Thursday 29 September 2011

“Jy is NOU hier, so maak die meeste daarvan en geniet dit…” ~ berne kotze

Haloes! :)


“Jy is NOU hier, so maak die meeste daarvan en geniet dit…” ~ berne kotze

Efesiërs 3:20

“Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra, of dink om te vra…”

Fillipense 4:6

“Moet oor niks besorg wees nie, maar bid oor alles… Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom dank vir alles wat Hy doen… As julle so bid, sal julle God se vrede beleef… Hierdie vrede is wonderliker as wat ‘n mens ooit kan dink… Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle gedagtes soos veiligheidswagte oppas…”

“And in the end, it is not the years in your life that count… It’s the life in your years…” ~ Anonymous

“Life is what you make it… Always has been, always will be…” ~ Eleanor Rooseveldt

Ons lewe in tye wat so gejaagd is, dat dit baie maklik kan raak om “die slegte dele” om te wens… Soos bv werk waarvoor jy nie lus is nie, funksies wat jy moet bywoon of sommige van daardie dinge wat jy net “moet doen”… Ek weet dat ek self daaraan skuldig is met die volgende woorde wat ek al baie gebruik het - “as hierdie week net verby kan kom, sal dinge beter gaan…” Hierdie afgelope naweek het ek egter net weer opnuut hieroor gedink toe een van my vriende aan iemand anders gesê het – “ons is nou hier, so maak net die meeste daarvan en kom ons geniet dit!”

Ek dink dat dit die tipe uitkyk is wat ons op die lewe moet hê… Maak nie saak wat gebeur of wat jou situasie oplewer of waar jy jouself bevind nie – ons moet probeer om die positiewe raak te sien… Ek weet dat baie van julle sal dink – anél – jy ken nie my situasie nie – daar is werklik niks positief omtrent my situasie wat ek kan raaksien nie… Ek dink nie noodwendig dat jou situasie positiewe dinge hoef in te hou nie – maar jou LEWE as 'n geheel, sal WEL! Life is a GIFT, we just need to open the present (letterlik en figuurlik)… Ek dink dat mens regtig baie maklik vasgevang kan word in jou omstandighede en situasie dat daaglikse seën by jou verby kan gaan… Die seën lê ook nie altyd in die GROOT goed nie – maar wel die klein dingetjies…

Een ding wat mense baie vergeet, is dat ons nie ‘n probleemvrye lewe gewaarborg is, wanneer ons vir Jesus as ons Pa aanneem nie… Die duiwel hou van ‘n uitdaging, en wanneer jy ‘n Christen is, is jy ‘n uitdaging… Jy is egter gewaarborg dat Jesus 24/7 by jou sal wees, en beskikbaar vir jou sal wees… Jy het ‘n tolvrye lyn hemel toe – elke oomblik van elke dag… Gebruik dit, en laat God toe om die te sorg vir dit waaroor jy nie beheer het nie… Jy hoef nie altyd na almal rondom jou om te sien nie - vertrou God daarvoor... Hy sluimer nie en Hy slaap nie - Hy is in elkgeval heel nag wakker, so JY hoef NIE oor ENIGE iets wakker te le nie... As daar dalk vandag onbeplande dinge jou pad kruis of as jy dalk opeindig iewers anders as bepland - geniet dit net! Die lewe het 'n manier om jou somtyds te verras... Just open the present... Moenie vaskyk in hoe dit toegedraai is nie :)

Blessings!

Wednesday 28 September 2011

“Hope is like the wind… You can feel it, but you cannot see it…” ~ A walk to remember…

Haloes! :)


“Hope is like the wind… You can feel it, but you cannot see it…” ~ A walk to remember…

Spreuke 10:22

“Dit is die Here se seën wat rykdom bring… Hy gee nie hartseer daarmee saam nie…”

Efesiërs 2:19

“Mag julle insien hoe enrom groot die krag is wat God gebruik in ons wat glo… Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan Sy regterhand laat sit het…”

“What seems to us as bitter trials are often blessings in disguise” - Silver Oscar Wilde quotes

When the world says, "Give up," Hope whispers, "Try it one more time." ~Author Unknown

Om te lewe is om ‘n stukkie hoop te hê… Wat as ek vanoggend vir jou sê – hier in my hand, het ek JOU totale lewensstorie… Elke hoogtepunt, laagtepunt, wat tussen – in gebeur, en jou einddatum… Dis als SET in STONE en geen veranderings sal aan die storie aangebring word nie…

Ek dink dit sal baie moeilik wees om werklik te LEWE, as jy weet wat die uitkoms van jou lewe sal wees… Geen hoop om jou drome te verwesenlik nie, of om jou droomwerk los te slaan nie, om die wêreld te sien of jou lewensmaat te ontmoet nie… Ek dink dat HOOP, een van die grootste geskenke is waarmee God ons geseën het… Daar is defnitief nie HOPELOSE situasies nie, ek dink dis meer ‘n geval van mense wat hoop verloor het met hul omstandighede…

Jeremia 29:11 sê: “Die Here weet wat Hy vir jou beplan – goed en nie sleg nie…” Ek glo nie dat ons lewensstorie “set in stone” is nie… Ons dien ‘n God wat ‘n gentleman God is wat nie sy keuses op jou sal forseer nie… Hy sal aan JOU die keuse oorlaat, en deur jou besluite, sal jou lewe uiteindelik ‘n rigting inslaan… Deur te bid vir God se wil – en nie jou eie nie, sal uiteindelik vir jou die meeste seën bring! Want as ons stap in God se wil, stap ons met Sy hand van bewaring oor ons, en uiteindelik in Sy blessing…

God gee ons dalk nie altyd wat ons wil hê nie – maar ALTYD wat ons nodig het… Hy sorg vir die regte mense in jou lewe, vir geleenthede, deurbrake en liefde op die REGTE tye… Moenie hoop verloor met hoe jou lewe tans verloop nie… Al kan mens nie sien wat voorlê nie, weet ons dat ons vir God het, en solank ons vir God het, is NIKS onmoontlik nie…  Hou aan bid en vertrou - God sal voorsien!!!

Blessings!


Tuesday 27 September 2011

“If God brings you to it, he will bring you through it…” ~ Fellow traveller

Haloes! :)


“If God brings you to it, he will bring you through it…” ~ Fellow traveller

Psalm 20:2-3

“Mag die Here in tye van nood, antwoord op jou roepstem… Mag die Naam van die God van Jakob, jou beveilig teen gevaar… Mag Hy jou te hulp snel uit die heiligdom, en uit Sion jou versterk…”

Psalm 23:1;4

“Die Here is my herder; daar is niks wat my ontbreek nie… Wanneer ek loop in ‘n donker vallei, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my…”

“Failure is the opportunity to begin again, more intelligently…” ~ Henry Ford

“Your present circumstances don’t determine where you can go… They merely determine where you start…” ~ Nido Qubein

Daar is soveel mense wat groot impak gemaak het in my lewe, deur hulle uithou- en deursettingsvermoë … Enkele voorbeelde – is mense wat hulle nie laat onderkry deur wat met hulle gebeur nie… bv Eksamens wat nie geslaag word nie – waar die persoon dan sal teruggaan na die drawingboard en weer voor begin… Kanker pasiënte wat veg – wat seker maak dat iets soos chemo nie groter as hulle sal word nie… Mense wat retrench word, of pas-afgestudeerde studente wat nie werk kan kry nie…  Dit laat my dink aan daardie aanhaling:  "Be kinder than necessary, because everyone is fighting some kind of battle..."  Die unieke ding van hierdie mense wat hulle nie laat onderkry deur hul omstandighede nie, is dat wanneer jy met hulle te doen kry - sal jy nie eens weet van die stryd wat hulle stry nie, omdat hulle KIES om nie op dit te fokus nie en die GOEIE en die mooi in die lewe raak te sien...

‘n Eienskap wat ‘n algemene faktor in AL hierdie mense se lewens is, en wat hulle help om te volhard en deur te druk, is die feit dat God die basis van hul lewe vorm… Deurdat jy seker kan weet – maak nie saak hoe hard jy val nie – Hy sal daar wees om jou op te tel wanneer dit gebeur… Wanneer God jou basis is, kan jy seker weet – Hy sal NIKS oor jou pad laat kom wat jy nie kan hanteer nie… En wanneer daardie moeilike tye daar is, sal Sy hand reeds uitgestrek wees om jou op en deur jou situasie te help… Die belangrikste ding is nie hoeveel keer die lewe jou platslaan nie, maar hoeveel keer jy opstaan… En as jy vir Jesus in jou lewe het, sal jy ALTYD hoop hê om te kan opstaan… Sonder dat jy dit dalk altyd weet, inspireer jy deur HOE jy lewe, die mense rondom jou… En moenie nou dink - "nee nie ek nie" - verseker jy!

Geen eksamen, siekte of finansiële moeilikheid, werkloosheid, hartseer of verhoudings wat misluk sal jou van God se liefde kan skei nie… En GEEN situasie is groter as God nie… As ons na die Bybel kyk is daar soveel keer wat ons aan God se wonderwerke herinner word – lammes wat loop, blindes wat sien, kos wat voorsien word vir 10,000e… Ons dien ‘n God wat nie limiete ken nie en Hy sal ook limitless vir jou sorg… Stel Hom net in beheer…

Ek hoop jy sal 'n PRAGTIGE dag he! Mag dit elke verwagting oortref wat jy mag he!

Blessings!



Monday 26 September 2011

“Partykeer moet mens maar ‘n trein mis…” ~ Naude van Eck

Haloes! :)


“Partykeer moet mens maar ‘n trein mis…” ~ Naude van Eck

Efesiërs 1:19 – 20

“Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik in ons wat glo… Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk, toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die Hemel aan die regterhand laat sit het…”

Numeri 6:24-26

“Die Here sal jou seën en jou beskerm… Die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees… Die Here sal jou gebede verhoor en aan jou Sy vrede gee…”

“Life is what happens while you are making other plans…” ~ John Lennon

“There are two ways to go through life… 1 is as though nothing is a miracle and the other, as if everything is a miracle…” ~ Albert Einstein

Iets waarvan ons verseker kan wees is dat die lewe partykeer “curveballs oor jou pad gaan laat kom en dat dinge nie altyd gaan uitwerk soos jy beplan het nie… Dit kan wees van die kleinste dingetjie soos bv om ‘n trein of ‘n bus te mis, laat wees vir ‘n vergadering tot groot dinge soos werkloosheid, siekte, onverwagse dood of dalk ‘n verhouding wat skipbreuk ly…

Ek dink dis baie keer nie soseer die “curveball” wat jou wêreld deurmekaar krap nie, eerder die impak wat daardie “curveball” op jou lewe het… Dink gou jouself in die volgende situasie in… Jy beplan ‘n naweek wegbreek, maar jy is afhanklik van publieke vervoer om jou by jou bestemming te lewer… Jy het 2 treine nodig om jou by jou bestemming te arriveer. Tussen die twee treine is daar 5 minute om te wissel, en op die laaste aansluiting te kom – indien jy dit egter mis, is daar geen ander manier om jou eindbestemming te haal nie… Worst case scenario: Jy mis jou trein en vind jouself gestrand in ‘n onbekende omgewing, sonder verblyf of ‘n plan van aksie… Daar is twee maniere hoe jy die situasie dan kan hanteer:

1. Jy kan kies om negatief te wees en die hele aand of naweek verder as “sleg” te sien of dat dit net een vet straf is OF

2. Jy kan die beste van jou situasie maak en die “curveball” embrace wat jou kant toe kom...

Ek dink nie enige van ons besef tot wat ons in staat is deur God wat ons die krag gee nie (Fillipense 4:13). Mens leer gewoonlik tot wat jy in staat is of wat jy kan hanteer, wanneer dinge NIE “plain sailing” is nie… En ek weet, BAIE mense sal slegte dinge wat oor hulle pad kom sien as “God wat hulle straf” vir dinge wat hulle verkeerd gedoen het… Ek wil verskil met dit! God is die een persoon op hierdie aarde, wat jou liewer het as wat jy jouself het! Ek glo werklik dat dinge uitwerk soos dit moet, en dat mens altyd opeindig daar waar God die meeste seën vir jou lewe het! Deur dus partykeer “die trein te mis” en op ‘n ander plek op te eindig, kan eintlik ‘n GROOT “blessing in disguise” wees, en nie ‘n trein “smash” soos ons dit baie keer uitmaak nie… Ons moet net aanhou glo en vertrou dat God sal sorg, en rus in die wete, dat Hy GOEIE goed vir jou lewe beplan... Hy sal sorg - maak nie saak WAT gebeur nie...  Of jy jouself dalk tussen treine bevind of op 'n pad waar jy net totaal en al verdwaal voel - kyk net op - God sal jou daar uit lei, en jou die pad van TOTALE seen en oorvloed laat loop...

Mag jy ‘n pragtige daggie hê!

Blessings!

Sunday 25 September 2011

“Every new beginning, comes from another beginnings end…” ~ Senela quotes

Haloes! 


“Every new beginning, comes from another beginnings end…” ~ Senela quotes

Spreuke 16:1;3

“ ‘n Mens kan sy planne maak, maar die finale besluit kom van die Here af… Alles wat jy doen moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag…”

Jesaja 40:26

“Wie het die sterre gemaak? Hy maak hulle sigbaar, die een na die ander, en roep elkeen by sy naam… Met sy groot krag en mag, sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie…”

“Do not wait until the conditions are perfect to begin… Beginning makes the conditions perfect…” ~ Alan Cohen

“Elke oomblik is ‘n nuwe begin, as jy kies vir verandering; om jouself daagliks te probeer vind; deur uit te sien na die volgende stap… Eksperimenteer en ontdek, geloof in jou drome; oorwin die onbekende… Bly vrae stel en leef! So is elke oomblik ‘n nuwe begin…” ~ Paulo Coelho

Is elke dag vir jou ‘n nuwe uitdaging, of sien jy al teen Sondagaand op teen die week wat voorlê? Ekt al agtergekom, veral in tye waar jy moeg is, dat dit baie maklik is om net die negatiewe raak te sien in jou alledaagse dinge… Veral ook ten opsigte van verandering wat dalk in jou lewe plaasvind… Baie min mense hou van verandering, en sal dan ook gewoonlik die makliker opsie kies deur eerder te “stick by wat jy weet” as om die nuwe geleenthede of oomblikke te “embrace” wanneer dit oor jou pad kom… Ek stem 150% saam met hierdie aanhaling van Paulo Choelho… Mens mis baie keer so baie uit op spesiale oomblikke, onvergeetlike tye, of nuwe vriende omdat jy te bang is vir die onbekende…

Iets wat vir my ongelooflik is, is dat wanneer mens NIE altyd ‘n vaste plan het nie – seën God jou op die onverwagste tye, met die mees fantastieste dinge! Ek dink dat dit in ‘n mens se natuur is om te voel dat hy in beheer wil wees, en die “shots wil call” van sy lewe, maar ek wil jou uitdaag vandag – soos Spreuke 16:3 hierbo sê… Let go and let God… Stel God in beheer oor jou lewe, en stel jouself oop vir nuwe dinge… Eksperimenteer, waag bietjie en ontdek alles wat die lewe het om jou te bied deur elke sekonde wat aan jou geleen is, ten volle te LEWE… Ons word daagliks geseën met 86,400 sekondes, om die lewe aan te gryp en die beste te maak van die hand kaarte wat aan jou uitgedeel word… Ek weet dit klink dalk bietjie cliché, maar mens besef gewoonlik eers die waarde van iets wanneer jy dit verloor het… Moet dus nie dat vrees vir die onbekende jou weerhou om jou drome te leef, of om jou lewensstorie een te maak wat impak kan hê om ander te inpsireer om ‘n vol lewe te hê nie…

God is groter as enige iets wat jy tans moet “face”… Plaas jou hand in syne, en neem daardie “leap of faith”, deur ELKE dag te LEWE… Nie net wanneer jou pad besaai is met goeie tye, of wanneer dit naweek is nie… En maak seker dat mense wat vir jou spesiaal is dit WEET… Ons weet nie wanneer ons tyd hier op aarde tot ‘n einde kom nie… Iets wat ek by my ouers geleer het, is dat jy nie ‘n dag kwaad moet gaan slaap nie… Probeer dinge uitsorteer as jy dalk stry gekry het met iemand… Kommunikasie en ‘n sagte woord, is al wat partykeer nodig is… Mens hoef nie altyd die argument te wen nie… Partykeer moet mens maar net die minste wees… Sê vir mense wat hulle vir jou beteken, en WAARDEER die mense wat God jou daagliks mee seën… As jy iemand liefhet – sê dit… Moenie daardie geliefde verloor, voordat daardie persoon weet wat hy / sy vir jou beteken nie…

Blessings!


Thursday 22 September 2011

"I have one life and one chance to make it count for something." ~ Jimmy Carter

Haloes! :)

"I have one life and one chance to make it count for something." ~ Jimmy Carter


Efesiërs 1:19

“Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik wat in ons glo…”

Efesiërs 3:20

“Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra…”

"We should certainly count our blessings, but we should also make our blessings count." ~ Neil A. Maxwell



Faith is putting all your eggs in God's basket, then counting your blessings before they hatch. ~Ramona C. Carroll

Ek was Sondag by die Anne Frank huis… Dis iets wat ‘n ongelooflike ervaring was en ek dink nie mens sal ooit kan besef waardeur die mense gegaan het terwyl Hitler aan bewind was nie… ‘n Boodskap wat ek oor en oor die afgelope tyd gekry het, en wat ook net weer bevestig was toe ek daar by die Anne Frank huis was, is dat ons NOOIT moet hoop verloor nie… Sodra mens niks het om voor te hoop nie, hou jy op om te lewe…

Net kortliks oor Anne Frank – haar familie het in Amsterdam “weggekruip”, vir die Nazi’s… Alle Jode is in konsentrasie kampe gegooi deur Hitler… Anne hulle is op die ou end gevange geneem, en sy is 1 maand voordat alle mense uit die konsentrasiekampe vrygelaat is, oorlede… In 'n onderhoud wat hulle met die een vrou gehad het, het die vroutjie gese, Anne het alle hoop opgegee nadat haar suster oorlede is in die konsentrasie kamp waar hulle aangehou was. Sy het gedink dat haar hele gesin uitgewis was – maar haar pa het nog lewe… In die onderhoud het die vroutjie gese – sy dink dat as Anne geweet het haar pa leef, sou sy dalk harder gefight het om te bly lewe…

Dis my boodskap vir jou vandag – hoe moeilik die dinge ook al is – moenie hoop verloor nie… Laat God jou hoop bly – solank jy Hom het, is daar nie rede om moed op te gee nie… Ons kan HOOP op ‘n BLESSED lewe, en vir GROOT dinge om te kom in ons lewens, omdat ons vir Hom het… Sonder God, en in die wêreld waarin ons leef, kan dit baie maklik raak om hoop op te gee, tou op te gooi, en toe te laat dat die duiwel jou moed breek… Jesus het vir ons die oorwinning oor die wêreld, en ELKE liewe moeilikheid behaal deur te sterf aan die kruis… Jou God is groter as SIEKTE, as FINANSIELE moeilikheid, groter as werkloosheid, groter as hartseer en pyn, en groter as ‘n gebreekte hart… Hy sal genesing, sekuriteit, liefde, genade, hoop en vrede bring – solank ons, ons vertroue en HOOP in Hom stel… En elke dag aanpak met MOED… Mens se karakter wys gewoonlik die duidelikste in tye van moeilikheid en swaarkry… Vind jou krag en hoop in God… Hy sal jou nie teleur stel nie!!

Baie blessings!

“Die lewe is ‘n voorreg, nie ‘n reg nie…”

Haloes! :)


“Die lewe is ‘n voorreg, nie ‘n reg nie…”

Josua 1:5

“Niemand sal teen jou bestand wees solank jy leef nie… Soos Ek by Moses was, so sal ek by jou wees… Ek sal jou nooit in die steek laat nie… Ek sal jou nooit los nie…”

Psalm 46:2-3

“God is ons toevlug en ons krag; in ons nood is Hy gereed om ons te help… Ons sal nie bang wees nie, al bewe die aarde, al verskuif die aarde diep in die see…”

LIFE IS A GIFT, MAKE THE MOST OF IT.

Life is an opportunity, benefit from it.
Life is beauty, admire it.
Life is a dream, realize it.
Life is a challenge, meet it.
Life is a duty, complete it.
Life is a game, play it.
Life is fragile, hold it.
Life is a promise, fulfil it.
Life is sorrow, overcome it.
Life is a struggle, accept it.
Life is a tragedy, confront it.
Life is an adventure, dare it.
Life is luck, make it.
Life is precious, do not destroy it.
Life is life, fight for it…- Unknown

Die lewe is baie dinge, maar defnitief nie ‘n reg nie… Mens word partykeer so bederf met die klein goed, dat ons dit later nie meer raaksien nie… Soos om te kan sien, en om te kan hoor! Dis dinge wat ek dink ons daagliks vanselfsprekend aanvaar!!! Daar is soveel dinge wat mens nie sal kan ervaar, of beleef as jy een van die twee sintuie nie het nie…

Ek dink ons raak partykeer so ongelukkig met hoe sekere dinge gebeur, maar ons vergeet dat alles wat ons is, en het, NET deur die genade van God so is… Sonder Hom is ons niks, en het ons niks… Mens kan net SO lank op jou eie kragte staatmaak… Jy word getap van alle lewenskrag as jy al die “balle” in die lug probeer hou… Ek’t die naweek bietjie rugby gekyk, en op die een ou se arm, het hy Jesaja 40:31 geplak gehad… Ek kon nie anders as om dit te gaan lees nie - “Maar die wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry… hulle vlieg soos arende… Hulle sal harloop en nie moeg word nie… Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie…” Dit het my laat dink – daar is soveel uitdagings op die rugbyveld, so baie geleentheid om jou “koel” te verloor… Maar wanneer jy iets soos ‘n Bybelvers by jou het, kan dit jou help om te onthou vir WIE jy speel, en HOE jy die spel wil speel…

Die lewe is presies dieselfde… Wanneer jy bang voel, of moeg voel, of net wil onthou watter groot VOORREG dit is om die LEWE te kan LEEF – plak vir jou iewers ‘n Bybelvers of skryf dit iewers waar jy voortdurend herinner kan word van God se liefde, genade en krag… Die lewe is werklik ‘n geskenk… En iets wat ons moet LEEF ten VOLLE!!!! Moenie spyt wees oor als wat jy nie gedoen het nie – moenie terughou omdat jy bang is vir foute maak nie… Moenie al jou tyd by jou werk spandeer nie… Handhaaf balans, en lewe so, dat wanneer jy op die ouetehuis se stoep sit, jy stories sal kan vertel wat menses al laat SMAG na ‘n lewe van oorvloed soos joune was… Die blessings en God is daar! Ons moet net die tyd neem om dit raak te sien…

Blessings!!

Tuesday 20 September 2011

“Hoekom voel dit of God my nie hoor nie?”

Haloes! :)


“Hoekom voel dit of God my nie hoor nie?”

1 Petrus 5:7

“Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om…”

Jesaja 40:31

“Maar die wat hulle hoop op die Here stel, sal hulle krag terugkry… hulle vlieg soos arende… Hulle sal harloop en nie moeg word nie… Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie…”

Laura Story - "Blessings" Lyrics

We pray for blessings, We pray for peace, Comfort for family, protection while we sleep, We pray for healing, for prosperity, We pray for Your mighty hand to ease our suffering, all the while, You hear each spoken need, Yet love us way too much to give us lesser things…  'Cause what if Your blessings come through raindrops, What if Your healing comes through tears, What if a thousand sleepless nights, Are what it takes to know You’re near, What if trials of this life are Your mercies in disguise, We pray for wisdom, Your voice to hear, And we cry in anger when we cannot feel You near, We doubt Your goodness, we doubt Your love, As if every promise from Your Word is not enough, All the while, You hear each desperate plea…

And long that we'd have faith to believe, 'Cause what if Your blessings come through raindrops, What if Your healing comes through tears, What if a thousand sleepless nights, are what it takes to know You’re near, And what if trials of this life are Your mercies in disguise, When friends betray us, When darkness seems to win, We know the pain reminds this heart, That this is not, this is not our home, It's not our home, 'Cause what if Your blessings come through raindrops, What if Your healing comes through tears, And what if a thousand sleepless nights, are what it takes to know You’re near… What if my greatest disappointments, or the aching(s) of this life, is the revealing of a greater thirst this world can’t satisfy… And what if trials of this life, the rain, the storms, the hardest nights are Your mercies in disguise…

Hierdie stuk het my erg aangeraak!! Ons bid altyd met ‘n spesifieke antwoord waarop ons HOOP, reeds in ons kop… En dan raak ons negatief wanneer ons nie antwoorde of tekste kry op al hierdie vrae in ons gemoed nie… Maar het jy al ooit soos hierdie stuk dit beskryf, aan jou lewe gedink? Wat as ons bid vir sonskyn, maar God gee reën? Outomaties ‘n negatiewe konnetasie wat in jou gedagtes opkom, maar dalk is die reën nodig vir GROEI om plaas te vind, ten einde “blom” te kan dra, en jou geestelike gawes te gebruik soos God dit bestem het? Of slapelose nagte kan daar wees om jou en God te laat “connect”? Jy is vir God eerste prys, en Hy sal vir jou seën met dinge wat vir ‘n Koningskind bestem is… Ons moet partykeer net deur die slegte, om by die goeie uit te kom… Moenie moed opgee nie – plaas jou hoop en vertroue in God… Hy SAL sorg – al is dit partykeer op maniere wat nie vir jou logies lyk nie… Die legkaartstukkies sal op die ou end sin maak… En baie keer sal die legkaart nie voltooid wees, sonder dat sekere “reën” stukke daarin is nie…



Blessings!



Monday 19 September 2011

“Aan storms gaan jy nie ontkom nie… Trek jou dansskoene aan, en dans dat die stof so staan!” ~ Hennie Symington

Haloes! :)

“Aan storms gaan jy nie ontkom nie… Trek jou dansskoene aan, en dans dat die stof so staan!” ~ Hennie Symington

Psalm 91:9-15

“As die Here jou toevlug is, as die Allerhoogste jou skuilplek is, sal geen kwaad jou tref en geen ramp naby jou tent kom nie… Want Hy sal sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm, hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet nie teen ‘n klip sal stamp nie… Op ‘n leeu en die adder sal jy trap, die jong leeu en die slang vertrap… Hy wat My liefhet, SAL Ek verlos; Hy wat my naam ken, sal Ek beskerm… Hy sal roep, en Ek sal antwoord; in nood sal Ek by hom wees…”

“The greatest mistake you can make in life is to be continually fearing you will make one..”. ~Elbert Hubbard, The Note Book, 1927


“There are two days in the week about which and upon which I never worry... Yesterday and Tomorrow…” ~Robert Jones Burdette

Foute… Dis iets wat elke dag deel van ons lewe is… Ons maak partykeer oorhaastige besluite, en dan is dit nie altyd dinge wat die beste vir ons lewe is nie… MAAR, my ma en pa het altyd vir my geleer dat “ ‘n fout is net ‘n fout as jy dit nie kan regmaak nie…” Hierdie Psalm 91 is iets wat vir my met totale hoop vul vir ENIGE iets wat jou pad mag kruis, of ENIGE fout wat jy dalk mag maak… God sal by jou wees – maak nie saak WAT nie… Ek weet baie van julle sal dalk nou met die volgende vraag sit – “Maar Anel, ek stamp my voete teen klippe, en moeilikheid tref my…”

Vir jou wil ek sê – elkeen van ons se paadjie is vir ons uitgelê deur God… Ekt Vrydagaand met ‘n vriendin gesels wat vir my die volgende laat besef het – party van ons se paadjies is net gevul met meer kronkelpaadjies, doodloopstrate en konstruksie areas, dat dit vir ons ‘n groter uitdaging is om van punt A na punt B te gaan… MAAR – op daai kronkelpaaie, of verkeerde afdraaie of doodloopstrate, is God se engele steeds by jou… En hulle sal jou op jou lewenskoers hou… Wanneer mens heeltyd bekommerd is oor foute wat jy moontlik kan maak – hou jy dikwels op om te lewe… Speel eerder veilig as om die lewe voluit aan te pak… Daardie doodloopstrate, of deure wat toemaak, is nie om dowe neute daar nie… God sal EEN of ander SEEN vir jou in dit ook hê… Ons moet net God se seën soek in dit wat gebeur, eerder as om die negatiewe raak te sien… Dis partykeer baie moeiliker gesê as gedaan – maar dis waar ons die volgende moet toepas – “FAITH, is to sometimes say – I don’t understand, but I choose to believe…” ~ Dominee by Hillsong Kerk Amsterdam…

Baie blessings vir jou!!






Sunday 18 September 2011

If you aren’t in over your head, how do you know how tall you are? - Unknown

Haloes! :)


If you aren’t in over your head, how do you know how tall you are? - Unknown

Fillipense 4:6

“Moet oor niks bekommerd wees nie,maar bid oor alles… Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy vir julle doen… As julle so bid, sal julle God se vrede beleef… Hierdie vrede is wonderliker as wat mens ooit kan dink… Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos ‘n veiligheidswag oppas…”

Spreuke 3:3-4

“Vertrou op die Here, met alles wat jy het… Moenie staatmaak op jou eie insigte nie… Vra na die wil van God in alles wat jy doen… Hy sal die regte pad vir jou aanwys…”

"In order to succeed you must fail, so that you know what not to do the next time…” ~ Anonymous

"The soul would have no rainbow had the eyes no tears…” ~ Anonymous

“If you are not in over your head, how do you know how tall you are?!” Dis ‘n ongelooflike aanhaling!!!! Ons sal nie weet tot wat ons in staat is, voordat ons limiete getoets word nie… En jy is baie sterker, en tot baie meer in staat as wat jy jouself krediet voor gee!! Ek weet baie van julle dink nou – nee… ek is nie so seker nie… Toe ek vandag in die Kerk instap, het die dominee die volgende gesê – “As Jesus nommer 1 is in jou lewe, is Hy groter as ENIGE IETS as wat jy op hierdie oomblik moet face…” ~ Hillsong Kerk Amsterdam…

Hoe ongelooflik waar is dit nie? As ons vir Jesus in beheer stel, is Hy GROTER as ENIGE IETS wat oor ons pad kom… Dis wanneer ons vir Jesus ‘n “agtersitplek” in ons lewens gee, dat die probleme en moeilikhede die oorhand kry, en dat alle dinge – groot en klein ons onderkry… Wanneer ons “fail” of wanneer dinge ons pad kruis wat dalk vir ons voel – sjoe, hierdie is soveel groter as ek – ek sal dit nooit kan baasraak nie, dink ek moet ons ‘n ander benadering volg… Ons moet dit heeltemal uit ons kop sit hoe onbegonne ‘n situasie lyk, en “baba treetjies” vat… Een dag en een uitdaging op ‘n slag… Omdat Jesus aan my kant is, en omdat ek Hom in beheer stel oor ALLES wat my pad kruis, gaan ek my beste gee, in elke situasie… Wanneer ek my beste gee, plaas ek my situasie in God se hand… En wanneer dit in God se hand is, kan ek net vertrou… Jy sal nie wees, waar jy op hierdie oomblik is, as God dit nie so bestem het nie… Iets wat ek al OOR en OOR in my lewe gesien het, is dat mens altyd opeindig waar jy moet wees… Dit hang net van ons af, of ons die uitdagings wat oor ons paaie kom as ‘n avontuur gaan beskou en of ons gaan toelaat dat dit al ons lewensgeluk van ons steel? Kies vir 'n goeie dag! Kies om vir Jesus nommer 1 te maak, en praat met Hom wanneer dit vir jou voel of die dinge jou onderkry... Hy sal die regte mense, op die regte tye in jou lewe plaas om jou ULTIMATELY te seen!!

Mag jy ‘n uitsonderlike week hê, en mag God jou sterk maak, om ENIGE situasie te kan face… Jy is NIE alleen nie (al voel dit dalk so)… nooit nie – onthou dit!! Jesus sal jou nooit los nie… Jy hoef nie op jou eie krag staat te maak nie…

Blessings!

Anel**

Thursday 15 September 2011

“Mense sal vergeet wat jy gesê het; mense sal vergeet wat jy gedoen het, maar menses al nooit vergeet hoe jy hulle laat voel het nie…” ~ Anoniem

Haloes! :)

“Mense sal vergeet wat jy gesê het; mense sal vergeet wat jy gedoen het, maar mense sal nooit vergeet hoe jy hulle laat voel het nie…” ~ Anoniem


Galasiërs 6:2

“Dra mekaar se laste, en gee op die manier uitvoering aan die wet van Christus…”

Romeine 13:8

“Julle moet niemand iets verskuldig wees nie, behalwe om mekaar lief te hê. Wie sy medemens liefhet, voer die hele wet van God uit…”

“Jou voorbeeld is van die uiterste belang wanneer jy invloed op ander uitoefen…” ~ Albert Schweitzer

“Laat God toe om jou deur ander mense lief te hê, en laat God ander deur jou liefhê…” ~ DM Street

LIEFDE… Dis so ‘n klein woordjie, maar tog is dit iets wat die wêreld laat draai… Dink gou vir ‘n oomblik hieraan… Ek is seker daarvan dat jou lewe nie bestaan daaruit om te werk, of om huis te hou, wasgoed te was of die tientalle dinge wat mens kry om jouself mee besig te hou nie… NEE… Die lewe gaan oor menseverhoudings, goeie vriendskappe, om daardie deksel vir die pot te vind, of die regte pot vir ‘n deksel te wees… Ek dink van die mense wat die grootste impak in my lewe gehad het, was mense wat my opgebou het, en my laat voel het dat ek vir hulle iets beteken… Mense wat my waardeer en aanvaar vir die mens wat ek is, en wat my nie “judge” nie… Dis ook vir my die definisie van wat liefde is…

Soos 1 Korintiërs 13:7 sê: “Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles…” Deur iemand te aanvaar vir wie hulle is, is om iemand lief te hê… Daar is niks wat so opbouend is soos iemand wat jou liefhet / liefdevolle vriendskap nie, maar ek dink ook daar is min dinge wat so seer kan maak soos liefde… Mens kry baie keer so ongelooflik seer deur ondeurdenkte woorde van mense wat vir hulle baie beteken… Wanneer mens seerkry in verhoudings, is dit partykeer BAIE moeilik om dan weer iemand anders te vertrou / om jou hart weer oop te maak vir iemand anders… Tog – dis hoe God se liefde vir ons sigbaar word in ons lewens – deur die mense wat Hy in ons lewe geplaas het… Dis ook hoe ONS God se liefde kan uitstraal, deur daar te wees vir die mense rondom ons, en die mense rondom ons lief te hê… Ek probeer myself altyd afvra – die woorde wat ek aan iemand anders sê – sal dit iets wees wat ek wil hê ander vir my moet sê? As dit nie is nie, bly ek stil… Doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê… en onthou – mense sal eendag onthou HOE jy hulle laat voel het – nie noodwendig wat jy gesê het nie… Maak inpak, daar waar jy jouself bevind… Nie een van ons is te gering of te klein, of te onbelangrik, om ‘n verskil te kan maak nie…

Blessings!







Wednesday 14 September 2011

“Die waarheid is altyd die sterkste argument…” ~ Sophokles

Haloes! :)


“Die waarheid is altyd die sterkste argument…” ~ Sophokles

Johannes 14:6

“Jesus het vir hom gesê: “Ek is die weg, en die waarheid en die lewe…”

Sagaria 8:16-17

“Wat julle moet doen, is dit: Praat die waarheid met mekaar, laat die waarheid en die reg geld in julle regspraak, sodat daar vrede onder julle kan wees. Moenie vals ede bly aflê nie. Ek haat sulke dinge, sê die Here…”

“As jy twyfel, praat die waarheid…” ~ Mark Twain

“As jy die waarheid praat, hoef jy niks te onthou nie…” ~ Mark Twain

As jy die waarheid praat hoef jy niks te onthou nie! Hoe COOL en waar (excuse the pun) is dit nie?! Ek dink as ons soos Pinocchio ‘n neus kan hê wat groei wanneer ons ‘n leuen vertel – sal baie van ons met lang neuse rondloop… Dit is waar kinders vir my ‘n absolute “treat” en inspirasie is! Hulle sal vir jou ‘n ding sê nes hulle hom sien – eerlik. Ek dink iets wat ons kan nastreef om te wees is ‘n “what you see is what you get” mens… Dit beteken nie dat mens daarop moet uit wees om mense seer te maak met wat jy sê nie, maar slegs om eerlik te wees. Ek glo dit sê iets van jou karakter… Dat jy iemand is op wie mense kan staatmaak, en op wie mense kan vertrou…

Daar is ‘n verskil tussen afbrekende eerlikheid, en opregte eerlikheid (konstruktiewe eerlikheid / kritiek)… Moenie dat mense jou afbreek met hulle woorde nie… As kind van God, is dit nie iets wat God vir jou lewe wil hê nie… God wil hê dat ons ‘n lewe moet leef om impak te maak… Dit kan ons slegs doen deur as kinders van die WAARHEID te leef… Ek weet dat baie mense jou dalk al baie seergemaak het deur leuens te vertel of net dinge weg te steek … Dit kan dit baie moeilik maak om mense weer “in te laat” en te vertrou… Die moeilike ding is – mens kan nie almal oor dieselfde kam skeer nie… Dit kom weer terug na die “tweede kanse” wat ek die week oor geskryf het… Omdat een persoon jou seergemaak het, beteken nie dat almal dit sal doen nie… Ons moet net bid, dat God aan ons sal uitwys wie ons kan inlaat, en wie ons maar eerder op ‘n afstand moet hou… As jy nie weet nie – BID. God sal antwoord… Al vat dit partykeer 'n tydjie... Hy is die enigste persoon wat ons werklik HEELTEMAL kan vertrou… Ons as mense is feilbaar, en dis maklik om ander seer te maak. Ek wil jou net uitdaag, om “die verskil te wees”, wat jy graag sal wil sien… Wees iemand wat eerlik is, iemand op wie mense kan staatmaak… Sodat wanneer mense oor jou praat, hulle jou karakter sal besing – dat hulle sal weet dat jy iemand is wat altyd daar sal wees, maak nie saak wat nie…

Baie seen vir jou!

Tuesday 13 September 2011

“Jy sal nie vir die duiwel nee kan sê, as jy nie vir Christus ja sê nie…” ~ Rick Warren

Haloes! :)


“Jy sal nie vir die duiwel nee kan sê, as jy nie vir Christus ja sê nie…” ~ Rick Warren

Matteus 6:13
“Laat ons nie in die versoeking kom nie, maar verlos ons van die Bose…”

Matteus 26:41

“Waak en bid, sodat julle nie in die versoeking kom nie. Die gees is gewillig, maar die vlees is swak…”

“Ek weet goed dat wanneer God naby is, die duiwel ook op sy besigste is…” ~ Robert Murray McCheyne

“My versoekings was my teologiemeesters…” ~ Martin Luther

Die lewe is soos ‘n bootreis om die wêreld… Jy ontmoet mense van verskillende nasionaliteite en gelowe, mense met verskillende waardes… By elke plek waar jy stop, beleef jy ‘n ander omgewing – soos die seisoene van jou lewe… Party dele van jou reis mag dalk bietjie onplesierig wees, wanneer die boot hom op ontstuimige waters bevind – dis die moeilike tye wat ons in ons lewe moet deurmaak… Maar daar sal ook dele wees wat ONGELOOFLIK is, en wat jy die ervarings / jou belewenisse vir niks op hierdie aarde sal wil verruil nie…

Dink gou oor die volgende – wanneer jy besig is met die dinge van God, raak jy vir die duiwel ‘n bedreiging… Ek het al baie gesien, wanneer mens liefdadigheidsprojekte aanpak, of net God se hande en voete probeer wees, is dit asof die duiwel “ekstra alert” is… Dis asof hy uit sy pad sal gaan, om goeie en opbouende dinge af te breek… Ons moet hom net nie vastrapplek in ons lewens gee nie. Wanneer jou Bybelstudie tye en jou verhouding met God ook floreer, is dit asof dit vir die duiwel ‘n uitdaging is om jou aan te val… God sal ALTYD getrou wees… Maak nie saak watter uitdagings of probleme oor jou pad kom nie – Hy sal jou deurdra… God weet ook dat ons sondaar mense is, en dat ons partykeer sukkel om altyd die regte ding te doen… Die goeie nuus is – jy is REEDS daarvoor vergewe… En Hy het jou onvoorwaardelik lief – sonder enige beperkinge… Ek weet dat dit somtyds moeilik kan voel - maar in die moeilike tye is juis wanneer ons net moet aanhou vertrou... God sal jou wel beloon vir dit, en Hy SAL jou gebede verhoor!!

Soos ek al voorheen gesê het, slegte goed gebeur met goeie mense, en mens verstaan nie altyd hoekom nie… Maar ek dink, as ons partykeer minder probeer om die moeilikhede / uitdagings te ontleed, en bietjie meer voluit lewe, sal ons nie anders kan as om daagliks opnuut bewus te raak van God se blessings in jou lewe nie… Daar is nie ‘n “checklist” waaraan jy moet voldoen om God se kind te wees nie… Hy het jou gekies, nog voor jy Hom gekies het… As jy nou nog nie die keuse gemaak het VIR Hom nie, is dit ook nog nie te laat nie… Sorg net dat jy daardie besluit neem, en lewe kies, voordat jy aan die einde van jou lewensreis kom… Laat God toe om na jou om te sien – jy hoef nie so sterk te wees, deur altyd na almal te kyk nie – plaas hulle net in God se hande… Al is dit partykeer bitter moeilik!! Ek laat jou met die volgende vers: Matteus 10:30 – Wat julle betref, is elke haar op julle kop getel… Wees daarom nie bang nie… Julle is vir Hom meer werd as ‘n hele swerm mossies…”

Blessings!







Monday 12 September 2011

“Ons vind vryheid as ons vir God vind; ons verloor vryheid as ons Hom verloor…” ~ Paul E Scherer

Haloes! :)


“Ons vind vryheid as ons vir God vind; ons verloor vryheid as ons Hom verloor…” ~ Paul E Scherer

Psalm 116:16

“Ek is u dienaar, Here, van my geboorte af is ek al u dienaar: U het my vry gemaak…”

Johannes 8:36

“Eers as die Seun julle vry maak, sal julle werklik vry wees…”

“Die geheim van geluk is vryheid. En die geheim van vryheid is die regte keuses…” ~ Somerset Maugham

“Daar kan geen vriendskap wees waar daar nie vryheid is nie… Vriendskap floreer in ‘n ongedwonge atmosfeer en sal om nie deur enige omheinings laat inperk nie…” ~ William Penn

Ek wil gou hê jy moet jouself in die volgende situasie indink… Ek sit vanoggend ‘n boei aan jou voet, met een van daardie ysterballe aan, en ek sê vir jou – jy het 5 minute om, om die blok te stap. Ek dink selfs die fiksste mense onder ons, sal sukkel om dit reg te kry… Hoekom? Want die ysterbal gaan agter jou aansleep en jou “terughou”… Dit sal iets wat jou verhoed om die maksimum uit die stappie om die blok te haal, want iets wat eintlik veronderstel is om lekker te wees, gaan inspanning verg… Dit sal dalk ook pyn inhou, want dis addisionele gewig wat jy moet saam “piekel”…

Dis baie keer so met die lewe ook… Daar het dalk goed gebeur in jou lewe, of goed oor jou pad gekom, wat jou weerhou daarvan om die lewe te kan hê waarvoor God jou bestem het, of om die lewe te kan hê, wat God vir jou wil hê… Jeremia 29:11 sê – “Ek weet wat ek vir jou beplan, goeie goed, en nie slegte dinge nie…” Dit beteken egter nie dat dinge altyd goed sal gaan nie, maar ek dink dit is daar as ‘n “rigting aanwyser” of ‘n stukkie hoop, net om ALTYD te weet dat jy nie alleen is as dinge dalk donker lyk nie – want dis net groei periodes… Baie keer met verhoudings, wanneer mens te veel druk daarop plaas, raak dit soos ‘n “ball and chain”… Daar is geen vryheid vir groei nie, en mense inhibeer mekaar om die mense te word wat God hulle bestem het om te wees… Ook met nuwe verhoudings (vriendskap / liefde) is dit baie keer so dat wanneer dit “geforseer” word, floreer dit nie… Soos met BAIE dinge in die lewe, glo ek dat God sal laat gebeur wat moet gebeur… Nuwe werke, finansiele sekuriteit, nuwe verhoudings – God sal die dinge in plek laat val wanneer ons Hom net toelaat om in beheer te wees…

Ek weet nie of jy dalk al oud getroud is, of nog opsoek is na jou regte maat nie en of daar dalk moontlik dinge is wat jou "terughou"… Wat jou verhoed om vorentoe te beweeg en nuwe dinge te ontdek en te beleef... Ek wil net vanoggend vir jou sê – laat God altyd jou basis wees, en laat julle vriendskap een wees waar julle mekaar die vryheid gee om ‘n “mens” buite die verhouding ook te wees… Moenie dat 'n verhouding, definieer wie JY is nie… Sny daardie ketting en ysterbal af wat jou terughou, en plaas jou lewe, verhoudings, finansies of siekte net in God se hande… Mens kan SO hard probeer, en baie keer NIKS uitrig nie… Maar sodra jy net oorgee en ophou WORRY, en vir God toelaat, sal Hy jou SO amaze, dat jy nie sal kan verstaan hoekom jy in die eerste plek getwyfel of bekommerd was nie… Hy laat die 100% dinge in plek val – wanneer ons Hom vertrou…

Blessings!


Sunday 11 September 2011

Tweede kanse…

haloes! :)


Tweede kanse…

Psalm 130:3-4

“As U ons sondes in aanmerking sou neem, Here, wie sou dan nog bestaan? Maar by U is vergifnis; daarom word U steeds gedien…”

Kolossense 3:13

“Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe…”

“God spaar die sondaar omdat Hy sy eie Seun nie gespaar het nie… God vergewe ons sonde omdat Hy hulle 2000 jaar gelede op sy enigste Seun gelê het…” ~ Charles H Spurgeon

“Here, vergewe my vir elke keer wat ek iemand se vriendelikheid misbruik; wat ek ‘n ander oordeel sonder om al die feite te ken; wat ek met my trots mure bou in plaas van afbreek; wat ek diskrimineer op grond van velkleur, geslag of status; wat ek my geestelik “beter” of “meer gevorder” ag as ander. Vader, vergewe my, vergewe my, vergewe my…” ~ Rita Snowdon

Ek dink tweede kanse is iets wat mens die moeilikste kry, in die wêreld waarin ons leef… Jy kan jou lewe lank ‘n goeie reputasie opbou, goeie beeld uitstraal, en dan EEN fout maak, en als kan dan daarmee heen wees… Of miskien net op die verkeerde tyd, op die verkeerde plek wees… Ons, as mense, is partykeer ook baie “judgemental”… Mens oordeel partykeer mense, sonder om hulle storie te ken…

Ek dink dat, om meer soos Jesus te wees, moet ons bereid wees om mense tweede kanse te gee… As dit nie vir Jesus was wat vir ons ‘n tweede kans gegee het nie, was nie een van ons vandag hier, met die oog daarop om eendag die Ewige Lewe te kon hê nie… Dieselfde geld vir JOUSELF… Baie mense is partykeer so hard op hulleself oor wat hulle verkeerd gedoen het, of NIE gedoen het nie, dat die lewe somtyds net by hulle verbygaan… Self-vergifnis is partykeer die moeilikste...

Ekt Vrydagaand ‘n ongeluk gesien waar twee mense langs die pad gelê het – omgery deur ‘n motor of trem… Hulle het die laken oor die een ou getrek toe ek daar verbyry, en die ander ou kon ek sien, het gesukkel om asem te kry… Dit het my nogals geruk, en iets wat net weer HERBEVESTIG is, is dat jy ELKE oomblik wat aan jou geleen is, moet LEEF… Moenie sit en wag vir “die regte tyd” nie… Wanneer ek meer geld het, of gesonder voel, of “in ‘n beter plek is” nie… Die twee mense wat ek gesien het, het GEEN tweede kans nie… Dit wat hulle wou doen – sal altyd by “wou doen” bly… As hullle dalk woorde met iemand gehad het en nooit jammer gesê het nie, sal hulle dit nou nooit kan doen nie… As hulle iemand liefgehad het, maar nooit die moed gehad het om die persoon te vertel nie, is dit ook iets wat vir altyd verlore is…

Moet nooit dat die mense wat vir jou saakmaak, twyfel hoe jy oor hulle voel nie… Moet ook nie jou lewe uitstel vir ‘n beter tyd nie… Gee mense ‘n tweede kans… Ek sê altyd – ek glo die beste van almal tot die teendeel bewys is… Moenie mense oordeel nie... Baie mense tree partykeer op 'n spesifieke manier op, om hul hartseer en pyn te verbloem... Onthou T.H. Thompson and John Watson het gesê: 'Be kinder than necessary,for everyone you meet is fighting some kind of battle…' Lewe VOLUIT...

Blessings!

Thursday 8 September 2011

“Mense is net so gelukkig as wat hulle besluit om te wees…” ~ Abraham Lincoln

haloes! :)


“Mense is net so gelukkig as wat hulle besluit om te wees…” ~ Abraham Lincoln

Psalm 128:1-2

“Dit gaan goed met elkeen wat die wil van die Here doen. Die vrug van jou arbeid sal jy geniet, gelukkig en voorspoedig sal jy wees…”

Prediker 5:18-19

“God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. So ‘n mens dink skaars na oor wat in sy lewe gebeur, so vol is hy van die blydskap wat God gee…”

“Wie gelukkig is, bring aan ander geluk sonder om iemand dit te ontneem. Geluk keer altyd terug na die wat dit gee…” ~ C Sylva

“Miskien het hulle wat dit waag om gelukkig te wees die meeste moed…” ~ Joubert

Vandag gaan ‘n goeie dag vir jou wees? Of nie? Die besluit lê by JOU! Mens se gemoed, gedagtes en waarop jy jou aandag fokus is alles dinge wat jou gemoedstoestand beïnvloed… Wanneer jy “down” voel, is my raad vir jou vandag – moenie op ‘n hopie gaan sit, en jammer voel vir jouself nie, of op jou eie wees nie… Gaan uit en stap ‘n ent, of gaan kuier by iemand wat opbouende geselskap vir jou is of spandeer tyd saam met God… Ek het al baie ervaar, dat wanneer jy bietjie in God se natuur tyd gaan spandeer, voel jou siel sommer weer “restored”… Die moegheid en probleme van elke dag vervaag, en uiteindelik is dit net jy en God…

En tye wat saam met God spandeer word, is tye van vernuwing, tye waar ons nuwe krag vind, en hoop vir die dag van more… Joubert se aanhaling is vir my UITSTEKEND! “Miskien het hulle wat dit waag om gelukkig te wees, die meeste moed…” Elke persoon is verantwoordelik vir sy eie geluk… As mens gaan sit en wag vir geluk om na jou kant toe te kom, of as jy wag vir ‘n ander persoon om vir jou geluk te bring, gaan jy dalk vir ewig wag… Maar wanneer jy om jou rondkyk, en jou blessings begin tel (veral op dae wanneer jy down voel), raak die lys eindeloos, en ons God raak oneindig groot… Bv die Sonsopkoms, sonsondergang, lekker lag, goeie vriende… Die goeie goed weeg gewoonlik swaarder as die slegte dinge… Ons moet net die tyd neem om die klein dingetjies raak te sien, en dankbaar te wees daarvoor… Neem sommer nou ‘n wilsbesluit dat vandag ‘n GOEIE dag sal wees!! Tel jou seëninge, en jy sal sommer sien – ‘n slegte dag sal in ‘n goeie ene omskep kan word… Die WIL moet net daar wees… Jaag na die dinge wat jou gelukkig maak! Moenie dat goeie goed en tye by jou verbygaan, omdat jy nie bietjie wou waag nie... As jy seerkry deur 'n bietjie te gewaag het - het jy ten minste probeer, en voluit gelewe! Soos daardie ongelooflike aanhaling se - mens is meer spyt oor die dinge wat jy nie gedoen het nie, as die dinge wat jy wel gedoen het...

Blessings!



Wednesday 7 September 2011

"Jy hoef nie groot of beroemd te wees om 'n impak te maak nie..."

Haloes! :)


"Jy hoef nie groot of beroemd te wees om 'n impak te maak nie..."

Psalm 60:14

“Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap…”

1 Johannes 3:22; 24

“En wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind. Wie Sy gebooie gehoorsaam, bly in God en God in hom…”

“Daar is geen oowinning sonder stryd nie. Daar is geen volmaaktheid sonder volharding nie. As ons wil triomfeer, moet ons probeer. As ons wil wen, moet ons veg…” ~ W Graham Scroggie

“Hy wat bang is om oorwin te word, kan ‘n nederlaag verwag…” ~ Napoleon Bonaparte

Hier waar ek myself op die oomblik bevind, reën dit baie, en die wind waai… Dis nou herfs, en jy kan sommer sien dat die winter vinnig oppad is… Almal hierso ry met fietse, en soos die wind partykeer waai, is dit maar moeilik om daardie fiets te laat vorentoe gaan – dis ‘n ou padfiets, so geen ratte nie J Jy moet maar net trap om vorentoe te kan beweeg…

Dit het my vandag laat dink aan “om te fight”… Jy sal slegs ‘n oorwinning kan behaal, as jy aanhou en uithou… Dis soos om met ‘n fiets in wind te ry – om van punt A na punt B te beweeg, sal jy moet aanhou trap. As jy ophou trap, loop jy die risiko om of af te val van jou fiets af, OF stil te staan, of partykeer sommer net heeltyd agteruit boer… Hierdie aanhaling van W Graham Scroggie, is ook vir my AWESOME verby, want GEEN oorwinning kom sonder ‘n stryd nie… Stryd teen verhoudings / huweliksprobleme, stryd teen siekte, stryd teen werkloosheid, finansiële onsekerheid… En NOG belangriker is dat ons dit nie op ons eie kan oorwin nie… Slegs deur God se genade, God se leiding, ondersteuning en daar wees vir ons kan ons vasbyt, uithou en aanhou… Al voel dit dalk of jy heeltyd die wind van voor kry, en jy nie meer lekker weet watter kant toe nie, hou net aan trap, aan fight, aan glo… God sal sorg vir die oorwinning, as jy net sorg vir die vertroue in Hom… Hy het jou oneindig baie lief, en Hy kan ENIGE situasie omdraai... Lukas 1:37 - een van my gunsteling verse soos julle al kon agterkom se: "For anything is possible (maak nie saak WAT mense se nie) - if we just believe..."

Blessings!





Tuesday 6 September 2011

“Liefde kyk altyd deur ‘n teleskoop; jaloesie deur ‘n mikroskoop…” ~ Josh Billings

haloes! :)

“Liefde kyk altyd deur ‘n teleskoop; jaloesie deur ‘n mikroskoop…” ~ Josh Billings

1 Korintiërs 13:3

“Die liefde is nie jaloers nie…”

Spreuke 23:17

“Moenie afgunstig wees op sondaars nie; wees altyd ywerig om die Here te dien…”

“Jaloesie kyk altyd deur ‘n vergrootglas wat nietige dingetjies groot maak; dwergies word in reuse verander en agterdog, in die waarheid…” ~ Miguel de Cervantes

“Sover dit die groenoogmonster “jaloesie” betref: bestry hom onmiddellik en vergiftig hom met ‘n ekstra dosis vreindelikheid teenoor die persoon wat hy wil hê jy moet haat…” ~ George Porter

Ek dink dat baie van ons al die “groen baadjie” aangehad… Dis moeilik, want dis ‘n eienskap wat sommer net vanself kom… Sonder dat jy dit agterkom, glip hy partykeer net in… Daar kan baie dinge wees dit wat aanwakker… Mens kan jaloers raak wanneer iemand beter as jy presteer by die werk of op skool… Wanneer iemand vir wie jy lief is, nie genoeg aandag aan jou gee nie, of as dit dalk lyk of daar nooit “tye van reën” in ander mense se lewens val nie en dit dalk vir jou voel of die reën aanhoudend val…

Die duiwel sal altyd probeer om jou “joy” te steel… En jaloesie is een van daardie dinge wat jou joy steel… Dit laat jou sommer “gagga” voel aan die binnekant, sonder dat jy dit eers besef… Dit kan jou laat hartseer voel, en jou sommer net vul met ‘n gevoel van weersin teenoor die mense wat die “gevoel” by jou aanwakker… Soos ‘n mens onkruid moet uitroei wanneer dit in jou tuin groei, sodat dit nie die ander plante vernietig nie, moet ons jaloesie hanteer sodra ons daarvan bewus raak. Dit kan die lewe sommer baie sleg maak vir jou – asook die mense rondom jou… En al hoe mens dit kan doen, is deur te bid… Met jou eie krag gaan jy dit nie regkry om lief te wees vir iemand terwyl jy eintlik jaloesie koester nie… Onthou dat God vir ELKE persoon ‘n hand kaarte gedeel het, en JOU beurt van goeie goed SAL kom… Ons moet net ‘n wilsbesluit neem om vir ander mense te gun, wanneer seën hulle kant toe kom…

Soos wat mens 'n berg uitklim - treetjie vir treetjie, so moet mens die lewe aanpak... Die opdraende dele van die berg, hou net vir SO lank aan... Daarna kry jy 'n uitsig wat gewoonlik skrik vir NIKS, en van daardie pad af, kan jy weer bietjie die afdraend aanpak... God is met jou - of jy jouself nou bevind op die opdraand, afdraand, of by die uitkykpunt. Ek bid dat jy vandag Sy liefde, en genade sal ervaar in jou lewe... Dat die groenoogmonster sal wegbly, en dat niemand jou minderwaardig sal laat voel nie! JY = koningskind, en die gras lyk gewoonlik altyd net groener in iemand anders se lewe... Jy is ONGELOOFLIK spesiaal en God het jou baie lief!!!

blessings!

Monday 5 September 2011

“Iemand is nie ‘n held omdat hy dapperder as al die ander is nie, maar omdat hy tien minute langer dapper is…” ~ Ralph Waldo Emerson

haloes! :)

“Iemand is nie ‘n held omdat hy dapperder as al die ander is nie, maar omdat hy tien minute langer dapper is…” ~ Ralph Waldo Emerson



Jakobus 1:3-4

“Soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard. En die volharding moet enduit volgehou word sodat julle tot volle geestelike ryheid kan kom, sonder enige tekortkoming…”

Openbaring 3:10

“Omdat julle aan die boodskap van my volharding in lyding vasgehou het, sal Ek julle ook vashou in die tyd van beproewing wat oor die hele wêreld gaan kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel…”

“Ons kan alle dinge doen deur die genade van God, wat Hy nooit weier aan hulle wat dit ernstig van Hom vra nie… Klop, hou aan met klop, en ek verseker jou dat Hy vir jou sal oopmaak…” ~ Broer Lawrence

“Ons kan enige iets doen wat ons wil, as ons lank genoeg daarmee aanhou…” ~ Helen Keller

Dink gou aan jou eerste fiets wat jy gekry het… Gewoonlik begin mens met 'n fiets wat “training wheels” op het… En sodra jy genoeg selfvertroue of genoeg oefening met die fietsry ding het, haal jy die wiele af, en ry dan sonder daardie ondersteuning verder. Nadat die “training wheels” afgekom het, is dit ‘n aanpassing om jou balans te hou, en baie keer kan mens val en baie seerkry… Die lewe is vir my baie soos fietsry… As jy een keer leer fietsry het, sal jy dit nie verleer nie – net soos jy leer om – wanneer die lewe gebeur - deur te druk “when the going gets tough…”

Ek dink egter op ons “lewensfiets” het ons steeds die ondersteuning in die vorm van “training wheels”… God is daar om ons op die regte pad te stuur… Wanneer die wiele afkom, en ons dalk val en seerkry, is Hy daar om ons op te help, en ons “seerplekke” heel te maak… Party van ons is partykeer te bang om op die fiets te klim, omdat ons bang is vir mislukkings, of seerkry… Een van my gunsteling sê-goed is dat “tyd alle wonde heelmaak…” Al het jy jou “nerf-af” geval, of is jou hart in stukke gebreek, of het jou lewe dalk draaie met jou geloop wat jy wens jy kan uitvee… Onthou – alles wat in jou lewe gebeur, is wat jou die UITSONDERLIKE mens maak wat jy vandag is… As dit nie vir gisters was nie, sou jy nie JY wees nie…

Moenie bang wees om op jou “fiets” te klim nie… God sal jou regop hou… Al het jy dalk pas afgeval, en al voel jy jou bene kan nie meer verder trap nie… HY sal sorg!! Jy kan werklik ENIGE iets doen, deur Hom wat jou krag gee! (Fil 4:13) , en ENIGE situasie – maak nie saak HOE die dinge lyk, kan deur Hom, wat moontlik is om meer te doen as wat ons ooit kan bid of dink, kan deur God omgedraai word…

Blessings!

Anel*

Sunday 4 September 2011

“Die lewe is te kosbaar. Moet dit nie vernietig nie…” ~ Moeder Teresa

“Die lewe is te kosbaar. Moet dit nie vernietig nie…” ~ Moeder Teresa


Hebreërs 6:11

“Dit is ons vurige wens dat elkeen van julle enduit dieselfde ywer as vroeër aan die dag sal lê, totdat die dinge waarop julle hoop, vervul is…”

Romeine 15:13

“Mag God, die bron van hoop, julle deur geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees…”

“Die mense wat leef asof daar nie lewe na die dood is nie, sal niks wen as hulle reg is nie en alles verloor as hulle verkeerd is. Die mense wat lewe asof die hede die toekoms sal beïnvloed, sal niks verloor as hulle verkeerd is nie, en alles wen indien hulle reg is…” ~ Blaise Pascal

“Dis die realiteit van die dood wat lewe kosbaar maak. Waardeer wat jy nou het. Lewe beteken geleentheid, al vereis dit risiko’s. Moenie jou droom opgee nie. Geniet die lewe. Maak vandag beter – nou…” ~ Ernst van Zyl

God is die enigste persoon wat weet wanneer ons begin (geboortedatum) en eindpunt van ons lewe (sterftedatum) is… Ek dink mens vergeet partykeer dat ons net tydelik vir hierdie aarde geleen is. Ons is hier om die lewe vir ander ‘n beter plek te maak… En ook om ELKE oomblik VOLUIT te lewe! Mens besef baie keer eers wat jy het, wanneer jy dit verloor het. Ek dink dat dit belangrik is dat jy jouself daagliks moet herinner dat vandag ‘n geskenk is! Ons moet daagliks ook dankie sê vir dit wat ons het… Ek het die naweek net weer besef – toe ek 2 blokke ver moes stap met swaar groceries, watter voorreg (en nie ‘n reg), dit is om ‘n motor te kan hê, en na die winkel te kan ry, en jou goed in te laai, huis toe te ry en dit te kan uitpak nie.

Ernst van Zyl se aanhaling is werklik vir my besonders! Moenie terugstaan vir dit wat jy in die lewe wil hê nie… Niemand gaan vir jou opstaan as jy nie vir jouself baklei nie, en dinge gaan nie net na jou toe kom as jy nie daarvoor werk nie. Neem risiko’s, en moenie jou drome prysgee nie! Ek weet mense dink al cliché as jy sê - leef vandag asof dit jou laaste was. Maar imagine, dat jy net 24 uur oorgehad het. Wat sou jy met die tyd doen? En wanneer jy identifiseer het wat jy sou doen – DOEN DIT! Moenie sit en wag tot die lewe met jou gebeur nie, gebeur met die LEWE! Mag mense se dae beter wees omdat jy daarin is. Baie keer wanneer jyself ‘n “blou dag” beleef, en jy vir iemand anders daar kan wees, voel jy sommer self beter. God sal die regte mense oor jou pad stuur, en die deure oopmaak wat niemand kan toemaak nie…

Al is jou situasie dalk HOE moeilik op die oomblik – waar God is, is daar GEEN onmoontlikhede nie… God kan van die slegste gebeurtenisse in jou lewe omswaai om die beste ooit te word! Jy moet net vertrou, en LEWE!! Ek het in ‘n fliek “Letter’s to Juliet” ‘n aanhaling gehoor wat sê – “Life is the messy bits…” Moenie wag vir die reën om verby te gaan (as dit dalk is waar jy jouself bevind nie) – dans in die reën!! Die kanse wat mens neem en dit waarvoor jy baklei en werk in jou lewe – is gewoonlik van jou spesiaalste herinneringe op die ou end! Waag om te lewe :)

Blessings!

Thursday 1 September 2011

“Harde werk is die suurdeeg wat die deeg laat rys…” ~ Anoniem

Haloes! :)


“Harde werk is die suurdeeg wat die deeg laat rys…” ~ Anoniem

Efesiërs 6:6-7

“Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen. Doen julle werk met lus, soos vir die Here en nie vir mense nie…”

Psalm 37:3; 90:17

“Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Laat ons die goedheid van die Here ons God belewe: hou die werk van ons hande in stand, ja, die werk van ons hande, hou dit in stand…”

“Werk is goed, solank jy net nie vergeet om te lewe nie…” ~ Afrika-spreekwoord

“Die begin is die belangrikste deel van die werk…” ~ Anoniem

Prioriteite… Kom ons wees eerlik, die lewe is een groot gejaagd! Werk is BAIE, en as mens nie ‘n plan of ‘n proses het hoe ons werk nie, kan ons DAE ongelooflik besig wees en ons kan steeds niks uitrig nie. Dis ook BAIE keer baie makliker om die dinge te doen waarin ons goed is, of dinge wat ons weet wat om te verwag, of watookal van ons verwag word, as die dinge wat vir ons moeilik lyk. Dis baie keer makliker om die moeilikhede uit te stel – vir “later”… Later, raak gewoonlik nog later, en dan partykeer word dit nooit gedoen nie, OF dit het ‘n sneeubal effek, en raak ons so oorweldig, dat die lewe net ‘n blur raak, en die werk AL word wat bestaan…

BALANS… Dis vir my ‘n ONGELOOFLIKE belangrike woordjie wanneer dit by werk kom. Ons werk of swottings raak partykeer AL waarvoor ons lewe… Ons geestelike lewe ly daaronder, ons geliefdes ly daaronder, en belangriker – ONS ly daaronder. Wanneer mens in die “ratrace” vasgevang word, word dit moeilik om perspektief te kry, en te besef dat ons ‘n tree moet terugneem, en dat ons moet sorg dat ons ‘n gesonde balans handhaaf. Onthou – NIEMAND is onvervangbaar in ‘n werksposisie nie. Jy kan hoe goed wees, en ALLES vir jou firma gegee het. Iemand anders kan ook opgelei word om jou werk te kan verrig… Ek het grusame stories al gehoor van mense wat 30+jaar van hulle lewe gegee het vir ‘n firma, net om te hoor dat daar herstrukturerings is, en hulle diens nie meer nodig is nie… In familielewens, is daar egter net 1 soos jy…

Ons moet ons beste gee by die werk of in ons swottings – want as Jesus by die werk of by jou lessenaar langs jou staan, moet jy Hom trots maak oor hoe jy jou dagtaak verrig. MAAR – daar moet geleer word hoe om balans te handhaaf tussen jou werk, geestelike lewe, persoonlike lewe ens. As jy nie vir jou ‘n ritme gaan kry om balans te handhaaf nie, gaan jou werk jou lewe raak. God kan daardie balans in jou lewe sit. BID, en plaas vir God eerste… Wanneer ons, ons dae met Hom begin, sal die res sommer net in plek val J

Blessings!

Anel*