Thursday 31 January 2013

“I can be changed by what happens to me. But I refuse to be reduced by it.” ― Maya Angelou


Haloes! J

“I can be changed by what happens to me. But I refuse to be reduced by it.” ― Maya Angelou

John 14:1

“Do not let your hearts be troubled…  Trust in God; trust also in me…”

Isaiah 40:31

“But those who hope in the Lord will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”

“Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, 'Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous?' Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that other people won't feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in some of us; it's in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.” ― Marianne Williamson, Return to Love: Reflections on the Principles of "A Course in Miracles"

Hierdie is absoluut een van my gunsteling aanhalings wat bestaan!   Lig is daar om donkerte te verdryf…  Ons is daar om ons liggies DAAGLIKS te laat skyn in die donker wereld…  Soos Gandhi gesê het – We must be the change we wish to see in the world…  Ons kla so baie oor soveel dinge wat verkeerd is in hierdie wêreld…  Tog, dink ek nie ons doen altyd alles in ons vermoë om ‘n verskil te maak in ons onmiddellike omgewing nie…  Ons laat toe dat mense negatiewe uitsprake op ons lewens maak, wat ons dan daarvan weerhou om ‘n VOL GODVERVULDE LEWE TE LEI!  Jy is tot ENIGE IETS IN STAAT DEUR GOD WAT JOU KRAG GEE… (Fillipense 4:13)  Jy hoef vir NIEMAND terug te staan nie, want wanneer God deur jou werk, sal jou liggie so helder brand, dat nie eens ondeurdagte woorde van mense jou lewenslus sal kan uitblus nie!

Uitdagings en moeilike tye wat oor ‘n mens se pad kom, verander ons…  ‘n Ander woord vir die verandering wat plaasvind is dat God ons KARAKTER bou daardeur…  Ek sou nie vandag die mens wees wat ek is, as ek nie moeilike tye moes deurmaak nie…  Moeilike tye het my geleer dat God ALTYD by my is…  Dat niks vir God onmoontlik is nie, en dat ek baie sterker is as wat ek gedink het ek is!  Mens is altyd tot meer in staat as wat jy jouself wil krediet gee…  Al hoe jy uitvind tot hoeveel jy in staat is, is wanneer jy in die diepkant van die water ingegooi word, en moet swem met alles wat in jou is om terug te kom in die vlakker waters…  Mense met hulle negatiewe uitsprake oor jou lewe, is soos haaie wat in die diepwaters op jou afgeswem kom…  Jy kan begin spartel en aan hulle die oorwinning gee dat hulle woorde negatiewe impak op jou lewe maak, of jy kan jou oë vestig op Jesus en vertrou dat Hy die haai sal aflei met ander “aas” en hom ‘n ander rigting sal laat inslaan…  As Jesus vir Daniël lewend uit ‘n leeukuil kon haal, KAN Hy jou situasie verander!  ‘n Ou by ons kerk het getuienis gegee Sondag en sy woorde het so ‘n impak op my gemaak dat ek dit moet deel met jou!  Hulle moes ‘n sokker dag aanbied vir minder bevoorregte kinders, en al die “equipment” – sokkerballe; beacons, klere ens was net weg…  Hy sê dat hulle die hele huis omgekeer het, en dit net nie kon vind nie…  400 Kinders het egter op hulle sit en wag, en hulle het geweet dat hulle sal moet gaan, maar het nie geweet hoe hulle die sportdag sou aanbied sonder equipment nie…  hy sê toe, sy een vriend het na hom gedraai en gesê hulle moet bid voor hulle ry…  En hy sê – toe sy vriend dit sê – het hy besef hy het vir 'n oomblik van God vergeet…  Hy was so gefokus op die situasie en alles wat verkeerd is, dat hy nie vir God raakgesien het en besef het dat Hy daar is om hulle by te staan en te help nie…  Hy sê toe hulle terug in die huis ingaan, was al die equipment reg voor hulle neus in die leefarea…  Laat God toe om jou oogklappe af te haal – en jou met God se oë te laat kyk na die wêreld…  Dat jy sal besef dat jy God se hande en voete op hierdie aarde kan wees…  Dat jy dit DEUR God se krag wat in jou werk sal kan doen…  Jesus wil jou help om die mens te word wat Hy jou bestem het om te wees!!  Laat Hom toe – gee Hom plekkie in jou lewe deur in gebed tot Hom te nader, en voortdurend met Hom te gesels – selfs wanneer die omstandighede oorweldigend is!  Wanneer jy jou fokus op Hom plaas, eerder as die omstandighede, sal Hy deurbrake bring!

Mag jy 'n heerlike naweek he!

Blessings!

Anelli**

Wednesday 30 January 2013

“What's meant to be will always find a way” ― Trisha Yearwood


Haloes! J

What's meant to be will always find a way” ― Trisha Yearwood

Genesis 21:22b

“Abraham, God is altyd by jou…  Wat jy ookal doen, Hy is by jou…”

Josua 3:7

“Toe sê die Here vir Josua:  Wat Ek vandag gaan doen sal maak dat die mense na jou sal opsien as ‘n groot leier…  Hulle sal weet dat Ek by jou was, soos Ek by Moses was…”

“The only way that we can live, is if we grow. The only way that we can grow is if we change. The only way that we can change is if we learn. The only way we can learn is if we are exposed. And the only way that we can become exposed is if we throw ourselves out into the open. Do it. Throw yourself.” ― C. JoyBell C.

 “You make a life out of what you have, not what you're missing.” ― Kate Morton

Ek’t nou die dag iemand se Facebook status gelees waar die persoon gesê het – “The enemy wants you to give up, because he knows that God has something great in store for you…”  Galatians 6:9 “And let us not grow weary in well-doing, for in due season we shall reap if we faint not…”  Besluite kan partykeer baie moeilik wees…  Ons word gereeld gekonfronteer met kruispaaie, waar jy ‘n pad moet kies watter kant toe jy moet draai om jou “journey” voort te sit…  Lewensveranderende besluite kan baie erg wees, omdat ons nie altyd weet of die besluit wat ons gaan neem die regte ene sal wees nie!  “Wat as ek die verkeerde besluit maak?  Gaan God se planne vir my lewe dan steeds uitwerk?!?!”  Ek dink dit is ‘n vraag waarmee ons as Christene BAIE gekonfronteer word…  Ons wil graag God se wil doen, en ons wil graag ‘n besluit neem in ooreenstemming met Sy wil vir ons lewe – maar wat gebeur nou as ek nie kies wat God wou gehad het wat ek moet kies nie?!

Dis die cool ding van God…  Hy het aan ons ‘n VRYHEID van keuse gegee…  Ons kan bid vir wysheid en insig wanneer lewensveranderende besluite geneem moet word…  Ek glo jy sal ‘n antwoord in jou hart hê, deur Sy absolute vrede wat in jou hart sal heers wanneer jy die besluit gemaak het…  Maar wat nou as jy dalk die verkeerde opsie gekies het – en steeds vrede ervaar het?  Ek GLO, dat wanneer jy jou lewensdae saam met God aanpak, SAL Hy vir jou sorg, en Hy sal dinge in jou lewe laat uitwerk – SELFS al maak jy somtyds verkeerde besluite…  Hy is so ongelooflik GROOT en ALMAGTIG, dat Hy daardie verkeerde besluit, as ‘n detour sal inwerk op jou lewenspad, sodat Hy daardeur geglorify kan word, en dat jy dit kan gebruik as deel van ‘n getuienis van hoe God voorsien!  Ek glo dat jy sal opeindig, DAAR waar Hy jou bestem het om te wees!  Hy sal dinge in plek laat val op SY tyd…  Ek dink ons is baie keer so “result” gedrewe, dat ons NOU al die antwoorde wil hê, en weet waarheen ons oppad is, of ons iemand sal ontmoet, of ons gelukkig sal wees?!  Ons wil weet wat die onbekende toekoms inhou, en ons wil weet dat Jesus ons sal behoed en bewaar…  Wanneer ons so ongeduldig word, moet ons onthou – wanneer ‘n saadjie geplant word, neem dit tyd om wortel te skied, dit het sonlig nodig, water nodig, kos nodig om te groei en uiteindelik ‘n sterk en mooi plant te word…  Wanneer jy weer worry oor al die onbekendhede wat die dag van môre sal bring, of wanneer God se tyd vir jou lewe sal aanbreek – BID…  Dit is die “source” wat ons sal laat groei…  Jesus is groter, Jesus is in staat om soveel meer te doen as wat ons ooit sal kan dink of hoop…  Hy sal sorg dat jy opeindig DAAR waar Hy jou kan gebruik om te skyn vir die Koningkryk…  Hy sal sorg dat jy jou lewensmaat sal ontmoet, wanneer die tyd daarvoor reg is…  Hy sal sorg, dat jou siekte genees word, wanneer dit SY tyd is – en sodat jy getuienis kan lewer en die Koningkryk van God aan “non-believers” kan getuig!  Jesus WIL WONDERWERKE DEUR JOU EN IN JOU DOEN!  Glo dit vandag!!

Blessings!

Anelli**













Tuesday 29 January 2013

“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C.


Haloes! J

“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C.

Psalm 2:8

“Ask of me and I will give you the nations as your inheritance and the uttermost part of the earth as your possession…”

Ephesians 2:10

“For we are God’s handiwork, created in Christ Jesus to do good works, which God prepared in advance for us to do…”

“Maybe you can afford to wait. Maybe for you there's a tomorrow. Maybe for you there's one thousand tomorrows, or three thousand, or ten, so much time you can bathe in it, roll around it, let it slide like coins through you fingers. So much time you can waste it.  But for some of us there's only today. And the truth is, you never really know.” ― Lauren Oliver, Before I Fall

Ons dominee het laas week ‘n storie vertel wat my nogals geraak het!  Hy het gesê:  ‘n Sokkerspeler wat bang is om seer te kry, gaan nie baie ver kom in die spel nie…  Want, hy gaan probeer om enige fisiese kontak te vermy…  Op die ou end sal hy nie eens wil commit om die bal te skop nie, want wat as iemand in hom vashardloop, of hom tackle en hy dan seerkry?  Ook met oefen vir ‘n wedstryd – as die speler nie die fisiese harde werk insit nie – gaan hy nie kan verbeter en groei nie…  Ooo…  Ek kan nie 25 pushups doen nie, want my lyf gaan môre te seer wees…  OF,  Ek kan nie so ver hardloop nie – dis net te veel vir my…   Jy gaan nooit COMMIT om jou beste te gee nie, want in jou kop spook jy heeltyd met die wat asse - WAT AS ek seerkry??  Een van my gunsteling aanhalings – NO PAIN, NO GAIN…  Die dinge waarvoor jy hard moet werk, waarvoor jy pyn moet deurmaak, en regtig deursettingsvermoë en “guts” moet wys, is gewoonlik die dinge wat die lewe die moeite werd maak!

Is jy ge-commit aan God?  Gecommit daaraan om ‘n VOL lewe te lei?  Of is jy maar tans besig om ‘n louwarm lewe te lei?  Deur jouself en jou hart te beskerm daarteen om seer te kry…  Deur sulke hoë mure om jouself te bou dat jy nooit iemand toelaat om naby genoeg aan jou te kom nie, omdat hulle jou dalk kan seermaak, soos soveel ander mense reeds gedoen het??  Deur nie voluit jou drome na te jaag en jou dagtaak aan te pak nie, omdat jy bang is vir wat moontlik kan gebeur indien jy dit sou doen…  Partykeer is ons so bang om foute te maak, dat ons soos ‘n sokkerspeler is wat nie werklik wil commit nie omdat ons bang is vir seerkry…  Ons raak dan baie keer net ‘n passasier in die span, wat kyk hoe die res van die spelers hard werk, en hulle alles gee om die spel te speel…  Ek het ‘n vriendin gehad wat vir my so ‘n voorbeeld was van wat dit is om voluit te lewe…  Sy het elke geleentheid wat haar kant toe gekom het aangegryp, sy was passievol oor haar werk, sy was ‘n absolute inspuiting van energie, en ek is altyd met nuwe moed en lewenslus gevul na ek ‘n koppie tee saam met haar gedrink het!  Sy was ook vir my ‘n voorbeeld om nie op die kantlyn te sit, of ‘n passasier in die span te wees nie!  Sy het my geleer om iets aan te pak met ALLES wat in jou is…  Selfs al kry jy seer in die proses, en word jou hart gebreek, maak seker dat jy dit met oorgawe gedoen het!  Sy is aan ons geleen vir ‘n baie kort tydjie, want die Here het haar op 22jarige ouderdom kom haal omdat Hy haar in die Hemel meer nodig gehad het as op aarde…  Maar ek dink dat met die lewe wat sy gelei het, sy 'n baie voller lewe gehad het as wat baie mense leef in hul leeftyd op aarde…  Sy is en bly 'n inspirasie vir my elke dag... Maak seker dat jy nie net BESTAAN nie…  Moenie jouself so toewikkel in ‘n kokon van beskerming, dat jy heeltemal uitmis op alles wat God vir jou het nie!   LEEF ELKE DAG ASOF DIT JOU LAASTE KAN WEES!  He lief met oorgawe…  Mag jy ‘n seën wees vir mense wat jou pad kruis!

Blessings!

Anelli**




Monday 28 January 2013

“It's not the size of the dog in the fight, it's the size of the fight in the dog.”― Mark Twain


Haloes! J

“It's not the size of the dog in the fight, it's the size of the fight in the dog.”― Mark Twain

Psalm 131:2

“Ek is tevrede soos ek is…  Ek is soos ‘n babatjie wat veilig in Sy ma se arms lê…  Die wêreld kan maar vergaan, ek voel veilig en tevrede…”

John 15:5

“I am the vine, you are the branches…  If you remain in me and I in u, u will bear much fruit…  Apart from me, you can do nothing…”

“The only way to overcome the enemy, is by God’s spirit…  Rely on God’s grace and on the power of the Holy spirit to overcome obstacles…  We make progress, little by little…”  ~ Joyce Meyer

Everything that happens to us leaves some trace behind; everything contributes imperceptibly to make us what we are…” ~ Johann Wolfgang von Goethe

Dis op die oomblik verskriklik koud in Amsterdam, en het ons het al ‘n paar goeie sneeu neerslae gehad…    Terwyl ek die een oggend van die stasie af stap na my kliënt toe, terwyl die sneeu saggies val, kom ek by ‘n parkeerarea, waar die sneeu soos ‘n wit kombers voor my lê…  Geen motor het al daar parkeer / deurgery nie…  Geen voete het daar deurgeloop nie…  Net ‘n pragtige spierwit kombers wat voor my oopgelê het, en my voetspore was die eerste merk wat daarop gemaak is daardie dag… 

Dit het my sommer net laat dink aan ons lewens!  Elke dag, is ‘n nuwe geleentheid om inspirerende voetspore te trap…  God bless ons elke dag met ‘n nuwe blaadjie in ons lewensboek, en niemand behalwe JY kan bepaal hoe die spore lyk wat jy daardie dag sal trap nie…  Of dit spore van  inspirasie sal wees; spore van deursettingsvermoë;  spore van gelukkigheid; spore wat drome najaag, en wat nie mismoedig word wanneer dinge nie op die eerste probeerslag uitwerk nie!  Spore wat dit as ‘n uitdaging sal sien om weer te probeer…  Al is jou bladsy van gister gevul met spore van hartseer; van eensaamheid; spore van bekommernis; siekte en vrees vir dit wat voor jou lê…  Gister se spore is deel van geskiedenis, en vandag is ‘n geskenk van God, om deur Sy krag wat in jou werk vorentoe te kyk, vorentoe te stap met die wete dat Hy by jou is…  Moenie bang wees om die eerste tree te gee op die pad wat voor jou oop en ongeskend lê nie…  Elkeen van ons se paadjie loop anders…  Maar een iets wat vir ons almal dieselfde is, is dat God by jou is, elke oomblik van elke dag…  Hy sal Sy behoedende en bewarende hand oor jou hou, en jou beskerm…  Selfs wanneer jy die onbekende moet trotseer – soos wat ek net een ry voetspore in die sneeu gesien het na ek deur dit geloop het – het dit my herinner – Jesus dra my…  Hy los my nie alleen in die onbekende nie – en Hy bring juis uitdagings en nuwe dinge oor my pad, om my ‘n vol lewe te gee en voor te berei vir die seën wat op ons wag!!  Philippians 1:6 says the following:  being confident of this, that he who began a good work in you will carry it on to completion until the day of Christ Jesus… Jesus sal jou help om elke uitdaging wat jou pad kruis deur te sien!  Hy sal jou vul met krag om nie op te gee nie, maar om aan te hou FIGHT, totdat jy die “battle” oorwin het, of die uitdaging baasgeraak het!  Sit jou vertroue in Jesus…  Hy het BAIE meer vir jou as wat jy ooit sal kan hoop, dink of droom!

Blessings! 

Anelli**



Sunday 27 January 2013

“Get going. Move forward. Aim High. Plan a take off. Don't just sit on the runway and hope someone will come along and push the airplane. It simply won't happen. Change your attitude and gain some altitude. Believe me, you'll love it up here.” ― Donald J. Trump


Haloes! J

“Get going. Move forward. Aim High. Plan a take off. Don't just sit on the runway and hope someone will come along and push the airplane. It simply won't happen. Change your attitude and gain some altitude. Believe me, you'll love it up here.” ― Donald J. Trump

Colossians 3:23

“Whatever you do, do it with all your heart, as if working for the Lord and not for man…”

Johannes 15:9

“Ek het julle netso lief soos die Vader my liefhet…  Wikkel julle elke oomblik van die dag in hierdie liefde van my toe…”

“All things are difficult before they are easy…”  ~ Thomas Fuller

“Action may not always bring happiness, but there is no happiness without action. ” ― William James

Lughawens is een van my gunsteling plekke in die wêreld…  Dis waar jy mense op hul gelukkigste, maar ook op hul hartseerste kan sien en ervaar…  Ek’t een oggend staan en wag vir my familie om te land hier in Amsterdam, en het trane in my oë gekry soos ek ervaar het hoe erg en moeilik dit vir sommige families, paartjies en vriende dit was om vir mekaar totsiens te sê…  En my trane het sommer lekker geloop toe ek sien hoeveel vreugde daar was van mense wat mekaar lank laas gesien het…  Daardie her-ontmoeting!  ONGELOOFLIK!!!!

Lughawe kan ook einde van ‘n hoofstuk of 'n nuwe begin beteken…  Elke oggend kan vir jou ‘n nuwe begin wees…  Jy kan vandag begin om jou drome na te jaag, en hulle waar te maak…  Donald Trump se aanhaling is vir my ‘n absolute opsomming van hoe ons moet lewe!  Moenie wag vir iemand om jou in die rigting van jou drome te “nudge” nie, jaag dit na!   ‘n Vliegtuig gaan nie opstyg as die vlieënier hom nie stuur in die rigting van die aanloopbaan, en petrol gee nie!   Jou lewe sal ook geen daadwerklike rigting inslaan, as jy nie ‘n wilsbesluit neem, en werk daaraan om jou drome na te jaag nie…  Niks wat die moeite werd is, is maklik nie… Ek weet nie hoe jy jou werk of skool ervaar nie?  Miskien is dit vir jou lekker om elke oggend op te staan en jou dagtaak te doen, maar dit kan ook wees dat jy elke oomblik haat, en as’t ware die tyd omwens totdat dit weer naweek is??  Mens se gedagtes het ‘n baie groot invloed van hoe jy dinge beleef en ervaar…  As jou dagtaak gaan verrig om mense gelukkig te hou, GAAN dit vir jou moeilik wees!  Daar gaan situasies wees wat jou totaal en al gaan onderkry – WANT, ons is net MENS… Ons moet DAAGLIKS die wilsbesluit maak dat jy jou dagtaak sal verrig vir GOD…  Ek gaan my dagtaak so aanpak, om Hom trots te maak op die ou end…  Ek gaan nie bekommerd wees oor mense en om tientalle mense gelukkig te hou nie…  Wanneer dinge dan begin moeilik gaan en groot uitdagings oor jou pad kom, is daar net een ding wat jy jouself aan moet herinner – THE JOY OF THE LORD IS MY STRENGTH…  Jesus is GROTER as ENIGE, ENIGE, ENIGE IETS!  Wanneer mens jou houding verander teenoor hoe jy jou dagtaak gaan aanpak, en wanneer jy besef dat dit oor MEER gaan – dis wanneer Jesus die deurbrake en verandering bring!  Jou Hemelse Pappa is reeds in hierdie week, en Hy stap voor jou om die pad vir jou gelyk te maak, agter jou, om jou op te help as jy dalk mag val, langs jou om jou hand te vat as die pad vir jou te lank word, onder jou om jou te dra daar waar jou voete nie meer kan nie en bo jou om Sy seën elke sekonde van elke dag oor jou uit te stort…  Jesus het jou LIEF!

Blessings!

Anelli**

Thursday 24 January 2013

“Make sure you are doing what God wants you to do--then do it with all your strength.” ― George Washington


Haloes! J

“Make sure you are doing what God wants you to do--then do it with all your strength.” ― George Washington

1 Corinthians 3:7-9

“So neither the one who plants nor the one who waters is anything, but only God, who makes things grow.  The one who plants and the one who waters have one purpose, and they will each be rewarded according to their own labor.  For we are co-workers in God’s service; you are God’s field, God’s building…”

Matthew 10:16-20

“I am sending you out like sheep among wolves. Therefore be as shrewd as snakes and as innocent as doves.  Be on your guard; you will be handed over to the local councils and be flogged in the synagogues.  On my account you will be brought before governors and kings as witnesses to them and to the Gentiles.  But when they arrest you, do not worry about what to say or how to say it. At that time you will be given what to say,  for it will not be you speaking, but the Spirit of your Father speaking through you…”

“There are no 'if's' in God's world. And no places that are safer than other places. The centre of His will is our only safety - let us pray that we may always know it!” ― Corrie ten Boom, The Hiding Place

“Doing the will of God leaves me no time for disputing about His plans.” ― George MacDonald

Wat is God se wil vir jou lewe?  Ek dink dis ‘n vraag waarmee ons baie gekonfronteer word, en waarvoor ons nie altyd voel asof ons ‘n konkrete antwoord het nie…  As ons kyk na God se woord, word Sy wil vir ons lewe vir ons baie eenvoudig uitgestippel in 1 Thessalonians 5:16-18: “Rejoice always,  pray continually,  give thanks in all circumstances; for this is God’s will for you in Christ Jesus…”  God se wil is dat ons GELUKKIG sal wees…  Dat ons altyd met DANKSEGGING ‘n nuwe dag tegemoet sal gaan, en voortdurend in gesprek met God sal wees…  Dat wanneer die moeilike dinge van die lewe voor jou deur kom staan, dat jy sal onthou dat “The joy of the Lord is my strength…”

Hierdie storie in Korintiërs was weer vir my opnuut ‘n openbaarmaking van hoe ons moet lewe, en ‘n oë oopmaak van hoe ons somtyds lewe…  Baie keer bewerk ons die grond van ons lewe, gee dit water, maar ons vergeet om die saadjie te plant wat moet groei om aan ons ‘n lewe van oorvloed te gee…  Of ander kere plant ons die saadjie, maar ons kyk nie daarna nie…  Ons gee nie die saadjie water nie, ons bewerk nie die grond nie, en ons vertrou nie vir reën van seën van God op ons lewens nie…  Baie keer bid ons vir God om deure van geleentheid oop te maak vir ons…  Maar ons glo nie dat Hy dit werklik vir ons sal voorsien nie…  Soos oom Angus in Faith like potatoes, moet jy “prepare for rain”…  Selfs al is jy in die middel van ‘n woestyn, en lyk dit HOOGS onwaarskynlik dat daar reën sal val…  Vir God is NIKS, maar NIKS onmoontlik nie…  Die berg wat jy tans face, sal jy kan uitklim deur treetjie vir treetjie te gee…  Kyk en fokus op jou volgende “obstacle” en moenie probeer vooruitdink na die toppunt van die berg wat oorkom moet word nie…  Of dit ‘n stukkende hart is waarmee jy sukkel, of werksomstandighede wat onbeheerbaar is, eksamens wat jy oor bekommerd is, siekte wat ongeneeslik is, verhoudings wat verbrokkel het – Jesus is groter…  Jesus kan genesing bring, daar waar dit juis op die onmoontlikste lyk…  Jesus kan nuwe geleenthede skep, waar daar slegs doodloopstrate is…  Jesus kan!!   Al wat Hy vra is dat jy Hom sal vertrou daarvoor!  Hy.SAL.SORG!

Blessings!

Anelli**

Wednesday 23 January 2013

“God can do whatever He wants to do, however He wants to do it. And He chooses to work in our lives because He loves us. He's good. Hope today's a milestone for what He can do for the rest of your life if you trust Him…” – Facing the Giants…


Haloes! J

God can do whatever He wants to do, however He wants to do it. And He chooses to work in our lives because He loves us. He's good. Hope today's a milestone for what He can do for the rest of your life if you trust Him…” – Facing the Giants…


John 16:33

“I have told you these things, so that in me, you may have peace…  In this world you will have trouble…  But take heart!  I have overcome the world!”

Romans 8:18

“I consider that our present suffering are not worth comparing all the glory that will be revealed in us…”

“Your attitude is the aroma of your heart. If your attitude stinks, it means your heart’s not right…” – Facing the Giants.

“You regret more the chances you did not take…” ~ Unkown

Hoe lyk jou houding teenoor jou skoolwerk, jou werk, jou familie, jou geliefdes, jou verhoudings?  Ken mense jou as iemand wat positief praat en leef of as iemand wat net die negatiewe raaksien?  Vertrou jy elke dag dat God in staat is om soveel meer in jou lewe te kan doen as wat jy ooit sal kan hoop of dink (Efesiërs 3:20)??  Of dat Hy weet wat Hy vir jou beplan, goeie goed en nie slegte goed nie… (Jeremia 29:11)  Ons weet dat al hierdie beloftes in God se woord staan, maar tog twyfel ons baie keer of dit nou eindelik op ons ook van toepassing is??  Is dit nie maar vir al die ander Christene wat vir Jesus aanvaar het nie…  Hoekom sal dit nou vir MY bedoel wees??

WANT – JY is ongelooflik KOSBARE Koningskind van God!  Hy het jou liewer as wat jy OOIT sal begryp!!  Hy wil sien dat jy suksesvol is…  Hy wil sien dat jou verhoudings, skoolwerk, werk, siekte, hartseer, jaloesie, swak selfbeeld VERANDER…  Hy wil sien dat jy as ‘n oorwinnaar sal staan in alles wat jy aanpak, omdat jy dit SAAM met God doen, en nie op jou eie krag nie…  Ons weet dat God vir ons daar is, maar tog maak ons so baie staat op ons eie krag om dinge uit te sorteer…  Om dinge in plek te laat val, of om dinge net in perspektief te probeer sit…  Jesus is HEELNAG en HEELDAG wakker…  Besig om agter die skerms in jou lewe te werk, om vir jou te equip om ongelooflike dinge in Sy naam te doen…  Om jou krag te gee om moeilikheid te oorkom, sodat jy op die ou end ‘n TESTIMONY sal hê om met die wêreld te deel oor God se goedheid, grootheid, almag, voorsiening, liefde en AWESOMENESS!!  Jesus is 24/7 langs jou…  Hy wil nie hê dat jy ‘n minuut van ‘n dag sonder Hom moet aanpak nie…  Hy wil die paaie vir jou gelyk maak, en jou bystaan en vul met rustigheid om ENIGE iets wat jou kant toe kom te kan FACE en hanteer…  Wanneer jy bid, gee dit waarmee jy sukkel oor aan Jesus…  Maar fokus daarop om nie weer die pakkasie op te tel sodra jy Amen gesê het nie…  Laat Jesus toe om jou te help – Hy is baie beter daarmee as ek en jy!

Baie blessings!

Anelli**

“Sometimes God calms the storm… Sometimes He lets the storm rage and calms His child…” ~


Haloes! :)

“Sometimes God calms the storm…  Sometimes He lets the storm rage and calms His child…”  ~ Unknown

Psalm 37:5

“Commit everything you do to the Lord…  Trust Him to help you, and He will…”

Psalm 121:8

“The Lord will watch over your coming and going, both now and forever more…”

“Live as if you were to die tomorrow. Learn as if you were to live forever.” ― Mohandas Karamchand Gandhi

“Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts.” ― Winston Churchill

Een van die ergste nagmerries wat ek dink baie van ons al gehad het, is dat jy eksamen moet gaan skryf, maar NIKS weet nie…  Jy’t of glad nie geswot nie, of die verkeerde werk, of jy droom heelnag hoe jy probeer om by die eksamen uit te kom, maar dat daar heeltyd dinge is wat jou weerhou om by die eksamen lokaal uit te kom… J  Ek was baie nagte baie verlig om te kon wakker word en te besef dat dit net ‘n slegte droom was J  Die lewe is VOL van toetse en “eksamens”…  Of dit ‘n fisiese eksamen is wat jy moet skryf, of die uitdagings van die lewe wat jy moet trotseer, in beide gevalle is daar een iets wat dieselfde bly…  God sal jou nie ‘n oomblik alleen laat nie…  Hy sal saam met jou stap, met elke liewe tree wat jy moet gee…  Hy sal self jou pen vashou terwyl jy moet skryf…  Hy sal aan jou die woorde gee wat jy nodig het om te spreek, wanneer jy dit nodig het…  Hy sal aan jou insig gee, helderheid van verstand om op jou voete te kan dink en om uiteindelik as die oorwinnaar weg te stap!!

Die duiwel probeer egter baie keer om in ‘n mens se kop te kom sit, wanneer jy besig is om uitdagings te trotseer, en eksamens te skryf…  Hy sal met so ‘n stemmetjie kom van – “jy is nie goed genoeg voorbereid nie…  jy is nie goed genoeg om hierdie te kan doen nie…  Jy het dit nie in jou om hierdie gemors van ‘n lewe uit te sorteer nie…  Ek dink dis beter as jy net ophou, en vergeet van jou drome en ideale…  Jy gaan in elk geval dit nie end uit sien nie…”  Klink hierdie vrese en vertwyfelings bekend?!  Jaag daai simpel duiwel sommer nou, deur Fillipense 4:13 oor jou lewe te spreek!  “Ek is tot ALLES in staat deur Hom wat my die krag gee!!”  Jesus is groter as my uitdaging, of my eksamen wat ek moet skryf…  Omdat ons vir Jesus het kan ons volhard – selfs in tye wanneer die moeilik is!  Ons moet aanhou veg tot die einde toe…  Elke minuut wat ons nog het, is ‘n minuut om te veg vir dit waarin ons glo, vir dit wat ons wil bereik, en vir dit wat ons liefhet…  ‘n Stukkie wat my altyd inspireer is Romans 5:3-5:  “Not only so, but we also glory in our sufferings, because we know that suffering produces perseverance;  perseverance, character; and character, hope.  And hope does not put us to shame, because God’s love has been poured out into our hearts through the Holy Spirit, who has been given to us…”  Jesus is saam met jou vandag…  Wanneer die duiwel jou weer wil onderkry met sy simpel sê goed – onthou dat Jesus hom reeds oorwin het deur Sy liefde vir ons aan ‘n Kruis te bewys…  “The same power that conquered the grave, lives in me…”  ~ Hillsong

Blessings!

Anelli…


Monday 21 January 2013

“That is why it is called HISTORY, cause you are going to make it…” ~ Eric Thomas


Haloes! :)

“That is why it is called HISTORY, cause you are going to make it…”  ~ Eric Thomas

Galatians 6:9
“And let us not grow weary in well doing, for in due season we shall reap if we faint not…”

Romans 5:2
“We confidently and joyfully look forward to actually becoming all that God has in mind for us to be…”

“Although my circumstance was homelessness, my vision was not…” ~ Eric Thomas

“The most pathetic person in the world is someone who has sight but no vision.” ― Helen Keller

Eric Thomas is ‘n groot inspirasie van iemand wat nie toegelaat het dat sy omstandighede bepaal wie hy word nie…  Hy was “homeless”, die eerste een in sy familie wat dit gemaak het tot by Universiteit…  Wat gesukkel het met sy studies, maar uitgestyg het bo ALLES, omdat sy hoop en vertroue in God was…  As jy bietjie inspirasie nodig het, google Eric Thomas…  Daar is baie van sy motiverings op die internet wat jy verniet kan luister…  Hoe lyk jou omstandighede vanoggend?  Is jy sonder hoop?  Sonder werk, sonder vriende, sonder liefde, eensaam of hartseer?  Voel jou lewe dalk super deurmekaar en sien jy nie in wat God probeer doen, of waarheen jy oppad is nie?  As jy dan nou vir ‘n oomblik jou omstandighede buite rekening laat, al die deurmekaargeid op ‘n hopie sit, heeltemal eenkant toe skuif en die lewe vierkantig in die oë kyk – wat sou jy in die volgende uur, dag of jaar wou doen as daar GEEN limiet is op wat jy sou kon doen nie?  Nou is my uitdaging vir jou – gaan doen dit…  God is tans besig om aan jou situasie te werk…  Hy is in beheer oor jou lewe, en Hy weet wat moet gebeur, hoe dit moet gebeur, en wanneer dit moet gebeur om vir jou absolute oorwinning te gee, deur Sy krag wat deur jou werk…  Hy wil hê dat jy ‘n VOL lewe moet hê…  Een vol aangegrypte geleenthede, een waar jy die wêreld verander, een tree op ‘n slag, deur Sy genade en liefde wat jou verander om God se hande en voete op hierdie aardbol te wees…  

Wanneer mens konstant in jou omstandighede gaan vaskyk, eerder as om jou oë op te lig, en op Jesus gevestig te hou, gaan jou visie en drome vir jou lewe ONMENSLIK baie ingeperk word!!  “Although my circumstance was homelessness, my vision was NOT!” ~ Eric Thomas…  Al was al die odds teen Hom, het Eric geweet Hy het die EEN geheime wapen wat vir hom die oorwinning sal gee…  Wat aan Hom ‘n fighting chance sal gee, deur die regte deure op die regte tye oop te maak, en sy harde werk sal beloon…  Ons moet aanhou veg vir ons drome…  Vir ons ideale, en om in die proses God se hande en voete op hierdie aarde te wees…  As jy jou beste gee, sal God sorg vir die res…  Hy beloon die hardwerkende…  Hy beloon die wat met hulle hele hart op Hom vertrou…  Hy sal wysheid gee aan jou wat dit van Hom bid, en Hom vertrou vir insig…  God wil vir jou ‘n BAIE groter lewe gee as wat jy op die oomblik vir jouself gun!!  Vertrou Hom daarvoor…  Moenie jouself inperk omdat jy besef jy is feilbaar nie…  God is nie!  En wanneer jy deur SY krag werk, is daar GEEN beperking wat jou moet of kan inperk nie…  Jesus wil jou seën…  Maak oop daai arms van jou, en ontvang dit wat Hy vir jou het…

Blessings!

anelli**

Sunday 20 January 2013

“Dream big… Those who dare not, never knows what could have been…” ~ Unknown


Haloes! :)

“Dream big…  Those who dare not, never knows what could have been…”  ~ Unknown

Titus 2:11

“For the grace of God has appeared that offers salvation to all people…”

1 Peter 5:7

“Cast all your anxiety on Him, because He cares for you…”

“Pain is temporary, never quit!”  ~ Eric Thomas

 “Behold, I have placed before you an open door that no one can shut. I know you have little strength, yet you have kept my word and not denied my name.  Coach Taylor, the Lord is not through with you yet. You still have an open door here, and until the Lord moves you, you’re to bloom right where you’re planted…” ~ Facing the Giants

Die Here is nog nie klaar met jou nie…  J  Wat se ongelooflike cool boodskap is dit nie vir ‘n Maandag oggend nie…  Ons dominee het laas week so ‘n ONGELOOFLIKE waarheid aangeraak!  Hy het gesê dat wanneer mens na kinders kyk, is daar net hierdie ongelooflike lus vir die lewe! Lewensvreudge!  Hulle lewe voluit!  Hulle sal fietsry, hul knieë nerf-af val, huil, maar ‘n half uur later sal hulle weer terug wees op die fiets…  Reg om dit weer aan te vat en weer te probeer!  Hulle het nie ‘n bekommernis in die wêreld nie, omdat hulle weet dat hulle mamma en pappa sal omsien na hulle!  Hoekom word ons dan lamgelê met vrees oor al die moeilikhede, en uitdagings in ons lewens??  Sal ons Vader in die Hemel dan nie vir ons sorg nie???

Ons moet soos kinders begin glo…  Soos kinders begin leef – sonder enige terughouding!  Wanneer ons afval van ons “fiets” af, raak dit baie keer ‘n REUS van vrees in ons lewe…  Ons kry ander alternatiewe om die lewe aan te pak, maar ons sal nie terugklim op die “fiets” wat vir ons laat seerkry het nie…  Ons Hemelse Pa sal vir ons sorg…  Ons moet begin leef met VERTROUE dat God in beheer is…  Dat Hy “die fiets” sal staande hou…  Of dit nou die mooiste sonskyn dag is, en of dit ongure weer is, gladde paaie wat dit maklik sal maak vir jou om te gly en val…  Pyn is tydelik…  As jy terugdink aan die grootste pyn wat jy al ervaar het – as daar al ‘n tyd verloop het sedert dit gebeur het, sal jy kan saamstem dat mens onthou dat dit erg was, en dat jy seergekry het, maar dat dit slegs ‘n herinnering aan pyn is…  Mens vergeet hoe erg dit op daardie spesifieke oomblik was…  God is groter as jou pyn en seerkry…  God wil jou gebruik, daar waar jy NOU is, om Sy wil in jou lewe te vervolmaak…  Dinge gebeur nie maar TOEVALLIG in mens se lewens nie…  TOE-VAL-LIG…  God se lig, sal val daar waar jy geplant is op die oomblik…  Maak seker dat jou liggie hierdie week HELDER vir God brand…  Jou Pa sal vir jou sorg!  Jy moet net LEWE, VOLUIT, met FAITH!!!  Gaan die week tegemoet met verwagting!!  God is nog nie klaar met jou nie…  HY kan en wil GROOT dinge deur jou doen in hierdie week, maar ook hierdie jaar wat voorlê…  Mag jy God se groot liefde en genade in jou lewe ervaar hierdie week!

Blessings!

Anelli**

Friday 18 January 2013

When life gives you a hundred reasons to cry, show life that you have a thousand reasons to smile. - Unknown


Haloes! J

When life gives you a hundred reasons to cry, show life that you have a thousand reasons to smile.
- Unknown

Hebrews 10:23

“Let us hold unswervingly to the hope we profess, for he who promised is faithful…”

Hebrews 4:16

“Let us approach the throne of grace with confidence, so we may receive mercy & find grace to help us in our time of need…”

“Work like you don't need the money, love like you've never been hurt and dance like no one is watching…”  - Randall G Leighton

“Live with no excuses and love with no regrets…”  - Montel

Doen elke dag een iets wat jou bang maak (of buite jou comfort zone is), en doen elke dag een iets vir iemand anders…  Dis twee van my “doelwitte” vir die nuwe jaar…  Ek’t al so baie agtergekom, mens kan soveel planne / drome / doelwitte hê, maar as jy nie pasop nie, verval jy baie vinnig weer in jou ou weë en raak jou lewe net ‘n gejaag van werksverpligtinge / skoolwerk na sosiale verpligtinge…  Van vroeg in die oggend is jy dan besig tot laat in die aand, kom so moeg by die huis dat jy net in die bed val om die volgende dag weer van voor af te begin…  Ekt iewers gelees dat as jy 20dae lank iets oefen / implimenteer in jou lewe raak dit ‘n gewoonte…  So ek wil probeer om ‘n gewoonte te kweek om daagliks net 1 iets vir iemand anders te beteken…  En deur iets te doen wat buite jou comfort zone is, maak jy seker dat jy VOLUIT lewe!!! 

Moenie dat die dinge wat onbekend is, jou ‘n toeskouer maak op die pawiljoen van jou lewe nie!  Maak seker dat jy die geleentheid gryp, en sorg dat jy in die proses nuwe dinge leer, en jouself blootstel aan God se seën!!  Montel se aanhaling is vir my awesome!!  Sorg dat jy lewe met geen verskonings, en sorg dat jy liefhet met GEEN spyt nie…  Sorg dat die mense in jou lewe WEET wat hulle vir jou beteken!!  Daar is mos mense wat al ‘n verskoning reghet wanneer jy hulle wil nooi na iets toe…  Moenie so ‘n mens word nie – want dan sluit jy jouself af van die lewe!  Kyk hoeveel dinge jy hierdie jaar kan aanpak, hoeveel kuiers jy kan bywoon, hoeveel verhoudinge jy kan bou, want DIT is wat die lewe die moeite werd maak!!  Nie al die ure wat jy op kantoor spandeer, of wat jy spandeer aan dinge wat nie ewigheidswaarde het nie!!  Maak tyd vir God, want dit is een van die grootste “investments” in jou ewigheid wat jy ooit sal kan maak!  Jou dae sal ryker wees wanneer God een van jou prioriteite word, in plaas van een van jou opsies...  Hy het jou oneindig baie lief!!  

Blessings vir jou!

Anelli**

Wednesday 16 January 2013

Your success and happiness lies in you. Resolve to keep happy, and your joy and you shall form an invincible host against difficulties… ~ Helen Keller


Haloes! J

Your success and happiness lies in you. Resolve to keep happy, and your joy and you shall form an invincible host against difficulties…  ~ Helen Keller

Eksodus 13:21

“Die Here het self voor hulle uitgegaan…  In die dag, het Hy vir hulle die pad gewys met ‘n hoë wolk wat voor hulle uitgaan…  In die nag was daar ‘n bol vuur in die lug wat hulle lig gegee het…”

Psalm 56:4;59; 10b-12a

“As ek bang word, Here, besluit ek net daar om op U te vertrou…  Ek prys God vir Sy belofte dat Hy my sal help…  Op Hom vertrou ek sonder om bang te wees…  Ek weet dat God aan my kant is…  Hy staan my by…  Ek prys God dat Hy belowe het dat Hy my sal help…  Ek loof die Here…  Hy hou Sy woord…  Ek vertrou op Hom, daarom is ek nie bang nie…”

“The best way to not feel hopeless is to get up and do something. Don’t wait for good things to happen to you. If you go out and make some good things happen, you will fill the world with hope, you will fill yourself with hope.” ― Barack Obama

“Shoot for the moon, even if you fail, you'll land among the stars” ― Cecelia Ahern, P.S. I Love You

Soos ons gister gesien het moet JOY, of gelukkigheid die basis vir ons lewens vorm…  Dis ‘n KEUSE om gelukkig te wees…  As ons heeltyd in ons omstandighede sou vaskyk, al die uitdagings wat daagliks oor ons paaie kom, die nuus lees en net fokus op alles wat verkeerd is in die wêreld, dink ek nie een van ons sou baie gelukkig gewees het nie…  Maar wanneer ons kies om op te kyk na God, eerder as om af te kyk – vas in die probleme, sal wees wanneer ons die oplossings sal raaksien…  Uitkoms of nuwe geleenthede kan baie keer in die vorm van ‘n probleem by jou kom aanklop…  Dis wanneer ons kies om met ‘n oop gemoed, nuwe hoop, en gevul met die krag van God die dag van môre tegemoet te loop, met ‘n glimlag op ons gesig, dat dinge hanteerbaar word…

Elke dag is ‘n nuwe geleentheid om dinge anders en beter as die vorige dag aan te pak!  God voorsien ons elke nag met rus, om sodoende die nuwe dag met nuwe dinge en geleenthede met ‘n vars gemoed aan te pak!  Ek weet nie of jy al vir jou ‘n “doel en drome lysie vir 2013 opgestel het nie?”  Dis iets wat ek jaarliks glo en aanmoedig…  Nie ‘n “resolutions” lys nie, maar meer iets wat jou weer aan die droom sal sit om te glo dat God werklik GROOT dinge in hierdie nuwe jaar vir jou kan laat gebeur…  Wanneer mens vir jou riglyne neerskryf, is mens ook meer geneig om dit na te jaag!  Dat jy daadwerklike planne in plek sal sit om jou drome waar te maak, dat dit nie net drome bly nie, maar realiteit word!!  God sal jou help om jou drome ‘n werklikheid te maak wanneer dit in Sy wil vir jou lewe is…  En ons kan versekering kry dat dit in Sy wil vir ons lewe is, wanneer ons bid daarvoor, en Hy ons sal vul met allesoorweldigende rustigheid en ook die dinge net in plek sal laat val!  Ek’t al verstom gestaan oor hoe goed dinge laat gebeur!  Jy kan nog dink jy is oppad in een rigting, en dan kom God en boul jou om met wat Hy eintlik vir jou het…  Al wat Hy van jou vra is dat jy sal kom met ‘n daaglikse verwagting!  En dat jy Homs al vertrou met alles wat in jou is!  Hy wil jou bless met GOEIE dinge…  Maak jou hart oop vir Jesus en dit wat vir jou voorlê…  Laat God toe om 2013 die leiding gewende in jou lewe te wees!  Dinge gaan al jou verwagtinge oortref!!  Ek glo dit!!

Baie blessings! 

anelli**

Tuesday 15 January 2013

Write it on your heart that every day is the best day in the year… ~ Ralph Waldo Emerson


Haloes! J

Write it on your heart that every day is the best day in the year… ~ Ralph Waldo Emerson
 

Mark 11:24

“Therefore I tell you, everything you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours…”

Philippians 4:6-7

“Do not be anxious about anything, but in every situation, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God.  And the peace of God, which transcends all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus…”

In the end, it's not going to matter how many breaths you took, but how many moments took your breath away… - shing xiong

“To make 2013 your year, keep it simple:

1) Count your blessings first
2) Whatever you did last year, Do it better
3) Go step by step, One day at a time.
4) Create/make your own opportunities.
5) Believe in your abilities at all times,
6) Quitting is not an option. Keep Going.
7) Finish what you started” ― Pablo

Is jy gelukkig?  Iets wat ek in 2012 besef het is dat maak nie saak WAT gebeur nie, solank jy gelukkig is, is dit al wat saakmaak…  Ons het baie keer soveel “reëls” van hoe die lewe moet wees…  As dit gebeur, of as ek hierdie uitdaging kan baasraak, of as ek baie geld kan verdien, DAN sal ek gelukkig wees…  Ek moet hierdie, en daardie persoon “please”, ek moet sorg dat almal rondom my gelukkig is, want dit is hoekom ek hier op aarde is…  Maar in die proses van almal te probeer gelukkig hou, en die groot tick lys, van dit wat jou gelukkig sal maak, deur te werk, staan jy en God op die ou end agter in die ry?!  Vir Jesus, is jy ELKE dag nommer 1!!  Jy is oneindig kosbaar, en Hy stel belang in elke liewe aspek van jou lewe…

Ons dominee het nou die dag ook ‘n baie groot waarheid aangeraak…  Hy het gesê:  “The way to approach God is not by “please, please, please”, but by saying, “thank you, thank you, thank you…”  Deur dankbaar te wees vir wat jy alreeds het, maar ook vir dit wat jy WEET God sal doen deur Sy groot krag wat in jou lewe werk…  Deur GELOOF in die dag van môre te hê, omdat jy weet dat jou God GROTER is as ENIGE iets wat môre oor jou pad mag kom…  Verder kan ons ook weet – daar kan nie ‘n uitdaging wees wat groter is as God nie…  En omdat daar nie ‘n uitdaging is wat groter is as God nie, kan daar nie ‘n uitdaging wees wat groter is as jy nie, omdat God in jou leef! (Richard van der Kolk)  Dis ‘n absolute ongelooflike iets om te begryp!   Jy kan leef met die vrede in jou hart dat Jesus groter is as ENIGE iets wat jy die volgende jaar sal moet deurmaak…  Doen in 2013 goed wat jou gelukkig maak…  Nie goed wat vir ander gelukkig sal maak wanneer jy dit doen nie, maar goed wat vir JOU gelukkig sal maak…  Spandeer tyd saam met jou geliefdes – ons weet nie hoeveel tyd nog vir ons geleen gaan word nie…  En maak seker dat jy ELKE oomblik sal laat tel!! 

blessings!

anelli**

Monday 14 January 2013

“Faith is why I'm here today and faith is why I believe I can achieve something in my life.” ― Jonathan Anthony Burkett, Neglected But Undefeated "The Life Of A Boy Who Never Knew A Mother's Love"


Haloes! J

“Faith is why I'm here today and faith is why I believe I can achieve something in my life.”
― Jonathan Anthony Burkett, Neglected But Undefeated "The Life Of A Boy Who Never Knew A Mother's Love"

1 Corinthians 2:9

“No eye has seen, no ear has heard, no mind has conceived what God has prepared for those who love Him…”

James 1:4-8

“Perseverance must finish its work in you so that you may be mature and complete, not lacking anything…  If any of you lacks wisdom, he should ask God, who gives generously, to all without finding fault, and it would be given to him…  But when he asks, he must believe and not doubt, because he who doubts is like a wave in the sea, blown and tossed by the wind…  That man should not think that he will receive anything from the Lord…  He is a double minded man, unstable in all he does…”

“I hope that in this year to come, you make mistakes.  Because if you are making mistakes, then you are making new things, trying new things, learning, living, pushing yourself, changing yourself, changing your world. You're doing things you've never done before, and more importantly, you're Doing Something.

So that's my wish for you, and all of us, and my wish for myself. Make New Mistakes. Make glorious, amazing mistakes. Make mistakes nobody's ever made before. Don't freeze, don't stop, don't worry that it isn't good enough, or it isn't perfect, whatever it is: art, or love, or work or family or life.
Whatever it is you're scared of doing, Do it.  Make your mistakes, next year and forever.”  ― Neil Gaiman

“Cheers to a new year and another chance for us to get it right.” ― Oprah Winfrey

Hierdie aanhaling van Neil Gaiman is my HOOP vir jou vir hierdie nuwe jaar…  In hierdie wêreld is daar soveel dinge wat ons bang maak…  Dinge wat ons laat twyfel in ons vermoëns en ons menswees…  Wat is dit wat jou vul met vrees?  Is dit mense, met hulle uitsprake oor jou lewe?  Die onbekende?  ‘n Nuwe jaar kan baie oorweldigend wees, wanneer mens dit tegemoet moet gaan, maar nie ‘n idee het wat vir jou voorlê nie!  Miskien is daar veranderinge wat moet gebeur in jou lewe hierdie jaar – of dit nou jou werk is, jou verhouding wat dalk ‘n doodloop punt bereik het, vriendskappe wat net nie meer werk nie, of miskien moet jy verhuis en jouself in ‘n totale nuwe omgewing verplaas?!  Dis alles dinge wat mens kan vul met onsekerheid en groot vrees…

Ons kan egter rus in die wete – ons hoef nie te vrees nie, want Jesus is in beheer oor die dag van môre!  Hy weet reeds wat op jou wag, en Hy weet ook dat jy dit in jou het om ENIGE uitdaging te kan oorkom, deur Hom wat jou ondersteun en dra daardeur…  Ons dominee het verlede week so ‘n ongelooflike storie vir ons vertel wat my net weer met nuwe perspektief gevul het oor dinge wat jou bang maak…  Hy het gesê:  Stel jou voor jy leer jou kind fietsry…  Jy op jou fiets, en jou kind op syne…  Net voordat julle die pad aanpak na die winkel, vra jou kind aan jou of hy nie maar eerder agter op jou fiets kan klim nie, want hy is te bang vir die pad wat voorlê…  As jy jou kind werklik wil “equip” vir dit wat voorlê, sal jy vir hom sê – nee,  pappa / mamma sal heel pad langs jou wees…  Jy KAN dit doen!!  Jy sal jou kind aanmoedig en verseker dat hy /sy tot meer in staat is!  Jesus staan so langs jou – HEEL jaar lank, elke minuut van elke dag…  JY is in staat tot ENIGE IETS, deur Hom wat jou die krag gee (Fillipense 4:13)…  Sy woord is daar om jou die pad te wys, of as versekering te dien dat VREES nie deel van jou woordeskat hierdie jaar te wees nie…  Sorg dat jy VOLUIT leef!  As jy foute maak, maak hulle voluit, maar LEER daaruit…  As jy nooit foute maak nie, is dit 'n teken dat jy op die kantlyn van jou eie lewe sit, en eintlik net bestaan...  Moenie so bang wees vir dit wat onseker is, dat jy op die ou end uitmis op ALLES wat God vir jou het nie…  Beweeg uit daai comfort zone! Want dis SOVEEL meer as wat jy ooit sal kan hoop of dink!

Blessings vir jou!

Anelli**

Sunday 13 January 2013

The best is yet to come…


Haloes! J

The best is yet to come…

2 Chronicles 20:17

“You will not have to fight this battle…  Take up your positions, stand firm and see the deliverance the Lord will give you…  O Juda & Jerusalem…  Do not be afraid, do not be discouraged…  Go out & face them tomorrow, and the Lord will be with you…”

Ephesians 3:20

“Now to Him who is able to do immeasurably more than all we could ask or imagine, according to the power that is at work within us, to Him be all the glory in the church & in Christ Jesus throughout all generations, for ever & ever…”

“Yesterday is history, tomorrow is a mystery, today is a gift of God, which is why we call it the present…” ― Bil Keane

“Tomorrow, is the first blank page of a 365 page book. Write a good one.” ― Brad Paisley

Ons is aan die begin van 2013…  ‘n Nuwe jaar, vol geleenthede, ‘n nuwe leë boek vol bladsye wat gevul moet word met ongelooflike stories, ervarings, spesiale tye, goeie vriende en alle uitdagings wat aangevat en oorkom sal word…  Miskien was 2012 nie wat jy gehoop het dit sou wees nie…  of miskien was dit die beste jaar waarvoor jy ooit kon hoop!  Maak nie saak nie – dit is verby, en ons moet nou fokus op dit wat voor ons lê…  Hierdie onderstaande storie was vir my ‘n absolute inspirasie!   Jesus weet wat Hy vir jou beplan aan die begin van hierdie nuwe jaar, en met alles in my WEET ek – vir jou en vir my – THE BEST IS YET TO COME…  Wanneer jy Hom eerste stel in jou lewe, sal Hy al die ander dinge wat dalk nog nie sin maak nie, of nog onseker is of deurmekaar is in plek laat val…  Wanneer ons Hom die regmatige plek in ons lewe gee, gee Hy aan ons die seën en oorwinning waarna ons soek…  Kom ons maak dit een van ons Nuwe Jaar Resolusies om vir God in hierdie jaar Nommer 1 in ons lewens te maak en daar te hou…  Deur ons stiltetyd en Kerk toe gaan ‘n prioriteit te maak!  Deur lief te wees vir die mense rondom ons, en elke dag met ‘n POSITIEWE gemoed in te gaan…  Dinge val net makliker in plek wanneer ons dit positief benader!  Mag hierdie storie hieronder jou bless en jou inspireer vir GROOT dinge wat gaan kom in 2013 in jou lewe!!  Wees reg vir nuwe uitdagings, God is met jou en sal aan jou die krag voorsien om ENIGE iets in hierdie nuwe jaar te vermag!  DROOM GROOT!

Woman and a Fork

There was a young woman who had been diagnosed with a terminal illness and had been given three months to live. So as she was getting her things in order, she contacted her Pastor and had him
come to her house to discuss certain aspects of her final wishes.  She told him which songs she wanted sung at the service, what scriptures she would like read, and what outfit she wanted
to be buried in.   Everything was in order and the Pastor was preparing to leave when the young woman suddenly remembered something very important to her.  There's one more thing, she said excitedly..  What's that? Came the Pastor's reply.  This is very important, the young woman
continued. I want to be buried with a fork in my right hand.  The Pastor stood looking at the young woman, not knowing quite what to say.  That surprises you, doesn't it? The young woman asked.
Well, to be honest, I'm puzzled by the request, said the Pastor.  The young woman explained. My Grandmother once told me this story, and from that time on I have always tried to pass along its message to those I love and those who are in need of encouragement. In all my years of attending socials and dinners, I always remember that when the dishes of the main course were being cleared, someone would inevitably lean over and say, 'Keep your fork.' It was my favorite part because I knew that something better was coming...like velvety chocolate cake or deep-dish apple pie.

Something wonderful, and with substance!  So, I just want people to see me there in that
casket with a fork in my hand and I want them to wonder 'What's with the fork?' Then I want you to tell them: 'Keep your fork ...The best is yet to come.'   The Pastor's eyes welled up with tears of joy as
he hugged the young woman good-bye. He knew this would be one of the last times he would see her before her death. But he also knew that the young woman had a better grasp of heaven than he did. She had a better grasp of what heaven would be like than many people twice her age, with twice as much experience and knowledge. She KNEW that something better was coming.

At the funeral people were walking by the young woman's casket and they saw the cloak she was wearing and the fork placed in her right hand. Over and over, the Pastor heard the question, 'What's with the fork?' And over and over he smiled.   During his message, the Pastor told the people of the conversation he had with the young woman shortly before she died. He also told them about the fork and about what it symbolized to her. He told the people how he could not stop thinking about the fork and told them that they probably would not be able to stop thinking about it either.   He was right. So the next time you reach down for your fork let it remind you, ever so gently, that the best is yet to come. Friends are a very rare jewel, indeed. They make you smile and encourage you
to succeed. Cherish the time you have, and the memories you share. Being friends with someone is not an opportunity, but a sweet responsibility.  And just remember... keep your fork!  The BEST is yet to come!

Mag jy 'n absolute PRAGTIGE week he!!

Blessings!  

Anel**