Thursday 31 July 2014

“Don’t think of the things you didn’t get after praying… Think of the countless blessings God gave you without asking…” ~ Unknown

Haloes! J

“Don’t think of the things you didn’t get after praying…  Think of the countless blessings God gave you without asking…” ~ Unknown

James 1:2-4

“Consider it all joy, my brethren, when you encounter various trials, knowing that the testing of your faith produces endurance. And let endurance have its perfect result, so that you may be perfect and complete, lacking in nothing…”

Habakkuk 3:19

“Although the fig tree shall not blossom, neither shall fruit be in the vines; the labour of the olive shall fail, and the fields shall yield no meat; the flock shall be cut off from the fold, and there shall be no herd in the stalls: Yet I will rejoice in the LORD, I will joy in the God of my salvation. The LORD God is my strength, and he will make my feet like hinds’ feet, and he will make me to walk upon mine high places…”

 “There are only two days in the year that nothing can be done…  One is called yesterday and the other is called tomorrow…  So today is the right day to love, believe, do and mostly live…” ~ Dalai Lama

“Every accomplishment starts with the decision to try…” ~ Unknown

Hoe baie keer is daar nie dinge wat ons SO graag in ons lewens wil hê nie – maar die regte deure vir daardie dinge wil net nie oopgaan nie?  Ons kan bid, en bid, maar dit kan voel asof God nie hoor nie…  Dit kan baie keer veroorsaak dat baie mense opstandig raak, en sommer ophou om met God te praat, of heeltemal ophou om Hom te acknowledge in hul lewens en harte…  God het ‘n manier om te sorg dat ons ALTYD kry wat ons nodig het, wanneer ons dit nodig het…  As ek dink aan goed waarvoor ek al gebid het in my lewe, waar ek baie keer gevoel het dat NOU die regte tyd was vir daardie dinge in my lewe, en hoe dit dan nie gebeur het nie – het ek dit nie altyd gesien as ‘n “blessing” nie…  God het dan ‘n manier gehad om NOG beter dinge oor my pad te stuur, nie op MY tyd nie, maar wanneer SY tyd daarvoor reg was…  As ek nou terugkyk oor daardie dinge wat ek gedink het, ek so broodnodig gehad het – kan ek sien hoe God my eintlik beskerm het, teen dinge wat nie ‘n seën in my lewe sou wees nie…

Wees stil en weet, God is in beheer…  In jou donkerste dag, in jou langste dag – is Hy daar…  Hy sal jou beskerm, behoed en bewaar, waar jy ookal gaan, en Hy sal sorg dat dinge in plek val in jou lewe – dalk nie wanneer jy dit wil hê nie, maar ALTYD wanneer jy dit nodig het…  As die deur toebly, is dit baie keer omdat God vir jou iets beter het…  Al wat Hy vra, is dat jy Hom sal vertrou, en dat jy nie sal moed opgee terwyl jy op Hom wag nie…  Die Dalai Lama se aanhaling is vir my baie cool – want dit is ‘n absolute groot waarheid…  Daar is net TWEE dae waarop jy niks kan doen vandag nie – gister en môre…  So maak seker dat jy doen wat jy kan doen, VANDAG…  As jy moet jammer sê – doen dit…  As jy iemand liefhet – sê dit…  Moenie bang wees vir dit wat dalk kan verkeerd gaan nie – maar dink eerder aan dit wat kan reggaan…  Mens is 99% van die tyd spyt oor dit wat jy NIE gedoen het nie – moenie spyt wees nie…  Soos Nike sê – JUST do it…  What is the worst that could happen?  AS jy VOLUIT leef, gaan jy ten minste nie wonder oor dit wat kon wees nie – maar jy sal lekker stories kan vertel van dit wat jy GELEEF en BELEEF het in die proses…  God is saam met jou – moenie VREES nie…

Blessings!

Anel xx

Wednesday 30 July 2014

“Don’t say you don’t have enough time… You have exactly the same number of hours per day that were given to Helen Keller, Pastor Michaelangelo, Mother Teresa, Leonardo Da Vinci, Thomas Jefferson and Albert Einstein…” ~ Unknown

Haloes! J

“Don’t say you don’t have enough time…  You have exactly the same number of hours per day that were given to Helen Keller, Pastor Michaelangelo, Mother Teresa, Leonardo Da Vinci, Thomas Jefferson and Albert Einstein…” ~ Unknown

John 15:13

“Greater love has no one than this,that he lay down his life for his friends…”

Ephesians 3:20-21

“Now all glory to God, who is able, through his mighty power at work within us, to accomplish infinitely more than we might ask or think. Glory to him in the church and in Christ Jesus through all generations forever and ever! Amen…”

“One of the happiest moments ever is when you find the courage to let go of what you can’t change…” ~ Unknown

“We’re so busy watching out for what’s just ahead of us that we don’t take time to enjoy where we are…” ~ Calvin & Hobbes

Ons leef in “rat-race” tye…  Tegnologie, en alles wat daarmee saamgaan, maak dat ons lewens een groot gejaag geword het…  Ek onthou toe ek klein was, hoe “lank” dae gevoel het…  My ouers sou van die werk af gekom het, ons sou gekuier het, dalk ‘n straatbraai gehad het – sommer in die middel van die week – en genoeg tyd gehad het vir saam spandeer, voordat die volgende dag weer aangebreek het…  Dit voel my baie keer dat ons, doen wat ons moet doen om deur Maandag tot Vrydag te kom, net om vir twee dae bietjie te “lewe”, net om die volgende week weer van voor af te begin…

Miskien is daar soveel dinge wat jy nog in jou lewe wil doen – drome wat jy wil uitleef, plekke wat jy wil sien, mense wat jy wil ontmoet, tyd wat jy saam met mense vir wie jy lief is wil spandeer – maar jy is huidiglik besig om dit op die “toekoms” hopie te sit en net deur te druk om alles te doen wat jy moet doen, in die huidige tyd…  Of miskien leef jy so “vooruit” deur net heeltyd tyd om te wens vir die dinge wat jy nog wil hê dat jy uitmis op dit wat tans in jou lewe is…  Moenie die dinge waarmee God jou seën mis kyk omdat jy heeltyd wag vir die “beter dinge” wat nog moet kom nie…  Elke liewe dag is ‘n geskenk – een wat ons moet waardeer, een wat ons met beide hande moet aangryp en alles doen wat die dag ons toelaat om te doen…  Want God het ons nie op aarde gesit, net vir die “eendag” nie…  Hy het ons op aarde gesit vir die ELKE dag waarmee Hy ons bless…  Om ELKE dag te LEEF, en ‘n verskil te maak…  To be of service…  Om Sy hande en voete op hierdie aarde te wees, en na te streef om legendes te wees soos Helen Keller, Moeder Teresa ens ens…  Om mense se lewens ‘n beter plek te maak, omdat jy oor hulle pad gekom het op daardie spesifieke dag…  Om eendag, wanneer jou lewe tot ‘n einde kom, ‘n LEGACY agter te laat, wat kan voortleef, lank nadat jy nie meer daar is nie…  Laat die legends wat voor jou geleef het, jou inspireer…  Wees die verskil wat jy wil sien in die wêreld – ELKE dag…  Wat God in jou hart sit, SAL Hy seën en suksesvol maak…  Al wat Hy vra, is ‘n bereidwillige hart…

Blessings!

anelxx

Tuesday 29 July 2014

gebedsversoek en baie, baie dankie!

Hi julle,

BAIE, BAIE dankie vir elke epos wat ek gister ontvang het van julle met my verjaarsdag!  Jammer dat ek nie vir elkeen reply het nie, maar ek het nie grondgevat gister nie.  Weet dat dit ongelooflik baie waardeer word!  Julle woorde het bygedra tot 'n BAIE spesiale verjaarsdag!

Dan het ek 'n gebedsversoek wat ek wil he julle asb moet opdra aan God - ons dien 'n God wat spesialiseer in wonderwerke - vertrou asb saam met my vir 'n wonderwerk!

baie blessings!

anel

Anoniem:  Anel - ek wil graag ’n gebedsversoek vir myself en my familie doen.  Ek was aan die begin van hierdie jaar skielik verskriklik siek en in die hospitaal met vreemde simptome, en die dokters was nie presies seker wat die oorsaak is nie.  Hulle is steeds besig om te probeer uitvind en ek is nou al vir elke toestand onder die son getoets - van kanker tot lupus en veelvuldige sklerose - maar alles (dankie, Here) was tot dusver nog negatief. Ek sit egter steeds met baie scary simptome: baie erge rugpyn as gevolg van senuwee-aantasting, ’n verlamde blaas, retinopatie en verminderde bloedtoevoer na my oë (sopas die naweek uitgevind) en moet nou dringend gaan vir niertoetse omdat die bloedtoevoer daarheen ook verminder mag wees. Die retinopatie is tans ’n groot bekommernis, want al kan mens die progressie stop met behandeling, mag dit erg vererger indien ek sou swanger word…ek weet egter ALLES is vir God moontlik, en Hy sorg nog altyd op wonderbaarlike wyse vir my.  Ek glo Hy kan die retinopatie en senu-aantasting OMKEER en ek glo day my niere normaal sal wees met die ondersoek.  God hou my sterk, maar ek wil asb vir jou en die gedagteki-groepe en soveel ander se gebede ook vra. Spesifiek ook vir my man, my familie en skoonfamilie - hulle dra my absoluut maar ek weet dis baie traumaties vir hulle ook.

“God may not tell you everything you’re going to experience… but he’s told you that you’re getting through to the other side of this trial…” ~ Pastor Matthew Hagee

Haloes! J

“God may not tell you everything you’re going to experience…  but he’s told you that you’re getting through to the other side of this trial…” ~ Pastor Matthew Hagee

Psalm 118:14-16

“The LORD is my strength and my song; he has become my salvation.  Shouts of joy and victory resound in the tents of the righteous: "The LORD's right hand has done mighty things!  The LORD's right hand is lifted high; the LORD's right hand has done mighty things!"

Psalm 119:50

My comfort in my suffering is this: Your promise preserves my life.

“Praise God for the trial you are going through and know that He is leading you to the perfect answer…” ~ Pastor John Hagee

“Love is not what you say; Love is what you do…” ~ John Hagee

Ek geniet dit nogals om “series” te kyk wat met hofsake te doen het…  Dit is vir my fassinerend die tipe maniere wat prokureurs kry om hul kliënt te verdedig…  En die kreatiewe maniere wat hulle kry om hulle saak te stel…  Dis ook vir my ongelooflik hoe sterk “attorney, client privilege” toegepas word (dit wat tussen prokureur en kliënt gesê word – wat geheim gehou word)…  Want hulle stel uit en uit hulle kliënt op hul gemak, en hulle hou by hul beloftes om hul kliënt te verdedig en te verteenwoordig– maak nie saak wat nie…

Miskien is jou lewe op die oomblik SO deurmekaar dat jy nie lekker weet watter kant toe nie…  Miskien voel dit vir jou – dat maak nie saak WAAR jy kyk nie, sien jy net chaos…  Miskien voel dit dalk vir jou of jy “op trial” is, en dat mense jou judge, oor dinge wat dalk in jou lewe gebeur het…  Ek wil vandag aan jou sê – maak nie saak wat die vraag is nie, jou antwoord is God…  Maak nie saak wat die “trial” is wat jy face nie, jou advokaat, is God…  En Hy sal Sy behoedende en bewarende hand oor jou hou, waar jy ookal gaan…  Hy sal vir jou veg in die Hoogste Hof, sodat Hy jou paaie vir jou gelyk kan maak…  Wanneer jy met Hom praat, het jy die GROOTSTE “Attorney-Client privilege” want HY sal dit wat jy met Hom bespreek aan NIEMAND oorvertel nie…  En jy sal verseker ligter voel, wanneer jy neerkniel en die dinge wat jou laat vrees, laat worry, of sommer net onderkry, by Sy voete neerlê…  God sal jou aan die “anderkant” van die donker tonnel uitkry…  Sit jou hand in Syne en VERTROU!  Hy sal vir jou sorg – selfs al lyk die omstandighede “onredbaar”…  Jou Pa is die Koning van die Heelal…  Hy sal nie toelaat dat jy jou voet teen ‘n klip stamp nie – Hy sal sorg vir paaie, daar waar jy net doodloopstrate sien…

Blessings!


Anelxx

Monday 28 July 2014

“Every morning starts a new page in your story… Make it a great one today…” ~ Doe Zantamata

Haloes! J

“Every morning starts a new page in your story…  Make it a great one today…” ~ Doe Zantamata

Joshua 1:9

“Have I not commanded you? Be strong and courageous…  Do not be terrified, do not be discouraged…  For the Lord your God will be with you wherever you go…”

Isaiah 21:13

“For I am the Lord your God, who takes hold of your right hand and says to you, do not fear…  I will help you…”

“When your confidence come from God, no matter how unstable things in the world may get, you will always remain rock solid and secure…” ~ Pastor Matthew Hagee

“Moenie wag nie, die tyd sal nooit “reg” wees nie…  Begin daar waar jy is en begin met die gereedskap wat jy tot jou beskikking het en jy sal beter gereedskap vind soos jy vorder…” ~ Napoleon Hill

Ons het verlede week die Winterprojek afgesluit deur klere (truie, windbreakers, skoene en sokkies) uit te deel by Range Laerskool in Matroosfontein…  Ek dink nie mens kan in woorde opsom wat dit vir daardie kindertjies beteken het nie…  Hulle het voor my kom staan, sommige met geskeurde, stukkende klere aan…  Baie van die kinders het glad nie skoolklere nie – en kom met gewone klere skool toe as gevolg daarvan…  Ander weer, dra lae klere om bietjie warmer te kry – maar al die “lae” is super dun of stukkend…  My hart was aan skerwe – want ons kla so maklik…  Oor ons werk waar ons swaarkry (maar ons vergeet om dankie te sê dat ons ‘n werk het), oor dinge wat verkeerd loop in ons lewens, oor dinge wat ons nie kry wanneer ons daarvoor bid nie (sonder om dankie te sê vir dit wat God WEL vir ons gee) – maar hierdie kindertjies het ABSOLUUT NIKS…  En steeds sal hulle ‘n “high-five” met jou deel, vir jou glimlag en dankie sê vir iets wat eintlik SO klein is…

Ek wil jou uitdaag om voordat jy dalk weer kla, of moedeloos raak, tel net vir ‘n slag jou seëninge…  Dis altyd maklik om dinge raak te sien wat jy NIE het nie, of dinge wat verkeerd gaan, dinge wat ander se lewens meer voorspoedig laat lyk as jou eie…  Sê dankie vir God vir dit wat jy WEL het in jou lewe…  Wanneer mens jou ingesteldheid verander van negatiwiteit na een van dankbaarheid, verander situasies…  God werk HEELTYD agter die skerms…  Waar jy jouself vandag bevind, is deel van God se groter plan vir jou lewe…  Ons lewe is soos ‘n “roadtrip”…  Ons weet nie altyd waar die pad ons gaan neem nie, wie oor ons pad sal kom nie, maar ons kan ALTYD weet dat God, elke liewe tree van die pad saam met ons sal wees…  Wanneer iemand eendag jou “lewensstorie” optel en lees, maak seker dat dit een sal wees waarop jy kan trots wees – een waar jou ingesteldheid positief was, waar jy dankbaar was vir die KLEIN dingetjies in die lewe…  Want ‘n klomp van die klein goedjies, raak later die “groot” goed…  Die kindertjies van Range Primary het my net weer laat besef dat mens eerste moet dankbaar wees, en voordat jy weer wil kla, net besef HOE geseënd jy werklik is…  Hulle het my ook opnuut weer herinner dat ons werklik ELKE oomblik moet LEEF!  Dat ons, ons drome moet uitleef, dat ons LIEFDE moet LEEF!  ELke oomblik, van elke liewe dag…  Dat jy nie moet worry oor die uitdagings wat oor jou pad kom nie, omdat jy WEET hoe groot jou God is!  Begin met wat jy het – en “let Go and let God…”  God wil groot dinge deur jou doen, en ook in jou lewe – glo dit, sit jou hand in God s’n en LEEF!

Blessings!

Anel xx

Sunday 27 July 2014

Winterwarmte terugvoer…

Haloe al julle ongelooflike mense…

Daar is nie woorde om te beskryf HOE dankbaar ek verlede week gevoel het nie…  Ons het ons mikpunt van R75,000 gemaak, wat ons in staat gestel het om vir elke kind ‘n pakkie te maak met ‘n trui, skoene en ‘n windbreaker – asook sokkies vir die skool…  Elke kind het saam met sy pakkie, ‘n lekkergoed-lucky packet ook gekry…  Ek staan verstom oor God se goedheid, wat WEEREENS AL ons verwagtinge oorskry het, deur te sorg dat ons PRESIES kon insamel wat ons nodig gehad het…  BAIE, BAIE, BAIE dankie vir elkeen van julle – vir die finansiële bydraes, vir die gebede, vir die emails wat aangestuur is na nog vrywillige helpers, vir die van julle wat tyd gemaak het om klere te gaan koop en vir my te kom afgee…  BAIE, BAIE dankie!  Julle sal NOOIT weet die absolute GROOT verskil waartoe julle verlede Vrydag toe bygedra het nie…  Dankie, is vir my so ‘n klein woordjie om vir julle te gee – wens dat ek die regte woorde gehad om vir julle meer te gee – want julle is ALMAL absolute ENGELE wat deur God op hierdie aarde gebruik word…

Terugvoer van die uitdeel:  Dit was ‘n yskoue dag, en die reën het in vlae afgekom…  Daar was ‘n groot aantal kinders afwesig Vrydag…  Die onderwysers het aan my gesê dat wanneer dit so koud is, staan die ouers nie op om die kinders skool toe te bring nie – met die gevolg dat hulle net nie skool toe kom nie…  Die skool wat ons glo die Here oor ons pad gestuur het was Range Primer in Matroosfontein. Die skool het ongeveer 260 leerlinge van graad 0 tot graad 7 en 12 onderwysers.  Die kinders het met afwagting, graad, per graad ingekom in die klein skoolsaaltjie…  Groot was hul afwagting soos ons die name uitgelees het, en vir elkeen hul pakkie oorhandig het…  ‘n High-five was uitgedeel, voor elkeen sy pakkie ontvang het J Dit was ongelooflik…  Ekt ‘n paar stories om aan julle van die dag te vertel…  ‘n Paar mense het terwyl die projek aan die gang was, op verskeie geleenthede aan my gesê – ek hoop dat die kinders dankbaar is vir wat hulle gaan kry…  Dankbaar, is absoluut nie die woord nie…  Ek kan met oortuiging sê dat ons die regte skool gekies het…  Jy kan met die intrapslag SIEN hoe groot die nood by Range Primary is…  Kindertjies het hul pakkies kom haal, met geskeurde klere aan…  Truie wat gate in het – hemde wat geskeur is…  Slegs die graag 7’s het skoolklere…  Die ander kinders kom sommer in gewone klere skool toe – omdat hulle nie iets anders het nie… 

Van die kinders het “lae” klere aangehad, om te dien as beskerming teen die koue, maar jy kon SIEN hoe dun gewas daardie “lae” was…  Daar was ‘n seuntjie wat teruggekom het nadat hy sy pakkie gekry het, om te sê dat sy skoene te klein was…  Op die klaslys het ‘n nommer 13 gestaan…  Hy’t kom vra of daar nie ‘n groter nommer 13 was nie…  My ma het hom geneem en gesê – “kom ons kyk”…  Sy het ‘n nommer 1 skoen vir hom aangepas, maar dit was ook te klein…  Op die ou end, na vele skoene se aanpas het ons besef hy al ‘n nommer 3 skoen dra…  Die laaste skoen wat hy gekry het – was ‘n 13…  Die binnekante van sy huidige skoene se nommers was al afgeloop – die dat hy nie geweet nie… Dit het absoluut my hart gebreek…  Ek wil dus hê jy moet WEET – jou bydrae HET ‘n GROOT verskil gemaak…  Jy het iemand gebless Vrydag – wat ONGELOOFLIK dankbaar was…  Sonder legends soos julle kon ons dit absoluut nie doen nie!

Ek moet ‘n paar individue en instansie uitsonder, wat totaal “above and beyond” vir die projek bygedra het…  My ma, Rounell Hugo – wat haar huis oopgestel het vir al die pakkies pak…  Wat bereid was om te ry vir stock, wat pakkies help pak het, en lekkergoed pakkies vir die kinders, en pakkies vir die onderwysers gemaak het…  Dan vir Johann Warnich – wat 150% gegee het, heeltyd bereidwillig was, maak nie saak wat die omstandighede was nie…  Hy het oproepe gemaak, emails gestuur, klere gaan optel en twee aande na mekaar gehelp pakkies maak tot laat in die nag, net om die volgende oggend vroeg weer te gaan werk…  Hy het vir ons met PEP gereël dat hulle aan ons voorraad verskaf het – met ‘n GROOT afslag – aangesien hulle ook ‘n bydrae tot die gemeenskap wou maak…  Ons sê vir hom en PEP BAIE, BAIE dankie… Sou dit absoluut nie sonder hulle kon doen nie…  Die commitment was ONGELOOFLIK!  Dan nog verder – gewillige pakkers wat nie een keer gekla het nie, pakkies help pak het met sulke goeie gees – ons het BAIE lekker gelag en gewerk, met meeste van hulle wat twee aande in ‘n ry kom help het tot laat in die nag – terwyl almal van hulle die volgende dag weer moes gaan werk het…  Julle is absolute world-changer legends!  Groot dankie aan Annika Augustyn, Hardus Augustyn, Gina Zietsman, Wessel Zietsman, Anet Moller, Leigh-Peter Downing, Karen Neethling.  Ook ‘n groot dankie aan Anet, Johann, Bernard Haricombe en my ma wat op die dag daar was om te help met die uitdeel…  Ek voel regtig uit my sokkies uit geseën om julle my vriende te kan noem!  God is groot!

Iets wat die kinders my weer aan herinner het – is dat ons moet dankbaar wees vir die klein goed – want dit raak op die ou en die groot goed!   Ons is met groot dankbaarheid huis toe - vir so baie dinge wat ons het en baie keer net eenvoudig vanselfsprekend aanvaar...  In ons harte en gedagtes bly die kindergesiggies... Gebed wat ons almal kan saambid:  “Dankie Here Jesus, vir U groot genade. Dankie dat U by ons 'n bewustheid geskep het vir hierdie projek en gemeenskap van Matroosfontein.  Wees asseblief met elke kindjie van Range Primer en beskerm hulle teen die winterkoue en omstandighede waarin hulle groot word.  Seën elke onderwyser wat 'n rol speel in hul opvoeding en hulle liefde gee. Amen…”

Sien aangeheg ‘n paar fototjies van verlede Vrydag…  Stuur asseblief aan vir almal wat gehelp het!!!

Blessings vir julle almal!

Anel xx








“When you let God into your life, the storms of life may rise…but you will not be shaken…” ~ Pastor Matthew Hagee

Haloes! J

“When you let God into your life, the storms of life may rise…but you will not be shaken…” ~ Pastor Matthew Hagee

Numbers 6:24-26

“The Lord bless you and keep you; the Lord make his face shine on you and be gracious to you; the Lord turn his face toward you and give you peace…”

John 14:27

“Peace I leave with you; my peace I give you…  I do not give to you as the world gives…  Do not let your hearts be troubled and do not be afraid…”
 
"The greatest test of faith is when you don’t get what you want, but still you are able to say Thank You Lord…” ~ Pastor Matthew Hagee

“God does not choose those who are fit, He outfits those whom He chooses…” ~ Jack Hyles

Vandag, 28 Julie, is my 30e verjaarsdag…  En soos baie vir my sê – is dit nie iets wat mens moet hardop sê nie J  Maar ek is opgewonde, want ek hoor die lewe begin maar eers op 30…  Hoekom gee ek jou hierdie “useless” informasie?  Omdat God dit op my hart druk om vandag aan jou my testimony te vertel…  Wat is ‘n testimony, mag jy dalk vra?  In my eie plein woorde - Dit is getuienis van “hoe” jy gekom het om vir God te volg…  Terwyl my ma met my swanger was, het my ouma Duitse masels gehad…  Soos meeste van julle seker weet, is dit baie gevaarlik vir ‘n swanger mamma om in kontak met sulke siektes te kom, omdat dit skadelik vir die baba kan wees…  Soos dit toe ook gebeur het, was my ma vir toetse om seker te maak dat alles “ok” was met my, en die dokter het haar en my pa se grootste vrees bewaarheid…  Hy het gesê dat die opvolg bloedtoetse gewys het dat die Duitse masels ‘n invloed op die fetus gehad het (aangesien die kontak voor 14 weke in die swangerskap was) en dat die kans 99% is dat ek blind of doof of blind en doof gebore sou word…  Die kanse vir ‘n hart defek was ook groot…  Dit het beteken ‘n gestremde lewe vir ‘n leeftyd…  Die dokter het ‘n mediese-aborsie voorgestel…  Want die kans op ‘n normale lewe was kleiner as 1%...

My ouers het huis toe gegaan, en my ma het my vertel hoe hulle twee saam gehuil het…  Die prosedure moes die Maandag by ‘n Provinsiale Hospitaal gedoen word. (Dit het alles op ‘n Vrydag gebeur).  Sy het vertel hoe hulle die Saterdagaand saamgebid, en toe hulle die Bybel oopmaak, het God aan hulle die volgende woorde gegee:  Numeri 6:24-26: “Die Here sal jou seën en jou beskerm…  Die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees…  Die Here SAL jou gebede verhoor, en aan jou Sy vrede gee…”  Sy het vir my gesê dat daar ‘n rustigheid oor hulle gekom het, en dat sy geweet het God GAAN sorg…  Die Maandag het hulle hospitaal toe gegaan, en die dokters sou my aborteer…  MY ma vertel hoe sy op die hospitaalbed gelê en wag het vir die dokter om die drip aan te sit… Intussen het die dokter in die verbygaan met my pa gepraat en besluit om weer na die bloedtoetuitslae te kyk…  Hy het ‘n ruk later teruggekom en gesê dat die Patoloë ‘n interpretasie fout gemaak het… ‘n Lesing van 0.028 is neergeskryf as 0.28 en het amper my lewe gekos.  My ouers glo dat God geantwoord het op gebed en ingegryp het. Num 6:24-26 is ‘n BELOFTE!   HOE GROOT is God????  Want ondanks wat gebeur het – glo ek dat Hy genees het watookal met my fout was…  En dit is my boodskap vir jou vandag – dat maak nie saak WAT jy face nie – hoe onmoontlik dit ookal lyk – jou God is GROTER…  Hy is in staat om onmoontlikheid, in moontlikheid te verander, en Hy het ELKEEN van ons geskape – met PURPOSE ingedagte…  Maak dit jou lewens “mission” om uit te vind wat Sy purpose vir jou is…  Want jy is nie maar toevallig hier nie – Hy wil en sal jou gebruik…  Hy het jou ONEINDIG baie lief…  Moenie toelaat dat MENSE uitsprake oor jou lewe maak nie – sorg dat jou oë op God gevestig bly…  Hy SAL sorg vir jou situasie – HOE onmoontlik dit ookal lyk…

Blessings!

Anel xx

Friday 25 July 2014

“The way to love anything is to realize that it may be lost...” ~ G.K. Chesterton

Haloes! :) 

“The way to love anything is to realize that it may be lost..”. ~G.K. Chesterton

Matthew 5:43-48 

“You have heard that it was said, ‘You shall love your neighbour and hate your enemy.’ But I say to you, Love your enemies and pray for those who persecute you,  so that you may be sons of your Father who is in heaven. For he makes his sun rise on the evil and on the good, and sends rain on the just and on the unjust.  For if you love those who love you, what reward do you have? Do not even the tax collectors do the same? And if you greet only your brothers, what more are you doing than others? Do not even the Gentiles do the same?  You therefore must be perfect, as your heavenly Father is perfect…”

1 Corinthians 13:4-8

“Love is patient and kind; love does not envy or boast; it is not arrogant or rude. It does not insist on its own way; it is not irritable or resentful; it does not rejoice at wrongdoing, but rejoices with the truth. Love bears all things, believes all things, hopes all things, endures all things. Love never ends. As for prophecies, they will pass away; as for tongues, they will cease; as for knowledge, it will pass away…”

 “Life is short, live it. Love is rare, grab it. Anger is bad, dump it. Fear is awful, face it. Memories are sweet, cherish it.” – Unknown

 “If you can find a path with no obstacles, it probably does not lead anywhere…” ~ Unknown

Abigial Strom het in een van haar boeke die volgende geskryf -  “Love is the only thing we take wih us and the only thing we leave behind…  You can’t force it…  You can’t deserve it…  You can only give it, and accept it…”  Ek’t lanklaas so ‘n raakvat beskrywing van wat liefde is, gelees…  Dit is ook die tipe liefde wat God aan ons bewys - ons kan dit nie verdien nie, ons kan dit net ontvang, deur Sy genade...  G.K Chesterson se aanhaling sluit vir my baie mooi hierby aan…  Die enigste manier om lief te hê, is om te besef dat jy “dit” kan verloor…  Die “dit” kan enige iets wees…  Ek’t hierdie afgelope twee weke net weer besef – die lewe is REGTIG kort…  Ons maak rusies, of ons hou op om met mense te praat omdat HULLE ons seergemaak het…  HULLE was verkeerd, so HOEKOM moet ek die minste wees en jammer sê?  Ons sit partykeer ons lewe op ys, want die werk / skoolaktiwiteite verg so baie van ons aandag dat daar nie nou tyd of krag is om drome na te jaag, of om tyd saam met geliefdes te spandeer nie…  Daar is dinge wat moet klaar!  Wanneer die vakansie kom, sal ek meer tyd hê…  Of wanneer hierdie volgende “deadline” afgehandel is, dan kan ons kyk…

Ek’t die gehoor van ‘n meisie wat voorheen in my straat gebly het (23 jaar oud), wat bloukolle begin kry het op haar lyf, dokter toe is, en twee weke nadat sy by die dokter was, gesterf het as gevolg van inwendige bloeding veroorsaak deur leukemia…  Dit het werklik my hart gebreek…  Dis iemand wat nog haar HELE lewe voor haar gehad het…  Dit het my net weer opnuut laat besef -  net God weet hoe lank ek en jy op hierdie aardbol gaan wees…  En terwyl ons hier is, moet ons werklik ALLES gee om VOLUIT te leef!!!!   Ons moet besef wat werklik belangrik is in ons lewens, en prioritiseer…  Ons moet partykeer die minste wees, en jammer sê terwyl ons die geleentheid het, sodat ons nie met ‘n leeftyd van “regret” sit nie…  Ons moet die moed hê om kanse te waag, en te weet dat Jesus by ons is – ELKE oomblik van ELKE dag!  Hy sal ons nie alleen laat om uitdagings te FACE nie…  Hy sal voorsien – wanneer ons, ons vertroue in Hom stel, en Hom in beheer van ons lewens stel…  Hy sal dinge in plek laat val – selfs al voel dit asof daar geen manier is hoe daar ‘n moontlikheid uit die gemors is waarin jy jouself bevind nie…  Ons moet dit waag om lief te hê…  Dankbaar wees vir elke geleentheid wat aan ons geskenk is, waarvan ons pragtige herinneringe kon oorhou…  Ons moet dankbaar wees vir die geleentheid wat ons het / gehad het, om sommige van God se engele in ons lewe te kon gehad het…  En ons moet seker maak dat ons nie ‘n ENKELE kans laat verbygaan, om ‘n engel in iemand anders se lewe te wees nie… 

Mag jy 'n awesome naweek he!  Make it count!

Blessings!

Anelli** 

Thursday 24 July 2014

“When God is with you the impossible becomes possible…” ~ Pastor Matthew Hagee

Haloes! J

“When God is with you the impossible becomes possible…” ~ Pastor Matthew Hagee

John 11:25

“Jesus said to her, I am the resurrection and the life…  The one who believes in Me, even if he dies, will live…”

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.”

"No matter what age you are, or what your circumstances may be, you are special and you still have something unique to offer...  Your life, because of who you are, has meaning..."  ~ Barbara De Angelis

"God het aan jou gedink, nog lank voordat jy ooit aan Hom gedink het...  Sy doel vir jou lewe dateer al van voor jy verwek is...  Hy het dit beplan nog voor jy bestaan het, en sonder jou insette!" ¬ Rick Warren

Ons almal hou daarvan om spesiaal te voel, om uitgekies te word, of sommer net te voel dat ons tel...  Dat dit wat ons doen, 'n doel het, en dat ons raakgesien word wanneer ons daardie ekstra myl loop...  By die werk, by die skool en in verhoudings, is maar 'n paar van daardie plekke...  Ietsie wat by my opgekom het toe ek oor die onderwerp gedink het, is - dat dit is soos toe jy klein was... waar mens krieket in die pad gespeel het, en daar twee kapteine was wat hulle spanne moes kies.  Mens se grootste vrees was gewoonlik om laaste nog daar te staan, of om glad nie gekies te word nie!  Die beste was as jy die kaptein was en die kieswerk kon doen :) :)

God se boodskap is egter, dat ons nie moet vrees nie...  Wie laaste is op aarde, sal eerste wees in die Hemel...  Dit beteken net, dat die swaar wat jy moet verduur op die aarde, vir dit waarvoor jy staan, en dit waarin jy glo, sal NIE VERNIET wees nie...  God sien raak dat jy 'n EERLIKE mens, met INTEGRITEIT is, of dat jy altyd jou beste gee in dit wat jy aanpak - al sien jou aardse baas dit nie altyd raak wanneer iemand anders bo jou bevorder word nie...  Of as jy nie vir jou skool se leerlingraad gekies word, omdat jou waardes verskil van dit wat populêr is nie...  Dit is egter partykeer moeilik om kop te hou, jou kop op te lig, en aan te gaan as die wêreld jou nie kies nie...

Vandag kan jy met versekering ingaan in die wete dat God jou gekies het!  Hy het jou oneindig lief, en Hy wil jou in SY span hê...  Hy het voor Hy jou al geskape het, geweet dat jy vir Sy Span moet speel...  As die wêreld en sy ongeskrewe reëls of net plein onregverdigheid jou dus weer wil onderkry, onthou net - jou SKAT is in die Hemel...  God sal jou ondersteun en bystaan sodat jy steeds die mens kan wees met integriteit, of hardwerkend en eerlik, te midde van die wêreld se waardes, sodat jy nie jouself sal verander om die wêreld te "please" en in die proses iemand raak van wie jy nie hou nie.  God het jou lief NES jy is!  Onthou wanneer die wêreld jou onderkry - jy is UITGEKIES vir God, en jy is ONGELOOFLIK spesiaal!  Al probeer die dinge van die wêreld jou anderste oortuig...  Maak Johannes 16:33 jou anker...

Mag jy 'n AWESOME daggie hê!

blessings!
 
Anelxx
 

Tuesday 22 July 2014

“Somedays ya just gotta put on your boots and dance anyway…” ~ Unknown

Haloes! J

“Somedays ya just gotta put on your boots and dance anyway…” ~ Unknown

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not be afraid or terrified because of them, for the LORD your God goes with you; he will never leave you nor forsake you.”

Zephaniah 3:17 

“The LORD your God is with you, the Mighty Warrior who saves. He will take great delight in you; in his love he will no longer rebuke you, but will rejoice over you with singing.”

“God has a habit of picking up nobodies and making them somebodies…” ~ Unknown

“There is no limit to what you can do when you let God walk into your life…” ~ Pastor John Hagee

Nothing to live for?  Is dit dalk hoe jy voel vandag?  Miskien het daar soveel dinge verkeerd geloop die afgelope jaar, dat alles net soos een groot gemors voel…  Elke dag is ’n herinnering daarvan, maar die kopseer van hoe om ’n oplossing te vind bly maar net ’n blur…  Miskien het jy woorde gehad met mense wat ’n baie spesiale plek in jou lewe gehad het, en dat jy nie weet hoe om dit reg te stel nie, maar jy kan voel dat daar ’n leemte in jou hart en lewe is…  Miskien is jou lewe nou al vir ’n tyd lank op “pause” omdat jy nie ’n kans wil vat, of omdat jy nie antwoorde op jou gebede kry nie, en nie weet wat om te doen, of watter rigting om in te slaan nie… 

Ek wil jou vandag kom VERSEKER…  Dis ALTYD te vroeg om moed op te gee!  Selfs al voel dit vir jou of dit tevergeefs is, of dat jy nie meer kan nie – ons kan nie die verlede verander nie…  Dinge wat gebeur het, het gebeur…  Hoe ons vorentoe lewe, en daarop gaan reageer, gaan egter bepaal hoe die uitkoms van ons lewe gaan wees…  As ek dink aan die vorige Olimpiese Spele – die mees EPICste race tussen Chad le Clos en Michael Phelps – die 200m vlinderslag…  Chad het ingegaan as die “underdog”, maar hy VOLUIT gegaan en het ongelooflike fight gewys…   En naelskraap, het hy eerste die muur geraak… Ek kry nou nog hoendervleis as ek daaraan dink!  Al voel jy vandag soos die “underdog”, al voel dit vir jou of niemand in jou glo of jy nie weet waar die volgende wonderwerk vandaan kan kom nie…  Ek het gisteraand ’n aanhaling gehoor – “don’t quit before the miracle happened…”   Laat Chad jou inspirasie wees…  Al weet jy nie hoe nie, God weet…  Hy sal jou die pad wys, en Hy sal die dinge laat uitwerk – BETYDS!  Nie te laat nie, maar op die regte tyd…  Jy moet net GLO en vertrou…  Ek weet dit klink partykeer makliker as wat dit is, om te vertrou, maar as jy weer voel asof jy nie woorde het nie – sit vir jou ’n gospel cd aan, of lees net ’n stuk uit God se woord…  Vra iemand om saam met jou te bid, want soos ons weet – waar 2 of meer oor iets saamstem – daar is God…  En Hy sal vir jou sorg…  Solank jy asem in jou longe het, is jy nog hier vir ’n rede, en wil God jou gebruik om ’n verskil te maak…  Jac de Priester sing ’n liedjie “Êrens in die Klein-Karoo…” wat hy opgedra het aan Tannie Anna (‘n 99 jarige tannie), wat hom weer herinner het – elke dag is vir ons ’n geskenk, en nie een van ons weet wanneer ons lyntjie se einde getrek gaan word nie…  Dis egter nie vir ons op te besluit om op te hou lewe, terwyl ons nog ’n GROOT verskil op hierdie aardbol kan maak nie…  Selfs of eerder JUIS in die deurmekaargeid daarvan…  God gebruik dikwels ons deurmekaargeid om duidelikheid en helderheid te kry…  Ek bid dat God jou sal laat besef hoe kosbaar jy is, en HOE groot impak en verskil JY in die wereld kan maak!  LEEF, jaag jou drome na!  Sorg net dat jy ALLES wat jy aanpak, VOLUIT aanpak…  God back jou – al voel jy soos die underdog J

Blessings!

Anelli**

Monday 21 July 2014

"No matter how severe the storm, when you’re with God there is always a rainbow waiting at the end…” ~ Pastor John Hagee


Haloes! J
 
"No matter how severe the storm, when you’re with God there is always a rainbow waiting at the end…” ~ Pastor John Hagee
 
Ecclesiastes 3:12,9:9
 
“I know that there is nothing better for people than to be happy and to do good while they live. Enjoy life with your wife, whom you love, all the days of this meaningless life that God has given you under the sun--all your meaningless days. For this is your lot in life and in your toilsome labour under the sun…”
 
Psalm 37:5
 
"Commit your way to the Lord; trust in him and he will do this…”
 
“The greatest test of faith is when you don’t get what you want, but still you are able to say Thank You Lord…” ~ Pastor Matthew Hagee
 
“Life is not about how fast you run, or how high you climb…  But how well you bounce…” ~ Unknown
 
Weet jy wie jy is?  Waar jy vandaan kom?  Kung Fu Panda 2, bly maar net ‘n wenner, met ‘n baie waardevolle les…  Po, die Panda, is grootgemaak deur 'n gans (wat sy pa was in die fliek).  Hy begin dan bevraagteken, waar hy dan nou eintlik vandaan kom, en wie sy ouers was?  Hoekom sou sy ouers hom weggegee het?  Die les wat dan hieruit na vore kom, is dat "your story might not have a good beginning, but it's not who you are..."   Hoe jy in hierdie wêreld ingekom het, en hoe jou storie begin het maak nie van jou wie jy is nie...  Slegs JY kan bepaal - deur die keuses wat jy maak, watter paaie jy sal stap...
 
Miskien is jou lewe vir jou saai en onbevredigend op hierdie stadium...  Miskien het jy alle vreugde verloor, of miskien is moeilikheid al wat jy raaksien...  God "shape" karakters in moeilike tye...  Al hoe mens sterker word, is om deur te druk wanneer dinge moeilik gaan...  Wanneer God die fondasie van ons lewe is,  is die moontlikhede oor wat jy kan wees EINDELOOS...  Want God kan die grootste "loser" (in mensetaal) verander in iemand wat die grootste inspirasie en invloed kan wees!  Jy kan soveel meer wees, as wat jy vir jouself glo...  God het GROOT planne vir jou, en jou lewe...  Jeremiah 29:11 - For I know the plans I have for you... Plans to prosper you, to give you a hope, and a future...  Dit gaan nie oor waar jy vandaan kom nie, en hoe jy begin nie, dit gaan oor hoe jy eindig!
 
Wat gaan mense van jou onthou wanneer jy nie meer hier is nie?  Watter "legacy" gaan jy agter laat?  Die keuse is joune...  En al is jy HOE oud, dis nooit te laat om te begin nie...  Tot jy die dag jou kop neerlê het jy ELKE dag 'n geleentheid om 'n verskil te maak...  Jy het elke dag 'n kans om te bou aan 'n legacy om agter te laat, vir eendag...  Om die lewe te leef, om lief te hê, om op groot avonture te gaan (deur dinge aan te pak wat jou bang maak)...  Jy moet nooit spyt wees oor dinge wat jy wel gedoen het nie, net die dinge wat jy nooit aangepak het nie...  NIKS is te groot, sonder God nie...  Jy kan ENIGE iets doen deur Hom wat jou die krag gee (Fillipense 4:13)...   Jy moet net bereid wees om bietjie buite die boks, en buite jou "comfort zone" te lewe!  Eindig sterk - maak nie saak hoe wankelrig die begin was nie...  God het jou ONGELOOFLIK lief...  En Hy wil hê dat jy 'n VOL en goeie lewe, een van inspirasie en invloed sal hê!  Vra Hom sommer nou om jou te seën, en vir Sy wil om in jou lewe te geskied...
 
blessings!
 
Anelxx

Sunday 20 July 2014

“Stop waiting for FRIDAY, for summer, for someone to fall in love with you, for life… Happiness is achieved when you stop waiting for it and make the most of the moment you are in now…” ~ www.itsalovelylife.com

Haloes! J 

“Stop waiting for FRIDAY, for summer, for someone to fall in love with you, for life…  Happiness is achieved when you stop waiting for it and make the most of the moment you are in now…” ~ www.itsalovelylife.com

Matthew 19:26

“You say, ‘it’s impossible’…  God says, “All things are possible with me…”

Hebrews 4:16

Let us then approach God’s throne of grace with confidence, so that we may receive mercy and find grace to help us in our time of need…”

 The last wishes of Alexander the Great:

 On his death bed, Alexander summoned his generals and told them his three ultimate wishes:
 1.  The best doctors should carry his coffin;
 2.  The wealth he has accumulated (money, gold, precious stones) should be scattered along the procession to the cemetery, and
 3.  His hands should be let loose, hanging outside the coffin for all to see.

 One of his generals who was surprised by these unusual requests asked Alexander to explain. Here is what Alexander the Great had to say:
 1.  I want the best doctors to carry my coffin to demonstrate that, in the face of death, even the best doctors in the world have no power to heal…
 2.  I want the road to be covered with my treasure so that everybody sees that material wealth acquired on earth, stays on earth…
 3.  I want my hands to swing in the wind, so that people understand that we come to this world empty handed and we leave this world empty handed after the most precious treasure of all is exhausted, and that is TIME…

TIME is our most precious treasure because it is LIMITED…  We can produce more wealth, but we cannot produce more time. When we give someone our time, we actually give a portion of our life that we will never take back. Our time is our life… ~ Forward email

Wat ‘n absolute waarheid is hierdie storie nie?!  Dis drie baie kosbare lesse of waarhede waaraan mens gereeld herinner moet word…  Ek weet nie wie van julle soos ek is nie, maar wanneer ek iets baie spesifiek wil koop, soos bv 'n horlosie, of 'n mooi rok vir 'n dans, sal ek altyd AL my opsies oorweeg... Ek sal gaan kyk wat al die moontlike winkels in die sentrum het om te bied, en baie keer (tot my frustrasie) kies ek op die ou end die eerste opsie wat my oog gevang het... Maar ek wil altyd DUBBEL seker maak dat ek nie dalk iets koop, net om twee winkels verder dalk iets kry waarvan ek meer hou nie... Of dalk ‘n beter “deal” nie…  Op toer het ek dit ook al 'n paar keer beleef dat iemand op ons toer iets in 'n winkel sien waarvan hulle hou, en dan nie seker is oor die aankoop nie... Wat dan baie keer gebeur is dat daar besluit word dat ons sal teruggaan na die winkel, vir die item, maar dat ons dan op die einde van die toer besef dat daar nie tyd is vir teruggaan nie...

Ons leef baie keer 'n lewe van "ek sal 'n bietjie later of ek sal teruggaan vir dit..." Ek wil nie nou al die moeilike besluit maak nie; of ek wil nie nou hierdie konflik op my pad hanteer nie; ek wil nie seerkry nie, so kom ek beskerm myself en waag eerder nie 'n kans nie; ek wil nie uit my comfortzone beweeg nie; ek wil nie nou al vir God kies nie, ek wil eers bietjie my lewe sonder reels geniet... Ek sal bietjie later vir die mense in my lewe laat besef of vertel dat ek hulle liefhet... Bietjie later, kan dalk te laat wees - vir al hierdie dinge... Jy lewe NOU... God het jou met 'n doel in die hier en nou laat leef... En Hy wil jou lewe van seën en oorvloed laat leef - nou al... Nie bietjie later nie... Think NOW or never... Not later... Moenie iets uitstel wat jy vandag al kon doen nie... Moenie wegskram van uitdagings of veranderinge omdat dit scary lyk nie... Jou God is groter!!! Now or never means - changing the world, 1 day at a time... Baby steps... Uitdaging vir uitdaging... God is by jou en Hy belowe om jou NOOIT, maar NOOIT alleen te los om "die LEWE" en al sy uitdagings te face nie... Hy sal sorg dat dinge in plek val - solank jy sorg om Hom te ken in wat jy doen... Om te bid, en jou versoeke met danksegging aan Hom te bring... Op jou kniee, sal die onmoontlike moontlik word soos wat hierbo staan in Matteus 19:26...

Blessings!

Anel xx

 

 

 

Friday 18 July 2014

“Life begins at the end of your comfort zone… So if you are feeling uncomfortable right now, know that the change taking place in your life is a beginning, not an ending…” ~ Neale Donald Walsch

Haloes! J

“Life begins at the end of your comfort zone…  So if you are feeling uncomfortable right now, know that the change taking place in your life is a beginning, not an ending…” ~ Neale Donald Walsch

Romans 8:39

“No power in the sky above or in the earth below—indeed, nothing in all creation will ever be able to separate us from the love of God that is revealed in Christ Jesus our Lord…”

2 Corinthians 12:9

“My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness…”
“You’ve got to spread your wings if you really want to fly…  Take risks…  Try new things…  Go places you haven’t gone… Be willing to not know…  Be OK with making mistakes… and you will go further than you could have ever dreamed possible…” ~ Unknown

“As long as you feel pain, you’re still ALIVE…  As long as you make mistakes you’re human…  As long as you keep trying there’s still HOPE…” ~ Unknown

As ek vanoggend vir jou vra om te beskryf waar jy jouself in jou lewe bevind, wat sal jy sê?  Is jy dalk besig om die suksesgolf te ry?  Het dinge dalk onlangs in plek geval, en is die lewe ‘n absolute lied vir jou?  Of is daar dinge wat jou onderkry?  Dinge wat maak dat jy nie voluit kan leef nie?  Goed soos bekommernisse ten opsigte van finansiële moeilikheid?  Bekommernisse oor siekte waarmee jy dalk onlangs gediagnoseer is, of waarmee jy probeer saamleef, maar wat jou eintlik meer inperk as enige iets anders?  Miskien het iemand vir wie jy baie omgegee het, of baie lief was, jou oneindig seergemaak, sodat jy mure opgerig het rondom jou – so hoog, dat jy jouself kon afsluit vir die wêreld…  Jy het dit dalk onbewustelik gedoen, maar hoe beweeg jy aan van dit af?  Hoe kry jy dit reg om vorentoe te beweeg?

Die sleutel om hierdie tronk, genaamd VREES, te ontsluit, is Jesus…  Hy is die Enigste persoon wat begrotings laat klop – selfs al is die uitgawes meer as die inkomste, en wat WERKLIK siekte genees!  Ek’t al eerstehands gesien hoe God kanker genees…  Dis iets wat vir baie menslike breine as ‘n “baie skrale moontlikheid” bestempel sal word… Ons dien ‘n God wat spesialiseer in WONDERWERKE!!  Dis baie maklik om jouself as’t ware in ‘n “tronk” te plaas (in jou denkwyse en leefstyl) as gevolg van jou omstandighede…  En wanneer jy eers in daardie tronk is, is dit nie maklik om daaruit te kom nie…  Miskien praat ek vandag spesifiek met jou…  Jy wat sukkel om mense binne te laat…  Jy wat sukkel om uit jou “comfort zone” te beweeg en die lewe FULL ON ‘n GO te gee…  Jy wat nie meer raad het met finansies nie…  Watookal die situasie, Jesus is vandag jou antwoord…  Gaan op jou knieë en bid…  En as jy nie die woorde het om te kan bid nie, vat ‘n nota boekie, en skryf ALLES daarop neer wat jou bang maak, en dinge wat jou weerhou om ‘n lewe van oorvloed te hê!  Jy kan dit as ‘n gebed aan God neerskryf…  Voor jy WEET, gaan jy sien hoe maklik die woorde vloei!  En God sal jou antwoord, sodat jy ‘n VOL lewe kan leef!   Jy kan dit jou gebede boek noem…  Sodat dit jou instaat sal stel om ‘n lewe van gelukkigheid, en een van oorvloed te lei…    Wanneer jy oor 6 maande terugkyk in jou gebede boek, sal jy dalk nie eers onthou van die moeilike tye waardeur jy tans is / gaan nie…  God wil daardie “vrees tronk” kom oopsluit vandag…  Al wat Hy vra, is dat jy Hom sal vertrou…  Hy is al DUISENDE JARE voor ons hier op aarde gekom het, in beheer…  Ek belowe jou – Hy het meer experience met ELKE liewe probleem, as ek en jy saam… Hy ken ALLES...  En steeds het Hy ons lief met alles wat in Hom is... Kom ons GLO God, en vertrou Hom vir die beste moontlike uitkoms vir ons situasie, sodat wanneer ons, ons geloof in Hom stel, om die mure van vrees, plat te slaan, dit so sal wees…  God sal uitkoms en deurbrake bring!  VERTROU net!

Blessings!

Anel xx