Thursday 14 June 2012

He who kneels before God can stand before anyone. ~Author Unknown

Haloes! :)
He who kneels before God can stand before anyone.  ~Author Unknown
 Hebreërs 3:4
 "Want elke huis het 'n bouer, maar God is die meesterbouer van alles..."
 Hebreërs 13:5
 "Ek sal jou nie los nie...  Ek sal jou nie in die steek laat nie..."
 "We all cling to the past, and because we cling to the past, we become unavailable in the present..." ~ Unknown
 "When you feel that you have reached the end and you cannot go one step further, when life seems to be drained of all purpose, what a wonderful opportunity to turn over a new page..." ~ Eileen Caddy
 Wat sal jy doen as ek vanoggend vir jou sê - jy het 'n erf gewen en jy kan jou droomhuis daarop ontwerp...  Daar is geen koste limiete nie - jy kan besluit die tipe teëls; matte; houtvloere; boustene - sky is the limit!  Die enigste catch is dat niemand jou mag help nie.  Jy moet elke besluit self neem,  sonder om voorbeelde te kan sien...  Jy moet self die ontwerp doen...  Vir die van ons wat minder kreatief is sal dit 'n baie moeilike taak wees!
Die lewe is vir my baie soos hierdie!  Jy is die argitek van jou eie lewe...  Die besluite wat jy vandag neem, sal bepaal hoe jou dag se verloop gaan plaasvind…  Die groter besluite wat jy omtrent jou lewe maak, sal beinvloed hoe jou lewe uitdraai...  Baie keer raak mens ook so vasgevang in die wêreld; vriende; geliefdes, dat besluite geneem word om mense te "please" eerder as om vir God te "please"...  Ons laat groot geleenthede verbygaan omdat ons dink aan vorige mislukkings of dinge wat ons moes deurmaak, dat ons te bang is om weer te probeer...  'n Ander voorbeeld is as jy dalk 'n liefdesteleurstelling gehad het en waar jy dan steeds vasgevang is in dit wat kon wees, dat jy uitmis op ongelooflike liefde wat God dalk nou vir jou wil gee...  Jou hart is onbeskikbaar, alhoewel jy eintlik beskikbaar is...
Onthou - dis JOU lewe...  Elke besluit wat jy neem, moet jy neem ten einde God se wil in jou lewe te laat geskied.  Nie ander mense se wil vir jou lewe nie - hulle het hul eie lewe wat hulle kan lei!  Baie keer probeer ouers verlore kanse waarop hulle uitgemis het, deur hul kinders se lewens te herwin…  Of vriende probeer deur ander vriende lewe…  Elkeen van ons moet daagliks die meeste maak van die 86,400 sekondes wat aan ons geskenk word!  God sal jou help om 'n "paleis" van 'n lewe te hê - wanneer jy Hom as die Meesterbouer vertrou...  Bid; glo en vertrou!  Elkeen van ons is met iets geseën - al is dit HOE klein!  God kan daai "iets kleins" in iets ongeloofliks omskep!  Vertrou net!
 Ek hoop jy sal 'n pragtige daggie he!!
 blessings!
 anelli**             
 Die gedagteki vir die daggie sal ongelukkig eers weer op 10 Julie 2012 verskyn…  Ek is vanaf Maandag 18 Junie 2012 met vakansie – my familie kom kuier vir my in Europa, en ek is nie seker dat ek heeltyd in omgewings sal wees waar ek internet toegang sal hê nie…  Ek wens julle ‘n geseënde tyd toe!  Baie blessings vir julle!!!J

Wednesday 13 June 2012

gebedsversoek...

Haai julle awesome mense :)
Ek het die volgende gebedsversoek op my blog gekry gister, en ek wil vra dat julle sal saambid vir hierdie persoon en hulle familie... ONs dien 'n God wat wonderwerke doen! Moenie ophou glo daaraan nie!!!
Anonymous said...
Ek wil graag vra dat julle asseblief vir my ma moet bid. Sy was so paar weke terug gediagnoseer met kolon en lewer kanker en het Maandag met Chemoterapie begin. Sy is maar net 59 en het nog 'n groot lewe voor haar. Vandag was die eerste dag wat die chemo haar siek gemaak het en ek vra net dat almal vir haar bid sodat sy sal sterk bly en dat die kanker haar nie onder sal kry of haar geloof sal beproef nie. En dan ook vir my en my familie dat ons ook deur die here se genade sal sterk bly en aanhou glo en vertrou dat hy ons familie deur dit sal trek. Baie dankie!! xxx
Ephesians 3:20-21
""Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever..."
Vir die ander van julle wat gebedsversoeke het - onthou dat julle dit anonymous kan post op my blog! www.gedagteki.blogspot.com. Indien jy sommer net 'wil he ek moet saam met jou bid - mail my net :)
LEkker daggie vir julle!!!
baie seen!!!!
anelli**

“Just when you think it can't get any worse, it can. And just when you think it can't get any better, it can.” ― Nicholas Sparks, At First Sight

Haloes! J

“Just when you think it can't get any worse, it can. And just when you think it can't get any better, it can.” ― Nicholas Sparks, At First Sight


Isaiah 41:10
”So do not fear, for I am with you... Do not be dismayed, for I am your God… I will strengthen you, and help you… I will uphold you with my righteous hand…”

Isaiah 40:29-31
“He gives strength to the weary and increases the power of the weak… Even youths grow tired and weary and young men stumble and fall, but those who hope in the Lord, will renew their strenght… They will soar on wings like eagles, they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”
Hierdie stuk het ek gister van iemand gekry, en dit was vir my TE treffend om nie in ’n gedagteki te gebruik nie… Lekker lees!
Hoe baie is ons nie skuldig daaraan nie?! Hoe baie tyd neem die TV of jou rekenaar en series kyk in beslag? Hoeveel geselsies met geliefdes en vriende het jy al op uitgemis omdat jy die TV se geselskap verkies het? Hoe baie keer het jou stiltetyd saam met God daaronder gely omdat jy eerder ’n stukkie series wou kyk as Bybel lees? Dis iets waaraan almal skuldig is… Iets wat ek net met ’n seker hart vanoggend vir jou kan sê is… Die LEWE is KORT… Mens dink jy het nog BAIE tyd om ALLES te doen wat jy nog wil, maar die tyd is NOU… Jou battery gaan nie gelaai word deur TV te kyk nie… Jy gaan wel ontspan, maar jy gaan nie nuwe krag ontvang nie… Wanneer jy tyd saam met God spandeer – deur Sy woord te lees, en te bid, sal Hy vir JOU wat moeg is, kom vul met nuwe krag… Wanneer jy tyd met vriende of geliefdes spandeer, sal God jou met nuwe krag kom vul… My battery word ALTYD gelaai wanneer ek dit saam met geliefdes en vriende deurbring… Daar is meer VREUGDE, en Seën om jou kosbare tyd op kosbare en ewigheidsdinge te spandeer… Hiermee sê ek NIE – moenie TV / series kyk nie J Dis ook nodig! Maar dit moenie jou ALLES word nie... Ek weet nie hoe jou lewe vanoggend lyk nie… Miskien is jy ongelooflik uitgeput, omdat een ramp na die volgende jou tref… Vir jou wil ek vanoggend sê – Jesus is met jou… Hy sal jou nie los nie – jy sal niks wat jy moet face, op jou eie hoef te doen nie… Hy sal uitkoms stuur… Jy moet net aanhou glo, aanhou vertrou… Vir jou met wie dit goed gaan – ek bid dat God sal aanhou om jou te seën…
Probeer om ELKE dag iets nuuts te leer… OM elke dag iets te doen wat jou bang maak… Om elke dag te waag… Moenie spyt wees oor verlore geleenthede nie… Al moet jy dalk in die proses seerkry – sal jy ten minste nie sit met verwyte van “wat asse” nie, en jy sal weet dat jy voluit gelewe het…
Blessings!
Anelli**

Tuesday 12 June 2012

“True Friendship Is Like Sound Health; The Value Of It Is Seldom Known Until It Be Lost.” ~ Unknown

Haloes! :)

“True Friendship Is Like Sound Health; The Value Of It Is Seldom Known Until It Be Lost.” ~ Unknown

1 Peter 5:7
“Casting all your care upon him; for he cares for you.”
Psalm 142:5-7
“I cry to you, O LORD; I say, You are my refuge, my portion in the land of the living.” Listen to my cry, for I am in desperate need; rescue me from those who pursue me, for they are too strong for me. Set me free from my prison, that I may praise your name. Then the righteous will gather about me because of your goodness to me.”
Hier is vanoggend ‘n storie wat ek ontvang het via epos, wat ek net MOET deel!
The Day I Understood God Would Never Leave ~ Cindi McMenamin
“I believed as a young woman that if a relationship were to work, the two in love needed time away from each other. During college, I found myself in a dating relationship with a young man who would often want his time away from me.  Sometimes he left the parameters of our relationship to see if he would miss me, thereby insuring that he really did love me. Other times it was to see if someone better suited for him would come into his life. Still other times, he just needed time away from me -- to decompress, to have "breathing room," to feel "unattached."  But each time he came back to the relationship he seemed to love me more and treat me better. Therefore, I concluded that when you love someone you need time away from them. Eventually, though, that boyfriend left for good.
When I met Hugh, a student in Bible college, our relationship seemed perfect. Yet I was fearful that he, too, would eventually leave -- or just want time away from me. And one evening, I laid my fears out in front of him, preparing for the worst.  "Hugh, I really want things to work between us and I don't want to do anything to blow it with you. So if you need time away from me to know if I'm right for you or just to have your space or re-evaluate us, please let me know," I said, honestly, preparing to hear the all-too-familiar words that he wanted his space.  But, instead of confirming my fears, Hugh looked me straight in the eyes and said something I have never forgotten: "Cindi, God never wants time away from you. So neither will I."  It was then that my eyes were opened to two truths in front of me. First of all, a man was standing before me who actually intended to love me as God does (and I married that man, by the way!). And secondly, that man opened my eyes up to the realization that I have a God who has never wanted time away.  And so do you.
In Hebrews 13:5, we read God's Words to His people: "Never will I leave you, nor will I ever forsake you.  And in Psalm 139:7-12, He tells us there is nowhere we can go where His love will not follow. He shadows us. He sticks to us like glue. He is downright obsessive about us, if you think about it. That is a staying power that I hadn't experienced in my life. And it's a staying power I continue to hold onto today.
Do you realize that if you've spent all day with God  on Sunday, He isn't tired of your voice on Monday?
If we've come to Him time and again over a burden on our hearts, He will never say, "Enough! Go tell someone else, I'm tired of hearing it."
If we have sunk so low in our depression or despair He will never say, "I just need a break from your negativity for a while.  You and I, my friend, can know a love that will never leave. A love that never needs time away…
Jesus het jou lief…  Nes jy is…  Met jou plooie, en ekstra vetjies, met jou muisvaal hare en jou sproete waarvan jy nie hou nie…  Met jou vinnige kwaad word, die dingetjies wat jy doen wat ander mense irriteer – Hy aanvaar jou, en wil tyd saam met jou spandeer vir WIE jy is…  HY kyk met Ewigheids oë na jou – nie met die oë wat die wêreld kyk nie…  Hy sal nie vir jou moeg raak nie, want Hy het jou oneindig lief!  Hoe awesome is dit, om nie weer opnuut daaraan herinner te word nie!  Wat jy ookal vandag moet aanpak, of hanteer of verwerk – onthou Hebrews 13:5 – “Never will I leave you, nor will I ever forsake you!”
Blessings!
Anelli**

Monday 11 June 2012

“Chase down your passion like it’s the last bus of the night…” ~ Terri Guillemets

Haloes :)
“Chase down your passion like it’s the last bus of the night…” ~ Terri Guillemets
Philippians 4:13
“I can do all things through Christ who strenghtens me…”
Isaiah 43:18-19 New International Version (NIV)
“Forget the former things;  do not dwell on the past.  See, I am doing a new thing! Now it springs up; do you not perceive it?  I am making a way in the wilderness and streams in the wasteland…”
“Shoot for the moon.  Even if you miss, you'll land among the stars...”  ~Les Brown
Obstacles are those frightful things you see when you take your eyes off your goal…” ~Henry Ford
Ek weet nie wie van julle al agter ’n bus of enige ander vorm van vervoer moes aanhardloop nie?  Hier in Amsterdam, is ek op ’n gereelde grondslag ’n GROOT vorm van vermaak vir die mense op die publieke vervoer – wanneer ek hardloop om die trem, bus of trein te haal J  Met al my sakke wat netso groot soos ek is J  Jy gee jou alles, net om nie in die reën te staan, of om tyd te verloor nie – sodat jy op daardie trem, bus of trein kan wees…  Ek dink ons benader die lewe partykeer anderste as die bostaande…  Ons laat GREAT geleenthede en vriende by ons verbygaan, omdat ons dink – “ag…  daar sal nog ’n geleentheid kom…  daar sal nog vriende wees…  daar sal ander tye wees wanneer ek ’n verskil kan maak…  daar sal iemand beter verbykom met wie ek ’n pad kan stap, en verhoudings kan bou…  ag, ek kan later jammer sê…  ek’t nie nou die lus of die tyd nie…”
Ons predikant het so ’n paar weke gelede Fillipense 4:13 gebruik om vir my ’n TOTALE nuwe perspektief te gee…  Hy het gesê – Ons kan ALLES doen deur Christus wat ons die krag gee…  Ons kan ook “FAIL” daardeur!  Omdat Hy ons die krag gee, sal ons dit kan hanteer wanneer dinge anders uitwerk as wat ons hoop, of dink…  Hoe cool is dit nie?!  Mens dink nooit so daaraan nie…  Maar God is IN JOU SITUASIE…  Hy is IN jou lewe…  En wanneer jy dalk agter daardie BUS aanhardloop (of dit nou nuwe vriende, werksgeleenthede, verhoudings, hoop, liefde is, of om verhoudings te herstel, finansies op te dra in gebed, om ’n verskil te maak, of net tyd te maak vir mense) en jy MIS Hom, glo ek dat God ’n doel daarmee het…  God laat dinge ALTYD uitwerk soos dit moet!  Al probeer ons, op ons eie maniere  vind om dinge te laat gebeur – as dit nie in Sy wil is nie, glo ek dat dit nie so sal uitwerk nie…  Maar wanneer dit in Sy wil is, sal Hy sorg dat die bus laat is, as jy laat is…  OF dat daar ’n vriendelike bus bestuurder is, wat jou sien aanhardloop, en wat dan wag op jou tot jy die bus haal…  Indien jy jou ALLES gee, en jou drome najaag, en STEEDS die bus mis – WEET dat God ’n beter busrit vir jou in gedagte het…  Hy sal ’n nuwe ene stuur, al is dit bietjie LATER as waarop jy gehoop het, maar die TYD wat HY sal voorsien, sal die BESTE, REGTE en mees GESEENDE tyd wees!!!  Sien uit met verwagting na dit wat God vir jou beplan!   Want Hy het nie net planne vir jou vriende nie – OOK VIR JOU!  JAAG daardie DROME van jou na, asof dit die laaste bus van die nag is!  God sal sorg!!!
Blessings J
Anelli**

Sunday 10 June 2012

“There are far, far better things ahead, than any we leave behind…” ~ C.S Lewis

“There are far, far better things ahead, than any we leave behind…”  ~ C.S Lewis
2Corinthians 12:10
“That is why, for Christ’s sake, I delight in weaknesses, in insults, in hardships, in persecutions, in difficulties…  For when I am weak, then I am strong…”
Matthew 12:28
“Come to me, all you are weary and burdened, and I will give you rest…  Take my yoke upon you and learn from me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls…  For my yoke is easy and my burden is light…”
“Don’t hold onto the past…  There is a reason why it is not coming back…”  ~ Unknown
"Our deepest fear is not that we are inadequate, our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous? Actually, who are you not to be?  You are a child of God.  Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that other people won't feel insecure around you.  We were born to make manifest the glory of God that is within us.  It is not just in some of us;  it is in everyone.    And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others."  ~ Marianne Williamson
Hoe lyk dinge vandag?!  Is jy opgewonde oor die nuwe week wat vir jou voorlê??  Vir die nuwe dinge wat God oor jou pad gaan bring en in jou lewe gaan doen?  Het jy ‘n verwagting vir die onmoontlike?? Of is jy tans op ‘n plek waar jy maar net deur die “motions” gaan, een voet voor die ander en maar net probeer om deur elke dag te kom?  Daar kan talle redes wees vir “net deur die motions” gaan…  Jy kan dalk in “storm tye” vasgevang wees…  Die storm tye het partykeer daardie brander gevoel van, sodra die een oor jou kop gebreek het, moet jy alklaar weer jou asem ophou voor die volgende brander oor jou kop breek…  Of, daar kon dinge gebeur het (onlangs, of langer terug), wat jou net in ‘n plek gesit het van hartseer, eensaamheid, bekommernis of bitterheid…
Ek was die naweek bevoorreg om ons kerk se TEAM dag, waar ons met ons Moeder Kerk in Londen ontmoet het, by te woon…  Een van die predikante wat gepreek het, het vir ons die volgende vers gegee…  Joël 3:10:  “Let the weak say – I am strong…”  Hy het vir ons gesê dat daar 2 dinge is wat ons laat “swakker” voel…  1.  Ons woorde wat ons spreek, en 2.  Hoe ons dan optree…  Dit is partykeer maklik om woorde van negatiwiteit te spreek – oor dinge wat ons vir ons lewe glo (sonder dat ons dit vir onsself wil hê of glo)…  Wanneer jou brein dit hoor, glo hy die negatiewe dinge, en dit beïnvloed indirek hoe ons lewe…  Ons bly vasgevang in dit wat gister verkeerd gegaan het,   wat mense oor ons lewens gespreek het, wat mense aan ons gedoen het, of dinge wat in ons lewens gebeur het wat moeilik was om te verwerk…  God wil hierdie negatiewe en moeilikhede gebruik om GOEIE dinge in jou lewe te doen!!  Daar is nie EINDE aan die seën en groot dinge wat Hy vir jou beplan nie!  Die moeilikhede is net boustene van jou karakter, en basies die fondasie wat Hy bou om jou op “solid ground” te hê om Sy koninkryk in jou lewe te laat kom!  Moenie dat die dinge van gister, of bekommernisse van môre, maak dat jy nie in vandag teenwoordig is nie…  Ons as God se kinders, kan met HOOP, verwagting en GELOOF, uitsien na die BLESSINGS wat op ons wag…  Daar is niks in hierdie lewe (geen vrees, teleurstelling, seerkry, hartseer, finansiële moeilikheid, siekte, of alleenheid) wat Groter is as die God wat ons dien nie…  If He brings you to it, He will bring you through it…  Hy is reeds in jou week wat vir jou voorlê, en Hy staan gereed vir jou om Sy hand te vat sodat jy kan VOLUIT leef…  Vir Sy Koninkryk, en deur Sy krag, liefde en genade wat werk in jou lewe – vir die onmoontlike om moontlik te word!  Vertrou Hom daarvoor!!
Blessings J
Anelli**

Thursday 7 June 2012

The people who get on in this world are the people who get up and look for the circumstances they want and if they can't find them, make them... ~ George Bernard Shaw

Haloes! :)
 
The people who get on in this world are the people who get up and look for the circumstances they want and if they can't find them, make them.
George Bernard Shaw

 
Job 10:12

“U het my die lewe gegee, en my met liefde versorg...  Met sorg het U oor my gewaak...”

Klaagliedere 3:54-5 7

“Die water het tot by my kop gestyg, ek het gedink dit is klaar met my...  Ek het na U geroep, Here, uit die dieptes uit...  U het gehoor hoe ek smeek...  U het toe na my toe gekom en gesê: ‘Moenie bang wees nie...’”

“Jy gaan jou diepste en mees intieme aanbiddingservarings waarskynlik op jou donkerste dae ervaar...”  ~ Rick Warren

“Wie die weg na die Lig ken, het die moed om die nag in te gaan...”  ~ Nederlandse spreekwoord

‘n mens se lewe is soos om te roei...    Daar is stukke in die pad waar jy harder moet roei, om die boot op koers te hou...  As jy ophou roei, kan jy of stilstaan, of jy kan deur die stroom meegesleur word, en wie weet waar jy sal opeindig...  Wanneer mens twee mense in 'n boot is, maak dit die "werklading" minder...  Dis makliker om koers te hou, want twee mense kyk uit vir mekaar...  Een is die stuur en een die enjin...

God is heelpad ons STUUR in ons lewensboot...   Wanneer ons bid vir Sy wil vir ons lewe, stuur Hy ons in die rigting van meeste seen... Ons sien partykeer net nie die “scenery” langs ons raak nie, omdat ons so vasgevang word in ons probeleme en om oplossings te probeer vind, vir probleme wat God reeds namens ons uitgesorteer het...  Dis nie noodwendig dat dit die pad sonder enige "stroomversnellings" gaan wees nie, maar ons kan rus in die wete dat HY die boot sal keer dat dit nie omkeer en ons deur die stroom weggesleur word nie...  Geen probleme sal te groot wees, om jou lewensboot te kantel nie...  God is by jou - en Hy sal sorg dat jy veilig, in een stuk, deur die stroom versnellings en storm water kom...  Ek weet nie of jy dalk tans voel asof daar stroom, op stroom jou "boot" meesleur nie, asof jy jou boot nie op koers kan hou nie, omdat iets jou heeltyd wegtrek nie...  Miskien voel jy heeltemal alleen...  Miskien sien jy nie meer die koers of die pad wat jy moet roei nie - het dit dalk heeltemal verwronge geword met verkeerde draaie of "obstacles" wat oor jou pad gekom het...

Weet vanoggend, God self sal jou lewensboot stuur in die regte rigting...  Om jou in staat te stel om die lewe en al sy uitdagings aan te pak...  Hy sal jou vrede in jou hart gee, om nie bang te wees vir die lewe, vir besluite wat jy moet neem, asook die onvoorspelbare dinge wat die lewe partykeer jou kant toe kan gooi nie...  God staan langs jou, om jou boot op koers te hou, sou dit dalk die pad byster raak...  Hy wil vir jou ‘n lewe van seën gee... ‘n Vol lewe, een waar jy nie hoef te worry nie, een waar jy Sy grootheid kan raaksien...  'n Lewe gevul met pragtige herinneringe, en spesiale oomblikke...  Moenie ophou “roei” of paniekbevange raak wanneer dinge moeilik raak nie...  God is jou stuurman, en Hy sal jou nooit verlaat nie...  HY sal jou in staat stel om enige storm te kan oorleef...  Hy is met jou - in hierdie week, met ALLES wat jy moet aanpak... Jy is nie alleen nie...
 
Blessings!

Anelli**

Wednesday 6 June 2012

“If only life was a dress rehearsal and we had time for do-overs…”~ Greys Anatomy…

Haloes :)
“If only life was a dress rehearsal and we had time for do-overs…” ~ Greys Anatomy…

1 Cortinthians 2:9

“However, as it is written: "No eye has seen, no ear has heard, no mind has conceived what God has prepared for those who love him…”

1 Corinthians 13:4-7 NIV

“Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. 5 It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. 6 Love does not delight in evil but rejoices with the truth. 7 It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres…”

“God makes three requests of his children: Do the best you can, where you are, with what you have, now…” ~ African-American Proverb quotes

“The saddest summary of life contains three descriptions: could have, might have, and should have.” ~ Unknown

Ek weet nie wie van julle in ‘n konsert al deelgeneem het nie?! Dit was altyd vir my ’n hoogtepunt, om deel te kon wees van iets so spesiaals!! Jy oefen lekker, trek mooi aan en wanneer die groot aand aanbreek, het jy sommer ’n maag vol vlinders vir die volgepakte saal… Ek glo egter dat met ELKE konsert / uitvoering is daar altyd IETS wat verkeerd loop! Maak nie saak HOE goed daar geoefen is nie – ons bly maar mense, en foute is maar deel van die hele “ballgame”… Ek weet daar is ’n ou bygeloof wat sê – as die“dress rehearsal” ’n flop is, sal die konsert gewoonlik ’n sukses wees…

Die lewe is dieselfde… Mens kan met haarfyn beplanning van situasies, steeds nie die gewenste resultaat hê nie… Jy kan iets 100 keer geoefen het in jou kop (ek dink spesifiek aan bedank by die werk; gesprekke om ’n baklei uit te sorteer; in die skoolhoof kantoor; gesprekke met jou baas om moeilike situasies uit te sorteer; om iemand uit te vraJ; of om jouself te verduidelik as jy in die moeilikheid is!), maar wanneer die WERKLIKE oomblik aanbreek, senuweeagtigheid inskop, en die adrenalien begin pomp, sê mens gewoonlik TOTAAL ander dinge, sonder dat jy dit bedoel het! Partykeer ’n goeie uitwerking, maar soms sit jy met jou voet in jou mond J Die lekkerste oomblikke is gewoonlik dit wat onbeplan was, en dit wat mens spontaan aanpak!

Die lewe moet dag vir dag geleef word… Nie so ver vooruit, dat jy vergeet van vandag nie… Wanneer mens uitsien na iets, of opsien na iets, is dit baie maklik om die tyd om te wens… Ek dink ons almal moet poog om so te lewe, dat om die tyd om te wens – nie iets is waaroor ons eendag sal spyt wees nie… Jy is nie TOEVALLIG waar jy jouself vandag bevind nie… Al gaan dit moeilik – God sal die moeilikheid gebruik in jou suksesverhaal… Een dominee wat ek geken het, het altyd gese –God sal jou verleentheid, in ’n geleentheid omskep… Jy is tans besig met die “LIVE SHOW” van jou lewe! Moenie dit vergeet, en jou beste probeer hou vir die “real thing” nie… Jy kan NOU ’n verskil maak, NOU sukses behaal deur jou harde werk; nou vriendskappe bou wat jou ’n leeftyd sal dra; nou die mense in jou lewe waardeer; nou liefhê; nou elke geleentheid wat oor jou pad kom met TWEE hande aangryp… Mens is partykeer so geneig (met BAIE dinge) om heeltyd te soek na “iets beter”… Maar wat as jy reeds die “iets beters” in jou lewe het – maar jy dit net nie raaksien nie?? Bid dat God jou oë sal oopmaak vir die blessings wat in jou lewe is… Dat jy nie sal uitmis op ’n vol lewe, deur blindelings vorentoe te gaan nie… En dat Hy ook jou oë sal oopmaak, sodat jy nie net in die probleme sal vaskyk wat jy in die gesig staar nie… Maar dat jy die HOOP wat in ELKE dag is, sal raaksien! Jy is die hoofrol van jou lewensverhaal… Maak seker dat jy besig is met die REAL thing, en nie die dress rehearsal nie… God het jou lief, en Hy het AWESOME dinge wat wag op jou!

Mag God jou uit jou sokkies uit seën, net soos Hy vir Jabes geseën het!!!

Blessings!

Anelli**

Tuesday 5 June 2012

"Om nie te kies nie, is om te kies..." ~ Anoniem

Haloes! :)
 
"Om nie te kies nie, is om te kies..." ~ Anoniem

Genesis 2:9;16 - 17

"Die Here God het verskillende bome uit die vrugbare tuin se grond laat opkom...  Pragtige bome met heerlike vrugte wat lekker is om te eet...  In die middel van die tuin het die boom van die lewe gestaan asookdie boom van kennis en goed en kwaad...   Die Here God het die mens in die tuin gesit sodat hy die kon bewerk en oppas...  Hy het ook vir die mens gesê: 'Jy is welkom om van al die bome in die tuin te eet...  Daar is egter een boom waarvan jy nooit mag eet nie...  Dit is die boom wat kennis gee van goed en kwaad...  Die oomblik dat jy daarvan eet, word jou eie bestemming die dood
Proverbs 16:9 
The heart of man plans his way, but the Lord establishes his steps...
It's not hard to make decisions when you know what your values are…”  ~ Roy Disney

“Decisions become easier when your will to please God outweighs your will to please the world…”  ~ Anso Coetzer
Keuses...  Dis iets waarmee ons daagliks gekonfronteer word...  Hierdie storie in Genesis, is waar alles begin het...  God het vir Adam en Eva die keuse gegee om van al die bome in die tuin te kon eet, en net die boom van goed en kwaad was vir hulle verbied...  Tog, deur die Satan se invloed, was hulle toe ongehoorsaam aan God, en het hulle gekies om vir God te ignoreer en hulle eie kop te volg...  Die gevolg was dat goed en kwaad 'n realiteit geword het - aangesien dit mos as die "sondeval" bekend gestaan het.  Dit was die begin van die wêreld wat ons vandag ken...

Die God wat ons dien, en wat ons Pa is, is 'n gentleman God...  Dis waarom Hy aan ons die vrye keuse gee oor hoe ons, ons lewens wil lei, en vir wie ons kies om te lewe...   Ek glo dat ons "lewensstorie" waaraan ons daagliks skryf, aanpasbaar is...  God bring sekere keuses oor ons pad, en elke keuse, sal jou dan op die volgende "hoofstuk" laat afstuur...  Wat daardie hoofstuk gaan wees, sal net deur jou bepaal kan word...  Onthou dat dit JOU lewe is...  Mens neem baie keer besluite om ander mense gelukkig te hou, of om "ander mense se drome" deur ons eie lewens te probeer lewe...   God het 'n spesifieke doel en plan vir JOU...  Vir Jannie, en Pietie en Sannie, het Hy hul eie UNIEKE planne...  Die keuse lê by jou, of jy gaan kies om God se plan vir jou lewe te sien realiseer, en of jy jou eie plan gaan probeer verwesenlik...

 Wanneer ons bid vir God se wil in ons lewens, maak Hy daardie keuses partykeer bietjie makliker, deur aan ons op verskillende maniere - of deur Sy woord, of deur beantwoording van gebede deur ander menese, vir ons die pad aan te wys wat ons moet kies...  Ek glo dat dinge altyd uitwerk soos dit moet…   Ons het egter 'n vrye wil om te kan kies tussen wat reg en verkeerd is...  God se plan, is ook 'n plan van voorspoed, van seën, geleenthede en liefde...  Deur nie te kies nie, en bang te wees vir keuses (of dat jy die verkeerde keuse uitoefen), maak jy ook 'n keuse...  Mens vergeet partykeer dit...  Moenie dat besluite jou so bangmaak, dat jy op die ou end geen keuse maak nie...  Laat God jou wys watter weg, die weg van ultimate seën is - en ook dit wat Hy vir jou beplan, 'n waarheid kan word...  "God gee die beste aan hulle wat Hom toelaat om te kies..." ~Anoniem

blessings!

anel**

Monday 4 June 2012

“Sometimes I think we waste our words and we waste our moments, and we do not take the time to say the things that are in our hearts when we have the chance…” ~ Clay, One Tree Hill

Haloes! :)
“Sometimes I think we waste our words and we waste our moments, and we do not take the time to say the things that are in our hearts when we have the chance…”  ~ Clay, One Tree Hill
Psalm 18:1-3,28,35
 I will love You, O LORD, my strength. The LORD is my rock and my fortress and my deliverer; My God, my strength, in whom I will trust; My shield and the horn of my salvation, my stronghold. I will call upon the LORD, who is worthy to be praised; So shall I be saved from my enemies.
Psalm 27:3,5,13-14
“Though an army may encamp against me, My heart shall not fear; Though war may rise against me,In this I will be confident. For in the time of trouble He shall hide me in His pavilion; In the secret place of His tabernacle He shall hide me; He shall set me high upon a rock. I would have lost heart, unless I had believed that I would see the goodness of the LORD in the land of the living. Wait on the LORD; Be of good courage, And He shall strengthen your heart; Wait, I say, on the LORD!”
“Flatter me, and I may not believe you. Criticize me, and I may not like you. Ignore me, and I may not forgive you. Encourage me, and I may not forget you.” ~ William Arthur
“Let us be grateful to people who make us happy; they are the charming gardeners who make our souls blossom.” ~ Marcel Proust
John Mayer sing ‘n liedjie, “Say what you need to say”…  Dis een van my gunsteling liedjies, en woorde wat ek dink elkeen van ons behoort te hoor!  Hoe baie het jy al in geselskap gesit waar mense ander mense sleg praat, en jy dan net stilbly?  Ek dink ons almal was al skuldig hieraan…  Of wanneer mense oor jou loop of “advantage” vat van jou – bly jy stil, of staan jy op vir jouself??  Daar is tye wat dit beter is om stil te bly, en die vrede te bewaar, maar daar is tye wat jy jou stem moet laat geld…  Die aanhaling van vandag het ek uit 'n One Tree Hill episode gekry…  Die ou het aan iemand vertel van toe sy vrou aan hom ’n storie probeer vertel het, voor sy skielik gesterf het, en hoe hy net oor onbenullighede gesit en aangaan het…  Ek weet ook nie wie van julle die "Little Mermaid" al gekyk het nie?  Dit was een van my gunstelinge :)  Die kleine meermin verloor haar stem, en kan nie praat nie...  Hoe erg moet dit nie wees, as jy nie kan se wat op jou hart is nie?  As jy deur jou lyftaal aan mense moet oordra hoe jy voel?  Ek dink daar sal baie gekruisde "signals" wees :)
Ons is almal op geleende tyd hier…  As jy die geleentheid het om ’n verskil in ander se lewens te maak met jou woorde – doen dit NOU…  Moenie wag vir die perfekte geleentheid nie – want dit is NOU…  Mens kan partykeer probeer soos jy wil – die lekkerste oomblikke is gewoonlik die spontaanste oomblikke, en nie dit wat haarfyn beplan is nie..  Elke mens wat jou pad kruis, kan doen met 'n tikkie inspirasie, 'n tikkie moed, en 'n "kind word"...  Jy is NOU hier, jy is NOU geseën met vriende, en familie, skool, werk, en met spesiale tye!  LEEF dit voluit, en maak seker jy waardeer die mense met wie God jou geseën het!  Maak ook seker dat hulle WEET dat hulle baie vir jou beteken!  As jy dalk baklei het met iemand, dat dit so ge-eskaleer het dat julle nie meer praat nie – maak REG!  Die tyd is min…  Moenie spyt wees oor kanse wat jy gehad het, wat jy dinge kon regstel nie…  Almal het nodig om te weet hulle word waardeer, of dat iemand hulle liefhet…  Moenie aanneem dat mense weet hoe jy voel nie – mense het partykeer nodig om dit te hoor…  ’n Glimlag kan ook enige mens se dag ophelder of enige baklei uitsorteer!  Hier is ‘n aanhaling vir jou vir vandag…  “Be kinder than necessary, because everyone you meet is fighting some kind of battle…” ~ T.H Thompson and J Watson
Moenie tyd mors nie – Say what you need to say :)  Moenie spyt wees oor onge-uiterde woorde nie…
Blessings!
Anelli**

Sunday 3 June 2012

“The bible says “do not fear” 365 times… That’s enough for each day of the year…” ~ Anonymous

Haloes! J
“The bible says “do not fear” 365 times…  That’s enough for each day of the year…”  ~ Anonymous
Ephesians 3:20-21
“Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen…”
Hebreërs 10:23
“Laat ons vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou, Hy doen wat Hy beloof het…”
“Decide that you want it more than you are afraid of it...”  ~Bill Cosby
“Fear is a darkroom where negatives develop...”  ~Usman B. Asif
Foto’s is een van my gunsteling goed in die hele wêreld J  Om dit te neem, maar ook om dit te kyk!  Al ken ek nie eens die mense op die foto’s nie…  Dis vir my so mooi om spesiale tye te kan ervaar deur net na ‘n foto te kyk…  Hulle sê mos – “a picture is worth a thousand words…” Dis lekker om stories te kan uitdink, deur net na die foto te kyk…  Die mense wat saam met my toer, of kuier, weet al – ek het gewoonlik my kamera by my…  Dis partykeer ‘n irritasie – glo ek J, maar dis so lekker om spesiale tye te kan vasvang, en dan “memories” te kan hê waarna jy kan terugkyk…  As jy ‘n professionele fotograaf is, wat jou eie foto’s ontwikkel, het jy ‘n donkerkamer nodig, waar die proses aan die gang gesit kan word…  Die omstandighede moet reg wees, en jy moet die regte materiaal hê daarvoor…
Dit het my laat dink aan die woordjie VREES…  VREES, word gewoonlik ontwikkel, of dit raak groter, wanneer dinge om jou donker is…  Letterlik, en figuurlik J  Wanneer worry jy die meeste?  Wanneer jy in jou bed klim in die aand en nie kan slaap nie?  Wanneer dinge aanhou verkeerd gaan in jou lewe, en jy nie kan sien hoe God vir jou uitkoms kan bring nie?  Ek het verlede Donderdag 4 keer die boodskap gekry dat ons nie moet vrees nie, dat God in beheer is, en vir ons sal sorg…  Die vers hierbo in Efesiërs het ek vanaf ‘n vriendin in ‘n sms ontvang, en vanoggend in die Kerk is dit weereens gepreek…  Ek voel werklik dat dit iets is wat ek met julle moet deel!  Want ek dink VREES is iets wat deel is van elke liewe mens se lewe…  Vrees vir die onbekende…  Vrees, omdat jy nie kan sien wat God se plan vir jou lewe is nie…  Vrees, omdat jy nie genoeg tyd het in die dag vir alles wat jy moet doen nie…  Vrees, omdat jy foute gemaak het, en jy nie weet hoe om aan te beweeg van dit nie…  Vrees, vir eensaamheid…  Vrees, omdat jy nie weet wat die regte besluit is vir jou om te maak nie…  Vrees, vir werkspanning…  Vrees, vir die eksamen…  Vrees vir finansiele onsekerheid…  Vrees vir verbrokkelde verhoudings…  Die lys is eindeloos…  MAAR, God is GROTER, as elke liewe vrees wat ek hier opgenoem het…
Ons het vandag ‘n liedjie in die Kerk gesing en ek wil die woorde vir jou gee vir die week wat voorlê – “Nothing is impossible, You will never fail, our God will make a way…”  Al kan jy nie sien hoe dit moontlik is nie – God sal ‘n pad maak…  Hy het soveel seën wat op jou wag – die vraag is net – deel jy Sy verwagting??  Of het jy ophou glo, droom en vertrou vir dit wat Hy vir jou beplan??  Solank jy FAITH het, is NIKS onmoontlik nie…  God kan die onmoontlike DEUR JOU moontlik maak…  Hy gaan sorg vir jou vir uitkoms met al die dinge waarmee jy so sukkel…  Gee dit net vir Jesus…
Sterkte vir jou week! J

Blessings!
Anelli**