Tuesday 31 July 2012

Don’t confuse your path with your destination…Just because it is stormy now, does not mean you are not headed for sunshine…~Unknown

Haloes! J
Don’t confuse your path with your destination… Just because it is stormy now, does not mean you are not headed for sunshine… ~Unknown
Romans 8:37-39
“But in all these things we overwhelmingly conquer through Him who loved us. For I am convinced that neither death, nor life, nor angels, nor principalities, nor things present, nor things to come, nor powers, nor height, nor depth, nor any other created thing, shall be able to separate us from the love of God, which is in Christ Jesus our Lord…”
Deuteronomy 7:9
“Know therefore that the LORD your God, He is God, the faithful God, who keeps His covenant and His loving kindness to a thousandth generation with those who love Him and keep His commandments…”
“Strength doesn’t come from what you can do, it comes from overcoming what you once thought you couldn’t…” ~ Unknown
“If you have nothing to be grateful for check your pulse..”. ~ Author Unknown
Ek dink nie ‘n mens weet wat in jou steek of tot wat jy in staat is, voordat jy tot die uiterstes getoets word nie… Mens leer die meeste van jouself in die gesig van die grootste uitdagings J Mense wat vir my ’n groot inspirasie is met hierdie stelling, is mense soos Natalie du Toit… Vir die van julle wat nie weet wie sy is nie– gou kortliks… Natalie du Toit was ’n swemmer van formaat van ouderdom 14… Een dag na swemoefening, was sy in ’n ongeluk (haar scooter is deur ’n motor omgery), wat daartoe gelei het dat haar linkerbeen tot onder die knie geamputeer moes word… Drie maande na die ongeluk het sy weer leer loop, en was sy terug in die swembad… Sy swem sonder ’n kunsbeen… Sy het in die paralimpiese spele in 2004 4 goue en een silwer medalje gewen… 2008 Paralympics – 5 goue medaljes… Hierdie is net in kort hoor!
Ekt nou die afgelope tyd geleer hoe afhanklik jy van beide jou bene is! Dink jou gou in – jy is op krukke vir ’n week. Jy mag glad nie jou een been gebruik nie, maar jy moet steeds jou elke dag se taak verrig, kos maak, werk toe gaan, motor bestuur ens ens… Dit klink alles bitter maklik, totdat jy daardie bord kos moet dra iewers heen, terwyl jy jou balans moet hou op die krukke… Dis fisies onmoontlik! Ek dink dat as ek Natalie moes wees, sou ek seker gedink het dat my swemloopbaan verby is, indien ek in daardie ongeluk moes wees en my been sou verloor? Wat dink jy? Wat sou jou reaksie wees? Haar “spirit” is vir my ongelooflik, en sy is werklik ’n HUGE inspirasie vir my! Want NET 3 maande, nadat hierdie verskriklike ongeluk met haar gebeur het, was sy al aan die terugveg… Sy het nie toegelaat dat die reën wat in haar lewe geval het, haar weggehou het van die sonskyn (al die oorwinnings by die Olimpiese en Paralimpiese spele) wat op haar gewag het nie! Hoekom laat ons dit dan toe in ons eie lewens?? Ek dink daar gebeur daagliks dinge wat ons ontmoedig… Wat saadjies van wantroue in God plant in ons lewens… Waar ons begin twyfel aan onsself, en ons vermoëns… Waar ons begin twyfel aan dit wat EINTLIK moontlik is… Natalie, kan vir ELKEEN van ons ’n inspirasie wees, van iemand wat bly glo, en bly LEEF het, terwyl haar omstandighede totaal en al teen haar was… Sy is vir my ’n vrou by wie elkeen van ons kan kers opsteek, en wanneer dit voel – ek is besig om ‘n “losing battle te fight” – haar storie te onthou as ’n onmoontlike, wat God in ’n moontlike omskep het… Ephesians 3:20 – “Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us…” & Luke 1:37 - For with God nothing will be impossible.” Mag dit jou inspirasie wees vandag!
Blessings!
Anelli**

Monday 30 July 2012

´Life is like a camera...Just focus on the important, capture the good times, develop from the negatives, and if things don’t turn out, just take another shot…’~Unknown

Haloes! :)
´Life is like a camera... Just focus on the important, capture the good times, develop from the negatives, and if things don’t turn out, just take another shot…’ ~Unknown
Hebrews 10:36
For you have need of endurance, so thatwhen you have done the will of God you may receive what is promised…
Galatians 6:9
And let us not grow weary of doing good, for in due season we will reap, if we do not give up…
“God places the heaviest burden on those who can carry its weight.” ~ Reggie White quotes
“Love knows no limit to its endurance, no end to its trust, no fading of its hope; it can outlast anything. Love still stands when all else has fallen.” ~ Unknown
Ek is MAL daaroor om foto’s te neem… Baie dikwels tot die irritasie van die mense wat saam met my is, maar wat dan na die tyd gewoonlik baie dankbaar is vir die herinneringe wat vasgevang is op kamera… Digitale kameras is ook vir my ONGELOOFLIK, want jy kan dadelik sien wat die uitkoms van die foto is, en as die prentjie nie vasvang wat jy wou nie, vee jy hom summier uit en neem dadelik ’n totale nuwe ene… Hierdie aanhaling is vir my pragtig en SO waar! As mens dit opbreek en stuk vir stuk daarna kyk, lyk dit as volg: Dink gou wat jy gewoonlik met ’n kamera afneem? Spesiale oomblikke, mooi tonele wat jy graag sal wil vasvang, om later weer te kan herleef… Jy sal defnitief nie ’n kamera uithaal vir onbenullighede nie… Just focus on the important, capture the good times… Ons maak elke dag foute, omdat ons doodgewone mense is… Die foute is ons boublok om die volgende uitdaging baas te raak - develop from the negatives… En wanneer ons onsuksesvol is in dit wat ons aanpak, is daar ALTYD ’n kans om weer te probeer – dit hang van onsself af, of jy gaan bly lê wanneer jy platgeslaan word, en of jy gaan opstaan en terugveg… just take another shot…
Dis maklik om vasgevang te raak in die onbenullighede van die lewe, of om te bly lê wanneer jy val of platgeslaan word… Die maklikste manier om ’n teleurstelling te verwerk, is om nie daaroor te sit en tob nie, maar om so gou as moontlik weer die perd op te saal, en die geveg trompop te hardloop… Mens kan teleurstelling op 2 maniere hanteer –deur te vlug, of deur terug te veg! Dis ’n wilsbesluit wat jy vir jouself moet neem… Daar is niks moeiliker as om iemand te probeer wen wat gedetermineerd is om iets deur te sien, of om daardie ekstra “fight” in te sit om die oorwinning te behaal nie! Ek wil nie eers praat oor die rugby van Saterdag nie, maar die span wat dit die graagste wou hê, het die hardste baklei, en op die ou ende met die louere weggestap… Daar waar jy opeindig, of die doelwitte wat jy behaal, hang af van hoe hard jy daarvoor gaan baklei… God sal jou wat getrou volhard, beloon vir jou toegewydheid! Dit gebeur net nie altyd op ons terme, op ons tyd, en op die manier wat ons dit noodwendig wil hê nie, maar WEET met versekering… Jy sal nie tekortskiet, op ENIGE gebied van jou lewe, as jy jou afhanklikheid van God bely, en ook in afhanklikheid van Hom lewe nie… Hy sal sorg dat jy het wat jy nodig het, wanneer jy dit nodig het… Nie noodwendig wat jy wil hê nie, maar ALTYD wat jy nodig het… Mag jy dit sommer vandag ervaar en opnuut besef in jou lewe! God het jou oneindig lief J
Blessings!
Anelli**

Sunday 29 July 2012

"God's plans for your life far exceed the circumstances of your day..." ~ Louis Giglio


Haloes! :)

"God's plans for your life far exceed the circumstances of your day..."  ~ Louis Giglio

2 Corinthians 4:16-18 

So we do not lose heart. Though our outer self is wasting away, our inner self is being renewed day by day. For this light momentary affliction is preparing for us an eternal weight of glory beyond all comparison, as we look not to the things that are seen but to the things that are unseen. For the things that are seen are transient, but the things that are unseen are eternal...

Romans 12:12 

Rejoice in hope, be patient in tribulation, be constant in prayer...

A winner is someone who recognizes his God-given talents, works his tail off to develop them into skills, and uses these skills to accomplish his goals... ~ Larry Bird

A winner never stops trying... ~ Tom Landry

Wat is dit wat jou dryf in die lewe?  Wat kry jou om op te staan in die oggend, en weer die lewe opnuut aan te durf?  Daar is ‘n hele paar antwoorde wat nou na vore kan kom...  HOOP...  Hoop dat vandag ‘n beter dag as gister sal wees!  Hoop dat ek vandag sal regkry waarmee ek gister gesukkel het...  Ek het die naweek so ‘n bietjie van die Olimpiese Spele gekyk en ek dink iets wat ELKE persoon in gemeen het, is dat hulle hou daarvan om “te wen”...  In die Opening, kon jy sien dat Londen, soveel tyd en energie investeer het, om ‘n topgehalte opening te lewer...  En het hulle, hulself nie goed van hul taak gekwyt nie? 

Ek’t met al die deelnemers ook gesien – almal het een strewe, om dit waarvoor hulle so hard gewerk het die moeite werd te maak...  Om die vrugte te pluk van ure se oefen en tyd wat hulle in hul gawe ge-investeer het...  My hart het gebreek vir die wat jy kon sien ‘n “’n bad day at the office” gehad het...  4 Jaar wat jy oefen, en dan het jy een kans om jouself te bewys, en jouself te laat geld...  As dit nie jou dag is nie, kan jy ALLES in jou vermoë probeer doen, maar die uitslag sal steeds teen jou tel...   Ek dink met ons lewens, kan ons ook getuig van dit...  Mens kan partykeer SO hard werk, vir iets, maar wanneer dit net nie bestem was vir jou OP DIE STADIUM van jou lewe nie, sal dit nie uitwerk nie...  God het ‘n manier om op snaakse maniere te werk, somtyds...  Jy kan soveel verwagtings hê, van hoe jy “droom” dat dinge sal uitwerk, waar God dan dinge TOTAAL kom “opmix”, dat dinge op ‘n heel ander manier sal uitwerk...  Deurdat situasies soms anders uitwerk as wat jy gehoop het, sorg God baie keer dat jy leer van jouself en ook tot wat jy in staat is, wanneer dinge moeilik gaan...  God gebruik ook baie keer sulke situasies om aan jou te wys om jou vertroue in Hom te stel, en nie op aardse dinge nie...  Hierdie aanhaling van Louis Giglio is een HUGE waarheid!  Jou DAG vandag, is maar net 'n druppel in die emmer van wat God vir jou beplan...  God sal jou help om jou gawes tot SY eer te gebruik...  Partykeer gaan jy teleurgestel word, deur hoe dinge uitwerk, maar dit sal slegs ‘n boublok wees van die goeie dinge wat op jou wag...  Vat dit dag vir dag, uitdaging vir uitdaging...  ‘n Olimpiese atleet / deelnemer, het nie in ‘n oogwink gekom waar hulle is nie...  Maar deur konstante harde werk, geloof, vertroue in hulself, deursettingsvermoe, trane, baie vasbyt en HOOP, dat hulle wel die vermoë het, om die taak wat voorlê suksesvol aan te pak...  Ons het al klaar ‘n voordeel, nog groter as dit alles, want ons het vir God...  Wat DAAGLIKS vir ons daar is, en wat ons sal ophelp wanneer ons val...  God is groter, as enige uitdaging, of as enige donker pad wat jy tans of in die afsienbare toekoms sal moet stap...  Hy sal sorg vir lig op die pad – ons moet net ons oog gevestig hou op Jesus...

Blessings!

Anelli**

Friday 27 July 2012

"I've learned.... That sometimes all a person needs is a hand to hold and a heart to understand..." ¬ Andy Rooney


Haloes! :)
 
"I've learned.... That sometimes all a person needs is a hand to hold and a heart to understand..."  ¬ Andy Rooney
 
2 Korintiërs 1:4
 
"In elke moeilikheid bemoedig Hy ons...  Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikheid verkeer..." 
 
Psalm 94:18-19
 
"Toe ek gedink het my voete gly, het U trou liefde my regop gehou Here...  Toe Ek met baie onrus in my binneste sit, het U vertroosting my tot rus gebring..." 
 
Storietjie vanoggend vir jou...
 
"Op Maandag 9 Augustus 1993 het Sophia White by 'n hospitaal in Los Angeles opgedaag met 'n pistool...  Sy het gekom om Elizabeth Staten te konfronteer, 'n verpleegster wat volgens haar 'n verhouding met haar man gehad het...  White het ses skote afgevuur en Staten in die gewrig en maag getref...  Staten het gevlug en White agterna.  In die noodgevalle afdeling het 'n ander verpleegster, Joan Black, die ondenkbare gedoen...  Black het kalm na White toe gegaan en haar 'n drukkie gegee en haar getroos...
 
White het gesê dat sy niks het om voor te leef nie, dat Staten nou haar gesin het...  "Jy is in pyn", het Black gesê...  "Ek is jammer, maar almal ervaar pyn in hulle lewe...  Ek verstaan, en ons kan daaroor praat..."  Terwyl hulle gepraat het, het die indringer haar vinger op die sneller gehou...  Een keer het sy die pistool gelig asof sy haarself wou skiet...  Black het haar arm afgedruk en haar vasgehou...  Uiteindelik het Sophia White die pistool vir die verpleegster gegee...  Sy is ontwapen deur 'n drukkie...  Dit is verstommend wat medelye kan doen..."  ¬ Tom Tripp
 
Miskien het jy vriende of familie wat deur moeilike tye gaan, maar jy weet nie hoe om te help nie?  Die maklikste uitweg, is om te maak of die situasie nie bestaan nie...  Al wat mens hoef te doen in moeilike tye, is om seker te maak dat jou vriende en familie WEET dat jy daar is vir hulle...  Dat hulle op jou kan staatmaak, en dat jy vir hulle lief is...  Dade wys soveel meer as woorde...  Partykeer het mens nie eens woorde nodig nie - want mense sal deur jou optrede, jou omgee kan raaksien wat in jou hart aangaan...  Gee 'n drukkie, sonder om dit te probeer verduidelik, of sit net by iemand en hou hulle hand vas...  Dit sal verseker meer beteken as 'n stortvloed woorde...

Dis baie keer die "probleem" met Christene, en wat ook nie-Christene afskrik...  Baie keer bely mens aan die een kant - dit is wat ek glo, en waarvoor ek staan...  Maar wanneer dit by die UITLEEF daarvan kom, skiet ons tekort...  Ons is nie daar vir ander nie, en daar waar ander nie kan sien nie, leef ons nie ons Christelike waardes uit nie... Dis iets waaroor ek baie sterk voel...  Wees 'n "what you see is what you get persoon" eerder as iemand wat met sy mond iets bely, en met sy lewe anders optree...
 
As jy dalk deur 'n moeilike tyd gaan en dit voel moontlik vir jou niemand verstaan nie, wil ek vir jou sê - God verstaan...  As dit voel of Hy heeltemal afwesig is in jou lewe / dat jy Hom glad nie ervaar nie - in sulke tye onthou ek altyd daardie prentjie van "Voetspore"...  God is VERSEKER besig om jou in hierdie tye te dra...  Onthou ook - daar is ALTYD iemand wat jou meer liefhet as wat jy jouself het...  GOD...  En Sy deur staan 24/7 oop...  Jy sal nooit 'n "beset-toon" kry as jy vir God bel deur gebed nie...  Hy is daar - en beskikbaar, NET vir JOU...  Hy sal sorg en voorsien, in ALLES wat jy nodig het...  Hou net aan vertrou...
 
blessings!
 
anelli**

Wednesday 25 July 2012

"Whatever is at the center of our life will be the source of our security, guidance, wisdom, and power..." ¬ Stephen Covey


Haloes! :)
 
"Whatever is at the center of our life will be the source of our security, guidance, wisdom, and power..." ¬ Stephen Covey
 
 Psalm 118:5-6
 
"In my nood het ek na die Here geroep, die Here het my gebed verhoor...  Die Here is by my...  Ek ken geen vrees nie; wat kan 'n mens aan my doen?"
 
Psalm 118:8 (Middelste vers in die Bybel)
 
"Om by die Here te skuil, is beter as om op mense te vertrou..."
 
"Die Christen moet soos 'n vyeboom wees, en nie soos 'n Kersboom nie...  Die Kersboom is dood en die versierings word daaraan vasgemaak, maar die vyeboom leef en dra vrugte..."  ¬ John Stott
 
"Die Christelike lewe is vir ons moeilik omdat ons God se seën vra, maar doen wat ons wil.  Ons maak ons eie planne en kies ons eie werk, en vra Hom dan om dit te seën..."  ¬ Andrew Murray
 
 Waarop is jou lewe gebou?  Wat is die middelpunt van jou bestaan?  Is dit jou werk?  Jou swottings?  Jou familie?  Jou geld?  Indien jy dit vandag alles sou verloor, sou daar iets vir jou oorbly?  Sou jy iets hê om na te streef?  Hoe kry jy jou weeklikse krag?  Waarin lê jou sekuriteit?  Dis baie vrae :)  En ek is seker dat almal se antwoorde moontlik kan verskil ten opsigte van hulle...  Daar is EEN gemene faktor vir elke vraag - en dit is God...  As daar vandag iets moet gebeur wat veroorsaak dat jy ALLES wat jy het verloor, SAL jy steeds vir God hê...  Jou daaglikse en weeklikse krag, kom van God af...  Die enigste sekuriteit wat jy werklik het, is die wete dat God jou nooit sal verlaat nie, jou nooit in die steek sal laat nie...  Hoe weet ek dit?  Want Hy belowe dit in Sy woord - Hebreërs 13:5. 
 
Steven Covey se aanhaling is dus "spot on"!  As God die middelpunt van ons bestaan is, dit wil sê, as ons Hom ken in alles wat ons doen, sal ons wysheid hê; ons sal voorsien word van sekuriteit, Hy sal aan ons leiding gee in moeilike besluite en Hy sal ons daaglikse kragvoorsiener wees.  Ons verantwoordelikheid is om te bid, om Bybel te lees, en om heeltyd God se wil vir ons lewe te soek...  Dit kan ons slegs doen, as God die belangrikste in ons lewens is...  Hy moet die middelpunt van ons bestaan wees...
 
Miskien voel jy dalk bietjie ver van God vanoggend...  Daar kan baie redes wees daarvoor...  Jy gaan dalk deur donker dieptes wat niemand verstaan nie...  Jou werk kan baie veeleisend wees; jy kom dalk uit 'n verhouding wat verbrokkel het; miskien het jy 'n geliefde verloor; of moet jy siekte hanteer wat onverwags tevoorskyn gekom het...  Te midde van dit alles wil ek vir jou net sê - God is by jou...  Hy belowe in Psalm 23 dat, al moet jy deur dale van doodskaduwee gaan, sal Hy by jou wees...  Al erken JY Hom dalk nie op die oomblik die middelpunt van jou bestaan nie, is Hy STEEDS vir jou daar...  Hy het belowe Hy sal jou nie los nie...  Jy kan dus vandag met 'n GROOT vreugde tegemoet gaan...  Jou Pa is met jou... En Hy sal jou krag; sekuriteit; leiding en wysheid gee om elke situasie te hanteer...
 
blessings!
 
anel*
 
PS - Interessante feit:  Psalm 118 is PRESIES die middel van die Bybel.  Daar is 594 hoofstukke voor Psalm 118 en 594 hoofstukke na Psalm 118 ¬ Powerpoint epos wat ek ontvang het...

Tuesday 24 July 2012

"Good people are good because they've come to wisdom through failure. We get very little wisdom from success, you know..." ¬ William Saroyan


Haloes! :)
 
"Good people are good because they've come to wisdom through failure. We get very little wisdom from success, you know..." ¬ William Saroyan
 
Spreuke 3:5-6
 
"Vertrou volkome op die Here,  en moenie op jou eie insigte staat maak nie...  Ken Hom in alles wat jy doen, en Hy sal jou die regte pad laat loop..."
 
Isaiah 43:1-3

Now thus says Yahweh, who created you, O Jacob, and He who formed you, O Israel: ‘Fear not, for I have redeemed you; I have called you by your name, you are Mine. When you pass through the waters, I will be with you; and through the rivers, they shall not overflow you: when you walk through the fire, you shall not be burned, neither shall the flame kindle upon you. For I am Yahweh, your God, the Holy One of Israel, your Savior; I have given Egypt as your ransom, Ethiopia and Seba in your stead’
 
"Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het Abraham Lincoln by geleentheid gesê: "In moeilike tye beleef ek baie, baie dae wat ek met absolute sekerheid weet dat daar geen oplossing vir ons probleme is nie...  Nie ek of my raadgewers beskik oor die nodige wysheid nie...  So word ons gedwing om op ons knieë te gaan..."  ¬ Anoniem
 
Ek weet nie of jy op die oomblik die golf van sukses ry, en of jy dalk van die sukses-golf afgegooi is nie...  Ek bedoel dit ten opsigte van ELKE aspek van jou lewe...  Werk, swot, liefde, gesin, siekte, geluk, mislukkings...  Elke dag is 'n nuwe geleentheid om iets omtrent jouself, en iets omtrent die lewe te leer...  Mislukkings stel ons in staat om juis dit te kan doen!!  God ken jou unieke situasie...  Hy sal nie dinge oor jou pad stuur, wat jy nie met Sy krag sal kan hanteer nie...
 
Ons leer die meeste in moeilike tye...  Dis ook die tye waarin ons, ons eie uithouvermoë leerken...  Die tye van mislukkings of moeilike tye, is ook die tye waarin ons die naaste aan God is - ek dink 'n mens bid meer as jy bekommerd of bang is...  Mislukking of moeilikheid, leer ons wysheid...  Dit leer ons dat ons tot niks in ons lewe in staat is, sonder dat God ons die krag daarvoor gee nie (Fillipense 4:13)...  Ek het 'n baie oulike aanhaling raakgelees wat 'n mens somtyds vergeet - "Dit is waar dat 'n mens die lewe net deur terugskoue kan verstaan...  Maar dan vergeet ons ook 'n ander beginsel wat ook waar is: die lewe kan net vorentoe geleef word" - Sören Kierkegaard...    Moenie deur mislukkings ontmoedig word nie...  Klim terug op die branderplank, terwyl jy op jou knieë (biddend) bly, sodat God van jou 'n wêreldklas "surfer" kan maak...  Moenie teen die brander probeer uitswem nie - dit wil sê, VERGEET van dit wat agter jou lê...  Ry die golf (go with the flow), sodat jy VORENTOE beweeg, en LEWE elke oomblik wat jou geskenk is...  Weet dat die branders wat jy moet "face", nie so groot sal wees, dat jy dit nie deur God se liefde, genade en bystand sal kan hanteer nie...  Jou Pa is in beheer...
 
blessings!

Monday 23 July 2012

A life without regret, is not worth living… ~ Hart of Dixie…


Haloes! :)

A life without regret, is not worth living… ~ Hart of Dixie…

James 1:2-6

Consider it pure joy, my brothers and sisters, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith produces perseverance.  Let perseverance finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything. If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you. But when you ask, you must believe and not doubt, because the one who doubts is like a wave of the sea, blown and tossed by the wind…

Matthew 7:7-8

Ask, and it will be given to you. Seek, and you will find. Knock, and the door will be opened to you. For everyone who asks, receives; and he who seeks, finds; and to him who knocks, the door will be opened…

“There are only two ways to live your life. One is as though nothing is a miracle. The other is as though everything is a miracle.” ― Albert Einstein

A life without regret is not worth living…  Dit het my aangegryp, toe ek dit hoor!  Ek dink baie van julle sal dalk dink – mmmm… vreemde quote!  Maar dink gou daaraan…  Die stories van groot getuienis van jou lewe, is dikwels wanneer dinge verkeerd gegaan het, wanneer jy moes vasbyt, en moes staatmaak op God om jou anderkant uit te kry…  Tog? 

Ek dink ons wil partykeer die lewe in ‘n boksie sit…  Ons wil ‘n plan hê, soos ‘n resep, wat ons dan stap vir stap wil volg…  Ons is bang om besluite te maak, want dan kan ons foute maak, bang vir verwerping, bang om te vertrou, bang om te veel van jouself te gee omdat jy dalk kan seerkry…  Van die lekkerste disse wat ek al geproe het, was wanneer mens die resepteboek “by die venster uitgooi” en net kook!  Die gemene faktor hier, is FEAR…  Dit verlam ons baie keer, soveel so dat ons ‘n toeskouer van ons eie lewe raak…  Ons lewe in ons comfortzone, en omdat ons so bang is vir die “moontlike dinge wat verkeerd kan gaan”, hou ons op om kanse te vat, besluite te maak wat jou challenge om die uitdaging baas te raak, en om vir God VOLUIT te vertrou dat Hy ons WEL anderkant sal uitkry…  As jy nie daardie “leap of faith” gaan neem, deur te bid oor die dinge in jou lewe, en dan oor te gee in God se hande dat dit WEL sal uitwerk nie, gaan jy dit REGRET…  En dit is nie ‘n REGRET wat die lewe die moeite werd gaan maak nie…  As jy ‘n besluit neem, en dit werk nie uit nie, SAL daar altyd ‘n goeie rede daarvoor wees, en baie keer ‘n AWESOME storie of getuienis wat daarmee saam sal gaan…  God sal nie EEN deur toemaak, as daar nie alreeds ‘n ander een is wat aan die oopgaan is nie…  Ons sien dit net nie altyd raak nie, omdat ons so vaskyk aan die deur wat toegaan het...  Ek het gisteraand hierdie ongelooflike vers gekry wat hierby aansluit…Philippians 4:6 - 'Don't worry about anything; instead, pray about everything; tell God your needs and don't forget to thank Him for His answers.'

Mag God jou seen, in elke aspek van jou lewe…  En waag bietjie…  Jy kan ONGELOOFLIKE stories hê, waaraan jy eendag kan terugdink en kan vertel wanneer jy op die ouetehuis se stoep sit…

Blessings!

Anel**

Sunday 22 July 2012

“I may not have gone where I intended to go, but I think I have ended up where I needed to be.” ― Douglas Adams, The Long Dark Tea-Time of the Soul


Haloes! :)

“I may not have gone where I intended to go, but I think I have ended up where I needed to be.” ― Douglas Adams, The Long Dark Tea-Time of the Soul

 Mark 11:24
 "So I tell you, whatever you pray for and ask, believe that you have got it and you shall have it..."

 Fillipense 4:19
 "En God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien, volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus..."

 'n Storietjie...
 "I love ordering things from clothes catalogues...  The order forms, are like crossword puzzles - but with all the answers provided...  I feel great, clever, and all that, because I can fill them in!  The order is mailed and forgotten in the rush of more immediate things...  Then bang, right in the middle of some activity totally unrelated to my catalogue order, the parcel is delivered!  How like God...  The specifics of my order are carefully tabulated and delivered in his time and with eternal efficiency...  The answers are sent to prayers I prayed months, even years ago - long after I have forgotten my requests...  Sometimes, it no longer really matters to me if the parcel even arrives!  But my words are not allowed to fall to the ground...  Angels catch them and register the demand...  How good of God..."  ¬ Jill Briscoe ¬ Quiet times with God

 Verbeel jou gou vir 'n oomblik jy is die president van ons land, en elke persoon in die land, mag instap in jou kantoor in om probleme met jou te kom bespreek, volgens afspraak...  Suid-Afrika se populasie is volgens die laaste sensus in 2011, 50.5 miljoen mense... Indien jy dan kyk na die aantal ure tot jou beskikking 365 dae x 24uur (in aggenome dat jy dan nooit gaan slaap nie) = 8760 ure...  Indien jy dan 8760 ure deel deur die aantal mense, gee dit jou 0.000173 uur wat jy op elke inwoner van Suid-Afrika kan spandeer...    Dit, indien jy sal anneem dat een persoon nie meer as een keer vir jou kom besoek nie?

Dink net hoe sou dit wees as jy in 'n jaar, 0.000173 uur saam met God gehad het?  Wat as ons 'n afspraak moes maak, en jy ook die hele wêreld se mense 'n beurt moes gee?  'n Mens sou JARE wag vir 'n "insignificant" tyd met God...  Hoe awesome is God nie?  Dat Jesus vir ons aan die kruis kom sterf het, dat ons die Heilige Gees ontvang het, en dat ons SONDER 'n afspraak met God kan praat - soveel keer 'n dag soos ons wil!  En God slaap nooit nie!  Hy is nie beperk, soos ons as mens beperk is nie...   Hy is 24 uur van die dag tot ons beskikking...  JUIS daarom, MOET ons Hom nie in 'n boksie sit met ons gebede nie...  Glo die onmoontlike!  As dit dalk vir jou voel op die oomblik of jy bid, maar niks gebeur nie...  Of dit voel net vir jou of gebede teen die dak vasgaan, wil ek jou VERSEKER vandag, God hoor jou...  En Hy luister...  Hy sal voorsien wat jy nodig het, WANNEER jy dit nodig het...  Ek love die onderwerp aanhaling vandag – mens land nie altyd op waar jy beplan om te wees nie, maar altyd waar jy moet wees!  Ek dink ons verstand is te klein om te besef hoe groot God is...  En hoe klein ons werklik is, in vergelyking met die wonderwerke wat God KAN doen, as ons net meer onvoorwaardelik glo...  Glo God...  Glo dat Markus 11:24 vir JOU waar kan wees...  want dit kan...  Take the leap of trusting God:)

blessings!

Thursday 19 July 2012

“You never know where the next miracle will come from…” ~ one tree hill

Haloes! :)
“You never know where the next miracle will come from…” ~ one tree hill
Psalm 103:11,17
“For as the heavens are high above the earth, so great is His mercy toward those who fear Him … But the mercy of the Lord is from everlasting to everlasting on those who fear Him…”
Luke 1:37
“For with God nothing will be impossible...”
“Miracles happen to those who believe in them.”~ Bernard Berenson quotes
“Even miracles take a little time…” ~ Unknown
Glo jy dat wonderwerke vandag nog gebeur? Ek kan sommer hoor hoe sommige van julle sê – “ja, defnitief…” Ander weer: “Ja, seker… net nie met my nie…” Ander: Nee, ek dink dis iets wat in die Bybel se tyd gebeur het… NOU: Ander vraag: Glo jy dat die son môre sal opkom? Natuurlik sal dit – dis iets wat daagliks gebeur… Wonderwerke, is net soos die son wat opkom soggens… Ek belowe jou – in jou daaglikse gejaag, gebeur daar ten minste elke dag 1 iets wat ’n klein wonderwerk is, deur die genade van God wat oor ons die wag hou… Daar is ook baie groot wonderwerke waaroor ons vandag nog kan getuig... Siekes wat gesond gemaak word, verhoudings wat herstel word, finansies waarin voorsien word, wanneer dit lyk of daar geen uitkoms is nie, werke of geleenthede waar mense al lank soek na die regte werk; vriende vir mense wat eensaam en alleen is... Dis maar enkele voorbeelde...
Scenario: Iemand vra jou vandag ’n guns, maar jy weet jou tyd is bietjie beperk, en jou antwoord –ek gaan my bes doen om jou te help vandag, anders defnitief môre… Hoe sou jy voel as jy hoor dat daardie persoon dan na iemand anders gegaan het, en aan die ander persoon vertel het, jy is nie in staat om te help nie? Jy sal seergemaak voel?! En ek dink nie jy sal daardie persoon wil help nie… Ons hanteer baie keer vir God so – wanneer ons glo dat dinge nie kan uitwerk, of dat Hy nie gaan uitkoms gee, omdat Hy nie jou gebede antwoord nie… GEDULD… God het ons nog altyd belowe – Hy sal met ons wees… Hy sal sorg, en Hy sal Sy liefde oor ons uitstort… Hy sal ons toegooi met wonderwerke en seën – solank ons aanhou glo en vertrou dat SY tyd die beste en regte tyd is! Partykeer het groot wonderwerke tyd nodig... Groot geduld en tyd... God sal jou omboul met wat Hy vir jou in store het... Jy moet net nie ophou glo en vertrou nie... And Jesus answering saith unto them, Have faith in God. For verily I say unto you, That whosoever shall say unto this mountain, Be thou removed, and be thou cast into the sea; and shall not doubt in his heart, but shall believe that those things which he saith shall come to pass; he shall have whatsoever he saith... ~ Mark 11:22-23 (KJV)
Blessings!
Anelli*

Wednesday 18 July 2012

“We create our own destiny…” ~Greys Anatomy

Haloes! :)
“We create our own destiny…” ~Greys Anatomy
John 16:33
“I have said these things to you, that in me you may have peace. In the world you will have tribulation. But take heart; I have overcome the world.”
Psalm 138:7-8 [Message]
“When I walk into the thick of trouble, keep me alive in the angry turmoil. With one hand strike my foes, With your other hand save me. Finish what you started in me, God. Your love is eternal—don't quit on me now…”
“When we least expect it, life sets us a challenge to test our courage and willingness to change… at such a moment there is no point in pretending that nothing has happened or in saying that we are not ready… The challenge will not wait… Life does not look back… A week is more than enough time to decide whether or not to accept our destiny…” ~ Paulo Coelho
“Serendipity. Look for something, find something else, and realize that what you've found is more suited to your needs than what you thought you were looking for.” ~ Lawrence Block quotes
Ek weet nie wie van julle al die voorreg gehad het om te vlieg nie? Ek moes verlede week vir werk travel, en dit was een van die aakligste 2 ure van my lewe… Die vliegtuig het met die opstyg, zig zag gegaan voordat dit opgestyg het (weet nie waarvan nie), en toe baie wankelrig sy pad tot in die lug gemaak… Terwyl ons op koers was, het ons erge turbilensie ervaar… Dit was bitter erg!! Met die landing, weer dieselfde wankelrige storie! Ek het heelpad gebid dat ek net heel anderkant sal uitkom… Hoekom vertel ek jou dit?
Ons lewens kan met hierdie vergelyk word… Uitdagings of moeilike keuses mag oor ons pad kom, en wanneer jy in dit is – is jy in dit… Jy kan nie halfpad kop uittrek en opgee nie (as jy in die vliegtuig sit, moet jy maar wag tot hy land om anderkant uit te kom)… Die turbilensie wat mag plaasvind, is maar deel van hoe ons, ons lewe leef… Ons kan toelaat dat dit ons onderkry, en heeltemal “paralyze” met vrees – of ons kan BID, tot ons Hemelse Vader… Wat ’n plan vir ELKEEN van ons het, en wat ons sal help, om DEUR Sy krag dit uit te leef, en ’n verskil in die mense rondom ons se lewens te maak… Ek moes vertrou het dat die vlieënier die vermoë het om die vliegtuig op koers te hou, en my in een stuk anderkant sal uitkry… God is SOVEEL meer MAGTIGER, kragtiger en in staat om SOVEEL meer te doen as wat ons kan bid of dink (Efesiërs 3:21)… Gebed is ons magtigste wapen, om dinge wat ons nie kan beheer nie, te hanteer en oor te gee in God se hande… If God brings you to it, He WILL GET YOU THROUGH it… Het jy al vandag vir God dankie gesê vir ALLES waarmee Hy jou so ryklik seën?
Blessings!
anelli**

Tuesday 17 July 2012

“Even if you do not start well, the important thing is to end well…” ~Courageous

Haloes! :)
“Even if you do not start well, the important thing is to end well…” ~Courageous
Joshua 24:15
“Choose today who you will serve… But as for me and my house, we will serve the Lord…”
“While there's life, there's hope…” ~Cicero
Ek het ‘n ongelooflike inspirerende fliek die naweek gekyk –Courageous… Daar is soveel lewenslesse in opgesluit, dat ek jou werklik sal aanraai om dit te kyk as jy ’n kansie het… Die jaar is al oor die helfte… Hoe was hierdie jaar tot dusver vir jou? Het jy jou doelwitte wat jy uitgesit het aan die einde van 2011 al begin najaag? Het jy voluit gelewe tot dusver, deur die meeste te maak van elke dag se 86,400 sekondes wat vir jou as geskenk gegee is? Of was dit ’n moeilike jaar – een van daardie waar van jou grootste vrese bewaarheid is, waar dinge totaal teenoorgesteld was van dit wat jy verwag of gehoop het? Miskien is jy tans in een van daardie moeilike situasies, waar jy gekonfronteer is met besluite en nie weet watter kant toe nie… Want neem jy besluit 1, gebeur uitkoms 2… Niks loop saam, of werk uit nie… Vir jou wil ek vanoggend sê – HOU NET AAN… Moenie moed verloor nie!! Skilpad het vir hasie gewen, nie omdat hy vinniger of ratser was nie, maar omdat hy geduldig op sy stadige pas, aangehou en uitgehou het… Selfs al was daar oomblikke wat dit vir hom gevoel het asof hy stilstaan en glad nie eens beweeg nie… Dis nog nie te laat om hierdie jaar om te draai, en hom te laat eindig in een van die bestes wat jy nog ooit gehad het nie!
Miskien het jy die jaar sonder God begin en dalk vir ’n rukkie sonder hom geloop… Omdat jy kwaad was oor hoe dinge uitwerk, of nie uitwerk nie, of omdat dit vir jou voel dat Hy nie antwoord wanneer jy omhulp roep nie… Dis nie te laat om Hom te aanvaar of terug te nooi in jou lewe nie! Wanneer jy met God stap, SAL Hy die dinge in jou lewe in plek laat val… Ons moet net geduldig wag – God kom altyd terug na Sy beloftes! Ek dink somtyds as Hy lank vat om ons te antwoord, “toets” Hy ons as’t ware, om te kyk of ons gaan aanhou glo, en aanhou vertrou… Ons moet egter ook ons deel doen, deur ons sondes te bely, en ons afhanklikheid van Hom te erken… Ons is net mense, en sonder Hom het ons nie die krag om te FACE wat die lewe so graag uitdeel nie… In die fliek, het die een ou gesê hy wil ophou skuldig voel oor iets wat hy verkeerd gedoen het… Hy het gesê dat hy genoeg “goed” in sy lewe gedoen het, en hy hoop maar dit “outweigh” die slegte… Die ou met wie hy gepraat het, het vir hom gesê – dis nie hoe dit werk nie… Wanneer jy sondig, moet jy bid vir God se vergifnis, want alhoewel ons as mens nie oor jou sal oordeel nie, sal God eendag oordeel… Hy het dit geïlustreer met ’n baie mooi storie… Dink gou wie een van die mense aan wie jy die naasste is… Sê maar daardie persoon word vermoor, en wanneer die moordenaar se verhoor kom, sê hy vir die regter: “hierdie moord is maar een iets wat ek verkeerd gedoen het, maar die res van my lewe het ek net goeie goed gedoen…” As die regter dan vir hom sê – goed, jy is onskuldig, want al die goeie goed, is sterker as die slegte wat jy gedoen het, sou jy dink dis ’n goeie regter of ’n slegte een? ’n Slegte een natuurlik! God het vir Jesus Christus gestuur om vir ons te sterf, sodat ons VRY kan wees, en die Ewige lewe kan bekom… Maak seker dat jy weet jou saak met God is reg… Dat HY jou hart het, en in en deur jou lewe… Hy het jou ONEINDIG lief, en jou plekkie is reg daar by Hom, as jy dit wil hê… Eindig sterk, al was jou begin dalk bietjie wankelrig! God stap saam met jou!! Hy is reeds in die week wat voor jou lê, en Hy sal Sy Engele opdrag gee om jou te beskerm, waar jy ookal gaan…
Blessings!

Monday 16 July 2012

“When you choose the road of life, difficulty will arise… what can get you through it is courage, through God’s grace…” ~ Courageous

Haloes! :)
“When you choose the road of life, difficulty will arise… what can get you through it is courage, through God’s grace…” ~ Courageous
Proverbs 3:5-6
Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways acknowledge him, and he will make your paths straight.
Proverbs 18:10
The name of the Lord is a strong tower; the righteous run into it and are safe.
“Because a thing seems difficult for you, do not think it impossible for anyone to accomplish…”~ Marcus Aurelius quotes
“All things are difficult before they are easy…” ~ Thomas Fuller quotes
Het jy al in ‘n hysbak gery, en in jou haas die verkeerde knoppie gedruk? Of miskien was daar kinders voor jou in die hysbak wat dit goed gedink het om AL die knoppies te druk, dat die hysbak dus op elke vloer stilhou? Daar is vir my geen groter frustrasie, as jy reeds laat is, en dan nog moet sukkel met stop op ELKE vloer nie… Die hysbak is egter geprogrammeer om te gaan WAAR hy opdrag kry om te gaan… So al het jy nie bedoel om die knoppie te druk nie, gaan hy steeds daar stop… Jy kry seker die idee dat dit onlangs met my gebeur het J Dit het my laat dink – somtyds maak ons keuses wat dalk onder druk geneem is, wat maak dat ons dan op ’n ander plek opeindig as wat ons beplan het… Of ’n ander uitkoms laat gebeur as dit waarop ons gehoop het…
As jy kyk hoe ’n baba leer loop – hoe kry hy dit reg om regop te bly? Deur elke keer op te staan wanneer hy val, en weer te probeer… Wanneer ons die pad van die LEWE kies, is ons gewaarborg van uitdagings wat oor ons pad sal kom… Die keuse is ONS sin, HOE ons die uitdagings sal aanpak… Die belangrikste is, dat ons, ons integriteit BEHOU, en optree soos kinders van God – maak nie saak HOE moeilik die omstandighede nie… ’n Storie wat ek gekyk het, het dit vir my net weereens opnuut bevestig… Die man in die verhaal was baie arm, en het gesukkel van een kontrakwerk na die volgende… Hy het ’n vrou en twee kinders gehad, en dit was vir hom baie belangrik om vir hulle ’n goeie lewe te kon gee… Na ’n baie lang gesukkel het hy toe vir die eerste keer ’n vaste werk, en ’n inkomste wat gehelp het dat hy sy familie kon versorg… Hy kom toe te staan voor ’n kruispad… Hy kon ’n promosie kry, en ’n bestuurder word, met nog ’n groter inkomste, SOU hy kies om sy integriteit prys te gee, en oneerlike syfers aan bestuur deur te gee… Sy vrou was in trane toe hy dit aan haar vertel… Sy het oor en oor gesê, dat hulle nie kon teruggaan na die swakker lewe nie… Hy het haar net verseker – God sal sorg… Hy het nog altyd gesorg, en sal sorg vir uitkoms! Uiteinde was, die ou het sy integriteit behou, en gesê aan bestuur dat hy nie verkeerde dinge kan doen om’n promosie te kry nie… Hulle het aan hom gevra – jy besef dat jy sonder ’n werk kan wees as jy weier om dit te doen?! Hy het hulle verseker, ja, hy weet… Maar wat reg is, is reg… Hy het uit die vergadering gestap met ’n bevordering… Die bestuur het hom getoets, om te kyk of hy iemand is wat vertrou kan word, en met integriteit sal optree – al gaan dit HOE moeilik… Al gaan dinge hoe moeilik, God beloon ’n gelowige hart! Hy beloon die wat vashou aan Sy beloftes, en wat staande bly, in ’n stukkende wereld… Hy sal jou staande hou – al wat Hy vra is dat jy Sy hand sal neem…
Ek bid dat jy God se liefde en groot, groot genade in jou lewe sal ervaar! Hou aan hoop en vertrou op God! Hy sal jou nie in die steek laat nie!!!
Blessings!

Sunday 15 July 2012

“God does not always promise an explanation, but He does promise to walk with us through the pain…”~ Courageous

Haloes! :)
“God does not always promise an explanation, but He does promise to walk with us through the pain…” ~ Courageous
Deuteronomy 31:8
It is the Lord who goes before you. He will be with you; he will not fail you or forsake you. Do not fear or be dismayed…
Deuteronomy 33:27
The eternal God is your refuge, and underneath are the everlasting arms…
“Pain is temporary. It may last a minute, or an hour, or a day, or a year, but eventually it will subside and something else will take its place. If I quit, however, it lasts forever…” ~ Lance Armstrong quotes
“Pain is your friend, your ally, it will tell you when you are seriously injured, it will keep you awake and angry, and remind you to finish the job and get the hell home. But you know the best thing about pain? It lets you know you're not dead yet!” ~Movie GI Jane
As jy dink aan die woordjie PYN, wat is die gedagtes wat by jou opkom? Fisiese pyn – soos nerf-af knieë, kopseer, tandpyn of figuurlike pyn – soos jou stukkende hart, hartseer wat jy ervaar, verlies, bekommernis? Beide die tipes pyn kan ongelooflik seermaak! Ek dink aan toe ek klein was en met my fiets geval het… ’n Nerf-af knie, waarop my ma dan mercuricrum gesit het om die wond droog te maak… Ek onthou dat dit onmenslik seer was! Die wond kon ook slegs genees deurdat my ma my versorg het… My been gedokter het, en die wond gereeld skoongemaak het… As ek net ’n groot pleister daaroor sou plak, was daar die gevaar dat die wond kon onsteek, en ek infeksie daarin kon kry, wat nog erger gevolge sou hê!
Ons doen baie keer net die teenoorgestelde wanneer pyn in ons lewens na vore kom… Ons plak ’n pleister daarop, en hoop dat deur nie daarna te kyk nie, of nie daaroor te praat nie, dat dit net sal weggaan… Pyn– letterlik of figuurlik, het tyd nodig, om minder te raak… En om uiteindelik gesond te raak… Daar is ook nie ’n maklike antwoord vir hoekom ons, wat God se kinders is, pyn moet ervaar en daardeur moet sukkel nie… Miskien het ’n vriend of vriendin jou ongelooflik seergemaak, of miskien het iemand jou hart gebreek… Miskien is daar iemand in jou lewe wat net aanhou verkeerd doen, en is jou hande afgekap, dat jy niks kan doen om hom / haar te help nie… Miskien sit jy met ongelooflike bekommernis wat uiteindelik konstante pyn veroorsaak, omdat dit finansieël, so moeilik gaan dat jy nie weet waar jy uitkoms gaan kry nie… Miskien is jy siek, en weet jy nie hoe om positief te bly, en die siekte te face nie?
God is met jou… Die stukkie in Psalm 34:18: The Lord is close to the brokenhearted and saves those who are crushed in spirit…” is vir my so mooi! TIME HEALS ALL wounds… God sal heelmaak wat stukkend is… Jy moet Hom net in beheer stel en toelaat… Baie van ons is“fixers”… Ons probeer heeltyd sterk wees vir almal en alles rondom ons, en probeer om vir al die moeilikhede uitkoms te kry… Ons probeer maklike oplossings vind (“quick fix”), maar dit is nie noodwendig wat ons hart gaan heelmaak nie… God het BAIE meer ondervinding as ons in moeilik situasies… Al wat Hy vra is ons vertroue in Hom, om vir ons dit uit te sorteer… Jesus is GROTER as ENIGE IETS wat JY vandag moet deurmaak… Hy het die GROOTSTE PYN deurstaan aan die Kruis, en HY sal OM DAARDIE REDE, jou NOOIT ALLEEN los nie!
Blessings,
Anelli**

Thursday 12 July 2012

“My Godgegewe talent is my vermoë om langer met iets aan te hou as enige iemand anders...” ~ Hershel Walker

Haloes! :)

My Godgegewe talent is my vermoë om langer met iets aan te hou as enige iemand anders...” ~ Hershel Walker
Hebreërs 12:1-2
“Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en die Voleinder van ons geloof...”
Fillipense 4:13
"Ek is tot alles in staat deur Hom wat my die krag gee..."
“Wat ookal die vraag of die antwoord, die waarheid is dat vasbyt die enigste manier is... Ons kry die vermoë wanneer ons ons oë op die doel hou...” ~ Martie Lancellas

“Uiteindelik is die mens wat, ondanks sy foute, weier om op te gee, die een wat weer opstaan en aangaan en bo uitkom, die ware wenner. Iemand wat val en weer opstaan, is iemand wat respek verdien...” ~ ST Potgieter

Miskien sit jy op moedverloor se vlakte vanoggend, omdat niks wil uitwerk soos dit moet nie... Miskien voel jy dat jy in die wegspringblokke staan van ‘n 100 meter wedloop, terwyl jy ten volle in wintersklere geklee is, met stewels, jasse, serpe, handskoene, en dat die ander atlete onder jou uithardloop omdat hulle ten volle in hul atletiekdrag so lig soos ‘n veertjie is... Dit is baie keer so dat daar dinge in ons lewens kan wees wat hindernisse veroorsaak,wat uiteindelik veroorsaak dat ons nie ons doelwitte kan bewaarheid nie...

Wanneer die terugslae kom, hou ons baie keer op bid... Ons raak kwaad omdat God sekere dinge toelaat in ons lewens, en op die stadium wat die terugslae gebeur, kan dit moeilik wees om raak te sien, dat daar wel “ ‘n doel” met die gebeure is, en dat God dalk iets groters in gedagte het as wat ons kan sien... Ek wil vanoggend vir jou sê: God het aan jou spesifieke talente gegee... Daardie natuurlike talent, is nie sommer om dowe neute daar nie... Wat jou gaan onderskei van die mense langs jou, is jou vermoë om aan te hou, te midde van die hindernisse... As jy jou beste gee, SAL God die res gee – al lyk dit nie so nie! Hy sou nie vir jou die talent gegee het, as Hy nie wou gehad het dat jy dit moet gebruik nie... Byt vas, en hou aan... Die verskil tussen ‘n wenner en ‘n verloorder, is hoeveel keer jy bereid is om op te staan, en weer te probeer wanneer jy terugslae ervaar... God sal aan jou daardie deursettingsvermoë gee om enige iets end uit te sien... Hou jou oog net gevestig op Hom... Hy sal sorg... Vir die wat dalk bietjie moed nodig het vanoggend: 1 Peter 5:10: And the God of all grace, will Himself restore you and make you strong, firm and steadfast...

Hoop jy sal 'n pragtige dag en naweek he!!

Blessings!
anelli**