Indien enige iemand ook weet sal ek bly wees.  Bid asb vir uitkoms en dat ek so gou moontlik 'n plekkie kan bekom.  Ek weet die Here sal voorsien op die regte tyd. 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

“If you accept defeat, that is exactly what you will get…” ~ Facing the giants

Haloes! J

“If you accept defeat, that is exactly what you will get…” ~ Facing the giants

Revelations 3:8

“I know your deeds. See, I have placed before you an open door that no one can shut. I know that you have little strength, yet you have kept my word and have not denied my name…”

Psalm 18:2

“The LORD is my rock, my fortress and my deliverer; my God is my rock, in whom I take refuge, my shield and the horn of my salvation, my stronghold…”

“Feed your faith and your fears will starve to death…” ~ Unknown

“I’ve resolved to give God everything I have got, and leave the results up to Him…” ~ Facing the giants

Ek het verlede week weer “Facing the Giants” gekyk saam met my selgroep, en was sommer weer opnuut gebless met die boodskappe wat daarin opgesluit was…  Ek wil graag hierdie week enkele boodskappe uitlig, want ek voel regtig dat God dit op my hart gedruk het, as die gedagteki “tema” vir die jaar…

Wanneer ek dink aan “giants” in die Bybel se tyd, is een konstante wat altyd by my opkom, Goliat…  As ek ‘n prentjie van Goliat probeer vorm in my kop, is dit van iemand was groot, sterk en met die fisiese krag om ‘n leër uit te oorlê…  In die fliek was daar ‘n seun met naam van David wat vir sy pa gesê het, dat hy te klein was om ‘n verskil te kon maak…  Dat hy nie sterk genoeg, vinnig genoeg, of groot genoeg was nie…  Sy pa (in ‘n rolstoel), het hom gekyk, en vir hom die volgende broodnodige inspirasie gegee – “Seun, jy is klein gemaak, sodat God se grootheid sigbaar kan raak deur dit wat Hy in jou en deur jou doen…”  Dis vir my ONGELOOFLIK – want ek glo dat dit God se boodskap vir jou en my aan die begin van hierdie jaar is!!  Ek kan jou waarborg, daar gaan VERSEKER tye in hierdie nuwe jaar wees waar ons klein, “unworthy” of “nie genoeg nie” gaan voel!  Wanneer tye moeilik raak, ons moeg raak, en omstandighede net totaal en al buite ons beheer voel, is dit maklik om raak te sien alles wat ons NIE is nie…  Orals waar ons tekort skiet, of net “te min is”…  Hoekom is dit altyd makliker om vir iemand anders raad te gee, vir iemand anders postiewe goed in hul lewens uit te wys, eerder as om dit net in jou eie lewe raak te sien?  Ek wil jou “challenge”, aan die begin van hierdie nuwe jaar, dat jy sal leef met die VERSEKERING dat jy deur God gekies is, dat Hy jou oneindig baie liefhet, en dat maak nie saak WAT in hierdie jaar oor jou pad gaan kom nie, jy sal NOOIT alleen wees nie…  Saam met God, is daar nie plek vir ‘n woord soos “defeat” in jou woordeskat gedurende 2015 nie…  En wanneer jy te min, te klein, te onervare, of te-in-die-diepkant ingegooi voel – WEET dat jy “klein” is, sodat God se grootheid deur Sy wonderbaarlike werking in jou lewe sigbaar kan word…

Blessings!

Anel xx

Wednesday 14 January 2015

gedagteki vir die daggie_Announcement...

Hi julle awesome mense!

Ek het nou 'n paar versoeke al gekry oor wanneer die gedagteki begin.  Die afskopdatum vir die jaar is volgende Woensdag, 21 Januarie 2015 (my laaste mail in Desember het die datums gehad - maar ek dink 'n klomp mense was reeds op verlof).

"Ekt vir jou 'n tassie gepak vir die week...  Al Daniel se geloof...  Al Salomo se wysheid...  Al Paulus se deursettingsvermoe... Al Job se geduld...  Al Jesus se liefde...  Al God se seen en genade...  Mag jy 'n geseende week he!"

Tot volgende week!

blessings!

Anel