Thursday 26 March 2015

“It is in your moments of decision that your destiny is shaped…” ~ Tony Robbins

Haloes! J
“It is in your moments of decision that your destiny is shaped…” ~ Tony Robbins

John 10:11

“I am the good shepherd. The good shepherd lays down his life for the sheep…”

1 Corinthians 15:57-58

“But thanks be to God! He gives us the victory through our Lord Jesus Christ. Therefore, my dear brothers, stand firm. Let nothing move you. Always give yourselves fully to the work of the Lord, because you know that your labour in the Lord is not in vain.”

“It is during our darkest moments that we must focus to see the light…” ~ Aristotle Onassis

“Give light and people will find the way…” ~ Ella Baker

Jesus is gister, vandag en môre ALTYD dieselfde…  Hy hou oor elkeen van ons die wag, ELKE oomblik van ELKE dag…  NIKS is vir Hom te veel moeite nie – en Hy is 24 uur van die dag vir ons beskikbaar…  Soos wat ‘n skaaphond gebruik word om ‘n trop skape op die regte pad te hou, en sal gaan soek na die een wat dalk afgedwaal het van die groep af, so sien God na ons om…  Al is jy dalk die skaap wat al 100 keer die pad byster geraak het, sal God nie moeg raak om jou weer met ope arms terug te verwelkom nie…  Hy het jou ONEINDIG baie lief…  Ek dink nie ons sal ooit kan besef die intensiteit van Sy liefde nie…  Want al stel ons hom teleur met die besluite wat ons somtyds neem, sal Hy ons NOOIT, maar NOOIT afskryf nie…  Hy is die God wat 2e kanse gee…  Vir wie GEEN gebed te groot is nie, en die EEN vir wie die woord ONMOONTLIK nie bestaan nie…


Al het dokters aan jou kom vertel dat hulle niks vir jou kan doen nie, of al voel jy asof jou huwelik of verhouding tot niet is – God kan nuwe lewe kom gee, daar waar geen lewe meer is nie…  God kan gebroke harte kom heel maak, wanneer ons aan Hom die stukke gee…  God kan kom genees, daar waar dokters al opgegee het...  Miskien is jou finansies so beroerd dat jy nie weet waar die volgende maaltyd vandaan gaan kom, of hoe jy die rekeninge gaan laat klop hierdie maand nie…  Miskien het jy jou werk verloor, en het jy net nie meer hoop om iets nuuts te kan kry nie…  Ons dien ‘n God van wonderwerke…  ‘n God wat ‘n droë pad deur die rooi see kon maak vir die Israeliete…  Toe dit vir hulle eintlik neusie verby was (as gevolg van die feit dat die Egiptenare soveel meer, sterker en beter gewapend was), het die Israeliete die beste wapen tot hul beskikking gehad – geloof in God…  Vertroue in God, toe dit gelyk het of daar geen hoop meer is nie…  Ek bid vanoggend Psalm 23 oor jou lewe toe…  Hier is dit sommer in plein Afrikaans:  WEET dat Jesus jou herder is…  En solank Hy jou herder is, sal jy niks kortkom nie…  Hy sal jou laat wei in die groenste velde, en Hy sal aan jou rus en nuwe krag kom gee wanneer jy dit so erg nodig het (Hy weet dit nog voordat jy dit aan Hom sê…)  Hy sal aan jou wys wat die pad is wat jy moet stap, wanneer jy dit moet stap – tot eer van Sy naam…  Wanneer daar dalk moeilike dinge of groot uitdagings oor jou pad kom, sal Hy jou NIE los nie, want HY belowe om ALTYD by jou te wees…  Hy sal aan jou die oorwinning gee oor uitdagings, terwyl jou teenstanders moet toekyk…  Hy sal jou ontvang as ‘n “celebrity” en die rooi tapyt vir jou uitrol en Sy beste seëninge voorsit…  Sy goedheid, liefde en genade sal jou lewe lank by jou bly, omdat Hy jou liefhet, en omdat jy Sy kind is… 


Blessings,
 
anel xx

No comments: