Monday 31 March 2014

“At my lowest, God is my hope… At my darkest, God is my light… At my weakest: God is my strength… At my saddest: God is my comforter…” ~ Unknown


Haloes! J

“At my lowest, God is my hope…  At my darkest, God is my light…  At my weakest: God is my strength…  At my saddest: God is my comforter…” ~ Unknown

Isaiah 40:31

“but they who wait for the LORD shall renew their strength;  they shall mount up with wings like eagles; they shall run and not be weary; they shall walk and not faint…”

1 Corinthians 13:4-7

“Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. Love does not delight in evil but rejoices with the truth.  It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres…”

“When you feel like quitting, think about why you started…” ~ Unknown

“It’s what you will do in the present that will redeem the past and thereby change the future…” ~ Paulo Coelho (Aleph)

“Wolf, wolf hoe laat is dit?” Wie van julle onthou daardie speletjie??  Vir die vir wat dit net ‘n herinnering is, laat ek gou jou memory refresh J  Een persoon word gewoonlik as wolf aangestel, wat voor ‘n groep kinders uitstap…  Die kinders volg dan vir wolf, en roep elke paar sekondes uit – “wolf, wolf hoe laat is dit?”  Wolf sal dan antwoord, 1uur…  Later 2 uur…  En dan soos wat die kinders hul “guard” laat afgaan, nader en nader aan wolf begin stap, sal hy op ‘n kol uitroep – “etenstyd!!!”  Wanneer etenstyd uitgeroep word, is dit gewoonlik ‘n groot gegil onder die kinders, en almal hardloop in verskillende windrigtings in, want as wolf sê dat dit etenstyd is, beteken dit dat een van die kinders sy prooi sal word, wat dan “opgeëet” sal word…  As wolf jou vang, is dit “game over” vir jou en moet jy dan uitsit vir die res van die speletjie…

Wat het hierdie storie met die lewe te doen, wonder baie van julle dalk…  Ons is geneig om baie keer, wanneer dit goed gaan in ons lewens, ons guard so te laat afgaan, dat ons al hoe verder weg van God af begin leef…  Ons raak moeg, veral wanneer ons dae oorvol is, gevul met honderde dinge, en dan staan God partykeer heel laaste in die ry vir ons tyd en aandag…  En wanneer ons dan in “wolf se kloue” (ook beter bekend as die lewe met sy tientalle uitdagings), land – kom God gewoonlik tot ons redding, deur SELF, namens ons vir “wolf” te veg…  Miskien voel dit vir jou asof AL wat jy deesdae doen, is om vir wolf te probeer uitoorlê…  Miskien is jy SO moeg en voel dit vir jou of ons nou al by Desember behoort te trek, alhoewel ons nou eers in Maart is J  Iets wat belangrik is om te onthou – iets wat opnuut aan my bevestig is met die aanhaling hierbo, is dat maak nie saak hoe hard jy val nie – God is steeds jou hoop…  Wanneer jy jou donkerste tyd beleef, sal God jou lig bly…  Wanneer jy op jou swakste is – met min krag – sal God jou krag wees…  En wanneer jy harsteer is, sal God jou trane vir jou afdroog…  God is ALTYD by jou – in jou donkerste dag, of in jou langste nag – God het jou lief, maak nie saak wat nie!!  Liefde soos wat in 1 Korintiërs 13 hierbo beskryf word, is dit wat God, elke oomblik van elke dag vir jou voel!!  Hy sal jou dra, daar waar jy nie verder kan nie…

Blessings! 
 
Anel xx

Sunday 30 March 2014

“Look up, get up, and don't ever give up.” ― Michael Irvin


Haloes! J

“Look up, get up, and don't ever give up.” ― Michael Irvin

James 4:8

“Draw near to God and He will draw near to you…”

Psalm 23

The Lord is my shepherd, I lack nothing. He makes me lie down in green pastures, he leads me beside quiet waters, he refreshes my soul.  He guides me along the right paths for his name’s sake. Even though I walk through the darkest valley, I will fear no evil, for you are with me; your rod and your staff, they comfort me. You prepare a table before me in the presence of my enemies. You anoint my head with oil; my cup overflows. Surely your goodness and love will follow me all the days of my life, and I will dwell in the house of the Lord forever…”

“Write your troubles in the sand…  Carve your blessings in stone…” ~ Unknown

“Sometimes the strongest among us are those who smile through silent pain, cry behind closed doors and fight battles nobody knows about…” ~ Unknown

Een van die lekkerste goed is om langs die see te kan stap op ‘n mooi dag of aand…  Daar is darem niks dinge wat so ‘n rustige invloed op jou gemoed kan hê, soos die branders wat breek, en wat dan weer terugtrek nie…  Voeg by dit ‘n son wat sak en jy het ‘n absolute “masterpiece” – ‘n geskenk reg uit God se hand!  Ek weet nie wie van julle, het soos ek (toe ek klein was), boodskappe in die nat sand geskryf nie?  Dit was altyd so ‘n uitdaging om te sien hoe vinnig jy kan skryf, en hoe lank dit dan vat vir die water om die boodskap skoon te vee nie?!  Dis hoekom die volgende anonieme aanhaling vir my so treffend was – write your troubles in the sand, but carve your blessings in stone!

WANT – ons dien ‘n God wat ons daagliks kom omboul met Sy goedheid en liefde…  ‘n God wat absoluut spesialiseer in wonderwerke – wat ons uitdagings of moeilike tye kan kom “gelyk maak” en “uitvee” soos wat die branders die sand met sy boodskappe of voetspore kan skoon vee J  Blessings aan die ander kant is iets wat gewoonlik blywend is in ons lewens – want al gaan dit HOE sleg, is daar ALTYD iets om voor dankbaar te wees!  Want net soos ek nie kan onthou wat ek op die sand neergeskryf het al daardie jare gelede nie, so is ek seker dat as ek jou vandag vra – waaroor was jy bekommerd VANDAG, ‘n jaar gelede, sal baie min van ons kan pin-point, dit waarmee ons geworstel het ‘n jaar gelede…  Wat ookal vandag in jou sand geskryf is – HOE groot dit ook al mag wees – God sal SORG!  En Hy sal die grootsheid van daardie probleem stukkie vir stukkie afbreek, sodat dit BAIE vinnig, BAIE kleiner sal word…  Totdat dit uiteindelik soos ‘n gladde stuk sand – sonder enige herinnering van probleem vir jou sal wees…  Kom gee al daardie probleme en uitdagings, sommer NOU, VOOR hierdie week begin oor in God se hande…  Hy het jou ONEINDiG baie lief, en Hy wil seriously, NET die beste vir jou hê!!

 blessings!

Anel xx

Thursday 27 March 2014

gebedsversoeke...

Haloe julle!

Sien asb die gebedsversoeke en bid asb saam.  Ons dien 'n God wat spesialiseer in die onmoontlike!!

Luke 1:37 - For nothing is impossible with God...

Mag jou naweek AWESOME verby wees!

blessings!

anel xx


Anoniem 1:

Ek wil almal vra om saam met my te bid vir my skoonpa wat die week gediagnoseer is met ‘n baie aggressiewe, onbehandelbare kanker. Ek glo waar daar lewe is, is daar hoop en waar God is, is daar wonderwerke!

Anoniem 2:

Ek sukkel al jare met ‘n tipe van bipolêre depressie. Ek is ook op medikasie. Daar is tye wat ek uithak en die mense naby aan my (my kind, my ouers, my vriend) vloek en skel en lelike dinge toesnou op die ingewing van die oomblik. Dit is asof ek “snap”. Ek maak hulle bitterlik seer. Dit is egter nie my bedoeling nie, maar voel vreeslik sleg daarna en spyt kom altyd te laat. Ek is regtig in ‘n diep put hieroor. Ek weet NIKS is onmoontlik by Ons Hemelse Pappa nie. Ek wil so graag van hierdie lelike siekte volkome genees word, dat ek ‘n gelukkige lewe kan lei. Ek wil ook vra dat daar gebid word vir herstel en vergifnis van die mense naby my. Ek is desperaat…

"By failing to prepare, you are preparing to fail..." ~ Benjamin Franklin


Haloes! J

“By failing to prepare, you are preparing to fail…” ~ Benjamin Franklin

John 14:27

“Peace I leave with you; my peace I give you. I do not give to you as the world gives. Do not let your hearts be troubled and do not be afraid…”

Joshua 1:7-9

“Only be strong and very courageous, being careful to do according to all the law that Moses my servant commanded you. Do not turn from it to the right hand or to the left, that you may have good success wherever you go. This Book of the Law shall not depart from your mouth, but you shall meditate on it day and night, so that you may be careful to do according to all that is written in it. For then you will make your way prosperous, and then you will have good success. Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be frightened, and do not be dismayed, for the LORD your God is with you wherever you go.”

“If you want to conquer fear, don't sit home and think about it. Go out and get busy…” ~ Dale Carnegie

“I'd rather attempt to do something great and fail than to attempt to do nothing and succeed…” ~ Robert H. Schuller

Ek onthou voor eksamens hoe ons altyd eksamen roosters uitgewerk het – deur jou werk so mooi in te deel, ten einde te verseker dat jy deur alles een keer kan wees voor die eksamens begin…  Dit gee mens partykeer net die gemoedsrus wat jy nodig het, om te kan weet dat daar genoeg tyd is om een keer deur al die werk te kom…  Ek probeer dieselfde toepas met my werk.  Wanneer daar groot deadlines is, probeer ek die dinge vir myself so prakties moontlik uitsit, sodat ek kan weet dat ek deur alles sal wees voordat my deadline toeslaan…  Wat partykeer net erg is, is wanneer jy begin agter raak op jou “deadlines” en dan nie seker is hoe jy gaan inhaal nie…  Dis nie altyd lekker om te beplan nie – maar dit gee mens die gemoedsrus wat jy nodig het en terselfdetyd bietjie jou stress te verminder…

Robert H Schuller en Dale Carnegie se quotes is vir my baie, baie cool!  Dis iets wat ons op ‘n daaglikse basis moet onthou…  Moenie dat vrees jou so lamlê, dat dit jou verhoed om dinge wat ‘n verskil kan maak aan te pak nie…  Fail eerder, en fail behoorlik deur GROOT dinge aan te pak – dinge wat jy nie jouself kan sien doen nie!  Mens sien eers tot wat jy in staat is, wanneer jy probeer…  Back jouself – want God back jou verseker!  Vrees is so ‘n klein woordjie, maar dis iets wat op grootskaal soveel impak in jou lewe kan hê…  Vrees vir die onbekende, vrees vir ons vermoëns, ons uithouvermoë en ons krag, kan ons laat “vries” sodat ons die dinge wat ons kan doen, selfs nie eens kan regkry nie…  Wanneer jy weer geface word met soveel dinge, dat jy nie weet WAAR jy moet tyd kry vir alles nie, neem ‘n oomblik, stel vir jou ‘n rooster op, en kry net bietjie perspektief…  Met elke situasie is daar 2 vrae wat jy jouself moet vra:  1.  IS daar iets wat ek daaraan kan doen om my te laat beter voel en gaan die wereld vergaan as dit nie op die oomblik hanteer word of uitgesorteer word nie?  2.  Indien die antwoord nee is, kan jy dit net in God se hande toevertrou…  God wil net goeie goed vir jou hê!  En Hy is 100 keer beter daarmee as wat ons is…  Hy het jare meer se ondervinding – en Hy kan dinge in plek laat val, sonder dat dit vir ons nodig is om enige slaap daaromtrent te verloor.  Gee dit in God se hande…  Hy sal sorg…

Blessings!

Anel xx

Wednesday 26 March 2014

gebedsversoeke...

Haloe julle!
 
Bid asb saam vir die onderstaande versoeke asb!
 
Mag jy 'n awesome Donderdag he! :)
 
blessings!
 
anelxx
 
Anoniem 1:
 
Ek wil graag vra dat julle asb vir my Ouma sal bid. Sy het die agtelope jaar en ‘n half al 7 beroertes gehad. Sys tans in die hospitaal ook agv ‘n beroerte en het vandag weer een gehad. Sy is so hartseer en deurmekaar want sy kan nie verstaan hoekom dit met haar gebeur het nie. Sy is maar net 68 jaar oud, het osteoporose  en het 3 rug frakture agv die val tydens die beroerte. Die dokters is te bang om te opereer. Bid asb dat sy genees sal word. Ons het ‘n GROOT God wat wonderwerke kan doen! Sy kan gesond word! Bid asb dat dit nooit weer sal gebeur nie.
 
Anoniem 2:
 
Bid asb vir my Pa. Hy is tans oppad Kongo toe om te gaan wêrk. Dis baie gevaarlik daar, die mense oneerlik en sal jou bedrieg ten ynde jy in die tronk beland omdat jy gretig was om te wêrk. Bid asb vir beskerming en dat daar ‘n breakthrough sal kom in finansies. Hy wil so graag ‘n sukses maak en sien dit as die laaste uitweg.
 
Anoniem 3:
 
Ek wêrk tydelik as ‘n temp by ‘n wonderlike maatskappy en geniet elke oomblik! Daar is ‘n kans date k permanent aangestel kan word. Almal is gelukkig met my wêrk. Ek weet As dit God se wil is sale k die permanent epos kry. Ek wil so graag my eie plekkie kry en op my eie voete staan. Ek weet dit sal gebeur as die tyd reg is. Soms moet mens net geduldig wees.
 
Daar lê krag in gesamentlike gebed, n krag wat die Here self daaraan verleen:
“As twee van julle op die aarde oor enige saak saamstem en daaroor bid, sal my Vader wat in die hemel is, hulle dit laat kry” (Matteus 18:19)

“Be miserable. Or motivate yourself. Whatever has to be done, it's always your choice…” ~ Wayne Dyer


Haloes! J

“Be miserable. Or motivate yourself. Whatever has to be done, it's always your choice…” ~ Wayne Dyer

1 Chronicles 16:8

“Give praise to the Lord, proclaim his name; make known among the nations what he has done…”

Isaiah 55:11

“So is my word that goes out from my mouth: It will not return to me empty, but will accomplish what I desire and achieve the purpose for which I sent it…”

“The energy of the mind is the essence of life…” ~ Aristotle

“Optimism is the faith that leads to achievement. Nothing can be done without hope and confidence…” ~ Helen Keller

Ek weet nie wie van julle die #100 happy days challenge op Facebook al gesien het nie?  Ekt ‘n paar vriende wat dit gereeld oplaai, en aangesien my nuuskierigheid die oorhand gekry het, het ek dit gaan google om uit te vind waaroor dit gaan…  So vir die van julle wat nie weet nie – in kort:  WHAT:  We live in times when super-busy schedules have become something to boast about. While the speed of life increases, there is less and less time to enjoy the moment that you are in. The ability to appreciate the moment, the environment and yourself in it, is the base for the bridge towards long term happiness of any human being. 71% of people tried to complete this challenge, but failed quoting lack of time as the main reason. These people simply did not have time to be happy. Do you? WHY:  People successfully completing the challenge claimed to:  Start noticing what makes them happy every day; Be in a better mood every day; Start receiving more compliments from other people; Realize how lucky they are to have the life they have;  Become more optimistic; Fall in love during the challenge.

Hoe waar is dit nie?  Wanneer mens fokus op iets spesifieks, begin mens actually RAAKSIEN wat jy alles het om voor dankbaar te wees…  As jy elke dag dit jou missie maak om 1 iets te vind wat jou dag kleur gee, of iets waarvoor jy dankbaar is, sal mens defnitief ‘n BAIE beter en meer positiewe uitkyk op die lewe hê…  Dis SO maklik in die tye waarin ons leef om net die negatiewe dinge raak te sien…  Om negatief te wees, is ‘n doelbewuste keuse wat jy daagliks maak…  Want jy word ELKE dag gebless met NOG ‘n kans…  ‘n Nuwe kans om ‘n verskil te maak…  ‘n Nuwe kans om ‘n lewe te leef wat God jou bestem het om te hê…  ‘n Kans om iets vir iemand te beteken wat minder bevoorreg as jyself is…  Sê maar jy ‘n besig om ‘n fliek of storie te kyk en iemand wys aan jou iets uit wat uiters steurend / irriterend is?  Die feit dat jy bewus gemaak is daarvan, sal jou daarop laat fokus en jou hele ingesteldheid sal daarop wees…  Dit sal heel waarskynlik so jou aandag beslag neem, dat die fliek of storie, wat ‘n lekker “ontspannings” of “ontsnappingsgeleentheid” was, heel laaste op jou prioriteitslys sal wees…  God wil vir jou GOEIE dinge en mooi herinneringe in hierdie lewe hê…  Vir die volgende week – in plaas daarvan om te fokus op alles wat verkeerd is, fokus op die mooi dinge van elke dag, en skryf elke dag neer een ding waarvoor jy dankbaar was…  Wanneer ons fokus op God en op die positiewe en mooi dinge, is daar nie tyd om vir die negatiewe dinge space in ons brein te gee nie…

Mag God jou seen!

Blessings!

anelxx

 

 

gebedsversoeke...

Haloe julle!

Sien asb die onderstaande gebedsversoeke!  Hoop julle sal uit julle sokkies geseen word vandag!!

Iemand het gister die onderstaande vers gestuur vir almal van julle wat 'n tikkie inspirasie / hoop nodig het!  Ek dink dis awesome :)

 Psalm 40:1

'I waited patiently for the Lord. He turned to me and heard my cry for help.'

blessings!

anel

Anoniem 1

My sister Olivia is going for an operation on her knee on Monday.
 
Lorraine Whiting has been diagnosed with severe osteoporosis due to medication she has been using for years. Her skeletal system is brittle and the slightest knock could paralyse her
 
Danielle is a few days from giving birth but has started bleeding and is in severe pain. Doctors are saying its not time for the baby yet but she is scared that the bleeding could harm the baby.
 
Anoniem 2:
 
Sal julle asb bid vir my ma.  Sy is 80 jaar oud en het ‘n maand gelede ‘n katarak laat verwyder.  Na die operasie het sy dubbelvisie ontwikkel.  Sy sien alles dubbel en is as gevolg daarvan naar en dronk in haar kop.  Dit lyk op die oomblik of daar nie uitkoms is nie, maar ons weet God is almagtig.  Bid asb vir ‘n wonderwerk dat sy ten volle genees sal word.

Tuesday 25 March 2014

“Even if you fall on your face, you're still moving forward…” ~ Victor Kiam


Haloes! J
 
“Even if you fall on your face, you're still moving forward…” ~ Victor Kiam
 
Romans 10:17
 
“Consequently, faith comes from hearing the message, and the message is heard through the word about Christ…”
 
2 Chronicles 20:15
 
“He said: “Listen, King Jehoshaphat and all who live in Judah and Jerusalem! This is what the Lord says to you: ‘Do not be afraid or discouraged because of this vast army. For the battle is not yours, but God’s…”
 
“Learn from the past, set vivid, detailed goals for the future, and live in the only moment of time over which you have any control: now…” ~ Denis Waitley
 
“Our greatest weakness lies in giving up. The most certain way to succeed is always to try just one more time…” ~ Thomas A. Edison
 
Ek weet nie wie van julle al voor ‘n groep mense geval het nie??  Ekt al op meer as een geleentheid die voorreg gehad J  Maar een situasie wat werklik vir my uitgestaan het, was toe ek in Standerd 5 was (graad 7)…  Ek moes ‘n sertifikaat ontvang vir een of ander Eistedfodd waaraan ek deelgeneem het…  Al ons mense wat sertifikate gekry het moes plat op die grond voor die verhoog gesit het…  En natuurlik, toe dit my beurt was om op te staan, het ek my voete so doodgesit dat ek opgestaan het, en dadelik weer met Moeder Aarde kennis gemaak het (aangesien ek niks onder my gevoel het nie)…  Ekt so geval, stap, geval, stap tot ek op die verhoog gekom het…  Die onderhoof het nog so bleek vir my gevra – “are you allright?”  Ekt ten minste groot vermaak verskaf vir almal in die saal… J Ek dink my ma het die hardste gelag heel agter in die saal :) Om toe nou NOG by te dra tot my “embarrassment” het die hoof toe ‘n storie vertel van hoe hy op Universiteit ‘n geleentheid saam met mense ontvang het en heeltyd in ‘n bolletjie moes sit, en hoe hy toe hy by sy bestemming aangekom het, hy net uit die motor geval het… 
 
Wanneer mens val is jy geneig om met jou hande te keer – maar om met jou hande te kan keer, beteken dat jy ten minste vorentoe val – en dit beteken weer dat jy darem aanhou beweeg, te midde van jou val…  Miskien voel dit vir jou vandag of jy al nerf-af geval is…  Miskien voel dit vir jou of jy op jou laaste krag is en dat jy nie meer lus het om op te staan nie, omdat jy in elk geval weer omgeslaan gaan word deur die lewe se uitdagings…  Ekt nou die dag ‘n preek gehoor waar God belowe het dat indien Moses sy hande in die lug hou, sal die Israelite wen…  Terwyl sy hande in die lug was, het die Israelite die oorhand gehad…  Maar toe hy sy hande laat sak het, het die opposisie begin wen…  Aaron en Hur het op ‘n stadium Moses se hande vir hom in die lug gaan hou – toe hy fisies nie meer verder kon nie…  Ons het Christelike familie – ons boeties en sussies wat saam met ons kan bid wanneer dinge moeilik raak…  Dit is baie keer wat ons dra wanneer ons nie self verder kan nie – gebede van ander…  Dit is vir my so amazing die getuienisse wat deesdae deurgestuur word – wanneer ons as ‘n “Gedagteki groep” vir ander bid – hoe God antwoord…  Byt vas daar waar jy jouself tans bevind…  Hou aan bid – en kry mense om saam met jou te bid…  God antwoord, en God sal jou dra – daar waar jy nie verder kan nie…  En al het jy dalk al vir 'n tyd nou ophou glo - en voel jy super alleen en sonder hoop, weet net dat God NOOIT op sal gee op jou as mens nie...  Daar het dalk dinge in jou lewe gebeur wat jy nie kan verstaan oor hoekom God dit toegelaat het nie - maar wees verseker - NIKS gebeur sonder rede nie...  My boetie het die volgende cool quote vir my gestuur vandag - mag dit vir jou iets beteken!  God gaan vir jou deurkom - hou net aan hoop, glo en vertrou...


Blessings!
 
Anel xx
 

gebedsversoeke...

Hi julle!

Sien asb die onderstaande gebedsversoeke...  'n Vers vir inspirasie vir jou dag:  Matthew 6:8 "Do not be like them, for your Father knows what you need before you ask him."

blessings!

anel xx

Anoniem 1: 
My ouers woon in Wallis en is weg van hulle land en kinders.  My stiefpa is siek en het voltydse versorging nodig.   My ma het geweldige depressive asgevolg van hulle omstandighede en hulle is ook heel afgesonder op ‘n soort van ‘n eiland.  Hulle was verplig om daarheen te vlug nadat hulle van die plaas verjaag is in Zimbabwe.
 
Die staat het aanbeveel dat hulle na ‘n versorgingsoord toe gaan wat voltyds na hulle kan omsien.  Die probleem isegter dat daar is ‘n waglys en dit kan maande selfs ‘n jaar wees voordat hulle opgeneem kan word.
 
Ek vra dat daar asseblief gebid word dat daar binnekort ‘n opening kan kom sodat hulle opgeneem kan word. 

Anoniem 2:
 
Anel, ek die volgende gebedsversoek asb.
Ons Vader voorsien altyd. Hy is Groot en Hy is Magtig en ek loof hom, eer hom en alle aanbidding kom Hom toe wat meer kan doen as wat ons ooit kan vra. Ek sê sommer nou al dankie.
Ek is besig met voorbereiding vir my studies en vind dit moeilik om aan die begin te kom. Bid asb. vir krag en dat dit wat ek moet leer sal “stick” want ek vind dit moeilik om die goed te onthou.
En.. my man is ‘n boilermaker en het nou sy trade test geslaag en ons sê dankie vir die Here. My motor is stukkend, Dit reen in by een van ons kamers maar ons het nog dak oor ons kop so dankie aan die Here vir dit.
Ons sukkel so bietjie om deur die maand te kom so daar is nie extra geld om die goed reg te maak nie. My man soek na ander werk so ek vra asb. vir gebede.
 



Anoniem 3:
HI Anel
 Daar het sedert verlede Jaar al baie struikelblokke op my pad gekom en dit hou net nie op
Ek het wonderlike man ontmoet November 2012 en van die begin af was ons baie erg oor mekaar en is vandag baie Lief vir mekaar Hy het egter ‘n baie seerkry Lewe gehad deur dit wat sy gewese Vrou en Kinders  alles  aan Hom gedoen het dan wil ek nie eers noem hoe hulle Hom deurgebring het nie en  SY seuns doen vandag nog dieselfde  aan Hom dit is wreed en menslik  ondenkbaar Kan nie glo “n vrou en Haar kinders doen dit aan ‘n  Man en hul Pa
Anel ek vra dat julle Bid vir Ryno en daardie kinders se hande bind vir altyd sodat hierdie spel vandag moet eindig Die Ma is 7 Jaar gelede oorlde en steeds het HY haar tot aan die einde opgepas en versorg Hy het ook Hartaanval gehad Desember asb Bid dat die Liewie Heer Hom sal spaar en bewaar en dat HY net rustigheid Liefde en geluik sal ervaar  as daar een mens is wat dit verdien  dan is dit HY .Ek probeer help en ondersteun maar kan nie hul is net een te veel Ek vra elke dag vir Krag en wysheid maar hier is ‘n Hoër Hand nodig glo my dit is ongelooflik
ASB my Vriende ek vra Bid ernstig dat heirdie speletjie baie vinnige einde sal kry en alles maak dit soveel erger om te weet dit is Sy  eie kinders vir wie nog altyd net voor  goed was
Lief julle almal en Dankie jul beteken vir my oneibdig baie la ken ek julle nie op die Naam

Monday 24 March 2014

“You will never do anything in this world without courage. It is the greatest quality of the mind next to honor…” ~ Aristotle


Haloes! J
 
“You will never do anything in this world without courage. It is the greatest quality of the mind next to honor…” ~ Aristotle
 
Hebrews 13:8
 
“Jesus Christ is the same yesterday and today and forever.”
 
Psalm 18:2-3
 
“The Lord is my rock, my fortress and my deliverer; my God is my rock, in whom I take refuge,
my shield and the horn of my salvation, my stronghold. I called to the Lord, who is worthy of praise, and I have been saved from my enemies…”
 
“Always do your best. What you plant now, you will harvest later…” ~ Og Mandino
 
“You have to learn the rules of the game. And then you have to play better than anyone else…” ~ Albert Einstein
 
Ek weet nie wie van julle tans Survivor SA kyk nie?  Corne Krige is vir my die absolute voorbeeld van ‘n leier, motiveerder, “pa-figuur” maar ook vriend en konfidant…  Op sy stil en rustige manier is dit hoe hy ook sy spanlede motiveer…  Jy kan sommer ook aan sy spanlede sien, dat hulle iets van hom uitstraal in hoe hulle die game speel – die woord “integriteit” kom sommer by my op terwyl ek hier skryf…  Want soos julle wat die storie volg weet, is daar ander mense in wie se woordeskat die woord integriteit nie eens bestaan nie…  Albert Einstein het beslis nie bedoel dat jy die ‘game’ beter as iemand anders moet speel deur dit op ‘n oneerlike manier te doen nie!  Doen jou beste, op ‘n manier wat integriteit en eerlikheid weerspieel, met dit wat jy het, daar waar jy is…
 
God gee aan ons wat ons nodig het, wanneer ons dit nodig het…  Hy sal jou in geen situasie sit, sonder die nodige “tools” wat jy nodig het om ‘n sukses van die situasie te kan maak nie…  Wat jy saai sal jy maai…  Ek glo dit werklik…  Mense wat op ‘n oneerlike manier probeer “voor kom” in die lewe, sal dit dalk vir ‘n rukkie regkry, maar reg en geregtigheid geskiet ALTYD op die einde…  Slim sal sy baas vang, en die persoon sal ontvang DIT wat hy of sy gesaai het… Mens moet soos ‘n goeie skaakspeler leer, HOE jy ‘n game kan wen deur die reels toe te pas…  Miskien is jy tans in ‘n situasie waar jy voel of jy onregverdig behandel is…  Miskien het iemand jou te-nagekom, of totaal en al misbruik gemaak van jou…  Miskien tel jy nog die stukke op in jou lewe, as gevolg van die manier hoe iemand anders sy of haar lewe leef…  Miskien is jy moeg daarvoor om heeltyd te moet veg vir alles en weet jy op hierdie stadium van die geveg nie meer watter kant toe nie…  Miskien is jy moeg daarvoor om te verloor as gevolg van die feit dat jy met integriteit en eerlikheid handel…  God ken jou handel en jou wandel…  HY weet wie en wat jy is – selfs daar waar niemand jou kan sien nie…  En die wiel sal draai…  Byt vas om te leef soos slegs ‘n kind van God kan…  HY sal sorg dat dit wat jy saai, sal dit wees wat jy maai…  God hou daagliks oor jou die wag, en HY luister wanneer jy Hom aanroep…  Hy sal antwoord, en Hy sal voorsien – al lyk dit ook HOE onmoontlik…  Ons dien ‘n God wat DAAGLIKS nog wonderwerke verrig…  Toe Josef se broers hom in die put gegooi het en verkoop het, kon God hom laat sterf het…  Maar daardie gebeure was deel van God se groter plan om uiteindelik vir Josef Koning van die hele Egipte te maak…  Dat sy broers later aan hom onderdanig moes wees ten einde kos te kon koop vir hulle familie wat bitter swaar gekry het gedurende die hongersnood…  Die wiel draai – soos Gary Kieswetter al gesê het - God gaan jou “verleentheid” in ‘n geleentheid omskep - wag net geduldig vir God se tyd…
 
Blessings!
 
Anel xx
 

Sunday 23 March 2014

praise report en gebedsversoek

Hi julle,

God is werklik besig om te werk en gebede te verhoor!  Stuur asb julle getuienisse sowel as gebedsversoeke deur.

Mag jou week gevul wees met NET mooi dinge!!

blessings!

anel xx

PRAISE 1:  Hi there .
 
I hereby want to thank everyone for their prayers , all the prayers was just sooooooo powerful.  My daughter is so happy yesterday she went for an interview and after being nearly 2 years unemployed
She was appointed.  She is also with a divorce group which is helping her a lot with what she is going thru because they are all children of God and really came thru for her in a wonderful way, blessing her and the kids with all their needs.
 
My daughter in law is over her 12 weeks and is also much better because she is back at work but at least she is eating now although sometimes she will still vomit.  I can just give all the Glory and Honour to Our God.
 
Thank You Jesus you are just  A W E S O M E
 
Blessings
 
Prayer 1:  Dankie vir die mooi dagstukkie weereens vandag, Anel kan jy asb vir my bid, ek is die enigste broodwinner, my man diabetes en ons het nie geld om vir ons kossies te koop nie, ons eet noual vir twee weke net broodjies maar dit is darem kossies, mag die HERE net vir ons ‘n uitkoms gee, ons het Hopefeild toe getrek om nader aan die Here te leef want in die Kaap het ons hom nie kans gegee nie, so is met die minste tevrede net om ons VADER te loof en prys.

“Don’t limit your challenges, challenge your limits…” ~ Unknown


Haloes! J

“Don’t limit your challenges, challenge your limits…” ~ Unknown

Luke 18:27

“Jesus replied, "What is impossible with men is possible with God."

James 1:5

“If any of you lacks wisdom, he should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to him…”

"God is the only one who can make the valley of trouble, a door of hope..." ~ Christine Marshall

“If we are not a little bit uncomfortable each day, we’re not growing…  All the good stuff is outside our comfort zone…” ~ Jack Canfield

Limiete…  Daar is so baie “limiete” waarmee ons daagliks gekonfronteer word…  Spoed-limiete – wat ons as getroue wetsburgers moet nakom en waarvolgens ons moet ry ten einde ongelukke te voorkom…  Kredietlimiete – wat ons help om ons begrotings te kan nakom…  Alkohol limiet, dit wat jy mag inneem sodat jy steeds agter jou stuurwiel mag inklim…  En dan natuurlik ook die limiet op jou bagasie wanneer jy vlieg – om te voorkom dat een persoon nie 100kg saamneem en ander mense daarmee verhoed word om enige bagasie saam te neem nie…  As dit nie vir hierdie limiete was nie, sou ons in ‘n wêreld geleef het sonder reels, wat uiteindelik tot chaos kan lei…

Elkeen van ons het ook fisiese limiete – waar jou liggaam totaal en al uitgeput kan wees na ‘n oefensessie, of na ‘n baie lang dag dat jy sommer net in die bed neerval as jy by die huis kom…  Agressie limiete, waar iemand jou dalk kan opwerk, totdat jy dit net nie meer binne jou kan hou nie tot jy die punt bereik wat dan lei tot ‘n geveg…  Party van ons is nie liggaamlik so sterk soos ander nie – wat weer tot gevolg kan hê dat ons nie dieselfde tipe uitdagings as wat ander mense “kafdraf” nie, kan doen nie…  Partykeer dink ek het ons ‘n brein“blok” op sekere uitdagings waarmee ons geface word…  Ons verloor al die geveg nog voordat ons daarmee gekonfronteer word…  Of dit vanweë die grootsheid daarvan is, ons moegheid, of miskien net die feit dat ons fokus op ons swakpunte – eerder as ons sterkpunte…  GEEN uitdaging is groter as God nie…  En jy het vir God – God wat aan jou daagliks genoeg krag en genade gee vir die volgende 24 uur…  God wat ‘n situasie wat SO onmoontlik lyk, in ‘n absolute BLESSING kan verander…  God wat dinge laat gebeur, sodat jou lewe een van seen vir ander rondom jou kan word…  Miskien kort jy op hierdie oomblik wysheid…  Miskien het jy groot besluite wat gemaak moet word, en weet jy nie lekker watter kant toe nie…  Sit jou challenge in God se hande – Hy is groter as jou challenge en ook jou limiete (dit wat jy deur jou eie oë raaksien)…  Hy sal sorg – in jou donkerste nag, en in jou goorste dag – God is reeds daar…  Luke 1:37 - "For nothing is impossible with God..."

Blessings!

Anel xx

 

 

Wednesday 19 March 2014

“Don’t go where the path my lead… Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson


Haloes! J

“Don’t go where the path my lead…  Go instead where there is no path and leave a trail…” ~ Ralph Waldo Emerson

1 Peter 5:7

“Give all your worries and cares to God, for he cares about you…”

John 14:27

"I am leaving you with a gift--peace of mind and heart. And the peace I give isn't like the peace the world gives. So don't be troubled or afraid."

“Regret is not when you could not finish what you started, but regret is when you do not start what you could have finished…” ~ Apoorve Dubey

“She stood in the storm, and when the wind did not blow her away, she adjusted her sails…” ~ Elizabeth Edwards

Ek het verlede week met ‘n tannie gesels wat bietjie in Struisbaai was vir ‘n week…  Sy’t my vertel hoe sy vroegoggend gaan stap het langs die strand, en hoe sy, voordat sy by die strand aankom, so op ‘n duin gestaan het en die stuk strand sonder enige voetspore, en net die bruisende branders voor haar aanskou het…  Sy het gesê hoe dit net vir haar laat voel het dat sy saam met God kon stap, daar vroegoggend terwyl sy God se natuurskoon kon beleef en aanskou…

Dit het my sommer weer laat dink aan die immergewilde “Footprints in the sand”…  “One night I dreamed I was walking along the beach with the Lord.  Many scenes from my life flashed across the sky. In each scene I noticed footprints in the sand.  Sometimes there were two sets of footprints, other times there were one set of footprints. This bothered me because I noticed that during the low periods of my life, when I was suffering from anguish, sorrow or defeat, I could see only one set of footprints. So I said to the Lord, "You promised me Lord, that if I followed you, you would walk with me always. But I have noticed that during the most trying periods of my life there have only been one set of footprints in the sand. Why, when I needed you most, you have not been there for me?" The Lord replied, "The times when you have seen only one set of footprints, is when I carried you." ~ Mary Stevenson

Dis vir my altyd lekker om weer hieraan herinner te word…  As jy vandag na jou lewe kyk – wat sien jy op die oomblik?  Sien jy ‘n stuk strand waarop die voetspore sommer deurmekaar getrap is?  Sien jy ‘n gladde stuk strand of sien jy ‘n strand waar jy ‘n ry voetspore sien wat doelgerig op ‘n doelwit afstap?  Maak nie saak waar jy jouself vandag bevind nie – jy kan gerus wees dat God REG langs jou stap…  Wanneer dit voel of jou lewensbootjie verwoes word deur die wind van voor, volg Elizabeth Edwards se raad, en verander jou seile – sodat jy met die wind van agter kan vaar…  Partykeer verg dit net dat ons ‘n “kopskuif” moet maak sodat ons dinge in ‘n “anderste” perspektief sien…  Daardie passie wat jy in jou hart voel, die drome en doelwitte wat jy het – sit dit in God se hande…  Hy sal SORG dat dinge moet uitwerk sodat jy die grootste moontlike seen uit die situasie kan ontvang… God het jou LIEF – WEET dit vandag!

Blessings!

Anel xx

“Obstacles are those frightful things you see when you take your eyes off your goal…” ~ Henry Ford


Haloes! J

“Obstacles are those frightful things you see when you take your eyes off your goal…” ~ Henry Ford

Matthew 17:20

“I tell you the truth, if you have faith as small as a mustard seed, you can say to this mountain, 'Move from here to there' and it will move. Nothing will be impossible for you…”

Psalm 27:14

Wait for the LORD; be strong and take heart and wait for the LORD.

“Don’t ever let someone tell you that you can’t do something…  Not even me…  You got a dream, you gotta protect it…  When people can’t do something themselves, they’re gonna tell you that you can’t do it…  If you want something, go get it…  Period… ~ Will Smith (The Pursuit of Happiness film)

“Rise above the storm, and you will find the sunshine…” ~ Mario Fernandez

Ek weet nie wie van julle die “Pursuit of Happiness” gekyk het nie?  As jy nog nie het nie, doen jouself ‘n guns en maak tyd om dit te kyk…  Dis een van die inspirerendste flieks wat ek nog gekyk het…  Vir die van julle wat dit nie gekyk het nie, ek heg hier ‘n uittreksel van die storie aan – mag dit jou inspireer… “Will Smith stars in this moving tale inspired by the true story of Chris Gardner, a San Francisco salesman struggling to build a future for himself and his 5-year-old son Christopher (Jaden Smith). When his girlfriend Linda (Thandie Newton) walks out, Chris is left to raise Christopher (Jaden Smith) on his own. Chris' determination finally pays off when he lands an unpaid internship in a brutally competitive stockbroker-training program, where only one in twenty interns will make the cut. But without a salary, Chris and his son are evicted from their apartment and are forced to sleep on the streets, in homeless shelters and even behind the locked doors of a metro station bathroom. With self-confidence and the love and trust of his son, Chris Gardner rises above his obstacles to become a Wall Street legend…”

Een van die dinge wat vir my uitgestaan het in hierdie fliek, is dat Chris Gardner NOOIT opgegee het nie…  Hy het geweet dat indien hy gaan handdoek ingooi, gaan dit nie net die einde van HOM beteken nie, maar ook van enige hoop wat sy seun mag hê vir DIE LEWE…  Dit was absoluut hartverskeurend om te sien hoe hy en sy seun op ‘n stadium op ‘n treinstasie in ‘n badkamer moes slaap – net vanweë die feit dat die internskap wat hy ontvang het, geen salaris betaal het nie…  Hy het alles verloor, woonstel, vrou en sy geld, maar omdat hy sy seun in sy toesig gehad het, het hy aanhou veg… Hy’t nie toegelaat dat MENSE vir hom vertel dat hy iets nie kan doen nie…  Dit is ‘n blimp op die radar van hoe lief God ons het– onvoorwaardelik, maak nie saak WAT nie…  HY sal BERGE versit vir JOU…  Baie keer as mens groot uitdagings het wat oor jou pad kom, raak mens partykeer so vasgevang in die grootsheid van die uitdaging dat jy nie logies dink oor hoe om die uitdaging kaf te draf nie…  Iemand het my nou die dag weer herinner – hoe eet mens ‘n olifant – stukkie vir stukkieJ  Kyk na wat jy kan doen, met die tyd wat jy nou tot jou beskikking het…  Jy kan net jou beste gee – wanneer jy jou beste gegee het, SAL God sorg vir die res…  Hy sal ENIGE iets vir jou, Sy kosbare Koningskind doen…  Hy het Sy seun vir ons aan ‘n houtkruis laat hang – sodat Hy vir ONS sondes gekruisig kon word en sodat ons NOOIT daardie pyn sal hoef te ervaar nie…  Kom ons volg Henry Ford se raad deur nie ons oog van ons doelwit af te haal nie – want dit is wanneer die “obstacles” of groot uitdagings ons gedagtes verswelg…  God sal sorg…  Hy wil net die beste vir jou hê!

Blessings,

anel

 

Monday 17 March 2014

“The tallest oak in the forest was once just a little nut that held its ground…” ~ Unknown

Haloes! J

“The tallest oak in the forest was once just a little nut that held its ground…” ~ Unknown

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

1 Corinthians 14:33

“For God is not the author of confusion but of peace ... “

“It is not our ability, but persistence that ultimately leads us to our greatest achievements…” ~ Apoorve Dubey

“Things work out best for those who make the best of how things work out…” ~ John Wooden

Hierdie aanhaling is vir my super cute J  The tallest oak in the forest was once just a little nut that held its ground…  Hierdie laat my aan myself dink toe ek in die Laerskool was…  Ek en een van my vriende het krieket telling gehou vir ons onder 13/A span.  Die ander span se tellinghouer het my aangevat aan die einde van die wedstryd oor ‘n paar lopies wat hy ekstra gehad het op sy “score card”.  Ek en my vriend het heeltyd met mekaar geverifieer, en ekt voor my siel geweet dat daar GEEN kans is dat ons verkeerd was nie…  Ekt soos ‘n bulldog op my punt gestaan en volgehou dat ons telling verseker reg was – wat reg is, is reg…  Die ander span se tellinghouer het later moed opgegee… 

Staan jy jou “ground”?  Met dit bedoel ek – staan jy vir dit waarin jy glo, of laat jy toe dat mense jou stoomroller met hulle idees en dit wat hulle glo?  Hiermee sê ek NIE dat ander mense en hulle idees nie ‘n kans gegee moet word nie – wat ek bedoel is of jy jou beginsels en dit waarin jy glo, so hoog ag, dat jy sal veg vir dit wat reg is?  Saam met hierdie wil ek vra of die boundaries wat balans in jou lewe toelaat – of jy dit duidelik uitgestippel het?  Ek het op ‘n keer ‘n preek gehoor waar die predikant gesê het – Christene laat baie keer toe dat mense misbruik maak van hulle goedheid…  Net omdat jy ‘n Christen is, beteken dit nie jy moet ‘n vloermat vir ander mense moet wees nie – dis nie wat God vir jou lewe wil hê nie…  Hy wil vir jou ‘n VOL lewe hê – dae wat gevul is met LEWE…  Dis nie verkeerd vir ‘n Christen om somtyds NEE te sê nie…  Moenie uitmis op spesiale tye saam met geliefdes, waar jy ewigheids memories kan maak om tyd te spandeer op dinge wat nie vir jou ENIGE ewigheidswaarde het nie…  God ken jou hart…  Jy moet jou lewe probeer lewe, dat wanneer jy aan die einde van jou lewe kom, jy met ‘n geruste hart kan sê – ek’t werklik GEEN REGRETS nie…  Ek weet om die boundaries in plek te sit, sal dalk moeilik wees vir sommige van ons (myself inkluis!)…  Maar wanneer jou lewe so uit balans raak wanneer jou tyd saam met God daaronder begin ly, is ‘n duidelike teken dat strenger “boundaries” in plek gesit moet word…  Mens besef nie – maar partykeer raak jy ‘n beter werker, deur ‘n blaaskans te neem…  Wanneer jy varser is, kry jy weer BAIE meer gedoen in ‘n baie korter tyd…  Wanneer jy tyd het vir rustig wees, tyd wat jy saam met God kan spandeer, saam met geliefdes, en vriende, laai dit weer jou battery, sodat jy voldoende energie sal hê, om jou dagtaak met ywer en vol energie uit te voer!  Sodat ons aan God eer kan bring, en sodat ons, VOL lewens kan lei, ten einde NO REGRETS te hê…  Sit vir God in Sy waardige plek – eerste in jou lewe…  Wanneer Hy EERSTE is, sal Hy sorg vir AL die ander dinge – die deurmekaargeit van jou lewe, die probleme of uitdagings waarmee jy daagliks gekonfronteer word, die hope werk wat net nie end kry nie en jou sukkelende verhoudings of familie lewe om weer in plek te val…  God is GROTER as ENIGE iets wat hierdie week oor jou pad mag kom…

Blessings!

Anel xx