Thursday 19 March 2015

“Go for whatever makes you happy…” ~ Unknown

Haloes! J

“Go for whatever makes you happy…” ~ Unknown

Romans 5:2-5

“Through him we have also obtained access by faith into this grace in which we stand, and we rejoice in hope of the glory of God. Not only that, but we rejoice in our sufferings, knowing that suffering produces endurance, and endurance produces character, and character produces hope, and hope does not put us to shame, because God’s love has been poured into our hearts through the Holy Spirit who has been given to us…”

Romans 8:28

“And we know that for those who love God all things work together for good, for those who are called according to his purpose…”

“If your path seems narrow, broaden your Vision…” ~ Unknown

“Set a goal to achieve  something that is so BIG, so exhilarating, that it excites you and scares you at the same time…” ~ Bob Proctor

Dis baie keer moeilik om te weet HOE jy moet optree, en wanneer jy moet optree…  Wanneer geleenthede of groot uitdagings oor jou pad kom, is dit baie keer baie moeilik om te weet WAT jy moet doen, OF jy iets moet doen en HOE jy dit moet aanpak…  Ons vind onsself baie maklik in ‘n gemaksone, en dis nie altyd lekker om besluite te neem wat jou gemaksone kan wegneem nie…  Mens redeneer baie keer om die veilige uitweg te neem…  Die een wat die minste rimpels op die water sal maak wanneer die klippie ingegooi word…  Ons wil nie altyd baklei vir dit wat vir ons belangrik is nie…  Wanneer dit moeilik raak, voel ons om net te hou by dit wat ons ken- dit wat gemaklik is…

Baie keer, wanneer ons met groot besluite ten opsigte van geleentheid of uitdagings gekonfronteer word, vergeet ons om te bid, en dit eerstens in God se hande te sit…  Ons raak angsbevange, en sien al die dinge raak wat kan fout gaan of wat verkeerd is…  Ons kyk deur oë van vrees, eerder as om met oë van geloof te kyk…  Partykeer moet mens maar net die “leap of faith” neem…  Bid, sit jou situasie in God se hande, en vertrou dat HY dinge sal laat uitwerk soos dit moet!!!  As ons in ons vrese op ons eie kragte probeer staatmaak, en nie vir God ken in ons uitdagings nie, sal die heel maklikste wees om net NIKS te doen nie…  As ons wag vir ONS tyd, sal ons dalk NOOIT reg wees vir dit wat God vir ons lewens bestem het nie…  Ek’t net weereens laas week besef – die LEWE is ERG kort…  Jy mag dalk dink dat daar nog baie tyd oor is om jou drome waar te maak…  Maar realiteit is - die tyd is NOU… Jy het vandag 86,400 sekondes om te leef...  Om 'n verskil te maak...  Ons moet elk dag aanpak en leef asof dit ons laaste kan wees - dis maklik om die woorde te hoor, of te se, maar om dit werklik te DOEN - dis partykeer n ander storie…  Wees lief vir die mense wat God aan jou geleen het…  Say what you need to say, when you need to say it…  God stap ELKE dag saam met jou…  Al wat jy nodig het om te sien, is die eerste trappie van die uitdaging of geleentheid…  Bid daaroor, en vertrou dat God jou die bevestiging sal gee oor hoe jy moet optree, en wanneer jy moet optree…  Hy sal dit aan jou bevesitig deur Sy woord, deur getuienis, deur drome, medegelowiges ens…  Wanneer Hy dan aan jou bevestig wat dit is wat jy moet doen, MOENIE bang wees om die eerste tree te gee, en jou voet op die eerste trappie te sit nie…  God stap saam met jou – en Hy sal SORG dat alles sal uitwerk soos Hy dit bestem het om te wees – al wat ons moet doen is om in geloof agter God aan te stap, en te LEEF, elke minuut wat aan ons geskenk is…  En HEEL belangrikste – sorg dat jy GELUKKIG is…  Maak besluite wat jou gelukkig maak – nie dinge wat jy dink van jou verwag word nie – dinge wat jou sal vul met lewensvreugde J

Blessings!

Anel xx

No comments: