Sunday 30 June 2013

“Twenty years from now you will be more disappointed by the things that you didn’t do than by the ones you did do. So throw off the bowlines. Sail away from the safe harbor. Catch the trade winds in your sails. Explore. Dream. Discover.” ~ H. Jackson Brown, Jr.

Haloes! :)

“Twenty years from now you will be more disappointed by the things that you didn’t do than by the ones you did do. So throw off the bowlines. Sail away from the safe harbor. Catch the trade winds in your sails. Explore. Dream. Discover.” ~ H. Jackson Brown, Jr.

Elect child…

Colossians 3:12

“Therefore, as God’s chosen people, holy and dearly loved, clothe yourselves with compassion, kindness, humility, gentleness and patience…”

Romans 8:33

“Who will bring any charge against those whom God has chosen?  It is God who justifies…”

“If you have built castles in the air, your work need not be lost; that is where they should be. Now put the foundations under them…” ~ Henry David Thoreau

“I am always doing that which I cannot do, in order that I may learn how to do it...” ~ Pablo Picasso

Hierdie is absoluut een van my GUNSTELING aanhalings in die HELE wye wêreld…  H. Jackson Brown, Jr het die spyker op die kop geslaan met hierdie woorde…  “Twenty years from now you will be more disappointed by the things that you didn’t do than by the ones you did do. So throw off the bowlines. Sail away from the safe harbor. Catch the trade winds in your sails. Explore. Dream. Discover…”  Ons WEET wat hierdie aanhaling sê, maar wanneer ons dit moet TOEPAS in ons lewens, is dit ‘n totaal en ander “ballgame”…  Hoekom sê ek dit, mag baie van julle dalk wonder…

God het as’t ware vir elkeen van ons ‘n seiljag geskenk gegee, die dag wat ons gebore is…  Baie van ons kies egter om die seiljag geanker te hou, en hom veilig in die hawe geparkeer te hou, sodat niks met hom kan gebeur nie…  Ons loop nie risiko om die seiljag te beskadig, of om dalk in ‘n storm vasgevang te raak nie…  Hy bly blink en mooi, maar in die proses, verloor ons elke moontlike geleentheid om die wêreld te kan sien…  Ons seiljag is partykeer op droë grond geanker…  Dis veilig, pynloos en sonder enige risiko…  Om te LEEF, beteken dat jy risiko SAL loop…  DIt beteken dat jy die anker sal lig van jou seiljag, en dat jy met God as jou stuurman, sal begin om die seile te span, jou horisonne te verbreed deur oor die “boeie” wat jy jouself mee inperk te beweeg, en te ervaar ALLES en meer wat God vir jou as jou stuk uitgesit het (you are His ELECT child)…   Ons is egter nie gevrywaar dat stormagtige weer nie oor ons pad sal kom nie…  Wat ons egter wel kan seker van wees, is dat God ons nooit sal verlaat nie, en ons NOOIT in die steek sal laat nie…  Soos wat Hy die storm stilgemaak het, toe die dissipels vreesbevange geraak het, so kan Hy ook die storms in jou lewe  stilmaak…  Daar waar daar geen hoop meer is vir ‘n geliefde (of jyself) wat siek is nie – God is groter as siekte…   Vir jou wie se verhouding op die rotse loop, en vir wie dit lyk of daar geen uitkomkans meer is nie – God weet beter…  Hy sal sorg dat dinge moet uitwerk, soos Hy wil…  Vir jou wie dalk deur ‘n ongelooflike moeilike tyd by die werk of skool gaan – God sien jou raak…  Hy spesialiseer in onmoontlike situasies…  Hy KAN heelmaak wat gebroke is…  Hy kan geleenthede maak waar daar net toe deure is…  Span jou seile, en maak seker dat jy op NIKS uitmis wat God vir jou bestem het nie!  Moenie eendag, wanneer jy op die ouetehuis se stoep sit, spyt wees oor dit wat jy nie gedoen het nie…  Maak seker dat jy eerder sal herleef die herinneringe van  ‘n VOL lewe wat jy gehad het...  Een wat kleurvolle horisonne oorgesteek het, en een waar God met elke tree by jou was…


Blessings,

anelli**

Friday 28 June 2013

"God loves you just the way you are, but he refuses to leave you that way... He wants you to be just like Jesus..." ~ Max Lucado


Haloes! J

"God loves you just the way you are, but he refuses to leave you that way.  He wants you to be just like Jesus."- Max Lucado

Beloved

Jeremiah 31:3
 
“The Lord appeared to us in the past, saying: I have loved you with an everlasting love;  I have drawn you with unfailing kindness…”

Isaiah 65:17-25

“For behold, I create new heavens and a new earth, and the former things shall not be remembered or come into mind. But be glad and rejoice forever in that which I create; for behold, I create Jerusalem to be a joy, and her people to be a gladness. I will rejoice in Jerusalem and be glad in my people; no more shall be heard in it the sound of weeping and the cry of distress. No more shall there be in it an infant who lives but a few days, or an old man who does not fill out his days, for the young man shall die a hundred years old, and the sinner a hundred years old shall be accursed. They shall build houses and inhabit them; they shall plant vineyards and eat their fruit. ...

"To say that I am made in the image of God is to say that love is the reason for my existence, for God is love." - Thomas A Kempis

The best and most beautiful things in the world cannot be seen or even touched - they must be felt with the heart…~ Helen Keller

Love makes the world go round…  As ek jou vra om die woordjie liefde te beskryf, watter gedagtes kom by jou op?  “Kys”; verlief-wees; lewensmaat; kos gee aan iemand wat minderbevoorreg is; klere wat jy nie meer dra nie skenk, vir die wat nie het nie; tyd investeer in ander, om hulle te equip en die nodig skills te leer om sekere take te kan verrig; Houtkruis? 

Ek dink die grootste vorm van liefde, kan met ‘n prentjie van ‘n Houtkruis saamgevat word…  Ek dink nie dat ons brein groot genoeg is om te begryp WATTER ongelooflike liefde Jesus vir ons gehad het, om Sy lewe te gee vir ONS oortredinge nie…  Ek dink nie enige van ons sal sommer “volunteer” om gestraf te word vir dit wat iemand anders verkeerd gedoen het nie…  Jesus het egter nie God se wil bevraagteken nie…  Hy het dit aanvaar, en geweet dat God beter weet, en dat Hy die GROOT prentjie ingedagte het…  Miskien gaan jy tans deur ‘n rowwe stukkie…  Miskien verstaan jy nie aldag, HOEKOM sekere dinge nou juis met JOU moes gebeur nie…  Hoekom nie die ou wat permanent so sondig nie?  Jy gee dan actually jou beste, en probeer om sekere dinge nie verkeerd te doen nie!  En tog bly die moeilikheid nie weg van jou voordeur nie??  God is besig om jou te vorm, sodat jy meer kan word soos Jesus jou bestem het om te wees…  Soos Max Lucado gesê het hierbo – God het jou lief, NES jy is…  Met jou foute, gebreke, swakhede en seer…  Al kies wêreldse prinse / prinsesse jou nie – of al wil hulle jou afmaak as “nie goed genoeg nie” – God het jou lief en aanvaar ELKE stukkie van jou, NES jy is…  Jy hoef nie te make-up of hare te doen, of jou mooiste pak aan te trek, om vir God te beindruk of met Hom te praat nie…  Hy sê – kom na my toe, NES jy is…    Hy gaan jou deur hierdie donker dip kry…  In die proses is Hy besig om jou sterk te maak, en te equip, sodat jy weer ‘n inspirasie vir ander mense kan wees, wat jou ondersteuning nodig het…  God se wil vir jou lewe sal geskied - onthou om te bid daarvoor!!  Mag God jou vandag bless, en mag jy Sy liefde en genade hierdie naweek sommer ten volle ervaar!!
 
Ek hoop jy sal 'n pragtige dag he!!

Baie Blessings!

Anelli**

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wednesday 26 June 2013

“I hated every minute of training, but I said, 'Don't quit. Suffer now and live the rest of your life as a champion...' ~ Muhammad Ali

Haloes!

“I hated every minute of training, but I said, 'Don't quit. Suffer now and live the rest of your life as a champion...' ~ Muhammad Ali

Complete

Colossians 2:10

“You have been given fullness in Christ, who is the head over every power and authority…”

Ezekiel 11:19-20

“And I will give them one heart, and a new spirit I will put within them. I will remove the heart of stone from their flesh and give them a heart of flesh, that they may walk in my statutes and keep my rules and obey them. And they shall be my people, and I will be their God…”

“Don't judge each day by the harvest you reap but by the seeds that you plant…” ~ Robert Louis Stevenson

“To get up when you are down, to fight more intensely when you are struggling; to put in the extra effort when you are in sheer pain, to comeback when nobody expects you to, and to stand tall when everyone is pulling you down are what make a champion…”  ~ Apoorve Dubey

Dis altyd lekker wanneer mens iets aanpak, hard werk, en dan ‘n goeie eindproduk kan lewer…  Dit kom gewoonlik nie altyd net maklik nie…  Dit verg harde werk, ure wat ingesit moet word, pyn, sweet, partykeer huil en baie bid gewoonlik…  Dinge wat die moeite werd is, val gewoonlik nie net in ‘n mens se skoot nie…

Ons lewens is werk-in-proses-projekte…  Elke dag is ‘n nuwe geleentheid, om ‘n AWESOME nuwe bladsy in jou lewensboek te skryf…  Jou lewe is nog nie “complete” of voltooid terwyl jy nog asem in jou longe het nie…  God is ook nog LANK nie klaar met jou nie…  Ons kan onsself sien as “complete” mense, wanneer ons vir God in ons lewe het…  Omdat Hy as’t ware, daardie stukkie is wat ons nodig het om volwaardig mens te wees… Hy is die een persoon wat jou verstaan, met alles wat jou dalk kompleks maak, wat jou aanvaar en onvoorwaardelik lief het, NES jy is…  Maar ons lewens, sal werk-in-proses wees, elke liewe dag tot ons, ons laaste asem uitblaas…  Wanneer dinge moeilik gaan, of jy dalk geen lig in die tonnel sien nie (dalk is die enigste lig wat jy sien, die van ‘n aankomende trein), is dit baie maklik om te sê – ek is nou klaar…  Ek gee tou op, hierdie was nou genoeg vir my om deur te maak…  Ek het nie meer baklei oor in my nie…  Of, daar is tog geen sin aan nie…  As hierdie jy is, wil ek vir jou James 1:1-6; 12 gee…  God is besig om jou vorm, in hierdie tye wat jy dalk soos dit voel…  Consider it pure joy, my brothers and sisters, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith produces perseverance. Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything. If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you. But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind. Blessed is the one who perseveres under trial because, having stood the test, that person will receive the crown of life that the Lord has promised to those who love him.”

Muhammad Ali se aanhaling is vir my absoluut AWESOME!  As hy moes opgee toe die oefenprogram te straf vir hom was, sou hy nooit die legend gewees het wat ons almal ken nie…  Mandela is nog so ‘n voorbeeld…  As hy net sy omstandighede aanvaar het, was ons land dalk nogsteeds waar hy was…  Partykeer moet mens bietjie die wind van voor verduur, ten einde groot dinge saam met God te doen en HUGE blessing uit die situasie te ontvang…  Jy is nie toevallig waar jy jouself bevind nie…  God het GROOT planne vir jou lewe…  Die wiel draai, en God sal uitkoms bring…  Bly getrou in gebed…  Hou aan om God te vertrou – Hy sal antwoorde vir jou bring, vir al die vrae in jou gemoed, wanneer die tyd daarvoor reg is!!  En weet sommer verseker vanoggend - God is nooit laat nie...  Al voel dit of jy lank moet wag - Hy sal SORG...  Moet net nie moed verloor nie...

Blessings!


Anelli**

Tuesday 25 June 2013

“If you accept the expectations of others, especially negative ones, then you never will change the outcome…” ~ Michael Jordan

Haloes! J

“If you accept the expectations of others, especially negative ones, then you never will change the outcome…” ~ Michael Jordan

Bought and paid for…

Galatians 4:9-10

But now that you have come to know God, or rather to be known by God, how can you turn back again to the weak and worthless elementary principles of the world, whose slaves you want to be once more? You observe days and months and seasons and years!

1 Corinthians 6:20

“You were bought at a price. Therefore honor God with your bodies…”

“Change your thoughts and you change your world…” ~ Norman Vincent Peale

"Without the Way there is no going; without the Truth there is no knowing; without the Life there is no living." -Thomas A Kempis

Ek weet nie wie van julle “retail therapy” so baie geniet soos ek nie J  Daar is vir my geen beter medisyne as om in ‘n winkel te gaan rondloop wanneer ek nodig het dat iets my moet opbeur nie…  My ma vertel my dat jy in hulle tyd, “goed op sig” kon koop.  Dit beteken dat jy die goed ontvang, en as jy dan nie gelukkig is nie, kon jy die goed binne ‘n sekere tyd terugneem, sonder om daarvoor te betaal…  Ek weet nie so mooi of dit vandag sou werk nie J  Krediet is egter vandag ‘n baie gewilde manier wat ons kan gebruik om dinge te koop of betalings te maak…  Dit gee jou darem ‘n bietjie ekstra tyd om die dinge te kan afbetaal…

God het jou en my losgekoop, en 100% betaal vir ons skuld, die dag wat Hy vir ons aan ‘n houtkruis gesterf het…  Hy’t nie vir ons voorwaardes gestel – soos om te sê dat Hy ons “eers op sig” sal neem, en kyk of ons voldoen aan Sy vereistes voordat Hy vir ons skuld betaal nie…  Hy’t ook nie gesê dat Hy dit op krediet sal doen nie, deur afbetalings te maak, na aanleiding hoe jy “perform” nie…  Nee, Hy het 100% vooraf vir ons betaal, sonder waarborg dat jy Sy liefde sal aanvaar, of Hom as jou Hemelse Pappa sal aanvaar…  Hy’t jou so oneindig lief, dat Hy ALLES (nl Sy lewe) op die spel gesit het, om jou ‘n lewe van oorvloed, geluk, liefde, sonskyn en alles wat mooi is te verseker…   Hoekom is daar dan pyn, hartseer, skuld, siekte of ongelukkigheid (hoor ek sommer baie van julle vra)?  Omdat ons in ‘n "nie-perfekte" wêreld bly…  ‘n Wêreld vol gebrokenheid, pyn en sonde…  Maar ons dien steeds ‘n perfekte God…  Een wat jou NOOIT, maar NOOIT sal verlaat nie…  Een wat met Sy kruisdood gewaarborg het dat jy NOOIT, maar NOOIT die pad alleen sal hoef aan te durf nie…  Selfs al raak die pad wat jy moet stap langer as wat jy kan volhou…  God sal jou dra deur daardie onmoontlikhede…  Hy sal paaie maak in jou lewe waar daar net doodloopstrate was, en Hy sal uitkoms bring, daar waar dit totaal en al onmoontlik lyk…  Vir jou wat die dinge dalk so onmoontlik lyk, hier is die volgende 2 verse…  Lukas 1:37: “Niks is vir God onmoontlik nie” en Ephesians  3:20 “Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us, to Him be the glory, now and forever, Amen…”

Blessings!

Anelli**










Monday 24 June 2013

"I love to think of nature as an unlimited broadcasting station, through which God speaks to us every hour, if we will only tune in." - George Washington Carver

Haloes! J

"I love to think of nature as an unlimited broadcasting station, through which God speaks to us every hour, if we will only tune in." - George Washington Carver

"You are a New creation..."

2 Corinthians 5:17

“Therefore, if anyone is in Christ, the new creation has come:The old has gone, the new is here!”

Galatians 2:20

“I have been crucified with Christ. It is no longer I who live, but Christ who lives in me. And the life I now live in the flesh I live by faith in the Son of God, who loved me and gave himself for me…”

"Is your place a small place? Tend it with care; He set you there. Is your place a large place? Guard it with care! He set you there. Whate'er your place, it is not yours alone, but His who set you there." - John Oxenham

“We can't help everyone, but everyone can help someone…” ~ Ronald Reagan

‘n Program wat ek nogals geniet om te kyk, is “Extreme Home Makeover”…  Dis ‘n program wat daarin poog om mense te help (wat weer op hul beurt gewoonlik alles doen om vir ander mense te help), en in die proses eintlik SELF tekortskiet…  Ek onthou dat ek telkemale daardie storie gekyk het, net om met sopnat wange te sit aan die einde van die program…  Die dankbaarheid wat daardie mense gewoonlik het vir wat ‘n totale vreemdeling aan hulle gegee het is OORWELDIGEND!  Daar is soveel vrywilligers wat kom help om aan 'n vreemdeling, ‘n droomhuis te gee… Die transformasie wat die huise ook gewoonlik ondergaan, is ongelooflik…  Die ou huis word platgeslaan, en ‘n totale nuwe ontwerp kry in die proses lewe…

Ons lewens is PRESIES soos hierdie…  Die dag wat Jesus vir my en jou aan ‘n Houtkruis kom sterf het, is ons “ou lewe” "platgeslaan" (voordat ons vir Jesus aanvaar het as ons Hemelse Pappa, en voordat ons, ons sondes bely het), het Hy aan elkeen van ons ‘n NUWE lewe kom gee…  Soos wat ‘n ou bouval omskep word in ‘n paleis van ‘n huis, so het God met Sy kruisdood vir ons die geleentheid kom gee om ‘n totale metamorfose te ondergaan en oor te begin…  Sodat ons mense van impak, van liefde, van omgee, van oorwinning kan wees, en mense wat ‘n lewe van oorvloed lei…  Ons kon niks doen om dit te verdien nie – Jesus het ons uitgekies, omdat Sy genade vir ons so ONBESKRYFLIK groot was…  Selfs al is jy dalk op ‘n stukkie pad wat jy dalk sonder God aangepak het – Hy het jou nog nie vir ‘n OOMBLIK vergeet nie…  Hy stap steeds langs jou, en Hy luister steeds – selfs al praat jy dalk al vir ‘n rukkie nie met Hom nie…  Jy’t elke dag ‘n nuwe kans – nuwe genade wat genoeg is vir die dag van vandag…  Wanneer jy kom intree voor God, en bid vir vergifnis van jou sonde, sal Hy weer vir jou ‘n nuwe bladsy kom gee…  Om oor te begin, en die pad saam met Hom aan te pak…  Hy is net ‘n gebed ver…  Laat Hom toe om jou te laat groei, sodat jy ALLES kan word wat Hy jou bestem het om te wees…  Dat God jou ‘n EXTREME MAKEOVER kan gee, dat jy ‘n inspirasie kan wees vir die wêreld oor HOE dit is om kind van God te wees, en HOE jy jou lewe kan gebruik om die mense wat minder het as jy te seën…  God sal die geleentheid voorsien – al wat Hy vra is ‘n gewillige hart…

Blessings!

Anelli**

Sunday 23 June 2013

“As a child of God, I am greater than anything that can happen to me…“ ~ Abdul Kalam quotes

Haloes! J

“As a child of God, I am greater than anything that can happen to me…“ ~ Abdul Kalam quotes 

John 1:12

“Yet to all who did receive him, to those who believed in his name, he gave the right to become children of God…”

Romans 8:16

“The Spirit himself testifies with our spirit that we are God’s children…”

“Be encouraged, child of God. He loves you even in the midst of your pain. He loves you even when you don't love Him. He loves you when you feel utterly alone. He loves you with an everlasting love. Your suffering can take many things away form you, your health, your happiness, your prosperity, your popularity, your friends, your career, even your family. But there's one thing suffering can't take away: it can't take away the love of God…” ~ Ray Pritchard quotes 

“Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness, that frightens us most. We ask ourselves, 'Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, and famous?' Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that people won't feel insecure around you. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in some of us; it's in all of us. And when we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others…” ~ Maryanne Williamson quotes 

‘n Vriendin van my het my verlede week vertel van ‘n reeks wat hulle sopas in Bybelstudie behandel het…  52 punte wat aandag gee aan – “My self-image in Christ – I am, Ek is…” (Parow Worship Centre)…  Sy was so gaaf om die lys met my te deel…  Nadat ek dit ontvang het, het dit werklik hard op my hart gedruk dat ek tyd hieraan spandeer om van hierdie punte aan te raak en dalk ‘n reeks te doen oor wie ons is in Christus…  Die vraag is? Wie is jy?  Wie is ek?  Wie is ons, werklik?

Die antwoord is so maklik, maar somtyd sukkel ons tog om dit te onthou…  Ons is KIND van God…  Sonder dat ons gewerk het daarvoor, of dat ons dit verdien, met genade ONBESKRYFLIK groot, het HY ons uitgekies , nog voordat ons keuses vir onsself kon maak…  Ek weet ek het hierdie aanhaling van Maryanne Williamson al ‘n paar keer vantevore gebruik, maar dit is en bly vir my SO treffend, en so van toepassing op hierdie onderwerp…  Wanneer ons kind van God is, glo ons baie keer dat ons moet terugstaan, en die minste moet wees…  Dit veroorsaak baie keer dat ons in die proses toelaat dat mense op ons trap…  Dis verseker nie wat God vir ons wil hê nie…  Hy wil hê dat die feit dat ons kind van God is – sal maak dat ons, ons lig DAAGLIKS sal laat skyn…  Wanneer ons dus moeilike take aanpak, of deur moeilike tye gaan – dat die MANIER waarop ons dit sal aanpak ‘n toonbeeld sal wees dat God in ons is (en ook dat God met ons is)…  Wanneer ons met moeilike dinge gekonfronteer word – of dit nou seisoene van verandering, groei, pyn, siekte, hartseer, gebroke harte, gebroke vriendskappe of verhoudings, of moontlike verlies moet gaan, is dit baie maklik om net die donker kant van al hierdie raak te sien…  Dit mag dalk vir jou voel asof die donker NOOIT verby sal gaan nie…  Maar as Kind van God kan ons WEET – soos die son nie vir altyd agter die wolke sal bly nie, so sal die donker en moeilike tye nie vir altyd aanhou nie…  God se plan vir ons lewens, is groter as wat ons ooit sal besef of kan begryp…  Sy liefde vir ons is ‘n Ewige liefde…  ‘n Liefde wat ons sal dra wanneer ons nie meer kan nie…  ‘n Liefde wat ons trane sal afdroog, ons harte sal heelmaak, ‘n liefde wat ‘n LIG in donker tye sal wees…  Selfs al voel jy totaal en al alleen “in die ding”…  God is met jou…  Jy is SY kind – niks wat met jou gebeur of kan gebeur, is groter as jou God nie…  Hy sal sorg vir jou – want Hy het jou ONEINDIG lief, Koningskind!

My gebed vir jou, is dat jy 'n ONGELOOFLIKE geseende week sal he!  Moenie toelaat dat die duiwel jou ontneem van die seen wat God vir jou REEDS uitgesit het vir hierdie week nie... "Claim dit!" :)

Blessings!

Anelli**

Thursday 20 June 2013

There is no passion to be found playing small - in settling for a life that is less than the one you are capable of living… ~ Nelson Mandela


Haloes! :)

There is no passion to be found playing small - in settling for a life that is less than the one you are capable of living… ~ Nelson Mandela

Isaiah 43:2-3

Do not fear, for I have redeemed you; I have summoned you by name; you are mine. When you pass through the waters, I will be with you; and when you pass through the rivers,
they will not sweep over you. When you walk through the fire, you will not be burned…

Deuteronomy 31:8

 The Lord himself goes before you and will be with you; he will never leave you nor forsake you. Do not be afraid; do not be discouraged…

“There is only one thing that makes a dream impossible to achieve: the fear of failure.”― Paulo Coelho

"Fear is the dark room where negatives are developed..." ~ Anonymous

Foto's is een van my gunsteling goed op aarde! In my tydjie daar anderkant is dit iets waarop ek gekapitaliseer het…  Ek was altyd die “irriterende ene” wat alles op film wou vaslê…  Want fotos is iets waarop herinneringe vasgevang kan word, sodat jy jare later kan terugkyk om die spesiale tye te kan onthou... Foto's kan egter nie ontwikkel word sonder 'n "negatiewe" nie... Of dit nou met behulp van werklike "negatiewe" is - wanneer jy foto's met 'n film neem, of deur middel van 'n "memory card" of "flash disk" - jy het iets nodig om die "image" vanaf die kamera te haal, om dan uiteindelik die eindproduk naamlik "die foto" te ontwikkel... Dieselfde is waar van vrees... Vrees is die eindproduk van bekommernis... Vrees word baie keer ook in 'n "donkerkamer" (soos waar foto's ontwikkel word), gekweek... Mens is meer geneig om spoke op te jaag wanneer dit nagtyd (donker) is, en wanneer jy nie kan slaap nie... Goed en probleme lyk sommer verskriklik groot wanneer dit nag is (letterlik en figuurlik)... Ek dink sommer nou aan tye toe ek klein was, wat mens allerhande "dinge" in donker skaduwees in jou kamer gesien het, maar wanneer jy dan vinnig jou lig aanskakel, is dit sommer 'n boek of 'n teddie wat die lig verkeerd getref het, en wat soos "iets" gelyk het - wat jou bang gemaak het, omdat jy dink dit kan jou skade aandoen...

Die belangrike ding om te onthou, is dat God nie slaap nie... Daardie dinge wat jou so verskriklik pla - Hy weet van ELKE liewe ietsie... En Hy is die HELE nag wakker... Jy kan wanneer jy so bang raak weet - so seker as wat jy jou lig kan aanskakel wanneer vrees vir jou net te groot raak, so seker is Hy by jou, en hou Hy die HELE nag oor jou die wag... Hy sal môre wanneer jy wakker raak, steeds daar wees... Die probleme sal heel waarskynlik ook daar wees, maar wanneer mens 'n GOEIE nagrus gehad het, en helderder dink oor dinge, kom oplossings dikwels soveel makliker... Wanneer jy die dinge aan God oorgee, kom daar uitwegte waar jy nie gedink het uitwegte moontlik is nie - want God SORG... Al wat ons kan doen, is bid en vertrou... Deur bekommerd te wees, en deur die bekommernis om te skakel in vrees, gaan jy NIE die probleme oplos nie... Dit gaan jou net moeg maak, en tap van die bietjie energie wat jy gehad het, en wat jy eerder positief kon aanwend, deur te BID vir God om jou te omvou met Sy liefde, en vir jou te help om 'n "pad" te vind, waar dit gelyk het, geen pad moontlik is nie... Hy sal sorg - jy moet net bid en glo en vertrou... Moenie slaap verloor oor dinge wat buite jou beheer is nie - laat dit oor aan God, want Hy is immers heel nag wakker...

blessings!

Anelli**

Wednesday 19 June 2013

It's hard to beat a person who never gives up.” ― Babe Ruth


Haloes! J

It's hard to beat a person who never gives up.” ― Babe Ruth

Psalm 91:11-16

For he will command his angels concerning you to guard you in all your ways; they will lift you up in their hands, so that you will not strike your foot against a stone. You will tread on the lion and the cobra; you will trample the great lion and the serpent. “Because he loves me,” says the Lord, “I will rescue him; I will protect him, for he acknowledges my name.
He will call on me, and I will answer him;  I will be with him in trouble, I will deliver him and honor him. With long life I will satisfy him and show him my salvation.”

Psalm 91:7

A thousand may fall at your side, ten thousand at your right hand, but it will not come near you.
 
The only place success comes before work is in the dictionary…~ Vince Lombardi

“We often miss opportunity because it's dressed in overalls and looks like work”― Thomas A. Edison  

Werk...  ‘n Woordjie wat deur baie mense met onaangenaamheid geassosieer word...  Vir baie mense is werk ‘n plek van ongelukkigheid, ‘n plek waar hulle gekritiseer word, en waar hul aan hul swakheid herinner word... Of miskien word jou harde werk heeltyd oorgesien – en maak nie saak wat jy doen nie, dis asof jy op een plek bly draf… Miskien is jy sommer met negatiwiteit gevul, nog voordat die dag begin…  Dit veroorsaak weer dat jou ingesteldheid verkeerd is nog voordat enige iets gebeur het…  Of jou werk kan jou dalk vul met soveel VREES en STRESS vir dit wat onbekend is, vir dit wat moontlik verkeerd kan gaan of dit wat jy nie kan beheer nie dat dit op ‘n manier jou jou lewe heeltemal oorneem...  Elke wakende oomblik word aan werk spandeer (of dit nou fisies werk is, praat oor werk of dink aan werk), soveel so dat die lewe op die ou end verby jou gaan...  Een iets wat ‘n vriend van my eendag kwytgeraak het – werk is iets wat altyd daar sal wees...  Jy kan kies om elke wakende oomblik daaraan te spandeer, of om ‘n bietjie oor te los vir more, en VOLUIT te LEWE – met BALANS...  Sorg dat jy elke dag jou BES doen in die tyd wat daarvoor uitgesit is… Balans is BAIE belangrik!!  Soos ek al vantevore gesê het – TE pas net by TEVREDE J

As jy vandag sou uitvind jyt ‘n ongeneeslike siekte – wat sou vir jou die belangrikste wees?  Tyd saam met mense wat vir jou kosbaar is, tyd wat jy gebruik om herinneringe te maak wat ‘n leeftyd sal hou of tyd wat spandeer word aan bekommernis?  Maak seker dat jy tye van saamwees met vriende en familie koester...  Maak spesiale herinneringe wanneer julle saam is...  Hou die baklei vir eendag op ‘n reëndag...  Ons weet nie wanneer die laaste keer is wat ons iemand gaan sien, of by ons gaan hê nie...  Maak seker dat die mense in jou lewe WEET dat jy hulle waardeer, liefhet en dat hulle baie kosbaar vir jou is (sê dit met elke geleentheid wat jy kry)!! God het ons geseën met ‘n ongelooflike natuur, en ongelooflike mense wat Hy oor ons pad bring – elke dag...  Maak seker dat jy jou balans so toepas, dat wanneer jy WERK, jy werk, en wanneer jy dan by die kantoor uitstap, dat jy die dinge by die werkplek agterlaat…  Die lewe is meer as bekommernis!  Hiermee sê ek nie, moenie altyd jou beste gee nie...  Nee,  hiermee sê ek:  Koester spesiale mense, en spesiale tye...  Spandeer spesiale tyd saam met God...  Moenie dat werktyd, jou Stiltetyd binnedring nie...  Ons het tyd saam met God nodig om Sy stem en Sy wil vir ons lewe te hoor en te bepaal...  Ons het Hom nodig, omdat Hy ons bron van HOOP is...  Laat Hom toe om daai onrus in jou binneste, in vrede te omskep...  Dit sal jy slegs kan regkry, deur tyd in gebed, en tyd saam met God deur te bring...  Moenie jouself beroof van ‘n lewe van oorvloed, deur nie tyd te hê vir dit wat saakmaak nie...  Vir jou wat dalk deur diepe waters gaan op die oomblik - hier is 'n versie spesiaal vir jou:  1 Kronieke 28:20 Moenie bang wees of jou bekommer nie...  want die Here God is by jou...  Hy sal jou nie in die steek laat nie of van jou padgee nie...
 
Blessings!
 
Anel**

Tuesday 18 June 2013

When we pray...God hears more than we say, answers more than we ask, gives more than we imagine...in His own time and His own way... ~ Unknown quotes

Haloes! :)
When we pray...God hears more than we say, answers more than we ask, gives more than we imagine...in His own time and His own way... ~ Unknown quotes 
 
James 1:1-6
Consider it pure joy, my brothers and sisters, whenever you face trials of many kinds,  because you know that the testing of your faith produces perseverance.   Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything.   If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you.  But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind.
 
1 Peter 5:7-10
 
Cast all your anxiety on him because he cares for you. Be alert and of sober mind. Your enemy the devil prowls around like a roaring lion looking for someone to devour.  Resist him, standing firm in the faith, because you know that the family of believers throughout the world is undergoing the same kind of sufferings. And the God of all grace, who called you to his eternal glory in Christ, after you have suffered a little while, will himself restore you and make you strong, firm and steadfast...
 
“Prayer is not a "spare wheel" that you pull out when in trouble, But it is a "steering wheel" that directs the right path throughout. Do you know why a Car's WINDSHIELD is so large & The Rearview Mirror is so small? Because our PAST is not as important as our FUTURE. Look Ahead and Move on…” ~ Forward email
 
“Sometimes God does not give you what you think you want, not because you don’t deserve it, but because you deserve better…”  ~Unknown
 
Wanneer jy fiets ry, of motor bestuur, hardloop of stap – kyk jy heeltyd agter jou, of kyk jy na wat voor jou in die pad lê?  Ek is seker dat ten minste 99% van die tyd, kyk jy voor jou!  Want as jy heeltyd gaan terugkyk, is die kans goed dat jy in iets gaan vasry of vasloop en daar sal ’n groot kans wees dat jy baie seer sal kry!  Die goed waar jy verbyry of verby stap, mense wat jy ontmoet oppad, is alles deel van God se groter plan vir jou lewe…  Elke dag, is daar dinge wat gebeur, geselsies wat jy het, situasies wat jy moet hanteer, wat jou vorm en gevorm het tot die mens wat jy is vandag…
 
Hoekom dan, as ons die bostaande toepas wanneer ons bestuur, fietsry, hardloop of stap, doen ons die teenoorgestelde in ons daaglikse lewe?  Ons bly terugkyk, na die dinge wat reeds gebeur het…  Dinge wat ons verkeerd gedoen het, waarvoor ons, onsself nie kan vergewe nie…  Ons bly tob oor mense wat ons seergemaak het voorheen, en hou dan in die proses AWESOME ander mense uit ons lewe, omdat ons bang is dieselfde gebeur weer…  Ons kan nie mense oor dieselfde kam skeer nie…  Sommige goed gebeur in mens se lewe, sodat jy daaruit kan leer, en sterker word…  Maar God stuur daaglikse blessings oor jou pad…  Ons moet dit net raaksien!!  Is jou daaglikse geselsie met Jesus ’n stuurwiel, of ’n spaarwiel?  Soos wat jy jou beste vriend, of vriendin vertel van dinge wat daagliks in jou lewe gebeur – en so julle vriendskapverhouding bou, so wil Jesus ook daagliks deel wees van jou lewe…  Hy het jou oneindig lief…  Wanneer jy bid ”in Jesus se naam” - het vir my die betekenis dat jy ALLES wat jy aan Jesus vertel het “surrender” en oorgee aan God…  Hy is in beheer – en soos Hy in Jakobus 1:1-6 hierbo sê – ons moet dankbaar wees wanneer moeilikheid oor ons pad kom, want dit sal ons leer om te volhard…  Ons kan aan Hom vra wanneer ons wysheid kortkom, want Hy sal dit aan ons gee…  Ons moet net nie twyfel daaroor nie!!  God antwoord ’n hart wat met verwagting na Hom toe kom…  God KEN jou hart – so jy kan kom nes jy is… Nie soos wat jy dink jy moet wees - of volgens die standaarde wat mense vir jou stel nie... Wanneer jy op jou knieë staan, is dit moeilik om platgeslaan te word deur die storms van die lewe…  Jesus sal jou staande hou wanneer dit vir jou voel of jou voete nie meer 'n tree vorentoe kan stap nie...  VERTROU…  BLY HOOP…  HOU AAN OM GELOOF IN GOD TE HE!  Moenie ongeduldig raak met Jesus nie - die seen sal net soveel groter wees, wanneer jy wag vir Sy tyd...
Blessings!
 
Anelli**
 

Monday 17 June 2013

"'n Enkele dankbare gedagte wat aan God gerig word, is die mees perfekte gebed..." ~ Robert Freeman

Haloes! :)
"'n Enkele dankbare gedagte wat aan God gerig word, is die mees perfekte gebed..." ~ Robert Freeman
Romeine 8:26-27, Die Boodskap
"Ons grootste swakheid is dat ons nie aldag weet wat ons moet bid nie... Maar in sulke tye bid die gees self vir ons... Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal... Hy gaan sug en kla namens ons daar by God..."
Jakobus 5:16
"Die gebed van 'n gelowige het 'n kragtige uitwerking..."
"Here, ek weet nie wat ek van U moet vra nie... U alleen weet wat ek nodig het... U het my liewer as wat ek myself kan hê... O Vader, gee aan U kind wat hy self nie weet hoe hy dit van U moet vra nie... Ek bring maar net my hart na U en maak dit oop voor U... Amen" ~ Francois Fénelon
"Van my beste gebede is die kere wat ek nie woorde het nie... Ek hou op met praat, sluit my oë en dink oor wat ek gelees het, of oor wat ek gebid het, en ek luister..." ~ Charles Swindoll
Partykeer, wanneer mens deur moeilike tye gaan, is dit moeilik om die regte woorde te kry om te bid... Gaan dinge dalk op die oomblik so in jou lewe? Dat jy nie meer weet of jy kom of gaan nie... Net soos jy dink die een probleem is opgelos, sak die volgende ene al op jou toe... Bid is nie om 'n rympie op te sê nie... Dit is 'n GESPREK en 'n KONNEKSIE met God... Ek weet nie of daar dalk iemand in jou lewe is, met wie woorde partykeer nie nodig is nie? As julle byvoorbeeld in 'n groep is, en jy kyk net vir die persoon as 'n spesifieke iets gebeur, dan kan jy sommer SIEN die persoon weet wat jy dink :)
Dit is so met God ook... Hy weet wat ons dink, nog voordat ons dit aan Hom sê... Dis hoekom Robert Freeman se aanhaling so treffend is... As jy dink - sjoe, ek voel so gebless deur dit wat God in my lewe gedoen het, glo ek dis opsigself 'n dankie wat jy opstuur hemel toe... God weet ook as jou gemoed troebel voel, en jy dalk net nie woorde kan vind om te verwoord hoe jy voel nie... Hy ken jou deur en deur! Dis hoekom gebed nie noodwendig gebonde hoef te wees tot 'n spesifieke tyd van die dag nie... Soos dinge deur die dag gebeur, kan jy in 'n aaneenlopende gesprek met God wees... En as jy dalk net nie die woorde het nie, sit vir jou gospel musiek aan of lees God se woord, en raak net stil... Jy kan 'n gospel lied se woorde of 'n teksvers, as 'n gebed opdra aan God...
Soos Romeine hierbo bevestig - die Heilige Gees pleit self vir jou, en maak voorspraak vir jou in die tye wat jy nie die woorde het nie... God weet wat jy nodig het, en Hy wil dit in oormaat voorsien... Hy wil vir Sy kinders NET die beste hê... Al lyk dit vir jou na ontstuimige waters waarin jy verkeer - Hy sal die storms kom stil maak, en indien dit nie gebeur nie, sal Hy sorg dat jou lewensboot VEILIG deur die storm, aan die anderkant uitkom... Jy moet net aan Hom vashou... Partykeer verloor mens so perspektief, en lê die antwoord eintlik voor jou - jy vra dalk net die verkeerde vrae... Jy is SUPER spesiaal vir God - onthou dit vandag wanneer die ontstuimige waters kom!
blessings!
anelli**

Thursday 13 June 2013

"Those who don't take chances don't make advances... Even a turtle doesn't get ahead unless it sticks its neck out..." - Unknown

Haloes! :)
 
"Those who don't take chances don't make advances... Even a turtle doesn't get ahead unless it sticks its neck out..." - Unknown
 
Jesaja 59:1
 
"My arm is nie te kort om jou te help nie en my oor nie te doof om jou te hoor nie..."
 
Psalm 81:8
 
"In jou nood roep jy en Ek antwoord jou..."
 
"Remember, everyone who has got where he is, started where he was..." - Unknown
 
"Only dead fish go with the flow..." - Unknown
 
Ek't 'n stuk gelees wat se dat die oudste khoi vis 226 jaar oud geword het... Kan jy dink om 226 jaar oud te word en heeltyd net in 'n khoi visdam in die rondte te swem? Ek dink dit moet ERG frustrerend wees!! Alles bly altyd dieselfde... Dit wat jy vandag sien wanneer jy jou sirkel swem, sal more presies dieselfde wees...
Tog is ons lewens baie keer 'n spieelbeeld van die bostaande... Ons is bang om 'n kans te vat, aangesien ons dan "risiko" moet loop, en die uitkoms van die situasie, nie noodwendig die uitkoms gaan bring waarop ons hoop nie... Dis partykeer makliker om te "wees" eerder as om te leef... Maar soos hierdie onbekende aanhaling tereg hierbo se - only dead fish go with the flow... Wanneer mens voluit leef, loop jy die risiko om dalk seer te kry, of dalk nie die eerste keer sukses te smaak nie... OF die teenoorgestelde kan gebeur - God kan vir jou, jou hartsbegeertes gee - of dit nou in die vorm van gesondheid, liefde, geluk of die golf van sukses is... Partykeer is dit maar net nodig om te bid, te besluit en te vertrou - en daardie LEAP of faith te neem... God sal sorg, wanneer jy jou vertroue en toekoms ten VOLLE (100% oorgegee) in Sy hand sit...  Swem bietjie teen die stroom...  Waag bietjie, sodat jy baie kan wen in die proses...  Saam met God is niks in elkgeval 'n waagstuk nie - jy weet as jy Hom ten volle vertrou, sal Hy jou laat opeindig, waar jy moet wees, wanneer jy daar moet wees, en saam met wie jy daar moet wees...  Alles gaan oor jou vertroue...  Daar staan nie verniet in Matteus die volgende nie:  Matthew 17:20: "You don't have enough faith," Jesus told them. "I tell you the truth, if you had faith even as small as a mustard seed, you could say to this mountain, 'Move from here to there,' and it would move. Nothing would be impossible."
Saam met Jesus is daar NIKS wat onmoontlik is nie...  Hy is in staat om SOVEEL meer te doen as wat ons ooit sal kan hoop of dink... Gee jou onmoontlikheid sommer nou oor in Sy hande...  Hy SAL sorg - jy hoef nie bang te wees nie...
 
Blessings!
 
Anel**

Wednesday 12 June 2013

"Worry gives small things a big shadow..." - Swedish proverb

Haloes!

"Worry gives small things a big shadow..." - Swedish proverb

Jesaja 41:10

"Moenie bang wees nie, ek is by jou... Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God... Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou hand vas... Met my eie hand red Ek jou..."

1 Petrus 5:7

"Werp al jou bekommernis op My, want Ek sorg vir jou..."

"Be like a steam kettle! Though it is up to its neck in hot water, it continues to sing..." - Unknown

"When the storms of life strike, it's what happens "in" you that will determine what happens "to" you... - Jerry Savelle

Daar is vir my niks lekkerder as 'n koppie warm, goeie koffie, om die dag mee te begin nie...  Ook op koue dae, is daar darem niks so lekker soos 'n koppie milo, tee, warm sjokolade of koffie om jou van binne af warm te maak nie ;).  Maar die teenoorgestelde is net so waar - daar is niks so sleg soos 'n koppie koffie wat gestaan het, waarvan jy vergeet het, en wanneer jy dan 'n sluk neem, yskoud is nie...

Ons lewens is baie keer soos hierdie... Wanneer dinge goed gaan, is ons gevul met ywer vir die Koningkryk... Ons kan voel hoe God voorsien, en partykeer geniet ons die goeie tye so, dat ons vergeet om dankie te se... Wanneer dinge egter sleg gaan, saai die duiwel saadjies van wantroue in God in ons lewens...  Ons sukkel om te bid, omdat dit dan aanhou voel of dinge net sleg bly gaan en asof God van ons vergeet het...  Elkeen van ons is al deur sulke moeilike tye, of gaan dalk selfs NoU deur so 'n tyd van hartseer, pyn, siekte of moeilikheid... Dalk voel dit asof jou gebede teen die dak vasgaan en asof God ge-"vanish" het van jou lewe...  Dink gou aan die volgende - fokus jy om asem te haal? Is dit iets waarvoor jy moet werk, of wat jy deurentyd moet dink aan om te doen? Nee, dis iets wat vanself kom... Die suurstof is elke oomblik van die dag rondom jou, en jou liggaam is so wonderbaarlik deur God geskape dat jy dit doen sonder om daaraan te dink... Dis dieselfde met God se aanwesigheid in jou lewe - Hy is DAAR, om jou,by jou en vir jou - 24/7, 365 dae van die jaar... Sonder lug in jou longe, kan jy nie leef nie... En sonder God in jou lewe, is dit nie moontlik om die uitdagings van die lewe te oorkom nie... God is ENIGE tyd van die dag of nag tot jou beskikking... Hy is net 'n gebed ver... In die tye wat Hy stil is - onthou die volgende aanhaling - during a test, the teacher is always quiet... Dit beteken nie dat Hy nie daar is nie... Hy hou oor jou die wag, en loop deur elke uitdaging saam met jou... Hy sal sorg!

Blessings!

Anel**

Tuesday 11 June 2013

"God will never give you a challenge that you cannot handle..." - Rev. David Gernetzky

Haloes!

"God will never give you a challenge that you cannot handle..." - Rev. David Gernetzky

2 Korintiers 12:9

"Wanneer jy swak is, is my krag jou beskutting en hoef jy nie op jouself staat te maak nie... Onthou: My genade is vir jou genoeg... My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is..."

Psalm 3:4; Jesaja 41:10b

"Ek, die Here, beskerm jou... Ek beskerm jou van alle kante... Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas..."

"Your biggest struggle will be your biggest victory..." - Louis Smith

"Use your mistakes as stepping stones, not stumbling blocks..." - Unknown

Ek onthou toe ek klein was, hoe lekker dit was om 'n rivier oor te steek deur die klippe in die water te gebruik as vastrapplek... Of om by die see oor die rotse te klouter ten einde by van die mooi poele uit te kom...  Dit was dan natuurlik die grootste uitdaging om op die klippe te trap en te kyk of jy dit kan regkry om die water oor te steek sonder dat jou voete natraak ;)  Ek dink dat ek dit op uitsondering reggekry het!

Met die lewe is dit soortgelyk aan hierdie scenario... Jy kan partykeer jou beste gee, maar tog sal jy dalk op die ou einde enkeldiep in die water staan...  Uitdagings is deel van die lewe... Sonder uitdagings sal jy nie kan ontwikkel nie, sal jy jouself nie kan laat groei nie, en op die ou end nie uitvind tot wat jy in staat is nie... Daar is twee maniere om na uitdagings te kyk - na iets wat onmoontlik is, en wat jy nie eens voor kans sien nie, of jy kan dit sien as 'n geleentheid om blootstelling te kry, wat jou dalk as mens gaan laat ontwikkel, en waardeur jy moontlik iets kan bereik...  Daar is net 2 moontlike uitkomste - jy kan of suksesvol wees, of jy kan ondervinding opdoen wat jou sal equip vir ander moontlike geleenthede wat dalk oor jou pad mag kom... In beide gevalle sal jy niks verloor nie :) en jy sal nie hoef te wonder oor die wat-asse nie...   Moenie toelaat dat mense se woorde wat dalk reeds gespreek is oor jou lewe, of woorde wat mense spreek nog voordat jy 'n uitdaging aanpak, vastrapplek in jou lewe kry nie... In Filippense 4:13 belowe Jesus - Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee... Glo God - Hy SAL sorg!! ;)

Blessings!

Anelli**

Monday 10 June 2013

"When you leave your bedroom in the morning, remember it is: Lights!... Camera !... Action!... - unknown

Haloes! :)

"When you leave your bedroom in the morning, remember it is: Lights!... Camera !... Action!... - unknown

Jakobus 1:5

"As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid..."

Matteus 7:7-8

"Vra, en vir julle sal gegee word... Soek en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, want vir elkeen wat vra, ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word..."

Happiness is always an inside job... - unknown

"There will never be another now, so make the most of now..." - Unknown

Ek is iemand wat BAIE lief is vir fliek ;) Dit is vir my een van die lekkerste goed om te doen... Ek en jy is  "movie-stars"!! Is jy bewus daarvan?  Die "storie" van jou lewe, word daagliks deur JOU, as hoofkarakter vertolk...  Jou optrede teenoor mense wat jou pad kruis, jou vriendelikheid, medemenslikheid, optrede in moeilike situasies, hoe jy uitdagings hanteer wat jou pad kruis, asook die liefde wat jy leef is iets wat op die "silwerdoek" van jou lewensstorie vasgevang word...  As jy nou moet dink aan hoe jy "die storie van jou lewe sou beskryf aan iemand?  Komedie? Romanse? Tragedie? Riller?

Die goeie nuus is dat enige fliek nie vir ewig aanhou nie ;) Dus, hoef die trant van jou lewensverhaal nie in "een fliek" opgesom te word nie... Jesus het vir my en jou, deur Sy liefde aan die Kruis, NUWE hoop, nuwe kanse en nuwe lewe kom gee!! As die prentjie wat jou lewe dus tans weerspieel, nie een is wat jy op die silwerdoek sal wil sien draai nie, het jy ELKE dag 'n kans om aan 'n nuwe draaiboek te begin skryf ;) Dit kan selfs in die vorm van 'n 'series' opgesom word ;). Jyt vir God as die regisseur van jou lewensstorie, wat beteken dat Hy deurentyd betrokke is by jou lewe... Jy kan vra dat Hy jou sondes vergewe, en Hy sal dit "cut" uit jou storie... Omdat Hy jou oneindig lief het, en net die beste vir jou wil he... En OOK omdat Hy reeds vir AL jou sondes aan 'n Houtkruis betaal het... Sorg dat jy LEEF en shine ;) As jy wakker word - laat die duiwel sommer bewe, met die wete - jy is op, and you have arrived - ready to LIVE LiFE and be the star that you are...

Blessings!

Anelli**


Sunday 9 June 2013

"The impossible is often the untried..." - Jim Goodwin

Haloes!

"The impossible is often the untried..." - Jim Goodwin

Psalm 121:2,3

"Jou hulp kom van My, die Here, wat hemel en aarde gemaak het... Ek sal nie toelaat dat jy struikel nie... Ek wat jou beskerm, slaap nooit nie..."

Hebreers 13:5 & Hosea 11:8

"Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie... Hoe kan ek jou prysgee my kind? Ek kan dit nie oor my hart kry nie, My liefde brand te sterk..."

"Again and again, the impossible is solved when we see that the problem is only a tough decision waiting to be made..." - Robert Schuller

"The future arrives an hour at a time..." - Unknown 

Om te dink oor "die toekoms" kan baie oorweldigend wees...  Daar is soveel moontlike uitkomste oor hoe elke liewe dag kan afloop, dat deur daaroor te dink en te bekommer jou kan uitput, nog voordat die tyd waaroor jy jouself bekommer aanbreek...  Mens is ook geneig om jou partykeer so te bekommer oor die "wat-asse" - wat meeste van die tyd nie gebeur nie - dat jy uitmis op die huidige hier en nou...

Hierdie aanhaling is daarom vir my ongelooflik cool! The future arrives one hour at a time... En God is by jou - elke oomblik van die dag!! Sy tyd is tot jou beskikking, 24/7...  Hy is elke minuut van die dag, net 'n gebed ver...  Wanneer jy weer voel of jy lamgele word met vrees, en dat die grootheid van besluite jou so moeg maak, omdat jy nie weet watter kant toe nie - gee dit oor in God se hande... Raak sommer stil - daar waar jy is, en sit "dit" waarmee jy struggle by Jesus se voete neer... Wanneer jy dan klaar met God gepraat het - sorg dat jy dit waarmee jy sukkel, nie weer optel en self dinge probeer uitsorteer of in plek laat val nie... Wanneer jou hand in God s'n is, en jy Hom vertrou om jou te dra, daar waar die besluite te veel en die lys van bekommernisse te lank raak, SAL Hy jou nie in die steek laat nie!  Moenie jou lewe weke vooruit probeer lewe nie... God gee elke oggend aan ons 'n nuwe geskenk (genaamd genade en krag), presies genoeg vir die nuwe dag... Hy sal jou voorsien van die wysheid wat jy nodig het om moeilike besluite te neem, en Hy sal jou krag gee, en selfs dra, wanneer die dinge in jou lewe te deurmekaar of oorweldigend voel... God sal die dinge laat uitwerk soos dit moet - en in plek laat val, wanneer die tyd daarvoor reg is... Moenie moed verloor nie! Jesus se plan vir jou lewe, is soos legkaartstukke, wat daagliks nog 'n gedeelte van die prentjie weerspieel... Leef minuut, per minuut - en vat dit soos dit kom! Jesus is by jou!!**

Blessings!

Anel**