Thursday 30 January 2014

Gedagteki aankondiging

Hi julle!

Weens omstandighede buite ons beheer sal die gedagteki vir die daggie eers weer volgende week verskyn.  Ons hou julle op hoogte! Mag God julle seen!!

Blessings!

Tuesday 28 January 2014

“Hurt is a part of life. To be honest, I think hurt is a part of happiness, that our definition of happiness has gotten very narrow lately, very nervous, a little afraid of this brawling, fabulous, unpredictable world.” ― Julian Gough

Haloes! ;)

“Hurt is a part of life. To be honest, I think hurt is a part of happiness, that our definition of happiness has gotten very narrow lately, very nervous, a little afraid of this brawling, fabulous, unpredictable world.” ― Julian Gough

Psalm 39:7

“And now, O Lord, for what do I wait? My hope is in you."

Mark 9:23

"And Jesus said to him, “‘If you can’! All things are possible for one who believes.”

“Renew, release, let go. Yesterday’s gone. There’s nothing you can do to bring it back. You can’t “should’ve” done something. You can only DO something. Renew yourself. Release that attachment. Today is a new day!” ― Steve Maraboli

“It doesn't matter what you did or where you were...it matters where you are and what you're doing. Get out there! Sing the song in your heart and NEVER let anyone shut you up!!” ― Steve Maraboli

Ek dink iets wat ELKEEN van ons al ervaar het, is teleurstelling... Ek onthou een van my grootste teleurstellings (en ek is seker dit was erger vir die spelers) was die Currie Cup final... Ek was bevoorreg genoeg om kaartjies te kon kry vir die groot dag - almal was in blou aangetrek met WP vlae op die wange, WP vlae in die hand en "WP jou lekker ding" as die hoof-seding van die dag :) Met die afskop was my hart in my keel, en toe eerste 'n drie kry was die vreugde groot...  Maar toe die Sharks begin met hul teen-aanval en die punte telling teen ons begin klim, het die moed in my skoene gesak - maar ekt bly hoop tot die einde vir 'n absolute wonderwerk... Wat vir my die coolste was van die hele wedstryd, is dat ons ouens nie gaan le het toe dit begin moeilik gaan het nie... Hulle het aanhou FIGHT... Tot die einde... Ons kon van daai veld afstap met ons koppe omhoog - ons mag dalk die wedstryd verloor het, maar defnitief nie die stryd nie...  Sportmangees en manne van karakter - dis hoe ek WP sal onthou vir 2013...

En die kruks van die saak is - hulle het die Curriecup finaal verloor, maar dit gaan nie maak dat hulle ophou rugby speel nie! Hulle sal binnekort weer uitdraf en as die Stormers met die Super 15 reeks begin... 0-0 op die scoreboard... Mens is net so goed soos jou laaste game...  Hoekom wil ek hierdie met jou deel?? Jy hou dalk nie eens van Sport nie :). Wat ek met jou wil deel is - maak nie saak WAT gebeur, of watter teleurstelling jy moet deurmaak nie - die belangrikste is HOE jy dit deurmaak... Jy kan opgee, en net besluit dat genoeg, genoeg is... Of jy kan terug fight en 'n "never say die attitude" he...  Probeer is die beste geweer... En ons moet hierdie lewe met "baby steps" aanpak... Dag vir dag... Teleurstelling per teleurstelling...  Gee jouself tyd om "blou" te voel... Kyk na wat verkeerd gegaan het en gee dit dan weer 'n go... Moenie toelaat dat jou teleurstelling groter as jou God raak nie... Hy is groter as ENIGE iets wat jy dalk op die oomblik moet deurmaak... Hy sal jou deur dit kry - gaan net op jou kniee en gee dit vir Hom!  Steve Maraboli se aanhaling hierbo is ongelooflik - gister is verby (ons kan niks doen om dit te verander nie)...  Ons het net NOU en ons kan net iets doen. Vandag is 'n nuwe dag! Maak die meeste van die tyd wat aan jou geleen is!!

Blessings!

Anel xx

Monday 27 January 2014

"At the end of the day, let there be no excuses, no explanations, no regrets..." - Steve Maraboli


Haloes! :)
“At the end of the day, let there be no excuses, no explanations, no regrets.” ― Steve Maraboli

Isaiah 40:31

But they who wait for the Lord shall renew their strength; they shall mount up with wings like eagles; they shall run and not be weary; they shall walk and not faint.

Romans 5:2-5

Through him we have also obtained access by faith into this grace in which we stand, and we rejoice in hope of the glory of God. More than that, we rejoice in our sufferings, knowing that suffering produces endurance, and endurance produces character, and character produces hope, and hope does not put us to shame, because God's love has been poured into our hearts through the Holy Spirit who has been given to us.

“Don't confuse poor decision-making with destiny. Own your mistakes. It’s ok; we all make them. Learn from them so they can empower you!” ― Steve Maraboli

“We can't become what we need to be by remaining what we are.” ― Oprah Winfrey

Wat moet jy doen om 'n awesome koek te kan bak? Jy moet 'n resep he, maar saam met die resep het jy bestandele nodig... Vir die bestandele om 'n koek te kan word, sal die resep stap vir stap gevolg moet word en die bestandele sal nie op hul eie kan staan nie...  Eiers word gewoonlik as 'n bindmiddel gebruik om 'n beslag te kan vorm.  Maar vir die koek om "gaar" en eetbaar te word, moet dit in die oond gesit en op die regte temperatuur gebak word. Die regte hitte sal die beslag laat rys en sal sorg dat die koek eweredig gaar is... Laaste, maar verseker nie die minste nie, moet die koek versier word (en ek glo dis aan die versiersuiker wat elke koek sy unieke eienskappe gee).

Hoekom skryf ek oor koek bak??  Want, liewe vriende, in "koek bak" le daar vir ons 'n "resep" van hoe ons moet lewe opgesluit...  Die Bybel, is vir ons 'n daaglikse rigtingwyser...  'N rigtingwyser wat ons moed inpraat wanneer ons dit nodig het, wat aan ons wysheid en insig gee wanneer ons nie weet watter kant toe nie, maar wat ook vir ons leer hoe ons moet leef - deur ons naaste lief te he soos onsself..  Dit gee ons ook hoop, wanneer dinge in ons eie lewens moeilik gaan, en ons stories soos Daniel in die Leeukuil of Dawid en Goliat lees, en ons besef - God kom ALTYD deur vir ons...  Hy SAL sorg! Iemand by my werk se altyd - God, is die God van die 11e uur... Hy kom ALTYD vir ons deur - Hy is nooit laat nie... Verder leer dit ons, dat wanneer ons voel of ons deur vuur loop (hitte van wanneer koek gebak word), ons nie tot breekpunt gedryf sal word nie, maar dat ons in die hitte van die stryd sal uitstyg en dat moeilike tye ons eintlik net sal voorberei vir die ongelooflike dinge wat kom!!  En wanneer ons saam met God deur die moeilike tyd gewerk het, sal Hy ons seen soos wat Hy vir Jabes geseen het (icing op die koek)...  Hierdie sluit ook aan by wat Oprah se - ons kan nie word wat ons bestem is om te wees, deur te bly wat ons is nie (koek sal nie koek kan word as die bestandele nie saamwerk om iets beter te vorm nie).  Maak seker jy ontvang AL die blessings wat God vir jou het, deur te vra daarvoor!! Moenie in die "bestandele fase" vasgevang bly omdat jy te bang is verandering nie... Met God by jou, is jy van 'n masterpiece verseker!!! Maak Steve Maraboli se aanhaling JOUNE vir 2014...  At then end of the day, let there be no excuses, no explanations, no regrets!!

Blessings!

Anelli





Sunday 26 January 2014

gebedsversoeke...

Haloe julle!

Sien asb die volgende gebedsversoeke.

Mag julle 'n geseende dag he!

blessings!

anel

Anoniem:  Ek gaan deur ‘n ontsettend moeilike tyd – God weet presies.  My gebedsversoek is dat ek binne die wil van God sal optree en dat Hy vir my die deure sal oopmaak wat nodig is.  Ek is raadop, depressief en weet regtig nie watter kant toe nie.  Net God kan dinge hier rondskuif sodat die person wat die oorsaak van alles is se hart sal verander om die probleem op te los.


Anoniem:  In December het n vriendin van my n gebeds versoekie gestuur wat gevra het dat julle vir haar daddy moet bid vir die kanker wat op sy oog uitgekom het,
Hy het baie verswak en is gister opgeneem in die hospital,vra net wee rom die familie op te dra dat die Here hulle moet versterk spesiaal vir sy vrou.
Baie dankie vir elkeen se gebed dit is wat vir ons dra.
 

“Life is a blank canvas, and you need to throw all the paint on it you can.”― Danny Kaye

Haloes! J

“Life is a blank canvas, and you need to throw all the paint on it you can.”― Danny Kaye

Romans 15:13

“May the God of hope fill you with all joy and peace in believing, so that by the power of the Holy Spirit you may abound in hope…”

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the Lord your God who goes with you. He will not leave you or forsake you...”

“If you live each day as it was your last, someday you'll most certainly be right” ― Steve Jobs

“Life is like a novel. It's filled with suspense. You have no idea what is going to happen until you turn the page.” ― Sidney Sheldon

Daar is vir my niks lekkerder as ‘n lekker dik speurverhaal aan die begin van ‘n vakansie nie! Dit help jou om te ontsnap van realiteit, en sommer net lekker te ontspan…  Gewoonlik boei speurverhale my SO, dat ek nie die boek kan neersit, tot ek agter die kap van die byl kom nie…  Die lewe is net soos ‘n speurverhaal…  Gevul met onsekerheid…  ‘n Goeie skrywer hou jou gewoonlik aan die raai tot op die laaste oomblik J  Die beste is wanneer daar ‘n “curveball” kom en die storie HEELTEMAL anders eindig as wat jy sou kon dink!  Soos wat Sidney Sheldon sê – jy gaan eers weet wat gaan gebeur, wanneer jy die bladsy omblaai – of (in die regte lewe) wanneer die tyd aanbreek…

Die lewe is gevul met onsekerheid…  Maar iets waaroor ons kan seker wees – is dat God ALTYD daar is…  Dat God jou NOOIT sal verlaat nie, en jou NOOIT in die steek sal laat nie…  In die donkerste nag, of die langste dag – God is ELKE oomblik langs jou!  En God is die AWESOMSTE skrywer ooit – aangesien ELKE persoon op hierdie aardbol ‘n ANDER storie het…  Nie een van ons se stories is dieselfde nie…  Net soos elkeen van ons uniek is, so is elkeen van ons se lewensstorie uniek.  So MOENIE jou lewe met ander mense vergelyk nie…  Elkeen van ons het ons eie “kaarte” ontvang, en dit hang van onsself af HOE ons met daardie kaarte gaan speel…  Miskien sit jy op die oomblik met kaarte in jou hand wat jy nie lekker weet WAT om mee te maak nie…  Of miskien het jy besluite gemaak voel dit vir jou asof alles, super deurmekaar is op die oomblik…  Miskien lê hierdie week soos ‘n berg voor jou vanweë dinge wat moet gebeur of resultate waarop jy wag…  Ek wil vandag net weer vir jou verseker – MOENIE bang wees nie – God is REEDS daar…  Hy sal jou hand vat, en saam met jou stap…  Moenie so bang wees vir dit wat kom, dat jy ophou leef nie…  Al waaroor ons seker kan wees, is die HIER EN NOU…  Maak die meeste van ELKE geleentheid wat oor jou pad kom!  Live with NO regrets J  Hierdie week lê soos ‘n wit canvas voor jou – wat jy op hom sit - hang van jou af :)

Blessings!

anel

Friday 24 January 2014

gebedsversoeke...

Hi julle,

Hier is weer 2 gebedsversoeke vanoggend:

Ekt nou al 'n paar eposse ontvang van mense wat name wil he in plaas van "anoniem" om voor te bid.  Die rede dat ek hierdie gebedsversoeke anoniem plaas, is sodat elke persoon wat hierdie epos ontvang, met vrymoedigheid vir my 'n gebedsversoek sal deurstuur.  Soos ek aan iemand verduidelik het, is daar baie mense se vriende wat hierdie ontvang, en dus wil ek nie he hulle moet blootgestel voel deur 'n gebedsversoek deur te stuur nie.  God ken ELKEEN van ons, op ons naam...  Hy ken elkeen se situasie, so wanneer jy iemand opdra (al is dit anoniem), SAL Hy weet van wie jy praat...  Bid asb saam... 

Mag God elkeen van julle spesiale persone seen!  Geniet jul naweek!

blessings!

anelxx

Anonieme persoon vra:  Asb, groot asseblief, bid vir Marco Pietrowski, ‘n jong man nog in sy twintigerjare. Hy was betrokke in ‘n baie groot motor ongeluk in November 2014.  Bid asseblief vir krag en genade en dat hy weer sal loop!

Anoniem:  Ek bid nou al ‘n jaar vir ‘n wonderwerk van ons Vader. Ek smeek Hom dat Hy Sy perfekte wil vir my lewe sal openbaar. Ek kry baie swaar in my huidige omstandighede, en ek glo ‘n wonderwerk kan dit verander. Bid asb dat my geloof sterk genoeg sal wees en dat ek Sal aanhou glo dat Hy my nooit sal verlaat nie.

Thursday 23 January 2014

“We all make mistakes, have struggles, and even regret things in our past. But you are not your mistakes, you are not your struggles, and you are here NOW with the power to shape your day and your future.” ― Steve Maraboli

Haloes! J

“We all make mistakes, have struggles, and even regret things in our past. But you are not your mistakes, you are not your struggles, and you are here NOW with the power to shape your day and your future.” ― Steve Maraboli

Hebrews 13:8

“Jesus Christ is the same yesterday and today and forever…”

Romans 12:12

“Rejoice in hope, be patient in tribulation, be constant in prayer.”

“Your time is limited, so don't waste it living someone else's life. Don't be trapped by dogma - which is living with the results of other people's thinking. Don't let the noise of other's opinions drown out your own inner voice. And most important, have the courage to follow your heart and intuition. They somehow already know what you truly want to become. Everything else is secondary.” ― Steve Jobs

“For beautiful eyes, look for the good in others; for beautiful lips, speak only words of kindness; and for poise, walk with the knowledge that you are never alone.” ― Sam Levenson

Doen jy dit wat JY wil doen, of doen jy wat van jou verwag word om te doen?  In die tye waarin ons leef is daar soveel verskillende dinge wat ons lewens impakteer…  Tegnologie is in sommige opsigte eintlik negatief…  Mense verleer om mekaar te leerken, omdat daar agter selfone geskuil word…  Ek let so baie op dat wanneer mens in ‘n koffieplek of restaurant is, is daar 90% van die tyd mense wat saamsit, maar elkeen is doenig met sy telefoon…  Verskille van mening vind ook oor smse / whatsapp ect plaas, wat baie keer meer skade as goed kan doen, omdat woorde op skrif gesit word…  Dis baie makliker om dinge te sê wat jy nie later kan terugtrek nie…  EN die person wat aan die ontvangkant is, kan in die proses baie seerder kry as wat dit net FACE to FACE uitgepraat kon word…

Baie keer laat ons so toe dat ander mense se OPINIES ons LEWE word…  Ons laat toe dat wat ander dink, die besluite beïnvloed wat ons neem…  Ons probeer almal gelukkig hou, en in die proses maak ons, onsself ongelukkig…  Wat ons, onsself aan moet herinner, is dat ons hier is op geleende tyd…  Moenie uitmis op JOU lewe, deur toe te laat dat iemand anders die kitaar in jou lewe slaan nie…  As die Here wou hê jou naam en denke moes soos Piet wees in plaas van Klaas, sou Hy jou as Piet geskape het…  God is GISTER, VANDAG en MÔRE dieselfde…  Hy gaan nie meer van jou hou as jy soos Piet is nie – HY wil hê dat jy die beste persoon moet wees tot wat jy in staat is om te wees…  Jy is UNIEK, en God het jou op daardie wyse, en vir daardie doel geskape…  Luister na God se stem, gaan op jou knieë en bid vir die antwoorde waarop jy vrae het…  God will make a way…  Maar moenie uitmis op alles wat die lewe kan wees, omdat jy besig is om iemand anders se lewe vir hulle te leef nie!  Leef JOU lewe ten VOLLE…  God sal vir jou ‘n rigtingwyser wees…  Al wat jy moet doen is om Hom eerste in jou lewe stel – met Hom eerste, sal al die ander dinge in plek val…

Blessings!

Anel**

Gebedsversoeke...

Hi julle almal,
 Sien asb die onderstaande gebedsversoeke en bid asb saam!  Ek weet dit lyk baie, maar neem asb ‘n oomblik en lees deur hierdie.  Kom ons bid vir ons boeties en sussies J
 Mag julle ‘n baie geseende daggie he!

"Be strong in the Lord, draw your strength from Him" Eph 6:10
blessings!
anel**

Anoniem:  Vir my broer, Hy  is  in die hospital opgeneem baie baie siek die kans dat Hy ook albei Sy bene gaan verloor is 99%Albei sy voete is so beskadig dat dit geen kans het op herstel nie maar by God is alles moontlik Hy aanvaar dit op die oomblik baie  moeilik alhoewel Hy al die jare Sy god dien en baie gelowige is Wat ookal gebeur Bid net asb vir Hom vir aanvaarding ,krag en sterkte en vrede asb Dankie vir mense soo julle.

ANONIEM:  Mens besef nie altyd die krag van gebed nie en ek voel op hierdie dag dat ek dit ook baie nodig het.  My seun is in Gr 12 en wil graag Meganiese Ingenieurswese gaan studeer volgende jaar.  Op hierdie stadium voel dit vir my asof dit ‘n onbereikbare droom gaan bly,  die finansies is maar knap, daarom wil ek tog vra vir gebede rondom die situasie sodat ons moontlik ‘n beurs sal kry vir hom of alternatiewelik dat hy êrens geholpe sal raak by ‘n maatskappy wat in diens opleiding aanbied en ook dat die Vader ons as ouers se visie sal verbreed rondom ons kind se toekoms.

Anoniem:  My man sal vanaf 1 Feb nie meer sy huidige werk hê nie, eerstens ‘n dankie vir die UITKOMS maar nou vra ons dat God Sy plan sal openbaar met die pad voorentoe om vir hom ‘n aanbod op sy pad te stuur so vinnig moontlik en meeste vir God om vir hom vrede in sy hart te gee oor die toekoms, met die wete dit is in Sy hande.  Nie ons s’n nie, en vir ons om te “let go”

Anoniem: My vriendin se situasie met haar ouers het nog niks verbeter nie en ek wil graag bid vir liefde om te oorheers van haar ouers se kant.  Dat hulle die waarheid kan sien soos dit is en besef wat hulle doen.

Anoniem: My kollega is gediagnoseer met kanker verlede week en sy & haar familie gaan deur ‘n baie moeilike tyd.  Sy’s ‘n kind van God, so ons bid vir aanvaarding en krag, vir God om ‘n wonderwerk te laat geskied omdat net Hy kan so iets genees – laat dit tot Sy verheerliking kan wees!  Maar ook vir vrede oor Sy antwoord hierop.

Anoniem:  My ma & pa, daar is by hulle ingebreek en my ma hanteer dit goed onder omstandighede maar kry “dips” waar sy sukkel om al die emosies te verwerk wat saam met dit gaan – angs, bekommernis, dankbaarheid (gelukkig ook) en vrees & verwyt.  Ek vra vir gebede vir totale verlossing van die negatiewe gedagtes en vir my pa om sterk te staan vir haar al is dit vir hom ‘n baie moeilike saak.

Anoniem: Soek sekretariele werk, bly in Gauteng
 
Dave:  daar vir my gebid sal word dat als goed sal verloop. Ek gaan vir `n skouer opperasie Dinsdag 28 Jan 2014

Wednesday 22 January 2014

“Life isn't about waiting for the storm to pass...It's about learning to dance in the rain.” ― Vivian Greene


Haloes! J
 
“Life isn't about waiting for the storm to pass...It's about learning to dance in the rain.” ― Vivian Greene
 
Psalm 138:8
 
“The Lord will fulfill his purpose for me; your steadfast love, O Lord, endures forever. Do not forsake the work of your hands…”
 
John 6:47-50
 
“Truly, truly, I say to you, whoever believes has eternal life. I am the bread of life. Your fathers ate the manna in the wilderness, and they died. This is the bread that comes down from heaven, so that one may eat of it and not die…”
 
“I believe in being strong when everything seems to be going wrong. I believe that happy girls are the prettiest girls. I believe that tomorrow is another day, and I believe in miracles” ― Audrey Hepburn        
 
“You never know what's around the corner. It could be everything. Or it could be nothing. You keep putting one foot in front of the other, and then one day you look back and you've climbed a mountain.” ― Tom Hiddleston
 
“Storms” is iets wat onlosmaaklik deel is van die lewe…  Letterlik, maar ook figuurlik is dit iets wat elkeen van ons al ervaar het…  As ek dink aan laas jaar se Winter in die Kaap – dit was die verskriklikste reën wat ons in jare beleef het…  Vergelegen Mediclinic moes selfs die een aand ontruim word as gevolg van die feit dat die rivier sy walle oorstroom het…  Fisiese, maar ook emosionele “storms” wat in ons lewens instap, is iets wat jou kan platslaan binne sekondes, of iets wat jou motiveer om op te staan en weer te probeer…
 
Hoe hanteer jy dit wanneer “storms” in jou lewe losbars??  Hardloop jy weg?  Gee jy op? OF kyk jy OP na Wie jou krag en deursettingsvermoë gee en vat jy dit dag vir dag?  Al hoe ons moeilike tye kan hanteer, is om dit in “hanteerbare porsies” af te breek…  Deur elke dag te doen wat jy kan, met wat jy het, waar jy is…  God gee aan ons genade, en krag in porsies van 24uur…  Sy genade en krag is ELKE more nuut!! Ek weet mens wil baie keer weet dat dinge op die ou end ten goede gaan meewerk en hoe donker en moeilik dit kan voel as mens nie daardie versekering het nie…  Maar omdat jy ‘n kind van God is, KAN jy daardie versekering hê! Hy sal jou NOOIT verlaat nie, en jou NOOIT in die steek laat nie!  Soos Hy die storm stilgemaak het toe Hy en Sy dissipels op die skuit was en hulle vreesbevange geraak het, net so sal Hy jou help om deur te druk, vas te byt en te “persevere”…  God is met jou – elke oomblik van elke dag…  Vat dit dag vir dag, tree vir tree…  Soos Tom Hiddleston sê – voor jy weer sien, het jy die berg wat voor jou was kafgedraf…  If God brings you to it, He WILL get you through it…
 
Blessings!
 
Anel**
 
 

Gebedsversoek

More julle!

Sien asb die anonieme gebedsversoek en hou hulle asb in gebede!

Anonieme gebedsversoek:  My boetie was gediagnoseer met prostaat klier kanker ,hy was so 3 maande gelede ge-opereer want volgens die dokter was dit nog nie deur die wand nie.Hy moes elke maand gaan vir ondersoek na die operasie en hulle het nou uitgevind dat dit versprei het,hy moet nou elke week vir 5 weke gaan vir bestraling. Ek vra net dat u die familie in u gebede moet hou.

Mag julle 'n geseende dag he!

blessings!

anel xx

Tuesday 21 January 2014

“He who has a why to live for can bear almost any how.” ― Friedrich Nietzsche

Haloes! J

“He who has a why to live for can bear almost any how.” ― Friedrich Nietzsche

Luke 1:37

"For nothing will be impossible with God.”

Isaiah 41:13

“For I, the Lord your God, hold your right hand; it is I who say to you, “Fear not, I am the one who helps you.”

“Be thankful for what you have; you'll end up having more. If you concentrate on what you don't have, you will never, ever have enough”― Oprah Winfrey

“Why are trying so hard to fit in, when you're born to stand out” ― Oliver James

Ek dink meeste van ons hou nie van situasies wat jou uit jou comfortzone uit dwing nie?!  Soos verandering…  Ek onthou toe ek in Standerd 7 in ‘n nuwe skool begin het, was dit ‘n GROOT uitdaging…  Koshuislewe, en die feit dat ek NIEMAND geken het nie, was nogals ‘n moeilik!  Die ander moeilikheid wat ek in die gesig gestaar het, was dat die “groepies” reeds gevorm was, aangesien meeste van die meisies in Standerd 6 saam begin het…  Wat die situasie makliker gemaak het, was dat ons 3 nuwe meisies was wat saam begin het…  In sulke situasies “stick” die mense wat in dieselfde bootjie is, gewoonlik saam…  Jy ervaar dieselfde dinge, en sameloop van omstandighede maak gewoonlik dat jy “instant” vriende raak J  Dis makliker wanneer jy ‘n pad stap, SAAM met iemand wat dieselfde vrese, hartseer en ook opgewondenheid het as jy…

Hoekom is jy op hierdie aardbol?? Het jy al daaroor gewonder?  Die antwoord is MAKLIK…  Want God, het ‘n DOEL vir jou lewe…  Jy is geskape met PURPOSE…  Dis nie maar toevallig dat jy hier is nie – God het al oor jou gedroom, nog voordat jou ouers op hierdie aardbol was!  Dit was Sy plan dat jy in hierdie dag en tyd leef…  Ek raak so kwaad as mense praat dat die kind ‘n “glips” was…  Want al het JY nie die kind beplan nie, was die kind verseker binne GOD se plan…  En aangesien God aan jou asem in jou longe gegee het, beteken dit dat Hy vir jou ‘n spesifieke doel het!  Hy wil jou gebruik, tot eer van Sy Koninkryk…  Al wat Hy van jou vra, is dat jy gewillig moet wees!  Al voel dit vir jou of jy nog nie weet wat jou doel op aarde is nie – don’t despair…  Baie keer gebruik God mens nog sonder dat jy dit besef!  Wanneer jy op jou knieë gaan en werklik God se wil vir jou lewe soek, SAL HY dit aan jou uitwys…  Sommige mense vind al hul doel wanneer hulle nog klein is, terwyl ander hulle doel op hulle oudag vind J  Moenie probeer om “in te blend” nie…  GOD het jou bestem om UIT te staan!  Wanneer mens ‘n doel het om te lewe, kan jy dit op ENIGE manier doen! JY is ‘n Koningskind – en dit wat jy kan vermag deur God wat jou die krag gee, is ONBEPERK! Moenie beperkings op jou lewe plaas nie – Jy is tot ALLES in staat deur Hom wat jou die krag gee! (Fillipense 4:13)

Blessings!

Anel**

Monday 20 January 2014

“When you find your path, you must not be afraid. You need to have sufficient courage to make mistakes. Disappointment, defeat, and despair are the tools God uses to show us the way.” ― Paulo Coelho

Haloes! J

“When you find your path, you must not be afraid. You need to have sufficient courage to make mistakes. Disappointment, defeat, and despair are the tools God uses to show us the way.” ― Paulo Coelho

Colossians 3:23

“Whatever you do, work heartily, as for the Lord and not for men. Knowing that from the Lord you will receive the inheritance as your reward. You are serving the Lord Christ…”

Colossians 3:17

“And whatever you do, in word or deed, do everything in the name of the Lord Jesus, giving thanks to God the Father through him…”

“The past has no power over the present moment.” ― Eckhart Tolle

“When we least expect it, life sets us a challenge to test our courage and willingness to change; at such a moment, there is no point in pretending that nothing has happened or in saying that we are not yet ready. The challenge will not wait. Life does not look back. A week is more than enough time for us to decide whether or not to accept our destiny.” ― Paulo Coelho

As jy op paaie moet reis waar jy nie voorheen gery het nie – wat maak jy??  In vandag se tye het ons GPS, en meeste mense het ‘n slimfoon waarop kaarte is wat die roete uitstippel wat jy moet neem om jou eindbestemming te bereik…  Of as jy dit verkies, kan jy ‘n kaart bestudeer en die roete vind wat die vinnigste en effektiefste roete volg…  Is dit ‘n gegewe dat jy NOOIT verkeerd sal ry as jy al hierdie hulpmiddels gebruik?  Verseker nie!  Daar kan moontlik ‘n afdraai wees wat jy mis, of jy kon die kaart verkeerd verstaan het, ‘n tyd lank verdwaal wees, voor jy weer jou pad vind…  Die rukkie wat jy verkeerd ry, kan somtyds voel soos vermorste tyd – maar ek BELOWE jou, 99% van die tyd sal jy ‘n storie hê om te vertel nadat jy die verkeerde afdraai gevat het J

Hoe kom ons uit op die lewenspad wat God vir ons bestem het, kan jy dalk wonder?  Deur die besluite wat ons maak daagliks…  Dink gou – waar jy jou op HIERDIE dag, en oomblik bevind, is indirek ‘n uitvloeisel van besluite wat jy geneem het…  Is daar ‘n kans dat ons God se wil vir ons lewe kan MIS?  Ek dink die enigste manier om dit te doen, is wanneer ons Hom nie ken in ons besluitneming nie…  AS ons nie bid voordat ons groot besluite neem nie…  MAAR, ek glo dat God dinge ALTYD sal laat uitwerk…  Selfs waar ons besluite geneem het sonder sy “input” of waar ons dalk ‘n verkeerde afdraai in ons lewe geneem het, en vir ‘n ruk lank gestap het op ‘n pad wat nie is waar ons behoort te wees nie…  Ek glo God vir jou en my ‘n pad weer sal oopmaak wat aansluit by daardie verkeerde pad, om ons weer op koers te kry vir waar Hy ons wil gebruik…  God is ‘n gentleman, en HY gaan jou verseker nie forseer om ‘n pad te stap wat jy nie wil stap nie…  Hy sal bly wag vir jou, en saam met jou stap totdat jy terugkom na Hom toe…  Paulo Coelho se aanhaling is vir my super cool…  Want terwyl ons, ons lewenspaadjie stap, is ons baie keer so bang om foute te maak, dat dit ons weerhou daarvan om ten volle te lewe…  Teleurstelling en situasie waarin dit voel of ons as die “verloorder” wegstap, is alles situasies wat God gebruik om ons te laat groei, en waarin HY ons sterk maak…  Ek’t nou al oor en oor in my lewe gesien dat goed somtyds met ons gebeur wat ons nie kan verstaan nie…  Dis eers met tydsverloop wat mens kan agterkom dat God ‘n doel gehad het, en dat Hy dan ons swaarkry gebruik, om vir ander mense te bemoedig…  Mens kan net werklik verstaan waardeur iemand anders gaan, wanneer jy al dieselfde pad moes stap…  Moenie bang wees om die pad te stap wat God aan jou uitwys nie…  In die liedjie van Sidewalk Prophets [Help me find it] – sing hulle: I am giving you fear, You give me faith…  If there’s a road I should walk, help me find it, if I need to be still, give me peace for the moment…  Whatever your will, can you help me find it…”  Wanneer jy vra, SAL God antwoord…  Hy sal jou wys wat die pad is wat jy moet stap…

Blessings!

Anel**

 

 

 

 

Sunday 19 January 2014

“Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin.” ― Mother Teresa

Haloes! J

“Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin.” ― Mother Teresa
Psalm 31:14-15

“But I trust in you, O Lord; I say, “You are my God.” My times are in your hand; rescue me from the hand of my enemies and from my persecutors!”

Proverbs 16:3

“Commit your work to the Lord, and your plans will be established…”

“Sometimes the questions are complicated and the answers are simple.” ― Dr. Seuss

Dare to Be”

“When a new day begins, dare to smile gratefully. 
When there is darkness, dare to be the first to shine a light.
When there is injustice, dare to be the first to condemn it.
When something seems difficult, dare to do it anyway.
When life seems to beat you down, dare to fight back.
When there seems to be no hope, dare to find some.
When you’re feeling tired, dare to keep going.
When times are tough, dare to be tougher.
When love hurts you, dare to love again.
When someone is hurting, dare to help them heal.
When another is lost, dare to help them find the way.
When a friend falls, dare to be the first to extend a hand.
When you cross paths with another, dare to make them smile.
When you feel great, dare to help someone else feel great too.
When the day has ended, dare to feel as you’ve done your best.
Dare to be the best you can –At all times, Dare to be!” ― Steve Maraboli

Vakansies is iets waarna mens so lank uitsien, maar wat dan binne ‘n oogwink verby is! Daar is gewoonlik nooit genoeg tyd om alles te doen wat jy sou wou doen nie…  Jy’t ook gewoonlik soveel planne oor alles wat jy in die kort tydjie wil inpas, en terwyl jy rus, begin jy droom oor alles wat jy gaan aanpak wanneer die nuwe jaar begin, of wanneer jy weer terugkeer werk toe…  Die hartseer ding, is dat mens partykeer soveel drome en ideale het, maar wanneer die werk of skool weer met volle swang begin, is die ure te min en die dae te kort…  Jy is gewoonlik ook hopeloos te moeg om die dinge aan te pak waaroor jy gedroom het…  OF, jy begin vaskyk aan die beperkte hulpbronne tot jou beskikking, of jy kyk vas in die teleurstellings van die vorige jaar, of tyd voordat jy jou breek gehad het…  Vorige “verlore” of teleurstellings, kan baie keer in jou pad staan van die huidige moontlike oorwinnings of deurbrake… 

Ons kop is baie keer so besig met alles wat al verkeerd gegaan het, of dinge wat moontlik KAN verkeerd gaan, dat dit veroorsaak dat ons in die verlede leef…  “We fight a battle, which we believe we cannot win…”  En wanneer jy in jouself twyfel, is die geveg reeds halfpad verloor…  Ek wil jou bemoedig met die woorde van Corrie Ten Boom – ““Never be afraid to trust an unknown future to a known God.”  Die “scoreboard” is 0-0…  Dit wat laas jaar nie uitgewerk het soos wat dit hoort nie, is VERLEDE…  Jy is tans in die hede! God is in jou toekoms – en Hy sal vir jou deure oopmaak waar daar nou dalk slegs doodloopstrate is…  Moenie toelaat dat jou verlede ‘n houvas op jou toekoms het nie…  Saam met God, is jy tot ENIGE iets in staat…  Hy sal aan jou die krag en wysheid gee wat jy nodig het, om ‘n sukses te maak van dit wat jy aanpak hierdie jaar…  Vergeet van wat was, en fokus op dit wat IS, en wat moontlik KAN wees...  Give it all you have got!!
 
Blessings!

Anel**

Thursday 16 January 2014

“The things you do for yourself are gone when you are gone, but the things you do for others remain as your legacy.” ― Kalu Ndukwe Kalu

Haloes! J

“The things you do for yourself are gone when you are gone, but the things you do for others remain as your legacy.” ― Kalu Ndukwe Kalu

Philippians 3:13-14

“Brothers, I do not consider that I have made it my own. But one thing I do: forgetting what lies behind and straining forward to what lies ahead, I press on toward the goal for the prize of the upward call of God in Christ Jesus…”

Isaiah 43:18-19

“Don't remember the prior things; don't ponder ancient history. Look! I'm doing a new thing; now it sprouts up; don't you recognize it? I'm making a way in the desert, paths in the wilderness…”

“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C.

“Time is too slow for those who wait, too swift for those who fear, too long for those who grieve, too short for those who rejoice, but for those who love, time is eternity.” ― Henry van Dyke

Ek’t die naweek ‘n fliek gesien op die televisie van Paul Walker (Fast and furious faam)…  Dit het my sommer laat dink aan sy familie, en hoe hulle moet voel as hulle hom steeds op die televisie sien, alhoewel hy reeds gesterwe het…  Dis asof daar darem ‘n “stukkie van hom oorgebly het” – iets waaraan sy familie en vriende kan vashou en waarna hulle kan kyk, wanneer hulle hom te veel mis…  ‘n Aanhaling van hom sê die volgende:  “I live by ‘Go big or go home…’  That is with everything…  It is like, either commit and go for it, or don’t do it at all…  I apply that to everything…”

Wat gaan jy agterlaat wanneer die einde van jou lewe aanbreek?  Wat gaan mense van jou onthou?  Iemand wat voluit geleef het?  Iemand wat liefde geleef het?  Ek het ‘n pragtige beeld gehoor deur Lindie van Eeden die naweek…  Ons moet voorkom om heeltyd in die “wegspringblokke” te wees in hierdie jaar…  Ons moet sorg dat ons aan die beweeg kom – sodat ons Jesus se hande en voete op hierdie aarde kan wees…  Al wat Jesus van ons vra is ‘n gewillige hart…  Hy sal self die werk doen – Hy wil jou net as instrument gebruik…  Kalu Ndukwe Kalu het die spyker op die kop geslaan…  Alles wat jy in jou lewe vir jouself doen, is WEG wanneer jy die dag jou laaste asem uitblaas…  Maar die dinge wat jy vir God en Sy Koningkryk doen – vir jou medemens – deur jou naasteliefde, is wat van jou gaan oorbly op aarde…  Dit gaan bepaal hoe mense van jou praat, wat hulle van jou gaan onthou…  Dit gaan ook ‘n bewys wees van hoe jy die kosbare tyd spandeer het wat God aan jou geskenk het…  Vergeet van alles wat in jou verlede verkeerd gegaan het…  Vergeet van ALLES wat jou weerhou het om ‘n verhouding met God te hê…  Vergeet van al die “wat asse”…  En leef in geloof…  Laat God toe om wonderwerke in en deur jou lewe te verrig…  Sodat jou lewensstorie ‘n inspirasie kan wees vir die mense wat jou pad kruis…  God kan en wil jou gebruik – NES jy is…  Jy is al gekies vir Sy Koningkryk nog voordat jy gebore is…  Jou naam is in Sy handpalms gegraveer…  Leef elke dag SO dat wanneer jy jou laaste asem moet uitblaas, die wêreld jou sal onthou as iemand wat ‘n verskil gemaak het…

Blessings!


Anel**

Wednesday 15 January 2014

“When you are measuring life, you are not living it…” ~ Mitch Albom

Haloes! J

“When you are measuring life, you are not living it…” ~ Mitch Albom

Proverbs 16:9

The heart of man plans his way, but the Lord establishes his steps.

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you, declares the Lord, plans for welfare and not for evil, to give you a future and a hope…”

“Scars have the strange power to remind us that our past is real.” ― Cormac McCarthy

“The best things are never arrived at in haste. God is in no hurry; His plans are never rushed.”
― Michael Phillips

GROOT bome is vir my SOOO mooi…  Ek’t bietjie op die internet gaan soek vir prentjies, en het op ons Nasionale boom afgekom – die Geelhout boom, is 36,6m hoog en hierdie foto is in Tsitsikamma geneem (ek heg ‘n prentjie aan).  Het jy al gedink hoe raak ‘n boom so groot?  Verseker nie oornag nie!  Jy sal heel waarskynlik ‘n klein boompie plant…  Vir die boom om wortel te skiet, moet dit in die regte grond, en klimaat geplant word…  Vir ‘n boom om baie groot te raak, moet die wortels diep geanker wees in die grond – sodat dit nie met die eerste reën of storm-weer uit die grond geruk word deur die wind nie…  Die boom moet genoeg sonlig en water kry – die balans moet reg wees…

Al hierdie dinge is van toepassing op ons lewens…  Ons bereik nie oornag ons drome en ideale nie…  Ons is nie oornag die mense wat God ons bestem het om te wees nie… Dit neem tyd, harde werk, deursettingsvermoë en geduld…  Geduld om te wag vir GOD se tyd…  En die belangrikste is dat ons WORTELS geanker moet wees in God – dat die fondasie van ons geloof stewig is, sodat ons sal staande bly wanneer moeilike tye oor ons pad kom…  Dat ons op God sal fokus vir ons krag, kos, rus en dat ons God se liefde vir ons, sal LEEF…  Dat ons balans in ons lewens sal handhaaf – ten einde te voorkom dat ons lewens in verkeerde goed geanker word…  Wat bedoel ek hiermee??  Moenie in hierdie nuwe jaar moed opgee voordat daar tyd was vir God se plan om in jou lewe vorm aan te neem nie…  Moenie iets probeer “ryp druk” omdat jy nie langer kan wag nie – WAG…  God WEET wat Sy plan vir jou lewe is…  Moenie jou lewe “anker” in geld, of in jou werk, jou verhouding of vriende nie…  Maak God jou nommer 1!  Met Hom eerste, sal Hy die res van die dinge in plek laat val…  Hy is ‘n God wat soveel groter drome vir jou droom as wat jy ooit sal kan hoop of dink!  Moenie uitmis op alles wat Hy vir jou het, en waarmee Hy jou wil seën, deur jou lewe op die verkeerde dinge te basseer nie…  Die lewe is KORT!  Moenie uitmis op ongelooflike ervarings omdat jy net bestaan en nie werklik LEEF nie…  God wil ‘n LEWE vir jou hê!  Een wat VOL stories sal wees, sodat wanneer jy op die ouetehuis se stoep sit – jy mense sal kan betower, met alles wat jy saam met God beleef het in jou tyd op aarde…

Blessings vir jou!

Anel**



Tuesday 14 January 2014

“We all yearn for what we have lost, but sometimes we forget what we have…” ~ Mitch Albom

Haloes! J

“We all yearn for what we have lost, but sometimes we forget what we have…” ~ Mitch Albom

Romans 8:38

“I believe that the present suffering is nothing compared to the coming glory that is going to be revealed to us…”

Ecclesiastes 3:1-8

“For everything there is a season, and a time for every matter under heaven: a time to be born, and a time to die; a time to plant, and a time to pluck up what is planted; a time to kill, and a time to heal; a time to break down, and a time to build up; a time to weep, and a time to laugh; a time to mourn, and a time to dance; a time to cast away stones, and a time to gather stones together; a time to embrace, and a time to refrain from embracing…”

“Time is an equal opportunity employer. Each human being has exactly the samenumber  of hours and minutes every day. Rich people can't buy more hours. Scientists can't invent new minutes. And you can't save time to spend it on another day. Even so, time is amazingly fair and forgiving. No matter how much time you've wasted in the past, you still have an entire tomorrow.” ― Denis Waitley

Ek onthou toe ek baie klein was (4 / 5 jaar oud), het ek een nag ‘n verskriklike nagmerrie gehad…  Ek onthou hoe ek “wakker” geword het, en by my kamer se deur ‘n slang gesien het…  Ek’t toe weer my oë toegemaak, en toe ek weer “wakker” word het ek hom sien inseil by my kamer…  Weereens het ek my oë toegemaak, net om weer wakker te word en te sien hoe hy opgeklim het teen my bed en hoe hy vir my kyk en sy tongetjie sis…  Ek onthou hoe ek gegil het, hoe my ma en pa in my kamer ingehardloop het, my opgetel het en verseker het daar is niks in my kamer nie – dit was NET ‘n nagmerrie…  Ek kon hom egter steeds sien – alhoewel ek later my sonbril opgehad het teen die skerp lig…  Die uiteinde was dat my ma hulle my, by hulle laat inklim het, en toe ek veilig tussen hulle twee gelê het – kon ek droomloos verder slaap…  Die versekering wat ek gehad het, was dat hulle na my sou kyk – en sou sorg dat GEEN SLANG of enige iets wat my sou kon seermaak by my sou uitkom nie…

Hoekom vertel ek jou hierdie??  Omdat ons, as God se kinders partykeer vergeet dat Hy ALTYD vir ons daar is…  Nie net wanneer dinge sleg gaan nie – maar ook in die goeie tye…  Ons kan enige tyd van die dag of nag met Hom praat…  Ons kan bid, of tot Hom roep wanneer die nag ons dalk bang maak…  Om met Hom te praat, en om Sy hand te vat, is soos om jou bedlampie aan te sit wanneer dit stik-nag-donker is…  Daar sal ONMIDDELLIK lig wees! En Hy IS 24/7 met jou…  Hy sal jou nooit verlaat nie – jou NOOIT in die steek laat nie…  Miskien voel dit vir jou of die donker jou oorval het, nog voordat die jaar behoorlik begin het…  Miskien is Januarie BAIE lank, vanweë die feit dat jy al begin Desember salaris gekry het…  Miskien kan jy nie sien HOE jy Januarie gaan deurmaak nie…  Miskien het siekte by jou voordeur ingeloop, voordat jy nog kon dink oor jou drome of ideale vir 2014…  Miskien het jy geliefdes verloor oor die feestyd, en voel jy ‘n tasbare GAT in jou lewe – en weet jy nie hoe jy 2014 sonder hulle sal kan ingaan nie…  God se deur is ALTYD oop vir jou…  Hy is net ‘n gebed ver…  Hy sal jou dag en nag behoed en bewaar…  Hy sal jou dra wanneer jy nie verder kan stap nie, en Hy sal aan jou die krag gee om in ENIGE situasie staande te bly – wanneer jou geloof geanker is in Hom…  God het jou ONEINDIG baie lief!  WEET dit, LEEF dit, en GLO dit elke oomblik van 2014 :)

Blessings!  

Anel**


Monday 13 January 2014

“It is never too late or too soon… It is when it is supposed to be…” ~ Mitch Albom

Haloes! J

“It is never too late or too soon…  It is when it is supposed to be…” ~ Mitch Albom

WEES LIG!

Jesaja 60:1-5

“Staan op en kyk…  Daar’s lig op die horison…  Kyk die dag breek…  Die nag is verby! Die lig is anders want God is teenwoordig…  Kyk weer…  God se lig skyn oor die wêreld…  Hy gee ons die lig wat ander nasies na ons toe trek…  Hy sluit met ons ‘n verbond: Sy lig bring vir ons oorvloed…”

Philippians 2:14-15

“Do all things without grumbling or questioning, that you may be blameless and innocent, children of God without blemish in the midst of a crooked and twisted generation, among whom you shine as lights in the world…”

“For what it’s worth: it’s never too late or, in my case, too early to be whoever you want to be. There’s no time limit, stop whenever you want. You can change or stay the same, there are no rules to this thing. We can make the best or the worst of it. I hope you make the best of it. And I hope you see things that startle you. I hope you feel things you never felt before. I hope you meet people with a different point of view. I hope you live a life you’re proud of. If you find that you’re not, I hope you have the courage to start all over again.” ― Eric Roth

‘n Nuwe jaar is soos ‘n nuwe hoofstuk, of ‘n nuwe boek wat begin word…  Daar is soveel opwinding, onsekerheid, maar die meeste van alles - HOOP…  Hoop dat die jaar ‘n beter een as die vorige een sal wees…  Hoop dat deure van geleentheid in jou lewe sal oopgaan – dat God se seën volkome oor jou lewe uitgestort sal word…  Hoop dat liefde die basis van jou jaar sal vorm…  In die fliek “New Years Eve” maak die een ou ‘n toespraak by ‘n nuwejaars partytjie…  In dit vertel hy die mense van die dinamiese man wat sy pa was…  Sy pa sou altyd vra – “What would you do if you knew you could not fail?” As jy dit identifiseer het, sou sy antwoord op die vraag dan altyd wees – “Now go out and do it…”

Dit is wat ek vandag vir jou ook wil sê…  Maak 2014 ‘n jaar van “NO REGRETS”…  Moenie toelaat dat mense negatiewe gedagtes oor jou lewe spreek nie…  Jy is tot ENIGE iets in staat deur God wat jou die krag gee…  Hy sal deure vir jou oopmaak wat geen mens kan toemaak nie…  Jy moet net die MOED hê om jou drome, ideale en hoop na te jaag…  As jy nog nie ‘n “bucket list” (dinge wat jy wil doen / bereik in 2014) het nie – maak sommer nou ene…  Ek bêre altyd myne en gaan dan weer deur dit aan die einde van die jaar…  Dis ongelooflik hoe mens vergeet wat jy neerskryf, maar dat jy sommige van die dinge dan tog doen J  Miskien het 2013 nie uitgedraai soos jy gehoop het nie…  Miskien is daar dinge waarvoor jy gebid het, waarvoor die deurbrake net nie kom nie…  Wees verseker vandag – God is ALTYD betyds…  Hy SAL sorg vir uitkoms…  Hy sal oplossings bring vir die probleme wat jy face, en Hy sal dinge ten goede laat meewerk – vir JOU wat volgens Sy besluit geroep is (Romeine 8:28)… Moenie toelaat dat jou gedagtes jou beperk om die lewe te kan leef wat God vir jou bestem het nie…  Soos die aanhaling van Eric Roth hierbo sê – “It is never too early or late to be what you want to be…”  Wat hou jou terug?  Waarvoor is jy bang?  2014 is die jaar van “NO REGRETS” en LIG WEES vir die donker wêreld waarin ons leef…  Ek wil afsluit deur jou te herinner aan die aanhaling van Mark Twain – "Twenty years from now you will be more disappointed by the things that you didn't do than by the ones you did do. So throw off the bowlines. Sail away from the safe harbor. Catch the trade winds in your sails. Explore. Dream. Discover."  Moenie kanse onbenut by jou laat verbygaan in hierdie jaar nie…  Waag meer…  Laat liefde wen – deur ‘n lewe van liefde te leef…  Wees vriendelik, en wees ‘n vriend op wie ander kan staatmaak…  Laat toe dat God jou gebruik vir Sy Koningkryk…  Wees die verandering wat jy in die wêreld wil sien…  God het GROOT planne vir jou vir 2014!  Vat Sy hand en moenie vir ‘n oomblik bang wees nie – wees reg vir AVONTUUR J

Blessings!


Anelli**

Sunday 12 January 2014

“The future starts today, not tomorrow.” ― Pope John Paul II

Haloes! J
                                 
“The future starts today, not tomorrow.” ― Pope John Paul II

Ek hoop ‘n ieder en elk van julle het ‘n heerlike en baie geseënde Feesseisoen gehad!  Ek het oor en oor hierdie vakansie die boodskap gekry dat ons LIG moet wees en leef…  Mense moet sommer hulle sonbrille wil aansit wanneer hulle na jou kyk, soos wat jy skyn vir die Koninkryk…  So my hooftema vir die jaar, al lyk dit rondom jou HOE donker – wil ek jou uitdaag om jou liggie te laat SKYN, dat jy God sal toelaat om deur jou GROOT wonderwerke in Sy naam te doen…  Die Here weet wat Hy vir jou beplan in 2014…  VERTROU HOM!  Ek het ‘n dagbeplanner as geskenk ontvang van my ma, en agterin die dagbeplanner was daar SO ‘n treffende boodskap vir nuwe jaar, dat ek dit graag met julle wil deel!  Dis DIE dat die gedagteki vandag met ‘n bietjie van ‘n “twist” aan jou gebring word J  Mag dit vir elkeen van julle ‘n bietjie motiveer vir die nuwe jaar wat voor jou lê…

‘n Jaar van vaste voornemens… ~ Dagboek uitgegee deur CUM

STAP 1: Verhouding

Bevestig opnuut jou verhouding met God…

“Leer my U weë, Here, sodat ek in U waarheid kan wandel…  Gee my onverdeelde trou om so U naam te kan dien…” ~ Psalm 86:11

“Teach me your way, Lord, that I may rely on your faithfulness; give me an undivided heart, that I may fear your name…” ~ Psalm 86:11

STAP 2: Verlede

Kyk terug op die jaar wat verby is en vra God om jou te wys waar jy deur swakheid en sonde verhoed is om geestelik te groei…

“Deursoek my, o God, en ken my hart, toets my en ken my onrustige gemoed…  Kyk of daar ‘n sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad… ~ Psalm 139:23-24

“Search me, God, and know my heart; test me and know my anxious thoughts. See if there is any offensive way in me, and lead me in the way everlasting…” ~ Psalm 139:23-24

STAP 3: Vergifnis

“Bely jou sondes en vra God om jou te vergewe…”

“As ons, ons sondes bely, God is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe  en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is…” ~ 1 Johannes 1:9

“If we confess our sins, he is faithful and just and will forgive us our sins and purify us from all unrighteousness…” ~ 1 John 1:9

STAP 4: Versterk

Vra God om jou te versterk en om vir jou ‘n nuwe visie te gee vir die jaar wat voorlê…

“Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here…  Ek beplan voorspoed vir julle, nie teenspoed nie…  Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê…” ~ Jeremia 29:11

“For I know the plans I have for you,” declares the Lord, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future…” ~ Jeremiah 29:11

STAP 5: Vernuwe

Vra God om jou te help om jou lewe te sien, soos Hy dit sien…  Wy dan opnuut jou lewe aan Sy plan vir jou lewe…

“Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deur julle denkpatrone te vernuwe…  Dan sal julle goed kan onderskei wat Hy wil hê julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed, aanneemlik en volmaak is…” ~ Romeine 12:2

“Do not conform to the pattern of this world, but be transformed by the renewing of your mind. Then you will be able to test and approve what God’s will is—his good, pleasing and perfect will…” ~ Romans 12:2

STAP 6: Voorneme

“Maak ‘n vaste voorneme om getrou te wees aan God se wil vir jou lewe…  Maak Sy naam GROOT, in alles wat Hy in gebed aan jou openbaar…”

“Ek jaag wenpaal toe, na die Hemelse Prys, wat God deur Christus Jesus aan my gee…” ~ Fillipense 3:14

“I press on toward the goal to win the prize for which God has called me heavenward in Christ Jesus…” ~ Philippians 3:14

STAP 7: Versekering

“Skryf alles neer wat God in gebed aan jou openbaar…  Kyk gereeld daarna en onthou dan dat dit is net deur Sy genade wat jy in Hom kan groei…”

“Kom ons gaan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God…  Hy sal aan ons Sy ontferming en genade bewys, sodat ons op die regte tyd gehelp sal word…” ~ Hebreërs 4:16

“Let us then approach God’s throne of grace with confidence, so that we may receive mercy and find grace to help us in our time of need…” ~ Hebrews 4:16

Mag jou dag SUPER geseend wees!

Blessings vir jou!


Anel*