Tuesday 24 March 2015

"I opened two gifts this morning... They were my eyes..." ~ Unknown

Haloes! :)
  
"I opened two gifts this morning...  They were my eyes..." ~ Unknown
1 Corinthians 13:4-8
 
"Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs. Love does not delight in evil but rejoices with the truth. It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres..."
 
Prediker 4:9-12
 
"Twee vaar beter as een...  Hulle inspanning kom tot iets...  As die en val, kan die ander hom ophelp...  Maar as een val wat alleen isis daar niemand om hom op te help nie...  As twee langs mekaar slaap, word hulle warm, maar hoe sal een wat alleen is, warm word?  Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied...  'n Drie-dubbele tou breek nie maklik nie..." 

“This is my wish for you: Comfort on difficult days, smiles when sadness intrudes, rainbows to follow the clouds, laughter to kiss your lips, sunsets to warm your heart, hugs when spirits sag, beauty for your eyes to see, friendships to brighten your being, faith so that you can believe, confidence for when you doubt, courage to know yourself, patience to accept the truth, Love to complete your life.”  ¬ Winnie the Pooh
 
Miskien het jy die beste vriende in die wêreld...   Miskien is jy in ‘n baie spesiale verhouding of dalk nog beter – in ‘n baie geseënde huwelik!  Dank God vanoggend daarvoor!!  As dit nie was vir die feit dat HY voorsien in ons behoeftes nie, sou dit nie vir jou waar gewees het nie...  Miskien is die teenoorgestelde vir jou waar en het jy dalk al lelik seergekry met vriendskappe, verhoudings of in die huwelik...  Miskien voel jy dat jy dalk 'n paar kennisse het, maar geen WERKLIKE vriende nie...  Miskien voel jy dat jy so hard probeer, maar dat liefde, en die regte persoon jou net bly ontwyk…  Ek wil vanoggend vir jou die GOEIE NUUS bring - Jesus wil vir jou 'n vriend wees!  Hy wil ‘n Lewende Verhouding met jou hê…  Ek weet dat elke woord in hierdie quote hierbo (kursief gedruk), is seëninge wat Hy oor jou sal WIL uitstort!  'n Vriendskap en verhouding verg tyd, wat daarin belê moet word...  Jesus wil hê dat jy met Hom moet "chat" daagliks (dit wil sê, bid) soos jy met jou vriende of met jou geliefde sou...  Hy wil weet wat in jou lewe aangaan, en waar Hy jou kan help met moeilike besluite...  Hy is altyd beskikbaar, jy het nie 'n afspraak nodig nie...  Ek’t nou die dag ‘n epos ontvang waar iemand gevra het, hoe hulle met my direk in aanraking kon kom…  Ek kon toe terugskryf dat die persoon direk met my in kontak is…  Dit het my laat dink aan ons Hemelse Pappa – ons kan direk met Hom in kontak wees – dis ons keuse!  Hy sal jou nooit judge nie, en nooit agter jou rug van jou praat nie...  Hy sal jou nie seermaak, verneder of verneuk nie… Hy is die een mens op wie jy ALTYD sal kan staatmaak, en onvoorwaardelik kan vertrou...  Hy is iemand wat ALTYD die beste van jou sal glo en die beste vir jou wil hê...  Dit wat God vir jou in Sy woord belowe, SAL Hy nakom...  'n Versie wat my nogals aangeraak het, is die volgende: ACTS 27:25: "I have faith in God that it will happen just as He told me..."  Hy sal jou net ryklik seën as jy Hom in jou lewe toelaat...  Moenie 'n dag in hierdie jaar deurgaan, sonder om vir Jesus in ag te neem, of met Hom te gesels nie...   Mag jy Jesus opnuut leerken, deur daagliks te werk aan jou vriendskap met Hom...  Maak dit jou doel, as God se kind om jou lig te laat skyn, en vir iemand anders iets te beteken vandag – deur ‘n stukkie ‘random act of kindness’ te bewys (‘n geselsie, koppie koffie, blommetjie – spread the love of Jesus!)…  “Be kinder than necessary, for everyone you meet is fighting some kind of battle…” ~  T.H. Thompson and John Watson
 
Sien aangeheg 'n "gedagteki" op sy eie...  Iets wat vir ons 'n groot voorbeeld is van onvoorwaardelike liefde...  Kyk die video as jy tyd het en alleen is - dit is nogals ontstellend, en kan dalk tot tissue gebruik lei...  Maar ek belowe jou - dit gaan jou bless!  Count your blessings!!!
 
 
blessings!
 
anel xx

No comments: