Wednesday 11 March 2015

“The trouble with not having a goal is that you can spend your life running up and down the field and never score...” - Bill Copeland

Haloes! J

“The trouble with not having a goal is that you can spend your life running up and down the field and never score...” - Bill Copeland

 Ephesians 5:15-17

“Look carefully then how you walk, not as unwise but as wise, making the best use of the time, because the days are evil. Therefore do not be foolish, but understand what the will of the Lord is…”

Galatians 6:9 

“And let us not grow weary of doing good, for in due season we will reap, if we do not give up…”

“What you do speaks so loudly that I cannot hear what you say.” - Ralph Waldo Emerson

“Age is an issue of mind over matter. If you don’t mind, it doesn’t matter.” - Mark Twain

Is jy op ’n goeie plek tans in jou lewe?  Het jy al die sekuriteit wat jou hart begeer?  Geniet jy jou werk?  Geniet jy jou swottings of skoolloopbaan?  Sien jy goeie goed in jou toekoms?  Of sien jy onsekerheid, struikelblokke, moeilikheid of donkerte?  Ek dink dis absoluut ongelooflik hoe God ’n man kon neem wat glad nie ’n volger van Hom was nie, en sy hart totaal verander het sodat hy een van God se grootste getuies geraak het…  God het Saul met blindheid geslaan, sodat hy kon sien waaroor die lewe eintlik gaan…  Maar God het nie vir Saul gelos toe Saul Hom vervolg het nie…  Hy het groter planne vir hom gehad as wat Saul vir homself gehad het…  God het potensiaal gesien, waar die mense ’n moeilikheidmaker gesien het…

Wat probeer ek sê?  Dit gaan nie oor waar jy begin nie, maar oor waar jy eindig…  En al voel jy dalk ongelukkig of moedeloos oor waar jy jouself tans bevind in jou lewe – dis verseker nie om dowe neute nie!  God het ’n plan – groter as ek en jy, vir JOU lewe!  Hy sal jou situasie tans gebruik om daarop te bou vir jou toekoms!  Hy het al geweet dat Saul ’n groot getuie vir Hom gaan wees, nog terwyl Saul geestelik blind was…  Wanneer mens vasgevang is in ’n situasie, is dit moeilik om die rede daarvoor in te sien, en mens voel partykeer  “stuck”- asof dinge net nie wil beweeg nie, en jy aan die water trap is…  Mens is TE betrokke en jou oordeel word soms belemmer…  Maar wanneer TYD verloop het, en jy kan terugkyk op die situasie, val die dinge in plek…  God is besig om jou te vorm, soos ‘n pottebakker  klei vorm…  Klei moet gewerk en gebrei word om uiteindelik gevorm te word…  Al voel jy vormloos, doelloos of sonder hoop – God het die eindpunt in gedagte – nie die tussenin fase nie…  Hy is egter saam met jou van die begin, deur die moeilike tussenin en Hy sal sorg dat jy sterk eindig!   God se liefde kan elke dag ’n wonderwerk in jou lewe wees deur jou sterk te maak wanneer jy swak voel,  jou laf te maak wanneer jy verlief is, jou “favour” sal gee wanneer jy jou passie uitleef of jou beste gee, jou sal help om nie alles in twyfel te trek of te bevraagteken nie, maar om te LEWE (voluit!) en in oorvloed!

Blessings!

Anel xx

 

 

 

No comments: