Wednesday 31 October 2012

Miracles are the retelling of the very same story which is written across the whole world in letters too large for some of us to see...~ CS Lewis

Haloes!

Miracles are a retelling of the very same story which is written across the whole world in letters too large for some of us to see... ~ CS Lewis
John

John 6:5-13

When Jesus looked up and saw a great crowd coming toward him, he said to Philip, “Where shall we buy bread for these people to eat?” He asked this only to test him, for he already had in mind what he was going to do.
Philip answered him, “It would take more than half a year’s wages[a] to buy enough bread for each one to have a bite!”
Another of his disciples, Andrew, Simon Peter’s brother,spoke up, “Here is a boy with five small barley loaves and two small fish, but how far will they go among so many?”
10 Jesus said, “Have the people sit down.” There was plenty of grass in that place, and they sat down (about five thousand men were there). 11 Jesus then took the loaves, gave thanks, and distributed to those who were seated as much as they wanted. He did the same with the fish.
12 When they had all had enough to eat, he said to his disciples, “Gather the pieces that are left over. Let nothing be wasted.” 13 So they gathered them and filled twelve baskets with the pieces of the five barley loaves left over by those who had eaten.

'Miracles happen to those who believe in them...' ~ Bernard Berenson

'Impossible situations can become possible miracles...' ~ Robert H Schuller

Verbeel jou gou dat jy rustig by die huis verkeer, en skielik daag daar net 'n menigte (duisende) mense by jou huis op vir aandete?! Sou jou begroting dit kon behartig? Sou jy genoeg sitplek vir almal kon organiseer? Sou jy genoeg tyd he om 'n feesmaal te kon produseer?? Om die perfekte geleentheid te reel, is daar baie faktore om in ag te neem... Beplanning, hulpbronne en nogmaals beplanning is aan die orde van die dag!! Dinge om te oorweeg: 'n Venue wat groot genoeg sal wees om
al die mense te akkomodeer... 'n Topgehalte spysenier om kos te kan voorsien vir die menigte...  'n Begroting en fondse om die kos te kan koop, asook om die spysenier se salaris te betaal! dekor?! Beplanning om te weet hoeveel kos noodsaaklik sal wees om almal te vul!K

God het vir ons deur hierdie wonderwerk net weereens bewys dat NIKS onmoontlik is nie!!! Hy het in 'n japtrap gesorg vir die venue, Hy het 2 vissies en 5 brode in 'n absolute feesmaal omskep, en daar was soveel oorvloed dat daar selfs 12 mandjies kos oorgebly het!!  Dis net weereens vir ons bevestiging dat ons 'n Lewende God dien!!! As ons God DIT kon doen, kan Hy siekte genees, verhoudings herstel, liefde laat blom, geldsake laat uitwerk, werke laat "flourish" en eksamen stress vir ons beheerbaar maak... God wat daagliks nog wonderwerke doen, is in staat om soveel meer te doen as wat jy kan bid of dink - aan al daardie vrese wat jy vandag deurmaak!!! He IS ABLE!!!

Blessings vir jou!!

Anelli**

Tuesday 30 October 2012

“Feed your fears and your faith will starve. Feed your faith, and your fears will.” ― Max Lucado

Haloes! J

“Feed your fears and your faith will starve. Feed your faith, and your fears will.” ― Max Lucado

Psalms 111:10

The fear of the LORD is the beginning of wisdom; all those who practice it have a good understanding. His praise endures forever!

Proverbs 12:25

Anxiety in a man’s heart weighs him down, but a good word makes him glad.

Faith activates God - Fear activates the Enemy… ~ Joel Osteen

“No person [should] walk out into the world to begin the day until he or she has stood beneath the cross to receive God’s love.” ― Max Lucado

Ek wil graag vandag ‘n spesiale gedagteki doen, na aanleiding van Hurricane Sandy…  Ek dink nie een van ons het ‘n idee waardeur daardie mense op hierdie oomblik gaan nie…  Ek’t net die hooftrekke van die Hurricane en storm gesien, en ek’t nie regtig woorde om te beskryf wat daar aan die gebeur is nie…  Mense wat vrees vir hul lewens, mense wie hul lewens verloor het, huise sonder elektrisiteit, huise onder vloedwater, huise wat deur vuur in puin gelê is…  Hospitale wat ontruim moes word aangesien die “back-up generators aangegaan het, en daarna doodgegaan het as gevolg van verspoelings…  Hulle beweer dat dit die ergste storm is wat nog ooit plaasgevind het…   Met ’n storm soos hierdie, het dit my laat dink aan Noag se Ark…  Nie soseer die sondevloed nie, maar die feit dat God vir Noag, sy familie, en al die diere bewaar het deur daardie storm…  Dit opsigself was ook ’n wonderwerk…  40 dae en 40 nagte se water wat geval het, en deur God se behoedende en bewarende hand, het Hy hulle lewend gehou…  Verder het Hy by wyse van ’n reënboog vir Noag en sy nageslag belowe het dat daar nooit weer so baie water sou val nie…  Dat Hy ’n getroue God is… Elke keer wanneer ek ’n reënboog sien, word ek herinner aan “nuwe hoop”…

Ek weet nie of jy dalk voel asof jou lewe tans deur ‘n “hurricane” omver gewerp word nie…  Dat waar jy kyk, jy net vure moet doodslaan, of water moet opvee…  In hierdie tye – hoe moeilik ookal – maak tyd vir God…  Wanneer ons, ons geloof voed, SAL ons weer NUWE HOOP kry…  God sal ons harte kom rustig maak, wanneer ons geloof op HOM gevestig is, en nie op die probleme  wat ons probeer onderkry nie…  Wanneer jy weer vandag teneergedruk voel, sonder hoop, of sonder lewenskrag – fokus op God…  Die reënboog sal ALTYD kom na die storm…  God het dit al vir Noag belowe…  Kom ons bid vir die mense in Amerika wat tans in vrees leef…  Waar baie van hulle dalk nog nie eens die Here ken nie, en dalk nie eens ’n geleentheid sal he, indien hul lewens geneem gaan word nie…   Tree in vir hulle by God…  As Christene, kan ons ’n verskil maak om saam te bid…  En wanneer mens vir ander bid, het God somtyds ’n manier om op vreemde wyses dinge vir jou te laat uitwerk…  Jou situasie sal in plek val…  Soos God sorg vir kos vir die voëls en reën vir die plante, sal God sorg dat jy van jou “daaglikse brood” (alles wat jy benodig) voorsien sal word!

Groot blessings vir jou!

Anelli**

Gebed vir Amerika:  Here Jesus, Ons kom voor U vandag om elke persoon in Amerika voor U voete neer te lê…  Ons bid vir die wat nog nie gered is van hul huise; die wat dalk alles verloor het in die storm; die wat geliefdes verloor het; die wat net totaal sonder hoop sit op die oomblik…  Ons bid vir mense in hospitale, mense in “hurricane shelters”…  Ons bid ook vir alle Suid-Afrikaners wat tans in New York en omliggende dele werk…  Ons bid dat U hulle veilig sal bewaar, en dat U hulle sal veilig terugbring huis toe…  Ons vra dat al hierdie dinge binne U wil sal geskied…  In Jesus Naam…  Amen

Gebedsversoeke op my blog:

1.  Ek wil vra dat julle asb saam met my vir my niggie en haar man sal bid wat al vir 8 jaar probeer swanger raak.  Dokters raadop, maar ek glo dat met gebed is alles moontlik....

2.  Ek wil asseblief vra dat ons vir my niggie sal bid. Die kanker het reeds deur haar hele liggaam versprei. Ek wil net graag he ons moet bid vir haar familie en vir haar deur hierdie moeilike tyd waardeur hulle gaan. Haar dogter is nou in graad 12 en ek bid vir haar om deur haar eksamens te kom en sterk te bly!

Monday 29 October 2012

“Challenge your limits don’t limit your challenges…” – Juan de Jongh

Haloes! :)
 
“Challenge your limits don’t limit your challenges…” – Juan de Jongh

Ekodus 16:4-5

“Die Here sê toe vir Moses: “Ek gaan vir julle kos van bo af gee…  Die volk moet dit elke dag bymekaarmaak…  Dit sal vir My wys dat hulle bereid is om te leef soos Ek wil hê…  Hulle moet gereed maak om elke keer op die sesde dag twee keer meer huis toe te bring as wat hulle normaalweg elke dag bymekaarmaak…”

James 4:6-10

“But he gives more grace. Therefore it says, “God opposes the proud, but gives grace to the humble.” Submit yourselves therefore to God. Resist the devil, and he will flee from you. Draw near to God, and he will draw near to you. Cleanse your hands, you sinners, and purify your hearts, you double-minded.  Be wretched and mourn and weep. Let your laughter be turned to mourning and your joy to gloom. Humble yourselves before the Lord, and he will exalt you…”

“You don't develop courage by being happy in your relationships everyday. You develop it by surviving difficult times and challenging adversity…” ~ Epicurus

A positive attitude is not going to save you. What it's going to do is, everyday, between now and the day you die, whether that's a short time from now or a long time from now, that every day, you're going to actually live…” ~ Elizabeth Edwards

Die wonderwerk van Manna uit die Hemel is vir my een van die ongelooflikste wonderwerke wat God ooit gedoen het…  As jy die hele storie weer in konteks wil lees – gaan lees bietjie Eksodus 16…  Die Here het die Israeliete uit Egipte gelei, waar hulle deur die Farao onderdruk was…  Terwyl hulle deur die woestyn getrek het, het hulle by Moses begin kla oor hoe honger hulle was…  Die Here het dit raakgesien en vir Moses gesê dat hy vir die Israeliete kos in die vorm van Manna sal voorsien…  Hy het belowe om hulle elke dag genoeg kos te gee, wat die Israeliete net daagliks moes optel…  God het egter beveel dat hulle niks van die kos moes probeer oorhou vir die volgende dag nie…  Hy het belowe dat daar elke dag genoeg sou wees, maar op die 6e dag, sou Hy dubbel soveel kos gee sodat daar genoeg vir die Sabbat / rusdag sou wees…  Die Israeliete het nie geluister nie, en op die eerste dag, kos probeer optel vir die 2e dag ook…  Die Here het goggas gestuur om daardie kos te infiltreer, en dit het sleg geruik…

Hoekom skryf ek hierdie laaang agtergrond vir jou?  WANT, God sorg steeds daagliks vir ons…  Hy voorsien ons ELKE dag van genade en krag wat ons nodig het om deur daardie spesifieke dag te kom…  Hy stuur ook vir ons blessings oor ons pad – wat ons somtyds as vanselfsprekend aanvaar…  Ons probeer baie keer staatmaak op die krag wat ons vandag ontvang het om van dit vir môre te bêre…  Maak ons dan nie soos die Israeliete wat nie op God vertrou het, dat Hy sal sorg vir die dag van more nie?  Ons worry so baie, en vergeet dat God eintlik vir ons daar is…  Om ons te ondersteun, en om ons battles vir ons te fight…  Al wat ons hoef te doen, is om ons oe oop te maak en die nuwe dag aan te gryp, en God se hand te vat…  Klink te maklik??  Dit is so maklik…  Wanneer die duiwel weer allerhande stories in jou kop wil prop van dinge wat nie gaan uitwerk nie, of dat jy nie goed genoeg is vir alles wat jou kant toe kom nie – se hom sommer REGUIT – VOERTSEK Satan – my God is in beheer…  As die Here dit kon laat brood reen het vir die Israeliete, kan Hy vir jou uitkoms bring vir jou situasie…  God is in beheer…  Gee Hom net die stuurwiel, en skuif bietjie oor na die passasierskant…

Blessings!

Anelli**

Sunday 28 October 2012

“Don't walk behind me; I may not lead. Don't walk in front of me; I may not follow. Just walk beside me and be my friend…” ~ Albert Camus

Haloes! :)
 
“Don't walk behind me; I may not lead. Don't walk in front of me; I may not follow. Just walk beside me and be my friend…” ~ Albert Camus
Genesis 1:1-3

“In die begin het die Here die hemel en die aarde gemaak…  Voor die skepping was alles eensaam en verlate…’n Angswekkende donkerte het oor die bodemlose dieptes gehang…  En ‘n ongelooflike sterk wind het heeltyd oor die waters gewaai…  God was egter daar, en Hy het gesê:  “Laat daar lig wees…”

Genesis 2:1,16
“So het die hemel en die aarde en alles daarin ontstaan…  Die Here God het verder gesê: ‘Dit is nie reg dat die mens alleen is nie…  Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan bystaan en hom kan help…”

“I've learned that no matter what happens, or how bad it seems today, life does go on, and it will be better tomorrow. I've learned that you can tell a lot about a person by the way he/she handles these three things: a rainy day, lost luggage, and tangled Christmas tree lights. I've learned that regardless of your relationship with your parents, you'll miss them when they're gone from your life. I've learned that making a "living" is not the same thing as making a "life." I've learned that life sometimes gives you a second chance. I've learned that you shouldn't go through life with a catcher's mitt on both hands; you need to be able to throw something back. I've learned that whenever I decide something with an open heart, I usually make the right decision. I've learned that even when I have pains, I don't have to be one. I've learned that every day you should reach out and touch someone. People love a warm hug, or just a friendly pat on the back. I've learned that I still have a lot to learn. I've learned that people will forget what you said, people will forget what you did, but people will never forget how you made them feel.” ― Maya Angelou

Ek het die naweek so gesit en dink aan wonderwerke…  Iets wat nog daagliks deel is van ons lewens, maar wat ons dikwels nie raaksien nie, aangesien die Satan so hard werk om ons daagliks aan te val…  Dit voel vir my of tye net al hoe meer deurmekaar raak, en hoe harder mens bid partykeer, hoe meer val satan jou aan…  Ek het toe wonderwerke in die Bybel “gegoogle” en daar ‘n lys van 120 items gekry…  En dis net “partial” (nie almal nie)…  Het gedink ek gaan van die grootste wonderwerke oor die volgende 2 / 3 weke aanraak, dat ons net weer opnuut in “AWE” kan staan van die groot God wat ons dien…

Een van die grootste wonderwerke vir my is defnitief die skepping…  Elke dingetjie het sy plek…  Die plante, die diere, voëltjies, organismes – “U name it, God het ‘n plek vir dit gemaak…”  God het die Skepping gemaak in 6 dae…  Op die 7e dag het Hy gerus…  Hoekom dink ons partykeer dan dat ons 7 van 7 dae moet werk?  Dat die wêreld uitmekaar gaan val as ons nie op ons pos is, of reg is om 7 dae aaneen te werk nie?  Ek dink aan veral die tye wat Satan jou lewe so aanval – al wat jou deur sulke moeilike dinge gaan kry, is ‘n BREAK…  En nie dat JY moet breek nie – maar dat jy net sal rustig raak in God…  Dat Hy jou kan vul met nuwe krag om die nuwe uitdagings, wat elke dag oor jou pad kom te kan “face”…  Wanneer jy moeg raak, is wanneer Satan “attack”…  Hy weet dat ons meer worry wanneer ons moeg raak – maar God belowe in Sy woord - Isaiah 40:31 – “but those who hope in the Lord will renew their strength.  They will soar on wings like eagles, they will run and not grow weary,    they will walk and not be faint…”  God is vir jou, selfs al is die duiwel besig om jou lewe nag te maak!  Die draaipunt is nader as wat jy dink…  Spreek die goeie goed oor jou lewe – God sal sorg dat dit realiseer…

Blessings!

Anelli**

Thursday 25 October 2012

"When the going gets tough, the tough get going..." ~ Billy Ocean


Haloes! :)
"When the going gets tough, the tough get going..."  ~ Billy Ocean
Jeremia 29:11
"Ek weet wat Ek vir julle beplan sê die Here:  Voorspoed en nie teenspoed nie...  Ek wil vir julle 'n toekoms gee...  'n Verwagting..."
Numeri 23:19
"God is nie 'n mens dat Hy sou lieg nie, 'n mens dat Hy van gedagte sal verander nie...  Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, iets belowe en dit nie uitvoer nie?"
"Gee my geduld om te wag totdat U by my is...  Toon my u wil, en laat my wil ooreenstem met U wil...  Wees U my krag, wees U my vrede, wees U my weg...  Ek dank U dat U by my is..."  ¬ Johannes Hus
"Men's best successes come after their dissapointments..."  ¬  Henry Ward Beecher
Ek was die afgelope maande gekonfronteer met soveel getuienisse van mense wat stories vertel van dinge wat net nie wil uitwerk nie...  Dit het my net weer opnuut laat besef het, dat ons ALMAL net mense is, en dat die lewe meeste van die tyd baie hard kan wees...  Deure van geleenthede klap links en regs toe, en hoe jy ookal probeer, en hoe jy ookal bid, nuwe deure wil net nie oopgaan nie...  Baie keer kan dit voel asof God beloftes gemaak het, wat net nie bewaarheid word nie...  Of dat die talle gebede wat jy het, net onbeantwoord bly...  Dat jy nie vrede in jou lewe ervaar met waar jy jouself bevind nie...  Die dinge voel net deurmekaar, sonder doel, en asof niks wil uitwerk nie...
Die twee tekste wat ek hierbo het, is twee van my gunstelinge!  Dit is ABSOLUUT waar, vir elkeen van ons wat God se kinders is...  Ek kan vandag vir jou VERSEKER...  God laat die dinge in plek val, op SY TYD...  Al wat Hy van jou vra, is dat jy nie moed op sal gee nie, dat jy sal aanhou veg, aanhou om jou beste te gee, en aanhou GLO dat Hy SAL sorg...  Hy is nie 'n God wat sal jok nie - dus kan ons die beloftes wat in die Bybel is, vir onsself toe-eien!  Plak daai beloftes op jou yskas, of by jou badkamer spieël, lessenaar of kasdeur op, dat wanneer jy mismoedig wil word, jy net kan opkyk, en herinner kan word aan God se grootheid, almag, en beloftes...  As jy gehoorsaam is, en God vertrou, SAL Hy jou beloon!  Hy sal die seën uit die Hemele op jou laat daal, en dit SAL op die regte tyd kom...  Wanneer die dinge nie gebeur soos jy dit wou hê nie, is dit omdat God iets 150 keer beter vir jou ingedagte het!  Al voel dit vir jou vandag dalk onmoontlik om te glo - wag net op Hom... Hy sal jou NIE in die steek laat nie...
blessings!
anelli**

Wednesday 24 October 2012

“A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour…” ~ Anonymous


haloes! J

“A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour…”  ~ Anonymous

Hebreërs 10:36

"Volharding is wat julle nodig het om die wil van God te doen en te ontvang wat Hy beloof het..." 

 1 Chronicles 4:10

Jabez cried out to the God of Israel, “Oh, that you would bless me and enlarge my territory! Let your hand be with me, and keep me from harm so that I will be free from pain.” And God granted his request.

"As jy nie die hele pad wil aandurf nie, waarom hoegenaamd wegtrek?"  ¬ John Namath

"Jy sal dalk 'n geveg twee maal moet veg om dit te wen..."  ¬ Margaret Thatcher

Ek LOVE hierdie quote van Margaret Thatcher...  Die lewe het 'n manier om ompaaie met ons te loop, en op daardie ompaaie, BAIE "curveballs" na jou kant toe te gooi...  Ons sal baie ongelukkige mense wees indien ons heeltyd alles wat oor ons pad kom bevraagteken, of heeltyd ontevrede en ongelukkig wees indien dinge nie gaan soos wat ons dit beplan het nie...  Want – uit ondervinding kan ek sê – dinge gaan baie keer, baie anders as wat jy dit beplan het…  John Namath het net so ‘n groot waarheid beet!  Dink gou as jy om die blok wil gaan stap…  As jy nie voel dat jy dit in jou het om die hele pad te kan stap nie of nie lus is vir die afstand nie, dink ek nie jy gaan eers begin nie…  Wat egter baie keer in ons lewens gebeur, is dat ons die staptog onderneem, en daar dan onvoorsiene dinge op ons pad gebeur…  Ek’t op ‘n dag gaan draf in Stellenbosch…  Nog nie eens kwart pad op my roete nie, hardloop ‘n hond uit sy baas se erf, en byt my been – nerf af…  Ek was in soveel pyn met ‘n stukkende been, dat ek nie verder kon draf nie…  MAAR, ek kon egter nie stilstaan nie – ek moes op ‘n manier terugkom by my koshuis…  Die enigste ander moontlikheid was om die roete klaar te stap…  God het my die krag gegee, te midde van die pyn wat ek ervaar het, om my roete klaar te maak…

God werk baie keer met "curveballs"...  Die beste dinge in jou lewe kan ontstaan uit iets wat onbepland gebeur of iets wat skielik in jou lewe ‘n opwagting maak...  Partykeer moet mens net 'n stappie terugneem, ophou om die lewe so ernstig op te neem, ophou om in al die problem en die gejaagdheid van die lewe vas te kyk, en net dankie te sê dat God in beheer is.  Dat, alhoewel jou lewe 'n rigting ingeslaan het waarop jy nie gereken het nie, dat jy vir God in beheer stel, en JOUSELF oopstel om geseën te word deur hierdie "ompaaie"...   Ek dink God laat baie keer hierdie “ompaaie toe, sodat ons kan besef tot wat ons in staat is deur God wat ons die krag daarvoor gee…  Slegs wanneer jouself oopstel vir nuwe dinge, nuwe geleenthede, sal jy ons grote God NOG beter leerken.  Wanneer jy daardie mure wat jy so versigtig opgerig het, ‘n bietjie laat sak, is daar geen keer op die seën wat God vir jou het nie – nuwe vriendskappe, mense wat vir jou daar kan wees, aangesien hulle al deur soortgelyke dinge in hul lewens is, mense wat jou ondersteun en saam met jou bid, wanneer jy hulle nodig het… Moenie dat dinge wat op oompaaie na jou toe kom, by jou verbygaan nie...  Gryp hierdie geleenthede aan, en "geniet die natuurskoon op jou ompad"...  Die mooiste en beste dinge van jou lewe, kan dalk op ‘n ompad begin...  GeNiEt VaNdAg!  Dis 'n geskenk!!

blessings!

anelli**

Tuesday 23 October 2012

"Purpose is what gives life a meaning..." ¬ Charles H. Perkhurst


Haloes! :)

"Purpose is what gives life a meaning..." ¬ Charles H. Perkhurst

Jesaja 41:10,13

"Moenie bang wees nie, Ek is by jou...  Moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God...  Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou...  Ek is die Here jou God, Ek vat jou hand, Ek sê vir jou: Moenie bang wees nie, Ek help jou..."

Daniël 10:19

"Moenie bang wees nie, jy vir wie God liefhet!  Dit sal goedgaan met jou.  Wees sterk!  Wees sterk!"

"Die grootste gevaar is nie dat 'n mens misluk nie, maar dat jy tevrede kan wees met tweede beste..."  ¬ Laurence Peter
  
"Almal van ons het EWIGE lewens...  Vir 'n sekere tydperk word ek en jy op hierdie aarde neergesit om God se storie te leef.  God het ons gekies...  Hy het ons geroep...  Hy laat ons God se storie leef en vertel, ten spyte van ons letsels, ten spyte van ons hardkoppigheid, ten spyte van ons lamlendigheid, ons sleepvoetigheid...  Terwyl ons tyd op hierdie aarde het, verander en gebruik God ons soos Hy dit wil hê.  Ons moet God se storie-vertellers op hierdie aarde wees.  Ten midde van gewone tyd, moet ons agente van die EWIGE tyd wees..." ~ NH Gemeente Rustenburg, Tuine, Kerkblaadjie

Mens kan so maklik vasgevang word in die negatiewe dinge in ons lewens, en ons kan die moeilikhede beskou as 'n groot "straf" wat God oor ons gebring het...  Ek wil my verstout deur te sê dat ek dink 99.99% van moeilike dinge wat oor ons pad kom, gebeur sodat God daardeur verheerlik kan word...  En ek WEET – dit voel nooit so wanneer jy vasgevang is in die situasie nie…  MAAR - moeilike tye hou nooit vir altyd aan nie.  God het, terwyl Hy ons elkeen geskape het, 'n spesifieke DOEL vir ons elkeen voor oë gehad...  Ek ken nie jou situasie nie, maar ek weet dat God jou kan en wil gebruik!  Ek dink nie ons besef aldag dat ons op "geleende tyd" hier is nie...  Elke oggend wat ons wakker word, is opnuut 'n blessing...  Ek wil jou uitdaag om jou PURPOSE te ontdek - indien jy nog nie het nie - en om dit te gebruik, tot eer en verheerliking van God se koninkryk.  Jy kan INVLOED hê op iemand anders se lewe - gewoonlik wanneer mens deur 'n moeilike tyd gaan, is daar iemand anders wat al PRESIES daardie omstandighede ervaar het.  Jy kan dus JOU situasie as 'n getuienis gebruik, om iemand anders te bemoedig, en sodoende 'n "storie verteller" vir God op aarde te wees... 

Ons is in die NOU geplaas, om God se storie te leef...  Moenie tyd mors op onbenullighede nie...  Maar spandeer jou krag en energie, op dinge wat ewigheidswaarde sal hê - soos liefde vir ander, omgee, 'n koppie koffie saam met iemand wanneer jy nie eintlik tyd het nie...  En onthou om vir die mense in jou lewe, wat SAAKMAAK, te sê dat jy hulle liefhet...  Moenie aanvaar dat hulle dit weet nie... En moet ook nie te laat besef - wanneer jy iemand spesiaal verloor het, wat hulle eintlik vir jou beteken het nie... Ons weet nie hoe lank ons geliefdes of spesiale mense vir ons geleen word nie...  Waardeer hulle dus terwyl jy nog die geleentheid het!  Wanneer mens op ander begin fokus, raak jou probleme en moeilike situasies sommer kleiner...  God doen "agter die skerms" wonderwerke...  Hy is TANS besig om te werk - ook in jou lewe - glo dit!!

blessings!

anel**

Monday 22 October 2012

Faith activates God - Fear activates the Enemy… ~ Joel Osteen


Haloes! J

Faith activates God - Fear activates the Enemy… ~ Joel Osteen

Psalm 23

"Die Here is my herder, ek kom niks kort nie...  Hy laat my in groen weivelde rus, Hy bring my by waters waar daar vrede is...  Hy gee my nuwe krag...  Hy lei my op die regte paaie, tot eer van Sy naam...  Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my...  In U hande, is ek veilig...  U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teestanders moet toekyk...  U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid...  U liefde en goedheid sal my lewe lank by my bly, en ek sal tuis wees in die Huis van die Here, tot in lengte van dae..."

Psalm 23, is een van daardie Psalms wat my deur ENIGE iets kry…  Wanneer mens bang is…  Wanneer jy gelukkig is…  Wanneer jy onseker is…  Dis ‘n Psalm wat op enige scenario van toepassing is, en wat my gewoonlik vul met ‘n ongelooflike rustigheid…  Psalm 23 is POWERFUL julle!  Ek het het afgekom op iets wat ek geskryf het – ‘n tyd gelede, van hoe Psalm 23, 10 beloftes daarin opgesluit het vir ons…  Ek het die Sondag oggend wakker geraak en Psalm 23 was die eerste iets wat my gedagtes gevul het...  Toe ek dit weer opnuut lees, het God vir my 10 beloftes uitgewys!  Hier is beloftes in opgesluit wat geld, van die dag wat ons gebore word, tot die dag wat ons weer by God sal wees...  Ek breek dit kortliks op soos dit vir my sin maak en ek hoop dat God jou vandag sal bless hiermee!

1.  Die Here is my herder, ek kom niks kort nie - God is altyd by my, selfs al voel dit nie so nie, om my te beskerm, en om te sorg dat ek alles het wat ek nodig het...
2.  Hy laat my in groen weivelde rus... - Hy gee my rus wanneer ek nie meer kan nie, as ek met Hom praat in gebed, en vir Hom hulp vra...
3.  Hy bring my by waters waar daar vrede is - Hy help my om besluite te maak, en gee my rustigheid en vrede in my binneste as ek die besluit met Hom bespreek is, en dit volgens Sy wil vir my lewe is...
4.  Hy gee my nuwe krag...  - God kom vul my elke oggend met nuwe krag, sodat ek my dagtaak kan aanpak...  Hy vernuwe my krag, my moed en hoop wanneer ek met Hom tyd spandeer...
5.  Hy lei my op die regte paaie, tot eer van Sy naam... - As ek vir God in beheer stel, SAL Hy my op die regte paaie laat loop, sodat ek die regte geleenthede sal teëkom, en dat ek my voete nie teen "klippe" of eerder "obstacles" sal stamp nie...
6.  Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my... - God is ALTYD by my...  Selfs al voel ek alleen, en is my omstandighede oorweldigend...  Hy sal SORG...  Ek moet net vertrou...
7.  U laat my by 'n feesmaal aansit... - God sorg altyd dat ek dit wat ek nodig het, op die regte tye ontvang...  Hy weet al wat ek nodig het, nog voor ek vra...  Ek moet net vertrou...
8.  U ontvang my soos 'n eregas... -  Ek hoef nie agter in 'n ry te sit as ek met God wil praat nie...  Ek stap reg deur - of ek bel met 'n direkte lyn hemel toe sonder enige beset tone...  Hy is ALTYD beskikbaar vir my...
9.  U liefde en goedheid sal my lewe lank by my bly… - God sal ALTYD vir my daar wees, en vir my lief wees, maak nie saak WAT ek doen nie...  Hy het my so lief gehad dat Hy vir my gesterf het...
10.  En ek sal tuis wees in die Huis van die Here, tot in lengte van dae...  Wanneer ek eendag my aardse huis verlaat, het God reeds vir my 'n plekkie daar by Hom ingerig...  Een sonder pyn, sonder seer, sonder al die slegte dinge van die wêreld...  En ek sal VIR ALTYD daar kan bly...

Hoop hierdie het jou geseën soos dit my geseën het toe God vir my gewys het wat Hy eintlik met Psalm 23 bedoel het...

Ek hoop jou dag sal pragtig wees!!

Blessings!

Anel**

Sunday 21 October 2012

“Many times we miss out on God’s best, because we give up too soon…” ~ Joel Osteen


Haloes! :)

“Many times we miss out on God’s best, because we give up too soon…” ~ Joel Osteen

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

Isaiah 41:10

Fear not, for I am with you; be not dismayed, for I am your God; I will strengthen you, I will help you, I will uphold you with my righteous right hand.

“Though you see nothing, He is acting.” ― Max Lucado

“We forget that IMPOSSIBLE is one of God's favorite words” ― Max Lucado

Wie van julle het al brood gebak?  Daar is niks lekkerder as die vars geur van ‘n varsgebakte brood nie…  Om by dit uit te kom, moet jy egter ‘n paar rou bestandele saamgooi, dit behoorlik knie, sodat dit uiteindelik ‘n deeg kan vorm wat jy as basis vir die brood kan gebruik…  Daardie deeg sal egter nie kan gaar word indien dit in die bak bly nie…  Dit sal in ‘n oond – met die regte temperatuur moet wees om uiteindelik gaar te kan raak (geleidelik) sodat dit kan uitrys, en om uiteindelik die naam – brood waardig te wees…

Hoekom skryf ek sulke stories vir jou neer??  Die beeld het die naweek by my opgekom dat ons lewe soos broodbak is…  Ons lewe is soos ‘n bol deeg…  Daar mag stadiums wees wat dit vir jou vormloos lyk…  Daar mag ook tye wees wat jy deur moeilike omstandighede gaan, en jy net nie die doel daarvan kan insien nie…  Die moeilike tye is gewoonlik soos wanneer die brood gebak word – vir die brood om gaar te raak en uit te rys, moet dit by die regte temperatuur gebak word…  God hou heeltyd oor jou die wag terwyl jy deur hierdie “louteringstye” gaan…  Hy beheer presies die “baktyd” en hitte sodat jy nie sal “brand” of seerkry nie…  So al sien jy dalk net ‘n bolletjie deeg, en weet jy dalk nie watter kant toe nie, kan jy rus in die wete dat die Here besig is…  Hy werk op “mysterious ways”…  Jy sien dalk net deurmekaargeit, en onsekerheid, maar God sien die eindpunt, en weet waarheen Hy met jou en jou lewe oppad is…  Moenie opgee voordat dinge in plek val nie!  Joel Osteen se aanhaling is vir my ook so van pas op elkeen van ons se lewens…  Ek is seker daar is baie dae, veral wanneer dinge moeilik gaan, wat jy net lus voel om handdoek in te gooi, en om op te hou probeer…  God is besig in daardie tye…  Besig om Sy beste vir jou voor te berei!!  Moenie uitmis op God se beste, omdat jy ongeduldig raak nie…  Rome is nie in ‘n dag gebou nie, en enige iets wat die moeite werd is, neem tyd!  God weet beter as ons…  Hy is in beheer!  Hy sal jou bewaar en seen in die week wat voorle!  Ek glo dit gaan vir jou 'n pragtige, en baie geseende week wees!

Blessings!

Anelli**




Thursday 18 October 2012

“I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear…” ― Nelson Mandela


Haloes! :)

“I learned that courage was not the absence of fear, but the triumph over it. The brave man is not he who does not feel afraid, but he who conquers that fear…” ― Nelson Mandela

1 Chronicles 28:20

David also said to Solomon his son, "Be strong and courageous, and do the work. Do not be afraid or discouraged, for the LORD God, my God, is with you. He will not fail you or forsake you until all the work for the service of the temple of the LORD is finished

1 John 4:18

There is no fear in love. But perfect love drives out fear, because fear has to do with punishment. The one who fears is not made perfect in love

Will you hug that college degree in the walnut frame? Will you ask to be carried to the garage so you can sit in your car? Will you find comfort in rereading your financial statement? Of course not. What will matter then will be people. If relationships will matter most then, shouldn't they matter most now?”  ― Max Lucado

“No one can do everything, but everyone can do something” ― Max Lucado

Iets wat ek die afgelope jaar by my Hollandse kollegas geleer het, is om meer op die man af (oftewel – meer reguit) te wees…  En nie op ‘n lelike manier nie – net op ‘n ferm manier, jou man te staan…  Iets wat ons as Suid-Afrikaners baie aan skuldig is, is dat ons nie sommer sal opstaan en rimpels op die water veroorsaak nie…  Ons sal dalk ongelukkig voel oor iets, maar omdat ons te “nice” mense is, sal ons maar “stilbly is ook ‘n antwoord kaart” speel…  Dis iets wat regtig vir my moeilik was, en mense het baie misbruik gemaak daarvan  Baie het sommer op my getrap, en ekt dit net toegelaat…  Ek sê weer – ons doen dit nie bewustelik nie, ons doen dit omdat ons “nice” is, en mense wil help…

Tog, wanneer daar tydens moeilike sake gevra word vir mense om op te staan vir dit waarin hulle glo – kies baie van ons om met die meerderheid saam te gaan…  Ons wil nie moeilikheid maak, of moeilikheid veroorsaak nie…  Soos in die hoërskool, net nadat jy tot leerlingraadslid verkies is…  Jou vriende is dalk van daardie mense wat dwelms op die skoolgrond gebruik / versprei…  Maar jy kan mos niks sê nie, want hulle is jou vriende?  Of jy is dalk bevorder tot jou droompos, maar jy vind uit dat daar onetiese dinge plaasvind…  Is jou pos belangriker as die regte dinge om te geskied?   Hou die water eerder stil…  Moenie onnodige “waves” maak nie…  As kind van God het elkeen van ons ‘n verantwoordelikheid…  Om te praat wanneer dit nodig is…  Om op te staan vir dit wat reg is…  Indien jy weet van ongeruimdhede wat plaasvind  by die skool, of by die werk, verhoudings, vriendskappe, huishoudings; kerk ens, en jy bly stil – is jy net so skuldig soos die wat verkeerd doen!  Ons moet opstaan, as Christelike broers en susters, en sorg dat ons optrede, vir Jesus op hierdie aarde weerspieël…  God sal in jou hart sit wanneer Hy nodig het dat jy Sy hande en voete sal wees…  Jy sal in jou hart weet wanneer daardie stemmetjie praat… En wanneer jy opstaan vir wat reg is, sal God jou nie alleen laat nie!  Hy sal sorg dat dit wat jou toekom, jou kant toe kom!  Hy sal die regverdige nie vir die wolwe gooi nie…  God sal jou beloon vir jou integriteit, en eerlikheid…  EN mense sal jou ken as iemand wat opstaan vir dit wat reg is…  Dis hoekom God ons op hierdie aarde gesit het – om die verskil in die deurmekaar wêreld te wees…

Blessings!

Anelli**

Wednesday 17 October 2012

You were born an original, don’t die a copy… ~ John Mason


haloes! :)

You were born an original, don’t die a copy… ~ John Mason

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

Isaiah 41:10

Fear not, for I am with you; be not dismayed, for I am your God; I will strengthen you, I will help you, I will uphold you with my righteous right hand.

"Pak jou lewensbootjie lig met net die nodigste: 'n warm tuiste en eenvoudige genietinge, een of twee vriende wat die naam werd is, iemand om lief te he, en iemand om jou lief te he..."  ¬ Jerome K Jerome

"God het aan jou gedink nog lank voordat jy ooit aan Hom gedink het...  Sy doel vir jou lewe dateer al van voor jy verwek is...  Hy het dit beplan voordat jy nog bestaan het, en sonder jou insette..."  ¬ Rick Warren

Het jy al jouself die vraag gevra - hoekom is EK op hierdie aardbol?  OF dink jy dalk in die negatiewe - "ek het nie 'n doel nie / ek weet nie wat my doel is nie?..."; "niemand gee om vir my nie...";  "ek is alleen en het hopeloos te veel bagasie / probleme, vir iemand om vir my te kan lief wees..."  Rick Warren en Jerome is twee absolute wenners!  Hulle slaan die spyker opdie kop!  God het jou al beplan (ek glo) tydens die Skepping...  Hy het toe alreeds geweet daar gaan 'n JY op hierdie aardbol wees, en wanneer jy gaan lewe...  Hy het jou UITGEKIES nog voordat jou ouers geweet het dat hulle aan jou sou lewe skenk...  DIT is hoe AWESOME hierdie Hemelse Pa van ons is...  Hy het vir jou 'n lewe beplan...  Hoe jy die keuses langs die pad maak, is totaal oorgelaat aan jou...  MAAR, Hy bly oneindig lief vir jou, maak nie saak HOE daai lewenspad verloop nie...  Hy is bereid om ELKE sonde wat jy doen, te vergewe...  Al doen jy dit daagliks...  en al leer jy partykeer nie uit jou foute nie...

Jy is ONGELOOFLIK spesiaal...  Ek kan nie dit genoeg beklemtoon nie...  Mens dink altyd dat jy tevrede sal wees - WANNEER...  Wanneer jy finansieel onafhanklik is...  Wanneer jy jou lewensmaat het...  Wanneer jy jou eerste kind in die wêreld bring...  Wanneer jy jou droom werk het, of jou droom kursus swot...  Of wanneer jy BAIE vriende het... Dis nie verkeerd om te streef na iets beter of om ambisie te he nie...  GLAD NIE :)  Jerome het egter vir my die regte uitkyk op die lewe - ware vriende is die wat jy 4uur in die nag sal kan bel, en hulle sal kom om jou te help - WAAR EN WANNEER ookal...   As iemand net jou vriend is wanneer jy iets is, is ek nie so seker of dit ‘n werklike vriend of vriendin is nie…  Mens sien gewoonlik wie vir jou daar is, wanneer dit moeilik gaan…  Wanneer ons dielewe eenvoudiger maak – deur op te hou om te “worry” oor onbenullighede, val die dinge baie makliker in plek, en die probleme raak ook sommer baie minder... 

God het jou gekies om Sy kind te wees...  As jy dalk bietjie ver van Hom af voel - moenie worry nie :)  Hy sal jou nooit verlaat en jou nooit in die steek laat nie...   HY is die een Iemand, wat by jou sal staan, deur die goeie EN slegte tye…  God sal jou nooit los nie - Hy het jou lief AS GEVOLG VAN al jou foute...  Ons foute gee aan ons karakter, en die lesse wat ons leer, maak van ons die mense wat ons is...  Moenie so hard wees op jouself nie - niemand is perfek nie:)  Ons almal het probleme, maar ons ALMAL is uitgekies...  Mag jy vandag God se arms van liefde om jou voel en mag jy GLO dat die lewe nie dieselfde sonder jou daarin sou wees nie...  :) 

blessings!

anel**

Tuesday 16 October 2012

“Fear is a prison…” ~ Anonymous


haloes! :)

“Fear is a prison…” ~ Anonymous

James 1:2-4

Count it all joy, my brothers, when you meet trials of various kinds, for you know that the testing of your faith produces steadfastness. And let steadfastness have its full effect, that you may be perfect and complete, lacking in nothing…

Romans 5:2-5

Through him we have also obtained access by faith into this grace in which we stand, and we rejoice in hope of the glory of God. Not only that, but we rejoice in our sufferings, knowing that suffering produces endurance, and endurance produces character, and character produces hope, and hope does not put us to shame, because God’s love has been poured into our hearts through the Holy Spirit who has been given to us.

“Meet your fears with faith…”  ~ Max Lucado

No matter how dark the moment, love and hope are always possible…~ George Chakiris

As ek vanoggend vir jou vra om te beskryf waar jy jouself in jou lewe bevind, wat sal jy sê?  Is jy dalk besig om die suksesgolf te ry?  Het dinge dalk onlangs in plek geval, en is die lewe ‘n absolute lied vir jou?  Of is daar dinge wat jou onderkry?  Dinge wat maak dat jy nie voluit kan leef nie?  Goed soos bekommernisse ten opsigte van finansiële moeilikheid?  Bekommernisse oor siekte waarmee jy dalk onlangs gediagnoseer is, of waarmee jy probeer saamleef, maar wat jou eintlik meer inperk as enige iets anders?  Miskien het iemand vir wie jy baie omgegee het, of baie lief was, jou oneindig seergemaak, sodat jy mure opgerig het rondom jou – so hoog, dat jy jouself kon afsluit vir die wêreld…  Jy het dit dalk onbewustelik gedoen, maar hoe beweeg jy aan van dit af?  Hoe kry jy dit reg om vorentoe te beweeg?

Die sleutel om hierdie tronk, genaamd VREES, te ontsluit, is Jesus…  Hy is die Enigste persoon wat begrotings laat klop – selfs al is die uitgawes meer as die inkomste, en wat WERKLIK siekte genees!  Ek’t al eerstehands gesien hoe God kanker genees…  Dis iets wat vir baie menslike breine as ‘n “baie skrale moontlikheid” bestempel sal word… Ons dien ‘n God wat spesialiseer in WONDERWERKE!!  Dis baie maklik om jouself as’t ware in ‘n “tronk” te plaas (in jou denkwyse en leefstyl) as gevolg van jou omstandighede…  En wanneer jy eers in daardie tronk is, is dit nie maklik om daaruit te kom nie…  Miskien praat ek vandag spesifiek met jou…  Jy wat sukkel om mense binne te laat…  Jy wat sukkel om uit jou “comfort zone” te beweeg en die lewe FULL ON ‘n GO te gee…  Jy wat nie meer raad het met finansies nie…  Watookal die situasie, Jesus is vandag jou antwoord…  Gaan op jou knieë en bid…  En as jy nie die woorde het om te kan bid nie, vat ‘n nota boekie, en skryf ALLES daarop neer wat jou bang maak, en dinge wat jou weerhou om ‘n lewe van oorvloed te hê!  Jy kan dit as ‘n gebed aan God neerskryf…  Voor jy WEET, gaan jy sien hoe maklik die woorde vloei!  En God sal jou antwoord, sodat jy ‘n VOL lewe kan leef!   Jy kan dit jou gebede boek noem…  Sodat dit jou instaat sal stel om ‘n lewe van gelukkigheid, en een van oorvloed te lei…    Wanneer jy oor 6 maande terugkyk in jou gebede boek, sal jy dalk nie eers onthou van die moeilike tye waardeur jy tans is / gaan nie…  God wil daardie “vrees tronk” kom oopsluit vandag…  Al wat Hy vra, is dat jy Hom sal vertrou…  Hy is al DUISENDE JARE voor ons hier op aarde gekom het, in beheer…  Ek belowe jou – Hy het meer experience met ELKE liewe probleem, as ek en jy saam… Hy ken ALLES...  En steeds het Hy ons lief met alles wat in Hom is... Kom ons GLO God, en vertrou Hom vir die beste moontlike uitkoms vir ons situasie, sodat wanneer ons, ons geloof in Hom stel, om die mure van vrees, plat te slaan, dit so sal wees…  God sal uitkoms en deurbrake bring!  VERTROU net!

Blessings!

Anelli**

Monday 15 October 2012

“Stop thinking of what could go wrong, and start thinking of what could go right…” ~ Anonymous


Haloes! :)

“Stop thinking of what could go wrong, and start thinking of what could go right…”  ~ Anonymous

1 John 5:14-15

And this is our confidence, that if we pray according to His will, He will hear us, and give us what we ask for, because our desires are in agreement with His thoughts for us…

Psalm 46:1

God is our refuge and strength, a very present help in trouble…

“I don't think of all the misery, but of the beauty that still remains.” ― Anne Frank, The Diary of a Young Girl

“Don't measure the size of the mountain; talk to the One who can move it.” ― Max Lucado

Is jy ‘n denker of ‘n doener?  Wat bedoel ek met dit?  As jy enigsins soos ek is, dink jy 100 keer aan elke moontlike uitkoms, en dan “doen” jy, wanneer jy dit klaar uitgeredeneer het…  As jy ‘n doener is, doen jy, en dan sal jy later aan die gevolge dink…  Die wêreld met sy geweld, moord, hartseer, pyn en ongelukkigheid, maak baie keer van doeners, ook denkers…  Dat ons te bang raak om voluit te lewe, want WAT AS…  Wat as ek die verkeerde besluit maak?  Wat as ek die verkeerde rigting inslaan, die verkeerde huweliksmaat kies, die verkeerde vriende het of verkeerde dinge gaan doen as gevolg van my besluit?  Elke saak het 2 uitkomste – ‘n positiewe ene, of ‘n negatiewe ene…  Hoekom is dit so dat ons 99% van die tyd slegs aan die negatiewe uitkoms dink, eerder as om die positiewe moontlikhede raak te sien?  Ons sien ‘n berg, eerder as om aan die uitsig te dink wanneer ons bo kom?

Anne Frank se aanhaling is hierbo vir my ook sommer raakvat!  As daar nou iemand wat op ‘n hopie kon sit en huil, dan was dit defnitief hulle…  Dink daaraan – jy, as jong kind, moet wegkruip van Nazi’s, wat jou in ‘n konsentrasiekamp sou gooi indien hulle jou sou vind…  Jou kinderjare van fietsry, hardloop, buite speel en lag, word alles in ‘n oogwink weggeneem, en jy moet soos ‘n grootmens die dinge hanteer wat met jou gebeur…  Tog sê sy in die aanhaling – fokus sy op die skoonheid wat steeds daar is…  Ek weet dat dit makliker gesê is as gedaan!  Om vir ander mense positief te wees, en moed in te praat, is ALTYD maklik…  Want mens glo makliker goeie dinge vir ander mense as vir jouself…  MAAR – ek glo, dat indien ons die goeie dinge vir onsself begin glo, lewens omgedraai en wêrelde verander sal word!  Moenie dat VREES vir ‘n onbekende, gaan maak dat jy net die donker raaksien, eerder as AL die nuwe geleenthede wat op jou wag nie…  God het ‘n plan, en Hy wil GOEIE goed vir jou hê!  Bid die seën van Jabes DAAGLIKS oor jou lewe, en SPREEK goeie dinge!  Sê nou al vir God dankie vir wat Hy GAAN doen, en SAL doen in jou lewe!  Leef in geloof, en vertrou dat al die goeie en mooi dinge wat jy vir ander mense glo – vir jou ook so sal wees…  Jesus het jou oneindig baie lief!

Blessings!

Anelli**




Sunday 14 October 2012

“It is often in the darkest skies that we see the brightest stars.” ― Richard Evans


Haloes! :)

“It is often in the darkest skies that we see the brightest stars.” ― Richard Evans

Psalm 91:15-16

“He shall call upon Me, and I will answer him…  I will be with him in trouble, I will deliver him and honour him…  With a long life will I satisfy him and show him My salvation…”

Psalm 84:10-12 [die Boodskap]

“Die Here God wys vir on swat ons moet doen en beskerm ons in gevaar…  Hy gee vir ons dinge wat ons nie verdien nie…  As ons doen wat Hom gelukkig maak, sal Hy vir ons gee wat ons nodig het…”

“I read about an experiment that attempted to measure the power of attitude in rats…  The researchers wanted to see how the rats’ attitudes affected their will to live…  They put one rat in a large tub of water with high sides so it could not get out…  Then they put the tub in a dark room…  They timed how long the rat would keep swimming before it gave up…  The rat lasted a little over three minutes…  Then the researchers put another rat in the same tub, but this time allowed a bright ray of light to shine into the room…  That rat swam more than 36 hours, 700 times longer than the rat with no light…  Why was that?  The rat with no light, had no hope…  When he looked ahead he saw only darkness…”  ~ Quoted from “IT’s your time ~ Joel Osteen”

Elke seisoen het in sy eie reg iets wat eie is aan hom…  God het elke seisoen geskep met ongelooflike skoonheid…  Ek dink aan herfs vanoggend…  Die bome wat ons as “groen” ken in die lente en somer, se blare neem skielik ‘n totale ander kleur aan…  Rooi, roesbruin, bruin,sommige selfs oranje…  Die bome verloor dan hierdie pragtige kleure, net om heeltemal gestroop in die winter te staan…  Maar sodra die winter verby is, dra die boom weer nuwe blare – so groen soos gras, so asof die boom nooit die wintermaande gesien het nie…  Hoekom haal ek vir jou ‘n stuk oor rotte aan, en skryf ek oor die seisoensveranderinge?  Want, liewe vriend en vriendin, ons lewens kan met beide hierdie situasies assosieer…  Ons lewe gaan self deur seisoene,  net soos die natuur dit ervaar…  Ons kan dalk die pragtigste dinge of drome in ons lewens hê, net vir die “winter” om toe te slaan en ons van ALLES te stroop…  Dat ons alles verloor wat vir ons spesiaal was, in ‘n oogwink…  Sonder dat ons daarop voorbereid was, of sonder dat ons ‘n “plan B” in plek gehad het…  En die winter  hou somtyds baie langer aan as wat ons sou hoop! 

Soos die rotte in die eksperiment, dink ek voel baie van ons soos rot 1 partykeer…  Jy is omring deur duisternis, donkerte…  Maak nie saak waar jy kyk of hoe hard jy probeer nie – daar is nie ‘n ligstraaltjie van ‘n dag oud wat na jou kant toe kom nie… Dis doodloopstraat, op doodloopstraat...  MAAR, omdat ons WEET dat Jesus aan die Kruis vir ons sondes gesterf het, SAL daar ALTYD LIG na die donkerte kom!  Selfs al voel dit vir ons of dit baie langer donker bly as wat dit moet…  Jesus het vir ons belowe, om ons NOOIT, maar NOOIT alleen te los, of te “abandon” nie…  Hy is die lig wat ALTYD Sy verskyning sal maak…  Jy kan soos rot nommer 2 WEET – Jesus leef…  Jy kan ELKE dag Hoop hê, omdat jy vir Jesus het!  Hy sal dinge laat uitwerk soos dit moet…  Somtyds hou die winter langer aan, om die opgaardamme voller te maak as voorbereiding, vir die warm somer wat mag voorlê…  God sal nie dinge om dowe neuter in jou lewe toelaat nie…  Hy is besig met voorbereidings in jou lewe, vir dit wat op jou wag...  Als sal saamwerk om uiteindelik Sy plan vir jou lewe te volbring!  Mag jy Jesus se liefde, genade, vrede en HOOP, vandag ten opsigte van elke aspek van jou lewe ervaar!

Blessings!

Anelli**