Thursday 28 November 2013

“The Lord, who turned water into wine, can also turn the mess you are in, into a message…” ~ Peter de Villiers


haloes! :)

“The Lord, who turned water into wine, can also turn the mess you are in, into a message…” ~ Peter de Villiers

Jeremia 1:5

“Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken… Voordat jy gebore is, het Ek jou aan my gewy en jou as profeet van die nasies aangestel…”

Matteus 14:30-31

“Maar toe Petrus sien hoe sterk die wind was, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: Here, red my! Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?”

What great thing would you attempt if you knew you could not fail? ~Robert H. Schuller

“Elke oggend bestee ek 15 minute daaraan om my gedagtes op God te fokus… Dan is daar nie plek vir kommer nie…” ~ Howard Chandler Christy

Ek het die naweek ‘n forward email met die volgende aanhaling gekry: “Faith can move mountains… Doubt can create them…” Hierdie gelykenis waar Jesus die water in wyn verander het, is ‘n ongelooflike verhaal… Ek dink die bruidspaar moes seker lekker op hul senuwees gewees het toe die wyn opgeraak het by die troue! Wat doen mens?! Die gaste verwag ‘n partytjie, lekker kos en drinkgoed, en hier, aan die begin van die aand is die wyn op! Jesus het daardie aand gedoen wat vir ons as mens onmoontlik is…

As ek net dink hoe dit normaalweg gaan – en ook uit wat ek uit ander mense se vertellinge kan aflei – wanneer dinge nie gaan soos wat ons beplan nie, of soos ons hoop nie, raak ons baie keer paniekerig… Ons begin bekommerd raak omdat ons nie weet wat om te doen nie of omdat ons nie ‘n uitweg kan sien nie… Daardie bekommernis kan SO groot raak, dat dit ‘n sneeubal effek het! Jy kan worry, en worry, tot jy geen energie meer het nie! En al wat die worry gaan doen, is om jou moeg te maak… Maar wanneer jy “let go” van die probleem, en BID, laat jy dit aan God oor… En wanneer jy dit aan God oorlaat, is die onmoontlike moontlik!! Lukas 1:37 sê – Niks is vir God onmoontlik nie… Ons dien ‘n God wat siekes genees het (en daagliks nog genees!), ons dien ‘n God wat water in wyn verander het, ‘n God wat ‘n menigte kos gegee het met 2 vissies en 3 broodjies… Pieter de Villiers se aanhaling hierbo is vir jou en my geskryf vandag… God can turn your mess, into a message… Die keuse is ons s’n… Of ons gaan aanhou om ons te bekommer oor dit wat ons nie kan doen nie, en of ons net vir God gaan toelaat om deur ons situasie, ‘n boodskap van hoop te bring… Jy is nie maar toevallig daar waar jy jouself bevind vandag nie… Al lyk dinge HOE sleg, God wil jou gebruik om ‘n boodskap van HOOP vir die mense rondom jou te wees… Hy sal sorg vir die oplossing!! Bly jy net vertrou, en bly in gebed… Hy sal jou nie in die steek laat nie…

Blessings!

Anel**

“No one is perfect… That is why pencils have erasers…” ~ Unknown


Haloes! :)

“No one is perfect… That is why pencils have erasers…” ~ Unknown

Isaiah 12:2

Behold, GOD is my salvation; I will trust and not be afraid: for the LORD JEHOVAH is my strength and my song; He also is become my salvation.

Psalm 28:6, 7 (NIV)

Praise be to the Lord, for he has heard my cry for mercy. The Lord is my strength and my shield; my heart trusts in him, and I am helped. My heart leaps for joy and I will give thanks to him in song.

“No one is perfect, until you fall in love with them…” ~ Unknown

“You are special, God loves you…” ~ Unknown quotes

Hoe besluit jy watter vrugte om te koop as jy na die supermark gaan? Koop jy die met die kneusplekke, of kies jy die wat vir jou die mooiste lyk? Rooi, blink appels met geen merkies op nie, of piesangs sonder enige kneusplekke? Ekt die naweek vrugte gekoop en besef – as God ons moet uitkies soos ons vrugte uitkies, sou nie een van ons die “cut” gemaak het nie… As jy byvoorbeeld ‘n sakkie piesangs koop, en ‘n sak waspoeier bo-op dit in die sak pak, sal dit nie lank wees of die piesang sal gekneus en bruin wees van die druk wat daarop uitgeoefen is… Ons word ook van alle lewenskrag getap wanneer ons deur moeilike tye gaan, of tye waar ons met soveel bekommernis gevul is, dat dit jou lewe totentaal oorheers… Ons lewens word gekneus deur die probleme wat oor ons pad kom – mense wat jou teleurstel en seermaak, dinge wat nie uitwerk soos wat jy gehoop het nie, foute wat jy voorheen gemaak het wat jou haunt!

Gekneusde piesangs hoef egter nie weggegooi te word nie! Hulle kan gebruik word om piesangbrood te bak!! Vir 'n lekker piesangbrood het jy ‘n bietjie oorrype / gekneusde piesangs nodig, want die smaak van die broodjie sal net nie dieselfde wees as jy bestandele gebruik wat perfek is nie. Wat ek dus vanoggend vir jou wil sê – maak nie saak HOE onbruikbaar jy dalk dink jou lewe is nie, God kan jou situasie of omstandighede gebruik, om iets ONGELOOFLIKS van dit te maak… Jy moet net jou lewe in SY hande gee, dat HY die bak- en brouwerk kan doen! Wanneer ons so verskriklik “worry” oor tientalle klein dingetjies, probeer ons DIE LEWE op ons eie krag aanpak!! En ons hoef nie ‘n oomblik alleen te worstel met moeilike dinge nie… Ons Beste Vriend, ons Hemelse Pappa, op wie ons 24/7 kan staatmaak, is met ons… EN HY het JOU gekies… Ons Pastoor het gister gesê – Jesus does not love you, because you chose Him – He loves you because He chose you! And He loves you, like the Father loved His Son Jesus… Dis oneindig groot, en ek dink nie ons besef aldag HOE GROOT God se liefde vir ons is nie!! So! Hierdie dinge wat soos ‘n berg voor jou lê – sit dit in jou Pappa se hand! BID, en plaas jou geloof in God! Hy sal jou nie teleurstel nie – en Hy kan ENIGE IETS in ‘n wonderwerk omskep…

Vir die van julle wat erg moeg is – Matthew 11:28: “"Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest…”

Blessings!

Anelli**

Tuesday 26 November 2013

gebedsversoeke...

Haloe julle awesome mensies!

Hier is vanoggend weer 'n aantal gebedsversoeke.  Bid asseblief saam dat ons Hemelse Pappa sal deure oopmaak wat geen mens kan toemaak nie...  Dat HY genesing sal bring, en dat ons Hom sal kan verheerlik wanneer die wonderwerke kom!

Anonieme gebedsversoek:  Ek lei al vir jare aan "hypochondria" - vrees vir siektes. Ek raak vreeslik bang as ek enige snaakse simptoom het en dink altyd dis n erg siekte. As gevolg hiervan is ek baie angstig en dit is besig om my lewe oor te neem. Ek is heeltyd bang en elke tweede dag is dit iets anders. Dit meng in in my huwelik en my werk en ook my algemene geestelike welstand. Sal julle asb bid dat die Here vir my rustigheid en vrede gee en hierdie vrees uit my lewe neem. Baie dankie.

Anonieme gebedsversoek:  Ek is tans ‘n boekhouer by ‘n ouditeurs firma maar is opsoek na ‘n ander werk. Iemand in ons kantoor maak vir my die lewe baie onaangenaam en soos jy vandag genoem het ek sit op die kant en deel nie in die lewe nie.

Anonieme gebedsversoek:  Ek het so paar weke terug ‘n pyn gevoel in my sy regs bo by my ribbekas. As ek daarop druk, het dit gevoel ek gaan uit-”pass” en ek het naar en duiselig gevoel. Dit het weer verdwyn en ek het eers gedink dit is niks.
Vrydag was die pyn terug en nadat ek amper by die werk uitge-”pass” het, het ek besluit om maar dokter toe te gaan. Ek was vanoggend vir ‘n sonar om te kyk of dit dalk te doen het met my galblaas, maar volgens die radioloog lyk dit heel goed. Dit beteken egter dat ons verder gaan moet soek na wat die pyn veroorsaak. Ek wag nog vir my dokter om die uitslae met my te bespreek en vir my te sê wat die volgende stap is.
Ek wil asb vra dat julle vir my sal bid dat dit nie iets ernstig is nie, maar ook teen die duiwel se aanvalle, want ‘n mens is geneig om spoke opjaag en dink die ergste soos maagkanker. Ek voel so bang en magteloos.
Verder het ek baie druk by die werk, want daar is so baie dinge wat moet klaar voor almal op verlof kan gaan en alhoewel ek ‘n baie goeie hospitaalplan het, is hierdie kostes van die toetse vooraf vir my eie sak. Dit alles lei tot ekstra stres en maak my baie emosioneel op die oomblik.
Baie dankie!!!!!
 
blessings vir julle! :)
 
anel*

 

“I would rather live a life of “oh wells” than a life of “what ifs…” ~ likequote.com

Haloes! J

“I would rather live a life of “oh wells” than a life of “what ifs…” ~ likequote.com

Jeremiah 17: 7,8

“But blessed is the man who trusts in the Lord, whose confidence is in him.  He will be like a tree planted by the water and sends out its roots by the stream.  It does not fear when heat comes; its leaves are always green.  It has no worries in a year of drought and never fails to bear fruit.”

Matthew 11: 28-30 

“Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest.  Take my yoke upon you and learn from me, for I am gentle and humble in heart, and you will find rest for your souls.  For my yoke is easy and my burden is light.”

“To live is the rarest thing in the world. Most people exist, that is all.” ― Oscar Wilde

“If you are tired of starting over, stop giving up…” ~ Unknown

Om met vakansie te kan gaan, of ’n reis te onderneem is altyd lekker! Die afwagting en uitsien is baie keer een vandie lekkerste dele, want jy kan beplan, en drome droom van hoe lekker dit gaan wees… Ek onthou een Kerk wat ek al besoek het gedurende my tydjie in Europa– almal het vir my aangeraai dat dit een van die “must do” goed, is om die Kerk toring uit te klim, want die uitsig wat jy van bo-af oor die dorp sou hê, was glo ongelooflik! Ek het dietoring gesien, en gedink – nie te erg nie… Tot ek daardie trappe begin klim het… Klein trappies – hele 350 OP en 350 af, sou ek later uitvindJ, in baie nou gangetjies (waarvan ek niks hou nie), en mense wat van beide kante af beweeg (op en af – so die spasie is nog nouer)… Maar, as jy in is, is jy in, en dan kan is daar nie plek vir omdraai nie… Ek het die trappies geklim, en die belonging was SOVEEL groter as die klim van die trappe! Die uitsig oor die dorpie, is iets wat ervaar moes word, en deurdat ek deurgedruk het, kon ek daardie beloning ERVAAR!

Baie keer in ons lewens, begin ons met ’n uitdaging sonder dat ons werklik weet wat op ons wag… Ek dink baie keer as mens in werklikheid geweet het wat ELKE dag op jou wag, sou jy dalk nie wou opstaan uit die bed nie… En wanneer mens binne in die uitdaging sit –is die enigste manier om uit dit te kom, om deur deur te druk… Solank jy net elke dag kyk na die hekkie wat voor jou in die pad is, en nie na die 100e na daardie een nie en rus in die wete dat God vir jou sal toerus om die uitdaging baas te raak – sal daar geen beperking wees op wat jy deur God se krag sal kan doen nie… Om ’n probleem op te los, moet jy die feite in die oë kyk, vir God onvoorwaardelik vertrou, bid en dit net hekkie vir hekkie vat… Partykeer is die oplossing heel eenvoudig, maar ons is so oorwerk, oorspanne, en bekommerd dat ons nie die antwoord sien waarna ons so soek nie… Jesus belowe in Sy Woord, dat Hy ons met nuwe krag sal kom vul – veral jy wat so moeg is van sukkel, moeg is om te probeer en net in die proses die hekkies bly omstamp… Isaiah 40:31: but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint.

Blessings!

Anelli**

 

Monday 25 November 2013

“For every minute you are angry, you lose sixty seconds of happiness…” ~ Ralph Waldo Emerson


Haloes! J

“For every minute you are angry, you lose sixty seconds of happiness…” ~ Ralph Waldo Emerson

Ecclesiastes 3:1-8

There is a time for everything, and a season for every activity under heaven: a time to be born and a time to die, a time to plant and a time to uproot, a time to kill and a time to heal,
a time to tear down and a time to build, a time to weep and a time to laugh, a time to mourn and a time to dance, a time to scatter stones and a time to gather them, a time to embrace and a time to refrain, a time to search and a time to give up, a time to keep and a time to throw away, a time to tear and a time to mend, a time to be silent and a time to speak,

a time to love and a time to hate, a time for war and a time for peace.

Isaiah 49:13

Shout for joy, you heavens; rejoice, you earth; burst into song, you mountains! For the LORD comforts his people and will have compassion on his afflicted ones.

Daar is 'n gediggie wat sê: As ek geweet het dis die laaste keer, dat ek jou aan die slaap sou sien raak, sou ek meer moeite gedoen het om jou warm toe te maak. As ek geweet het dis die laaste keer wat ek jou by die deur sien uitloop, sou ek jou gedruk en gesoen het - en jou teruggeroep het vir nog n drukkie. As ek geweet het dis die laaste keer dat ek jou stem sou hoor, sou ek dit op band op geneem het sodat ek dit weer en weer kon speel. Ons leef so asof daar nog baie tyd oor is om alles te doen wat ons graag wil maar se nou vandag was die Laaste Kans! Die Bybel sê: " Ons is maar n damp wat 'n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn." Kom ons maak vandag tyd om te sê: `Ek is jammer` of `Dankie` of `Ek waardeer Jou`! As môre dalk nie daar is nie, kom ons leef vandag voluit! Waardeer vandag die mense rondom jou.

Hoe maklik raak mens nie kwaad of geiriteerd met mense nie? Veral wanneer ons moeg is en veral hierdie tyd van die jaar!!  Die druk is meer, ons lonte is korter, en dit neem nie baie om ons oor die “edge” te stuur nie. Ek dink nie eens baie mense bedoel dit die helfte van die tyd nie, maar dan glip die baklei deur sonder dat jy dit eers bedoel het?! Dinge word gesê wat kon gebly het, en mense word seergemaak wat dit nie verdien nie… Miskien kan jy assosieer met hierdie – as die persoon wat kwaad word, maar ook as die persoon wat seergekry het… Is jy besig om vandag, op hierdie oomblik te LEWE, of is jy besig om op die kantlyn te sit en wag om as ‘n plaasvervanger vir iemand op te gaan? Jy het dalk al soveel seergekry, dat jy ophou om te probeer, en maar eerder as ‘n toeskouer sit en kyk hoe die ander mense lewe?

Seerkry is deel van die lewe (ongelukkig is dit ‘n harde realiteit!) – dis wat die legkaartstukkies kleur gee :) Sonder dit, sou jou lewe se prentjie net wit en swart blokkies wees :) God het ‘n doel met elke stukkie seerkry wat jy al moes deurmaak, en ook nog gaan deurmaak… En Hy weet wat Hy vir jou beplan, en wat jy nodig het om daar uit te kom – al wat Hy van jou vra, is om te vertrou… Ek wil hierdie gediggie voor jou deur lê en vra dat jy dit sal onthou wanneer jy weer op die “bench” wil klim en kyk hoe ander lewe! Niemand van ons weet of ons volgende week, wat nog volgende jaar hier gaan wees nie… Mens weet ook nie of jou laaste woordewisseling of baklei die laaste woorde sal wees wat jy vir ‘n geliefde of vriend uiter nie… Of as jy dalk stilbly toe jy kans gehad het om dinge reg te maak met jammer, of te sê dat jy lief is vir iemand… Waardeer die mense in jou lewe!!! Waardeer al die kanse wat God jou saam met hulle gee! God sal die stukke van jou seerkry weer saamsit, en vir jou sorg! HY sal die moeilike tye en stukkende hart wat jy dalk het, ten goede gebruik… Laat Hom toe om Sy beste vir jou te gee, deur bietjie meer te waag deur Hom te vertrou!, en minder op jouself staat te maak deur op die bench te sit…

Blessings! 

anelli**

 

Sunday 24 November 2013

“Sometimes God does not give you what you think you want, not because you don’t deserve it, but because you deserve better…” ~ Unknown

Haloes! J

“Sometimes God does not give you what you think you want, not because you don’t deserve it, but because you deserve better…” ~ Unknown
Deuteronomy 7:9

“Know therefore that the LORD your God is God, the faithful God who keeps covenant and steadfast love with those who love him and keep his commandments, to a thousand generations…”

Joshua 1:7-9

“Only be strong and very courageous, being careful to do according to all the law that Moses my servant commanded you. Do not turn from it to the right hand or to the left, that you may have good success wherever you go. This Book of the Law shall not depart from your mouth, but you shall meditate on it day and night, so that you may be careful to do according to all that is written in it. For then you will make your way prosperous, and then you will have good success. Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be frightened, and do not be dismayed, for the LORD your God is with you wherever you go.”

“The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren

“If the only prayer you said was thank you, that would be enough.” ― Meister Eckhart
 
Ekt so ‘n tyd terug op ‘n donker pad gery…  My pa het agter my aangery, so wanneer ek in my tru-spieel gekyk het, het ek daardie rustige gevoel gehad, omdat ek geweet het hy ry net agter my…  Ons kom toe egter by ‘n verkeerslig, waar ek oor die lig gery het, maar hy gevang was met ‘n rooi lig…  Ek moes toe ‘n gedeelte van die donker pad op my eie aflê…  Kort, kort het ek in my tru-spieel gekyk, en niks behalwe donkerte gewaar nie.  Na seker so 5 kilometer van donkerte, het sy motor weer agter my verskyn, en ons het die res van die pad saam afgele…  Nou is my vraag - wanneer jy fiets ry, of motor bestuur, hardloop of stap – kyk jy heeltyd agter jou, of kyk jy na wat voor jou in die pad lê? Ek is seker dat ten minste 99% van die tyd, kyk jy voor jou! Want as jy heeltyd gaan terugkyk, is die kans goed dat jy in iets gaan vasry of vasloop en daar sal ’n groot kans wees dat jy baie seer sal kry! Die goed waar jy verbyry of verby stap, mense wat jy ontmoet oppad, is alles deel van God se groter plan vir jou lewe… Elke dag, is daar dinge wat gebeur, geselsies wat jy het, situasies wat jy moet hanteer, wat jou vorm en gevorm het tot die mens wat jy is vandag…

Hoekom dan, as ons die bostaande toepas wanneer ons bestuur, fietsry, hardloop of stap, doen ons die teenoorgestelde in ons daaglikse lewe? Ons bly terugkyk, na die dinge wat reeds gebeur het… Dinge wat ons verkeerd gedoen het, waarvoor ons, onsself nie kan vergewe nie… Ons bly tob oor mense wat ons seergemaak het voorheen, en hou dan in die proses AWESOME ander mense uit ons lewe, omdat ons bang is dieselfde gebeur weer… Ons kan nie mense oor dieselfde kam skeer nie… Sommige goed gebeur in mens se lewe, sodat jy daaruit kan leer, en sterker word… Maar God stuur daaglikse blessings oor jou pad… Ons moet dit net raaksien!! Is jou daaglikse geselsie met Jesus ’n stuurwiel, of ’n spaarwiel? Soos wat jy jou beste vriend, of vriendin vertel van dinge wat daagliks in jou lewe gebeur – en so julle vriendskapverhouding bou, so wil Jesus ook daagliks deel wees van jou lewe… Hy het jou oneindig lief… Soos wat my pa, heel pad agter my aangery het huis toe, SO staan God ELKE LIEWE DAG EN NAG, vierkantig agter jou…  Wanneer dit dalk donker raak op jou lewenspad, beteken dit nie dat God jou verlaat het nie – al sien jy Hom nie, of al kry jy dalk nie dadelik antwoorde op jou gebede nie, beteken dit nie dat Hy nie daar is nie…  God antwoord ’n hart wat met verwagting na Hom toe kom… God KEN jou hart – so jy kan kom nes jy is… Wanneer jy op jou knieë staan, is dit moeilik om platgeslaan te word deur die storms van die lewe… Jesus sal jou staande hou – en Hy sal jou lewensboot deur die storm, tot in die veilige hawe deursien… VERTROU… BLY HOOP… HOU AAN OM GELOOF IN GOD TE HE! Moenie ongeduldig raak met Jesus nie - die seen sal net soveel groter wees, wanneer jy wag vir Sy tyd...

Blessings!

Anelli**

 

Thursday 21 November 2013

“Pain is your ally; it is your friend. Pain reminds you to finish the job and get the hell home. Pain tells you when you have been seriously wounded. And you know what the best thing about pain is? It tells you you’re not dead yet!” – G.I Jane

Haloes! J

“Pain is your ally; it is your friend. Pain reminds you to finish the job and get the hell home. Pain tells you when you have been seriously wounded. And you know what the best thing about pain is? It tells you you’re not dead yet!” – G.I Jane

Isaiah 40:31

“But they that wait upon the LORD shall renew their strength; they shall mount up with wings as eagles; they shall run, and not be weary; and they shall walk, and not faint.

Habakkuk 3:19

“Although the fig tree shall not blossom, neither shall fruit be in the vines; the labour of the olive shall fail, and the fields shall yield no meat; the flock shall be cut off from the fold, and there shall be no herd in the stalls: Yet I will rejoice in the LORD, I will joy in the God of my salvation. The LORD God is my strength, and he will make my feet like hinds’ feet, and he will make me to walk upon mine high places.”

“When everything seems to be going against you, remember that the airplane takes off against the wind, not with it.” – Henry Ford

“There is only one response we should have towards fear…  I will not fear…” ~ Joyce Meyer

As jy dink aan die woordjie PYN, wat is die gedagtes wat by jou opkom? Fisiese pyn – soos nerf-af knieë, kopseer, tandpyn of figuurlike pyn – soos jou stukkende hart, hartseer wat jy ervaar, verlies, bekommernis? Beide die tipes pyn kan ongelooflik seermaak! Ek dink aan toe ek klein was en met my fiets geval het… ’n Nerf-af knie, waarop my ma dan mercuricrum gesit het om die wond droog te maak… Ek onthou dat dit onmenslik seer was! Die wond kon ook slegs genees deurdat my ma my versorg het… My been gedokter het, en die wond gereeld skoongemaak het… As ek net ’n groot pleister daaroor sou plak, was daar die gevaar dat die wond kon onsteek, en ek infeksie daarin kon kry, wat nog erger gevolge sou hê!
Ons doen baie keer net die teenoorgestelde wanneer pyn in ons lewens na vore kom… Ons plak ’n pleister daarop, en hoop dat deur nie daarna te kyk nie, of nie daaroor te praat nie, dat dit net sal weggaan… Pyn – letterlik of figuurlik, het tyd nodig, om minder te raak… En om uiteindelik gesond te raak… Daar is ook nie ’n maklike antwoord vir hoekom ons, wat God se kinders is, pyn moet ervaar en daardeur moet sukkel nie… Miskien het ’n vriend of vriendin jou ongelooflik seergemaak, of miskien het iemand jou hart gebreek… Miskien is daar iemand in jou lewe wat net aanhou verkeerd doen, en is jou hande afgekap, dat jy niks kan doen om hom / haar te help nie… Miskien sit jy met ongelooflike bekommernis wat uiteindelik konstante pyn veroorsaak, omdat dit finansieël, so moeilik gaan dat jy nie weet waar jy uitkoms gaan kry nie… Miskien is jy siek, en weet jy nie hoe om positief te bly, en die siekte te face nie?

God is met jou… Die stukkie in Psalm 34:18: “The Lord is close to the brokenhearted and saves those who are crushed in spirit…” is vir my so mooi! TIME HEALS ALL wounds… God sal heelmaak wat stukkend is… Jy moet Hom net in beheer stel en toelaat… Baie van ons is “fixers”… Ons probeer heeltyd sterk wees vir almal en alles rondom ons, en probeer om vir al die moeilikhede uitkoms te kry… Ons probeer maklike oplossings vind (“quick fix”), maar dit is nie noodwendig wat ons hart gaan heelmaak nie… God het BAIE meer ondervinding as ons in moeilik situasies… Al wat Hy vra is ons vertroue in Hom, om vir ons dit uit te sorteer… Jesus is GROTER as ENIGE IETS wat JY vandag moet deurmaak… Hy het die GROOTSTE PYN deurstaan aan die Kruis, en HY sal OM DAARDIE REDE, jou NOOIT ALLEEN los nie!
Blessings!

Anelli**

Wednesday 20 November 2013

“Having a rough day? Place your hand over your heart… Feel that? It is called purpose… You’re alive for a reason… Don’t give up…” ~ Joyce Meyer


Haloes! J

“Having a rough day? Place your hand over your heart…  Feel that?  It is called purpose…  You’re alive for a reason… Don’t give up…” ~ Joyce Meyer

Psalm 23:1-6

“The Lord is my shepherd; I have all that I need.  He lets me rest in green meadows; he leads me beside peaceful streams.  He renews my strength.  He guides me along right paths, bringing honour to his name.  Even when I walk through the darkest valley, I will not be afraid, for you are close beside me. Your rod and your staff protect and comfort me.  You prepare a feast for me in the presence of my enemies. You honour me by anointing my head with oil. My cup overflows with blessings. Surely your goodness and unfailing love will pursue me all the days of my life, and I will live in the house of the Lord forever…”

Revelation 22:21

“The grace of Lord Jesus Christ be with you all. Amen…”                                                                      

“Happiness is not a feeling, it is a choice. To be happy, one must choose to be happy, not respond to a circumstance that now controls your happiness.” ― Joyce Meyer

“God has planted greatness in you…  Let TODAY be the beginning of a great adventure as you step into the gifts He’s given you…” ~ Joyce Meyer

Hierdie tyd van die jaar is mens geneig om baie keer net te “bestaan”…  Opstaan, werk toe, skool toe, doen wat gedoen moet word, skryf eksamen, huis toe, slaap, REPEAT TOMORROW…  Die jaar van gejaadheid, lysies wat gecheck moet word, mense wat gelukkig gehou moet word, eksamens wat geskryf moet word, funksies wat bygewoon moet word, alles wat klaargemaak moet word voor jy dalk gelukkig genoeg is om vakansie te kan neem, is eindeloos…  Dis ook gewoonlik hierdie tyd van die jaar dat mens voel – my krag en geduld is min, dinge wat verkeerd loop is BAIE en ek’t net ‘n break nodig, want ek sukkel om die PURPOSE in my lewe raak te sien of dalk om dit uit te lewe?!                         

Miskien is hierdie vandag jy…  Miskien het jou jaar ‘n paar draaie geloop wat jy nie voorsien het nie…  Miskien is jy op hierdie stadium so moeg dat jy jou stiltetyd sny, om tyd te maak vir al die ander 100 dinge wat gedoen moet word…  Miskien het jy jou hoop verloor…  Miskien weet jy nie meer WAT jou purpose in hierdie wêreld is nie…  Ek’t nou die dag ‘n awesome aanhaling gelees…   Dit het gesê – maak seker dat jy nie vir God “in-pencil” in jou dagboek, en dan rondskuif of partykeer sommer jou gesprek met Hom totaal en al kanselleer nie…  Sit vir God EERSTE in jou dagboek, en skuif die ander dinge rondom Hom…  Ek wil met Joyce Meyer se aanhaling hierbo ook heelhartig saamstem…  As jy jou hart voel klop – WEET vandag dat jy geskape is om ‘n spesifieke doel te vervul…  God het jou geskape, en die wêreld sal ‘n armer plek sonder jou wees, want NIEMAND anders is geskape om die PURPOSE te vervul wat God vir jou bestem het nie!  Jy is ONGELOOFLIK spesiaal…  Bid, en sit alles wat jou pla, vandag neer by die Kruis…  Laat Jesus toe om die dinge wat jou so omkrap, ongelukkig of moeg maak, uit te sorteer…  En byt vas – die einde van die jaar is om die draai!  Maak seker dat jy nie die laaste stukkie van 2013 omwens nie, maar maak seker dat jy elke dag LEEF!!  Moenie dinge uitstel nie – doen dit wat jou bangmaak, maak seker dat mense in jou lewe WEET hoe kosbaar hulle vir jou is – say what you need to say… LIVE, so that when you get to the end, you can say – I truly have NO REGRETS…  God het jou oneindig baie lief, en Sy purpose vir JOU lewe, is groter as wat jy OOIT sal hoop of dink…  Glo dit, LEEF dit! 

Blessings!

Anelli**                                                                                                                                                                     

Tuesday 19 November 2013

“Tough times never last, but tough people do.” – Robert H Schuller


Haloes! J

“Tough times never last, but tough people do.” – Robert H Schuller

Psalm 117:1-2

“Praise the Lord, all you nations.  Praise him, all you people of the earth.  For he loves us with unfailing love; the Lord’s faithfulness endures forever. Praise the Lord!”

Philippians 3:13

“Brothers, I do not consider myself yet to have taken hold of it. But one thing I do: Forgetting what is behind and straining toward what is ahead, I press on toward the goal to win the prize for which God has called me heavenward in Christ Jesus.”

“What God intended for you goes far beyond anything you can imagine…” - Oprah

“Courage is fear that has said its prayers and decided to go forward anyway.” ― Joyce Meyer

Wanneer jy ‘n slegte dag het kan die tyd partykeer BITTER stadig verby gaan…  Die lekker ding om te weet in so ‘n geval, is dat jy net moet uithou tot aan die einde van die werk- of skooldag, totdat jy kan huis toe gaan…  Die dag kan nie langer as 24uur aanhou nie…  Netso met ‘n “scary” fliek wat jy kyk, slegte funksies wat jy moet bywoon, onderhoude wat jy moet deurmaak, dokters of tandarts-afsprake waarvoor jy vrees – jy weet die uur gaan aanbreek, en jy sal dit moet verduur vir die lengte daarvan, maar jy weet ook (of dit nou van vorige ervaring of logiese denke is), dit sal NIE vir ewig aanhou nie!

Dieselfde is waar vir slegte “tydperke” waar uitdagings, moeilikheid, pyn, hartseer of groot uitdagings aan die orde van die dag is…  Dit hou partykeer vir ‘n baie lang tyd aan, en wanneer jy IN die situasie is, kan dit partykeer voel asof dit NOOIT as te nimmer gaan ophou nie…  Maar soos alle goeie goed in die lewe, MOET die wiel iewers draai…  Jesus het vir ons die grootste voorbeeld kom gee van dat slegte tye nie vir ewig aanhou nie – deurdat Hy vir ons ‘n NUWE lewe kom gee het die dag toe Hy vir ons aan die kruis kom sterf het…  Ek dink dit moes vir Hom bitter erg gewees het om te weet wat vir Hom voorlê, maar steeds het Hy deurgedruk, en danksy Hom kan ons eendag die Ewige Lewe hê, wanneer ons Hom kies…

Miskien voel jy vandag op moed verloor se vlakte en weet jy net nie meer wat die punt is van al die gesukkel wat jy moet verduur nie…  Miskien bid jy al vir ‘n tyd lank vir iets, maar die deurbrake wil net nie kom nie…  Miskien is jy moeg gewag…  God ken jou hart…  Hy IS by jou, selfs al voel dit vir jou of jy nou al ‘n tyd lank die lewensreis op jou eie aangepak het…  Miskien is jy al OP van karakter bou – mens voel mos baie keer – ek is nou al sterk genoeg – HOEVEEL moet ek dan nou nog deurmaak?!  Ek’t nie die antwoorde vir jou op al hierdie vrae nie…  Al wat ek jou kan verseker is dat jy NOOIT alleen hoef te voel, of dat jy die lewe en al sy dinge ALLEEN hoef aan te pak nie…  Jesus is ELKE dag met jou…  Sy Heilige Gees is IN jou en sal jou omvou met Sy liefde, genade en vrede…  Baie van die karakter-bou wat ek moes deurmaak, het my gehelp om op ‘n manier daar te kan wees vir ander mense wat deur soortgelyke dinge moet gaan…  Dit leer jou om humble te wees en compassion vir ander te hê…  Ek wil jou laat met die woorde van Robert H Schuller – tough times never last, but tough people do…  God is BY jou – elke oomblik van elke dag…  In die donkerste nag, en in die langste dag – Hy is by jou…  Hy sal jou dra waar dit vir jou voel of jy nie ‘n tree verder kan stap nie…  Hy is groter as ENIGE iets of IEMAND wat vandag oor jou pad sal kom…  Moenie moed opgee nie – dis altyd te vroeg om moed op te gee!  As jy aan ‘n resies deelneem, maar ophou hardloop voor jy die eindstreep oorsteek, sal jy uitmis op daardie “gevoel” van “accomplishment” asook die moontlike “prys” wat vir jou wag…  God het BAIE meer in store vir jou as wat jy ooit sal hoop of dink…  Jy is ONEINDIG kosbaar en Hy het jou bitter baie lief!  Hardloop jou lewenspad met volharding!!

Blessings!

Anel**

Sunday 17 November 2013

“A setback is simply a setup for a great comeback… That adversity could be the very thing that will help promote you…” ~ Joel Osteen

Haloes! J

“A setback is simply a setup for a great comeback…  That adversity could be the very thing that will help promote you…” ~ Joel Osteen

Isaiah 50:10

“Who is among you that fears the LORD, That obeys the voice of His servant, That walks in darkness and has no light? Let him trust in the name of the LORD and rely on his God.”

1 Corinthians 15:57-58

“But thanks be to God! He gives us the victory through our Lord Jesus Christ. Therefore, my dear brothers and sisters, stand firm. Let nothing move you. Always give yourselves fully to the work of the Lord, because you know that your labour in the Lord is not in vain.”

“Life will always try to make things difficult for you, but every time you overcome difficulties, you come out stronger…” ~ Unknown

“Two things define you…  Your patience when you have nothing, and your attitude when you have everything…” ~ Unknown

Ek is seker baie van julle het al ‘n wedstryd of kompetisie gekyk, waar die persoon of span wat jy wil hê moet wen, agter was op die telbord…  Ek glo altyd dat dit nie oor is, totdat die laaste minuut verby is nie, maar die teleurstelling is dikwels bitter groot wanneer mens aanhou hoop, en jou span of speler steeds die onderspit delf…  Daar is gewoonlik twee tipe ondersteuners…  Die wat bly glo tot die einde, en die wat dadelik opgee wanneer die span of speler begin sukkel…

In ons lewens is dit dieselfde…  Soos julle weet is dit nie altyd “plain sailing” nie…  Maar ek dink ons begin baie keer ‘n nuwe dag, met die verslane “attitude” van die vorige dag se teleurstellings…  Ons tob oor dit wat ons verkeerd gedoen het, of dit waarmee ons ongelooflik sukkel…  Ons kyk dikwels so vas in die probleem of uitdaging, dat ons vergeet NA wie ons moet kyk, en met wie ons moet praat in hierdie moeilike tye…  Ons mag dalk vandag 2e op die telbord geëindig het, maar dit beteken nie dat ons môre met ‘n agterstand moet begin nie!  God kom maak die telbord 0-0 elke oggend…  Hy kom gee ons nuwe krag, en nuwe moed wanneer ons opstaan om die nuwe dag aan te pak…  Sy genade, Sy bystand en Liefde, is elke môre NUUT vir my en jou!!  Jesus het aan ons kom wys dat NIKS onmoontlik is, die dag toe Hy aan die kruis gesterf het, en op die derde dag weer opgestaan het uit die dood…  Moenie vaskyk in dit wat in die verlede gebeur het nie…  Moenie vandag begin met ‘n agterstand op die telbord nie, en moet ook nie probeer om vandag se uitdagings met gister se moed en krag aan te pak nie…  Gee dit in Jesus se hande…  Bid dat God vir jou ‘n pad moet maak, waar jy op die oomblik geen pad sien nie…  Dat Hy deure in jou lewe sal oopmaak wat geen mens sal kan toemaak nie…  Dat Hy jou bekommernisse sal wegneem, en dat Hy jou gemoed sal vul met vrede en rustigheid…  Vrede wat net God kan gee…  God SAL vir jou sorg…  Die ou wat wen, is gewoonlik nie die ou wat die sterkste, vinnigste of slimste is nie…  Dis die ou wat weet waar sy krag vandaan kom, wat 5 minute langer aanhou as die een langs hom, en wat weet WIE Sy toekoms in Sy hande hou…  Ek laat jou vandag met Jeremiah 29:11 – “For I know the plans I have for you… Plans to prosper you and not to harm you… Plans to give you hope and a future…”

Blessings!
 
anel**

Friday 15 November 2013

gebedsversoeke


Gebedsversoeke

Anoniem:  ‘n Vriendin se pa is die week gediagnoseer met Long Kanker;

‘n Vriendin se man is al vir 8maande sonder werk, hulle het 2 kinders en sy kan nie al die finansiële verantwoordelikheid nakom nie;

‘n Vriendin se skoonpa is paar maande terug met Motor Neuron Siekte gediagnoseer en         raak elke dag net swakker;

Bid asb vir die families vir krag, sterkte, verligting van pyn en genesing as dit Sy wil is en om Sy hand van beskerming oor hierdie families te hou!

Blessings julle!

anel

Thursday 14 November 2013

"Don't ever let someone tell you that you can't do something... Not even me... You got a dream, you gotta protect it... When people can't do something themselves, they're gonna tell you that you can't do it... You want something, go get it. Period."


Haloes! :D

"Don't ever let someone tell you that you can't do something... Not even me... You got a dream, you gotta protect it... When people can't do something themselves, they're gonna tell you that you can't do it... You want something, go get it. Period."

Isaiah 12:12

"Surely, God is my salvation; I will trust and not be afraid... The Lord, the Lord is my strength and my song; he has become my salvation..."

Ephesians 3:16-19

"I pray that out of His glorious riches he may strengthen you with power through his Spirit in your inner being, so that Christ may dwell in your hearts through faith... And I pray that you, being rooted and established in love, may have power, together with all the saints, to grasp how wide and long and high and deep is the love of Christ, and to know this love that surpasses knowledge - that you may be filled to the measure of all the fullness of God..."

“Follow your dreams, believe in yourself and don't give up…” ~ Rachel Corrie

“Don't ever give up. Believe in yourself or no one else will. My personal saying is: 'I'd rather die knowing that I tried to do what I love.” ~Adrienne Bailon

Ek glo, maar…  Ek dink baie van ons was al in ‘n situasie, waar ons met die onmoontlike gekonfronteer is, en waar ons dink, dit kan dalk uitwerk, maar ek het DIT teen my, of DAT wat teen my tel…  Mmm…  Maar, miskien kan dit tog dalk nie uitwerk nie…  OF, Ja, niks is vir God onmoontlik nie, MAAR…  Ek het soveel dinge wat teen my is op die oomblik…  Die odds lyk nie goed nie…  Klink dit bekend??    Of ons was al in so ‘n situasie, of ons ken iemand wat so praat…  Ons sit partykeer vir God in 'n boksie deur sulke gedagtes te koester...

Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, die dinge wat ons nie sien nie (Hebreërs 11:1)…  Ek dink dat wanneer dinge maklik gaan in ons lewens, wanneer ons ‘n stukkie plain sailing beleef, is dit maklik om te glo, om lewe te spreek en te vertrou dat God alles sal laat uitwerk soos dit moet…  Dis wanneer ons met moeilike dinge gekonfronteer word, wanneer dit werklik lyk of die “odds” absoluut teen ons is, dat ons soos ‘n Petrus raak…  Petrus wat gesien het hy KAN op die water loop, wat toe begin twyfel het toe Hy SUPER naby aan God was!  In ons lewens is dit dieselfde…  God kon dalk al 100 keer vir ons deurgekom het, maar die duiwel spesialiseer daarin om twyfel in ons lewens te saai op die 101e keer!  God is ‘n God vir wie niks onmoontlik is nie…  ‘n Vriendin van my het so ‘n mooi beeld gebruik nou die dag…  As jy ver van Tafelberg af staan en jy hou jou hand voor dit, sal jy sukkel om Tafelberg te sien - jy gaan net in jou hand vaskyk…  Hoe nader jy aan Tafelberg beweeg, hoe duideliker sal jy Tafelberg sien en hoe kleiner sal jou hand wees…  Dis dieselfde met probleme…   Wanneer ons ver van God af is, en probleme of moeilike tye doen hulself voor, sien mens baie keer net die probleem of onmoontlikheid raak…  Maar hoe nader jy aan God beweeg, terwyl jy probeer om die moeilikheid of onmoontlikheid te hanteer, of sin van te maak, hoe duideliker sal jy God se werking sien, en hoe kleiner sal jou probleem lyk…  NIKS is vir ons Hemelse Pappa onmoontlik nie…  Miskien het jy finansiele moeilikheid, verhoudingsprobleme, siekte of werkloosheid wat jou in die gesig staar…  Nader tot God…  En GLO dat GOD ENIGE iets kan doen!  Spreek dit in jou lewe!  Don’t tell God how big your problem is, tell the problem how BIG your God is!  God sal SORG!  Vertrou net!

Blessings!

anelI**

Gebedsversoeke


Gebedsversoeke

 

Anoniem:  Vriendin wat vir ‘n toetse onder narkose moet gaan…  Dokters vermoed dat haar bloedvloei na haar hart dubbel soveel is wanneer sy oefen (moontlik twee bloedvate wat na die hart loop).  Dit veroorsaak dat haar hart ‘n adrenalien skok kry, elke keer wat sy oefen.  Mag God haar dra deur die toetse.  Sy is ‘n groot sportvrou, so ons bid vir genesing.

 

Anoniem:  ‘n Vriendin wat tans met depressie sukkel.  Haar kinders is uit die huis, en sy voel asof sy en haar man al hoe verder van mekaar af dryf.  Ons bid dat God haar sal optel en omvou met Sy liefde…

 

Anoniem:  Vriendin wat deur ‘n moeilike tyd gaan (siekte).

 

Blessings vir julle!

 

Anel**

Wednesday 13 November 2013

"Children are happy, because they do not have a file in their minds called "all the things that could go wrong..." - Marianne Williamson

Haloes! :D

"Children are happy, because they do not have a file in their minds called "all the things that could go wrong..." - Marianne Williamson

John 16:33

“I have said these things to you, that you may have peace... In the world you will have tribulation... But take heart, I have overcome the world..."

2 Timothy 4:17

"But the Lord stood by me and strengthened me, so that through me, the message might be fully proclaimed and all the Gentiles might hear it... So I was rescued from the lion's mouth..."

"Everything comes in time to him who knows to wait..." - Leo Tolstoy

“Testimony begins with TEST…” ~ Joyce Meyer

Is jy iemand wat hou van die onvoorspelbare of onbekende??  Ek dink vir meeste van ons, sal dit verg dat ons buite ons comfortzone moet beweeg wanneer ons die onbekende moet aanpak…  Dit is vir my so amazing hoe kleintjies nie ‘n bang haar op hul kop het nie…  Vrees vir die onbekende, bestaan verseker nie in hul woordeskat nie…  Hoekom sê ek so??  ‘n Voorbeeld hiervan…  Ek was ‘n tyd terug by ‘n rugbywedstryd…  ‘n Pa kom toe by die paadjie afgestap met ‘n seuntjie aan elke hand en ‘n baba in sy arms…  Hulle het reg voor my gesit…  Nadat die Pa hulle sitplekke identifiseer het, het hy die baba in my arms gesit, en gevra – “hou gou vas”.  Hy’t toe gesorg dat sy ander seuntjies hulle sitplekke inneem, en die baba het seker vir 5 minute by my gesit – doodstil, sonder om te begin kriewel of huilerig raak…  Asof hy my geken het, en totaal en al aanvaar het…  Dit het my net opnuut laat besef hoe ongelooflik God ons geskape het…  Wanneer jy baba of kleuter is, aanvaar jy almal onvoorwaardelik…  Jy judge nie, en jy deel sommer onvoorwaardelik liefde uit... 

‘n Ander voorbeeld, een waarmee ons elkeen kan vereenselwig, is die dag wat jy leer fietsry het…  Meeste van ons het met die klein wielietjies aan begin fietsry…  Ek onthou nog hoe lekker dit was om dit reg te kry, en die straat plat te ry…  Maar iets wat ook met meeste van ons gebeur het toe ons die klein “hulp-wielietjies” afgehaal het, is dat ons ‘n hele paar keer, sommer hard met Moeder Aarde kennis maak…  Ons het knieë nerf-af geval, maar ek glo dat vir 99% van ons, het dit nie verhoed om later weer op die fiets te klim en weer te probeer nie…  Kinders huil gewoonlik, maar more is hulle weer terug op die fiets!  Marianne Williamson som dit perfek op!  Kinders is gelukkig, want hulle het nie ‘n leêr in hul brein met ‘n klomp vooropgestelde idees van alles wat verkeerd kan gaan nie!  Hulle aanvaar onvoorwaardelik, leef voluit, en het lief met oorgawe…  Miskien het jy onlangs van “die fiets afgeval”…  Miskien is daar ‘n rofie wat jou herinner aan jou val, of miskien is jou knieë nog behoorlik nerf-af en die val sommer nog behoorlik in jou gedagtes ingeprent…  Miskien is jy vrek bang om weer te probeer, aangesien jy so hard geval het die vorige keer…  Miskien is daar besluite wat jy moet neem, maar al wat in jou kop bly vassteek is alles wat moontlik verkeerd kan gaan, indien jy die verkeerde besluit maak…   If God brings you to it, He will get you through it!  God sal sorg!  Al wat Hy van ons vra, is geloof so klein soos ‘n mostertsaadjie…  Hy sal sorg vir die groot goed – al wat nodig is, is dat ons FAITH het, en vertrou dat God vir ons sal deurkom.  Moenie bang wees om weer op jou fiets te klim nie – en hou op om dinge so te oor-analiseer, en al die WAT ASSE raak te sien…  Fokus op VANDAG – wat ek kan doen aan dit waaroor ek so bang is, in die hier en nou…  God sal sorg vir môre…

Blessings,
 
anelli**