Thursday 5 March 2015

“Never stop believing in Hope because miracles happen every day…” ~ Unknown

Haloes! J
 
“Never stop believing in Hope because miracles happen every day…” ~ Unknown
 
Job 23:10-11
 
“He knows the way that I take when he tested me, I will come forth as gold…  My feet have closely followed his steps; I have kept to his way without turning aside…”
 
Psalms 46:1-3
 
“God is our refuge and strength, and ever present help in trouble…  Therefore we will not fear, though the earth give way and the mountains fall into the sea, though its waters roar and foam and the mountains quake with their surging…”
 
“The Spirit of God never quits… He always gets us across the finish line…” ~ Joyce Meyer
 
“David may not have had much in his hand when he faced his giant, he had faith in a God who could slay the giant…” ~ John Hagee Ministries
 
Ons het laas week ‘n “verfrissende nuwe angle” op die Dawid en Goliat verhaal gekry (wat ons almal al so goed ken)…  Iets wat ek nie geweet het nie, was dat Goliat vir 40 dae lank die Israeliete uitgedaag het om hom te veg…  En die Israeliete het elke dag hul wapenrusting aangetrek, maar niks gedoen nie…  Saul het vir Dawid wat as ‘n skaapwagter na vore gekom het om vir Goliat aan te vat, sý wapenrusting laat aantrek, maar dit was myle te groot vir Dawid…  Hy kon nie gemaklik beweeg in dit nie…  Dawid het egter nie sy vertroue gestel in dit wat hy aangetrek het nie, en hy het gegaan NET soos hy was, met God wat Hom kom vul het met innerlike krag – wat hom versterk het om die reus te veg…
 
Wat probeer ek hierdeur sê?  Saul wat vir Dawid ‘n oorgrote wapenrusting laat aantrek het, het as’t ware vir Dawid “sy identiteit” laat aantrek…  Dawid sou nooit die geveg kon wen deur in klere van ‘n koning te gaan veg nie…  “Die vere maak nie die voël nie…”  Dawid was bereid dat God hom kon gebruik om ‘n wonderwerk te doen op daardie dag…  Dawid was ook rustig om die reus aan te vat, omdat God hom kom vul het met innerlike krag, wat uiteindelik vir hom die oorwinning laat behaal het…  Wanneer ons nie weet wat om te doen, of hoe om moeilike situasies aan te pak nie, kyk ons baie keer na hoe ander mense dit doen, of hoe ander mense sukses behaal…  Ons vergeet om rustig te raak, met God te praat, en sy “angle” of inset te vra oor die situasies waarmee ons gekonfronteer word…  Baie keer probeer ons verander wie ons is, sodat ander ons moet aanvaar, of sodat ons kan wees soos die res – die wat se lewens so “plain sailing” lyk, en wat so maklik deur die lewe gaan…  God het ons elkeen uniek geskape, en ons elkeen ‘n unieke identeit gegee, met ‘n vermoë om besluite te kan maak…  Moenie prysgee wie en wat jy is, omdat jy dink dat dit is wat jy moet doen om aanvaar te word in die wêreld se oë nie…  God het jou back, Hy het jou oneindig baie lief…  Hy het jou al 2000jaar gelede gekies toe Hy vir jou sondes betaal het aan ‘n houtkruis…  Hy kon iemand soos Dawid, wat ‘n skaapwagter was, gebruik het om ‘n impak te maak…  Hy kan dieselfde met jou doen…  Iemand wat impak maak, iemand wat die wêreld ‘n beter plek maak, deur net JY te wees…  Trek net jou skoene van bereidheid aan, en vat God se hand…  Hy sal jou NOOIT los nie…
 
Blessings!
 
Anel xx

No comments: