Wednesday 14 December 2011

Geseende Kersfees!!

Haloes! :)


Geseende Kersfees!!

Matteus 1:23

“Die maagd sal swanger word! Sys al aan ‘n seun geboorte gee… En die mense sal Hom Immanuel noem… (Hierdie naam beteken: God is by ons…)”

Matteus 5:3

“Gelukkig is die mense wat weet hoe nodig hulle God het, want hulle het deel aan Sy Koninkryk…”

“All you need is love…” ~ John Lennon

“Better to have loved and lost, than to have never loved at all…” ~ St. Augustine

Kersfeestyd… Dis vir my een van die “magicalste” tye van die jaar… Tye wat ons kan rustiger raak na ‘n besige jaar, tyd saam met vriende, familie en geliefdes kan deel, en net weer opnuut herinner word waaroor die lewe gaan… Dat ons Verlosser vir ons gebore is… Die Een wat alle kwaad oorwin het deur Sy oneindige groot liefde vir ons… Ek dink mens raak baie keer so vasgevang in die “rush” van geskenke koop, kos maak en partytjies reël dat mens partykeer kan vergeet waaroor dit werklik gaan…

LIEFDE… Dit is die kern van Kersfees… Dat ons sal vergeet van alles wat ons hartseer maak, of uitdagings wat ons tans moet deurmaak en dat ons sal fokus op alles waarmee God ons daagliks seën… Dat ons van ons tyd sal gee om ‘n verskil te maak (gee van jou oorskiet kersmaal by die kerk af sodat dit gegee kan word aan mense wat nie so bevoorreg is om ‘n kersmaal te hê nie), dat ons tyd sal maak vir ons geliefdes, dat ons mekaar sal vergewe soos Christus ons vergewe het vir als wat ons al verkeerd gedoen het, en dat ons sal DANKIE sê vir nog ‘n jaar wat God ons vir mekaar gespaar het… Dat God aan ons nog ‘n jaar gegee het en dat ons met nuwe hoop gevul kan word omdat ons weer opnuut herinner word aan die feit dat Hy ons NOOIT, maar NOOIT sal verlaat nie… Dat Sy genade en liefde ELKE dag NUUT vir ons is… Dat Hy net ‘n gebed ver is…

Mag jy vandag en die res van hierdie Kerstyd LIEFDE LEEF! Elke daG!!! Mag jy besef hoe oneindig lief God jou het, en dat Sy liefde vir jou NOOIT sal ophou nie… Maak nie saak wat jy gedoen het, of nog gaan doen nie… Koester die kosbare mense in jou lewe… En ervaar net Jesus se ongelooflike seën wat HY vir jou het! It’s yours for the taking!! Ek wens jou en almal wat vir jou spesiaal is 'n BAIE geseende Kerstyd toe! AS jy gaan reis - reis veilig... Pas jouself mooi op tot ons weer gesels in die nuwe jaar... Wees reg vir 'n jaar VOL nuwe geleenthede en seen uit God se hand!

Blessings!

Dit was die laaste gedagteki vir die daggie vir 2011... Gedagteki vir die daggie sal weer vanaf 9 Januarie 2012 verskyn...

Tuesday 13 December 2011

"Don't make excuses. Make things happen. Make changes. Then make history..."- Dough Hall

Haloes! :)
"Don't make excuses. Make things happen. Make changes. Then make history..."- Dough Hall

Isaiah 40:29

“God gives power to the faint and weary, and to him who has no might He increases strength...”

Markus 9:23

“As mens glo is alles moontlik…”

“My dad always used to tell me that if they challenge you to an after-school fight, tell them you won't wait-you can kick their ass right now.” ~ Cameron Diaz quotes

“How you respond to the challenge in the second half will determine what you become after the game, whether you are a winner or a loser.” ~ Louis Camuti quotes

Die jaar is op sy rug! Hoeveel geskiedenis het jy hierdie jaar gemaak? As jy terugdink aan waar jy was toe hierdie jaar begin het, en waar jy jouself nou bevind – hoe lyk jou lewe? Hoe lyk jou doelwitte, of jou nuwe jaars voornemens vir 2011? Het jy dit bewaarheid? Het jy jou drome nagejaag? Of het jy maar net dag vir dag verduur, en probeer om sonder te veel te waag, sodat jy die hartseer en pyn kon minimaal hou, en om net heel aan die ander kant uit te kom?  Het jy dalk uitgemis op geleenthede wat kon wees?

Ek het laas week “New Years Eve” gaan kyk op ons girl’s night out… Dit was vir my ‘n VERVRISSENDE fliek, met BAIE waarheid in!!! Dinge wat daarin aangeraak is, is dat ons elke dag moet lewe, dat ons moet liefhê met alles wat in ons is, dat jy sal seker maak die mense in jou lewe weet wat hulle vir jou beteken… Moenie dink dat mense dit sommer net weet nie – sê vir die spesiales dat hulle vir jou baie beteken, dat jy hulle liefhet, of dat jy hulle vergewe… Iets wat my nogals baie laat dink het die laaste tyd was dat daar soveel mense is wat in onmin lewe – dit terwyl Jesus ons vergewe het en ons ‘n tweede kans gegee het… Tog sukkel soveel mense om ander ‘n tweede kans te gee, alhoewel God vir ons elke dag 2e kanse gee… Mens besef eers die waarde van iets wanneer jy dit verloor het… Moenie dat trots of hardkoppigheid in jou pad van geluk staan nie… Sê jammer as jy verkeerd was en koester spesiale oomblikke en mense… God het die mense in jou lewe met ‘n spesifieke doel daar geplaas… Moet ook nie verwag dat jou drome gaan waar word as jy niks daaromtrent doen nie… Die een tannie in die fliek het so ‘n wishlist goed gehad, maar nooit tyd vir haarself gemaak, of tyd om dit na te jaag nie… Sy was net vasgevang in haar werk… Eendag gaan jy nie onthou al die ure wat jy gewerk het nie – jy gaan die “geskiedenis” onthou wat jy gemaak het!! So gaan uit in hierdie laaste paar dae van 2011, en sorg dat jy dit met ‘n “bang” afsluit en geskiedenis maak!!! “The sky is the limit!” Enigste beperkings wat op die res van 2011 en 2012 geplaas is, sal wees dit wat jy self daarop plaas… As jy GLO, is enige iets saam met God moontlik…

Baie blessings!

PS - Die 15e Des sal die laaste gedagteki vir 2011 verskyn. Die volgende gedagteki vir die daggie sal dan weer vanaf 9 Januarie 2012 verskyn...

Monday 12 December 2011

The task ahead of us is never as great as the Power behind us…

Haloes! :)


The task ahead of us is never as great as the Power behind us…

Numeri 6:24-26

“Die Here sal jou seën en jou beskerm… Die Here sal tot jou redding verskyn en jou genadig wees… Die Here sal jou gebede verhoor en aan jou Sy vrede gee…”

Josua 1:9

My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees… Moenie bang of huiwerig wees nie… Die Here jou God is saam met jou in alles wat jy doen…”

Brenda was almost halfway to the top of the tremendous granite cliff. She was standing on a ledge where she was taking a breather during this, her first rock climb. As she rested there, the safety rope snapped against her eye and knocked out her contact lens. 'Great', she thought. 'Here I am on a rock ledge, hundreds of feet from the bottom and hundreds of feet to the top of this cliff, and now my sight is blurry.' She looked and looked, hoping that somehow it had landed on the ledge. But it just wasn't there. She felt the panic rising in her, so she began praying. She prayed for calm,and she prayed that she might find her contact lens. When she got to the top, a friend examined her eye and her clothing for the lens, but it was not to be found. Although she was calm now that she was at the top, she was saddened because she could not clearly see across the range of mountains. She thought of the bible verse 'The eyes of the Lord run to and from throughout the whole earth.' She thought, 'Lord, You can see all these mountains. You know every stone and leaf, and You know exactly where my contact lens is. Please help me.' Later, when they had hiked down the trail to the bottom of the cliff they met another party of climbers just starting up the face of the cliff. One of them shouted out, 'Hey, you guys! Anybody lose a contact lens?'

Well, that would be startling enough, but you know why the climber saw it? An ant was moving slowly across a twig on the face of the rock, carrying it! The story doesn't end there. Brenda's father is a cartoonist. When she told him the incredible story of the ant, the prayer, and the contact lens, he drew a cartoon of an ant lugging that contact lens with the caption, 'Lord, I don't know why you want me to carry this thing. I can't eat it, and it's awfully heavy. But if this is what you want me to do; I'll carry it for you.' I think it would do all of us some good to say, 'God, I don't know why you want me to carry this load. I can see no good in it and it's awfully heavy. But, if you want me to carry it, I will... ~ forward email...

Hoe baie swaar en onnodige dinge dra jy saam met jou vanoggend?? Hoeveel dinge bekommer jy jouself oor? Ek wil hê jy moet vandag jouself afvra – die dinge waarmee jy tans so worstel, oftewel dit wat jou laat wakker lê – kan jy iets daaraan doen? Vandag, in die hier en die nou?? As daar iets is wat jy kan doen aan die dinge wat jou laat wakker lê, maak ‘n lys, en vat dit van ‘n kant af… Ek’t al gesien, as mens baie het om te doen, is die beste manier om dit stelselmatig aan te pak… Soos wat jy ‘n baie groot stuk koek sal eet – happie vir happie, stukkie vir stukkie…

As daar egter niks is wat jy kan doen aan die dinge wat jou laat worry nie – let it GO!! Al hoe mens kan “let go” is om te bid… Gee oor aan God… Al wat die “worry” gaan doen, is om jou moeg te maak… Daar is genoeg ander dinge in die lewe wat jou kan moeg maak… Al voel die “load” wat jy dra, super swaar, en kan jy nie die punt insien oor hoekom sekere dinge gebeur nie, God se planne vir jou is groter as wat jy vir jouself het… Hy sal nie onnodige seerkry of moeilikheid oor jou pad stuur nie… Wanneer sulke dinge my eie lewenspad kruis probeer ek dit as karakterbou of lewenswysheid sien… God stap saam met jou vandag! En Hy het TALLE blessings in store vir jou - maak net jou hande oop om dit te ontvang...

Blessings!

Sunday 11 December 2011

“Life's challenges are not supposed to paralyze you, they're supposed to help you discover who you are.” ~ Bernice Johnson Reagon quotes

Haloes! :)
“Life's challenges are not supposed to paralyze you, they're supposed to help you discover who you are.” ~ Bernice Johnson Reagon quotes

Jesaja 54:10

“Want die berge kan padgee en die heuwels verdwyn… Maar my liefde vir jou sal nooit verander nie en my verbond van vrede sal nooit gebreek word nie, sê die Here wat jou liefhet…”

Romeine 5:3-5

“Dit is egter nie al nie… Ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef die swaarkry ons leer om te volhard… Op sy beurt kweek swaarkry ook volharding betroubaarheid van karakter en betroubaarheid van karakter versterk ons toekomsverwagting… En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het… Hy het Sy liefde ook in ons harte uitgestort deur Sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het…

“Don't be afraid to fail. Don't waste energy trying to cover up failure. Learn from your failures and go on to the next challenge. It's OK to fail. If you're not failing, you're not growing."


Challenges in life do not arise haphazardly...NO MATTER how "accidental" or "coincidental" they may seem, they only arrive, When YOU ARE READY for them...not when you are ready to be squashed ,but when you are ready to GROW and OVERCOME... ~ Email quote

Hierdie email aanhaling is regtig ‘n GROOT stukkie waarheid! Ek weet dat dit NOOIT so voel nie, maar wanneer mens terugkyk oor moeilike tydperke, kan jy ALTYD sien (partykeer neem dit net bietjie langer as ander tye) dat God heeltyd daar was… Dat Hy die dinge ten goede laat meewerk het, of dat Hy jou deur die uitdagings wat jy moes “face”, sterk gemaak het met die dinge wat oor jou pad gekom het…

Watookal jy vanoggend face – of dit ‘n moeilike week is wat voorlê, of miskien ‘n moeilike tyd waardeur jy al vir ‘n rukkie worstel, of jy ‘n geliefde verloor het, of jy werkloos is en nie weet WANNEER die wiel eendag gaan draai en jy kan uitkoms kry nie… Miskien is jy in ‘n verhouding wat erg skade gely het met dinge wat gebeur het, en jy weet nie hoe om jou pad terug te vind nie, of miskien is jy enkellopend en moeg daarvoor, maar dis asof die regte persoon net nie jou lewe wil binnestap nie… Miskien is jou finansies tans in 'n benarde situasie en maak die feit dat dit Kerstyd met ekstra uitgawes is, jou nog meer gespanne… Of miskien is jy siek, en weet jy nie hoeveel tyd nog aan jou geleen gaan word nie… Ek glo dat elke een van hierdie dinge, goed is wat jou karakter sal bou, en jou lewe sal “shape"... Om jou uiteindelik die mens te maak, wat God jou bestem het om te wees... Mens weet nie hoeveel sap nog in 'n uitgedrukte lemoen is, tot jy hom harder squeeze nie... Partykeer het ons net daardie ekstra "squeeze" nodig om NOG groter hoogtes te bereik, of net nog bietjie harder te baklei vir wat ons wil he...

God is nog die hele jaar by jou gewees… Hy sal jou nie nou los nie… Hy is voor jou om die pad vir jou gelyk te maak… Hy is agter jou om jou op te help as jy dalk mag val… Hy is bo jou om jou te bewaar van alle gevaar, en onder jou om jou te dra waar jy nie meer verder kan stap nie… Gee net oor… Mag jy Sy liefde en genade vandag en die res van die week in OORVLOED in jou lewe ervaar!

Blessings!

Friday 9 December 2011

"Obstacles are those frightful things when you take your eyes off your goals..." ~ Henry Ford

Haloes! :)

"Obstacles are those frightful things when you take your eyes off your goals..." ~ Henry Ford


Psalm 27:1

"Die Here is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees... Die Here is my toevlug, vir wie sou ek vrees?

Habakuk 3:17-18

"Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God my redder..."

"As jy voel jy het misluk, onthou dan wie jy regtig is, en aan wie jy behoort... Sal Hy wat jou geroep het uit die duisternis, "na sy wonderbare lig", jou dan halfpad in die steek laat?" ~ Corrie ten Boom

"Wanneer God ons op klipperige paaie stuur, sal Hy ons ook van sterk skoene voorsien..." ~ Corrie ten Boom

Ek het nou die aand met hoë hak skoene op oneweredige grond geloop (van daardie cobblestone klippe), waar jou hakskoene maklik kan vassit tussen die klippe – selfs al is jy gefokus!  As ons na die lewe kyk, soos om op te stap op cobblestone klippe, is ons baie keer goed oppad om ons drome na te jaag, of uitdagings aan te pak, maar wanneer ons vir ‘n oomblik net afkyk, in plaas van opkyk kan dit gebeur dat ons “stuck” raak… Dit vat partykeer moeite om weer uit daardie “stuck” posise uit te kom…

Wanneer jy jouself dan in daardie “stuck” posise bevind, is dit ook baie makliker om net die probleme raak te sien, eerder as die oplossings, om jouself weer los te kry… As ons vir God in ons lewe het, is daar geen gat te diep om in te wees nie… Hy sal jou voorsien van die regte raad / oplossings of visie wat jy nodig het om te kan vorentoe beweeg… Henry Ford se aanhaling som ook vir my die lewe raakvat op! Wanneer ons ophou fokus op dit waarheen ons oppad is,of as ons nie daagliks vir God ken in ons dagtaak en uitdagings nie, is dit maklik om fokus te verloor… Dan kan probleme sommer maklik jou lewe oorheers en die oorhand kry… Mind over matter, positiewe ingesteldheid, maak nie saak wat nie… Al hoe ons die duiwel laat wen, is wanneer ons toelaat dat hy ons gedagtes met negatiwiteit kom vul… BID, en laat God toe om jou gedagtes daagliks te vernuwe :) NIKS, maar NIKS is groter as jou God nie, en daar is GEEN probleme wat GROTER word wanneer ons daarmee neerkniel nie…

Blessings!!

Thursday 8 December 2011

"As jy met jou lewensverhaal die ruimte van liefde van God binnegaan, staan daar op die deur van die ruimte: 'Vrees verbode...' ~ Karl Barth

Haloes! :)


"As jy met jou lewensverhaal die ruimte van liefde van God binnegaan, staan daar op die deur van die ruimte: 'Vrees verbode...' ~ Karl Barth

Hebreërs 3:4

"Want elke huis het 'n bouer, maar God is die meesterbouer van alles..."

Psalm 28:6-7

"Laat die Here geprys word, want Hy het my smekinge gehoor... Die Here is my krag en my beskermer, wat ek met my hele hart vertrou... Hy help my en my hart is vol vreugde... Daarom dank ek Hom met my lied..."

"God hoor die gebed van 'n hart in nood, selfs al word geen woord gesê nie..." ~ Ierse Spreekwoord

"Gaan dit op die oomblik onmoontlik moeilik met jou? Voel jy soos Job en Dawid asof jou daaglikse probleme jou wil onderkry, asof jy nie 'n oomblik langer daarmee kan saamleef nie? Leer dan om een dag op 'n slag te lewe... Vra dat God jou net vir vandag sal dra, en gee dan met sy hulp, een tree op 'n keer..." ~ Nina Smit

Hierdie aanhaling van Nina Smit is vir my GOUD! Ons lewe so baie keer 10 weke vooruit… Ons bekommer ons oor dinge wat nog so ver in die toekoms lê, dinge wat gewoonlik hulself uitsorteer… Baie van ons is “procrastinators” (beplanners)… Ons wil NOU antwoorde hê, ons wil NOU ‘n duidelike plan hê of ‘n pad kan sien wat ons moet stap… Tog is die lewe ONVOORSPELBAAR… Dit is somtyds soos ‘n dag waar dit in die oggend kan sousreën, en later daardie selfde middag kan die son dalk weer helder skyn…

Die Here is ons krag en ons beskermer soos hier in Psalm 28 staan… Hy sal jou kom vul met krag wanneer jy totaal en gedreineerd voel… Hy sal jou gebede verhoor, nog voor jy dit bid… Hy weet WAT en WANNEER moet gebeur… Jy moet net jou vertroue in Hom stel! Dis partykeer maklik om te sê dat jy vertrou, maar wanneer jy na jou lewe kyk, is jy so gespanne, bang en vul alles wat oor jou pad kom jou met vrees… Ek wil jou uitdaag om te BID! Bid in die GOEIE en SLEGTE tye… Maak jou stiltetyd ‘n prioriteit, en plaas God in beheer van ALLES!!! Vertel Hom van die dinge wat jou laat wakker lê – Hy is HEEL NAG wakker… Dis nie nodig vir jou om self daarmee te worstel en te sukkel met die uitdagings wat oor jou pad kom nie… Gee dit vir God – Hy wil na jou omsien!!! Miskien is jy een van daardie mense wat altyd na almal kyk, en jouself altyd afskeep – God wil na jou omsien, jou behoed, bewaar en beskerm… Jy sal jou voet nie teen ‘n klip stamp nie – HY sal sorg…

Blessings!

Tuesday 6 December 2011

"Impossible is not a word, it's just an excuse not to try..." - Kutless

Haloes! :)


"Impossible is not a word, it's just an excuse not to try..." - Kutless

Jesaja 41:10,13

"Moenie bang wees nie, Ek is by jou... Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God... Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou... Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand. Moenie bang wees nie, Ek help jou..."

Deuternomium 31:8

"Die Here sal voor jou uitgaan. Hy sal by jou wees... Hy sal jou nie in die steek laat nie, jou nie alleen laat nie. Moenie bang wees nie, moenie skrik nie..."

"Al wat jy moet doen om jou vrees te laat kwyn, is om groter vertroue te ontwikkel in jou vermoë om dit te hanteer wat ook al met jou mag gebeur..." ~ Susan Jeffers

"Balans is die geheim vir 'n gelukkig gesonde lewe, maar net jy kan bepaal wat balans vir jou beteken... Om balans te kry moet jy besluit wat vir jou belangrik is..." ~ Finesse, Julie 2006

Hoe baie het jy al gehoor dat mense sê – daar is nie ‘n KANS nie… Dit sal nie werk nie… Of dokters wat uitsprake maak dat daar ‘n tyd gekoppel is aan hoe lank iemand oor het om te lewe… As ek dink aan die woord onmoontlik, kom die volgende by my op – Kruisdood van Jesus… onmoontlik om uit die dood op te staan? I think not! Wat van die 2 vissies en die 5 broodjies wat derduisende kos gegee het? Onmoontlik? Nie vir God nie! AS jy duisend mense het wat skielik op jou erf toesak vir ete, en al wat jy het is 5 broodjies en 2 vissies, sal dit nie MENSLIK onmoontlik wees om hulle almal genoeg te gee om te eet, uit slegs daardie voorraad…

Menslik gesproke is BAIE dinge ONMOONTLIK… Daar is BITTER BAIE dinge wat ons as mense nie kan doen nie, of waar ons deur menslike beperkinge “short fall”… Baie keer probeer mens ook so hard om almal gelukkig te hou, dat jy jouself in die proses “kwaad” aandoen / net totaal en al moeg maak… Solank jy ELKE dag jou BESTE gee, in dit wat jy aanpak, is dit genoeg… Rome is nie in een dag gebou nie… God het 7 dae geneem om die aarde en alles daarop te skape… Hoekom moet jy alles in een dag probeer vermag? As jy dalk te veel hooi op jou vurk het op die oomblik, of voel jy bereik nie jou doelwitte nie, of dat 2011 nie aan jou verwagtinge voldoen het nie – gaan terug na die drawing board… Raak rustig – deur God wat jou krag gee, kan ENIGE iets… Onmoontlik is net ‘n mensgemaakte woord… En deur GOD, kry ons toegang tot ‘n bo-menslike krag om ons te kom versterk, en ons te help met elke liewe ding wat oor ons pad kom!

Ek bid dat God jou vandag sal kom versterk met Sy liefde en genade wat ALLE verstand te bowe gaan!

Blessings!

“Not everything that counts, can be counted…”

Haloes! :)


“Not everything that counts, can be counted…”

Spreuke 3:5-6
"Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie... Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop..."

Lukas 1:37

"Niks is vir God onmoontlik nie..."

"JOY is not the absence of suffering, it is the presence of God..." ~ Robert Schuller

"Op enige tydstip kan 'n onbevredigende lewe weer in 'n avontuur verander as dit aan God oorgelaat word..." ~ Paul Tournier

Ek het skemertyd gesit en gedink – daar is NOOIT ‘n tyd wat die hele wêreld in donkerte gehul is nie?! Wanneer die son op een plek sak, is die son weer besig om iewers anders op te kom! Met ons lewens is dit dieselfde – dit kan dalk vir jou donker voel in jou eie lewe op die stadium… Miskien is jy in ‘n onbevredigende werk, verhouding, huwelik… Of miskien sukkel jy om maand vir maand deur te sien finansieel, en maak nie saak wat jy doen nie, uitkoms wil net nie kom nie… Miskien is jy werkloos en wil die regte werk net nie na vore kom nie, of miskien is jy siek, en sukkel jy om lig te sien aan die einde van die tonnel… Miskien is jy eensaam of voel jy totaal en al alleen, al is jy omring deur baie vriende / familie of mense…

Hierdie dinge is als dinge wat ons lewensvreugde, oftewel JOY kan steel… Dit kan ons vul met negatiwiteit, en maak dat ons dag vir dag net die slegte dinge raaksien, omdat ons, ons fokus daarop plaas… Hierdie aanhalings van vandag,is almal vir my gevul met SOVEEL waarheid! ‘n Ander aanhaling wat hierby aansluit, is “the Joy of the Lord is my strength…” God is my en jou sterkte! Hy sal ons kom vul met ‘n innerlike vrede, en geluk wat nie in die wêreld gevind kan word nie… Om gelukkig te wees, beteken ook nie om NIE probleme te hê nie, dit beteken net om God in beheer te stel van daardie probleme en dit nie self te laat probeer uitsorteer nie! Wanneer jy jou lewe in God se hande plaas, is daar EINDELOSE moontlikhede van watter rigting jou lewe kan inslaan!! As jy dalk jouself op ‘n afdraend of skerp opdraend bevind op die oomblik – gee die stuurwiel in God se hande! Hy kan ENIGE tyd jou ‘n u-turn laat maak, en EINDELOSE moontlikhede oor jou pad laat kom!

Onthou – die klein dingetjies in die lewe, is wat geluk bring! Nie die groot goed nie… ‘n Vriendelike glimlag, spesiale herinneringe wat saam met vriende en familie gemaak word… Geld kan sulke dinge nie koop nie… Laat God toe om jou JOY te herstel, hier amper aan die einde van 2011… Laat Hom toe om jou te kom vul met nuwe krag vir die laaste stukkie… Hy het jou nog nie ‘n oomblik verlaat n ie – Hy stap nog HEELTYD langs jou… Hy sal jou ook hierdie laaste stukkie dra as jy nie meer kan nie… Bid net, en vra Hom…

Blessings!**

Sunday 4 December 2011

"Om te faal is nie om te val nie, dis om te bly lê..." ~ Mary Pickford

Haloes! :)


"Om te faal is nie om te val nie, dis om te bly lê..." ~ Mary Pickford

Hebrews 13:5

God has said: 'I will not in any way fail you, or give you up or leave you without support. I will not, I will not in any degree leave you helpless or forsake you or let you down! Assuredly not!

2 Kings 18:5&7

Hezekiah trusted in the LORD! And the LORD was with him and he was successful in whatever he undertook...

"Om aan te hou is om sukses te behaal..." ~ Thomas Sutcliffe Mort

"Jy kan nooit die persoon oorwin wat weier om op te gee nie..." ~ Babe Ruth

Ek is seker daarvan elkeen van julle het al geval – letterlik J Ek het nou die dag, na ‘n lekker lang dag, ‘n trap misgetrap en geval (met my laptop en handsak :)). Maar omdat een van my kollegas saam met my daar was, het ek net so vinnig soos ek met die aarde kennis gemaak het, weer my voete gevind… Ek dink dit moes soos ‘n rubberbal effek gelyk het :) En al was dit vrek seer, en wou ek net in trane uitbars, het ek die meisie verseker dat ek 100% was, en dat ons maar kon aanstap…

Dit het my laat dink – hoeveel mense voel daagliks of hulle faal in dit wat hulle aanpak, en voel net om eerder te bly lê nie… Miskien is jy eensaam of voel jy totaal en al alleen met die omstandighede waarmee jy gekonfronteer word, of dat jy dink niemand sal agterkom as jy net opgee / bly lê nie… Soos wat my kollega langs my gestaan het, toe ek LETTERLIK geval het :), so is God daagliks langs jou as jy dalk faal in die dinge wat jy aanpak, of sukkel met “lewensdinge”… Miskien sukkel jy om jou finansies te bestuur, of om God volkome te vertrou met dinge wat jy face (siekte, verhoudings, opdraende by die werk of skool…) Miskien het vriende of familie jou teleurgestel, en sukkel jy om jou vertroue in mense terug te kry… Gee dit vanoggend vir God!!! Watookal jy mee sukkel – gee dit vir God!!

As God se kinders het ons versekering, en TALLE beloftes in Sy woord dat Hy ons nie alleen sal laat nie… VERTROU Hom daarvoor!!! Elkeen van ons het ‘n keuse wanneer ons val – ons kan bly lê, of ons kan opspring en terugveg J Die lewe aanpak deur MET God se krag, die bul by die horings te pak J Soos ‘n bul ‘n rooi doek storm, moet ons die “moeilikheid” wat ons face stormloop! Saam met God kan jy ENIGE iets doen!!! ENIGE IETS – NO LIMITS! Glo dit vandag…

Blessings!


Thursday 1 December 2011

“Wanneer jy af is, is God besig met iets…Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die ontmoontlike…”

Haloes! :)
“Wanneer jy af is, is God besig met iets… Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die ontmoontlike…”
Joël 2:26
“Julle sal weer die kos kry wat julle begeer. Julle sal die Here julle God loof wat hierdie wonders vir julle moontlik maak…”
Psalm 91:11-12
“Want Hy sal Sy engele beveel om jou op al jou weë te beskerm… Hulle sal jou op die hande dra, sodat jy jou voet nie stamp nie…”
Hoekom Kerk Toe Gaan???
'n Persoon skryf 'n brief aan 'n tydskrif en kla dat dit vir hom geen meer sin maak om kerk toe te gaan nie... Hy skryf: "Ek gaan al vir meer as 30 jaar kerk toe, ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3200 preke geluister, maar ek kannie een onthou nie. So ek dink ek mors my tyd en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek".
Die artikel is in die tydskrif gepubliseer en 'n paar weke het verbygegaan voordat iemand soos volg op die artikel geantwoord het: "Ek is reeds 30 jaar getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer 32,000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een van die spyskaarte onthou nie. Maar dit weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, as dit nie vir daardie etes was nie, dan sou ek vandag dood gewees het. Dieselfde geld ook vir die kerk. As ek nie gegaan het om geestelik gevoed te word nie sou ek vandag geestelik dood gewees het." ~ Anoniem (Forward email)
Hierdie stukkie was vir my ongelooflik special!!! Hoe waar is dit nie?! Mede Christene maak inpak in ’n mens se lewe… Of dit nou by die kerk, by die werk is, of as mens sosiaal verkeer… Onthou – jou lewe mag die enigste Bybel wees wat sommige mense lees!!! Wanneer ons deur “trails” gaan, is dit somtyd moeilik om opgeruimd, en positief te wees… En dit is wanneer dit SIELSKOS is om met mede Christene tyd te spandeer… Dis dieselfde as om met God tyd te spandeer. Mens se battery word sommer net re-charged, en jy kan voel hoe jy weer’n positiewe ingesteldheid kry vir DIE LEWE J
Ek weet ons dagprogramme is so ’n gejaagdheid, en dat mens meeste van die tyd, tyd het vir absoluut niks nie… Dis die maklikste om by kerk toe gaan / tyd saam met mense wat POSITIEWE inpak op jou lewe kan he, of selfs jou stiltetyd saam God tyd te “sny” om uiteindelik jou dagtake gedoen te kry. Onthou net – soos ons kos nodig het om aan die lewe te bly, het ons SIELSKOS nodig om nie INSANE (J) te raak nie, of om nie alle hoop te verloor nie… God wil jou daagliks Sy genade en liefde kom bewys en jou kom vul met NUWE HOOP vir die dag van môre... Sodat, al gebeur WAT, dit jou nie sal breek nie, maar net sterker maak… God stretch ons partykeer met die uitdagings wat oor ons pad kom - maar dit sal jou NOOIT breek nie... Daar is TE veel beloftes in Sy woord dat Hy net die goeie vir jou bestem het - so GLO dit!!! God wil JOU gebruik om daardie POSITIEWE inpak op die wêreld te maak, en ’n verskil vir die Koninkryk te wees… Wanneer mens se ingesteldheid anders is, val die slegte dinge sommer vinnig in plek… It needs to be mind over matter!! En ek weet dis maklik om te se, maar moeiliker om te leef! Maak nie saak wat nie - onthou dit waarvoor jy het om dankbaar te wees J Solank jy een iets het om voor dankbaar te wees vandag - is jy blessed!!! Ek hoop jy is vol HOOP vir hierdie laaste maand van die jaar!!! God het groot planne en blessings vir jou lewe!! Jy moet net 'n instrument in Sy hand wees - Hy sal sorg vir die musiek :)
Mag jy 'n PRAGTIGE Vrydag en naweek he!
Blessings!

“Nothing that is worthwhile is ever easy…Remember that…”~ Nicholas Sparks, Message in a Bottle…

Haloes! :)
“Nothing that is worthwhile is ever easy… Remember that…” ~ Nicholas Sparks, Message in a Bottle…
Fillipense 4:13
“Ek is tot alles in staat deur Hom wat my die krag gee…”
Isaiah 40:31
“But those who put their hope in the Lord, will renew their strength… They will soar on wings like eagles, they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”
Vitamiene vir die Siel...
Ons almal het vitamiene nodig in ons liggaam, al is party belangriker as ander.
Vitamiene A;vir Aanmoediging en Inspirasie vir elke dag.
Vitamiene B;vir Blydskap, smile so nou en dan vir iemand! Jy maak dalk net iemand se daggie.
Vitamiene D;vir Dankbaarheid. Wees dankbaar vir alles wat jy het waarmee God jou geseen het.
Vitamiene E;wees Eg en Eerlik met jouself en almal om jou.. Eerlikheid is die pad na enige iemand se Respek.
Maar: Vitamiene C; is die belangrikste:
Vitamiene C;
Jy is tot alles in staat deur Christus wat jou die krag gee...

Ek het die laaste tyd nogals baie oor die volgende gedink – Niks in die lewe wat die moeite werd is, kom maklik nie… Dit verg gewoonlik harde werk, kosbare tyd wat geinvesteer moet word, en dat jy werklik ‘n passie moet hê om te veg vir dit wat jy wil hê… “Good things comes to those who wait…” Dis iets wat mens moet onthou wanneer jy dalk ongeduldig wil raak omdat dinge nie in plek wil val nie, of wanneer dit dalk vir jou voel of jy heeltyd net “obstacles” in jou pad het, en dat die dinge wat jy graag in die lewe wil hê, jou bly ontglip…
Iets wat mens egter net moet onthou – alles wat jy graag wil hê, gaan nie net noodwendig in mens se skoot val nie. God is ons ultimate provider, en Hy sal voorsien wanneer ons bid, maar ons moet self ook bereid wees om te werk en te veg vir dit wat ons wil hê… Ons het die belofte dat Jesus ons nooit sal verlaat nie – Hy sal ons help, en ons is tot ENIGE iets in staat deur Hom wat ons die krag gee, maar ons moet van ons kant af ook werk… Hierdie laat my dink aan die storie van die ou wat gestrand was in die middel van die oseaan, en op ‘n dobberende stuk hout gewag het vir “redding” om te kom. Hy’t gebid dat God sal voorsien, en hom sal red… 3 Keer het daar bote verbygekom en aangebied om hom op te tel en na veiligheid te neem, maar hy het elke keer net gesê – die Here sal vir my ‘n uitweg stuur… Hy het op die ou end gesterf, en toe hy by die hemelse poorte kom, het hy aan God gevra – hoekom het U my verlaat en my nie gered of voorsien toe ek U redding nodig gehad het nie? U het dan gesê U sal altyd voorsien! Die Here het toe net gereageer deur te sê – 3 keer het Ek vir jou ‘n uitweg gestuur, maar jy wou dit nie vat nie…
Die antwoord op ons vrae is baie keer reg voor ons neus… Ons is baie keer vol fiemies met dit waarmee God ons seën… Ek bid dat jy sal bid vir God se wil oor jou lewe… God gee mens nie altyd waarvoor jy bid nie, maar Hy gee jou ALTYD wat jy nodig het… Veg vir dit wat jy wil hê, en GLO dat God in elke behoefte wat jy het sal voorsien… Of dit nou is om gesond te wees, om finansiele sekuriteit te hê, om liefde te vind, of verhoudings te herstel, om werksekuriteit / gelukkigheid te hê – gee dit oor in jou Paps se hande… En keep on fighting!!! Niks wat die moeite werd is, kom maklik nie – wees bereid om van jouself te gee, te bid, te wag en te veg, vir dit wat jy graag sal wil hê…
Blessings!