Wednesday 29 April 2015

“The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren

Haloes! J
 “The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren

 James 5:16

 “The earnest prayer of a righteous person has great power and produces wonderful results…”

Psalm 145:18-19

“The Lord is near all who call on Him in truth…  He fulfils the desires of those who fear Him; He hears their cry and saves them…”

“Do not pray for an easy life, pray for the strength to endure a difficult one” ― Bruce Lee


“Let us never forget to pray. God lives. He is near. He is real. He is not only aware of us but cares for us. He is our Father. He is accessible to all who will seek Him.” ― Gordon B. Hinckley

Wanneer mens bekommerd is oor iets, gebeur dit baie maklik dat daardie “iets”, al word waaraan jy dink…  Jy eet, drink en slaap later die “worry”…    En glo dit of nie – jou gedagtes, beïnvloed weer jou aksies (hoe jy optree en dit waaroor jy praat)…  Wanneer jy oor en oor net negatiewe dinge raaksien, is dit omtrent ‘n gegewe dat die resultaat van jou bekommernis ook ‘n negatiewe ene sal wees…   Wat sal gebeur as jy met jou motor of fiets ry, en jy ‘n pap band kry terwyl jy nog oppad na jou bestemming is?  Die pap wiel sal jou verhoed om te kan verder ry, omdat die gewig van jou motor of fiets nie eweredig versprei sal wees nie…  Deur met ‘n pap wiel te ry, kan jy groot skade aan jou motor of fiets se wiel veroorsaak…  Dieselfde is waar vir 'n negatiewe gemoed - dit besoedel jou gedagtes so dat jy as gevolg daarvan "stuck" kan wees op een plek...  Dat jy nie vooruit kan gaan nie, omdat jy so vasgevang bly met dit wat verkeerd is...  
Miskien is jou gemoed op die oomblik baie negatief ingestel…   Miskien gaan jy op die oomblik deur ‘n moeilike tyd, en weet jy nie hoe om jou ingesteldheid te verander nie – want alles voel sleg en verkeerd…   Miskien staan jy soggens met die beste voornemens op, maar sodra jy jouself weer kom kry, het daar soveel goed gebeur wat jou dag sleg maak, en wat jou laat dink dat daar absoluut niks is om oor positief te wees nie…  Ek wil jou uitdaag om hierdie week te probeer om LIG op jou probleme te laat skyn…  Wat probeer ek hiermee sê?  Maak TYD om te bid…  Om met God te gesels en Hom te dank vir dit wat jy WEL het…  Die feit dat jy hierdie lees, is alklaar ‘n aanduiding dat God jou nog ‘n dag gespaar het – wat weer beteken dat Sy doel vir jou lewe, nog nie volbring is nie!  Solank daar asem in jou longe is, is daar ‘n DOEL vir jou lewe…  God sal daardie DOEL aan jou openbaar wanneer jy dit van Hom vra…  Partykeer kan mens vir jare bid, sonder om ‘n klinkklare antwoord van God te kry – maar ek dink dat sonder jy dit altyd besef, gebruik hy jou, elke dag, nes jy is, om Sy Koningkryk te laat kom…  Die lewe moet vorentoe geleef word, maar dit word agteruit verstaan…  Mens het nie altyd die antwoorde oor hoekom jy tans in sekere situasies sit nie…  Maar ek belowe jou dat wanneer jy oor ‘n jaar of 10 jaar terugkyk na waar jy vandag sit, sal jy kan sien hoe God jou huidige situasie gebruik as ‘n boublok vir dit wat nog kom…  God antwoord ALTYD…  Sy timing is net nie altyd soos ons dit sou wou hê nie…  Ek weet dat ek al baie keer in my eie lewe gebid het, en gewens het dat God op daardie spesifieke oomblik vir my ‘n DUIDELIKE antwoord kon gee…  Die antwoorde kom egter altyd op die REGTE tyd – en die feit dat God partykeer NEE sê vir dit wat ons so graag wil hê – is partykeer ‘n blessing in disguise…  Ek dink Hy spaar ons baie keer hartseer – alhoewel mens altyd dink dat JY weet wat jy wil hê – en jy WEET dat dit jou gelukkig sal maak…  Rus vandag in die wete dat God beter weet…  Dat Hy heelnag wakker is, en dat dit onnodig is om wakker te lê oor dinge waarvoor jy nie oplossings of antwoorde het nie…  Mag Jesus jou instelling kom verander in hierdie nuwe week…  Mag jy met nuwe oë kyk na dit waarmee Hy jou seën en mag jy Rick Warren se aanhaling ‘n waarheid in jou lewe maak – dat jy sal ervaar dat hoe meer jy bid, hoe minder jy sal “panic” en dat sal vind hoe meer jy God loof en prys, hoeveel minder jou bekommernisse sal raak…  Mag Hy jou kom vul met rustigheid oor jou situasie – ‘n rustigheid wat alle verstand te bowe gaan en dat jy sal besef – Hy sorg al jou HELE lewe vir jou…  Hy gaan verseker nie nou ophou nie – daarvoor is jy TE spesiaal en het HY jou TE lief!

Blessings!

Anel xx

"Sometimes the only blessing you need to count, is your heartbeat..." - Unknown


Haloes! J  

"Sometimes the only blessing you need to count, is your heartbeat..." - Unknown

Numbers 6:24-26

 "The Lord bless you and keep you; the Lord make his face shine on you
and be gracious to you; the Lord turn his face toward you and give you peace.”

Psalm 91:11

"For He shall give His angels charge over you, to keep you in all your ways..."

"What seems to us as bitter trials, are often blessings in disguise..." - Oscar Wilde

"Count your blessings, not your worries..." - Unknown

Ek het 'n stuk in John Haggee se boek (The Power of the Prophetic blessing) gelees oor Numeri 6:24-26... Dit verduidelik die stukkie vir my baie mooi... Eerste iets om te onthou - Jy is gebore om deur God geseen te word... Dis iets wat jy moet glo en iets wat jy moet spreek!  Positief praat, is een van die belangrikste dinge om positief te kan dink en die lewe, positief aan te pak...  Wanneer ons Numeri 6:24-26 opbreek in stukkies, kry ons die volgende beloftes:

Verse 24, deel 1 - The Lord bless you ... Dit beteken dat ons God se onbeperkte guns op ons lewens het... Dit sluit in - fisiese, emosionele asook materiele oorvloed...

Verse 24, deel 2 - keep you... God sal nie net Sy onbeperkte seen oor jou lewe uitstort nie, Hy sal jou, sowel as die seen wat Hy reeds oor jou lewe uitgestort het,asook dit waarmee Hy jou nog SAL seen BEWAAR...

Verse 25 - the Lord make His face shine upon you and be gracious to you... Dit is 'n belofte van geestelike groei in God... Om in die teenwoordigheid van Jesus te wees, en Hom op 'n persoonlike vlak te leerken...

Verse 26 - the Lord lift up His countenance upon you and give you peace... Dit is 'n belofte van God se vrede wat Hy aan jou sal gee, wanneer iets volgens Sy wil vir jou lewe is...

Die belangrikste om te onthou is dat God niks oor ons pad sal stuur wat te groot sal wees om te hanteer nie... En enige seen wat oor jou pad kom, is eers volbring of voltooid wanneer jy rustigheid, saam met daardie seen ervaar... Miskien is jy besig om te bid vir God se wil in jou lewe, maar jy weet dalk nie wat dit op hierdie stadium vir jou is nie... Daar is drie dinge wat ons kan doen - bid, meet dit teen God se woord, en daarmee saam al God jou kom vul met absolute rustigheid - wanneer die dinge volgens Sy plan en wil geskied...  Wanneer jy dalk met onrustigheid in jou binneste sit - bid - God sal jou wys watter besluit gemaak moet word, of watter rigting jy moet inslaan...  God is groter as jou week wat voorle... God is groter as die pyn, seer, siekte, hartseer, verbrokkelde verhoudings of moeilike tye wat jy tans ervaar... Jesus sal sorg...  Gee dit in Sy vaderhand, en bid vir Sy seen in jou lewe...  Jesus gee daagliks aan ons 86,400 sekondes (stukkies ...genade) om te sorg dat ons LEWE...  Maak die meeste van elke geleentheid, van elke spesiale oomblik...  Jesus stap saam met jou

Ek bid vandag Numeri 6:24-26 oor jou lewe toe! Mag jy God se onbeperkte seen in jou lewe ervaar - vandag, maar ook elke dag vir die res van jou lewe!!
 
Blessings!

 Anelxx

Monday 27 April 2015

“I asked God for strength, and God gave me difficulties to make me strong… I asked God for Wisdom, and God gave me problems to solve… I asked God for prosperity, and God gave me brain and brawn to work… I asked God for courage, and God gave me danger to overcome… I asked God for love, and God gave me troubled people to help… I asked God for favors, He gave me opportunities… I received nothing I wanted, but everything I needed…” ~ Unknown

Haloes! J

“I asked God for strength, and God gave me difficulties to make me strong…  I asked God for Wisdom, and God gave me problems to solve…  I asked God for prosperity, and God gave me brain and brawn to work…  I asked God for courage, and God gave me danger to overcome…  I asked God for love, and God gave me troubled people to help…  I asked God for favors, He gave me opportunities… I received nothing I wanted, but everything I needed…” ~ Unknown

2 Corinthians 5:20

"We are therefore Christ's ambassadors, as though God were making his appeal through us. We implore you on Christ's behalf: Be reconciled to God."

Galatians 2:20

"I have been crucified with Christ. It is no longer I who live, but Christ who lives in me. And the life I now live in the flesh I live by faith in the Son of God, who loved me and gave himself for me."

"Do not anticipate trouble, or worry about what may never happen. Keep in the sunlight." ~ Benjamin Franklin

 "Man is free at the instant he wants to be." ~ Voltaire

'n Ambassadeur is iemand wat iets verteenwoordig. Indien die persoon 'n goeie ambassadeur is, kan hy of sy deur hul optrede die plek / instansie / of roeping wat hulle verteenwoordig, in die proses bevorder deurdat ander persone daarvan bewus raak, en ook weer op hul manier of op hulle manier betrokke kan raak. Ek onthou altyd toe ek op skool was, is daar aan ons gesê dat wanneer jy in jou skooldrag buite die skool beweeg, is jy 'n ambassadeur van jou skool. Indien jy in jou skooldrag verkeerde dinge aanvang, gaan mense nie sê - "Het jy gesien?? Sannie het dit en dat aangevang nie?" Nee, hulle gaan sê - kyk daardie xx skool se kinders het alweer dit aangevang. Daardie skool is darem "up to no good of slegte nuus!" Dis automaties DIT wat jy verteenwoordig, wat aan jou optrede gekoppel gaan word.

Dis 'n waarheid om ELKE dag te onthou. Wanneer jy verklaar dat jy God se kind is, word jy as 'n Christen geklassifiseer. Christene, en nie-christene, het 'n manier om jou dan "dop te hou", om te kyk hoe jy gaan optree wanneer jy met moeilike situasies gekonfronteer word. Gaan jou optrede enigsens anders wees as DIE mense wat "claim" om nie-christene te wees nie? Wat bedoel ek?? 'n Eenvoudige voorbeeld, is om te kyk hoe jy 'n nuwe dag tegemoet gaan. Is jy al negatief nog voor die nuwe dag of week begin, bang vir alles wat moontlik al kan verkeerd gaan of kan gebeur? Of stel jou jouself in om dit uur vir uur aan te pak, met God aan jou kant??

Jou ingesteldheid is baie keer jou grootste vyand. Wanneer ons in 'n see van moeilikheid vasgevang word, is dit baie keer SO maklik om net negatief te wees, en net al die slegte dinge raak te sien. Jy kan al die geveg verloor, nog voor jy in die bokskryt inklim, omdat jou gedagtes maak dat jy met negatiwiteit gevul is. Almal van ons ervaar daagliks dinge wat ons bangmaak, dinge wat ons onderkry, of dinge waarvoor ons dalk nie voldoende krag het nie. Al hoe om dit te hanteer, is om op ons knieë te bly, te bid, en God te vertrou vir die onmoontlike. En om dan, nadat ons gebid het, uit te gaan en ons beste te gee. Vat dit dag vir dag, uur vir uur. NIKS, maar NIKS, kan groter wees, as God nie. Hy het die DOOD oorwin. Weet dat die God van die Heelal, jou Hemelse Pappa jou liefhet, en dat Hy met jou sal wees, maak nie saak WATTER uitdagings jy mag face nie. Hy is met jou.

Baie blessings!

 Anel xx

Friday 24 April 2015

“The expert in anything, was once a beginner…” ~ Trendenterprises.com


Haloes! J
 
“The expert in anything, was once a beginner…” ~ Trendenterprises.com

Psalm 107:28-30

Then they cried to the LORD in their trouble, and he delivered them from their distress. He made the storm be still, and the waves of the sea were hushed. Then they were glad that the waters were quiet, and he brought them to their desired haven

John 14:13-14

“Whatever you ask in my name, this I will do, that the Father may be glorified in the Son. If you ask me anything in my name, I will do it…”

“If you feel like there's something out there that you're supposed to be doing, if you have a passion for it, then stop wishing and just do it…”  ~ Wanda Sykes
 
“If you don't like the way the world is, you change it. You have an obligation to change it. You just do it one step at a time…” ~ Marian Wright Edelman

Daar is twee dominante tipe persoonlikhede op hierdie aardbol…  Daar is die beplanners (en somtyds oor-denkers), en dan is daar die doeners…  Ek dink ek is ‘n grensgeval… J  Met sommige goed, hou ek daarvan om te beplan en alle moontlike uitkomste te oorweeg, en ‘n struktuur in plek te hê…  Maar met ander goed – soos bv vakansie hou – is dit vir my baie lekker om net geen plan te hê nie, en om die dae te vat soos dit kom…  As mens ‘n te – gestruktureerde plan het, mis jy baie keer op klein “onbeplande” dinge uit!  Maar deur ‘n beplanner te wees – kan dit ons so besig hou, dat ons vergeet om tot aksie oor te gaan J  Dit kan ook deur ‘n aantal faktore aangehelp word…  Die grootste faktor is gewoonlik die “wat as” siekte…  Wat as ek probeer, en ek maak dit nie?  Of wat as, dit nie eintlik God se plan vir my lewe is nie?  Of Wat as ek dit doen, en dit werk, en my hele lewe dan verander??

Dis maar enkele van die vrae wat ons vra wanneer ons, ons drome wil najaag…  Brian Huston van Hillsong kerk het gesê dat God vir ELKEEN van ons ‘n ongelooflike plan het vir ons lewe…  Hy het dit so gestel:  “There is the life that we live, and the life which God intends for us…  Sometimes there is a gap between the two…”   Ons droom partykeer groot vir ons lewe, maar dan skop twyfel net so vinnig soos daardie droom in…  Ons twyfel in ons vermoëns…  In ons hulpbronne…  In ons omstandighede, of in ons geleenthede…  As God daardie droom in jou hart gesit het, en wanneer jy die bevestigings gekry het van wat jy moet doen, SAL HY JOU NIE TELEURSTEL NIE!!!!  God het vir die Israeliete ‘n pad deur die Rooi see gemaak…  Hulle het daar deurgeloop, sonder dat hulle voete nat geraak het – so God is MAGTIG om ENIGE IETS VIR ONS MOONTLIK TE MAAK…  Ons moet net die GELOOF in Hom hê dat Hy sal sorg!  James 1:2-6 is vir my ‘n pragtige opsomming van dit wat ons moet leef – elke dag:  Consider it pure joy, my brothers and sisters,[a] whenever you face trials of many kinds,  because you know that the testing of your faith produces perseverance.  Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything.  If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you.  But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind.

Bid – maar sorg dat jy nie te bang is om tot aksie oor te gaan wanneer God antwoord nie!  God sal jou nie alleen laat om uitdagings kaf te draf nie – Hy is met ELKE TREE wat jy gee, aan jou sy…  Soos Nike sê – Just do it!  Mens is 100 keer meer spyt oor die dinge wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het…  Sê vandag jy is jammer, sê vandag vir die mense in jou lewe dat hulle saakmaak, begin vandag met daardie droom wat al so lank in jou hart sit…  The journey of a thousand miles, begins with a single step ~ Lao Tzu…  God sal jou die oorwinning in Christus Jesus gee!

Blessings!

Anel xx

Wednesday 22 April 2015

"Always do what you are afraid to do..." ~ Ralph Waldo Emerson

Haloes! :)

“Always do what you are afraid to do…”  - Ralph Waldo Emerson

Psalm 91:4-8 NLT

“He will cover you with his feathers. He will shelter you with his wings. His faithful promises are your armor and protection. Do not be afraid of the terrors of the night, nor the arrow that flies in the day. Do not dread the disease that stalks in darkness, nor the disaster that strikes at midday. Though a thousand fall at your side, though ten thousand are dying around you, these evils will not touch you…”

 Proverbs 29:25 NLT

“Fearing people is a dangerous trap, but trusting the Lord means safety…”

 Don’t fear failure so much that you refuse to try new things…”  ~ Unknown
 
“You can conquer almost any fear if you will only make up your mind to do so. For remember, fear doesn’t exist anywhere except in the mind…” ~ Dale Carnegie

Dink jy Dawid was bang die dag toe hy Goliat moes “face”?  Of Noag toe hy die ark moes bou?  Daniël toe hy in die leeukuil gegooi is?  Jona toe hy deur die vis ingesluk is?  Maria toe sy uitvind sy is swanger?  Jesus toe Hy die kruisdood moes sterf?  Al hierdie GROOT stories van getuienis hoe God ELKEEN van hierdie mense beloon het, deur hulle heel anderkant uit te kry, omdat hulle Hom vertrou het…  Deurdat hulle nie getwyfel het dat Hy sal uitkoms bring nie – maar vertrou het dat Hy sal voorsien…  En hoe het Hy nie!

Dawid, so klein soos hy was, het vir Goliat verslaan met ‘n klippie en ‘n slingervel…  Ek is seker daarvan nie oor die krag wat die klippie gehad het nie, maar die feit dat God gesorg het dat dit vir Goliat op ‘n plek van “weakness” getref het…  Vir Noag het Hy weer voorsien van krag om staande te bly terwyl almal hom gespot en vir hom gelag het oor sy gehoorsaamheid aan God…  Wie bou 'n ark wanneer daar geen teken van reen is nie?!  Wat is reen?!  God het die leeus se bekke gesluit toe Daniël in die leeukuil gegooi is…  Vir Jona het Hy bewaar in die vis, maar Jona moes daardeur gaan om sterker te word, en te besef dat wanneer mens dinge doen wat nie in God se wil is nie, mens die gevolge moet dra…  God laat jou egter nooit alleen nie – dis ‘n bewys in die storie van Jona!  Al moet jy harde lesse leer, sal Hy altyd daar wees, om jou deur te dra…  Vir Maria het Hy beskerm toe selfs Josef nie wou glo dat sy nog ‘n maagd was nie…  Teen mense wat geskinder het, het Hy haar bewaar, en die skille van die mense se oë afgehaal…  Al hierdie mense het 1 ding in gemeen…  In tye van VREES, het hulle die vrees hokgeslaan deur met BRAAFHEID op te tree…  Jesus het vir ons kom sterf, sodat ons die Ewige lewe kan hê…  Hy sorg nogsteeds ELKE dag vir jou en my soos Hy vir al hierdie mense gesorg het…  Ons is partykeer net TE besig, en TE aan die hardloop om dit raak te sien J  Jesus is met jou…  Daar gaan dinge wees wat jou bangmaak, en onderkry…  MAAR, omdat jy die belofte het dat Jesus by jou sal wees, soos wat Hy by ELKEEN van die mense was, en vir jou sal sorg wat Sy kind is, soos Hy vir AL die mense gesorg het kan jy gerus gaan slaap…  Ons kan die bangmaak dinge aanpak deur dag vir dag (nie week vir week of maand vir maand nie) te vat, en ons kan ons vrese FACE deur die COURAGE wat God aan elkeen van ons gee, deur Sy groot genade!

Blessings J

Anel xx

Tuesday 21 April 2015

“Promise me you'll always remember: You're braver than you believe, and stronger than you seem, and smarter than you think..."¬ Christopher Robin to Winnie the Pooh

Haloes! :)
  
“Promise me you'll always remember: You're braver than you believe, and stronger than you seem, and smarter than you think..."¬ Christopher Robin to Winnie the Pooh
 
1 Corinthians 13:4-8
 
Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. Love does not delight in evil but rejoices with the truth. It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres. 
 
Prediker 4:9-12
 
"Twee vaar beter as een...  Hulle inspanning kom tot iets...  As die en val, kan die ander hom ophelp...  Maar as een val wat alleen isis daar niemand om hom op te help nie...  As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word?  Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied...  'n Drie-dubbele tou breek nie maklik nie..." 
 
“This is my wish for you: Comfort on difficult days, smiles when sadness intrudes, rainbows to follow the clouds, laughter to kiss your lips, sunsets to warm your heart, hugs when spirits sag, beauty for your eyes to see, friendships to brighten your being, faith so that you can believe, confidence for when you doubt, courage to know yourself, patience to accept the truth, Love to complete your life.”  ¬ Winnie the Pooh
 
Winnie the Pooh is my gunsteling tekenprent karakters...  As hy 'n werklike persoon was, sou ek hom graag as my vriend wou hê, want hy weerspieël ELKE eienskap van dit wat mens graag in JOU beste vriende sou wou sien...  Die seënwens quote (kursief/italics) hierbo is regtig vir my PRAGTIG...  Ek wens dit vir elkeen van julle toe wat hierdie lees vanoggend!  Mag elkeen van hierdie woorde vir jou waar wees...
 
Miskien het jy die beste vriende in die wêreld...   Miskien is jy in ‘n baie spesiale verhouding of dalk nog beter – in ‘n baie geseënde huwelik!  Dank God vanoggend daarvoor!!  As dit nie was vir die feit dat HY voorsien in ons behoeftes nie, sou dit nie vir jou waar gewees het nie...  Miskien is die teenoorgestelde vir jou waar en het jy dalk al lelik seergekry met vriendskappe, verhoudings of in die huwelik...  Miskien voel jy dat jy dalk 'n paar kennisse het, maar geen WERKLIKE vriende nie...  Miskien voel jy dat jy so hard probeer, maar dat liefde, en die regte persoon jou net bly ontwyk…  Ek wil vanoggend vir jou die GOEIE NUUS bring - Jesus wil vir jou 'n vriend wees!  Hy wil ‘n Lewende Verhouding met jou hê…  Ek weet dat elke woord in hierdie quote hierbo (kursief gedruk), is seëninge wat Hy oor jou sal WIL uitstort!  'n Vriendskap en verhouding verg tyd, wat daarin belê moet word...  Jesus wil hê dat jy met Hom moet "chat" daagliks (dit wil sê, bid) soos jy met jou vriende of met jou geliefde sou...  Hy wil weet wat in jou lewe aangaan, en waar Hy jou kan help met moeilike besluite...  Hy is altyd beskikbaar, jy het nie 'n afspraak nodig nie...  Ek’t nou die dag ‘n epos ontvang waar iemand gevra het, hoe hulle met my direk in aanraking kon kom…  Ek kon toe terugskryf dat die persoon direk met my in kontak is…  Dit het my laat dink aan ons Hemelse Pappa – ons kan direk met Hom in kontak wees – dis ons keuse!  Hy sal jou nooit judge nie, en nooit agter jou rug van jou praat nie...  Hy sal jou nie seermaak, verneder of verneuk nie… Hy is die een mens op wie jy ALTYD sal kan staatmaak, en onvoorwaardelik kan vertrou...  Hy is iemand wat ALTYD die beste van jou sal glo en die beste vir jou wil hê...  Dit wat God vir jou in Sy woord belowe, SAL Hy nakom...  'n Versie wat my nogals aangeraak het, is die volgende: ACTS 27:25: "I have faith in God that it will happen just as He told me..."  Hy sal jou net ryklik seën as jy Hom in jou lewe toelaat...  Moenie 'n dag deurgaan, sonder om vir Jesus in ag te neem, of met Hom te gesels nie...   Mag jy Jesus opnuut leerken, deur daagliks te werk aan jou vriendskap met Hom... Maak dit jou doel, as God se kind om jou lig te laat skyn, en vir iemand anders iets te beteken vandag – deur ‘n stukkie ‘random act of kindness’ te bewys (‘n geselsie, koppie koffie, blommetjie – spread the love of Jesus!)…  “Be kinder than necessary, for everyone you meet is fighting some kind of battle…” ~  T.H. Thompson and John Watson
 
blessings!
 
anelxx

Monday 20 April 2015

“Life is like a roller coaster. It has its ups and downs...but it's your choice to either scream or enjoy the ride. Be Positive…” ~ Unknown quotes

Haloes! J

“Life is like a roller coaster. It has its ups and downs...but it's your choice to either scream or enjoy the ride. Be Positive…”  ~ Unknown quotes 

2 Conrinthians 12:9

“My grace is all you need…  My power works best in weakness…  So now I am glad to boast about my weakness, so that the power of Christ can work through me…”

Isaiah 40:29

“God gives power to the faint, and to him that has no might, He increases strength…”

 “God is my strong salvation…  What foe shall I have to fear?  In darkness and temptation, my light, my helper is near…”  ~ Anonymous

“Live today fully, expressing gratitude for all you have been, all you are right now and all you are becoming…”  ~ Melody Beattie

Wanneer moeilike tye of seisoene in mens se lewe aan die orde van die dag is, is mens is geneig om te dink dat dit vir ewig gaan aanhou!  Wanneer jy vasgevang is in die moeilike situasie, is dit gewoonlik AL wat mens raaksien, en kan jy nie dink hoe daar moontlike uitkoms vir jou kan kom nie… J Dis omtrent soos om op ‘n rollercoaster te ry… Jy klim op met die beste voornemens, word rondgeskud tydens die ride – jou wêreld word soms letterlik op sy kop gedraai, maar wanneer daardie rit vir jou voel of jy nie meer kan aanhou nie en dat jy nou tot op jou uiterste uithouvermoë “gechallenge” word, het jy HOOP, want jy weet die rit sal nie vir ewig aanhou nie, en dat die einde in sig is…  Die einde kom gewoonlik SKIELIK nadat jy voel jy tot jou uiterste beproef word J


As ek vandag moet terugdink aan moeilike tye wat ek al beleef het, is dit moeilik om te onthou HOE ERG dit op daardie stadium vir my was toe ek dit moes deurmaak…  Mens is geneig om in baie gevalle net die goeie tye te onthou…   Wanneer probleme jou egter van alle kante af tref, is dit baie keer moeiliker om perspektief te behou en die positiewe raak te sien…   Wanneer mens nie positiewe kant van dinge raaksien nie, raak ons negatiewe situasie, dikwels baie groter in ons kop, as wat dit in werklikheid is…  Jy sit en worry oor goed wat nog nie eens gebeur het nie, of worry oor goed waarvan jy nog nie die uitkomste weet nie…  Die GOEIE nuus vandag, is dat ons as Christene, HOOP kan hê, maak nie saak HOE donker, of HOE moeilik dit met ons gaan nie!  Dis ook ‘n ongelooflike BELOFTE om aan vas te hou vir die res van die jaar wat voorlê!  Jesus stap saam met jou!!  Al kom daar dae in die res van die jaar wat soos “rollercoaster rides” vir jou voel, WEET dat dit nie vir ewig sal aanhou nie, dat jy nie vir ‘n oomblik dit alleen hoef aan te durf nie, en dat Jesus sal sorg dat NIKS met jou gebeur wat jy nie deur Sy krag sal kan hanteer nie…   Hy sal jou elke equip, sodat jy sal GROEI deur elke omstandigheid wat jy moet deurmaak, en nie sal breek met elke moeilikheid wat jou pad kruis nie!  Watse ongelooflike God dien ons nie?! Hy is ELKE dag dieselfde, en Hy het jou super, super baie lief!! Ephesians 3:20 vir jou vandag: “Now to Him who is able to do immeasurably more than all we can ask or imagine, according to His power that is at work within us…”

Blessings!

anel xx

Sunday 19 April 2015

“Don’t forget to pray today, because God did not forget to wake you up this morning…” ~ Unknown

Haloes! J
“Don’t forget to pray today, because God did not forget to wake you up this morning…”  ~ Unknown

Psalm 126:5

“The one who sow in tears shall reap in joy…”

Romans 15:13

“Now may the God of hope fill you with joy and peace in believing that you may abound in hope by the power of the Holy Spirit…”

“Before you act, listen…  Before you react, think…  Before you spend, earn…  Before you criticize, want…  Before you pray, forgive…  Before you quit, TRY…” ~ Unknown

“Faith is seeing light with your heart when all your eyes see is darkness…” ~ Unknown

Ek is seker daarvan dat elkeen van julle al een of ander tyd verslaap het J  Ek dink nie dat daar enige iets is wat jou adrenalien so vinnig aan die gang kry, soos die besef dat jy te laat wakker geraak het, en nog tientalle dinge moet doen voordat jy werk of skool toe kan gaan nie…  Baie keer veroorsaak so ‘n verslaap sessie dat jy met ‘n gejaag en dikwels ongeduldigheid aan die gang kom en dat die res van die dag op dieselfde trant verloop…   Hierdie aanhaling hierbo kan dan BAIE maklik ‘n groot waarheid word, want wanneer mens moeg en geïriteerd is, tree mens gewoonlik op voordat jy dink of luister…  Jy reageer vinniger – wat partykeer lei daartoe dat jy oorreageer, of jy kritiseer dalk sommer, sonder rede…  Sekere uitdagings in sulke dae, sal ook baie keer net een te veel wees – die dag het REEDS sleg begin…  Dis dan baie keer makliker om net nie te probeer nie en handdoek in te gooi nog voordat die dag begin…

Wanneer ons vir Jesus eerste stel in ons lewens – bo al die gejaagdheid en chaos – sal Hy sorg dat alle dinge vir ons ten goede sal meewerk!  Hy belowe dit vir ons in Romeine 8:28…  Hoe baie keer vergeet ons nie om te bid nie, of raak ons aan die slaap terwyl ons bid?  Dit terwyl God ons elke oggend wakker maak, deur Sy genade sodat ons ‘n nuwe dag vol geleenthede en seën tegemoet kan gaan!  Ek dink, ‘n uitdaging aan elkeen van ons, sal wees om net ‘n tydjie te neem – dit hoef nie lank te wees nie – maar vat ‘n oomblik en sê net DANKIE vir die nuwe dag…  Jy kan jouself herinner dat voordat jy jou rekenaar aanskakel, wanneer jy jou skoolgoed uitpak, voor jy begin koek bak, draf of watookal jou eerste taak van die dag is – neem 2 minute en dank God vir die nuwe dag en die dinge waarvoor jy dankbaar is…  Wanneer jy jou dag begin deur dankie te sê, is jou ingesteldheid ten opsigte van die dag se verloop, HEELTEMAL anders wees…  Jy sal met positiewe oë kyk na die dinge wat oor jou pad kom, en jy sal kan LEEF met die versekering, dat Jesus HEELDAG saam met jou stap…  Ons Graad 1 juffrou (of sub-A, soos ons dit geken het), het vir my ‘n boekmerk gegee waarop die volgende gestaan het…  “Wees ALTYD koelkop, want die Here is die skaduwee aan jou regterhand (of linkerhand vir die linkshandiges)…  Wanneer ek dus my hand se skaduwee sien val – word ek herinner daaraan dat God ALTYD by my is, en my nooit alleen laat nie (Psalm 23)…  Vertrou vandag vir God dat Hy jou voete sal lei waar Hy wil hê jy moet stap (Spreuke 16:3)…  As jy dalk wag of bid op ‘n deurbraak – bid dat God deure vir jou sal oopmaak wat GEEN mens sal kan toemaak nie (Revelation 3:8)…  As jy dalk siek is, of deur moeilike behandeling gaan – byt vas en weet dat God – ons Pa, die ULTIMATE geneesheer is (Jakobus 5:14)!  NIKS, maar NIKS is vir ons God onmoontlik nie (Lukas 1:37).  Mag God ons Vader, jou vandag uit jou sokkies uit seën met ‘n ongelooflike dag…

Baie blessings vir jou!!

Anel xx

Thursday 16 April 2015

“No matter how long it takes when God works, it is worth the wait!” ~ Unknown

Haloes! J

“No matter how long it takes when God works, it is worth the wait!” ~ Unknown

Zephaniah 3:17

“The LORD your God is in your midst, a mighty one who will save; he will rejoice over you with gladness; he will quiet you by his love; he will exult over you with loud singing…”

Romans 15:13 

“May the God of hope fill you with all joy and peace in believing, so that by the power of the Holy Spirit you may abound in hope…”

“God has already arranged a new beginning for every disappointment…” ~ Joel Osteen

“Ability is what you are capable of doing…  Motivation determines what you do…  Attitude determines how well you do it…” ~ Unknown

Hannah was kinderloos... Haar man, Elkana, was liewer vir haar as vir sy ander vrou Peninna. Om daardie rede het God vir Pennina met kinders geseën... Peninna het egter vir Hannah gespot oor die feit dat sy nie kinders in die wêreld kon bring nie... Dit was Hannah se grootste wens, en gebed om 'n kind te hê... Ek dink nie dat daar is iets moeiliker is nie - om SO graag iets te wil hê, en om net geen antwoord op gebed te ontvang nie... Hannah het egter nie opgegee nie... Hoe langer sy moes wag, hoe meer het sy gebid... En God het hom nie doof gehou nie - Hy het haar geantwoord, en haar met 'n BAIE spesiale seun geseën... Omdat sy getrou was, en aanhou glo en bid het - het God aan haar Sy trou bewys...

Miskien dink jy nou - almal rondom my kry wat hulle wil hê, en wat hulle van God bid. Dis net ek wat niks ontvang nie... En ek bid, en ek glo... Of miskien het jy al moed opgegee om te vertrou en te glo... Hannah moet vanoggend dan vir jou 'n getuienis wees, dat mens nooit te lank vir God wag om gebede te beantwoord nie... Daar is geen God, soos die God wat ons dien nie... As ons getrou is, SAL God voorsien... Soos Napoleon se aanhaling hierbo sê - Onmoontlik is net 'n woord wat in 'n dwaas se woordeboek aangetref word... Moenie vir God afskryf of wantrou, as jy nie die eerste keer wat jy bid 'n antwoord kry nie... God WEET wat Hy vir jou lewe beplan, en jou drome en gebede wil Hy nie onbeantwoord laat nie...

Ons gebed moet egter nie net 'n "quick fix" wees nie... Ons moet ELKE dag met God praat, en werk aan ons verhouding met Hom... En nie net bid wanneer ons iets nodig het nie... Dis nie waarvoor God daar is nie... Hy wil vir jou 'n Pa wees - iemand wat vir jou ongelooflik lief is, en iemand wat deel wil wees van jou lewe - ELKE dag... Maak Hom deel van jou lewe, deur in gebed met Hom DAAGLIKS te "connect"... En wanneer jy gebid het - laat dit by Hom... Moenie dan net weer omdraai en SELF oplossings probeer vind vir dit wat jy met Hom bespreek het nie...  Wanneer jy bid, is dit soos bv – wanneer jy jou toetsboek ingee vir die merker…  Jy sit dit in die merker se hande (jy kan niks meer doen ten opsigte van die vraestel nie)…  Deur hierdie beeld wil ek vir jou illustreer dat jy jou bekommernisse, seer, pyn en sukkel dan effektiewelik in God se hande plaas wanneer jy bid. Hy sal voorsien - op maniere wat jy nie eens gedink het moontlik is nie... Glo dit vandag!!

Mag jy 'n PRAGTIGE naweek hê!

blessings!
 
anel xx

 

 

Wednesday 15 April 2015

“Don’t put in ½ the effort, unless you’re ok with ½ of the results…” ~ Unknown

Haloes! J

“Don’t put in ½ the effort, unless you’re ok with ½ of the results…” ~ Unknown

James 1:5

'If you need wisdom, ask our generous God and He will give it to you... He will not rebuke you for asking...'

Ephesians 1:18-19

"I pray also that the eyes of your heart may be enlightened in order that you may know the hope to which He has called you, and His incomparably great power for us who believe... That power is like the working of His mighty strength..."

“Courage isn’t having the strength to go on…  It is going on when you don’t have the strength…” ~ Unknown

“When obstacles arise, you can change your direction to reach your goal; you don’t change the decision to get you there…” ~ Unknown

Ek onthou toe ek op skool was, was ons op 'n kamp waar ons in spanne opgedeel was en waar ons hindernisse moes afle in die donker... Jyt met jou flits, met behulp van 'n kaart en deur middel van spanwerk dan hopelik die eindpunt bereik... Wat belangrik is in so 'n geval of uitdaging, dat een persoon moet leiding neem en dat die span dan sal saamwerk om die eindpunt maklik en suksesvol te bereik... Ek onthou dat ons 'n verkeerde afdraai gevat het, en deur baie ongelyke stukke grond, deur bosse, op smal rante ens geloop het... Maar ons het dit as 'n span gedoen en alhoewel ons nie die voorgeskrewe roete gevolg het nie, was dit iets wat ek vir die res van my lewe sal onthou...

Met die lewe is dit baie keer soos hierdie scenario... Toe daar bosse was waar daar eintlik pad moes wees, het ons as span geweet dat dit nie die roete kon wees wat vir ons uitgesit was om te stap nie... Maar ons het 'n verkeerde afdraai gevat en om terug te kon kom op die uitgestippelde pad, moes ons deur bosse en ongelykte stukke grond loop om terug te kon kom op die pad wat vir ons op die kaart uitgesit was... Somtyds hou ons op om te bid, en is ons nie ingestel op God se stem of God se wil vir ons lewe nie... Ons probeer om die lewe met sy uitdagings op ons eie aandurf, en wanneer ons dan later net doodloopstrate sien, besef ons weer dat ons 'n verkeerde afdraai gevat het, of dat ons die dinge op ons eie probeer doen het... Jesus laat ons nooit uit Sy sigveld verdwyn nie... Al hoor ons Hom nie duidelik nie,beteken dit nie dat Hy nie daar is nie... Hy is steeds net 'n gebed ver... Hy sal Sy hand van bewaring oor jou hou - waar jy ookal stap... En Hy is meer as bereidwillig om jou te help met die uitdagings wat die lewe jou kant toe laat kom... Hy en Sy woord sal ook jou kompas wees as jy dalk iewers jou pad verloor het... Al voel dit ook onmoontlik - God is groter... Hy sal sorg...

Mag God jou die pad wys wat Hy vir jou uitgesit het... Een vol blessing en een vol van Sy liefde en wonderwerke vir jou lewe...
 
blessings!
 
anel xx

Tuesday 14 April 2015

“Stop waiting for Friday, for summer, for someone to fall in love with you… For life… Happiness is achieved when you stop waiting for it, and make the most of the moment you are in now…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Stop waiting for Friday, for summer, for someone to fall in love with you…  For life…  Happiness is achieved when you stop waiting for it, and make the most of the moment you are in now…” ~ Unknown
 
Joel 3:10
 
“Beat your plowshares into swords and your pruning hooks into spears.  Let the weakling say, “I am strong!”
 
James 1:6
 
“But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind…”
 
“Successful people are always looking for opportunities to help others…  Unsuccessful people are always asking, what’s in it for me?” ~ Unknown
 
“I never lose…  I either win, or I learn…” ~ Unknown
 
Vertroue is iets waarmee baie mense sukkel...  Kyk ons net na ons land, en die dinge wat daagliks voorblad stories in die koerante maak, is dit verstaanbaar dat mense sukkel om ander te vertrou...   Daar is mense wat trou, met beloftes wat op daardie dag aan mekaar gemaak word, net om ‘n paar jaar later verbreek te word...  Daar is mense wat beloftes breek, en sodoende vriendskappe tot niet maak...  Mense wat jou vertroue in jou vriende en medemens skend...  Daar is mense, in verhoudings, in families en vriendekringe, wat eerder sal uitloop wanneer moeilike situasies of siekte by die voordeur inloop...  Wanneer jy iemand die meeste nodig het, word jy in die steek gelaat, en dit laat jou HARTSEER en seergemaak agter...  Mens begin later glo dat dit ‘n norm is, en skeer dan voortaan almal oor dieselfde kam...
  
Mens mis partykeer uit op spesiale oomblike, mense, verhoudings, liefde en geleenthede, omdat mens niemand vertrou nie...  ‘n Harde realiteit en waarheid, is dat ons soms nie vir God vertrou met ons lewe nie...  Ons dink ons vertrou Hom, maar tog, hou ons so hard vas aan ons lewe, aan ons probleme – wat ons laat worry, en moeilike situasies waarmee ons gekonfronteer word, dat ons uitmis op dit wat Hy als vir ons lewe beplan en bestem het...  Ons probeer self oplossings vind vir dit wat moeilik is, en dit wat verkeerd loop...  Plaas daarvan dat ons net op ons knieë gaan, en dit vir God gee...
 
As ons, ons verhoudings en vriendskappe by God begin, en ons Hom as basis daarvoor het, kan dit nie anders as om geseënd te wees nie!   Ek het nou die aand ‘n “gedagte” gehoor op CCFM, wat die ou gesê het – “Moenie so bekommerd wees, oor so baie dinge nie...  Jou Hemelse Vader is REEDS besig om vir jou ‘n uitweg te skep, of oplossings te vind...  Al wat van jou verlang word, is dat jy Hom daarvoor sal vertrou...”  Moenie vandag bekommerd aanpak nie...  WEES VERSEKER, jou Pa is hard aan die werk, en Hy sal jou NOOIT in die steek laat nie...  Hy het jou HOPELOOS te lief...
 
Blessings,
 
Anel xx

Monday 13 April 2015

“No storm can last forever… It will never rain for 365 days consecutively… Keep in mind that trouble comes to pass, not to stay… Don’t worry! No storm, not even the one in your life can last forever…” ~ Iyanla Vanzant


Haloes! J
 
“No storm can last forever…  It will never rain for 365 days consecutively…  Keep in mind that trouble comes to pass, not to stay…  Don’t worry! No storm, not even the one in your life can last forever…” ~ Iyanla Vanzant
 
Psalm 91:11-16
 
For he will command his angels concerning you to guard you in all your ways; they will lift you up in their hands, so that you will not strike your foot against a stone. You will tread on the lion and the cobra; you will trample the great lion and the serpent. “Because he loves me,” says the Lord, “I will rescue him; I will protect him, for he acknowledges my name.
He will call on me, and I will answer him;  I will be with him in trouble, I will deliver him and honor him. With long life I will satisfy him and show him my salvation.”
 
Psalm 91:7
 
A thousand may fall at your side, ten thousand at your right hand, but it will not come near you…
 
“Resurrection tells us that God will always finish what He started…” ~ Victoria Osteen
 
“Life is too ironic to fully understand…  It takes sadness to know what happiness is…  Noise to appreciate silence and absence to value presence…” ~ Unknown
 
Werk...  ‘n Woordjie wat deur baie mense met onaangenaamheid geassosieer word...  Vir baie mense is werk ‘n plek van ongelukkigheid, ‘n plek waar hulle gekritiseer word, en waar hul aan hul swakheid herinner word... Of miskien word jou harde werk heeltyd oorgesien – en maak nie saak wat jy doen nie, dis asof jy op een plek bly draf… Miskien is jy sommer met negatiwiteit gevul, nog voordat die dag begin…  Dit veroorsaak weer dat jou ingesteldheid verkeerd is nog voordat enige iets gebeur het…  Of jou werk kan jou dalk vul met soveel VREES en STRESS vir dit wat onbekend is, vir dit wat moontlik verkeerd kan gaan of dit wat jy nie kan beheer nie dat dit op ‘n manier jou jou lewe heeltemal oorneem...  Elke wakende oomblik word aan werk spandeer (of dit nou fisies werk is, praat oor werk of dink aan werk), soveel so dat die lewe op die ou end verby jou gaan...  Een iets wat ‘n vriend van my eendag kwytgeraak het – werk is iets wat altyd daar sal wees...  Jy kan kies om elke wakende oomblik daaraan te spandeer, of om ‘n bietjie oor te los vir more, en VOLUIT te LEWE – met BALANS...  Sorg dat jy elke dag jou BES doen in die tyd wat daarvoor uitgesit is… Balans is BAIE belangrik!!  Soos ek al vantevore gesê het – TE pas net by TEVREDE :)
As jy vandag sou uitvind jyt ‘n ongeneeslike siekte – wat sou vir jou die belangrikste wees?  Tyd saam met mense wat vir jou kosbaar is, tyd wat jy gebruik om herinneringe te maak wat ‘n leeftyd sal hou of tyd wat spandeer word aan bekommernis?  Maak seker dat jy tye van saamwees met vriende en familie koester...  Maak spesiale herinneringe wanneer julle saam is...  Hou die baklei vir eendag op ‘n reëndag...  Ons weet nie wanneer die laaste keer is wat ons iemand gaan sien, of by ons gaan hê nie...  Maak seker dat die mense in jou lewe WEET dat jy hulle waardeer, liefhet en dat hulle baie kosbaar vir jou is (sê dit met elke geleentheid wat jy kry)!! God het ons geseën met ‘n ongelooflike natuur, en ongelooflike mense wat Hy oor ons pad bring – elke dag...  Maak seker dat jy jou balans so toepas, dat wanneer jy WERK, jy werk, en wanneer jy dan by die kantoor uitstap, dat jy die dinge by die werkplek agterlaat…  Die lewe is meer as bekommernis!  Hiermee sê ek nie, moenie altyd jou beste gee nie...  Nee,  hiermee sê ek:  Koester spesiale mense, en spesiale tye...  Spandeer spesiale tyd saam met God...  Moenie dat werktyd, jou Stiltetyd binnedring nie...  Ons het tyd saam met God nodig om Sy stem en Sy wil vir ons lewe te hoor en te bepaal...  Ons het Hom nodig, omdat Hy ons bron van HOOP is...  Laat Hom toe om daai onrus in jou binneste, in vrede te omskep...  Dit sal jy slegs kan regkry, deur tyd in gebed, en tyd saam met God deur te bring...  Moenie jouself beroof van ‘n lewe van oorvloed, deur nie tyd te hê vir dit wat saakmaak nie...  Vir jou wat dalk deur diepe waters gaan op die oomblik - hier is 'n versie spesiaal vir jou:  1 Kronieke 28:20 Moenie bang wees of jou bekommer nie...  want die Here God is by jou...  Hy sal jou nie in die steek laat nie of van jou padgee nie...
Blessings!
Anelxx
 
 
 
 

Sunday 12 April 2015

“If you really want to do something, you’ll find a way… If you don’t, you’ll find an excuse…” ~ Jim Rohn

Haloes! J

“If you really want to do something, you’ll find a way…  If you don’t, you’ll find an excuse…” ~ Jim Rohn

Ephesians 3:20

“Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to Him be the glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations forever and ever! Amen…

Philippians 4:4-7

“Rejoice in the Lord, always…  I will say it again: Rejoice! Let your gentleness be evident to all…  The Lord is near…  Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and thanksgiving present your requests to God… And the peace of God who transcends all understanding, will guard your hearts and minds in Christ Jesus…”

“A good life is when you smile often, dream big, laugh a lot and realize how blessed you are for what you have…” ~ Unknown

7 Cardinal Rules for Life…
1)      Make peace with your past… 
So it won’t disturb your present…
2)      What other people think of you…
Is none of your business…
3)      Time heals almost everything…
Give it time…
4)      No one is in charge…
Of your happiness, except you…
5)      Don’t compare your life to others
And don’t judge them, you have no idea what their journey is all about…
6)      Stop thinking too much…
It’s all right not to know the answers…  They will come when you least expect it…
7)      Smile…
You don’t own all the problems in the world…

Hierdie stukkie hierbo was vir my SO refreshing…  Want ek dink ons almal se grootste probleme, worries, goed waaroor ons wakker lê, hartseer raak, of tob, is baie mooi opgesom hierbo!  Ons raak bekommerd oor wat mense van ons dink – wat eintlik so verregaande is, want al by wie ons guns moet hê is God!  Hy sal dinge in ons lewens laat uitwerk / nie uitwerk nie, of mense nou van ons hou of nie!  Sy wil sal geskied, op Sy tyd, wanneer HY dit bestem!  Ons laat baie keer dat “of mense van my hou” ons geluk bepaal…  Ons moenie ons geluk op mense bou nie – want dan raak ons soos die dwase man wat sy huis op die sand bou…  Wanneer ons, ons lewens grond in Jesus Christus, deur ons huis op ‘n rots te bou, vul Hy ons met die innerlike geluk wat ons nodig het, dat ons dit nie op ander plekke sal gaan soek nie…

Dinge wat reeds gebeur het – kan ons niks aan verander nie…  Ons moet dit in die verlede los – dis waar dit hoort, en fokus op hoe ons dinge op ‘n ander, beter manier sal kan aanpak in die toekoms…  Tyd is in elkgeval al wat ons nodig het – vir dinge om in plek te val, vir ons om dinge te verwerk, vir ons om ‘n nuwe begin te kan maak…  God het jou as ‘n unieke mens geskape…  Moenie jouself met ander vergelyk nie – want as God wou hê ons moet almal eenders wees, sou Hy ons so geskape het! 
 
Ek het partykeer die probleem om dinge te “overthink”…  Te probeer om die wêreld se probleme te probeer uitfigure en uit te sorteer – deur alle moontlike scenario’s te deurdink…  Met God in beheer, hoef ons net op te daag…  Ons hoef nie te probeer om as ysterman / ystervrou antwoorde vir alles te probeer kry nie...  Soos Hy in Deuteronomy 20:4 sê: “Do not be afraid, or panic, or tremble before them, for the LORD your God is the one who goes with you, to fight for you against your enemies, to save you…”  Maak nie saak WAT jy moet face of wat vir jou voorlê nie – God is reeds daar, en Hy sal NAMENS jou die fight, fight!  Die laaste ding, en seker partykeer die moeilikste wanneer ons deur “tough” times gaan, is dat ons nie ons geluk in ander mense se hande moet plaas nie…  Of jy gelukkig is, of smile, moenie afhang van jou omstandighede nie…  Dis ‘n keuse – om ‘n glimlag te dra J  Wanneer mens glimlag, ontspan jou liggaam en is dit as’t ware ‘n klein bietjie “stress relief”…  Ons het SO baie om voor dankbaar te wees…  Ek wil jou uitdaag om elke keer wat jy voel asof jy wil huil, te bid en vir God dankie te sê vir ten minste een iets in jou lewe…  Of dit nou jou werk is, of die feit dat jy kos gehad het om te eet – wanneer ons weer opreg dankbaar word vir die klein goed, is gewoonlik wanneer ons besef dat dit die groot goed vorm!

Mag jy ‘n AWESOME week he!

Blessings!

Anel xx