Friday 13 December 2013

Laaste gedagteki en gebedsversoek 2013!

Hi julle!

So het die einde van 2013 sommer vinnig op ons toegesak...  Sien asb die laaste gebedsversoek, en weet ook dat vandag die laaste gedagteki vir 2013 was.  Die volgende ene sal weer op 13 Januarie verskyn!

Anoniem:  Gebedsversoek vir my vriendin wat deur ‘n baie moeilike stryd gaan met familie waar sy baie alleen voel en seergemaak voel.  Bid asb vir versoening, “clarity” en vergifnis.

Mag julle 'n ONGELOOFLIKE geseende Kerstyd he! Mag julle God se blessings in oorvloed beleef!!

Baie blessings!

anel**

Thursday 12 December 2013

“Don’t lose hope… When the sun goes down, the stars come out…” ~ searchquotes.com

Haloes! :)

“Don’t lose hope… When the sun goes down, the stars come out…” ~ searchquotes.com

Luke 2:9-14

An angel of the Lord appeared to them, and the glory of the Lord shone around them, and they were terrified.  But the angel said to them, "Do not be afraid. I bring you good news of great joy that will be for all the people.  Today in the town of David a Saviour has been born to you; he is Christ the Lord.  This will be a sign to you: You will find a baby wrapped in cloths and lying in a manger."  Suddenly a great company of the heavenly host appeared with the angel, praising God and saying,  "Glory to God in the highest, and on earth peace to men on whom his favour rests."

Micah 5:2

"But you, Bethlehem Ephrata, though you are small among the clans of Judah, out of you will come for me one who will be ruler over Israel, whose origins are from of old, from ancient times... "

“Christmas is most truly Christmas when we celebrate it by giving the light of love to those who need it most..”. ~ Ruth Carter Stapleton

“It is Christmas every time you let God love others through you... yes, it is Christmas every time you smile at your brother and offer him your hand…” ~ Mother Teresa

Geskenke…  Dis iets waarvan ek dink baie mense hou :)  Dis vir my altyd lekker om ander te bederf – ek hou daarvan deur spesiaal vir die spesifieke persoon, iets te gaan uitkies waarvan ek dink hulle sal hou, en iets wat sal betekenis hê of iets wat hulle nooit vir hulself sal koop nie…  Kerstyd is ook dikwels die tyd van die jaar wat ons meer daarop ingestel is om nood in ander se lewens raak te sien…  Maar so hartseer soos wat dit is,sodra die gejaagdheid van die nuwe jaar weer in volle swang is, is dit baie maklik om net weer in jou eie lewe vasgevang te raak en verby die nood van ander te kyk…  Moeder Teresa se aanhaling is vir my baie spesiaal – dis Kersfees wanneer ons mekaar liefhet, en vir God toelaat om ander deur jou lief te hê… 

Bouwer Bosch het gesê – Liefde wen!  En ek stem 100% saam – liefde is die grootste geskenk wat jy aan iemand kan gee…  Saam met liefde, loop hand aan hand, aanvaarding, omgee, vriendelikheid, geen “judgement” (die lys is eindelik nimmereindigend)…  God het aan ons die GROOTSTE geskenk kom gee met die geboorte van Jesus…  HY het aan ons Sy liefde, aanvaarding, omgee en “geborgenheid” kom gee…  Hoekom sê ek “geborgenheid” – want die dag toe Jesus in ‘n stal in Bethlehem gebore is, voel ek, het dit ons opnuut as familie in Christus kom bind…  Jy hoef nooit alleen, eensaam, of uitgeworpe te voel nie – want jou familie in Christus  is HUGE!  Christus het aan ons die grootste geskenk kom gee – en dit is LIEFDE…  Suid-Afrika het die afgelope week dit vir my so mooi uitgebeeld – UNITED we stand…  Daar word verby kleur, gelowe, gebrokenheid en onoorkombare verskille gekyk – want almal het een ding in gemeen gehad – groot respek en liefde vir Madiba…  en ek dink dat dit vir baie mense belangrik is om voort te bou op dit wat hy aan ons agtergelaat het…  Mag hierdie Kersfees vir jou een wees wat gevul is met God se liefde…  Mag jy daardie liefde uitstraal aan ELKE persoon wat jou pad kruis…  En mag ons voort bou daarop in 2014 – deur nie te vergeet van ons medemens nie maar dat ons, onsself sal toespits om ander te behandel soos ons graag behandel wil word…  Moenie die Kersfees geskenke gee wat kan vergaan nie – ‘n geskenk wat sonder liefde gegee word, is in elkgeval waardeloos…  Laat LIEFDE wen hierdie Kersfees! God het jou ONEINDIG baie lief!!!

Ek bid dat elkeen van julle God se liefde, genade, vrede en OORVLOEDIGE seën sal ervaar in die Kersseisoen…  En mag julle liggies SKYN vir God, sodat almal wat julle paaie kruis, gelukkiger mense by jou sal weggaan…  Vir die van julle wat op die pad gaan wees – ry asseblief veilig en kom lekker uitgerus vir 2014 terug!  Ek weet sommer dat daar GROOT dinge op ELKEEN van julle wag in 2014!!

Blessings!


anel

gebedsversoeke & laaste dag vir 2013 kennis

Hi julle!

Hier is weer 'n gebedsversoek:

Anonieme persoon het gevra:  Ek wil net vra dat julle my in julle gebede sal hou sodat God in my lewe sal werk van my I beter persoon sal maak dat ek I rolmodel vir my twee dogters sal wees ook mees belang ek soek dringend werk dat daar I deur vir my sal oopgaan in 2014 dat ek I goeie werk sal kry want dinge gaan op die oomblik nie goed nie.En as julle ook kan bid vir my dat God my uit hierdie finansiele stryd sal haal...

Net weer 'n "reminder" - more, 13 Desember is die laaste gedagteki vir die daggie vir 2013.  Ons sal dan weer 2014 hervat, vanaf 13 Januarie!

Mag julle 'n baie geseende dag he!

anel xx

Wednesday 11 December 2013

“If you don’t go after what you want, you’ll never have it… If you don’t ask, the answer will always be NO… If you do not step forward, you will always be in the same place…” ~ Unknown

Haloes! J

“If you don’t go after what you want, you’ll never have it…  If you don’t ask, the answer will always be NO…  If you do not step forward, you will always be in the same place…” ~ Unknown

Philippians 3:13

“Brothers, I do not consider myself yet to have taken hold of it. But one thing I do: Forgetting what is behind and straining toward what is ahead, I press on toward the goal to win the prize for which God has called me heavenward in Christ Jesus.”

Jeremiah 33:3

“Call to me and I will answer you and tell you great and unsearchable things you do not know…”

“When something bad happens, you have three choices…  You can either let it define you…  Let it destroy you, or you can let it strengthen you…” ~ Unknown

“I am strong, because I am weak…  I am beautiful, because I know my flaws…  I am a lover, because I am a fighter…  I am fearless, because I have been afraid…  I am wise, because I have been foolish…  and I can laugh, because I have known sadness…” ~ Unknown

Wanneer slegte dinge met ons gebeur, is mens se eerste vraag gewoonlik – HOEKOM EK????  en HOEKOM kan dinge net nooit uitwerk nie?? of  Ek is so moeg daarvoor om my alles te gee, en dan op die ou end slegter af te wees!!  Daardie mense wat nie omgee hoe hulle lewe nie – KYK net hoe voorspoedig gaan dit met hulle!!  Ek verstaan dit nie – dit maak net GLAD nie logies sin nie!   Klink hierdie bekend??


Miskien is dit hoe jou 2013 was…  Miskien het jy jou alles gegee met jou studies, maar jy het steeds nie die paal gehaal nie…  Of miskien het jy meer as jou deel gedoen by die werk, maar jou base het iemand anders bevorder, of vir iemand anders ‘n bonus gegee of erger nog – jy’t die trekpas gekry…  Miskien het finansies jou verswelg, en is jou begroting SO in die rooi, dat jy nie weet hoe jy deur die Kersseisoen gaan kom nie…  Miskien het siekte hierdie jaar by jou voordeur ingeloop, en mense vir wie jy lief was, of mense wie se vriendskap jy as bitter kosbaar geag het, by die agterdeur uit…  Hierdie aanhaling is vir my ‘n absolute inspirasie!  Wanneer slegte dinge met ons gebeur, het ons 3 keuses…  Ons kan toelaat dat dit ons definieer – dit kan raak hoe ons lewe…  Ons leef, eet en slaap ons probleem, en ons sien GEEN uitkomkans nie…  Jy kan toelaat dat dit jou totaal en al vernietig…   Jy kan so gefokus raak op die probleem, dat jy net ‘n berg sien – en nie die son wat op die berg skyn, of die pragtige natuurskoon wat die berg omring nie…  Of laastens – jy kan toelaat dat die probleem jou versterk…  Dat jy die slegte gevolge verwerk, en dan op God fokus, en VERTROU dat God sal sorg vir uitkoms!!  God is ‘n God wat spesialiseer in wonderwerke…  Hy spesialiseer daarin om ons OM TE BOUL met Sy goedheid, sonder dat ons dit baie keer verstaan!  Hy maak deure waar daar net mure was…  Sit sommer NOU jou situasie in God se hande…  VERTROU en weet dat die Here jou situasie gaan gebruik om jou ‘n sterker mens te maak, om ander mense te inspireer, sodat jy uiteindelik ‘n testimony gaan kan hê om met die wêreld te kan deel…  Ek bid dat God jou sal kom omvou met Sy liefde, en dat Hy sal sorg vir jou – hier in die laaste stukkie van 2013, maar ook die hele 2014 wat voorlê…  Mag Hy jou SO verras met ALLES wat Hy vir jou beplan dat jy nie die einde van jou blessings sal ken nie!

blessings!

anel**

Tuesday 10 December 2013

gebedsversoeke & datums van laaste gedagteki vir 2013...

Hi julle awesome mense!

Anonieme persoon het gevra:  My pa is weer vir n derde keer met kanker gediagnoseer. Hierdie keer is dit bokant sy linker oog waar daar n uitgroeisel is. Ek vra dat julle hom asb in gebede moet opdra ek sal dit baie waardeer.My ouers is verpleter met hierdie nuus ek vra dat 
my ma, wat die pilaar is, net vir hom moet kan dra. Hulle is alleen by die huis.

Anonieme persoon het gevra:  Ek het vir ‘n gastroskopie gegaan en die uitslae gekry en dit is ‘n groot mantelvliesbreuk en ‘n klomp maagseertjies. Ek is nou op medikasie en alhoewel dit volgens die dokter klink of ek dit chronies sal moet drink, glo ek dit sal totaal genees.

Dan net by voorbaat - die laaste gedagteki vir 2013 sal op Vrydag die 13e Desember verskyn!  Ons skop dan weer die nuwe jaar af op 13 Januarie 2014!!

Ons gesels nog tot Vrydag toe! Baie dankie vir julle gebede, liefde en omgee!  

blessings!

anel**

“Why try so hard to fit in, when you were born to stand out?” ~ Unknown

Haloes! :)

“Why try so hard to fit in, when you were born to stand out?” ~ Unknown

Psalm 125:1-2

“Those who trust in the Lord are like Mount Zion, which cannot be shaken but endures forever. As the mountains surround Jerusalem, so the Lord surrounds his people both now and forevermore…”

Nahum 1:7

The Lord is good, a refuge in times of trouble.  He cares for those who trust in him…”

“It’s not who you are that holds you back, it’s who you think you’re not…” ~ Denis Waitley

“Life is too short…  Smile while you still have teeth…” ~ Unknown

Ek het op Universiteit ‘n dosent gehad wat lief daarvoor was om jou “op die spot” te sit…  Ons eerste dag in sy klas was ‘n belewenis!  Hy het uitgeroep – “Jy in die rooi! Wat is jou mening??  Jy in die blou! Wat sê jy??”  Dit het later ‘n “ding” onder ons groep vriende geraak, om op die dag wat ons by hom klas het, swart aan te trek…  Net sodat ons nie hoef “uit te staan” en vrae te beantwoord nie J  Wanneer ek nou terugdink daaraan, weet ek dat ons dosent net wou hê dat ons moes aanleer om te DINK oor goed, en nie te bang moet wees om ‘n standpunt in te neem nie…  Teen die einde van die  jaar, was hy ons gunsteling dosent J

Is ons geloof nie maar partykeer net soos dit nie?  Ons wil maar net in-blend en nie “waves” maak nie…  Hierdie volgende aanhaling van Marianne Williamson is een van my gunstelinge:  “Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous? Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that other people won't feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in some of us; it's in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same.”  God het vir elkeen van ons geskape om UIT TE STAAN!  Wanneer ons opstaan vir dit waarin ons glo, wanneer ons leiding neem en VOLUIT leef soos wat God wil hê ons moet lewe, wanneer ons , ons gawes uitleef – inspireer ons ander mense om dieselfde te doen…  Miskien sukkel jy op die oomblik om aan te pas by dinge wat verander het…  Miskien lê die nuwe jaar al klaar soos ‘n berg voor jou, as gevolg van uitdagings waarvan jy alreeds WEET wat op jou wag…  Miskien is jou selfbeeld so afgekraak dat jy op die oomblik dink dat ek hierdie dagstukkie eintlik vir iemand anders skryf…  God het vir JOU gekies – nog voor jy nog ‘n GEDAGTE was!  EN jy is gemaak om uit te staan – nie om gekamofleerd te wees nie!  Hoe onseker dinge nou ook al vir jou mag lyk – al is God se plan tans vir jou onverstaanbaar – Hy sal alles laat uitwerk soos dit moet…  As daar dalk dinge is wat jou onderkry op die stadium, of wat jy dalk nie verstaan nie – kyk na jou moontlike oplossings, en as daar niks is wat jy kan doen daaromtrent nie – BID en gee dit vir jou Hemelse Pappa!  Hy wil nie hê dat jy jouself moet moeg maak, met dinge waaroor jy in elkgeval geen beheer het nie…  En moenie bang wees om op te staan vir dit waarin jy glo nie, of om jou talente met oorgawe uit te leef nie – Jesus het jou gemaak om uit te staan!  Wanneer die son so helder skyn of die nuwe dag net aangebreek het (partykeer is dit bietjie "gedim") – sien dit sommer as jou “spotlight” en PERFORM! Die dae wat die son nie so helder op jou skyn nie - tree so op dat die spotlight vanuit jou binneste sal skyn, dat mense hulle sonbrille sal moet opsit wanneer hulle jou sien...  Wees 'n lig in die donker wereld :)  God made you to stand out!

Blessings!

Anelli**





Monday 9 December 2013

“Life is too short to… Wake up in the morning with regrets… So love the people who treat you right… Forget about the ones who don’t and believe everything happens for a reason… If you get a chance, take it… If it changes your life, let it… Nobody said it would be easy… They just promised it would be worth it…” ~ Unknown

Haloes! J

“Life is too short to…  Wake up in the morning with regrets…  So love the people who treat you right…  Forget about the ones who don’t and believe everything happens for a reason…  If you get a chance, take it…  If it changes your life, let it…  Nobody said it would be easy…  They just promised it would be worth it…” ~ Unknown

Romans 8:38 – 39

“And I am convinced that nothing can ever separate us from God’s love. Neither death nor life, neither angels nor demons, neither our fears for today nor our worries about tomorrow – not even the powers of hell can separate us from God’s love. No power in the sky above or in the earth below – indeed, nothing in all creation will ever be able to separate us from the love of God that is revealed in Christ Jesus our Lord.”

Proverbs 30:5

“Every word of God is flawless; he is a shield to those who take refuge in him…”

“Everyone wants happiness, no one wants pain…  But you can’t make a rainbow, without a little rain…” ~ Unknown

“Time is free, but it is priceless…  You can’t own it, but you can use it…  You can’t keep it, but you can spend it…  Once you’ve lost it, you can never get it back…” ~ Unknown

Een van die coolste dinge vir my, is om ‘n reënboog te sien, na dit lekker gereën het…  Dit herinner my altyd aan God se belofte aan Noag…  In Genesis 6:11-13 is dit mooi vir ons uitgelê… “I establish my covenant with you:  Never again will all life be destroyed by the waters of a flood; never again will there be a flood to destroy the earth."  And God said, "This is the sign of the covenant I am making between me and you and every living creature with you, a covenant for all generations to come:  I have set my rainbow in the clouds, and it will be the sign of the covenant between me and the earth.” Elke keer wanneer ek ‘n reënboog sien, word ek herinner aan “nuwe hoop”…  Want God het deur die sondevloed, as’t ware die wêreld weer kom nuut maak…

Hier waar ons amper aan die einde van die jaar is, kan dit partykeer maklik raak om te wens dat die nuwe jaar nou maar net kan aanbreek…  Ek weet nie of jy dalk voel asof jou lewe tans deur ‘n hewige storms  omver gewerp word nie…  Dat maak nie saak waar jy kyk nie, dat dit net voel of jy omring word met probleme, hartseer en seer van alle kante… In hierdie tye – hoe moeilik ookal – maak tyd vir God… Wanneer ons, ons geloof voed, SAL ons weer gevul word met NUWE HOOP… God sal ons harte kom rustig maak, wanneer ons oë op HOM gevestig is, en nie op die probleme wat ons probeer onderkry nie… Wanneer jy weer vandag teneergedruk voel, sonder hoop, of sonder lewenskrag – fokus op God… Die reënboog sal ALTYD kom na die storm… God het dit al vir Noag en sy nageslag belowe…  Ek het vandag so ‘n cool vers op ‘n vriendin se whatsapp gesien – dit gaan as volg: Habakuk 2:3 “Faith in God includes faith in God’s timing…”  Moenie ongeduldig raak as dinge nie wil uitwerk soos jy gehoop, of gedroom het nie…  Staan vas in jou geloof, hou jou oë gevestig op Jesus, en moenie toelaat dat die duiwel twyfel in jou lewe saai nie…  Die reënboog is ‘n verskynsel wat al van Noag se tyd af bestaan…  Ons sien dit vandag nog!  Want so seker as wat daar ‘n reënboog kom na die reën, so seker sal God vir jou deurkom, en SORG dat die dinge vir jou uitwerk sodat jy seën uit die situasie kan ontvang!  Byt vas – vat die laaste stukkie van die jaar dag vir dag – SAAM MET GOD!  Sy hand is uitgestrek na jou – Hy is by jou met elke liewe tree wat jy gee!

Blessings!

Anel**

Sunday 8 December 2013

“It always seems impossible, until it is done…” ~ Nelson Mandela


Haloes! J 

“It always seems impossible, until it is done…” ~ Nelson Mandela

1 Corinthians 13:4-13

"Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud.  It does not dishonour others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. Love does not delight in evil but rejoices with the truth.  It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres.  Love never fails. But where there are prophecies, they will cease; where there are tongues, they will be stilled; where there is knowledge, it will pass away.  For we know in part and we prophesy in part, but when completeness comes, what is in part disappears.  When I was a child, I talked like a child, I thought like a child, I reasoned like a child. When I became a man, I put the ways of childhood behind me.  For now we see only a reflection as in a mirror; then we shall see face to face. Now I know in part; then I shall know fully, even as I am fully known.  And now these three remain: faith, hope and love. But the greatest of these is love..."

“Madiba showed us, that God can make the impossible, possible... That the only thing necessary is a willing heart to serve and for us to love one another... I heard PJ Powers saying - Madiba said, never to lose your flavour... We (South-Africans and also the world) should be like a fruit salad - each of us unique, and with our different flavours, complementing each other... Madiba, you will be missed!” ~ Anél Hugo

“Everything in life is temporary…  So if things are going good, enjoy it because it won’t last forever… And if things are going bad, don’t worry…  It can’t last forever either…” ~ Unknown

Ons, as ‘n land is verlede Donderdagnag / Vrydagoggend tot stilstand geruk…  Die man wat na ons land omgesien het, wat gesorg het vir positiewe verandering, was opgestaan het vir dit waarin hy glo, en toegelaat het dat God deur hom werk, het sy eindstreep bereik…  Wat ‘n ongelooflike voorbeeld was hy nie vir ieder en elk van ons nie?  Ek het oppad werk toe, ‘n onderhoud geluister wat KFM met PJ Powers gehad het…  Sy het in die onderhoud vertel hoe sy met Mandela gesels het, (in die tyd van die rugby wêreldbeker 1995)…  Sy het gesê dat sy aan hom gevra het – Madiba, dink jy nie dit sal beter wees as elkeen van ons eerder “koffie-kleurig” was nie??  Hy’t glo gelag en vir haar gesê – “NO…  Each one of us are unique, and we all have different flavours…  We, should be like a fruit salad – each unique, with our different flavours, complementing each other…”  Hoe waar is dit nie?? 

God het ELKEEN van ons gemaak in Sy beeld…  Hy het ELKE LIEWE EEN van ons,lief NET SOOS ONS IS…  Al sondig ons daagliks, al probeer ons en ons “fail”, al is ons moeg, en voel dit dat ons, onsself nie kan optel om die laaste stukkie te stap of aan te pak nie…  HY het JOU gekies…  Nog voor jy eens besluite vir jouself kon maak…  Ek dink Mandela was vir ons ‘n voorbeeld, een van HOE om naasteliefde uit te leef, om vir almal ‘n gelyke kans te gee…  Ek dink ons is dit aan hom en aan God verskulidg, om voort te bou op die “legacy” wat hy aan ons agtergelaat het…  Deur daagliks probeer om ‘n verskil te maak – daar waar jy is…  Jy hoef nie EARTH-SHATTERING dinge te doen om ‘n verskil te maak nie…  Partykeer is dit die klein goedjies wat saamwerk, om ‘n GROOT impak te maak…  Betoon naaste-liefde aan die mense wat jou pad kruis…  Wees vriendelik (dit kos niks)…   Luister as iemand nodig het om te gesels, of doen sommer iets vir iemand (al verdien hulle dit nie) – net omdat jy kan…  AANVAAR mekaar – as jy net ‘n appel in ‘n vrugteslaai het – kan dit baie saai raak…  Maar wanneer jy vrugte van verskillende geure en kleure saamsit, help jy om ‘n kleurvolle, maar ook smaaklike vrugteslaai te maak…  Hier aan ‘n einde van ‘n jaar, waar mens se dae lank en jou geduld min is, is dit dalk ‘n baie groot uitdaging…  Maar kom ons leef SO, dat die wêreld ‘n armer plek sal wees wanneer ons nie meer in dit is nie…  Wees iemand wat die verskil is in die wêreld – wat iemand (al ken hulle jou nie) se dag beter maak, net omdat julle paaie gekruis het…  God wil deur JOU en MY werk, om hierdie wêreld, ‘n beter plek te maak…  Al wat Hy vra, is ‘n bereidwillige hart…  BE A WORLD CHANGER – you were born with PURPOSE…  LIVE IT!

Blessings!

Anel**

 

Thursday 5 December 2013

“You can’t live a positive life with a negative mind…” ~ Unknown

Haloes! J

“You can’t live a positive life with a negative mind…” ~ Unknown

 Psalm 34:18

“He rescues those whose spirits are crushed…”

Matthew 19:26

“With God, all things are possible…”

 “Life isn’t meant to be lived perfectly…but merely to be LIVED. Boldly, wildly, beautifully, uncertainly, imperfectly, magically LIVED.” ― Mandy Hale

 “He created us for adventure, not ease.” ― Mary DeMuth, Everything: What You Give and What You Gain to Become Like Jesus

God created us for ADVENTURE, not ease…  Dis vir my ‘n awesome quote!  Want is die lewe nie NET dit nie??  Een GROOT adventure?  Elke dag wat aan ons gegee word is ‘n absolute geskenk…  GEEN mens kan ENIGE dag ingaan deur 100% te weet wat op hom of haar wag nie…  Want ENIGE IETS, is op ENIGE dag moontlik…  Ons dien ‘n God vir wie ALLES moontlik is…  Al spreek mense onmoontlikheid uit – God is magtig om SOVEEL meer te kan doen in ons lewens, as wat ons hoop of dink…  Ek het die afgelope tyd eerstehands beleef hoe God ‘n onmoontlikheid, in ‘n moontlikheid verander…  In ‘n geval waar daar absoluut GEEN kans was nie, waar die omstandighede totaal en al onmoontlik was – het God die situasie kom verander, en dit ‘n moontlikheid gemaak…

Face jy dalk op die stadium van die geveg, totale onmoontlikheid??  Is daar uitdagings wat miskien vir jou laat voel asof dit jou totaal en al oorweldig?  Lê daar ‘n berg voor jou wat jy dalk nie ‘n idee het HOE om dit te oorkom nie?  Al wat ons kan doen, is om ons lewe DAG VIR DAG te vat…  Om nie te probeer om volgende week se probleme vandag al op te los nie…  Maar om NET dag vir dag te leef…  Om elke dag dankbaar te wees vir die dinge waarmee God jou seën – want julle, ons dien ‘n ONGELOOFLIKE God en Vader…  Een vir wie die woord ONMOONTLIK nie bestaan nie…  Een wat daagliks wonderwerke doen, en ons seën – selfs wanneer ons dit nie verdien nie…  Ek wil Ephesians 3:20 [Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen] vandag vir JOU gee wat dalk op moedverloor se vlakte sit…  Vir jou vir wie die jaar dalk baie langer voel as wat dit werklik is…  Ek wil bid dat God jou lewe sal kom aanraak, en vir jou deure sal oopmaak wat GEEN MENS sal kan toemaak nie…  Ek bid dat deurbrake vir jou wat dit nodig het – sommer BINNEKORT sal kom…  Ek’t die afgelope tyd maar net weer gesien – God se tyd is nie ons tyd nie, maar Sy timing is SOVEEL beter as wat mens kan hoop of dink…  Mag God jou uit jou sokkies uit seën! 

Blessings!

Anell*

Wednesday 4 December 2013

“The first ever Cordless Phone was created by God… He named it prayer… It never loses signal and U never have to recharge it! Use it ANYWHERE J ~ Brainy from the Smurfs

Haloes! J

“The first ever Cordless Phone was created by God…  He named it prayer…  It never loses signal and U never have to recharge it!  Use it ANYWHERE J ~ Brainy from the Smurfs

John 14:13-14

"And whatever you ask in My name, that will I do, that the Father may be glorified in the Son. "If you ask Me anything in My name, I will do it.

Philippians 4:6-7

"Be anxious for nothing, but in everything by prayer and supplication with thanksgiving let your requests be made known to God. And the peace of God, which surpasses all comprehension, shall guard your hearts and your minds in Christ Jesus..."

“Change often brings unimagined opportunity...If there is no struggle, there is no progress. To live in a safe cocoon- I believe that is not truly living. It is stagnation.” ― Syrie James, The Missing Manuscript of Jane Austen

“God will answer you prayers better than you think. Of course, one will not always get exactly what he has asked for....We all have sorrows and disappointments, but one must never forget that, if commended to God, they will issue in good... His own solution is far better than any we could conceive.” ― Fanny J. Crosby

Ek weet nie wie van julle daardie eerste “cordless” telefone onthou nie?!  Dit was vir my SUPER cool dat ons ‘n telefoon kon hê, waarmee ons kon rondstap in die huis en gesels J  So ook, toe selfone uitgekom het – dit was eers ‘n groot “rariteit” – nie almal het dit gehad nie…  Een per gesin (as jy gelukkig was)…  Soos wat die tegnologie ontwikkel het, en ook as gevolg van die gejaagdheid van die lewe - deesdae, weet ek nie hoe ons ooit sonder dit klaargekom het nie!  Net om seker te maak jou geliefdes het veilig gery van een plek na ‘n volgende, of dat JY veilig gearriveer het – of nog veilig is (as jy dalk by ‘n funksie is wat langer aangehou het as wat jy verwag het)…  Om in te loer by familie en vriende wat dalk ver bly, of sommer net iemand te ondersteun wat deur ‘n moeilike tyd gaan, verjaarsdae, en ander spesiale geleenthede te onthou en saam met die mense wat spesiaal vir jou is te deel…  Tegnologie (selfone, skype, internet, facebook, twitter ens) maak dit vir ons baie makliker…

Gebed, is ‘n ongelooflike geskenk waarmee God ons geseën het…  Ons kan ENIGE tyd van die dag of nag met Hom praat oor die dinge wat ons onderkry of waarvoor ons dankbaar is…  Die dinge wat aan ons ‘n uitdaging is, dinge wat ons sukkel om te verwerk maar ook die dinge wat GOED gaan in ons lewens, en waarvoor ons vir God wil dankie sê…  Met gebed, sal jy NOOIT ‘n “beset toon” kry wanneer jy met God praat nie…  Jy sal nooit ‘n probleem hê dat jou foon se battery pap is of dat jou selfoon nie sein het nie…  24/7 het jy ‘n OOP kommunikasie kanaal met jou Hemelse Pappa…  ALLES wat jy op die hart het – hoe klein jy ookal mag dink dit is – is vir God belangrik…  Hy wil hê jy moet met Hom daaroor praat – en wanneer jy met Hom daaroor praat, dit dan in Sy hande los…  Hy sal net met jou geirriteerd raak, of moeg raak om te luister nie…  JY is vir Hom kosbaar, en daarom is ALLES wat jy op die hart het, vir God van belang…  Moenie moed verloor, en ophou bid nie…  God beantwoord gebede!  Ek dink baie van ons kan van dit getuig…  Dis partykeer maklik om moed te verloor wanneer ons moeg is, en dinge net nie wil uitwerk of as ons dalk nie ‘n duidelike antwoord kry nie…  God sal wel antwoord!  Vertrou, glo, hoop!  God sal ALLES wat tans in jou lewe aangaan, TEN GOEDE vir jou laat meewerk, sodat Hy uiteindelik daardeur verheerlik kan word!

Blessings!
 
anel**

Tuesday 3 December 2013

“I live by “Go big or go home… That’s with everything… It’s like either commit and go for it or don’t do it at all… I apply that to everything…” ~ Paul Walker

Haloes! J

“I live by “Go big or go home…  That’s with everything…  It’s like either commit and go for it or don’t do it at all…  I apply that to everything…” ~ Paul Walker

Proverbs 16:9

“In his heart a man plans his course, but the Lord determines His steps…”

Job 36:11

“If they obey and serve Him, they shall spend their days in prosperity, and their years in pleasures…”
 
“Love the life you live…  Live the life you love…” ~ Bob Marley

“Dance. Smile. Giggle. Marvel. TRUST. HOPE. LOVE. WISH. BELIEVE. Most of all, enjoy every moment of the journey, and appreciate where you are at this moment instead of always focusing on how far you have to go.”― Mandy Hale

Go big or go home??  Iets wat jy uitleef, of iets waaroor jy dink, maar nooit so ver kom om toe te pas in jou lewe nie?  Commitment – dis iets wat in hedendaagse tyd nie baie ernstig opgeneem word nie…  Of dit nou is ten opsigte van jou gesin, jou werk, jou verhouding of huwelik of miskien iets so simpel soos ‘n partytjie…  "Ek wil nie commit voordat ek weet wat op my wag nie…"  Gaan daar nie dalk iets beter homself voordoen nie?  Of, soos baie mense daarvan hou om dit te doen – kom ek “commit” – ek sê ek sal die partytjie of funksie bywoon, maar as ek op die ou end nie lus voel nie, kan ek maar net kanselleer (of in die ergste gevalle – net nie opdaag nie)…  Ek gee toe – daar gebeur somtyds dinge buite ons beheer wat ons verhoed om ons belofte te kan nakom – maar ek dink ons vergeet baie keer - dis op UITSONDERING…

God het nie “’n ander uitweg” of “gewag op iets beter” die dag toe Hy aan ons commit het nie…  Hy het Sy Seun – TEN VOLLE commit, sodat ons die LEWE kan hê – en dit in oorvloed! J  Hy commit NOU NOG Homself DAAGLIKS aan ons – deur elke oomblik van die dag by ons te wees!  Selfs al weet ons nie watter kant toe nie, of al voel ons totaal en al alleen…  Hy IS daar…  Hy gaan nie opgee op jou as daar ‘n “beter Christen” verby kom nie – Hy het jou ONEINDIG LIEF – en Hy wil net die beste vir jou hê J  Wanneer jy vir Jesus in jou lewe het, kan jy WEET – jy het iemand wat TEN volle committed is aan jou…  Hy gaan nie uitstap wanneer die ander uitstap nie, Hy gaan nie afwesig wees wanneer jy werklik iemand nodig het, of ‘n wonderwerk of deurbraak nodig het nie J  Hy is DAAGLIKS vir jou daar en heeltyd aan die werk om jou omstandighede ten goede laat meewerk…  Paul Walker (akteur van Fast and Furious) se lewe het in ‘n oogwink verlede week tot ‘n einde gekom…  Hy was oppad na ‘n liefdadigheidsfunksie en sy bestuurder het beheer van die motor verloor…  Nie EEN van ons weet wanneer ons laaste dag gaan aanbreek nie…  Wat belangrik is, is dat ons sê wat ons MOET sê aan DIE wat ons dit moet sê, terwyl ons die kans het!  Moenie spesiale geleenthede laat verbygaan nie – omdat jy te bang is om te commit nie…  Mens is ALTYD meer spyt oor dit wat jy nie gedoen het nie…  Maak seker dat jy niks los vir ‘n “spesiale tyd” nie – dis NOU daardie spesiale tyd…  God is committed aan jou – Hy sal ‘n pad maak waar jy op die oomblik net doodloopstrate sien!  Hy het jou ONEINDIG lief, en Hy sal NOOIT, maar NOOIT opgee op jou, of besluit dat jy nie meer goed genoeg vir Hom is nie…  Jy is ‘n Koningskind – uitverkorene…  Maak seker dat jy COMMIT aan God en aan die lewe – maak seker dat jy nie uitmis op alles wat God vir jou het nie!!

Blessings!
 
anel*

Monday 2 December 2013

“If you want to walk fast, walk alone… If you want to walk far, walk together…” ~ African Proverb

Haloes! J

 “If you want to walk fast, walk alone…  If you want to walk far, walk together…” ~ African Proverb

Genesis 21:22

 “God is with you in everything you do…”

Jeremiah 29:11

 “For I know the plans I have for you,” declares the LORD, “plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future…”

“Dance. Smile. Giggle. Marvel. TRUST. HOPE. LOVE. WISH. BELIEVE. Most of all, enjoy every moment of the journey, and appreciate where you are at this moment instead of always focusing on how far you have to go.”― Mandy Hale

“Life can only be understood looking backward. It must be lived forward.” ― Eric Roth

2013 is amper op sy rug…  Hoe was die jaar vir jou?  Een wat jy weer sal wil oorhê?  Een wat jy eintlik net wil vergeet en wil hê dat die einde moet aanbreek sodat jy kan “oorbegin”?  Een wat jy saam met God gestap het, of een waar jy dalk op jou eie begin stap het?  As ek dink aan staptoere wat ek al gedoen het – mens begin gewoonlik as ‘n groep, maar daar is gewoonlik 2 wat wegbreek en vooruitstap, en dan verseker ‘n paar wat agter raak en aan die agterkant van die groep bly…  Die uiteinde van die staptog is tog altyd dieselfde  - almal eindig op dieselfde plek op…  Hoe jy by jou eindpunt uitkom, is al wat verskil…  En wat is die lekkerste?  Om geselskap te hê, om te weet dat jy nie die onbekende pad alleen hoef aan te durf nie, en ook om te weet dat indien jy verdwaal en op ‘n verkeerde paadjie beland – jy nie alleen is nie…  Daar is ander saam met jou wat saam met jou sal “uitfigure” waarheen nou?!

Is ons lewens tog nie dieselfde nie??  Ons het vir God as ons companion…  Hy is elke dag, met elke besluit wat ons neem, met elke tree wat ons gee, met elke uitdaging wat oor ons pad kom – net ‘n gebed ver…  Hy belowe ons, in Sy woord, dat Hy ons NOOIT, maar NOOIT sal verlaat nie, en ons NOOIT maar NOOIT in die steek sal laat nie…  Ek dink baie keer, wanneer dinge te “stadig” gebeur volgens ons sin, wanneer ons bid en die antwoorde nie op ons tyd kom nie, is ons partykeer geneig om ongeduldig en selfs kwaad te raak vir God, en dan “weg te breek”, om op ons eie verder te probeer.  Ons begin die lewenspad alleen stap – en partykeer, verloor ons in die proses heeltemal ons weg!  Ons raak getap van ons energie (hierdie tyd van die jaar is dit ook nie baie moeilik vir min energie nie), ons raak krapperig, en ons vergeet om tyd met God te spandeer en om te bid…  Net omdat jou antwoord nie dadelik vir jou uitgespel is nie, beteken dit nie dat God nie vir jou daar is nie…  Dit beteken ook nie dat daar nie ‘n spesifieke plan vir jou lewe is nie!  Van my staptogte wat ek al onderneem het, was die BESTE gedeelte van die stap – die stuk wat jy verdwaal!  Die stories wat jy agterna kan herleef, is wat jy onthou, en wat jou lewe kleur gee!  Kom ons commit sommer vandag om die res van 2013, asook 2014, SAAM met God te stap…  Dat ons Hom sal toelaat om ons te lei – op SY PACE…  En op die pad wat Hy vir ons bestem het…  Want God het ALTYD die beste vir jou in gedagte…  Selfs al sien jy dalk GLAD nie die groter prentjie op die oomblik nie – gee dit net kans…  God is groter, en Hy kyk van bo af - Hy sien die groter prentjie…  Gee jou moegheid, deurmekaar gemoed en al jou onsekerhede of vrese, sommer NOU oor in God se hande…  HY sal vir jou sorg!

Blessings,
 
anel**

Sunday 1 December 2013

“You have not lived until you have done something for someone who can never repay you…” ~ John Bunyan

Haloes! J

“You have not lived until you have done something for someone who can never repay you…” ~ John Bunyan

Luke 6:38


"Give, and it will be given to you; good measure, pressed down, shaken together, running over, they will pour into your lap. For by your standard of measure it will be measured to you in return."

Luke 6:28-29

“But I say to you that hear, Love your enemies, do good to those who hate you, bless those who curse you, pray for those who abuse you…”

“The best antidote I know for worry is work. The best cure for weariness is the challenge of helping someone who is even more tired. One of the great ironies of life is this: He or she who serves almost always benefits more than he or she who is served.”  Gordon B. Hinckley

“Even the smallest act of caring for another person is like a drop of water -it will make ripples throughout the entire pond...” ― Jessy and Bryan Matteo

Kan julle glo dat ons in Desember is?!  Hierdie jaar het ongelooflik vinnig gegaan...  Desember en Kerstyd is een van my gunsteling tye van die jaar...  Pragtige liggies, kerskoekies, vakansie, familie, geskenke en liefde...  en die belangrikste van alles - dis die maand waar ons opnuut herinner word dat God Sy Enigste Seun aan ons gegee het, sodat ons nie eendag verlore hoef te gaan nie, maar dat ons die Ewige Lewe kan he...  Dis ook 'n tyd van die jaar wat mens gewoonlik meer attent is op ons blessings en bewus is van mense wat minder as ons het...  'n Vriend van my in Amsterdam "sponsor" 'n kind vir 29Euro per maand...  Die kind is in die Fillipyne en die maandelikse bydrae word vir die kind se welstand gebruik.  Baie van die kinders in die inisiatief van Hillsong Kerk is weeskinders, of kinders in baie minderbevoorregte huise...  My hart was stukkend toe ek nou die aand op Facebook my vriend se "status update" sien, dit gaan so - "Today I got 2 letters from compassion (organisasie wat die administrasie van die projek beheer...) The first letter Jimmel writes to me and he talks about his grandparents and how he loves the pictures I send him... The second letter is from compassion confirming that Jimmel was indeed living directly in the affected area and NO contact could be established with him and his family at this time ... 3 years ago I just knew I wanted to sponsor a little boy from The Philippines... There was an unknown reason behind it....: This could very well be the reason why..!"

Ons weet nie wat vandag, more of volgende jaar inhou nie... Maar ons weet WIE dit in Sy hande hou...  Daar is so baie dinge wat ons se ons sal doen "eendag - wanneer my skippie inkom"... Dis NOU die tyd om 'n verskil te maak...  Om iets te doen vir iemand wat dalk NOOIT vir jou iets in ruil sal kan doen nie...  Die mense wat oor jou pad kom is maar nie net toevallig nie - God stuur elke mens met 'n spesifieke doel oor jou pad... Ek weet dat met die armoede in ons land, is dit nie moontlik om almal kan help nie - maar ons kan ALMAL liefhe en aanvaar...  God weet wat Hy vir jou lewe beplan - KIES om elke dag SO te leef dat die wereld 'n armer plek sal wees sonder jou in dit...  Mense sal dalk nie altyd onthou wat jy vir hulle gedoen het nie - maar hulle sal ALTYD onthou hoe jy hulle laat voel het! "Be kinder than necessary cause everyone you meet is fighting some kind of battle...” ~ JM Barrie  God is met jou in hierdie nuwe week! As jy dalk voel of jou krag te min is vir die week wat voorle - kyk net op... God sal jou kom vul met nuwe krag en hy sal sorg dat jy genoeg petrol in jou tenk het om alles te doen wat hierdie week van jou verwag!!  Jesus het jou BAIE lief!

blessings!


anel**