Friday 27 February 2015

“Faith doesn’t deny a problem’s existence, it denies a problem a place of influence…” ~ Bill Johnson

Haloes! J

“Faith doesn’t deny a problem’s existence, it denies a problem a place of influence…” ~ Bill Johnson

Deuteronomy 31:6

“Be strong and of good courage, do not fear…  For it is the Lord your God who goes with you…”

Psalm 105:4

“God, today I choose to seek your face and look to you for strength…”
 
“My wish for you is that this life becomes all that you want it to… Your dreams stay big and your worries stay small…  You never need to carry more than you can hold…  And while you’re out there getting where you’re getting to…  I hope you know somebody loves you…  And wants the same things too…  Yeah, this is my wish…” ~ T Fisher

“The grass isn’t greener on the other side… It’s greener where you water it…” ~ Unknown

Ek het twee keer die afgelope week die volgende vers gekry… Psalm 27:14 “Wait and hope for and expect the Lord…  Be brave and of good courage and let your heart be stout and enduring…  Yes, wait for and hope for and expect the Lord…”Jy kan dalk vandag dink… Ja, ek het daardie vers al baie gehoor… “Maar daardie is nie vir my geskryf nie, Anél… Dis vir al die ander mense… AS God dit werklik vir my geskryf het, hoekom hou die dinge aan verkeerd loop? Hoekom het ek sulke groot uitdagings wat tans my pad kruis? Hoekom gebeur slegte dinge met my??”

Dis vrae waarmee baie van ons daagliks gekonfronteer word!! En dis super moeilik… Ek dink nie ons menslike brein is groot genoeg om te kan verstaan wat God doen of nie doen in ons lewens nie… Daar het ‘n ander vers by my opgekom toe ek hieroor sit en dink het… Dit is geskryf in Isaiah 55:8 “"My thoughts are nothing like your thoughts," says the LORD. "And my ways are far beyond anything you could imagine…” God werk op snaakse maniere… Maar een iets wat ek verseker weet – is dat dinge altyd uitwerk soos dit moet… Dalk nie altyd volgens ons verwagting nie – maar dikwels baie beter as wat ons ooit sou kon droom of dink! Ons eindig ook altyd, daar waar ons moet wees, daar waar God jou wil gebruik… Maak nie saak hoe onseker of moelik of donker die pad is om daar uit te kom nie!! Die geheim is om jou oog op die Lig aan die einde van die tonnel te hou… Want dis God wat voor jou uit loop, om die weg te wys… Ook in hierdie nuwe dag, of met die uitdaging wat jy tans worstel – kan jy VERSEKER weet dat Hy sal jou NOOIT verlaat nie, jou NOOIT in die steek laat nie… Hou daaraan vas… Ook aan Sy beloftes in Sy woord… Hy sal jou niks gee wat jy nie met Sy krag sal kan hanteer nie… Hy is net ‘n gebed ver… Mag jou Vrydag vol LAG en goeie tye wees!


Blessings!

Anel xx

Wednesday 25 February 2015

“I don’t know how my story will end, but nowhere in my text will it ever read, ‘I gave up’…” ~ Unknown


Haloes! J
 
“I don’t know how my story will end, but nowhere in my text will it ever read, ‘I gave up’…” ~ Unknown
 
Habakuk 3:19
 
“The Sovereign LORD is my strength; he makes my feet like the feet of a deer, he enables me to go on the heights. For the director of music. On my stringed instruments…”
 
Exodus 14:14
 
“The Lord will fight for you…  You need only be still…”
 
“Fear – if you want to conquer fear, don’t sit at home and think about it…  Get out and get busy…” ~ Dale Carnegie
 
“When we determine to think better, we’re destined to live better…” ~ Joel Osteen
 
Maak jy geskiedenis op die oomblik deur hoe jy lewe, of is jy net ‘n deel van die geskiedenis? Daar is ‘n verskil… ‘n Klip wat op die grond lê is deel van die geskiedenis, maar iemand wat die moed het om die klip op te tel, en hom uit die pad uit te skuif, MAAK geskiedenis… Klink dalk vir jou na ‘n simpel voorbeeld, maar ek wil dit bietjie verder neem as net dit…
 
Ons word daagliks, partykeer selfs uurliks! Gekonfronteer met “klippies” in ons skoene, of klippies in ons pad… Klein dingetjies, wat ons daaglikse taak moeilik maak… Klein dingetjies wat ons laat opsien teen die week wat voorlê…  Maandae lê gewoonlik soos ‘n berg voor mens, nadat jy ‘n lekker naweek gehad het…  Baie keer begin jy klaar reeds bid en hoop vir naweek, sodra die naweek verby is… En die weke teen wat ons so opsien, en waar ons dan maar net deur die “ motions” gaan om dit verby te kry – is eintlik ons lewe wat aan die verbygaan is… Elke dag wat ek nie besluit om impak te maak in iemand se lewe nie, of ‘n dag wat ek besluit om nie ‘n klippie te skuif (uit my pad of iemand anders sin nie), is ‘n dag wat die bladsy van my “legacy” wat ek agterlaat, gaan skoon bly…
 
Ons kan nie net sit en wag vir dinge om na ons kant toe te kom nie… Ons moet opstaan, en dit gaan haal… Veg vir die dinge wat jy wil hê!!! Soos ‘n trein op ‘n treinspoor nie vorentoe sal beweeg as daar nie ‘n drywer agter die stuur, en olie in sy tenk is nie, so sal ons as Christene nie ‘n impak kan maak sonder die “wil om dit te doen” nie, en ook nie, sonder God nie… Sonder Hom kan NIKS!!! Plaas God in beheer, besluit wat jy wil hê in hierdie lewe, en veg daarvoor!!! God sal voorsien, wanneer Hy sien dat jy veg…  Hy sal jou die krag gee om te volhard, en Hy sal namens jou veg! Jy moet net jou geloof en vertroue in Hom stel – en Hom vertrou dat Hy vir jou sal deurkom – ALTYD… Niks in hierdie lewe wat die moeite werd is, kom maklik nie… Maar met God aan jou kant, is daar NIKS wat jy nie kan doen nie!
 
Blessings!
 
Anel xx
 

Tuesday 24 February 2015

“Using someone else’s ruler to measure your self-worth, will always leave you short…” ~ Charles F Glassman

Haloes! J

“Using someone else’s ruler to measure your self-worth, will always leave you short…” ~ Charles F Glassman

Mark 10:27

“Jesus looked at them and said, “With man this is impossible, but not with God; all things are possible with God.”

Psalm 147:10-11

His pleasure is not in the strength of the horse, nor his delight in the legs of the warrior; the Lord delights in those who fear him, who put their hope in his unfailing love…

“When you can’t, God can!” ~ David Lamb

“You can’t control everything…  Sometimes you just need to relax and have faith that things will work out…  Let go a little and let life happen…” ~ Kody Keplinger

Ek dink ons almal was al in situasies waar ander ons met woorde afgebreek het…  Of dit nou bedoel was, of dalk iemand wat net ondeurdagte woorde geuiter het, of iemand wat ‘n grappie probeer maak het, wat gebackfire het – woorde wat afbrekend is, maak gewoonlik seer…  Dit los ons met letsels, wat ons gaan verhoed om makliker oop te maak vir nuwe mense wat ons lewens binnekom…  Omdat ons reeds geweeg was, en te lig bevind was, of soos die aanhaling hierbo sê – omdat, ons dan onsself met iemand anders se liniaal van standaarde meet…

Daar is NET een persoon wie se opinie in jou lewe moet tel…  Net een persoon wie se guns belangrik is vir ons, en net een persoon soos wie ons moet streef om te leef…  En dit is Jesus Christus…  Hy het reeds 2000jaar terug vir jou die grootste liefde bewys, deur spykers deur Sy polse, en voete te kry, om te betaal vir ‘n sonde wat jy eers 2000 jaar later sou pleeg…  En maak nie saak WAT jy al gedoen het nie, wanneer jy jou sonde bely, is Hy getrou en regverdig! Hy sal jou sonde so ver in die diepsee weggooi, dat dit sal wees asof dit nooit gebeur het nie…  Hy het jou SO oneindig lief…  Met ‘n liefde wat ek nie dink ons ooit volkome sal kan verstaan nie…  Hy sal niks wat jy al gedoen het “teen jou hou” – soos wat ons as mense dikwels doen nie…  Jy sal nie ‘n merk teen jou naam hê nie – jy sal steeds jou spesiale self in God se oë wees…  Hy sal steeds vir jou net die beste wil hê – omdat Hy jou gekies het, en omdat jy Sy kind is…  Moenie jouself moeg maak, met wat mense oor jou sê, vir jou sê of van jou sê nie…  As mense oor jou praat, beteken dit dat jy iets reg doen – aangesien hulle, hulle tyd wil gebruik om oor jou te kan praat…  Al wie se opinie tel is God…  Hy is by jou, om jou by te staan teen die harde woorde van ander…  Mag God jou omvou met Sy liefde, en mag Hy jou hart kom heelmaak, teen die ondeurdagte woorde van ander wat dit dalk gebreek het…  Gee dit vir God! Hy is nog altyd beter met dit as ons…

Blessings!

Anel xx

 

Monday 23 February 2015

“When something goes wrong in your life, just yell, “plot twist!” and move on…” ~ Unknown

Haloes! J

“When something goes wrong in your life, just yell, “plot twist!” and move on…” ~ Unknown

Genesis 39:21

“The Lord was with him; he showed him kindness and granted him favor in the eyes of the prison warden…”

Isaiah 40:30-31

“Even youths grow tired and weary, and young men stumble and fall; but those who hope in the Lord    will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”

“When asked, how they managed to stay together for 65 years, the woman replied, we were born in a time where if something was broke you fix it, not throw it away…” ~ Unknown

“Success is not measured by what you do compared to what others do…  It is measured by what you do with the ability God gave you…” ~ Zig Ziglar

Het jy al ooit iets gereël wat totaal en al anders uitgedraai het as wat jy ooit sou kon hoop of droom?  Ons was een aand oppad Burgge toe uit Amsterdam…  Dit was ons heel eerste “toer” en ons was baie opgewonde J  Ons het die Vrydagaand op die laaste trein uit Amsterdam vertrek, en sou moes oorklim in Antwerpen…  Die kondukteur het ons gewaarsku dat daar ‘n baie klein “window of opportunity” was om treine te wissel – en dat indien ons die trein op Antwerpen mis, daar eers die volgende oggend weer ‘n geleentheid sou wees…  Ons het lekker gesels, gebond en gelag op ons treinrit…  Ons een vriendin, is badkamer toe, net voordat ons by ‘n stasie intrek…  Ons het egter gedink dat ons nog ‘n halfuur het voordat ons by Antwerpen sou uitkom…  Ons was seker so 3minute in die stasie, toe een van ons mede-travellers agterkom dat ons actually by Antwerpen was! Almal het begin skarrel – hulle het sakke gegryp, en ek moes ons vriendin gaan soek…  Ekt met alles in my gehardloop, my vriendin gekry, en ons is van die trein af…  Toe ek op die roltrap kom, sien ek dat almal se sakke daar was behalwe myne! Ek moes terughardloop trein toe, my sak kry, en afkom voordat die trein weer sou vertrek (na wie weet waarheen!)  Eks in rekordtyd op en af, en het my sak darem gekry voordat die trein vertrek het.  Ons het egter by ons aansluitingstrein aangekom net soos wat hy uit die stasie vertrek het (met ons een vriend reeds op hom!)  So daar was ons, 3 meisies en 1 ou (die ander ou op die trein), gestrand in Antwerpen op die stasie…  Geen verblyf geboek, half 12 op ‘n Vrydagaand, in ‘n totale vreemde plek…  Dit sou baie maklik gewees het om negatief te wees (dit was verseker tussen van die lede so J J vir ‘n rukkie), maar ons het baie vinnig die snaaksheid in die sitausie raakgesien J  Dit was ons “plot twist” en defnitief iets wat ek vir die res van my lewe, met ‘n glimlag sal onthou!  Ons het op die ou end blyplek gesort naby die stasie en toe sommer ook ‘n deel van Antwerpen beleef!

Wat wil ek hierdeur sê…  Ons lewens gaan 99% van die tyd nie uitwerk soos wat ons dit beplan het, of soos wat ons altyd sal wil hê nie…  Daar gaan tye wees waar ons sal moet stop, “plot twist” aanvaar, en aanbeweeg…  Een iets wat ek laas week aan iemand gesê het, en wat ek absoluut met oortuiging glo, is dat God mens altyd laat opeindig daar waar Hy jou wil gebruik, en daar waar jy ‘n absolute verskil kan maak!  Hy bring die regte mense, op die regte tye oor jou pad, en Hy sal sorg dat jy die ultimate seën in jou lewe sal ontvang, wanneer jy Hom toelaat om te kies!  Moenie bang wees vir die wat-asse van die lewe nie…  As ‘n “plot twist” oor jou pad kom – embrace dit met ‘n glimlag, maar maak seker jy LEEF elke oomblik wat aan jou geskenk word…

Blessings!

Anel xx

Sunday 22 February 2015

“Just because you don’t look like the other crayons in the box, does not mean that you still can’t make the most beautiful pictures…” ~ Unknown

Haloes! J

“Just because you don’t look like the other crayons in the box, does not mean that you still can’t make the most beautiful pictures…” ~ Unknown

Matthew 28:20

“And surely I am with you always, to the very end of the age.”

2 Corinthians 6:2

For he says, “In the time of my favor I heard you, and in the day of salvation I helped you.” I tell you, now is the time of God’s favour, now is the day of salvation…”

“When you stop chasing the wrong things, you give the right things a catch you…” ~ Unknown

“One of the happiest moments ever is when you find the courage to let go of what you can’t change…” ~ Unknown

Ek weet nie wie van julle al oor ‘n vloer geloop het wat pas blink gewas is nie? Dit het laas week met my gebeur…  Ek’t vroeg by die werk gekom, en die skoonmaker was besig om die vloere blink te was (in die gang wat vanaf ons parkeergarage loop)…  Ek probeer gewoonlik altyd ‘n alternatiewe roete kry as iemand besig is met die vloere – maar hy was so vriendelik so vroegoggend! En terwyl ek so loop, sien ek dat daar reeds meer as een persoon voor my oor die blink vloere is…  Want ek kon die verskillende voetspore uitmaak…

Dit het my sommer laat dink aan die lewe…  Elkeen van ons “stap” daagliks op ons lewenspad…  Maar soos ons skoengroottes, asook die skoene wat ons dra, verskil, so verskil die pad wat elkeen van ons stap ook…  Ons het op ‘n spanbouwegbreek so ‘n speletjie gespeel waar jy jou lewe moes “plot” met hoogtepunte en moeilike tye (werk / persoonlik), met soveel detail soos wat jy wou deel…  Ek moet sê dat dit gehelp het, sodat elkeen van ons, ons kollegas in ‘n baie ander lig kon sien…  Dit help om ander te verstaan, wanneer mens jouself in “hulle skoene” kan “imagine”…  Want baie “giants” wat ons moet face, sal jy werklik eers verstaan as jy SELF al in ‘n soortgelyke situasie was…  Mens kan nie assosieer met iemand, voordat jy nie ‘n myl in hulle skoene geloop het nie…  As daar nou een mens is, wat met elkeen van ons kan assosieer, is dit God…  Want Hy het elkeen van ons se pyn, lyding en sonde op Hom geneem, en vir elkeen van ons aan ‘n Houtkruis betaal…  Ek weet nie waar jy jouself vandag bevind nie – maar ek wil jou verseker dat jy nie alleen is nie…  God is by jou…  Hy sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie…  Maak seker dat die spore wat jy trap, ‘n verskil maak in die wêreld daarbuite…  Moenie opgee omdat die situasie, of spore wat jy huidiglik trap, alles weerspieël wat verkeerd met die wêreld is nie…  God sal jou situasie gebruik, sodat jy dit uiteindelik as ‘n getuienis kan gebruik – om ander te help deur moeilike tye, om inspirasie te wees vir die mense wat voel asof hulle nie meer verder kan stap nie, en om voetspore te trap wat impak sal maak…  Mag God jou ryklik seën vandag!

Blessings!

Anel xx

Thursday 19 February 2015

“Esther was an orphan before she became a queen… God is able to take your “was” and cause it to “become” what He saw in the beginning…” ~ ChristiRenea

Haloes! J

“Esther was an orphan before she became a queen…  God is able to take your “was” and cause it to “become” what He saw in the beginning…” ~ ChristiRenea

2 Timothy 1:7

“God has not given us a spirit of fear, but of power and of love and of a sound mind…”

1 Samuel 7:12

“Then Samuel took a stone and set it up between Mizpah and Shen. He named it Ebenezer, saying, “Thus far the Lord has helped us…”

“There’s no reason to look back when you have so much to look forward to…” ~ Unknown

“God sometimes removes a person from your life for your protection…  Don’t run after them…” ~ Rick Warren

Hoe cool is hierdie quote van Esther nie?? Dit is vir my absoluut ongelooflik hoe God ‘n situasie wat in ons oë baie keer lyk of dit “sleg begin” kan verander in iets wat “mindblowing” is – partykeer heeltemal te groot om te verstaan!  As ek dink aan enkele ander karakters – Moses wat in ‘n biesiemandjie was, wat deur Farao se dogter “as’t ware uit sy benarde situasie (al die nuutgebore seuntjies moes doodgemaak word op aandrang van die Farao) gehaal het, en om as “royalty” grootgemaak het…  Hy is al deur God gekies toe hy nog ‘n babatjie was…  Sy lewe kon soveel anders uitgedraai het, as God Hom nie uit sy omstandighede gered het nie…  Dieselfde is waar vir Rut…  Sy het alles verloor wat sy gehad het, maar haar liefde vir haar skoonma, het gemaak dat sy nie aan haar eie behoeftes gedink het nie…  Sy het besluit om by haar skoonma te bly, en God seën haar met guns en liefde van Boas…  Daniël, vir wie God in ‘n leeukuil bewaar het, deur die leeus se bekke toe te hou…  Noag vir wie God gebruik het, en bewaar het in die sondevloed…  En so ook Josef – wat deur sy broers in ‘n put gegooi is, en verkoop is – gebruik God om op die ou end uitkoms vir sy broers te bewerkstellig deur waar God hom geposisioneer het…

Miskien het jou jaar sleg afgeskop…  Miskien voel dit vir jou asof jy alreeds verloor het teen 2015…  Ek wil vir jou vandag kom sê dat die mense oor wie ek hierbo skryf, vir my en vir jou ‘n inspirasie moet wees vir die jaar wat kom…  Maak nie saak waar ons begin nie…  Maak nie saak HOE ons situasie lyk nie – God kan ons neem van ‘n posisie van mislukking, na ‘n posisie van oorwinning…  Al wat Hy van ons vra, is ‘n bereidwillige hart, en gehoorsame siel…  Dat ons sal luister na Sy stem en Sy wil vir ons lewe VOLUIT sal leef…  God kan ons “verleentheid” in ‘n geleentheid omskep…  Daar is nog net ‘n maand en ‘n half verby van hierdie jaar – jy is nog aan die begin van die race van 2015…  Moenie opgee nog voor jy begin het nie…  Sit jou lewe in God se hand, en laat Hom toe om die onmoontlike, moontlik te maak – deurdat jy jou hoop, en vertroue in Hom plaas…  Moenie staatmaak op mense, en hul opinies nie, maar bid gedurig… Plaas jou hand in God sin, en laat Hom toe om die swaar dinge wat jy so hard probeer dra, namens jou te dra…  Hy sal ‘n pad maak, daar waar jy net donkerte sien!

Blessings!

Anel xx

Wednesday 18 February 2015

Paaseierprojek! Get involved... The time is NOW!

Hi julle awesome mense!

Soos reeds gekommunikeer - Paaseierprojek is terug!!  Reg om 'n GROOT verskil in baie lewens te maak!  Ek gaan poog om vir julle gereelde terugvoer te gee, oor hoeveel eiers ons al ingesamel het.  Ek wil 'n BAIE groot dankie se vir die wat reeds geld inbetaal het! Julle is HUGE blessings!!

Verder het ek vandag my eerste boks paaseiers gekry :) :) :) :) :)

Ekt soveel mense gehad wat gevolunteer het vir optelpunte.  Ek kommunikeer nou net die regions met julle - jy kan my kontak oor waar jy wil aflaai en ek sal jou met die regte mense in aanraking sit.

Ons het aflaaipunte (in werksure en na werksure) by meeste van die volgende:  Bellville, Brackenfell, Paarl, CBD - Kaapstad, Claremont, Canal Walk, Stellenbosch, Worcester, PE en Gauteng! Ons brei bietjie uit na die res van die land hierdie jaar... (BAAAAIE OPGEWONDE!!!)

Belangrik om te let - insamel tyd is tot einde Maart; pakkies kan self gemaak word / jy kan eiers skenk (marshmallow) of jy kan finansiele bydrae maak en ek sal namens jou gaan koop.

Bankdetails: 

Investec bank
A Hugo
10011253677
Branch: 580105
Ref: Jou naam & (Easter) (Ek wil graag weet vir wie om te bedank - so moet asb nie anoniem dit doen nie)
 
Optelgeleentheid:  As daar enige van julle is wat klaar wil aflaai Saterdag - laat my weet en ek sal julle ontmoet by Tygervallei, Saterdag oggend.  Andersins, maak kontak, en ek kan jou laat weet van een van die vele punte waar jy kan aflaai. 
 
Daag jou kollegas uit, en kom ons kyk hoeveel harte ons kan verbly hierdie Paasfees!!  Stuur die epos aan - aan wie jy ookal wil betrek - sal baie waardeer word!
 
blessings!
 
anel xx

“Sometimes there is no next time, no time-outs, no second chances… Sometimes it is now or never…” ~ Alan Bennet

Haloes! J

“Sometimes there is no next time, no time-outs, no second chances…  Sometimes it is now or never…” ~ Alan Bennet

Joshua 1:9

“Be strong and courageous… Do not be afraid; do not be discouraged, for the Lord your God will be with you wherever you go…”

1 Kings 19:3-8

“Elijah was afraid and ran for his life. When he came to Beersheba in Judah, he left his servant there,  while he himself went a day’s journey into the wilderness. He came to a broom bush, sat down under it and prayed that he might die. “I have had enough, Lord,” he said. “Take my life; I am no better than my ancestors.” Then he lay down under the bush and fell asleep. All at once an angel touched him and said, “Get up and eat.” He looked around, and there by his head was some bread baked over hot coals, and a jar of water. He ate and drank and then lay down again. The angel of the Lord came back a second time and touched him and said, “Get up and eat, for the journey is too much for you.” So he got up and ate and drank. Strengthened by that food, he traveled forty days and forty nights until he reached Horeb, the mountain of God…”

“Do what is right for you… No one else is walking in your shoes…” ~ Unknown

“We all have two lives…  The second one starts when we realize we only have one…” ~ Tom Hiddleston

Moes jy al vir iemand ‘n “getuie” wees?  Wat bedoel ek met dit? Het jy dalk al ‘n ongeluk gesien gebeur, en jy was die enigste ooggetuie?  Moes jy dalk vir vriende “back” met jou woord, of vir iemand ‘n “reference” wees vir ‘n nuwe werk? Dalk moes jy al vir iemand se karakter getuig in die hof? ‘n Hofsaak kan mens maak of breek – want as jy getuies het wat nie hulle woord waardig is nie, gaan dit ‘n baie moeilike saak wees vir jou om te wen…  Al hoe mens ‘n goeie getuienis kan lewer, is om die waarheid te praat, en deur die waarheid te praat, vir iemand in ‘n goeie lig te plaas…  Daar is deesdae so baie mense wat al die regte goed sê – maar TOTAAL en AL die verkeerde goed leef…  So ‘n getuienis dink ek nie sal vir enige van ons veel beteken nie…  Veral wanneer dit lewe en dood situasies is, gaan ons iemand nodig het op wie ons kan staatmaak – wie se oggend en aandpraatjies dieselfde is, en in wie se karakter ons kan glo…

Baie keer, veral wanneer ons deur moeilike tye gaan, probeer ons om in die hede en toekoms te leef…  Somtyds, is ‘n deel van ons ook nog so vasgevang in die verlede, dat dit ons weerhou van alles waarmee ons in die hede geseën kan word…  Ons mis uit op NOU – op die LEWE, omdat ons wag vir “volgende keer”…  Partykeer is die hier en NOU die enigste geleentheid wat oor ons gaan kry…  God se timing is nooit uit nie – ons is net nie altyd reg vir dit wat Hy oor ons pad stuur, of dit waarmee Hy ons wil seën nie…  Bid dat Jesus jou karakter sal kom nuut maak, sodat jy Sy lig kan wees op hierdie donker aarde – dat jou getuienis een sal wees wat KRAG het, omdat jy gegrond sal wees in die waarheid…  Moenie vasgevang word in dit wat verby is nie – jy is NOU hier, en jy het NOU ‘n kans “to give it all you got!”  Maak dit ‘n jaar van NO REGRET…  Want hoe waar is dit nie dat mens meer spyt is oor dit wat jy NIE gedoen het nie, as dit wat jy wel gedoen het nie?  God sal vir jou sorg, Hy sal jou nie vir ‘n oomblik alleen laat nie – give it all you got!

Blessings!

Anel xx

 

 

 

Tuesday 17 February 2015

gebedsversoeke...

Hi julle awesome mense!

Bid asb saam vir die onderstaande...

blessings!

anel xx

Anoniem 1: Ek is moedeloos gesukkel. Bid asb saam met my vir my seun wat gedragsprobleme het. My man en ek wil nie net laat gaan nie. Ons wil vertrou vir 'n wonderwerk. Baie dankiexx

Anoniem 2:  Daar het die verskriklikste ding met ons familie gebeur Saterdag oggend.
My ma se jongste suster bly by haar jongste dogter in JHB. My niggie is getroud met die man van haar drome. Hulle het 'n pragtige seuntjie wat hierdie jaar vier word. Hulle baba dogterjie het 22 Januarie een jaar oud geword. Die pragtigste klein engeltjie. My niggie het perongeluk vir haar dood gery Saterdag oggend. My familie is stukkend en aan skerwe. Haar man is 'n Jood maar hulle glo nie in God nie of so iets. My Tannie wat by hulle bly is diep gelowig. Haar oudste dogter en haar man is ook gelowig. Bid asb dat almal van hulle Jesus se liefde en vrede sal ervaar in hierdie verskriklik moeilikke tyd. Ek bid dat Jesus se naam verheerlik sal word en dat sy koningkryk sal kom in hulle lewens.

Anoniem 3:
Ek wil vra dat jul Bid vir my dogter Bianca  en Haar seuntjie Divan Bianca het Fit gehad Maandag en was in Hoësorg eenheid vir paar dae   Haar seuntjie is   die 10/02.2015 gebore met keisersnee en dankie alles het goed afgeloop  maar hul  is steeds in die Hospitaal  Daar word daagliks op Hom toetse gedoen en het ook al”’ Lumberpunch”” gehad al wat ons weet is dat dit iets met Sy Lewertjie te doen het Vra dat Jesus Hom sal aanraak en gesond maak en dat hul spoedig Huis toe sal kom.Dankie vir die dokters wat alles doen en vertrou dat Hul deur God wysheid en genade sal kry vir die werk wat hul elke dag doen  en Dankie vir wat hul vir Bianca en Hom gedoen het tot nou
Baie Dankie

“Don’t get so busy that you miss out on the new things right in front of you…” ~ Victoria Osteen

Haloes! J

“Don’t get so busy that you miss out on the new things right in front of you…” ~ Victoria Osteen

2 Corinthians 12:9

“But he said to me, “My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness.” Therefore I will boast all the more gladly about my weaknesses, so that Christ’s power may rest on me…”

Daniel 10:19

“Do not be afraid, you who are highly esteemed,” he said. “Peace! Be strong now; be strong.” When he spoke to me, I was strengthened and said, “Speak, my lord, since you have given me strength.”

“You have to be odd to be number one…” ~ Dr Seuss (This changed me)

“You are never too old to set another goal or to dream a new dream…” ~ C.S. Lewis

Het jy al iets probeer skuif wat ongelooflik swaar is?  As mens geen krag in jou arms het nie, gaan dit ‘n baie groot uitdaging wees om iets geskuif te kry wat nie wil beweeg nie J  Iemand het nou die dag ‘n mooi beeld gebruik – ‘n motor wat afgeskakel is gaan jy nie sommer beweeg kry nie…  Jy gaan wat kan probeer, maar sonder die sleutel in die aansitter, gaan die motor heel waarskynlik op een plek bly…

Hoekom skryf ek sulke goed??  Want vir ons om iewers te kom in die lewe, moet ons “effort” insit…  Ons moet bereid wees om die sleutel te draai, en te beweeg…  Mens kan nie vir iemand rigting gee (raad, of hulp aanbied) indien die persoon nie bereid is om uit hul omstandighede te beweeg nie…  Dis baie maklik om omstandighede die skuld te he, en te bly vaskyk in als wat verkeerd is, eerder as om ‘n poging aan te wend en ‘n verskil te probeer maak in die wêreld…  Vir ons om iewers te kom, moet ons begin!  En deur die proses gaan…  Die lewe werk ongelukkig nie so dat mens net ‘n knoppie kan druk, ten einde by die “gelukkige einde” uit te kom nie…  Dit verg somtyds dat ons moeilike tye moet deurmaak, hard moet werk, pyn moet verduur, ten einde te sien tot wat ons in staat is deur God wat aan ons die krag gee…  Ons wil baie keer net hê ons omstandighede moet verander, sonder dat ons hoef te verander…  Maar realiteit is, wanneer ons deur moeilike tye gaan, shape dit ons op so ‘n wyse dat ons veranderd uit die situasie stap…  Dis in moeilike tye wat ons gewoonlik opnuut besef dat ons nie sonder God kan of wil stap nie…  Datons uithouvermoë partykeer “lack” en dat Hy ons rots is op wie ons kan staatmaak – ALTYD…  Moenie so gefokus raak op dit of daar waar jy jouself bevind, dat jy uitmis op als wat God vir jou wil hê hierdie jaar nie…  Al wat Hy vra is dat jy Sy hand sal vat, Hom sal vertrou en dat jy sal BEWEEG!  Moenie dat jou situasie jou inperk nie – laat toe dat God jou horisonne sal skuif deur Sy blessing in jou lewe…  Leef met AFWAGTING!  Met oop hande, deur die dinge wat jy so vasklou te los, en reg te wees vir dit wat God vir jou het!

Blessings!

Anel xx

 

Monday 16 February 2015

"I am not what happened to me, I am what I choose to become..." ~ Carl Jung

Haloes! J

“I am not what happened to me, I am what I choose to become…” ~ Carl Jung

Proverbs 3:25-26

“Have no fear of sudden disaster or of the ruin that overtakes the wicked, for the Lord will be at your side and will keep your foot from being snared…”

Isaiah 41:9-10

“I took you from the ends of the earth, from its farthest corners I called you. I said, ‘You are my servant’; I have chosen you and have not rejected you. So do not fear, for I am with you; do not be dismayed, for I am your God.  I will strengthen you and help you; I will uphold you with my righteous right hand…”

“Your time is limited, so don’t waste it living someone else’s life…” ~ Steve Jobs

“My grace is all you need…  My power works best in weakness…” ~ 2 Corinthians 12:9 NLT

Hoe baie keer blameer ons nie ons omstandighede vir waar ons is nie…  Dat dit ons omstandighede se skuld is, omdat ons sekere dinge nie kan doen nie, of ons omstandighede is wat maak dat ons sit waar ons sit…  Baie van ons lewe gaan oor hoe ons reageer op dit wat met ons gebeur…  Daar is altyd twee keuses – om te bly lê wanneer ons platgeslaan word, of om te fight and to give it all we got!  Maar partykeer, veral wanneer ons moeg is, voel dit vir ons dat die branders wat konstant ons kant toe kom, ons gaan laat verdrink, en dat ons fisies net nie meer die krag het om te kan opstaan en veg nie…  Baie van wat met ons gebeur hang af ons ingesteldheid – positiewe denke of negatiewiteit…  Met ‘n positiewe gemoed, kan mens baie meer bereik, as wat jy net ingestel is op alles wat sleg en donker is in die situasies waarmee ons gekonfronteer word…

Want, soos elkeen van ons weet – daar is in ELKE liewe dag GOEIE en SLEGTE dinge wat gebeur…  Ons kan op ‘n hopie gaan sit wanneer die dinge begin verkeerd gaan, maar soos ek al baie gesien het – wanneer jy begin fokus op dit wat verkeerd gaan, raak dit baie keer al wat mens raaksien…  In elke slegte dag, is daar steeds dinge om voor dankbaar te wees – al voel dinge HOE donker…  Ek dink ons kla baie keer, baie vinniger as wat ons sal dankie sê vir dit wat ons wel het…  Ek’t ‘n getuienis geluister van iemand vanoggend, en die persoon het vertel hoe swaar dinge in haar lewe gegaan het, en hoe sy elke oggend by God gekla het wanneer Sy opgestaan het…  Oor dit wat verkeerd was, dit wat God toegelaat het in haar lewe…  En Sy vertel hoe sy die een oggend weer wou begin kla oor die feit dat sy moes werk toe stap (syt nie 'n motor gehad nie), toe God aan haar gesê het – begin net vir my dankie sê vir HOE ek vir jou sal voorsien…  Sy vertel hoe sy haar ingesteldheid begin verander het, deur vir God te dank vir dit wat sy wel gehad het…  Twee weke later, het iemand aan haar ‘n motor geskenk gegee…  Ek wil vir jou en myself uitdaag, dat ons in die week wat kom, nie sal bid met ons ellelange versoeklyste nie – maar dat ons, ons gebede sal verander deur gebede van “dankie sê” te raak van dit wat ons WEET God in ons lewens gaan doen!!  Kom ons begin leef met verwagting – NIKS is vir ons Pappa onmoontlik nie!  Moenie toelaat dat die duiwel jou konfronteer met ‘n lys van “wat-asse” of “moontlikhede van wat verkeerd kan gaan nie…”  God is in beheer…  Hy sal sorg!

Blessings!

Anel xx

Sunday 15 February 2015

“God will complete what He started…” ~ Joel Osteen

Haloes! J

“God will complete what He started…” ~ Joel Osteen

Psalm 27:14

“Wait and hope for and expect the Lord…  Be brave and of good courage and let your heart be stout and enduring…  Yes, wait for and hope for and expect the Lord…”

John 1:7-8

“He came as a witness to testify concerning that light, so that through him all might believe. 8 He himself was not the light; he came only as a witness to the light…”

“The best is yet to come…” ~ Pastor Brian Houston

“Opportunity is missed by most people because it is dressed in overalls and looks like work…” ~ Thomas Edison

My een vriendin is baie goed met die 1 000+ legkaartstukke…  Dit fassineer my altyd hoeveel geduld sy het om die “lug dele” – gewoonlik baie blou met wolkies aanmekaar te sit…  Het jy al take begin, uitdagings of projekte aangepak, maar wat jy op die ou end nie kon deursien nie?  Daar is gewoonlik “valid” redes vir die feit dat ons sekere dinge nie klaargemaak kry nie…  Die uitdaging kan te groot wees, ons commitment is partykeer net nie 100% nie – somtyds kies ons met ons kop om iets te doen, maar ons hart is nie altyd 100% in dit nie…  Ons kan moontlik nie die regte hulpbronne hê om die taak “at hand” uit te voer nie – of somtyds raak ons motivering en petrol net op…  Ons verloor belangstelling of ons kom agter dat ons nie werklik “in sekere goed was vir die regte redes nie…” 

Die goeie nuus vandag vir jou en my – is dat God nog lank nie met jou klaar is nie…  Terwyl jy asem in jou longe het, beteken dit dat jy steeds PURPOSE het…  En God sal NOOIT vir jou moeg word, of belangstelling in jou verloor nie… Sy hulpbronne om jou te bless sal nie opraak nie…  Sy motivering sal nooit verdwyn nie, en Hy het jou verseker nie om die verkeerde redes lief nie…  God sal ook nie moeg raak, en jou halfpad los nie…  Dis iets wat jy kan weet, God is magtig om soveel meer te kan doen as wat ons ooit sal hoop of dink…  Hy KAN dit wat SO onmoontlik lyk, MOONTLIK maak…  Mits dit Sy wil vir jou lewe is…  God se krag wat in ons en deur ons werk – is SOVEEL groter as wat jou grootste uitdaging is ~ Ds op Kyknet…  Hoe powerful is dit nie om dit te weet nie??  NIKS wat jy vandag face, is groter as God, as dit tot wat Hy in staat is om in jou lewe te doen nie, of dit wat Hy vir jou droom nie…  Moenie bang raak en toelaat dat “fear” jou laat “quit” op “die lewe nie”…  God is reeds daar – in jou donkerste nag, en langste dag…  Hy sal klaarmaak wat Hy begin het in jou lewe – en Hy sal jou verseker nie los nie…  Hou vas aan Sy hand, en Sy beloftes – Hy sal sorg!!  God stap saam met jou die nuwe week tegemoet…  Ek bid dat Hy jou sal seën soos HY vir Jabes geseën het, en dat Hy jou hart sal kom rustig maak, sodat jy niks wat jou kant toe kom sal vrees in hierdie nuwe week nie…

Blessings!

Anel xx

Friday 13 February 2015

“You can't connect the dots looking forward; you can only connect them looking backwards. So you have to trust that the dots will somehow connect in your future. You have to trust in something - your gut, destiny, life, karma, whatever. This approach has never let me down, and it has made all the difference in my life…” ~ Steve Jobs

Haloes! J

“You can't connect the dots looking forward; you can only connect them looking backwards. So you have to trust that the dots will somehow connect in your future. You have to trust in something - your gut, destiny, life, karma, whatever. This approach has never let me down, and it has made all the difference in my life…” ~ Steve Jobs

1 Corinthians 13 ~ The Message

If I speak with human eloquence and angelic ecstasy but don’t love, I’m nothing but the creaking of a rusty gate. If I speak God’s Word with power, revealing all his mysteries and making everything plain as day, and if I have faith that says to a mountain, “Jump,” and it jumps, but I don’t love, I’m nothing.  If I give everything I own to the poor and even go to the stake to be burned as a martyr, but I don’t love, I’ve gotten nowhere. So, no matter what I say, what I believe, and what I do, I’m bankrupt without love.  Love never gives up.  Love cares more for others than for self. Love doesn’t want what it doesn’t have. Love doesn’t strut, doesn’t have a swelled head, Doesn’t force itself on others, Isn’t always “me first,” Doesn’t fly off the handle, doesn’t keep score of the sins of others, Doesn’t revel when others grovel, Takes pleasure in the flowering of truth, Puts up with anything, Trusts God always, Always looks for the best, Never looks back, But keeps going to the end. Love never dies. Inspired speech will be over some day; praying in tongues will end; understanding will reach its limit. We know only a portion of the truth, and what we say about God is always incomplete. But when the Complete arrives, our incompletes will be canceled. When I was an infant at my mother’s breast, I gurgled and cooed like any infant. When I grew up, I left those infant ways for good. We don’t yet see things clearly. We’re squinting in a fog, peering through a mist. But it won’t be long before the weather clears and the sun shines bright! We’ll see it all then, see it all as clearly as God sees us, knowing him directly just as he knows us!  But for right now, until that completeness, we have three things to do to lead us toward that consummation: Trust steadily in God, hope unswervingly, love extravagantly. And the best of the three is love…”

“The time is always right to do what is right…” ~ Martin Luther King, Jr.

“Stay hungry, stay foolish…” ~ Steve Jobs

Korintiërs 13 is vir my een van die heel mooiste stukke in die Bybel… Dit “astonish” my elke keer as ek dit weer lees… En iets wat ek net weer aan gedink het, is dat al hierdie vereistes van wat liefde is, somtyds vrek moeilik is!!! Gewoonlik as mens moeg, gestress of bang voel, is dit juis die mense wat jy liefhet vir wie jy kwaad word, met wie jy dalk minder vriendelik is, of met wie jy baklei oor hulle foute…

 If you are not living on the edge, you are taking up too much space… Hierdie is ‘n ongelooflike aanhaling… Dis so maklik om so te verval in die alledaagse patroon wat jou lewe inneem… Werk, slaap, eet… Ek het ‘n clip van ‘n toespraak gekyk wat Steve Jobs gemaak het by ‘n “graduation ceremony”… Daar het hy gesê – hy vra homself altyd af – DIT wat ek vandag gaan doen, is dit iets waarvoor ek lief is, en wat my gelukkig maak? As dit nie is nie, hoekom sal ek dan kosbare tyd van my lewe mors daarop? Mens moenie goed doen om ander te please nie – net jouself… So baie mense is vasgevang in ongelukkige verhoudings, of huwelike… Baie mense bly by mekaar, omdat hulle bang is om niemand anders te kry nie… God wil NET die beste vir jou hê! Moenie settle vir 2e beste nie… Jy verdien net die beste, en jy verdien om iemand se 1ste prys te wees… Nie ‘n tweede of derde nie…

 Neem risiko’s waar dit die liefde aangaan… Hierdie aanhalings is als vir my sulke groot waarhede! As jy waag om lief te hê en van jouself te gee (liefdesverhoudings maar ook vriendskappe), is die kans altyd daar dat jy kan seerky… Ons is almal net mense, met baie foute… Dis dus maklik, sonder dat jy dalk eers probeer! om ander seer te maak…. Maar as jy nooit probeer en jouself oopstel nie, sal jy nooit weet nie… Jy sal nooit daardie ONGELOOFLIKE blessing (vriendskappe, maar ook liefde) wat God vir jou het ervaar, en spesiale oomblikke van die lewe met iemand kan deel nie… “If you crash and burn” het jy ten minste probeer… En dis al wat saak gaan maak aan die einde van jou lewe… Dat jy elke dag PROBEER het om VOLUIT te lewe, dat jy die MEESTE maak van die 86,400 sekondes wat aan jou gegee word en spandeer het saam met mense wat jou gelukkig maak, en ‘n opbouende effek op jou lewe gehad het… Mag jy sommer vandag God se liefde en genade in jou lewe ervaar! Hy is vir jou oneindig lief – met die Liefde soos 1 Korintiërs 13 dit beskryf…  “To love is to risk not being loved in return. To hope is to risk pain. To try is to risk failure, but risk must be taken because the greatest hazard in life is to risk nothing.” ~ Anonymous
 
blessings!
 
anel xx

Thursday 12 February 2015

PAASEIERS = BACK!

Hi julle awesome mense!

Paasfees is om die draai, en dit druk op my hart dat ons moet uitreik aan die wat minder as ons het, en saam met die uitreik, sommer 'n stukkie van God se liefde te versprei!

Ons samel in:  Die marshmallow paaseiers (nie enige iets anders nie - want die kinders verstaan nie as hulle nie almal dieselfde kry nie).  Hierdie jaar, is julle welkom om self ook pakkies te maak (sou jy wou).  Dis 'n deurskynende plastiek sakkie (soos 'n toebroodjie sakkie), met 3 paaseiers in, die briefie wat ek aanheg, met 'n lind om die sakkie.  Julle is ook welkom om net die eiers af te lewer (by die optelpunte wat ek sal kommunikeer).

Vir nou:

1. Laat weet my of jy betrokke sal wil wees. (Ek soek mense wat bereid is om optelpunte te wees regoor die Kaap - Somerset Wes, Stellenbosch, Paarl ect - ek sal dan met julle reel om by julle op te tel).  Die van julle wat in ander plekke van die land bly, wil ek uitdaag om ook deel te neem.  Julle kan volunteer van die ander plekke af - en ons kan dan in kontak wees (om uit te vind hoeveel julle ingesamel het ect).
 
2. Laat weet my asb of jy bereid sal wees om saam met 'n groepie vriende te gaan uitdeel. Ek sal julle dan toewys aan 'n ouetehuis / kinderhuis.

3. Daag die mense by julle werksplekke uit om by te dra!  Ons het die vorige keer wat ons die projek aangepak het, 30 000 eiers ingesamel - wat beteken dat 10 000 mense 'n pakkie vir paasfees ontvang het!

4. Vir die van julle wat finansiele bydraes wou maak:

Investec bank
A Hugo
10011253677
Branch: 580105
Ref: Jou naam & (Easter) (Ek wil graag weet vir wie om te bedank - so moet asb nie anoniem dit doen nie)

Mag God julle ryklik seen in hierdie tyd voor Paasfees, en mag ons deur hierdie projek Sy hande en Voete op hierdie aarde wees!  My afsnydatum vir insamelings gaan laaste week in Maart wees - sodat ons die eerste week in April kan uitdeel (net voor Paasfees!)

blessings!

anel xx

Wednesday 11 February 2015

“You will never do anything in this world without courage. It is the greatest quality of the mind next to honor…” ~ Aristotle

Haloes! J

“You will never do anything in this world without courage. It is the greatest quality of the mind next to honor…” ~ Aristotle

1 Samuel 30:6 

“And David was greatly distressed, for the people spoke of stoning him, because all the people were bitter in soul, each for his sons and daughters. But David strengthened himself in the LORD his God…”

Matthew 17:20 

“He said to them, “Because of your little faith. For truly, I say to you, if you have faith like a grain of mustard seed, you will say to this mountain, ‘Move from here to there,’ and it will move, and nothing will be impossible for you.”

“Darkness cannot drive out darkness; only light can do that. Hate cannot drive out hate; only love can do that…” ~ Martin Luther King, Jr.

“Life's most persistent and urgent question is, 'What are you doing for others?” ~ Martin Luther King, Jr.

Het jy jouself al in ‘n situasie bevind waar jy valslik beskuldig is?  Of waar iemand die waarheid gevat het en net klein veranderings daaraan aangebring het, ten einde vir jou in ‘n baie slegte lig te stel?  Ek dink dis een van die moeilikste goed om te hanteer – veral as jy nie so ‘n tipe mens is nie…  Om met waardigheid steeds op te staan vir jouself en op ‘n manier soos dit ‘n kind van God steeds betaam…  Want, ons is net mens, en dit kan BAIE makliker wees om tot op dieselfde vlak te val as dit waarmee jy aangeval word, en harder terug te kap…  Ek glo egter, dat God na Sy kinders omsien en dat Hy sal sorg dat die waarheid ALTYD sal uitkom…  Al vat dit dalk bietjie tyd, en al kry jy dalk seer in die proses…  Ek sien hierdie situasies, maar altyd as ‘n sessie waarin ons sterk gemaak word, en waarin ons, ons verhouding met God verder kan versterk…  Want, wanneer daar valslik klippe na jou gegooi word, WEET ek dat Hy Sy behoedende en bewarende hande voor jou sal hou, en die klippe namens jou sal vang - dat jy nie blywende merke van die klippe sal oorhou nie, maar dat jy sal kan mure van hernuwing bou van dit wat na jou kant toe gegooi word…

Iets wat ons as mense baie keer vergeet, is dat opinies van mense oor ons – nie werklik saakmaak nie…  Dit is TYDELIK…  En ons moet so leef, dat DIT wat ons doen, of se, sal wees WIE ons is…  Nie wat ander van ons verwag nie, en ook nie om ander mense af te breek, ten einde beter oor onsself te voel nie…  Lewe so dat jy selfs sal kan trots wees oor hoe jy optree, of wat jy doen, wanneer niemand anders jou kan sien nie…  God sal jou lei – as jy Hom vertrou om dit te doen, en as jy bereidwillig is om te volg waar Hy stap…

Blessings!

Anel xx

Tuesday 10 February 2015

“The master has failed more times than the beginner has even tried…” ~ Unknown

Haloes! J

“The master has failed more times than the beginner has even tried…” ~ Unknown

Zephaniah 3:17   

“The LORD your God is in your midst, a mighty one who will save; he will rejoice over you with gladness;   he will quiet you by his love;  he will exult over you with loud singing…”

2 Timothy 1:7 

“for God gave us a spirit not of fear but of power and love and self-control…”

“If I quit now, I will soon be back to where I started…  And when I started, I was desperately wishing to be where I am now…” ~ Unknown

“As we express our gratitude, we must never forget that the highest appreciation is not to utter words, but to live by them…” ~ John F. Kennedy

Ek dink ons almal kan aan iets dink wat ons al probeer het, en wat nie gewerk het nie…  Met ‘n eerste probeerslag, is ons nie gewaarborg van sukses nie…  En dit geld vir ELKE area van ons lewens…  Of dit nou studies, werk, verhoudings (romanties of gesin of vriende is), dis aan die begin van iets nuuts, gewoonlik ‘n uitdaging – iets waar ons baie leer, of het om te leer, en waar ons dalk nie met die eerste probeerslag sukses sal smaak nie…  Die belangrikste om te onthou – met enige nuwe uitdaging, is dat ons kan opgee met die eerste mislukking, of dat ons weer kan probeer…

Ek’t nou die dag gesit en dink hoe waar die aanhaling van Albert Einstein is: “Insanity – doing the same thing over and over and expecting different results…”  Die belangrike om hieruit te neem, is om nie op te gee wanneer iets nie uitwerk nie, of dalk anders uitwerk as wat jy sou wou hê nie – die belangrikste is om dit wat jy geleer het uit die situasie, te neem en die volgende keer, die uitdaging op ‘n slimmer manier aan te pak…  Wanneer ons dinge saam met God aanpak, doen ons dit gewoonlik met ‘n ander ingesteldheid en motivering, as wanneer ons dit op ons eie probeer…  Baie keer, raak ons so vasgevang in die sukses van iets, of sekere dinge wat ons in ons lewens wil hê – maak nie saak wie ons in die proses moet seermaak om daar uit te kom nie…  Touch base met God en bid vir Sy wil in jou lewe…  Moenie eendag, as jy dalk so gelukkig is om op die ouetehuis se stoep te sit, spyt wees oor die maniere wat jy gevolg het om te kry wat jy wou hê nie…  God weet wat Hy vir jou beplan, en ek glo werklik dat dinge altyd uitwerk soos dit moet…  Moenie iets probeer forseer, sodat jou wil of iemand anders se wil vir jou lewe bewaarheid kan word nie…  Maak seker dat jy GELUKKIG is in dit waar jy jouself bevind…  Dit wat jy elke dag aanpak…  Lewe is te kort om ongelukkig te wees!!!  Maak seker jy gryp elke geleentheid…  Vat jou Hemelse Pa se hand…  Hy sal dit wat Sy wil vir jou lewe is, laat uitwerk – soos en wanneer dit moet!!

Blessings!

Anel xx

 

 

Monday 9 February 2015

“When life gives you more than you can stand, kneel…” ~ Unknown

Haloes! J

“When life gives you more than you can stand, kneel…” ~ Unknown
 
Exodus 14:14

“The Lord will fight for you, and you can be still…”

Mark 10:52 

“And Jesus said to him, “Go your way; your faith has made you well.” And immediately he recovered his sight and followed him on the way…”

“Don’t let people’s compliments go to your head and don’t let their criticisms go to your heart…” ~ Unknown

“Stop overthinking, you’re only creating problems that aren’t there…” ~ Unknown

Ekt verlede week by die kerk een van die COOLSTE getuienisse NOG gehoor, so ek wil dit bitter graag met jou deel…  Daar lê vir elkeen van ons GROOT waarheid, en lesse hierin opgesluit…  Die pastoor het vir ons ‘n video clip gespeel van ‘n meisie wat haar getuienis gelewer het…  Sy’t vertel hoe sy iemand wat baie spesiaal was vir haar, verloor het toe sy 12 jaar oud was…  Sy het ongelooflik gesukkel om sy dood te verwerk, soveel so, dat sy haarself na dwelms gedraai het vir uitkoms…  Sy het vertel hoe haar afhanklikheid daarna net al hoe meer toegeneem het…  Sy’t haar ouers so teleurgestel dat hulle niks meer met haar te doen wou hê nie, syt gesteel ten einde te kon dwelms koop, leuens vertel ect…  Sy vertel hoe sy op 20 jarige ouderdom, niks meer oorgehad het om te verkoop nie – behalwe haar liggaam…  En hoe sy, die naweek voordat sy dit wou begin doen, geweier is deur haar dwelmhandelaar om verder dwelms te ontvang…  Sy vertel hoe sy die aand huis toe is, en dat die hele huis in donker en stilte gehul was…  Sy het musiek aangesit, en ‘n stem het by haar opgekom wat gesê het – “that’s right, choose your funeral music…”  en verder, “niemand is lief vir jou nie – nie eens jou ouers nie…”  Sy’t vertel hoe sy begin “uitfreak” het oor hierdie boodskappe, en hoe sy na haar ouers se kamer gehardloop het…

Haar ouers het gedink dat sy weer besig was om te “OD” aangesien sy al ‘n paar keer in die hospital gedraai het as gevolg van haar dwelmverslawing…  Haar ouers wou die hospital bel, maar sy het geweier…  Sy sê dat sy nie weet hoe dit gebeur het nie, maar sy’t vir haar ma gesê dat sy moes bid vir haar…  Sy het gesê dat sy die gevoel gekry het dat iemand in die kamer ingekom het, en hoe sy warm begin geraak het…  Dit het gevoel asof iemand haar aanraak…  Daardie aand was vir haar ‘n draaipunt in haar lewe, want sy het vir Jesus Christus aangeneem as haar Saligmaker…  Sy sê dat haar dwelmverslawing daardie aand gebreek is…  2 maande later het hulle foon gelui, en ‘n ongelowige vrou was aan die anderkant van die lyn…  Sy’t gesê dat sy van die meisie en haar storie gehoor het, en dat hulle nie gelowig is nie, maar dat hulle in dieselfde situasie sit met hulle seun…  Hulle het al alle hoop verloor, en is oop vir ENIGE iets wat moontlike uitkoms kan bring…  Sy wou weet of die meisie sou omgee om met haar seun te kom praat…  Die meisie het gegaan, en vir die Seun vertel dat Jesus haar genees het…  En dat as HY dit vir haar kon doen, kon Hy dit vir enige iemand doen…  Die video gaan toe af in die kerk, en die pastoor kom toe uit deur te sê – die “seun” met wie sy gaan praat het, was ek…  Dit was SO treffend!  Hy vertel hoe hy gehoor het, en nog twee maande het verbygegaan waar hy voortgegaan het met sy lewe soos altyd…  Een aand in ‘n klub, was hy besig om te OD – en hy sê hy kon al sien hoe hy die dood tegemoet stap…  Hy’t tot God gebid en vir Hom gevra om hom te red – en dat hy dan sy lewe daaraan sou wy om God se woord te verkondig…  Sy boodskap aan ons was dat “1 can make a difference”…  Jy hoef nie alles uitgewerk te hê nie – jy moet net bereidwillig wees…  God WIL elkeen van ons gebruik, NES ons is…  Al wat Hy vra, is dat ons ‘n bereidwillige hart moet hê…

Blessings!

Anel xx

 

Sunday 8 February 2015

“Don’t let the fear of what could happen make nothing happen…” ~ De Zantamata

Haloes! J

“Don’t let the fear of what could happen make nothing happen…” ~ De Zantamata

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world."

Exodus 15:2

“The LORD is my strength and my song, and he has become my salvation; this is my God, and I will praise him, my father’s God, and I will exalt him…”

“It’s impossible, said pride…  It’s risky, said experience…  It’s pointless, said reason…  Give it a try, whispered heart…” ~ Unknown

“One of the hardest decisions you’ll ever have to face in life is choosing whether to walk away or try harder…” ~ Unknown

Ek weet nie of jy dalk ‘n “over-thinker of analyzer” is nie?  Daar is baie van ons wat baie keer probeer om ‘n situasie al uit te figure of prober uitredeneer voordat die tyd daarvoor nog behoorlik aangebreek het…  Of partykeer is die teendeel ook waar, en sal ons iets wat gebeur het, oor-analiseer – en goed sien in ‘n situasie wat dalk nie altyd daar is nie…  Ons kan dit so vergroot in ons gedagtes, dat die probleem later baie groter in ons kop is, as wat dit in werklikheid is… 

Miskien is jy tans in ‘n situasie vasgevang, en weet jy nie lekker watter kant toe jy moet gaan nie…  Miskien laat jy toe dat VREES jou dag dikteer, en dat jou vrees vir die onbekende, jou weerhou daarvan om nuwe dinge te ervaar en te beleef!  God wil nie hê dat jy jou tyd moet spandeer deur te vrees nie!  Hy wil hê dat jy ‘n vol lewe moet lei!  En ten einde ‘n vol lewe te lei, moet ons partykeer foute maak…  As ons nooit foute maak nie, sal dit beteken dat ons as “spectators” op die kant van ons “lewensveld” sit en kyk hoe ander mense besig is om die game te speel!  Moenie dat wanneer jy nie kan sien hoe ‘n situasie moontlik sal eindig – “uitchicken” en besluit om eerder op die kantlyn te sit nie…  Jy het EEN lewe, EEN geleentheid om jou ALLES te gee en die lewe met ywer aan te pak!!  NOREGRETS! LIVE-EVERY-MOMENT!!  Laat God toe om jou te lei!  Where God is, there is love…  And His perfect love, drives out all fear…  Sak op jou knieë, en lê jou situasie voor God neer…  Bid vir Sy leiding, en dat Hy jou voete sal laat loop, op die pad wat Hy vir jou uitgesit het…  Moenie toelaat dat leuens van die duiwel, jou weerhou om die lewe te lei wat God vir jou wil hê nie…

Blessings!

Anel xx