Thursday 31 October 2013

“Today is the oldest you have ever been and the youngest you will ever be…” ~ Unknown


Haloes! J

“Today is the oldest you have ever been and the youngest you will ever be…” ~ Unknown

Acts 2:28

“You have made known to me the paths of life; you will fill me with joy in your presence…”  

Ephesians 3:20-21

“Now all glory to God, who is able, through his mighty power at work within us, to accomplish infinitely more than we might ask or think. Glory to him in the church and in Christ Jesus through all generations forever and ever! Amen…”

“Courage doesn’t mean you don’t get afraid…  Courage means you don’t let fear stop you…” ~ Bethany Hamilton

“When we are weak, God will shine His strength through us…” ~ Bethany Hamilton

Hierdie aanhaling was vir my priceless!  Vandag is die oudste wat jy nog ooit was, maar dit is ook die jongste wat jy vir die res van jou lewe sal wees J  Ek hou van verjaarsdae…  Dis vir my fantasties dat God ‘n HELE dag vir jou as mens uitgesit het, wat tot beskikking is om jou lewe te CELEBRATE…  Dis nie noodwendig die jare wat jy moet tel nie, maar die feit dat jy lewe, en dat jy in die hier en nou iets kan beteken vir die wêreld…  Elkeen van ons is met ‘n spesifieke doel deur God geskape…  Soos wat ‘n koek, sekere bestandele nodig het ten einde ‘n KOEK te wees, so is ELKEEN van ons nodig om die Liggaam van Christus te vorm…  Sonder een van ons, sal dit wees soos om ‘n koek sonder meel of eiers te bak…  Dit sal een groot flop wees…

Miskien het hierdie wêreld met sy negatiweit en sinisme, jou kom oortuig dat die wêreld jou nie nodig het nie, of dat jy dalk nie onmisbaar sal wees, as jy nie meer daar is nie…  Miskien voel jy op moedverloor se vlakte, omdat dit vir jou voel of jou gebede teen die dak vasgaan en jy nog nie weet WAAR en HOE God jou wil gebruik, of HOE jou lewe gaan uitdraai nie…  Hou aan bid, hou aan vra…  God het jou nie toevallig op hierdie aardbol laat verskyn nie – jy is deel van Sy koninkryk, en liggaam van Christus…  Soos ons aardse liggame ook is – moet al die organe, bloedvate en hartklop saamwerk vir die liggaam om te leef…  Miskien voel jy vandag of jy nêrens inpas nie en dat jy net nie meer die punt sien nie…  God sal jou wys wat die punt is – al wat jy moet doen is om Hom daarvoor te vertrou…  Jeremiah 29:11 – For I know the plans I have for you – plans to give you hope and a future!  Hierdie vers is nie net vir “sekere mense” van toepassing nie…  Dis vir ELKEEN van ons wat bely dat ons kinders van God is…   Dis altyd te vroeg om moed op te gee…  Raak stil by jou Hemelse Pappa en laat Hom toe om jou te dra waar jy nie verder kan nie, te lei waar jy geen pad kan sien nie, dat Hy jou gebroke hart kan heelmaak en jou seën met alles wat Hy vir jou het!   Moenie vaskyk in alles wat verkeerd is nie – plaas jou fokus op God… NIKS, maar NIKS is vir Hom onmoontlik nie…

Blessings!

Anelli**

Wednesday 30 October 2013

“If you want to test your memory, try to recall what you worried about one year ago today…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“If you want to test your memory, try to recall what you worried about one year ago today…” ~ Unknown
 
Romans 8:38-39
 
“And I am convinced that nothing can ever separate us from God’s love. Neither death nor life, neither angels nor demons, neither our fears for today nor our worries about tomorrow—not even the powers of hell can separate us from God’s love. No power in the sky above or in the earth below—indeed, nothing in all creation will ever be able to separate us from the love of God that is revealed in Christ Jesus our Lord…”
 
2 Corinthians 4:16-18
 
“Therefore we do not lose heart. Though outwardly we are wasting away, yet inwardly we are being renewed day by day.  For our light and momentary troubles are achieving for us an eternal glory that far outweighs them all. So we fix our eyes not on what is seen, but on what is unseen. For what is seen is temporary, but what is unseen is eternal…”
 
“Miracles start to happen when you give as much energy to your dreams as you do to your fears…” ~ searchquotes.com
 
“Think like a queen…  A queen is not afraid to fail…  Failure is another steppingstone to greatness…” ~ Oprah Winfrey
 
Ons is daagliks vasgevang in ‘n rat-race…  Ons jaag van punt A na punt B om seker te maak dat ons alles afhandel, en in die proses, hou die dinge wat ons bang of bekommerd maak, hou ons heelnag wakker…  Dit het weer tot gevolg dat jy die volgende dag, moeg begin, en wanneer mens moeg is, voel probleme baie groter, pyn baie seerder en hartseer baie feller…  Ek dink as ons moet opnoem alles wat ons bang of bekommerd maak, sal die lys nimmereindigend wees… 
 
Waaroor voel jy bang of bekommerd vandag?  Maak sommer ‘n lys nou daar waar jy sit…  Wanneer jy klaar jou lysie het, wil ek verder weet – is daar enige iets wat jy kan doen omtrent die dinge wat jou bekommerd maak of is dit alles dinge wat buite jou beheer is?  Indien daar iets is wat jy kan doen daaromtrent – doen dit, en sorg op die manier dat jy dinge op ‘n pro-aktiewe manier uitsorteer…  As dit iets is wat buite jou beheer is – soos dinge wat moontlik kan gebeur as dit en dat gebeur, gaan op jou knieë en gee dit oor in God se hande…  Hy is die houer van ons toekoms in Sy hande…  Hy kan ‘n onmoontlikheid, in ‘n moontlikheid verander…  As ek moet terugdink aan dinge waaroor ek ‘n jaar terug die tyd bekommerd was, moet ek eerlik sê dat ek miskien een of twee goed onthou…  Needless to say – dit was dus GROOT goed…  Die klein goed (jakkalsies), wat ons daagliks so bekommerd het, sal jy nie eens oor ‘n jaar vandag kan onthou nie…  Moenie toelaat dat jou bekommernisse jou weerhou daarvan om in die hier en nou te lewe nie…  Doen wat jy kan, met die dinge wat jy het…  Vir als wat jy dink jy nodig het en nie het nie – het jy iets BAIE beters in jou lewe…  Jy’t vir God…  En Hy sal jou NOOIT los nie…  Jy is vir Hom hopeloos te kosbaar…
 
Blessings!
 
Anelli**

gebedsversoeke



Haloe julle!

 

Hier is weer 'n paar gebedsversoeke wat ek wil vra dat julle sal saambid voor:


1.  Anonieme persoon het gevra dat ons vir hul ma bid.  Sy is die mees ongelooflikste vrou, met woema en ‘n “zest for life” soos geen ander  - altyd positief en sien net die mooi in almal raak – ‘n ware herion in my oë.  Sy het ongelukkig ‘n kroniese long siekte wat haar vreeslik agteruit laat gaan en swak maak (nog nooit het sy aan ‘n sigaret geraak nie) – dit gaan die einde van haar beteken oor ‘n paar jaar, maar ek glo in God se krag en dat daar ‘n wonderwerk sal gebeur. 

 

2. Anonieme persoon het gevra dat ons moet bid vir 'n verhouding wat ten einde geloop het.  Die persoon is steeds baie lief vir hul ander helfte, en wil he ons moet bid vir hulle.

 

3.  Anonieme persoon:  Oom wat in die hospitaal is, wat breingewas operasie ondergaan het.  Bid vir 'n volledige herstel, en dat die kopsere sal verdwyn.

 

4.  Anonieme persoon:  Iemand se suster is met kolonkanker gediagnoseer, en word vandag geopereer.  Dra haar asb op aan God, dat Hy sal voorsien.  Kom ons gee haar volkome oor in God se hand.

 

5.  Anonieme persoon:  Iemand wat verskriklik sukkel met hoofpyne wat nie wil weggaan nie.  Toetse van dokters lewer niks op nie.  Bid asb dat dokters sal kan vasstel wat aangaan en dat die persoon ten volle genees sal word.
 
Ons vra al hierdie dinge van God, nie omdat ons dit verdien nie, maar alleen uit Sy groot genade...  Mag God se wil geskied in elkeen van hierdie mense se lewens...

Mag julle 'n baie geseende daggie he!!!

blessings!

anel**

 
 

Tuesday 29 October 2013

“Never put the key to your happiness in someone else’s pocket…” ~ Unknown


Haloes! J

“Never put the key to your happiness in someone else’s pocket…” ~ Unknown

Psalms 37:4

“Delight yourself also in the LORD: and he shall give you the desires of your heart…”

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.”

“The happiest people don’t necessarily have the best of everything… They just make the best of everything they have…” ~ Dandelionquotes.com

“Sometimes, the things you are most afraid of are the things that make you the happiest…” ~ Dandelionquotes.com

Waarin vind jy jou geluk?  In ander mense, soos jou lewensmaat, ou, meisie of vriende?  In jou werk, of in geld?  Wanneer dinge uitwerk soos jy dit wou hê?  In sport, of wanneer jy jou stokperdjie of passie uitleef?  Of kom ek stel die vraag andersom – wat is die dinge wat jou ongelukkig maak?  Jou verhoudings, jou werk, jou siekte, of siekte van ‘n geliefde, gebrek aan geld, gebrek aan liefde, gebrek aan rigting, dinge wat net nie in plek wil val nie, of jou finansiële moeilikheid?  Al hierdie genoemde dinge, kan wees soos ‘n boei (ronde gietyster bal) wat aan jou voet vasgeboei is en wat jy daagliks met jou moet saamsleep…  Waar JY gaan , daar gaan die boei ook…  Jy kan ook nie vinnig beweeg nie, want daar waar jy gaan, moet jy dit saamsleep…  Dit kan jou ook baie keer “terughou”, en in die proses weerhou van die goeie goed wat God vir jou lewe bestem het…

Ons dae is baie keer ook ‘n illustrasie van die bogenoemde…  Ons sal opstaan met die beste voornemens, maar dan kan EEN iets gebeur wat ons ongelukkig maak, en ons sal sommer die dag dan al afskryf as SLEG…  Al is dit dalk vroeg in die dag – sal ons die dag nie verder ‘n kans gee nie…  Liewe vriend en vriendin – God het vir elkeen van ons gesterf, aan ‘n Houtkruis…  Hy het gesterf vir alles wat verkeerd is in die wêreld asook vir die dinge wat verkeerd is in ons lewens…  Hy het ons al LANKAL vergewe en die Houtkruis is ‘n simbool van HOE groot Sy liefde vir my en jou is (elkeen van ons)…   Los die boei agter…  Laat God toe om dit vir jou af te knip, en sit die dinge wat jou bangmaak, en weerhou daarvan om ‘n vol lewe te hê, by God se voete neer…  Moenie uitmis op al die blessings, liefde, genade en VOL lewe wat God vir jou het, omdat jy jou geluk in aardse dinge of mense plaas nie…  God is groter…  God en die feit dat ons Sy kinders en erfgename is, is rede vir ‘n glimlag op jou gesig vandag…  Hy het jou ONEINDIG baie lief!  En maak nie saak WATSE storm of opdraende vir jou wag nie – God sal jou beskerm sodat jy ongedeërd daar sal uitkom…

Blessings!

Anelli**

Monday 28 October 2013

"Sometimes you need to do what you're afraid to do..." ~ Quotediary.me


Haloes! J
 
“Sometimes you need to do what you’re afraid to do…” ~ Quotediary.me
 
1 Chronicles 28:20
 
“David also said to Solomon his son, "Be strong and courageous, and do the work. Do not be afraid or discouraged, for the LORD God, my God, is with you. He will not fail you or forsake you until all the work for the service of the temple of the LORD is finished…”
 
Psalm 56:3-4
 
“When I am afraid, I will trust in you.  In God, whose word I praise, in God I trust; I will not be afraid. What can mortal man do to me?”
 
“When something bad happens, you have three choices…  You can either, let it define you… Let it destroy you or let it strengthen you…” ~ searchquotes.com
 
“It’s the scary choices that end up being the most worthwhile…” ~ Melissa Joy Kong
 
As jy terugdink oor die jaar wat verby is, en alles wat in jou lewe gebeur het, is dit moontlik nie presies wat jy ingedagte gehad het aan die einde van 2012 nie…  Aan die einde van ‘n jaar, is dit so lekker om te kan droom oor wat op jou wag in die nuwe jaar – dis soos ‘n VARS nuwe hoofstuk in boek…  Skoon blaaie, waarop geen merk nog gemaak is nie…  Vol geleentheid, hoop en baie keer, besit ons NUWE lewenskrag – te danke aan ‘n goeie ruskans gedurende Desember…
 
Ons het geen versekering van hoe die toekoms sal uitdraai nie…  Al waarvan ons versekering het, is WIE ons toekoms in Sy hand vashou…  Hierdie aanhaling van searchquotes.com slaan vir my die spyker op die kop!  Wanneer uitdagings oor ons pad kom, is daar 3 maniere om dit te hanteer – dit kan jou definieer (met ander woorde – jou hele lewe sal deur die uitdaging “ge-rule” word) of dit kan jou heeltemal vernietig…  Dit kan jou kom stroop van jou hoop, en jou geloof in God…  Dit kan vir jou kom vul met negatiwiteit, hartseer en gebrokenheid…  Die laaste opsie wat ons het, is dat uitdagings of moeilike dinge, ons kom sterk maak…  Hoe doen ek dit?  Deur 1 dag op ‘n slag te lewe…  Deur vir God aan die stuur van jou lewe te plaas, en Hom toe te laat om jou te lei, waar Hy jou wil hê en waar Hy jou wil gebruik…  Deur ALLES in jou lewe  in God se hand te sit en Hom onvoorwaardelik te vertrou…  Selfs al maak dinge nie vir jou lekker sin, of al kan jy nie sien hoekom sekere dinge in jou lewe moet gebeur nie – vertrou vir God…  Noag het vir God al vertrou, al het hy net droogte en dorheid gesien…  Hy was gehoorsaam deur ‘n ark te begin bou, volgens God se voorskrifte, al was daar nie ‘n beduidenis van reën nie…  Moenie so bang wees vir die verkeerde besluit, dat jy op die ou end geen besluit neem nie…  God is ALTYD net ‘n gebed ver…  En jy kan met Hom praat – anytime, anywhere…  Jy hoef nie ‘n afspraak te maak, of te wag totdat die telefoonlyn nie meer beset is nie…  God is ALTYD by jou…  En met die uitdagings wat die lewe oor ons pad stuur, sal Hy ons help om dit dag vir dag te hanteer, sodat ons sterker, meer karaktervolle mense sal kan wees…
 
Blessings!
 
Anelli**
 

Sunday 27 October 2013

"You have to do what is right for you... No one walks in your shoes..." ~ Unknown

Haloes! J

“You have to do what is right for you…  No one walks in your shoes…” ~ Unknown

Psalms 28:7

“The Lord is my strength and my shield; in him my heart trusts, and I am helped; my heart exults, and with my song I give thanks to him…”

Proverbs 3:5-6

“Trust in the Lord with all your heart, and do not lean on your own understanding. 6 In all your ways acknowledge him, and he will make straight your paths…”

“The 3 C’s of life: Choices, Chances, Changes…  You must make a choice to take a chance or your life will never change…” ~ Unknown

“You’ve only got three choices in life: Give up, give in or give it all you’ve got…” ~ Unknown

Was jy al in die situasie waar jy iemand anders se skoene moes dra?  Dit kan sommer baie ongemaklik wees, as jou voete nie dieselfde vorm, of grootte is as die person wie se skoene jy aantrek nie…  Of wanneer jy nuwe skoene koop, en dit baie styf om jou voete sit, omdat dit nog eers “uitgetrap” moet word, en die vorm van jou voete sal moet aanneem…  Partykeer sal dit meer as een keer se dra verg om “uitgetrap” te kan word ten einde gemakliker te sit aan jou voete…  Die gevolg van beide situasies, is dat jy kan blase kry, of jou voete SO stukkend skaaf, dat jy vir ‘n tyd lank ander skoene sal moet dra, sodat jou voete eers sal kan herstel…

God het aan elkeen van ons, die vermoë gegee om besluite te kan maak…  Hy het ook aan elkeen van ons, LEWE gegee…  Wat ons met die tyd doen wat aan ons geskenk is, is  “up to us”…  Partykeer, wanneer ons met GROOT dinge gekonfronteer word, en in die proses moeilike besluite moet neem, is dit baie maklik om vir MENSE rondom ons te vra – wat staan my te doen??  Of wat sou jy doen??  Watter keuse moet ek maak??  Ons raak partykeer so vasgevang in die grootsheid van die besluit, dat ons paniekbevange raak omdat ons nie weet watter keuse om uit te oefen nie…  Die realiteit is – die persoon wat namens jou kies – gaan nie die pad stap nadat die keuse uitgeoefen is nie…  Dis JY wat met jou keuses  vir jou ‘n toekoms moet bou, en wat steeds voluit aan JOU lewe sal moet leef…  God is die ENIGSTE persoon wat daagliks saam met jou sal stap…  Die enigste persoon van wie ons VERSEKER kan weet wat daar sal wees wanneer ons val, of daar sal wees om ons trane af te droog, sou ons dalk verkeerde besluite neem…  God sal dinge kan omswaai in jou guns, dat ‘n verkeerde besluit, nie noodwendig ‘n doodloopstraat sal wees nie, maar slegs ‘n “detour” na jou eindbestemming…  As jy nie weet watter kant toe nie, of wat om te doen nie, gaan op jou knieë…  God sal vir jou sorg!!  Trek jou eie skoene aan – en stap met volharding die pad waar God jou lei om te stap…  Maak besluite vir JOU - dinge wat JOU gelukkig sal maak...  Dis JY wat op die ou end met jou besluite moet saamleef - nie al die mense wat so baie te se het oor jou lewe nie...  God sal jou deur die “uittrap van skoene” fase help, sodat jy al die blessings wat Hy vir jou in store het, sal kan ontvang!

Blessings!

Anelli**

 

 

Thursday 24 October 2013

“Spending today, complaining about yesterday, won’t make tomorrow any better…” ~ Unknown

Haloes! J

“Spending today, complaining about yesterday, won’t make tomorrow any better…” ~ Unknown 
 
2 Corinthians 12:9
 
My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness.
 
1 Peter 5: 7-10
 
“Cast all your anxiety on him, because he cares for you. Discipline yourselves, keep alert. Like a roaring lion your adversary the devil prowls around, looking for someone to devour. Resist him, steadfast in your faith…  And after you have suffered for a little while, the God of all grace, who has called you to his eternal glory in Christ, will himself restore, support, strengthen, and establish you…”
 
“God puts rainbows in the clouds so that each of us - in the dreariest and most dreaded moments - can see a possibility of hope…” ~ Maya Angelou
 
“Hope is patience with the lamp lit...”  ~Tertullian

Ons is nou in daardie “crunch tyd” stukkie van die jaar…  Die dae is lank, geduld is min, en ons weet nie aldag waar ons die krag vandaan gaan kry om die jaar enduit te sien nie…  Wanneer ons moeg is, is die uitdagings groter, die teleurstellings feller en ons uithouvermoë baie minder…  Dis baie maklik om net die tyd te begin “omwens”, dae te tel, en te wens vir die nuwe begin wat die nuwe jaar vir ons sal bring…  Ons raak ook baie keer so vasgevang in GISTER, dat ons vergeet van vandag, en nie uitsien vir wat die dag van môre sal bring nie…  Miskien is 2013 nie gewees wat jy gehoop het dit sal wees nie…  Miskien was daar drome en doelwitte wat jy gehad het, wat nogsteeds op jou drome en doelwit lysie sit…  Miskien het jy probeer, maar het jy meer mislukking gesmaak as enige iets anders die afgelope jaar…  Miskien is jou hart gebreek, en weet jy nie hoe jy weer al die stukke bymekaar gaan kry nie…  Miskien voel jou lewe so deurmekaar, dat jy nie weet HOE jy hom weer agtermekaar sal kry nie…
 
Daar is net een plek om te begin – BY GOD…  Wanneer ons Hom in plek sit, sal Hy sorg dat al die ander dinge weer in plek val…  Hy sal jou lewe van chaos kom orden – jou kom wys waar om te begin, en hoe om vorentoe te stap…  Maak vir Hom tyd in jou daaglikse gejaagdheid…  Gaan sit by Sy voete, en laat Hom toe om te werk in jou lewe…  Ons dink ons weet baie keer wat ons nodig het om gelukkig te wees – maar baie keer, is dit juis die dinge wat ons so graag wou gehad het, wat die hoofbron van ons ongelukkigheid is…  Die jaar is nog nie verby nie – en daar is steeds tyd om jou drome waar te maak, en om jou lewe voluit te lewe…  Gee die stukke vir Jesus – Hy kan ENIGE iets wat gebreek is, weer heel maak…  Bid oor jou lewe, vertel vir God wat jou bangmaak, vertel Hom van dit wat jy nie verstaan nie, en dit wat net nie sin maak nie…  Gee jou finansies, werk, pyn, liefde, hartseer, siekte en geliefdes in Sy hande…  Hy sal die laaste stuk van 2013, ‘n blessing op jou lewe laat wees, wanneer jy Hom toelaat!  God het jou oneindig baie lief en Hy wil NET die beste vir jou lewe hê!  Gee die laaste stukkie van 2013 in God se hande – laat Hom toe dat Sy wil in jou lewe kan geskied!

Blessings vir jou!

Anelli**

 

 

 

 

 

 

 

Wednesday 23 October 2013

“Never give up… there is no such thing as an ending… just a new beginning…” ~ Unknown


Haloes! J

“Never give up… there is no such thing as an ending…  just a new beginning…” ~ Unknown

Luke 12:6-7

Are not five sparrows sold for two pennies? Yet not one of them is forgotten in God's sight. But even the hairs of your head are all counted. Do not be afraid; you are of more value than many sparrows.

Philippians 4:6-8

Do not worry about anything, but in everything by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known to God. And the peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and your minds in Christ Jesus. Finally, beloved, whatever is true, whatever is honorable, whatever is pleasing, whatever is commendable, if there is any excellence and if there is anything worthy of praise, think about these things.

“Hope is the little voice you hear whisper “maybe” when it seems the entire world is shouting “no”!” ~ Unknown

“Hope means expectancy, when things are otherwise hopeless…” ~ G.K Chesterton

Ek hou van televisie-vervolgreekse…  Dis ‘n lekker manier om te ontspan, en om vir 45 minute net te vergeet van die “rat-race” waaraan ons daagliks deelneem…  Wat vir my gewoonlik die amazingste is, is hoe die reggiseurs altyd die vermoë het om ‘n reeks te laat eindig, wat jou op die punt van jou stoel agterlaat, en WENS dat jy kan weet wat volgende gaan gebeur…  Die gevolg is gewoonlik dat jy ‘n goeie paar maande of langer gaan moet wag vir die volgende reeks om sy verskyning te maak!

Is ons lewe nie baie keer ‘n spieëlbeeld van hierdie nie??  Daar gebeur dinge wat ons lewens somtyds omverwerp, en ons sal ENIGE iets gee om net op daardie oomblik te kon weet dat ALLES op die ou end gaan uitwerk, en dat die dinge in plek sal val…  Die hartseer ding is, dat ons NIE weet nie…  Wat ons WEL weet, is WIE ons toekoms in Sy hande hou…  En ons weet dat God ons NOOIT alleen sal los nie…  Hy is ALTYD by ons…  Vir my is een van die moeilikste dinge seker om te WAG…  As jy weet wat jy wil hê, wanneer jy dit wil hê, en as jy dink jy weet dat daardie “iets” wat jy so graag wil hê vir jou SAL blessing bring, is dit BAIE moeilik om te moet wag totdat dit vir jou gebeur…  God se timing is egter NOOIT uit of laat nie…  Hy weet WAT jy nodig het, maar selfs BETER – HY weet WANNEER jy dit nodig het…  Hy sal niks sonder rede laat gebeur in jou lewe nie – SELFS al lyk dit vir jou asof dit absoluut GEEN sin maak nie!!  JY kan versker weet vandag dat Hy jou deur ENIGE iets sal kry…  Selfs al sien jy net donkerte – God sien dan sterre…  Hy sal sorg vir uitkoms, en deurbrake, wanneer die tyd daarvoor reg is… Hy stap daagliks voor ons uit om ons pad gelyk te maak…  Hy is agter jou, om te keer dat jy val…  HY is onder jou, om jou op te tel en te dra waar jy nie verder kan nie, en Hy is bo jou, om jou te lei, na waters van seën en rus in jou lewe…  Dis altyd te vroeg om moed op te gee – our God is an awesome God…  HE specializes in the impossible, in order for us BE a breakthrough and to bless those around us with our testimony…  There were you see only a dead end – God WILL make a way…  Our God is able…

Blessings!

Anelli*

Tuesday 22 October 2013

“You’ll never be brave if you don’t get hurt… You’ll never learn if you don’t make mistakes… You’ll never be successful if you don’t encounter failure…” ~ Unknown

Haloes! J

“You’ll never be brave if you don’t get hurt…  You’ll never learn if you don’t make mistakes…  You’ll never be successful if you don’t encounter failure…” ~ Unknown

Jeremiah 32:27

“See, I am the Lord, the God of all flesh; is anything too hard for me?”

Matthew 6:8b, 31-34

“Your father knows what you need before you ask him. So do not worry, saying 'What shall we eat?' or 'What shall we wear?' For the pagans run after all these things, and your heavenly Father knows that you need them. But seek first his kingdom and his righteousness, and all these things will be given to you as well. Therefore do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about itself. Today's trouble is enough for today…”

“Keep your thoughts positive because your thoughts become your words…  Keep your words positive, because your words become your behaviour…  Keep your behaviour positive, because your behaviour becomes your habits…  Keep your habits positive, because your habits become your values…  Keep your values positive, because your values, become your destiny…” ~ Mahatma Gandhi
 
“H.O.P.E – Hold on, pain ends…” ~ Unknown 

Ek’t ‘n pragtige storie om met jou te deel vandag… Dis ‘n forward email wat ek ontvang het, wat ‘n gedagteki op sy eie is…  Jesus het jou BAIE lief!  En dit wat IN jou is, maak van jou die mens wat jy is… God weet wat jy nodig het, nog voordat jy dit van Hom vra – en Hy wil JOU gebruik, foute en al…  Want ons waarde lê nie in ons “perfektheid” nie…  Maar in die liefde wat God vir ons het en die feit dat Hy elkeen van ons gebruik NES ons is…  Jy, met ALLES in jou is ONMENSLIK spesiaal...  God het jou met 'n baie spesifieke doel en plan geskape en wil jou gebruik...  Elkeen van ons het ander dinge wat jou uniek maak en saam vorm ons almal die Liggaam van God... 

“Dit is 'n pragtige winters oggend in Mosselbaai. Ek sit op 'n rots ek woel my vingers deur die miljoene skulpies op die strand.  Die kinders speel net 'n entjie vêrder en terwyl ek hulle dophou voel ek hoe die vrede van die omgewing oor my spoel.  Die seelug is verbasend warm en die klanke van laggende kinders, sagte branders en 'n skertsende seemeeu vul die stiltes. ‘n Opgewonde labrador kom verby gebons en spring pens en pootjies binne-in 'n rots poel. Terwyl ek die bedrywighede op die strand dophou, maak ek 'n hand vol perfekte klein skulpies bymekaar.  Hulle is nog nie stukkend gemaal deur die branders of verweer deur die son en sand nie. Die kinders kom nader gehardloop en my dogtertjie gee vir my 'n hand vol skulpies om te hou.  Ek vou my hand oop en kyk na dit wat sy bymekaargemaak het.  Daar is miskien een heel skulpie, die res is stukkend.  Party is verbleik deur die son en ander is glad gemaal deur die die golwe. “Kyk mamma!" sê sy, terwyl sy die skulpies een vir een op die rots langs my pak. “Hierdie twee is pienk, dis my beste kleur. Die drie oranje skulpies is vir my niggies. Hierdie enetjie is grof soos pappa se baard en die wittetjie is sag soos jy.  Die bloue is vir  boetie want dis sy beste kleur."Sy hou 'n verbleikte verweerde stukkie skulp teen die lug en sê "Hierdie ene is die mooiste… " Het jy gesien dis 'n hartjie mamma? "  Ek dink die see maak partykeer hartjies van stukkende skulpies en dan tel mense dit op en dan onthou hulle dat Jesus vir hulle lief is."  Sy draai om en hardloop terug strand toe.  Ek kyk haar agterna terwyl ek my hand vol perfekte skulpies oopvou… Waarom streef ons so na perfektheid as dit in werklikheid nie bestaan nie?

Ons sloof onsself daagliks af om te bou aan die illusie van 'n perfekte prentjie, die perfekte huis, die perfekte kinders om maar net oor en oor teleurgestel te word deur die onbereikbare leegheid daarvan.Dis asof niks in die wêreld mens vervul nie.  Die woord praat egter van 'n geskenk, 'n heerlike geheimenis waar daar perfekte vervulling is: Kol 1:27…  God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. Ons geskenk is die teenwoordigheid van Christus in ons. Dis so groot dat ons dit nie eers kan begin om dit werklik te verstaan nie. Ek het eendag die volgende verduideliking gehoor:  Die geskenk van Jesus Christus in ons is soos om 'n diamantring in 'n checkers sak toe te draai. Die verpakking verminder nie die waarde van die inhoud nie.Om Christus in ons te hê, verander nie wie God is nie, maar dit verander wel wie ons is. Dit verander wat ons doen, hoe ons praat en waarheen ons op pad is. Ek kyk weer na my hand vol perfekte skulpies en ek gooi hulle oor my skouer.  My dogtertjie se verweerde en vernielde skulpies het soveel meer waarde as 'n hand vol perfekte skulpies.  Haar skulpies het betekenis en vertel 'n storie van die liefdes in haar lewe.Net so is ons, met ons tekortkominge en foute baie meer werd omdat Jesus Christus in ons woon.  Ten spyte daarvan dat ons deur die lewe verbleik en verweer is, vertel ons ook 'n storie.  Die mooiste storie oor oneindige liefde en 'n Man van Nasaret wat die dood oorwin het en wat die wêreld se hoop is op heerlikheid!”

Blessings!

Anelli**

 

 

 

 

 

 

Monday 21 October 2013

“Life is like a hourglass… Eventually, everything hits the bottom and all you have to do is wait it out until someone comes along and turns it around…” ~ Unknown


Haloes! :)
 
“Life is like a hourglass…  Eventually, everything hits the bottom and all you have to do is wait it out until someone comes along and turns it around…”  ~ Unknown
 
Proverbs 18:10
 
The name of the Lord is a strong tower; the righteous run into it and are safe…
 
Isaiah 40:28-31
 
Do you not know? Have you not heard? The Lord is the everlasting God, the Creator of the ends of the earth. He will not grow tired or weary, and his understanding no one can fathom. He gives strength to the weary and increases the power of the weak. Even youths grow tired and weary, and young men stumble and fall; but those who hope in the Lord will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint.
 
“In the book of life, the answers aren’t in the back.” ― Charlie Brown
 
“Don’t lose hope…  When the sun goes down, the stars come out…” ~ Unknown
 
Ek is seker daarvan dat baie van julle al 30 Seconds gespeel het?!  Vir die van julle wat nie weet wat dit is nie – dis ‘n bord-speletjie, waar jy 30 sekondes het, om 5 woorde te beskryf aan ‘n spanmaat, sonder om die woord te gebruik wat op die kaartjie staan, terwyl ‘n uurglasie 30 sekondes aftel…  Bv die woord Kaapstad, kan ek beskryf deur te sê – “Plek waar Tafelberg, Robbeneiland ens aangetref sal word.  Die aantal begrippe wat julle as span dan kon verduidelik en regkry, sal die aantal “plekke” wees wat jy kan aanskuif op die speletjie bord…  Mens besef wanneer jy 30 sekondes het, HOE kort tyd eintlik is…  Want dis baie keer nie ‘n gebrek aan kennis wat maak dat jy deur die kaartjie kan draf nie, maar ‘n gebrek aan tyd…  Die teenoorgestelde is natuurlik ook waar – as jy nie die woorde ken op die kaartjie nie, en nie ‘n benul het hoe om dit te verduidelik aan ‘n spanmaat nie, kan 30 sekondes, soos 30 ure voel J  Al waarvoor mens dan kan hoop, is dat die ander span ook ‘n moeilike kaartjie moet kry, en jou span sal kan “opmaak” in die volgende rondte…
 
Die uurglas word elke dag omgedraai in ons lewens…  Ons word elke oggend wakker met 86,400 sekondes – 'n NUWE DAG en nuwe geleenthede wat vir ons lê en wag…  Party dae, is die uitdagings egter baie meer as die geleenthede…  Sulke dae, is dit partykeer baie moeilik om te kan raaksien HOE ons as oorwinnaars uit daardie dag sal kan stap…  Want maak nie saak watter kant toe ons draai nie, daar word ons gekonfronteer met ‘n berg – so hoog dat ons nie kan sien wat aan die ander kant van die berg vir ons wag nie… Ek dink dat ons party dae, “gestrand” is op een plek, omdat God ons bewaar teen die aankomende verkeer!  God weet wat ons nodig het, en wanneer ons dit nodig het…  Moenie mismoedig word, as dit vir jou voel of jy op een plek bly draf nie…  God is wel besig om jou fiks te maak en uithouvermoë te gee in die proses, sodat jy die dag van môre met nuwe hoop, ywer en krag sal kan aanpak…  Miskien lyk dinge vandag donker, onseker of miskien is jy bang, en kan jy nie sien hoe jy deur die uitdagings, probleme, hartseer, pyn of onsekerheid sal kan kom nie…  My liewe vriende – God sal môre weer die uurglas vir jou omdraai, sodat jy met NUWE hoop kan probeer…  Partykeer sê God “NEE” omdat jy beter verdien…  Omdat jy meer werd is, en omdat Hy iets BAIE beters vir jou “in store” het…  Al wat Hy vra, is dat jy Hom sal vertrou, en getrou by Sy beloftes sal wag…  Hy sal jou NIE teleurstel nie…  Byt vas – en hou goeie moed!  Die lewe gebeur net 24uur op ‘n slag – sorg dat jy die 86,400 sekondes sal LEEF, met alles wat in jou is…  God is by jou – en Hy sal jou nie ‘n oomblik alleen los nie…
 
blessings! 
 
Anel
 

Sunday 20 October 2013

“Life is like a camera… Focus on what’s important, Capture the good times, develop the negatives, and if things don’t work out, Take another shot…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Life is like a camera…  Focus on what’s important, Capture the good times, develop the negatives, and if things don’t work out, Take another shot…” ~ Unknown
 
Psalm 62:1-2
 
My soul finds rest in God alone; my salvation comes from him. He alone is my rock and my salvation; he is my fortress, I will never be shaken…
 
Psalm 145: 18-19
 
The Lord is near to all who call on him, to all who call on him in truth. He fulfills the desires of those who fear him; he hears their cry and saves them…
 
“Strength and growth come only through continuous effort and struggle…” ~ Napoleon Hill
 
“And once the storm is over, you won’t remember how you made it through, how you managed to survive. You won’t even be sure, whether the storm is really over. But one thing is certain. When you come out of the storm, you won’t be the same person who walked in. That’s what this storm’s all about.” ― Haruki Murakami
 
Ek is baie lief vir sonsondergange en –opkomste…  Ek het al my kar van die pad afgetrek net om die pragtige sonsondergang op my selfoon se kamera te kon vaslê…  Die hartseer ding, is dat dit die helfte van die tyd nie so mooi lyk, soos wat jy dit met jou oë waarneem nie…  Baie keer, wanneer mens van DIE spesiaalste oomblikke beleef, het jy nie altyd jou kamera by jou nie, of jou kamera se battery gee in – een van die grootste anti-klimakste!  Die lekker ding van ons kameras vandag, is dat meeste van dit digitaal is – met ‘n kamera kaart…  Jy kan dus dadelik sien hoe jou foto lyk, en as dit nie is soos wat jy gehoop het nie, kan jy hom “oorskiet” tot jy die volmaakste foto het…  Ek onthou nog toe ek klein was, hoe my ma hulle film in die kamera gesit het, en hoe lank jy moes wag – tot die film vol was, om dan te kon sien hoe jou fotos lyk…  Die hartseer ding partykeer, was dat foto’s “geblur” het, en jy dan net 1 van daardie fotos geneem het!
 
Ek LOVE hierdie aanhaling waar ons lewens met ‘n kamera vergelyk word… Dink gou daaroor – as jy ‘n kamera het – WAT gaan jy afneem?  Die tye wat jy en jou geliefdes baklei?  Of die tye waar julle “memories” maak - wat natuurlik iets sal wees wat jy graag sal wil onthou??  Wanneer jy die geleentheid kry om pragtige plekke te besoek – gaan jy dit natuurlik wil vasvang, om op ‘n later stadium met jou geliefdes te deel?  Wanneer jy dinge sien soos armoede, pyn, seer en hartseer, kinders wat swaarkry – gaan jy nie sommer jou kamera uithaal en fotos neem nie…  Leef jou lewe soos wat jy jou kamera sal gebruik…  Maak jou fokus – DIT wat belangrik is en ewigheidswaarde het…  Moenie jou tyd en energie mors, op dinge wat jou hartseer maak, of wat vir jou pyn veroorsaak nie…  Maak seker dat jy herinneringe maak, wat jou ‘n leeftyd sal hou…  Werk aan jou tekortkominge of dit waarmee jy sukkel en ontwikkel dit…  Laat God jou lei en laat Hom toe om jou die mens te maak wat Hy jou bestem het om te kan wees…  Wanneer jy dalk met teleurstelling gekonfronteer word, of wanneer die dinge nie wil uitwerk soos jy gehoop het nie – kry vir jou ‘n nuwe GAME PLAN (met God aan die stuur daarvan) en TAKE ANOTHER SHOT…  Probeer is die beste geweer!  Mens weet baie keer nie tot wat jy in staat is voordat jy dit ‘n GO gee nie…  EN deur God se liefde en krag wat in en deur jou werk, is jy tot enige iets in staat...
 
Blessings!
 
Anelli**

Thursday 17 October 2013

"Nothing worthwhile is ever easy - remember that..." - Nicholas Sparks (Message in a bottle)

Haloes! ;)
 
 
"Nothing worthwhile is ever easy - remember that..." - Nicholas Sparks (Message in a bottle)
 
 
Jakobus 5:13;17
 
 
"Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou daaroor... En die van julle wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie... Die gebed van iemand wie se saak met God reg is, het 'n kragtige uitwerking..."
 
 
Jesaja 44:1-3
 
 
"Maar luister nou mooi My dienaar Jakob (sit jou eie naam in), wat Ek gekies het. Dit is wat die Here se, Hy wat jou gevorm het, wat jou gevorm het in jou moeder se skoot, en jou nogsteeds help. Moenie bang wees nie. Want Ek sal jou water gee, genoeg om jou dors te les en jou droe lande nat te lei... Ek sal my Gees op jou kinders uitstort, en my seeninge op jou nakomelinge..."
 
 
"God will never give you anything you cannot handle, so don't stress..." - Kelly Clarkson
 
 
"When you are struggling with something, look to all the people around you and realize that every single person you see is struggling with something, and to them, it's just as hard as what you're going through..." - Nicolas Sparks (Dear John)
 
 
Everyone of us are fighting some kind of battle...  Dis iets wat ek op 'n daaglikse grondslag probeer om te onthou...  In 'n mens se skool- en werkplek word mens met alle tipe persoonlikhede gekonfronteer.  Sommige mense "click" jy maklik mee, terwyl jy dalk sukkel om met ander tipe persoonlikhede oor die weg te kom.  Die mense met wie ons "sukkel" dink ek is baie keer gevalle waarin ons nie besef die "battles" wat daardie mense daagliks face nie.  Sommige mense baklei as 'n beskermingsmeganisme om hulle hartseer en seer weg te steek... Ek dink dat die nood in ons land ons ook op 'n daaglikse grondslag konfronteer.  As ek net kyk hoe die aantal mense wat by die straatligte staan toegeneem het in die tyd wat ek weg was... As ek daagliks werk toe ry, is daar omtrent GEEN robot waar daar NiE iemand staan nie...  As ek kyk na die gebedsversoeke wat ek ontvang - besef mens dat jy elke dag jou blessings moet tel...  As jy kan opstaan in die oggend, is jy baie bevoorreg...  Tog sien ons dit nie altyd so nie - ons kyk baie dikwels na die ou langs ons, en raak dan ongeduldig oor alles wat ons nie het nie...
 
 
Miskien is jou omstandighede vir jou op die oomblik net een te veel... Jou werk kry jou onder, jou verhoudings wil maar net nie uitwerk nie, en geleenthede wil nie vir jou uitwerk nie...  Miskien is jy tans gekonfronteer met siekte...  Met die van 'n geliefde, of dalk jou eie...  Miskien is jou finansies tans in 'n benarde toestand en met die tyd van die jaar waar Kersfees en Desember vakansie vinnig nader kom, weet jy nie hoe jy "ends" gaan laat meet nie...  Miskien voel dit vir jou of jy al genoeg karakter gebou het vir 'n jaar en dat jy net wens dat die probleme wil wyk dat jy net kan asemskep...  Kom vind vanoggend jou rus by God se voete... Hy is by jou... In die langste dag en die donkerste nag - daar is God by jou... Hy sal dinge laat uitwerk - vertrou jy net!! En wanneer iemand vandag dalk oor jou pad kom wat moeilik is met jou of wat jou behandel soos jy nie graag behandel wil word nie - onthou dat hulle dalk met iets worstel, soortgelyk aan waarmee jy worstel... Moenie vinnig judge nie - gee aan hulle liefde, of net 'n oor om te luister...  Wanneer mens daar vir ander is, vergeet mens vir 'n wyle van als wat verkeerd is in jou eie lewe, en sien mens weer dinge wat jy het, wat daardie persoon dalk nie het nie, waarvoor ons kan dankie se en ons blessings kan tel...
 
 
Geniet jou dag!!
 
 
Blessings!
 
 
Anel
 
 

Wednesday 16 October 2013

"Life is what happens to you while you are busy making other plans..." - Allen Saunders

Haloes! ;)
 
 
"Life is what happens to you while you are busy making other plans..." - Allen Saunders
 
 
Deuteronomium 31:6
 
 
"Wees sterk en hou goeie moed... Moenie vir hulle bang wees nie! Die Here julle God sal saam met julle wees... Hy sal julle nie in die steek laat nie en julle nie verlaat nie..."
 
 
Lukas 1:37
 
 
"Want niks is vir God onmoontlik nie..."
 
 
"What's meant to be, will always find a way..." - Trisha Yearwood
 
 
"It's not the load that breaks you, it is the way you carry it..." - Lou Holtz
 
 
Het jy al ervaar dat jy 'n volbeplande week gehad het, met afsprake, werk, vriende, gesinsdinge ens, net vir die week om totaal en al op sy kop gedraai te word deur iets wat gebeur, wat dinge totaal en al anders laat gebeur as wat jy gehoop het?  Dinge waarna jy uitgesien het, moet somtyds 'n agtersitplek inneem omdat die uitdagings wat oor jou pad kom, onmiddellike aandag nodig het...  Partykeer gebeur dit juis gedurende weke wat jy nie tyd of die nodige krag of tyd het om dit te hanteer nie...
 
 
Wat kan mens doen in sulke omstandighede? Ek het al gevind dat al wat mens kan doen, is om die dinge wat gebeur vierkantig in die oe te kyk, en 'n plan van aksie te kry... Partykeer moet mens net jou kop afsit en doen wat gedoen moet word... Dis soos om 'n pleister af te trek - hoe stadiger jy dit doen, hoe langer gaan jy die seer uit rek. Wat jy kan WEET in sulke omstandighede, is dat die Here challenge ons nie tot breekpunt nie, net tot groeipunt... Daar is geen situasie wat jy nie met behulp van Sy krag en liefde sal kan aanpak nie... Wanneer die dag langer is as wat jy hoop en die uitdaging groter is as wat kan face, weet dat God by jou is...  Hy sal jou NOOIT verlaat en jou NOOIT in die steek laat nie... Sit jou hand in God sin, Hy sal jou nooit los nie - en Hy sal jou help om enige iets wat jou kant toe kom, vir 'n ses te slaan...  Ek bid vandag Numeri 6:24-26 oor jou lewe uit...  Mag die Here jou seen en jou beskerm...  Mag die Here tot jou redding verskyn en jou genadig wees...  Mag die Here elkeen van jou gebede verhoor en aan jou Sy vrede gee...
 
Blessings!
 
 
Anel
 

Tuesday 15 October 2013

"Never be scared to trust an unknown future, to a known God..." - Corrie ten Boom

Haloes! :)
"Never be scared to trust an unknown future, to a known God..." - Corrie ten Boom
Psalm 117
"Loof die Here,al die nasies... Prys Hom, alle volke... Want Sy liefde is groot oor ons; die trou van die Here bly vir altyd..."
Psalm 34:5
"Ek het tot die Here gebid en Hy het my geantwoord... Hy het my bevry van alles waarvoor ek bang is..."
"Do what you can, with what you have, where you are..." - Theodore Roosevelt
"I don't think we need to understand all the time... I think that sometimes we just have to have faith..." - Nicholas Sparks (A walk to remember)
Wat is jou doel op hierdie aardbol? Weet jy? Of is dit iets waarna jy nog opsoek is? Ek het die naweek met iemand gesels en ons het gepraat oor wat ons purpose is... Die persoon het aan my gese dat hulle wonder wanneer God hul purpose vir hulle sal openbaar... My antwoord aan die persoon was dat - miskien is jy reeds besig om God se doel vir jou uit te leef - omdat ek WEET dat die persoon 'n ONGELOOFLIKE voorbeeld is asook 'n skynende liggie is vir God se Koningkryk...
Miskien is hierdie 'n vraag waarmee jy ook tans worstel... Miskien het jy soveel drome en ideale, maar kan jy nie op die oomblik sien hoe dit in die groter prentjie inpas nie... God sal Sy wil vir jou lewe openbaar wanneer die tyd daarvoor reg is... Party mense weet al wanneer hulle 5 jaar oud is terwyl ander moet wag tot hulle 50 jaar of ouer is... Al wat ons kan doen is om te bid vir God se wil om te geskied en dat Hy dinge moet laat gebeur soos Hy vir ons bestem het... Sodat ons op die ou end die blessings wat Hy vir ons bestem het, sal opneem! Dat die blessings nie in jou boks in die hemel sal stof vergader nie, maar dat jy dit sal gebruik om tot seen vir die mense rondom jou te weees... Miskien lyk jou toekomspad vir jou duister op die oomblik... Miskien weet jy nie hoe dinge ten goede sal kan uitwerk, ten opsigte van die uitdagings wat jy tans face nie... Weet verseker - jou Pa is die Koning van die Heelal... Hy hou die hele wereld in Sy hand en NiKs maar NiKs is vir Hom onmoontlik nie!!!
Blessings!
Anelli**
 

Monday 14 October 2013

gebedsversoeke

Hi julle almal,

Ek't weer 'n aantal gebedsversoeke gekry wat ek wil vra dat julle sal opdra saam met my.  Weet asseblief dat julle enige tyd kan deurstuur.

Mag God julle ryklik seen vandag!

blessings!

anelli**

1.  Anoniem:  Ek en my man probeer nou al vir ‘n tydjie vir ‘n babatjie…..Ek vra dat almal vir ons in die gap sal tree en bid vir Sy Hand van Guns in die area van ons lewe ook…  Ek het heelwat vriendinne wat ook ‘sukkel’…sal jy sommer dat almal bid vir vrugbaarheid en dat indien daar enige bondage is op enige plek dit verbreek moet word asb.

2.  Anoniem:  Wil net getuig van my tannie (my ma se suster) sy is 4 maande terug met breinkanker gediagnoseer graad 4 fase – Dr’s het nie baie hoop gehad nie, maar ons as familie het bly vastaan in Sy woord en bly glo aan volkome genesing. Sy het Dinsdag vir haar 3de chemo behandeling gegaan en gisternag ‘n aanval gehad, scans is gedoen en het sopas gehoor die gewas op haar brein het verdwyn, daar waar die gewas was is net ‘n gat en dit is wat die aanval veroorsaak het. Hoe wonderlik is dit nie! My oom (my ma se broer) het 3 weke terug uitgevind hy het 8 bloeiende gewasse op sy brein en is tans in ICU baie kritiek, ons het soveel hoop vir hom want God is totaal in beheer soos hy my tannie genees het kan hy dieselfde doen vir hom en enige iemand anders ons moet net nie ophou om te GLO, VERTROU & HOOP nie!  My oom is uit ICU, maar nog baie kritiek hy kry by tye wat hy niks registreer nie maar is dankbaar dat hy tans stabiel is. Ons glo aan ‘n wonderwerk dat hy ten volle sal genees! Ons vertrou ook dat my tannie wat nog kanker op haar een long het ook ten volle sal genees net soos die gewas in haar brein genees het.

3.  Anoniem:  Ek wil vra dat julle mensies sal bid vir my oom wat Donderdag met behandeling begin vir 'n breingewas.  Hy sal dan Dinsdag 'n operasie moet ondergaan.  Bid asseblief dat God die dokters sal lei, en dat Hy aan ons 'n wonderwerk sal gee.