Sunday 8 March 2015

“Don’t be afraid to fail… Be afraid not to try…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“Don’t be afraid to fail…  Be afraid not to try…” ~ Unknown
 
James 1:2-4
 
“Consider it a great joy, my brothers, whenever you experience various trials, knowing that the testing of your faith produces endurance. But endurance must do its complete work, so that you may be mature and complete, lacking nothing…”
 
Matthew 11:28-30
 
“Come to Me, all of you who are weary and burdened, and I will give you rest. All of you, take up My yoke and learn from Me, because I am gentle and humble in heart, and you will find rest for yourselves. For My yoke is easy and My burden is light…”
 
“You don’t get the same moment twice in life…” ~ Unknown
 
“6+3=9 but so does 5+4…The way you do things is not always the only way to do them…  Respect other people’s way of thinking…” ~ Unknown
 
Hier is so ‘n treffende storie wat ek ontvang het – dit is ‘n gedagteki op sy eie… Mag dit jou bless soos dit my gebless het…

My seun Gilbert was agt jaar oud en was deel van die "scout cub's" vir n klein rukkie. Tydens een van hulle byeenkomste het elkeen n vel papier gekry, n stuk hout en vier wiele en hulle was aangese om dit huis toe te neem en vir "pa" te gaan gee. 
Vir Gilbert was dit nie n maklike taak nie. Pa was nie een van daardie mense wat graag iets saam met sy seun gedoen het nie, pa het geglo dat n kind maar sommer self moet grootword. Maar Gilbert het hard probeer en elke dag vir pa gevra vir sy hulp.   Pa het die vel papier geneem, die voorskrifte gelees en dit smalend eenkant gegooi. Hy was beslis nie van plan om saam met sy jong seun n houtkarretjie te bou nie. Die blok hout het vir weke daar eenkant gele. Die tyd het verby gegaan.  Eendag het ma besluit genoeg is genoeg, sy het die vel papier geneem en gekyk of sy miskien iets met die stuk hout en vier wiele kon uitrig.. Projek "motor bou" het begin in alle erns. Sy het nog nooit houtwerk gedoen nie, en die beste wat sy kon doen was om stap vir stap vir Gilbert te verduidelik wat gedoen moes word, en hom die werk laat doen. Hy was so gretig dat hy baie entoesiasties alles gedoen het wat ma verduidelik het. Sy het die mates vir hom gelees, en al die moets en moenies van die motor wat gebou moes word.

Binne weke het die stuk hout vorm begin aanneem en was die buitelyne van die sportmotor al duideliker sigbaar.. Effens skeef en krom, maar baie mooi, (of so het ma gedink). Gilbert het nie een van die ander kinders se motors gesien nie, en was baie trots op sy "blou weerlig blits" van n motortjie. Daardie trots wat jy voel as jy iets self met groot gesukkel reggekry het.

Toe breek die groot aand van die wedren aan. Met sy blou hout motortjie in sy hand, en n hart wat wil bars van trots het ons na die veld gery waar die groot wedren van hout motortjies sou plaasvind. Toe ons daar aankom het Gilbert se trots baie gou in vernedering verander. Sy motor was baie duidelik die enigste een wat deur hom alleen gemaak was. Al die ander motors was baie duidelik n seun\pa venootskap, met stylvolle lyne, en baie "cool' geverfde strepe. Regte sportmotortjies wat gebou is om die maksimum spoed uit te kry.

n Paar van die seuns het sommer hardop begin giggel vir Gilbert se skewe, onantreklike selfgeboude en selfgebroude motor. En om dit nog erger te maak was Gilbert die enigste seun sonder n pa aan sy sy. Daar was n paar seuns van enkel ouerhuise maar hulle het darem n oupa of n oom saam met hulle gehad, en al wat Gilbert gehad het, was "ma"

Die wedloop het begin en dit was gedoen deur middel van eliminasie. So lank as wat jy onder die voorste paar was, het jy in die wedloop gebly. Een vir een het die motors by die sand glybaan afgejaag. En uiteindelik was die wedloop tussen Gilbert en die mooiste motortjie van die aand. Toe die laaste wedloop reg is om te begin, het my grootoog, skaam seuntjie gevra of hy die wedloop net met n oomblik kan vertraag, omdat hy eers wil bid.
Almal het stil geword.

Gilbert het op sy kn
iee neergesak en sy snaakse skewe blou motortjie tussen sy handjies vasgehou. Met n ernstige frons op die sproetgesiggie het hy met sy Hemelse Vader in gesprek gegaan, baie ernstig het hy vir n minuut en n half gebid, toe staan hy op, glimlag vir almal en kondig ewe braaf aan: Ok, ek is gereed.
Die skare het begin skree, en n seuntjie genaamd Tommy het langs sy pappa gestaan terwyl die twee motortjies teen die wal af jaag. Gilbert het alleen gestaan, met net sy Hemelse Vader in sy hart en gekyk hoe sy lelike skewe motortjie met verbasende spoed teen die wal afry, en met n sekonde of twee voor Tommy se motortjie oor die wenpaal jaag.

Gilbert het in die lug opgespring en geskee: "Dankie, Dankie" en die skare het hulle goedkeuring uitgeskree. Die organiseerder het met die mikrofoon na Gilbert gekom en vir hom gevra: "Gilbert, het jy gebid om te wen?" en toe antwoord my kind: "O, nee Meneer, dit sou baie onregverdig van my gewees het om te verwag dat die Here moet gee dat Tommy verloor, sien meneer, ek het net vir Hom gevra om my te help dat ek nie huil as ek verloor nie."
Weer eens kan die wysheid van kinders ons verstom. Gilbert het nie die Here gevra om die uitslag van die wedloop in sy voordeel te laat swaai nie, maar hy het die Here gevra vir krag, ongeag wat die uitslag van die wedloop was.

Toe Gilbert die eerste keer al die ander motors sien, het hy nie God beskuldig omdat al die ander seuns pa's gehad het wat hulle gehelp het, en hy net vir ma gehad het nie. Nee hy het net gebid vir krag om die uitslag met waardigheid te aanvaar.

Miskien spandeer ons te
veel tyd om God te vra om die uitkoms van ons lewenswedloop in ons guns te laat swaai. Om ons die wenners te maak, of miskien spandeer ons te veel tyd om God te vra om die wedloop heeltemal te verwyder, in plaas daarvan om op ons kniee neer te sak en God te vra om ons krag te gee om die wedloop met waardigheid te voltooi.  Gilbert het nie gebid om die ander seuntjie te laat verloor nie, dit was onregverdig in sy oe, en dan het iemand in die proses seergekry, hy wou net krag he, krag om nie te huil as Tommy se motortjie gewen het nie. Deur die wedloop te stop, en eers te bid, het hy vir almal daar gewys dat hy nie daar was sonder n Vader nie, sy Hemelse Vader was die hele tyd by hom. Daardie aand het Gilbert as oorwinnaar weggestap, met sy Vader langs hom.

Here maak ons soos Gilbert, gee ons krag om die stryd met waardigheid te voltooi, en deur dit alles, hou asseblief ons hand baie styf vas AMEN
!
 
Blessings!
 
Anel xx
 
 

No comments: