Monday 23 March 2015

"If you don't like where you are, move... You are not a tree..." ~ Unknown

Haloes! :)

"If you don't like where you are, move...  You are not a tree..." ~ Unknown

Matthew 19:28

"With God, all things are possible..."

2 Corinthians 4:18

"So we fix our eyes not on what is seen, but on what is unseen, since what is seen is temporary, but what is unseen, is eternal..."

"Little trials without God will break you...  Big trials with God will make you...  Find strength in God's love and faithfulness..." ~ Unknown

"Sometimes you have to do what is best for you and your life...  Not what is best for everyone else..." ~ Unknown

Ek hou van televisie-vervolgreekse…  Dis ‘n lekker manier om te ontspan, en om vir 45 minute net te vergeet van die “rat-race” waaraan ons daagliks deelneem…  Wat vir my gewoonlik die amazingste is, is hoe die reggiseurs altyd die vermoë het om ‘n reeks te laat eindig, wat jou op die punt van jou stoel agterlaat, en WENS dat jy kan weet wat volgende gaan gebeur…  Die gevolg is gewoonlik dat jy ‘n goeie paar maande of langer gaan moet wag vir die volgende reeks om sy verskyning te maak!
Is ons lewe nie baie keer ‘n spieëlbeeld van hierdie nie??  Daar gebeur dinge wat ons lewens somtyds omverwerp, en ons sal ENIGE iets gee om net op daardie oomblik te kon weet dat ALLES op die ou end gaan uitwerk, en dat die dinge in plek sal val…  Die hartseer ding is, dat ons NIE weet nie…  Wat ons WEL weet, is WIE ons toekoms in Sy hande hou…  En ons weet dat God ons NOOIT alleen sal los nie…  Hy is ALTYD by ons…  Vir my is een van die moeilikste dinge seker om te WAG…  As jy weet wat jy wil hê, wanneer jy dit wil hê, en as jy dink jy weet dat daardie “iets” wat jy so graag wil hê vir jou SAL blessing bring, is dit BAIE moeilik om te moet wag totdat dit vir jou gebeur…  God se timing is egter NOOIT uit of laat nie…  Hy weet WAT jy nodig het, maar selfs BETER – HY weet WANNEER jy dit nodig het…  Hy sal niks sonder rede laat gebeur in jou lewe nie – SELFS al lyk dit vir jou asof dit absoluut GEEN sin maak nie!!  JY kan versker weet vandag dat Hy jou deur ENIGE iets sal kry…  Selfs al sien jy net donkerte – God sien dan sterre…  Hy sal sorg vir uitkoms, en deurbrake, wanneer die tyd daarvoor reg is… Hy stap daagliks voor ons uit om ons pad gelyk te maak…  Hy is agter jou, om te keer dat jy val…  HY is onder jou, om jou op te tel en te dra waar jy nie verder kan nie, en Hy is bo jou, om jou te lei, na waters van seën en rus in jou lewe…  Dis altyd te vroeg om moed op te gee – our God is an awesome God…  HE specializes in the impossible, in order for us BE a breakthrough and to bless those around us with our testimony…  There were you see only a dead end – God WILL make a way…  Our God is able…  Moenie bang wees vir nuwe uitdagings, of om uit jou comfortzone te beweeg nie!  Wanneer dit God se wil vir jou lewe is, sal die dinge sommer net in plek val!  Take that leap of faith - God is already there!!

Blessings!

anel xx

No comments: