Wednesday 31 July 2013

“Don’t be so quick to claim your limitations when you’ve never truly tested them.” – Kevin Ngo

Haloes! J

“Don’t be so quick to claim your limitations when you’ve never truly tested them.” – Kevin Ngo

Exodus 33:14

"My presence will go with you and give you rest..."

Isaiah 40:31

"Those who wait on the Lord will renew their strength... They shall mount up with wings like eagles, they shall run and not be weary, they shall walk and not be faint..."

“One of the most tragic things I know about human nature is that all of us tend to put off living. We are all dreaming of some magical rose garden over the horizon instead of enjoying the roses blooming outside our windows today.” - Dale Carnegie

“To accomplish great things we must not only act, but also dream, not only plan, but also believe.”- Anatole France

“Kan nie is lankal dood van kruiwa stoot…” en “Probeer is die beste geweer…”  Onthou jy daardie gesegdes??  Ek onthou toe ek klein was, was dit een van die eerste lesse wat my ma my geleer het…  As jy probeer, het jy ‘n KANS op sukses…   Ek weet nie wie van julle hou van visvang nie?  Die enigste moontlike manier om ‘n vis te kan vang, sal wees om ‘n lyn met aas aan in die water te hê…  Die feit dat jy ‘n visstok het, gaan niks help as jy dit nie in die water sit nie…  ‘n Baba is vir my ‘n baie goeie voorbeeld van hierdie aanhaling van Kevin Ngo…  ‘n Baba leer om te praat, kruip en loop, soos wat die tyd aangaan…  Daar is geen limiete wat in sy verwysingsraamwerk is, van dat hy dit moontlik nie gaan kan doen nie…  Dis net iets wat moet gebeur, en deur God se genade, leer ‘n baba om te kan praat en te kan kruip, staan en loop…  Toe ek verlede jaar my enkel gebreuk het, was ek vir amper 12 weke op krukke…  Ek mag glad nie my een voet gebruik het nie…  Toe ek deur die physio aangesê is om weer druk op die voet te begin sit, en stelselmatig die krukke weg te gooi, was dit vir my regtig moeilik om weer te leer loop…  My denke en hoe ek my ingestel het my gehelp om sommer vinnig weer op die been te wees…   

Ek het ‘n “preaching” van Eric Thomas geluister waarin hy sê – “If you want to succeed, as badly as you want to breathe, then you will be successful…”  Die wil om suksesvol te wees, moet so groot word, dat die woord “limiete” nie eens in jou woordeskat bestaan nie…  As jy moet kyk waar jy was toe jy ‘n baba was, en waar jy jouself tans bevind – alles wat jy al bereik het en die mens wat jy is, is as gevolg van die feit dat jy jouself toegelaat het om te groei…  Deur dinge te ervaar, uitdagings baas te raak, lief te hê, seer te kry, hard te werk, dalk lewensveranderende omstandighede deurgemaak – al hierdie dinge het gebou aan jou om die mens te raak wat God jou bestem het om te wees…  Moenie bang wees vir verandering, of om nuwe dinge te ervaar nie…  Moenie vaskyk aan limiete wat jy op jouself gestel het nie…  Verbreed jou horisonne deur te probeer…  As iemand jou dalk vra om ‘n koek te bak – en jy’t geen idee om dit te doen nie – vra jouself af – wat kan ek doen om hierdie reg te kry?  Ek kan ‘n resep gaan soek, en PROBEER…  Of iemand vra om my te help...  God is ook met jou – met elke liewe iets wat jy aanpak…  EN Hy ken GEEN limiete nie…  HY is in staat om soveel meer te doen as wat jy kan hoop of dink…  Jesus het op die 3e dag opgestaan uit die DOOD uit – daar is werklik NIKS wat vir Hom onmoontlik is nie…

Blessings!
 
anel*

 

Tuesday 30 July 2013

“When everything seems to be going against you, remember that the airplane takes off against the wind, not with it…” – Henry Ford


Haloes! :)

“When everything seems to be going against you, remember that the airplane takes off against the wind, not with it…” – Henry Ford

1 Corinthians 13:13

"Three things last forever - faith, hope and love, and the greatest of these is love..."

Matthew 11:28

"Jesus said, come to me all of you who are weary and carry heavy burdens, and I will give you rest.."

“You can never cross the ocean until you have the courage to lose sight of the shore..”. – Christopher Columbus

“You can’t fall if you don’t climb.  But there’s no joy in living your whole life on the ground...” – Unknown

As mens op ‘n staptog gaan, het jy sekere goed nodig om seker te maak dat jy die volle roete kan aflê…  Die eerste is, die regte klere…  Jy sal nie met ‘n rok en hoë hak skoene of met ‘n suit en das, Leeukop kan uitklim nie…  Jyt gemaklike stapklere en stapskoene nodig…  Verder sal jy moet sorg vir sonskerm en genoeg water…  Op ‘n warm dag, is dit nodig om kort, kort water te drink, om te verhoed dat jy nie op die ou end aan hitte-uitputting ly nie…  Energie-ryke “snacks”, wat jy kan eet wanneer jy ‘n ruskansie vat, om seker te maak dat jy heelpad genoeg energie sal hê…  Hierdie onbekende aanhaling is vir my SO cool!  Ek wil die bietjie anders struktureer - Jy kan nie val, as jy nie klim nie – maar wat is die pret daarin om jou hele lewe “veilig” te speel en gestrand te wees op een plek??

Ons hou daarvan om “veilig te speel”…  Om ons lewe in ‘n boksie te plaas, en dan nie buite die lyne van daardie boksie te beweeg nie…  Die “boksie” hou ons baie keer gestrand op een plek – binne in ons comfort zone…  Ons vat nie kanse nie, so daar is geen risiko wat ons loop om moontlik te kan seerkry nie…  Dis partykeer soos om jou stapklere aan te hê, jou sak te pak met alles wat jy benodig, maar dan net nie daardie tree wil gee om te begin loop nie… Of die teendeel is ook soms waar…  Ons wil gaan “stap” (lewe), maar ons wil dit doen sonder die dinge wat ons so broodnodig het, om dit te kan oorleef – nl ons water en snacks (God se woord en gebed)…  Ons probeer op ons eie, om die wêreld se probleme te probeer oplos…  Om al ons bekommernisse, vrese, pyn, harsteer, finansiële moeilikheid, siekte, of enige ander curveball wat oor ons pad kom, op ons eie te hanteer, uit te sorteer of op te los…  Ons vergeet baie keer dat God saam met ons stap…  En soos Hy belowe het in Sy woord, dat Hy ons sal dra, daar waar ons fisies nie meer die kapasiteit het om te kan stap nie…  “You do not serve the world by playing small” – Marianne Williamson…  Die beste deel, van byvoorbeeld – Leeukop uitstap, is wanneer jy die bo-punt van dit bereik en jy geseën word met die uitsig van Kampsbaai aan die een kant, en Kaapstad se liggies (in die aand) aan die anderkant…  If you do not dare to dream, dare to live, you will be stranded in one place…  You will not be able to receive all that God has in store for you…  Moenie bang wees om te waag nie…  Dis hoe mens voluit leef…  Partykeer moet mens net oë toeknyp, God vertrou en ‘n leap of faith neem…  God WEET wat Hy vir jou beplan, en Hy sal vir jou sorg…  Sy engele sal jou bewaar dat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie…

Blessings!

Anelli**

Monday 29 July 2013

“The accident is your training. Life is choice. You can choose to be a victim or anything else you’d like to be.” — Socrates


Haloes! J

“The accident is your training. Life is choice. You can choose to be a victim or anything else you’d like to be.” — Socrates

Romans 15:3

"May the God of hope, fill you with all joy and peace in believing, so that by the power of the Holy Spirit, you may abound in hope..."

Hebrews 10:23

"Let us hold fast, the confession of our hope without wavering, for He who promised is faithful..."

“If you always put limits on everything you do, physical or anything else, it will spread into your work and into your life…  There are no limits…  There are only plateaus, and you must not stay there, you must go beyond them…” - Bruce Lee

“I don’t want excuses. I know what you’re up against. We’re all of us up against something. So you better make up your mind, because until you have the balls to look me straight in the eye and tell me this is all you deserve, I am not letting you fail. Even if that means coming to your house every night until you finish the work. I see who you are. Do you understand me? I can see you. And you are not failing.” – Erin Gruwell

Dis altyd makliker om die potensiaal en goeie dinge in ander mense raak te sien…  In jou eie lewe, is mens geneig om slegs berge van moeilikheid, of al die “boundaries” wat jou inperk raak te sien…  Mens is ook meer geneig om meer in ander te glo, as wat jy in jouself sal glo…  Bruce Lee se aanhaling slaan vandag weereens die spyker op die kop…  Die limiete wat jy plaas op jouself (dalk in jou gedagtes), het ‘n manier om deur te syfer na jou werk, skoolwerk, verhoudings, vriendskappe of sommer net oor hoe jy dink oor jou lewe…  Mens begin dalk dinge vanselfsprekend aanvaar… 

Die lewe het ‘n manier om nie altyd uit te werk soos mens beplan nie…  Mens besef gewoonlik eers die waarde van iets wanneer jy dit nie meer het nie…  Miskien is jy dalk sielsongelukkig by jou werk op die oomblik…  Miskien is jy so negatief dat jy al voor jy begin werk alklaar die geveg verloor het…  Se vanoggend vir God dankie dat jy wel ‘n werk het, dat jy ‘n inkomste het – al is die omstandighede nie altyd soos jy dit sou wou hê nie…  Bid dat God jou hart sal verander, en daardeur jou omstandighede sal verbeter…  Miskien is jou verhouding met jou lewensmaat dalk op onsekere waters… Miskien het julle so lanklaas gesels dat julle eintlik besig om weg te groei van mekaar…  Begin die positiewe dinge van julle verhouding onthou…  Toe julle ontmoet het, die dinge wat julle aangetrek het tot mekaar…  Bou mekaar op – in plaas van om net die negatiewe in mekaar raak te sien – maak ‘n lys van al die positiewe dinge…  Dieselfde met jou familie en vriende – sê vir hulle dat hulle baie vir jou beteken, en sê wat jy moet sê terwyl jy die kans het…  Miskien is jou lewensuitkyk so negatief vanwee die feit dat jy of geliefdes getref is deur siekte…  Miskien het dokters geen hoop meer nie, en het jy ook al in die proses moed opgegee…  Daar waar God is, is GEEN iets onmoontlik nie…  Hy kan ‘n deur maak, waar daar net mure is…  Bid, en glo en spreek lewe in jou lewe…  Miskien is jou lewe onseker op die oomblik vanwee 'n sameloop van gebeure...  Miskien lyk dit vir jou of daar geen uitkoms gaan kom nie - of dat jy net doodloopstrate sien...  Miskien weet jy nie waar om te begin om weer sin te maak van jou lewe nie...  Begin deur te bid...  God antwoord gebede...  God is 24/7 beskikbaar, en Hy sal WERKLIK luister...  Nie soos mense wat dalk "maak" of hulle luister, maar nie eintlik 'n woord hoor wat jy se nie...  Begin deur positief te dink… Because…  Your beliefs become your thoughts, Your thoughts become your words, Your words become your actions, Your actions become your habits, Your habits become your values, Your values become your destiny… ― Mahatma Gandhi

Blessings!

Anelli**

Sunday 28 July 2013

"Sometimes the only blessing you need to count, is your heartbeat..." - Unknown

Haloes! ;)
 
"Sometimes the only blessing you need to count, is your heartbeat..." - Unknown
 
Numbers 6:24-26
 
"The Lord bless you and keep you; the Lord make his face shine on you
and be gracious to you; the Lord turn his face toward you and give you peace.”
 
Psalm 91:11
 
"For He shall give His angels charge over you, to keep you in all your ways..."
 
"What seems to us as bitter trials, are often blessings in disguise..." - Oscar Wilde
 
"Count your blessings, not your worries..." - Unknown
 
Ek het 'n stuk in John Haggee se boek (The Power of the Prophetic blessing) gelees oor Numeri 6:24-26... Dit verduidelik die stukkie vir my baie mooi... Eerste iets om te onthou - Jy is gebore om deur God geseen te word... Dis iets wat jy moet glo en iets wat jy moet spreek!  Positief praat, is een van die belangrikste dinge om positief te kan dink en die lewe, positief aan te pak...  Wanneer ons Numeri 6:24-26 opbreek in stukkies, kry ons die volgende beloftes:
 
Verse 24, deel 1 - The Lord bless you ... Dit beteken dat ons God se onbeperkte guns op ons lewens het... Dit sluit in - fisiese, emosionele asook materiele oorvloed...
Verse 24, deel 2 - keep you... God sal nie net Sy onbeperkte seen oor jou lewe uitstort nie, Hy sal jou, sowel as die seen wat Hy reeds oor jou lewe uitgestort het,asook dit waarmee Hy jou nog SAL seen BEWAAR...
Verse 25 - the Lord make His face shine upon you and be gracious to you... Dit is 'n belofte van geestelike groei in God... Om in die teenwoordigheid van Jesus te wees, en Hom op 'n persoonlike vlak te leerken...
Verse 26 - the Lord lift up His countenance upon you and give you peace... Dit is 'n belofte van God se vrede wat Hy aan jou sal gee, wanneer iets volgens Sy wil vir jou lewe is...
 
Die belangrikste om te onthou is dat God niks oor ons pad sal stuur wat te groot sal wees om te hanteer nie... En enige seen wat oor jou pad kom, is eers volbring of voltooid wanneer jy rustigheid, saam met daardie seen ervaar... Miskien is jy besig om te bid vir God se wil in jou lewe, maar jy weet dalk nie wat dit op hierdie stadium vir jou is nie... Daar is drie dinge wat ons kan doen - bid, meet dit teen God se woord, en daarmee saam al God jou kom vul met absolute rustigheid - wanneer die dinge volgens Sy plan en wil geskied...  Wanneer jy dalk met onrustigheid in jou binneste sit - bid - God sal jou wys watter besluit gemaak moet word, of watter rigting jy moet inslaan...  God is groter as jou week wat voorle... God is groter as die pyn, seer, siekte, hartseer, verbrokkelde verhoudings of moeilike tye wat jy tans ervaar... Jesus sal sorg...  Gee dit in Sy vaderhand, en bid vir Sy seen in jou lewe...  Jesus gee daagliks aan ons 86,400 sekondes (stukkies ...genade) om te sorg dat ons LEWE...  Maak die meeste van elke geleentheid, van elke spesiale oomblik...  Jesus stap saam met jou
 
Ek bid vandag Numeri 6:24-26 oor jou lewe toe! Mag jy God se onbeperkte seen in jou lewe ervaar - vandag, maar ook elke dag vir die res van jou lewe!!
 
Blessings!
 
Anel**

 

Thursday 25 July 2013

"Do one thing every day that scares you..." - Eleanor Roosevelt

Haloes! :)
 
"Do one thing every day that scares you..." - Eleanor Roosevelt
 
Psalm 55:22
 
"Give your burdens to the Lord, and He will take care of you... He will not permit the godly to slip and fall..."
 
Isaiah 41:13
 
"I am the Lord, your God, who takes hold of your right hand and says to you, Do not fear, I will help you..."
 
"There is only one thing that makes a dream impossible to achieve; the fear of failure..." - Paulo Coelho
 
"I have learned that courage was not the absence of of fear, but the triumph over it... The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear..." - Nelson Mandela
 
Ek glo dat daar elke dag dinge is wat jou bangmaak... Nie noodwendig dinge wat jou affekteer nie, maar dinge waaraan jou familie daagliks blootgestel word... Iets waaraan elkeen van ons blootgestel word, is veiligheid... Dit is nie wat ek bedoel met die onderwerp van vandag nie... Wat ek bedoel, is dat jy dinge moet aanpak wat jou "challenge"... Deurdat jy dinge aanpak wat jou challenge, laat jy jouself toe om te groei...
 
Mens het vriende of geliefdes in jou lewe ook nodig wat jou positief challenge... Iemand wat saam met jou sal bid vir deurbrake, iemand wat vir jou sal daar wees wanneer mislukking dalk aan die orde van die dag is, (onthou - Rome is nie in 'n dag gebou nie - goeie goed vat tyd!) God is iemand wat altyd jou "back" het... Ekt nou die dag gehoor hoe iemand se - Hy sal nooit jou bespreking uit sy dagboek verwyder nie... Jy hoef ook nie aan te hou vir die 1500 bellers voor jou nie - Hy is onmiddellik beskikbaar... Elke oomblik van elke dag... Een van my gunsteling vrae is - wanneer laas het jy iets vir die eerste keer gedoen? Ons raak so baie keer in die "gewoonte" van leef van naweek tot naweek, of gebeurtenis tot gebeurtenis, dat ons vergeet om werklik te lewe en nie net in auto-pilot te leef nie... Jesus wil groot goed in jou lewe en deur jou lewe doen... Vat Sy hand en neem die leap of faith - Hy sal jou wys die pad wat Hy vir jou uitgesit het... Hy sal jou nie 'n oomblik alleen laat nie...
 
Blessings!
 
Anel

Wednesday 24 July 2013

"Experience is not what happens to you; it's what you do with it what happens to you..." - Aldous Huxley

Haloes!
 
"Experience is not what happens to you; it's what you do with it what happens to you..." - Aldous Huxley
 
James 1:5
 
'If you need wisdom, ask our generous God and He will give it to you... He will not rebuke you for asking...'
 
Ephesians 1:18-19
 
"I pray also that the eyes of your heart may be enlightened in order that you may know the hope to which He has called you, and His incomparably great power for us who believe... That power is like the working of His mighty strength..."
 
"Do not go where the path may lead, go instead where there is no path and leave a trial..." - Ralph Waldo Emerson
 
"We are what our thoughts have made us, so take care about what you think... Words are secondary... Thoughts live; they travel far..." - Swami Vivekananda
 
Ek onthou toe ek op skool was, was ons op 'n kamp waar ons in spanne opgedeel was en waar ons hindernisse moes afle in die donker... Jyt met jou flits, met behulp van 'n kaart en deur middel van spanwerk dan hopelik die eindpunt bereik... Wat belangrik is in so 'n geval of uitdaging, dat een persoon moet leiding neem en dat die span dan sal saamwerk om die eindpunt maklik en suksesvol te bereik... Ek onthou dat ons 'n verkeerde afdraai gevat het, en deur baie ongelyke stukke grond, deur bosse, op smal rante ens geloop het... Maar ons het dit as 'n span gedoen en alhoewel ons nie die voorgeskrewe roete gevolg het nie, was dit iets wat ek vir die res van my lewe sal onthou...
 
Met die lewe is dit baie keer soos hierdie scenario... Toe daar bosse was waar daar eintlik pad moes wees, het ons as span geweet dat dit nie die roete kon wees wat vir ons uitgesit was om te stap nie... Maar ons het 'n verkeerde afdraai gevat en om terug te kon kom op die uitgestippelde pad, moes ons deur bosse en ongelykte stukke grond loop om terug te kon kom op die pad wat vir ons op die kaart uitgesit was... Somtyds hou ons op om te bid, en is ons nie ingestel op God se stem of God se wil vir ons lewe nie... Ons probeer om die lewe met sy uitdagings op ons eie aandurf, en wanneer ons dan later net doodloopstrate sien, besef ons weer dat ons 'n verkeerde afdraai gevat het, of dat ons die dinge op ons eie probeer doen het... Jesus laat ons nooit uit Sy sigveld verdwyn nie... Al hoor ons Hom nie duidelik nie,beteken dit nie dat Hy ie daar is nie... Hy is steeds net 'n gebed ver... Hy sal Sy hand van bewaring oor jou hou - waar jy ookal stap... En Hy is meer as bereidwillig om jou te help met die uitdagings wat die lewe jou kant toe laat kom... Hy en Sy woord sal ook jou kompas wees as jy dalk iewers jou pad verloor het... Al voel dit ook onmoontlik - God is groter... Hy sal sorg...
 
Mag God jou die pad wys wat Hy vir jou uitgesit het... Een vol blessing en een vol van Sy liefde en wonderwerke vir jou lewe...
 
Blessings!
 
Anel**

Tuesday 23 July 2013

"Great work is done by people who are not afraid to be great..." - Fernando Flores

Haloes! :)
 
"Great work is done by people who are not afraid to be great..." - Fernando Flores
 
2 Samuel 22:33-34
 
"God is my strength and my power and He makes my way perfect... He makes my feet like the feet of a deer and sets me on high places..."
 
Philippians 4:19-20
 
"God shall supply your every need according to His riches in glory by Christ Jesus... Now to the God and Father be glory forever and ever... Amen"
 
"Without fear there cannot be courage..." - Christopher Paolini
 
"Do the thing you fear and death of fear is certain..." - Ralph Waldo Emerson
 
As jy iets het wat jy moet doen, wat vir jou regtig moeilik is - doen jy dit dadelik om dit oor te kry of stel jy dit uit - as 'n takie wat maar eerder op 'n later stadium aangepak moet word? Ek dink meeste mense kies opsie nommer 2... Ons hou nie gewoonlik van dinge wat moeilik is, of dinge wat ons bietjie buite ons comfortzone druk nie... Deur iets wat alreeds as moeilik geklassifiseer is, dan nog uit te stel, veroorsaak net dat dit eintlik in die proses nog moeiliker word...
 
Die teenoorgestelde is ook waar - as jy daardie "iets" aanpak wat vir jou so moeilik is, en jy kry dit reg - dink ek nie daar is 'n beter gevoel as daardie oorwinning wat jy voel op daardie oomblik nie... Om te kan weet dat jy werklik tot ENIGE iets in staat is deur Hom wat jou die krag gee (Fillipense 4:13)... Ons FEAR is iets wat ons baie keer so verblind, die vrees dat ons gaan faal, dat ons nie die regte woorde sal he nie, die vrees dat ons iemand sal teleurstel, of dat ons dalk nie "genoeg" sal kan wees nie - is baie keer baie groter as die uitdaging self! Maak nie saak watter uitdagings jy vandag moet FAcE nie - die Heilige Gees is by jou... Hy sal soos Psalm 91 se - Hy sal Sy engele opdrag gee om jou te bewaar waar jy ook al gaan - sodat jy jou voet nie teen 'n klip sal stamp nie... Pak daardie bul sommer by die horings en Face your fears by living your dreams! Die lewe is kort!! Maak seker dat jy die meeste daarvan maak! Leef dit!
 
Blessings!
 
Anel**

Monday 22 July 2013

"I seldom end up where I wanted to go, but almost always end up where I need to go..." - Douglas Adams

Haloes! :)
 
"I seldom end up where I wanted to go, but almost always end up where I need to go..." - Douglas Adams
 
Matthew 6:8
 
"Your father knows the things you have need for, before you ask Him..."
 
Psalm 37:4
 
"Take delight in the Lord, and He will give you the desires of your heart.."
 
"You can't always get what you want, but if you try sometimes, you might find what you need..." - Mick Jagger
 
"Work like you don't need the money... Love like you have never been hurt... Dance like nobody is watching..." - Satchel Paige
 
Wanneer 'n vrou winkel toe gaan, het jy gewoonlik 'n lysie goed in jou kop wat gekoop moet word... Maar somtyds gebeur dit dat wanneer jy in die winkel is, jy soveel ander dinge sien wat nodig is, dat jy op die ou end met 'n winkeltrollie, in plaas van 'n mandjie daar uitstap... Mans is baie keer, meer doelgerig, stap in, vat die artikel en stap uit... In die geval van die vrou, eindig ons dus nie altyd op waar ons beplan het om te wees nie, maar ons het groot fun in die proses om daar uit te kom...
 
Mens kan baie keer spesifieke planne vir jou lewe he... Sekere dinge wat teen 'n sekere ouderdom bereik moet word, en wanneer jy die drome waar maak - dan sal jy as suksesvol geag word... Alles mensgemaakte standaarde... God kyk met ander oe na mense en na die lewe as wat ons daarna kyk... God weet ook wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het... Selfs al dink jy, jy weet wat op hierdie stadium van jou lewe vir jou sal goed wees - jy kan net een dag ver sien in jou toekoms... God weet reeds watter keuses of uitdagings voor jou deur gaan le, 10 jaar van vandag af... Laat dit in Jesus se hande... Bly geduldig... God sal jou nie teleurstel nie... Dinge sal in plek val voor jy jou oe uitvee, en wanneer jy wag vir God se tyd, sal die lewe soveel meer blessed wees as wat jy ooit sal kan hoop, droom of dink... Dit waarmee jy worstel, dit waaroor jy droom en dit waarvoor jy hoop - sit dit in Jesus se hande... Hy is baie beter daarmee as ons...
 
Blessings!
 
Anel**

Sunday 21 July 2013

God has a great plan for your life... He is directing your steps... In His perfect timing, everything will turn out right... - Anonymous

Haloes! :)
 
God has a great plan for your life... He is directing your steps... In His perfect timing, everything will turn out right... - Anonymous
 
Psalm 32:8
 
'I will guide you and teach you the way you should go; I will guide you with my eye...'
 
Isaiah 30:21
 
'Right behind you a voice will say, "this is the way you should go...'
 
"Disappointments that we experience give substance and integrity to life... They give us that direction to yearn and seek self fulfillment and worth... Whenever you fail, never stop in the pursuit for wellness and well-being... For as long as you have faith, you'll grow and be living and loving with more wisdom and spirituality... It was never s failure after all..." - Ritu Ghatourney

"Whenever you do not understand whats happening in your life,just close your eyes, take a deep breath and say, God, I know it is your plan, just help me through it..." - Pumpkinhead Abhishek quotes

Ek dink aan die begin van 'n nuwe jaar is mens vol verwagting van dit wat voorle... 365 nuwe dae vol moontlikheid... Nuwe geleenthede, nuwe hoop, 'n nuwe hoofstuk in jou lewensverhaal wat wag om geskryf te word... Mens het gewoonlik ook 'n paar dae vakansie voor die nuwe jaar aanbreek, wat jou geleentheid gee om jou battery te laai... Die battery laai deel dink ek is wat die integrale deel speel om jou weer positief in te stel op die nuwe tydperk wat voorle... Wanneer mens uitgerus is, het jy gewoonlik lus vir die lewe, hoop vir die toekoms en krag om dit alles aan te pak...
 
Wanneer die jaar dan begin - met 'n 'bang' gewoonlik - lang dae, met te veel werk, moeilike tye in jou verhoudings, vriendskappe of huwelik, finansiele probleme of siekte wat ongesiens hul opwagting maak, word dit dan baie, baie moeilik om positief te bly en jou drome vir die jaar na te jaag... Mens raak moeg, getap en moedeloos... Miskien is dit jy vandag... Miskien het 2013 sover totaal en al anders uitgedraai as wat jy gehoop het... Miskien bevraagteken of verstaan jy dalk glad nie God se plan vir jou lewe op hierdie oomblik nie... God belowe in Sy woord dat Hy jou die pad sal wys wat jy moet stap... Die twee tekste hierbo bevestig dit... Proverbs 16:9 se ook- 'we can make our plans,but the Lord determines our steps...' Weet dat al verstaan jy dalk nie hoekom jy tans is waar jy jouself bevind nie - God weet... Weet ook dat Hy jou nooit iets sal gee wat groter is as wat jy kan hanteer nie... Hy sal jou help... Die jaar is nog lank nie verby nie en elke dag wat aan jou geskenk word, is 'n geleentheid om 'n verskil te maak, om jou drome waar te maak en om die mense waarmee jy gebless is lief te he en te waardeer... Laat Jesus toe om jou hand te vat - Hy sal sorg vir die res van 2013...
 
Blessings!
 
Anel**

Friday 19 July 2013

gebedsversoeke

Hi julle almal...
Ekt nounet terugvoer gekry oor my vriendin. Sy moet dadelik begin met 10 bestralings van die rug en daarna 12 chemos van die lewer. Kom ons bid asseblief saam vir haar, en haar gesin vir krag, hoop en moed om hierdie ding te veg!!
Ekt ook 'n ander gebedsversoek ontvang wat ek vertrou julle sal saambid voor:
Kobus en Riekie Willemse in gebed opdra. Hul seun Rayno is velede Sondagoggend (07/07/2013 om 6:10) in ‘n motorongeluk oorlede. Rayno se sussie is die jaar in graad 12 (Montana Hoërskool in Worceser) – sy kry bitter swaar en het baie vrae.-een vraag wat ek nie kon beantwoord nie is: “Tannie Nandie, God het sy Seun vir ons gegee, maar Hy het my broer gevat…...?” Hy was 24 jaar oud. Die ander voertuig se bestuurder is ook opslag dood. Sy naam was Jacques van der Walt (34 jaar) – pappa van 3 kinders…
Hoop julle sal 'n baie geseende naweek he!!
blessings!
anelli**

Thursday 18 July 2013

“Life is like a roller coaster. It has its ups and downs...but it's your choice to either scream or enjoy the ride. Be Positive…” ~ Unknown quotes

Haloes! J

“Life is like a roller coaster. It has its ups and downs...but it's your choice to either scream or enjoy the ride. Be Positive…”  ~ Unknown quotes 

2 Conrinthians 12:9

“My grace is all you need…  My power works best in weakness…  So now I am glad to boast about my weakness, so that the power of Christ can work through me…”

Isaiah 40:29

“God gives power to the faint, and to him that has no might, He increases strength…”

 “God is my strong salvation…  What foe shall I have to fear?  In darkness and temptation, my light, my helper is near…”  ~ Anonymous

“Live today fully, expressing gratitude for all you have been, all you are right now and all you are becoming…”  ~ Melody Beattie

Wanneer moeilike tye of seisoene in mens se lewe aan die orde van die dag is, is mens is geneig om te dink dat dit vir ewig gaan aanhou!  Wanneer jy vasgevang is in die moeilike situasie, is dit gewoonlik AL wat mens raaksien, en kan jy nie dink hoe daar moontlike uitkoms vir jou kan kom nie… J Dis omtrent soos om op ‘n rollercoaster te ry… Jy klim op met die beste voornemens, word rondgeskud tydens die ride – jou wêreld word soms letterlik op sy kop gedraai, maar wanneer daardie rit vir jou voel of jy nie meer kan aanhou nie en dat jy nou tot op jou uiterste uithouvermoë “gechallenge” word, het jy HOOP, want jy weet die rit sal nie vir ewig aanhou nie, en dat die einde in sig is…  Die einde kom gewoonlik SKIELIK nadat jy voel jy tot jou uiterste beproef word J

As ek vandag moet terugdink aan moeilike tye wat ek al beleef het, is dit moeilik om te onthou HOE ERG dit op daardie stadium vir my was toe ek dit moes deurmaak…  Mens is geneig om in baie gevalle net die goeie tye te onthou…   Wanneer probleme jou egter van alle kante af tref, is dit baie keer moeiliker om perspektief te behou en die positiewe raak te sien…   Wanneer mens nie positiewe kant van dinge raaksien nie, raak ons negatiewe situasie, dikwels baie groter in ons kop, as wat dit in werklikheid is…  Jy sit en worry oor goed wat nog nie eens gebeur het nie, of worry oor goed waarvan jy nog nie die uitkomste weet nie…  Die GOEIE nuus vandag, is dat ons as Christene, HOOP kan hê, maak nie saak HOE donker, of HOE moeilik dit met ons gaan nie!  Dis ook ‘n ongelooflike BELOFTE om aan vas te hou vir die res van die jaar wat voorlê!  Jesus stap saam met jou!!  Al kom daar dae in die res van die jaar wat soos “rollercoaster rides” vir jou voel, WEET dat dit nie vir ewig sal aanhou nie, dat jy nie vir ‘n oomblik dit alleen hoef aan te durf nie, en dat Jesus sal sorg dat NIKS met jou gebeur wat jy nie deur Sy krag sal kan hanteer nie…   Hy sal jou elke equip, sodat jy sal GROEI deur elke omstandigheid wat jy moet deurmaak, en nie sal breek met elke moeilikheid wat jou pad kruis nie!  Watse ongelooflike God dien ons nie?! Hy is ELKE dag dieselfde, en Hy het jou super, super baie lief!! Ephesians 3:20 vir jou vandag: “Now to Him who is able to do immeasurably more than all we can ask or imagine, according to His power that is at work within us…”

Blessings!

anelli**

Wednesday 17 July 2013

“Sometimes you are delayed where you are, because God knows there is a storm where you are headed… Be grateful…” ~ Mhar


Haloes J

“Sometimes you are delayed where you are, because God knows there is a storm where you are headed… Be grateful…” ~ Mhar

Jeremiah 29:11

For I know the plans I have for you,” declares the LORD, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future

Joshua 1:9:

Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be terrified; do not be discouraged, for the LORD your God will be with you wherever you go.”

“The two hardest tests on the spiritual road are the patience to wait for the right moment and the courage not to be disappointed with what we encounter…” ― Paulo Coelho,

 “I am strong, because I know weakness… I am compassionate, because I have experienced suffering… I am alive, because I am a fighter… I am wise, because I have been foolish… I can laugh, because I have known sadness… I can love, because I have known loss… I am a survivor… Thank you Lord Jesus…” ~ Anonymous

Daar is niks erger as daar iets is wat jy baie graag wil hê, maar die dinge gebeur net nie…  Om geduld te moet toepas in sulke tye, en te moet wag, is partykeer onmenslik moeilik…  Jy weet dan wat jou hartsbegeertes is, hoekom gee God dit dan net nie aan jou nie??  Jy bid dan so gereeld daarvoor – hoekom wil dinge dan net nie in plek val nie?  J Ekt die laaste tyd op ‘n paar geleenthede dieselfde boodskap gekry, en ek voel ek moet dit met julle deel…  Ek weet dit kan dalk oud of “cheesy” klink, maar die volgende is baie waar… “Good things comes to those who wait…” God weet WAT jy nodig het, MAAR Hy weet ook WANNEER jy dit nodig het…

Ons tyd, is nie God se tyd nie… Hy gee ons ook nie altyd wat ons wil hê op die tyd wat ons wil hê nie, maar Hy gee ons ALTYD wat ons nodig het, op die tydstip in ons lewe wat ons dit nodig het… Al wat ons kan doen, is om te vertrou en geduldig te wag… En te WEET – Hy het jou BESTE belange op die hart! Elke oomblik, van elke dag! In Matthew 6:8(NIV), staan daar die volgende: “ Do not be like them, for your Father knows what you need before you ask him…” Ek’t die volgende belofte en versekering ook in Spreuke 16:1&3 gekry – “Mens kan planne maak, maar die finale besluit kom van die Here af… Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag…” Ons weet nie die hoekoms en die waaroms van hoekom sommige goed wat ons so graag wil hê, net nie vir ons uitwerk nie… Maar God weet… God se wil, en plan vir jou lewe, is baie groter as wat jou eie plan vir jou lewe ooit sal wees… Wanneer deure toemaak op jou lewenspad (byvoorbeeld – werk wat verloor word, vakke wat gesleep word, vriende wat jou seermaak, verhoudings wat nie uitwerk nie; siekte wat jou oorweldig – die lys kan eindeloos lank wees), wil ek hê jy moet weet – God het groter en beter dinge vir jou in store! Waar jy tans is, en wat jy tans ervaar, is net ‘n “stepping stone” na iets groter en beter… Bid vir God se wil in jou lewe!! In Openbaring 3:8 belowe God verder: Ek ken jou handel en jou wandel… Kyk, Ek het ‘n geopende deur voor jou gegee en NIEMAND sal dit kan toemaak nie…” Al maak 100 deure in jou gesig toe, God sal sorg dat deur nommer 101 vir jou oopgemaak sal word!! God sal voorsien – in ALLES wat jy nodig het… Hy sal jou seën, met Sy wil vir jou lewe… Hy sal deure oopmaak wat niemand kan toemaak nie, en Hy sal jou nie ‘n OOMBLIK verlaat in die proses nie… Wag op God – selfs al is Sy timing anders as joune … Hy sal jou nie teleurstel nie…

Blessings!

Anel*

Tuesday 16 July 2013

If God can create man out of dust that seems useless...just think what He can do for you in situations that seems hopeless… ~ Anonymous

Haloes! J

If God can create man out of dust that seems useless...just think what He can do for you in situations that seems hopeless… ~ Anonymous

Philippians 4:6
Do not be anxious about anything, but in every situation, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God.

Mark 11:24
Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours.

To be a Christian without prayer is no more possible than to be alive without breathing… ~ Martin Luther

Prayer is the key of the morning and the bolt of the evening… ~ Mahatma Gandhi

Ek dink almal van ons het al situasies beleef waar jy nuwe mense ontmoet, en dan nie regtig weet wat om te sê nie, of waar jy probeer om ‘n gesprek aan die gang te probeer hou terwyl jy een-woord-antwoorde op al jou vrae kry of partykeer geen antwoord all-together nie J Dis moeilik om ‘n situasie te lees as die persoon vir jou nie regtig iets gee om mee te werk nie…

Dis presies dieselfde met gebed! God het iets nodig om mee te werk! God wil hê jy moet aan Hom kommunikeer: Waarvoor jy dankbaar is, wat jou bang of bekommerd maak, die begeertes van jou hart… Die lys is eindeloos!! Dink gou aan ‘n kuier saam met jou hartsvriende… Gaan jy saam met hulle na ‘n ete toe gaan, vir hulle by 'n tafel laat sit en net ‘n lysie versoeke aframmel, en dan sê – “ok, geniet die ete! Gesels weer volgende week!” Ek glo nie EEN van julle sal so ‘n ete wil hê saam ‘n hartsvriend / -vriendin nie! Jy sal wil weet hoe dit met die persoon gaan, jy sal wil gesels oor wat in jou lewe aangaan, maar ook wil weet wat in daardie persoon se lewe aangaan… Jy sal saam drome droom, saam hartseer wees, saam planne maak…

Dis dieselfde tipe verhouding wat God met jou wil hê! Een van give and take… Soos die menseverhoudings wat ons daagliks handhaaf… Ek weet dat mens partykeer droogtes in jou gebedslewe ervaar… Waar jy 1) of nie die woorde kan vind om te bid nie, of 2) waar dit vir jou voel of jy bid, maar jy bid teen die dak vas… In geval 1) sê God vir ons in Sy woord: Romeine 8:26: “Die Gees help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid… Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie… Maar die Gees self, neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie…” Die Gees bid vir jou – DAAGLIKS!! In geval 2) wil ek net vir jou sê om te volhard… Spandeer tyd met God se woord! As jy nie weet wat om te doen nie – BID! Jakobus 1:5 gee vir ons raad – “Vra vir God as jy nie kan agterkom wat jy moet doen nie… Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee, en jou nie verwyt dat jy gevra het nie…” God sal antwoord, as ons bid en vra… Sy antwoord kom nie altyd in die vorm wat ons wil hê nie, en ook nie altyd op die tyd wat ons dit wil hê nie, maar ek kan jou vanoggend belowe! Dis ALTYD in die REGTE seisoen, en REGTE tyd in jou lewe, sodat jy ULTIMATE seën daaruit kan ontvang!
Baie blessings!

anel*

 

Monday 15 July 2013

"Being challenged in life is inevitable... Being defeated is optional..." ~ Anonymous


Haloes! :)
"Being challenged in life is inevitable...  Being defeated is optional..." ~ Anonymous
Matteus 11:28
“Kom na my toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee…”
Jesaja 40:31
“Maar die wat hulle hoop in die Here stel, sal hulle krag terugkry… Hulle vlieg soos arende… Hulle sal hardloop en nie moeg word nie… Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie…”
“Wanneer jy nie kan staan nie, dra Hy jou in Sy arms…” ~ Franciscus van Assisi
“During the 1920’s Mr Yates owned a great deal of land in West Texas upon which he raised his sheep… The land was poor and he struggled to get ahead financially… Eventually, he came up with the notion of getting an oil company to drill on his ranch, even though everyone considered the land to be worthless… When the oil company began drilling at a very shallow depth they struck the largest oil deposit at that time found on the North American Continent – a deposit that produced over 80,000 barrels of oil – every day! Overnight, Mr Yates became a multimillionaire! Or did he? No, If you think about it, Mr Yates had been a multimillionaire since he had first acquired the land… The oil had always been there, Mr Yates just didn’t know it…” ~ Story from the book: Classic Christianity
Iets wat gelyk het soos 'n "misfortune" was eintlik 'n HUGE fortune!!  Ek is seker daarvan Meneer Yates was moeg daarvan om finansieël te sukkel - om te sit met land wat almal as waardeloos of nutteloos beskou het… Om heeltyd bekommerd te wees oor hoe hy ‘n moontlike oplossing vir sy benarde finansies gaan kry…  En al die tyd, het hy egter die grootste skat gehad wat aan hom behoort het!! Dit was reg onder sy neus! Die feit dat hy toegelaat het dat bekommernis en mense se woorde hom beinvloed, het gemaak dat hy nie raakgesien het, dit wat hy al die tyd besit het nie…
Wanneer mens iets in jou lewe het, wat jou vul met bekommernis, is dit dikwels BITTER moeilik om op enige iets anders te fokus as “die probleem”! Dis heeltyd in jou onderbewussyn, en soos die duiwel maar is, sal hy met elke moontlike kans wat hy kry, GEBRUIK om dit voor jou kop te gooi – net dat die bekommernis weer kan begin knaag…  'n Dominee het eenkeer gese – "FEAR can rob you from your destiny"… Maak nie saak WAT jy op die oomblik moet deurmaak nie – God is groter… Maak nie saak wat die vraag is nie – Jesus is die antwoord… In die tye waarin ons leef is daar SO baie dinge wat ons kan bekommerd maak… Finansies, werk, gesinsprobleme, huweliks / verhoudingsprobleme, liefde, siekte, swottings?! You name it… Die lys kan vir ewig aangaan! As jy die duiwel ‘n halwe kans gee, gaan hy jou probeer onderkry deur jou gedagtes met al die moontlike “wat as”(negatiewe) gedagtes te vul… God is groter… God is magtiger as ENIGE iets… Deur Hom, en die krag wat Hy daagliks aan ons gee, KAN ons die oorwinning oor ENIGE stryd behaal! As jy sukkel met iets – kry mense om saam met jou te bid daarvoor! Daar is krag in gebed, en ons Hemelse Pa ANTWOORD gebede… Hy gebruik die moeilike situasies waardeur ons gaan, om getuienis vir die Koninkryk te wees op die ou end… Dat JY, met dit wat jy moes deurmaak, vir ander ‘n getuienis van HOOP kan wees… ‘n Getuienis van God se getrouheid, sy genade en die krag wat Hy jou gegee het om ENIGE iets te kan hanteer wat die lewe na jou kant toe stuur… ‘n Getuienis wat sal kan sê – dis ALTYD te vroeg om op te hou glo, om op te hou baklei… Soos jy nou hierdie lees, WEET dat God jou deur jou situasie gaan gebruik om ‘n inspirasie vir die mense rondom jou te wees!
JY besit ook reeds ‘n skat wat groter is as wat jy besef! Deur Jesus se kruisdood, en vanweë die feit dat jy Jesus as jou Saligmaker aanvaar het, het jy vir JESUS! Hy is jou Pappa… En jou Pappa wil NET die beste vir jou hê… Hy wil jou beskerm teen alle gevaar, en optel wanneer jy struikel en val… Hy wil jou trane afdroog wanneer jy hartseer is, en jou hart heelmaak wanneer dit stukkend is… Hy is net ‘n gebed ver… 24/7...
My gebed vir jou is dat jy 'n "worry free" dag en week sal he! Mag ons Hemelse Pappa jou BLESS sodat jy nie die einde van jou skatte ken nie...  En hou op om toe te laat dat mense se negatiewe woorde jou impakteer...  Jy mis dalk uit op DIT wat alreeds in jou lewe is!
Blessings!
anelli**

Sunday 14 July 2013

“Life is either a daring adventure or nothing at all.” ― Helen Keller

Haloes! :)
“Life is either a daring adventure or nothing at all.”  ― Helen Keller
Psalm 34:19 
The righteous person may have many troubles, but the LORD delivers him from them all...
Psalm 34:4
I sought the LORD, and He heard me,And delivered me from all my fears…
Ekt die volgende storie wat ek graag met julle wil deel...
Some years ago, on a hot summer day in south Florida, a little boy decided to go for a swim in the old swimming hole that was behind his house. In a hurry to dive into the cool water, he ran out through the back door, leaving behind shoes, socks, and shirt as he went. He flew into the water, not realizing that as he swam toward the middle of the lake, an alligator was swimming toward the shore. In the house, his mother was looking out through the window. She saw the two as they got closer and closer together. In utter fear, she ran toward the water, yelling to her son as loudly as she could… Hearing her voice, the little boy became alarmed, and made a U-turn to swim to his mother. It was too late. Just as he reached her, the alligator reached him. From the dock, the mother grabbed her little boy by the arms, just as the alligator snatched his legs. That began a very incredible tug-of-war between the two.
The alligator was much stronger than the mother, but the mother was much too passionate to let go. A farmer happened to drive by, heard her screams, raced from his truck, took aim, and shot the alligator. Remarkably, after weeks and weeks in the hospital, the little boy SURVIVED. His legs were extremely scarred by the vicious attack of the animal. On his arms, there were deep scratches where his mother's fingernails dug into his flesh; in her effort to hang on to the son she loved. The newspaper reporter, who interviewed the boy after the trauma, asked the boy if he would show him his scars. The boy lifted his pant legs. Then, with obvious pride, he said to the reporter, "But look at my arms. I have great scars on my arms, too. I have them because my Mom wouldn't let go." You and I can identify with that little boy. We have scars, too. No, No, not from the alligator, but the scars of a painful past. Some of those scars are unsightly, and have caused us deep regret. But, some wounds, my friend, are because God has refused to let go. In the midst of your struggle, He's been right there, holding on to you…
He never let go… Maak nie saak hoe donker dit mag voel nie, of hoe baie jy sukkel nie – Jesus het jou, en sal jou NOOIT los nie… Soos hierdie ma haar seun vasgehou het om nie deur die krokodil verskeur te word nie, hou Jesus jou vas – ONGEAG WAT jy op die oomblik deurmaak! Jesus is groter… Sterker, en baie magtiger as ENIGE iets… Hy’s ons Lighuis op ‘n onstuimige see… Solank jy jou oog op die Lighuis gevestig hou, sal jy weet watter roete om in te slaan, en kan jy verseker weet dat Hy daar is… Maar wanneer jy die Lighuis uit die oog verloor omdat die branders te hoog raak – weet verseker dat dit soos die son is… Al is daar wolke, weet ons dat die son net agter dit is, en weer sal deurbreek! God sal vir jou ook deurkom! Op die regte tyd!! Ongeag die hartseer, pyn, of seer wat jy op die oomblik ervaar… Hy het jou lief! En jy is hier geplaas vir ‘n spesifieke doel, en om ‘n spesifieke rede! GLO dit vir jouself!
Baie blessings!
anelli**

Friday 12 July 2013

gebedsversoeke...

Hi julle awesome mense!
Ekt twee gebedsversoeke vir julle, en wil vra dat julle groot asseblief hierdie 2 mense opdra aan ons Hemelse Pappa... Mag Hy 2 wonderwerke kom verrig...
1. Theuns Botes - his kidneys have stopped working and he is in very bad condition. I pray that everybody will ask Jesus to heal him...
2. Vriendin van my - sy het borskanker gehad, behandeling gehad, talle operasies en was daarna in remissie... Laas week is uitgevind dat die kanker versprei het na haar lewer (na sy vir hoe lank skoon was). Sy het 2 jong kindertjies. Moet nou weer so gou as moontlik met Chemo begin...
Baie dankie dat ek kan weet julle sal saambid...
 
Hoop julle sal 'n ongelooflike geseende daggie he en dat julle sommer lekker sal uitrus die naweek!
baie blessings vir julle!
anel

Thursday 11 July 2013

I avoid looking forward or backward, and try to keep looking upward… ~ Charlotte Brontë


Haloes! J

I avoid looking forward or backward, and try to keep looking upward… ~ Charlotte Brontë

Friend of Jesus

John 15:14

“You are my friends if you do what I command…”

Jeremiah 32:27 
                                                                                                             
“Behold, I am the LORD, the God of all flesh; is anything too difficult for Me?”

It has been my observation that most people get ahead during the time that others waste… ~ Henry Ford

Challenges are what make life interesting and overcoming them is what makes life meaningful… ~ Joshua J. Marine

Iemand het eenkeer gesê, daar is ‘n fyn lyn tussen Vader en Vriend…  Ek was weereens gekonfronteer met daardie vraag die afgelope 2 weke – hoe kan God my Vader en vriend wees?  Wat is ‘n Vader?  Iemand wat jou in die wêreld ingebring het…  Iemand wat jou moet beskerm en na jou welsyn omsien…  Iemand wat deur God aangewys is, om in jou tyd hier op aarde na jou te kyk…  Tog is dit baie keer nie hoe baie mense hul aardse Vaders ervaar nie…  Dis iemand wat jou dalk verwerp het, seergemaak het, alleen gelos het of net totaal en al afwesig was…  Wat is ‘n vriend?  Dis iemand wat jy uitkies om saam met jou ‘n pad te stap…  Iemand met wie jy kan gesels, en iemand wat nie toevallig in jou lewe is nie…  Mens kies gewoonlik vriende wat die beste in jou na vore bring…  Respek is  die gemene deler in beide van hierdie tipe verhoudings…  Sonder respek, sal dit moeilik wees om vriendskappe te behou…  Want iemand wat jy nie respekteer nie, gaan jy nie behandel soos God dit bedoel het, dat elkeen van ons behandel moet word nie…

Dink gou aan jou beste vriend of vriendin?  Dis gewoonlik iemand met wie jy sal kan gesels, sonder dat daar “judgements” sal wees…  Iemand wat dieselfde waardes as jy het, en iemand vir wie dieselfde dinge in die lewe belangrik is…  Die mees suksesvolste verhoudings, asook huwelike, is gewoonlik vriendskappe wat in liefde ontpop het…  Wedersydse respek en onvoorwaardelike liefde, is die resep vir ‘n gesonde verhouding…  In ons vriendskappe, maar ook verhoudings, is dit iets wat onthou moet word…  God het jou oneindig baie lief…  En alhoewel jou prentjie van ‘n Pappa dalk ietwat verwronge is, wil Jesus net die beste vir jou hê…  So hoe is dit moontlik dat God jou Pa en Vriend wil wees?  Dink aan ‘n klein seuntjie wie se pa saam met hom bal skop…  Op daardie oomblik is die pa daar om te kyk na die seuntjie – dat hy nie sal seerkry nie, maar ook om te sorg dat hulle ‘n spesiale tyd het – en dat die seuntjie een van sy “skills” sal ontwikkel…  Sy pa is daar vir hom, sou hy dalk val, of die bal misskop en ook daar om saam met hom bly te wees wanneer hy dalk dit regkry om die bal lekker ver te skop…  Sy pa speel dus met hom soos twee maaitjies sal bal skop, maar hy is ook daar om te kyk indien iets dalk verkeerd sal gaan – en die seuntjie ‘n skouer sal nodig hê om op te huil, of iemand sal nodig hê om hom te beskerm teen die wreedheid van die wêreld…  Partykeer wil ons soveel vrae vrae, en dinge probeer bewys – volgens ons menslike insigte…  Eerder as om net te vertrou en te GLO dat God DIE BESTE vir elkeen van ons wil he…  Dat ons net moet vertrou en ‘n lewe van geloof moet lewe…  God is in beheer…  Sit jou hand in Syne en leef vandag met die oorwinning en wete dat Jesus jou liewer het as wat jy ooit sal kan dink…  Hy wil hê dat jy Hom sal vertel van die dinge wat in jou lewe aangaan, jou hoogtepunte, drome, en dinge wat jou dalk hartseer maak…  Vertrou Jesus…  Hy sal jou nie teleurstel nie – al het jou aardse pa dit dalk al gedoen…  HY sal sorg vir SY beste – al wat jy moet doen is vertrou…

Blessings!

Anelli**