Monday 30 January 2017

Easter Egg = Update

Hi everyone!

There is a Facebook Page - Easter Egg Project - Pay it Forward.  Thanks so much for "liking" the page - please go and like it if you have not yet done so! Please keep on spreading the word!

Thanks so much to EVERY person willing to take part - as coordinator, packer, donator, prayer warrior, or distributor! Each one of you are truly appreciated!
...
You can drop off Easter Eggs in the following locations (please contact me for more information):
1. Anel Pinelands - next to Mowbray Golf Club
2. Leonie Technopark Stellenbosch during the day
Pinehurst after 6 in the evenings
3. Elinda Distell - Stellenbosch
4. Rina-Marie Farm just outside Stellenbosch
5. Annika Claremont - Coronation
6. Elizabeth N1 Stad - Rothmans Auto's
7. Johann Bellville - Sanlam Investment Management
8. Helaine Paarl
9. Mariana Durbanville
10. Mariana Kuilsrivier
11. Rochelle Johannesburg
12. Hanlie & Liezel Worcester (will end @ End March due to school holidays)

I still need a drop off point in Brackenfell & Somerset West area - you basically will just be a link between the person dropping off the Easter Eggs and myself. I am trying to set up points, so that people don't need to drive far to give their contribution.

For those of you making packets already - the following is needed:
1. See through sandwich bag
2. Three Easter Eggs (Marshmallow)
3. Little letter printout - the profile picture of this page (Easter Bunny)
4. Ribbon to close up the bag

Let the hunt begin!!

Thanks for reading this and being part of this "pay it forward" initiative!
Blessings!
Anel

Friday 27 January 2017

Easter Egg Project - Pay it forward

Hi almal!

Ek het 'n Facebook page create - Easter Egg Project - Pay it forward.  Ek sal inligting daarop sit van hoe ons vorder ect.  Gaan like asb die bladsy en deel dit met nog mense wat betrokke sal wil raak!

Baie dankie julle!

Blessings!

Anel

Wednesday 25 January 2017

Easter Egg Time! Pay it forward - You Have Been Challenged!



Hallo julle awesome mense! (English below)

Hoop dit gaan goed met ieder en elk van julle! Die van julle wat al 'n pad saam my gestap het, sal weet dat ons die Paaseierprojek al 4 keer aangepak het... Ekt van die syfers van vorige jare hierbo gesit (vir inspirasie)... Vir die wat nog nie betrokke was nie - ons samel Paaseiers in, en nadat ons dit in pakkies verpak het, versprei ons dit by kinderhuise, ouetehuise, nagskuilings, hospitale, straatligte, ten einde uit te reik aan mense wat minder as ons het :)  Weet asb dat elke 1 eier wat bygedra word, 'n GROOT verskil maak!

Soos baie van julle weet - my ma was altyd 'n groot regterhand vir hierdie projek - en het verskriklik baie van die "agter die skerms werk" gedoen.  Ek heg 'n getuienis aan wat sy in 2012 oor die projek geskryf het (neem asb tyd om dit te lees - ek belowe jy sal nie spyt wees nie)...  Sy is ook my inspirasie om die projek weer aan te pak hierdie jaar - aangesien sy einde verlede jaar haar stryd van 17 jaar teen kanker verloor het...  Ek wil elkeen wat al iemand verloor het, uitdaag om betrokke te raak hierdie jaar - ons dra die projek aan elkeen van hulle op!

Ons samel in:  Die marshmallow paaseiers (nie enige iets anders nie - want die kinders verstaan nie as hulle nie almal dieselfde kry nie).  Verpak in 'n deurskynende plastiek sakkie (soos 'n toebroodjie sakkie), met 3 paaseiers in, die briefie wat ek aanheg, met 'n lint om die sakkie.  Julle is ook welkom om net die eiers af te lewer (by die optelpunte wat ek sal kommunikeer).

Afsnydatum:  7 April 2017

Vir nou:

1. Laat weet my of jy betrokke sal wil wees. (Ek soek mense wat bereid is om optelpunte te wees regoor die Kaap - Somerset Wes, Stellenbosch, Paarl ect - ek sal dan met julle reel om by julle op te tel).  Die van julle wat in ander plekke van die land bly, wil ek uitdaag om ook deel te neem.  Julle kan volunteer van die ander plekke af - en ons kan dan in kontak wees (om uit te vind hoeveel julle ingesamel het ect).
  
2. Laat weet my asb of jy bereid sal wees om saam met 'n groepie vriende te gaan uitdeel. Ek sal julle dan toewys aan 'n ouetehuis / kinderhuis.

3. Daag die mense by julle werksplekke uit om by te dra! Stuur asb die epos aan as dit 'n "cause" naby jou hart is om aan ander uit te reik.

4.  Ek benodig "pakkers" - mense wat bereid is om bokse op te tel en te verpak voordat dit versprei word.  Hou sommer 'n lekker pizza aand / burger aand met vriende en pak 'n paar pakkies! So bond jy met jou vriende en jy dra by tot 'n baie goeie doel!

5. Vir die van julle wat finansiele bydraes wou maak - ek gaan koop altyd namens die wat finansiele bydraes maak:

Investec bank
A Hugo
10011253677
Branch: 580105
Ref: Jou naam & (Easter) (Ek wil graag weet vir wie om te bedank - so moet asb nie anoniem dit doen nie)

Baie blessings vir julle!

Anel

English:

Hi all you awesome people!

Hope all of you are doing really well!  Those of you who has been apart of the group always supporting each charity project, will know that we have attempted and succeeded through God's grace - 4 times at doing this Easter Project.  I published some of our targets reached above :) For the new people: We collect Easter Eggs for a period of time, pack it into a nice little pack and then circulate it to orphanages, old aged homes, hospitals, night shelters, street lights (everyone less fortunate than us).  Please know that even 1 egg contributed makes a difference!

Most of you might know that my mom was my right hand in this project - doing a lot of the "behind the scenes" work...  She is also my inspiration for attempting this project again - as she lost her battle with cancer at the end of last year (after 17 years). I challenge each and everyone of you who had to say goodbye to someone special - this project will be dedicated to all of them!  Let's live life to the full and pay it forward!  Please see below the "testimony" written by my mom after the 2012 project (Afrikaans).

We are collecting:  The chocolate marshmallow eggs - only this, as the kids compare with each other what they get...  Plastic sandwich bags - the see-through ones, and coloured lint (to tie the bags with), with the little note I attach.


Please let me know the following for now:
 
1. If you want to get involved...  I need some coordinators - people willing to be "drop off places" in Stellenbosch, Paarl, Somerset-West ect!  People in further parts of the country is also challenged to run with the project in your part of the country. You can then let me know how much eggs was collected, and we will communicate this to everyone involved.  I will then start an email group, where I can contact the people involved with the details...  If you know of more people who would want to contribute, please circulate this email.
2. If you are willing to deliver / distribute the eggs at an orphanage / old age home ect.

3. Challenge the people in your workplace!  Please forward this email if you know of people who will be interested to get involved!
4. I need "packers" - people willing to collect boxes and make packets.  Have some burger / pizza nights with your friends - and pack a few packets for charity.  You get to bond with your friends - and make a difference :)

5. Financial Contributions - for people not able to get to us but still want to be involved - I will go buy Easter Eggs on your behalf.

Investec bank
A Hugo
10011253677
Branch: 580105
Ref: Your name & (Easter) 

Have a totally blessed week!

Anel



Testimony:

Paaseierprojek  2012 

Anél het die eerste paaseierprojek vier jaar gelede geloods.  Aanvanklik was die gedagte om vir die Rooi Kruis Kinderhospitaal paaseiers in te samel en uit te deel.  Hiervoor het ons ongeveer 2000 paaseiers nodig gehad.  Die Here het die projek ongelooflik geseën, soos die vissies en die broodjies, het ons 12 keer meer gekry as wat ons nodig gehad het (24,000) sodat ons aan die einde van die projek baie meer instansies kon ondersteun.  

Hierdie projek het ‘n jaarlikse instelling geraak en het van krag tot krag gegaan.  Ons doelwit was om ‘n paaseierpakkie (3 eiers) aan minderbevoregtes, kinders in kinderhuise en bejaardes in tehuise uit te deel.  Die dankbaarheid van die mense wat dit ontvang het, het elke jaar diep aan ons harte geraak.

Verlede jaar is die projek nie geloods nie aangesien ek heel jaar chemo behandeling gekry het.  Toe Anél my aan die begin van Februarie vra of ek kans sien om die projek vanjaar te doen was my eerste  reaksie ja en na ek daaroor gedink het, nee.  Ek herstel nog na die chemo en het geweet wat die projek behels... Paaseiers optel, in pakkies verpak, lintjies knoop en versprei na die nodige instansies.  Jou rug voel later of dit breek, jou spiere raak in spasma en jou vingers se koordinasie wil later nie meer saamwerk nie.  Die spreekwoord die mens wik maar God beskik is hier so van toepassing dat dit eintlik ongelooflik is.  ‘n Vriendin van Anél, Ronalda, het in hierdie tyd vir haar gekontak en gevra of sy kan help met die paaseierprojek.  Ek het onmiddellik  gesê dat ek bereid is om te help as ek hulp kry.  So het ek en Ronalda oor ‘n teetjie gesels en beplan.  Anél het julle almal gekontak en die donasies het begin instroom.  

Die Here het die projek so gebless deur vir die eerste keer mense te stuur wat bereid was om as koordineerders op te tree; Hy het mense gestuur met baie paaseiers wat reeds in pakkies verpak was; Hy het mense gestuur met name van behoeftige kinderhuise, kleuterskole en nagskuilings.  Jeremia 29:11 was ons vers hierdie jaar :  “Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here.  “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê.  Julle sal na My roep en kom bid.  Ek sal na julle luister.  As julle heelhartig na My soek, sal julle My vind.”

In die tyd het ek gesien en beleef dat hoe meer ons God se wil doen, hoe groter die aanslag van satan (So baie dinge het erg verkeerd geloop en ons huis is beroof in die tyd). Ek en Ronalda het afsonderlik gewerk en net die getalle van wat ons ingesamel het aan mekaar gestuur.  

Gebeure wat vir my uitgestaan het tydens die projek:
·         Ons het begin met ‘n lys van  45 plekke wat gekontak moes word (wat eintlik ons verwagtinge oortref het!) en ons het geeindig met ‘n totaal van 60 plekke wat donasies kon kry. (God het soveel meer voorsien as wat ons kon dink!)
·         Ons het gefokus op kinderhuise en ouetehuise, maar God het toeriste daarby ingesluit.
·         Ons het vir kinderhuise paaseiers gegee en hul het vir gebed gevra (SOS Childrens Village, Thornton).
·         God het my nou vir die tweede keer genees en in remissie geplaas van leukemie en limfoom en so kon ek deel wees van die uitreik na Hospice waar mense wat terminaal siek is (kanker- en vigslyers) versorg word.  
·         Ek het ook besef dat ons in hierdie land van ons waar elkeen besig is met sy eie dinge en die meeste van ons ‘n goeie, beskermde lewe lei nie ‘n idee het hoe baie vigslyers daar is nie.  St. Luke’s Hospice in Claremont, wys niemand weg wat hulp nodig het nie, self al het jy nie fondse om te betaal nie.  Hul versorg tans 800 terminale pasiënte.  Hulle is ten volle afhanklik van donasies.
·         Elim Nagskuiling in Elsiesrivier se behoefte is so ongelooflik groot, maar hul dankbaarheid was groter, sodat trane gestort is oor ‘n pakkie van 3 paaseiers.  Die bestuurder het gesê – net die oggend voor ek haar gebel het, het iemand gevra wat hulle vir Paasfees gaan doen.  Sy moes antwoord – NIKS.  Want ons het nie die fondse nie, en ook geen Paaseiers…  En daardie selfde oggend bel ons om te sê dat ons vir elke inwoner ‘n pakkie het…
·         ‘n Plaaslike ouetehuis, langs ‘n kerk geleë, se bejaardes wou weet van watter kerk die paaseiers kom en ons kon sê dit kom van die Here af, wat jare gelede die idee vir Anél gegee het.
·         Vier jaar gelede het No Limits, ‘n program wat deur Badisa geloods is onder straatkinders 15 pakkies gevra.  Vanjaar kon ek 500 pakkies vir hulle gee, omdat die nood oor die afgelope vier jaar so ongelooflik groot geword het.
·         Hou Moed Youth and Comunity sentrum in Hermanus wat gestig is deur Theo de Meyer wat ongelooflike opheffingswerk doen in Zwehile.  Hiervan sal Anél julself meer vertel aangesien sy bevooreg was om hul pakkies self uit te deel - email volg Vrydag met fotos! :)

Wat ek geleer het uit vanjaar se projek:
God vra gewone mense soos ek en jy om net bereid te wees om vir Hom te werk. HY sorg self vir die res!  Dit help nie ons gaan Sondag op Sondag kerk toe en stap en ry verby daardie tehuis/versorgingsoord en besef nie daardie mense wat almal al vergeet het ook God se kinders is en  ook onvoorwaardelike liefde nodig het soos God vir ons gee.  God vra dat ek en jy sy hande en voete sal wees.  Dit is wat ons kinders van God maak.  Jesus het vir die verlorenes gekom, daardie een lammetjie wat afgedwaal het (die man/vrou in die nagskuiling) en Sy opdrag aan ons was Matteus 28: 19-20 “Gaan dan , maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.  Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet verseker : Ek is vir altyd by julle tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.”

Baie dankie aan elkeen wat ‘n bydrae gemaak het, koordineerders, kontant, pakkies pak, pakkies uitdeel, name van instansies deurgee, gebed vir ons, van watter aard ookal.  God het ons ryklik geseën! 

Ons het vanjaar 30 099 paaseiers ingesamel en kon vir 10 033 mense ‘n boodskap gee:  
God realy loves you / Jesus het jou lief!

Mag die Here met elkeen van ons almal wees en bly!

Rounell Hugo


Sunday 31 January 2016

gebedsversoeke...

Hi julle awesome mense!

Bid asb saam vir ons boeties en sussies in Christus.

Mag julle 'n ongelooflike geseende week he!!

"That which is meant for you - won't pass you by..." - Unknown

Mark 9:23 - "Everything is possible, for the ones who believe..."

blessings!

anel xx

Anoniem 1:  Ons vriende se seuntjie 5 jaar oud Luis – is siek aan kanker.  Hy het die kanker in altwee longetjies en die bokant van sy  buik.
Dit is n seltsame kanker – oor die hele wereld het hulle die kanker nog nie by n kind gekry nie.
Hulle was nou orals – die spesialiste in Switzerland het almal saamgekom – hulle het Duitsland by betrek – maar die uitslae bly dieselfde.
In Amerika het hulle n volwasse gehad wat die kanker het – daar kon hulle n sekere medikasie vir hom gee – maar die medikasie is 
Nie vir n kind bedoel nie.
Hy het ontsettend pyn en kry baie swaar.  Ons vra dat almal vir hom asseblief sal bid.

Anoniem 2:     My ma se gesondheid:  Vir 69 jaar was my ma gesond en aan die gang en toe verander alles. Vanaf Januarie 2015 het sy ‘n senuwee wat in haar lae rug vasknyp en allerhande drama veroorsaak. Ons vind toe ook uit dat die mediese fonds opsie waarop sy is, nie enige rug- of nekoperasies dek nie. Ons was intussen by Tygerberg Hospitaal se ortopedie afdeling, maar dinge gebeur BAIE stadig en sy ervaar daagliks pyn en ongerief in haar bene a.g.v. die senuwee wat vasknyp. Haar volgende afspraak by die ortopeed is 16 Maart 2016. Bid asb dat hulle haar gou sal kan opereer of dat daar op ‘n ander manier genesing sal kom.

Anoniem 3: My broer se dogter (studies en finansies):  My broer se dogter is 19 en bly al vir die afgelope 8 jaar by ons in die huis. My broer is in 2012 oorlede en haar ma (hulle was geskei) kan agv finansiële redes nie vir haar sorg nie. Sy gaan nou by CPUT Wellington Onderwys swot, maar sy is nie akademies  baie sterk nie en ons maak van studielening gebruik. Ons het aansoek gedoen vir beurs, maar hoor eers in Maart. Ek glo werklik dat die Here sal voorsien vir haar, maar ek wil vra dat jy sal bid dat sy haar kant sal bring en dat die finansies goed sal uitwerk. Ek worry maar baie oor haar.

Anoniem 4:  Gebed vir 'n ouerpaar wat al bietjie ouer is en sukkel om swanger te raak.  Dat God hulle die rustigheid en vasbyt sal gee om te vertrou, vir Sy tyd...