Wednesday 4 March 2015

“Never get so busy making a living that you forget to make a life…” ~ Unknown

Haloes! J

“Never get so busy making a living that you forget to make a life…” ~ Unknown

Jeremiah 17:7-8

“Blessed are those who trust in the Lord and have made the Lord their hope and confidence…  They are like trees planted along a riverbank, with roots that reach into deep water…”

Lamentations 3:23

“His mercies are new every morning…”

“Pray: you never stand taller than when you are on your knees…” ~ Unknown

“Every man’s life ends the same way…  It is only the details of how he lived and how he died that distinguish one man from another…” ~ Ernest Hemingway

Hierdie aanhaling van Ernest Hemingway is nogals ‘n vars manier om weer aan die waarde van die “lewe” te dink…  Twee goed waarvan ons almal kan seker wees is dat ons in die wêreld met niks ingekom het nie, en dat ons almal met niks uit die wêreld sal gaan nie (en dat ons almal sal sterf)…  Die enigste iets wat ons van mekaar sal “distinguish” is hoe ons die prentjie tussenin sal inkleur…  Met ander woorde – hoe ons mense behandel, hoe ons geleenthede aangryp wat na ons kant toe kom, hoe ons memories maak, hoe ons verhoudings bou met ander…  Watter “legacy” laat jy agter as jy nou jou “exit” uit die lewe moet maak?

Dit laat my sommer dink aan ‘n “play” wat mens gaan kyk…  Die tipe “plays” wat mens onthou nadat jy dit gaan kyk het, is gewoonlik die wat jy kan sien baie moeite en tyd ingesit het in hoe hulle geoefen het, tipe kostuums wat gedra word, humor wat jou lekker laat lag…  Maar die “plays” wat jy nie vergeet nie, is gewoonlik die wat ‘n baie treffende storie / boodskap gehad het wat jou bybly, nog lank nadat jy dit gekyk het…  Dieselfde is waar van jou lewe…  Dit wat mense gaan onthou nadat jy nie meer daar is nie, is die tipe mens wat jy was, dit waarvoor jy gestaan het, en die impak wat jy in hul lewe gemaak het deur net “jy” te wees…  Mens hoef nie baie geld te hê, of lewensveranderende impak te maak om onthou te word nie – jy moet net omgee…  En LEWE…  Mens raak baie keer so vasgevang in die lewe, hoe besig dit is, en hoe jy jaag, dat jy uitmis op die “soveel meer” wat God vir jou het!  Moenie so moeg wees, en vaskyk in al die negatiwiteite van die lewe, dat jy uitmis op dit wat God vir jou het nie…  En wees die tipe mens wat tyd spandeer aan dinge en mense wat ewigheidswaarde het…  As iets jou moeg maak, of jou mense jou “aftrek” – moenie tyd mors daarop nie…  Elke sekonde wat jy het – is kosbaar…  Maak seker dat jy GELUKKIG is…  Doen dinge wat jou gelukkig maak, spandeer tyd saam met mense wat jou opbou en wat vir jou lief is…  Die lewe is te kort om enige iets anders te doen…

Blessings!

Anel xx

 

No comments: