Wednesday 30 November 2011

“Without the Way there is no going, without the Truth there is no knowing; without the Life there is no living…” ~ Thomas A Kempis

Haloes! :)


“Without the Way there is no going, without the Truth there is no knowing; without the Life there is no living…” ~ Thomas A Kempis

Romeine 8:28

“En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk, vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe…”

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you, declares the Lord… Plans to prosper you and not to harm you, plans to give you hope and a future…”

“Life, I’ve learned, is never fair… If they teach anything in schools, that should be it…” ~ Nicholas Sparks

“In the end, you should always do the right thing, even if it’s hard…” ~ Nicholas Sparks

Thomas A Kempis slaan vandag vir my die spyker op die kop… Om jou lewe voluit te kan lewe, om jou drome na te jaag en om vorentoe te kan beweeg, is daar 3 dinge nodig: Jy moet weet waarheen jy oppad is / wat jou doelwitte of drome is… Ons moet die Waarheid (vir God) ken, om te kan onderskei tussen wat reg en verkeerd is, en ons het LEWE nodig (asem in jou longe) om te kan LEWE J As jy vir Jesus in jou lewe het, kan jy AL hierdie dinge in oorvloed hê, want deurdat Hy vir ons kom sterf het aan die Kruis, het Hy vir ons die weg, die waarheid en die lewe kom gee… En in oorvloed! Ons hoef nie te vrees om eendag dood te gaan nie, want ons het deur Jesus se kruisdood die Ewige lewe ontvang…

Miskien het jy soveel planne vir 2011 gehad, en het “Die LEWE” met jou gebeur, dat dinge nie uitgewerk het soos jy gehoop het nie of dat die lewe dalk ‘n paar harde klappe na jou kant toe uitgedeel het… Miskien voel dit vir jou of Jeremia 29:11 en Romeine 8:28 nie op jou lewe van toepassing is nie… Dat jy probeer om positief te wees, maar dit werk net nie… Of dat jy sommer net erg moeg is hier aan die einde van die jaar… Maak nie saak hoe moeilik, of hoe deurmekaar jou lewe vandag is nie – jy is GEWAARBORG van ‘n Ewige Lewe… Van ‘n God wat jou ONEINDIG baie lief het, en wat jou wil seën met SOVEEL meer dinge as wat jy tans het, asook SOVEEL meer dinge as wat jy ooit sal kan droom van… Elke dag, is ‘n nuwe geskenk van God af vir ons – die moontlikhede is eindeloos… Hoe ons egter daardie moontlikhede gaan benader is wat die deurslaggewende rol sal wees…

As jy gaan toelaat dat die lewe en sy klappe jou gaan onderkry, sal dit sommer maklik… Maar as jy terugveg, en GLO dat God vir jou ‘n pad gaan maak, waar daar tans net ‘n doodloopstraat is, SAL dit vir jou so wees… Ons moet meer bid, meer vertrou, en minder vaskyk in ons omstandighede… Die Bybel is VOL beloftes van seën, en dat ons as God se kinders, goeie dinge kan verwag in ons lewe… Dis nie net op die mense rondom jou van toepassing nie – as jy vir Jesus aangeneem het, is dit beloftes vir JOU lewe… Gaan op jou knieë, bid en vertrou! Ekt vanoggend Jabes se gebed vir jou, en ek wil jou uitdaag om dit oor jou lewe uit te bid, net daar waar jy nou sit… God sal voorsien, as ons vra en glo… “Here, seën my, seën my ryklik… Seën my, seën my daadwerklik… Vermeerder my grondgebied, hou U hand oor my, laat my geen pyn veroorsaak nie, o Heer, seën my…”

Blessings!

Tuesday 29 November 2011

“Don’t judge each day by the harvest you reap, but by the seeds that you plant…” ~ Robert Louis Stevenson

Haloes! :)


“Don’t judge each day by the harvest you reap, but by the seeds that you plant…” ~ Robert Louis Stevenson

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace… In this world you will have trouble… But take heart! I have overcome the world…”

2 Korintiërs 9:6

“Dus staan die saak so: Wie suinig saai, sal karig oes; wie ruimhartig saai, sal volop oes…”

Storietyd vanoggend… Ek het hierdie ontvang via epos, en dit het soveel lewenswaarhede dat ek gevoel het dat ek dit moes deel…

“Daar was lank gelede 'n boer wat wen mielies gekweek het. Elke jaar het hy sy mielies ingeskryf by die landbou skou en soos klokslag wen hy die blou roset vir die beste mielies in die distrik. Een jaar het die joernalis van die plaaslike dagblad 'n onderhoud met hom gevoer en iets baie interessants geleer rondom die boer se manier van mielie verbouing. Die verslaggewer het te wete gekom dat die boer sy aanplantings saad deel met sy bure. "Hoe kan jy dit bekostig om jou mielie saad te deel met jou bure terwyl hulle ook elke jaar inskryf vir die beste mielie kompetisie?" vra die verslaggewer aan die boer. "Maar meneer," sê die boer "het jy nie geweet? Die wind tel stuifmeel op van die ryp wordende mielie koppe en waai dit van saailand na saailand. Indien my bure minderwaardige gehalte mielies verbou sal kruisbestuiwing stadig maar seker die kwaliteit van my mielies nadelig beïnvloed. Indien ek goeie mielies wil hê moet ek my bure help sodat hulle ook goeie mielies verbou."

Die boer was terdeë bewus van die mens se interafhanklikheid van mekaar. Sy mielies kan nie verbeter tensy sy bure se mielies nie ook verbeter nie. So is dit ook gesteld met ons lewens. Die wat in vrede wil lewe moet ook hul bure help om in vrede te lewe. Die wat gelukkig wil wees moet ook ander om hulle help om geluk te vind aangesien die welstand van elke een verbind is aan die welstand van almal. Dit is moontlik om weg te gee en steeds ryker te word! Dit is ook moontlik om te styf vas te hou en alles te verloor. Ja, die vrygewige man sal ryk wees! Deurdat hy aan ander water gee, les hy ook sy eie dors.

Spreuke 11:24-25
Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek. Die siel wat seën, word versadig; en hy wat laaf, word self ook gelaaf.

Ons is almal deel van die liggaam van Christus… En ons het mekaar nodig om ‘n verskil in hierdie wêreld te maak… God het die mense in jou lewe daar geplaas met ‘n spesifieke doel… Wanneer ons alleen staan in hierdie wêreld is dit maklik dat die wêreld en die wêreld se dinge ons sal breek… Maar as ons as Christene saamstaan om ‘n verskil te maak, saam met God, is daar geen beperking op wat moontlik is nie… God is groter, en magtiger as ENIGE IETS... Wanneer ons ander mense in ag neem, en ander se belange bo ons eie stel, bless God ons gewoonlik uit ons sokkies uit - sonder dat mens dit eers altyd besef... Die klein dingetjies - probeer dit vandag raaksien, en glo vandag dat ALLES saam God moontlik is!! Mag God jou bless uit jou sokkies uit, en mag jy Sy liefde en Sy genade ervaar - in alles wat jy vandag moet face / aanpak…

Blessings!







Monday 28 November 2011

"Just when you think it can’t get any worse, it can… An just when you think it can’t get any better, it can…” ~ Nicholas Sparks, The Rescue…

Haloes! :)


"Just when you think it can’t get any worse, it can… An just when you think it can’t get any better, it can…” ~ Nicholas Sparks, The Rescue…

Spreuke 3:5

“Vertrou op die Here met alles wat jy het… Moenie staatmaak op jou eie insigte nie… Vra na die Wil van God in alles wat jy doen… Hy sal die regte pad vir jou wys…”

Josua 1:9

“My opdrag aan jou is dat jy sterk en dapper moet wees… Moenie bang of huiwerig wees nie… Die Here jou God is saam met jou in alles wat jy doen…”

“It’s possible to go on, no matter how impossible it seems, and that in time, the grief…lessens… It may not go away completely, but after a while it is not so overwhelming…” ~ Nicholas Sparks, Dear John

“Without suffering, there’d be no compassion…” ~ Nicholas Sparks, A Walk to Remember…

Maak nie saak hoe sleg dit met jou gaan op die oomblik nie, dis belangrik om te onthou dat daar altyd iemand is met wie dit slegter gaan… Ek weet jy kan dalk dink nou –Anél, as jy maar net geweet het… Vir jou wat nou so gedink het, wil ek vandag voor sê – God is GROTER as seerkry, hartseer, swaarkry, finansies, werk, werkloosheid, stress, moeilike verhoudings –ALLES…

Ek het al baie in my eie lewe beleef – moeilike tye wat ek moes deurmaak, het my gehelp om “compassion” te hê en te kan verstaan wanneer ander mense met dieselfde moeilikhede gekonfronteer word… Jy kan nie 100% verstaan of 100% vir iemand daar wees as jy nie al self daardie “lewenstoetse” moes beleef en moes vasbyt en deurdruk, wanneer al wat jy eintlik wou doen was om tou op te gooi nie… Jy dink dalk nou –“ ja, maar hoekom moet ek deur moeilike tye gaan vir ander mense?? Ek sien net nie die punt vir dit in nie??” Ek en jy is hier op aarde geplaas, om God se Koninkryk te laat kom – daar waar ons onsself daagliks bevind… En om vir ander mense daar te wees, met daardie tikkie “andersheid” – naamlik om werklik compassion te hê, is een van die maniere om God se Koninkryk te laat kom…

Ons, as kinders van God, het SOVEEL beloftes van hoop om aan vas te hou… As die jaar dalk vandag super lank vir jou voel, of as jy dalk in een van daardie situasies is, waar jy eintlik nie meer wil vorentoe gaan nie en net wil opgee – hou net aan… Die stukkie wat vir jou voorlê voor die lig aan die einde van die tonnel aanbreek, is korter as wat jy dink… Hierdie laat my nou aan ‘n aanhaling dink wat ek al gehoor het– wanneer ‘n trein deur ‘n tonnel gaan, spring mens nie af omdat dit donker is en jy nie voor jou kan sien nie – jy sit en jy vertrou dat die treinbestuurder jou anderkant gaan uitkry… Met ons lewe is dit dieselfde… Maak nie saak hoe donker die nag, of hoe lank die pad nie, God sal ons anderkant uitkry… Hy is in beheer van jou lewe, en Hy sal nie terwyl jy halfpad deur die tonnel is, die trein laat ontspoor nie… Hierbo is twee beloftes vir jou om aan vas te hou – God SAL sorg… Vertrou dit vandag… Ek bid dat jy God se grootheid, genade, en absolute seën in jou lewe sal ervaar vandag!

Blessings!



Friday 25 November 2011

“I may not be perfect, but Jesus thinks I am worth dying for…” ~ Anonymous

Haloes! :)

“I may not be perfect, but Jesus thinks I am worth dying for…” ~ Anonymous


2 Korintiërs 4:16-18

“Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe… Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ‘n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan. Ons oog is nie op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare… Want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare dinge vir altyd…”

Psalm 20:2;5

“Mag die Here, in tye van nood antwoord op jou roepstem… Mag die Naam van die God van Jakob, jou beveilig teen gevaar… Mag die Here jou hartsbegeertes vervul, en al jou planne verwesenlik… Mag ons juig oor u oorwinning en baniere hys in die Naam van Ons God… Mag die Here al jou gebede verhoor…”

“The more we depend on God, the more dependable we find He is…” ~ Cliff Richard

“If God is your partner, make your plans BIG!” ~ D.L Moody

Hierdie aanhalings en Bybelverse vandag is net vir my INSANE COOL!!!! Hoe lyk jou vooruitsigte vir die res van die jaar / vir die jaar wat kom? Droom jy klein of het jy dalk ophou droom, omdat dit wat jy vir 2011 gedroom het, dalk nie eens gerealiseer het nie? Of het mense jou dalk so verinneweer hierdie afgelope jaar, dat jy nie meer goeie goed vir jouself kan glo nie? Mense kan mens dikwels breek met hulle woorde, of jou laat glo dat jy nie goed genoeg is nie… Iets wat ek al baie keer agtergekom het, is dat mense wat ander mense afbreek / fout vind met hulle persoonlikhede of hoe hulle dinge hanteer, is dikwels SUPER insecure met hulle eie lewe!!! Onthou – die lewe wat God aan jou gegee het, is JOUNE!

Besluite wat jy neem, is JOUNE, en NET jy moet eendag daarvoor verantwoording doen!!! Niemand anders nie… En D.L Moody se aanhaling is iets wat elkeen van ons vir ons lewe moet glo – God IS jou Partner!! Jy hoef Hom nie met besigheidsplanne te koop / te oortuig om deel te word van dit wat jy aanpak nie – Hy het JOU gekies, nog voordat jy eers gebore was! Hy is dus jou partner – deur dik en dun!!! Maak dus jou planne groot – want jy hoef dit nie alleen aan te pak nie! Jy het vir God – ALWAYS AND FOREVER!! Hy gaan jou nie halfpad in die steek laat nie… Moenie dat mense se woorde, jou weerhou om te word wat God jou bestem het om te wees nie!!!  Ek bid dat jy vandag God se liefde, Sy seen en Sy "daar wees" vandag, 150% sal ervaar in jou eie lewe!!

Blessings!

Thursday 24 November 2011

“May your troubles always be smaller than your imagination…”

Haloes! :)


“May your troubles always be smaller than your imagination…”

Psalm 56:4-5; 9-10

“Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou… In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; Ek sal nie vrees nie, Wat kan mense aan my doen? U het my ellendes raakgesien. U het my trane opgevang… U het dit opgeskryf in U boek. Die dag dat ek U roep om hulp, val my vyande terug. Omdat God aan my kant is, weet ek dit beslis…”

Psalm 55:23

“Gee jou kommer oor aan die Here… Hy sal vir jou sorg, Hy sal gelowiges nie teleurstel nie…”

“If I had my life to live over, I would perhaps have more actual troubles, but I would have fewer imaginary ones…” ~ Don Herold

“The greatest mistake you can make in life is to be continually fearing you will make one…” ~ Elbert Hubbard, The Notebook, 1927

Ek kon nie anders as om te lag toe ek die foto sien nie… ‘n Vriendin het dit in ‘n forward email vir my gestuur – en die opskrif daarvan was Bear Attack in Churchill, Manitoba, Canada… These are pictures of an actual polar bear attacking a man. The pictures were taken while people watched andcould do nothing to stop the attack! Reports from the local newspaper say that the victim will make a full recovery. The photos are below. Ek het iets heeltemal anders verwag as die volgende…






Dit het my laat dink aan die volgende… Ons raak soms so vasgevang in probleme of dinge wat oor ons pad kom waarmee ons sukkel, dat iets wat eintlik ‘n redelike maklike antwoord / uitweg het, later so groot raak dat jy sukkel om daarmee te cope… Die duiwel is ook listig, en hy weet wat jou bekommerd maak, en hy buit dit absoluut uit! Moenie bekommernisse, worry of stress ‘n houvas op jou lewe gee nie! AL hoe jy dit kan regkry, is om tyd met God te spandeer… Vertel God wat in jou lewe aangaan, en bid oor ALLES…

Wanneer ons bid by ons GROOT God, raak die probleme kleiner en hanteerbaar… Veral hierdie tyd van die jaar kan angs, bekommernis en stress dalk bietjie die oorhand begin kry… Wanneer ‘n mens moeg is, na ‘n harde jaar se werk, verloor mens ook partykeer perspektief, en vergeet ons dat God al heel jaar by ons was… Hy sorg al hierdie hele jaar vir jou! Hy gaan nie nou ophou nie!!! Moenie dat die duiwel nonsens in jou kop prop nie… Jy sal jou werk klaarkry voor Kersfees, God sal voorsien in jou finansies en jou deursien tot volgende jaar, God sal die dinge wat op die oomblik net nie in plek wil val nie, laat uitwerk… Hy sal sorg vir jou wat siek is, jy wat vir behandeling moet gaan, jy wat iemand moet bystaan wat al hierdie genoemde faktore deurmaak… Ek wil weer sê – maak nie saak WAT jou situasie is nie, God is groter!!

Wanneer jy daardie angstigheid gevoel oor jou begin kry, en net oorweldig voel, vat 10 minute, haal diep asem, en BID. Sit by God se voete, en vertel Hom van al die dinge wat jou onderkry… God gaan nie Sy hulp op jou afvorseer nie, want Hy is ‘n gentleman God… Hy wag vir jou, om na Hom terug te kom, en te chat… Hy is, was en sal ALTYD vir jou daar wees!!

Blessings!

Tuesday 22 November 2011

“God het nog een dag aan jou lewe gelas! Nie omdat jy die dag so nodig het nie, maar omdat iemand ANDERS JOU nodig het!”

Haloes! :)


“God het nog een dag aan jou lewe gelas! Nie omdat jy die dag so nodig het nie, maar omdat iemand ANDERS JOU nodig het!”

Isaiah 41:10

“Fear not, for I am with you… be not dismayed, for I am your God; I will strengthen you, I will help you, I will uphold you with my righteous right hand…”

Psalm 119:105

“U woord is ‘n lamp vir my voete, en ‘n lig op my pad…”

“God gives every bird it’s food, but He does not throw it into its nest…” ~ Anonymous

Hierdie storie het my in trane gehad… Ons kan ALMAL iets hieruit leer…

Breakfast at McDonald's

I am a mother of three (ages 14, 12, 3) and have recently completed my college degree. The last class I had to take was Sociology. The teacher was absolutely inspiring with the qualities that I wish every human being had been graced with. Her last project of the term was called, 'Smile.' The class was asked to go out and smile at three people and document their reactions.. I am a very friendly person and always smile at everyone and say hello anyway. So, I thought this would be a piece of cake, literally. Soon after we were assigned the project, my husband, youngest son, and I went out to McDonald's one crisp March morning. It was just our way of sharing special playtime with our son. We were standing in line, waiting to be served, when all of a sudden everyone around us began to back away, and then even my husband did. I did not move an inch... an overwhelming feeling of panic welled up inside of me as I turned to see why they had moved.

As I turned around I smelled a horrible 'dirty body' smell, and there standing behind me were two poor homeless men. As I looked down at the short gentleman, close to me, he was 'smiling'. His beautiful sky blue eyes were full of God's Light as he searched for acceptance... He said, 'Good day' as he counted the few coins he had been clutching.. The second man fumbled with his hands as he stood behind his friend. I realized the second man was mentally challenged and the blue-eyed gentleman was his salvation. I held my tears as I stood there with them. The young lady at the counter asked him what they wanted. He said, 'Coffee is all Miss' because that was all they could afford. (If they wanted to sit in the restaurant and warm up, they had to buy something. He just wanted to be warm). Then I really felt it - the compulsion was so great I almost reached out and embraced the little man with the blue eyes. That is when I noticed all eyes in the restaurant were set on me, judging my every action. I smiled and asked the young lady behind the counter to give me two more breakfast meals on a separate tray. I then walked around the corner to the table that the men had chosen as a resting spot. I put the tray on the table and laid my hand on the blue-eyed gentleman's cold hand. He looked up at me, with tears in his eyes, and said, 'Thank you.'

I leaned over, began to pat his hand and said, 'I did not do this for you. God is here working through me to give you hope.' I started to cry as I walked away to join my husband and son... When I sat down my husband smiled at me and said, 'That is why God gave you to me, Honey, to give me hope…' We held hands for a moment and at that time, we knew that only because of the Grace that we had been given were we able to give.. I graduated with one of the biggest lessons I would ever learn: UNCONDITIONAL ACCEPTANCE.

God het ons elkeen lief – maak nie saak WIE ons is, waar ons vandaan kom, of waarheen jy oppad is nie… Hy’t ook plek vir ELKEEN van ons daar by Hom in die Hemel… Dis egter ONS taak, om Sy Koninkryk nou al hier op aarde te laat kom deur ALMAL wat ons pad kruis, onvoorwaardelik te aanvaar… Wees vriendelik met almal wat jy ontmoet of wat jou pad kruis, dit kos niks! Probeer om elke dag die verskil te wees wat jy wil sien in hierdie wêreld – elkeen van ons, kan ELKE dag vir 1 iemand iets probeer beteken! Al is dit net om bietjie uit te reik / te luister of ‘n koppie koffie te koop vir iemand wat dit nodig het! God sal aan jou wys waar Hy jou nodig het, en HOE Hy jou wil gebruik… Wees net bereid!!! En moenie mense “judge” nie… Ons is almal volgens God se beeld gemaak – en Hy het ons ALMAL ewe lief!!! Solank jy ‘n bereidwillige hart het, is daar GEEN BEPERKING op WAT GOD deur jou kan doen nie!! God kan jou moeilike situasie gebruik om positiewe impak te maak... Soos God vir die twee "homeless" ouens gesorg het, sal Hy ook vandag vir jou sorg - maak nie SAAK WAT JOU PAD KRUIS NIE - God is GROTER!!!

Blessings!

“Wanneer jy af is, is God besig met iets… Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die ontmoontlike…”

Haloes! :)


“Wanneer jy af is, is God besig met iets… Geloof sien die onsigbare, glo die ongelooflike en ontvang die ontmoontlike…”

Romeine 12:12

“Wees bly oor die wonderlike toekoms wat God vir julle beplan… Volhard in tye van swaarkry, moenie verslap in gebed nie…”

Markus 5:35-36

“Terwyl Hy nog besig was om met haar te praat, kom daar boodskappers af van Jaïrus se huis af met die boodskap: ‘Jou dogter is dood. Dit sal nie help om die leermeester langer lastig te val nie…’ Jesus het die boodskap egter geïgnoreer en vir Jaïrus gesê: Moet jou nie ontstel nie, vertrou net…”

“Anyone can give up, it’s the easiest thing in the world to do… But to hold it together when everyone else would understand if you fell apart, that’s true strength…” ~ Anonymous

Failure will never overtake me if my determination to succeed is strong enough…” ~ Og Mandino quotes

Ek dink as ek Jaïrus was, wat besig was om te pleit by God, en iemand kom met die nuus dat my dogtertjie oorlede, sal ek seker net daar in ‘n hopie gaan sit en huil… Tog was God se woorde – “Moet jou nie ontstel nie, vertrou net…” Hierdie storie het my net weer laat besef – in die wêreld se oë, kan dit dalk “game over” vir jou wees… Dinge kan dalk skeefgeloop het, jy kan teleurstelling / “failure” beleef het, of jy kon jouself dalk net telkemale in doodloopstrate bevind, van dinge wat nie wil uitwerk nie… As dit dalk is hoe jy vanoggend voel – op moedverloor se vlakte, en dat jy net wil opgee – wil ek vir jou sê – hierdie woorde van God aan Jaïrus, is vandag NOGSTEEDS WAAR VIR JOU!!! MOET JOU NIE ONTSTEL NIE, VERTROU NET!!!!!

Soos ‘n plant nie net kan ontstaan nie – daar moet eers ‘n saadjie wees, die saadjie moet in die regte grond geplant word, kos, water en sonlig ontvang om te kan ontkiem, so is dit ook waar vir jou lewe!! Dinge loop soms verkeerd, of werk nie uit soos jy dit sou wou hê nie, maar God sien verder as wat ons kan… Hy is besig om jou lewe te snoei in die tye wat die dinge nie regloop nie, maar Hy is steeds besig om jou te versorg… Hy sal jou nie onbewaak laat nie… Moet jou dus nie ontstel as dinge op die oomblik vir jou bietjie “gagga” voel nie… VERTROU NET!! Jou PAPS is in beheer!! Al is dit ook vir mense ONMOONTLIK, NIKS is vir God onmoontlik nie, Hy’t tot die dood oorwin!!!

Voel ek moet vir jou sê - jou dinge gaan uitwerk, gouer as wat jy dink. Bly net vashou aan God!! :)

Blessings!



Sunday 20 November 2011

Life is not what it is supposed to be… it’s the way it is… The way we cope with it is what makes the difference…

Haloes! :)


Life is not what it is supposed to be… it’s the way it is… The way we cope with it is what makes the difference…

1 Petrus 5:7

“Gee julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om…”

Matteus 6:25-27

“Daarom sê ek vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe, oor wat julle al eet of drink; of oor julle liggame – wat julle sal aantrek… Is om te lewe nie baie kosbaarder as kos nie? En is ‘n mens se liggaan nie baie kosbaarder as klere nie? Hou die voëls in die lug dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie… Dit is onnodig, want julle Hemelse Vader gee aan hulle hulle kos… Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie? Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek? Vanselfsprekend nie!”

“Life ends when you stop dreaming…
Hope ends when you stop believing…
Love ends when you stop caring…
And Friendship ends when you stop sharing!!” ~ Anonymous

“Dream as if you'll live forever, live as if you'll die today…” ~ James Dean quotes

Hoe lyk die stel kaarte wat jy tans in jou hand hou? Ek het nou die dag iemand hoor sê – die lewe is nie regverdig nie… Slegte dinge gebeur, 99% van die tyd met goeie mense!! Hoe verstaan mens dit?? Dis een van die onverstaanbare dinge van ons lewe J Ek dink nie ons moet probeer om dit te verstaan nie – dis maar net hoe dit is… God het vir elkeen van ons ‘n lewensplan, en doel hier op aarde… Sommige van ons het net ‘n moeiliker stel kaarte gekry, en sal net “slimmer moet speel” om resultate te kry wat ons wil hê as die res… Die belangrikste om te onthou, is dat die “Dealer” van die kaarte (GOD), daardie kaarte met ‘n rede vir jou gegee het…

Hy sou nie vir jou daardie kaarte gegee het, as hulle nutteloos was, of as jy niks met dit kon doen nie… Hy het ‘n spesifieke plan met daardie kaarte, en om daardie kaarte vir jou te laat werk, moet jy net dit oorgee aan God! Bid, en laat Hom toe om jou te help, om die beste moontlike besluite te kan neem!!! Hy sal antwoord, as jy bid… Moenie bekommerd wees vir een oomblik oor dinge wat moeilik, of onbeheerbaar lyk nie… Dinge wat jy nie kan uitklaar, of laat uitwerk nie – hou op om so hard op jou EIE te probeer!! Gaan op jou knieë en bid dat God jou sal help – want Hy SAL!!!! Jy is vandag waar jy is, omdat God ‘n baie spesifieke doel en plan vir jou lewe het… Moenie vir ‘n oomblik daaraan twyfel nie, en maak die meeste van elke geleentheid wat oor jou pad kom… God is met jou, en Hy wil jou help :) Vat Sy hand!!

Blessings!

Thursday 17 November 2011

“Try and fail, but don’t fail to try…” ~ Stephen Kaggwa

Haloes! :)


“Try and fail, but don’t fail to try…” ~ Stephen Kaggwa

Hebreërs 12:1

“Met so ‘n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ‘n houvas op ‘n mens kry. Kom ons hardloop met volharding die baan wat voor ons uitgestrek lê – ons oë gevestig op Jesus, die Een op wie ons geloof vanaf die wegspring tot eindstreep steun…”

2 Tessalonisense 3:5

“Mag die Here julle hele lewe instel op God se liefde en die volharding wat Christus aan ons gee…”

“Wees dapper in die groot teleurstellings van die lewe en geduldig met die kleines, en wanneer jy met moeite jou daaglikse taak verrig het, kan jy met gerustheid gaan slaap, God is wakker…” ~ Victor Hugo

“The future depends on what we do in the present…” ~ Mahatma Gandhi

Probeer is die beste geweer… Dis een van die heel eerste goed wat ek in my lewe geleer het… Ek weet nie watter tipe persoonlikheid jy het nie, maar as iemand vir my vertel dat ek iets nie kan doen nie, of dat ek nie goed genoeg is nie, sal ek uit wees daarop om die persoon verkeerd te bewys. Ek sal gaan sit, en probeer totdat ek dit regrky – selfs al vat dit my URE!

Wat ek hiermee probeer sê – dis ALTYD te vroeg om op te gee!!! Moenie dat mense OOIT aan jou vertel dat jy nie kan nie, dat jy nie slim genoeg, of mooi genoeg, of gesond genoeg, of ryk genoeg is nie… Dis alles dinge waarna MENSE na kyk! God kyk verder as dit – Hy kyk na die mens wat jy is… En dis wat EWIGHEIDSWAARDE het… Eendag as jy by die Hemelse poorte aankom, gaan dit nie een van die mense wees wat negatiewe uitsprake oor jou lewe gemaak het, wat vir jou daar gaan wag nie – dit gaan God wees… En Hy oordeel nie volgens menslike standaarde nie…

Moenie dat mense jou so afbreek dat jy nie die moed het om jou drome na te jaag, of om aan te hou en uit te hou wanneer dinge dalk opdraend gaan nie… Soos Gandhi gesê het, jou toekoms hang af van dit wat jy NOU doen… Nie dit wat jy 10 jaar van nou af gaan doen nie… Vandag is die boublokke van jou lewe, vir di twat oor 10 jaar van nou af sal gebeur… Wanneer jy dalk teleurstellings langs die pad het – wanneer dinge anders uitwerk as dit waarop jy hoop, hê net geduld! Want God het GROTER planne vir jou, as wat jy vir jouself het… Al wat Hy wil hê, is dat jy nie op mense sal vertrou nie, maar op HOM! Volhard, en hou jou oë gevestig op Jesus… Nie op jou omstandighede nie… Wanneer mens so begin kyk – vir God bo ons situasies stel, val die dinge in plek… Want as God nommer een is, is jou lewe in ewewig, en kan dinge nie anders as om uit te werk nie… Ek weet ek’t gister vir jou die vers gegee, maar ek bid dit vandag oor jou lewe! Mark 11:24 - “Therefore I tell you, whatever you ask in prayer, believe that you have received it, and it will be yours…”

Blessings!

“Never regret… If it’s good, it’s wonderful.If it’s bad, it’s experience…”~ Victoria Holt

Haloes! :)
“Never regret… If it’s good, it’s wonderful. If it’s bad, it’s experience…” ~ Victoria Holt
Fillipense 3:13-14
“Nee, liewe broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker… Ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê… Ek jaag wenpaal toe, na die hemelse prys wat God aan my wil gee omdat Jesus Christus dit vir my verdien het…”
Mark 11:24
“Therefore I tell you, whatever you ask in prayer, believe that you have received it, and it will be yours…”
“By perseverance the snail reached the ark…” ~ Charles Haddon Spurgeon
“Courage is being afraid, but going on anyhow…” ~ Dan Rather
Hierdie aanhaling was vir my te AWESOME vir woorde!! “Never regret… If it’s good, it’s wonderful. If it’s bad, it’s experience…” ~ Victoria Holt… Ek dink dat ons baie maniere het om moeilike tye of slegte dinge wat gebeur te beskryf, maar ondervinding dink ek nie is altyd een van hulle nie! En tog is dit AL wat dit is!!! Ondervinding… Iets wat jy op ‘n sekere manier gedoen het, wat dalk nie uitgewerk het nie, en deur dit op die “verkeerde” manier te gedoen het, leer jy nou daar uit om dit nie weer so te doen nie…
Hoe baie dinge sit en berou jy dalk vanoggend? Goed wat jy wens jy anders aangepak het… Woorde wat jy gesê het wat jy wens jy kan terugtrek? Vriendskappe wat jy verloor het, mense wat jy seergemaak het? Geleenthede waarop jy dalk uitgemis het omdat jy nie ‘n besluit wou neem of ‘n kans wou waag nie? Of een verkeerde besluit wat jy geneem het wat dalk katastrofiese gevolge gehad het?
Vanoggend wil ek vir jou kom sê – Jesus het vir ons gesterf op die Kruis, om vir ons ‘n NUWE begin te verseker! Ons kan vandag tegemoet gaan, met die WETE dat God reeds daar is… Hy is ‘n God van tweede kanse… Jy kan vandag regstel dinge wat voorheen verkeerd gegaan het… Jy kan jammer sê en weer probeer met daardie persoon, terwyl jy nog die kans het!! As mens nog ‘n kans het om situasies te verander –DOEN dit! Moenie wag tot die mense nie meer daar is om te probeer om die verhoudings te herstel nie… Verhoudings is een van die hoof goed waarop ons lewe gebou is… God stuur mense met ‘n spefieke doel oor jou pad, en HY plaas jou in sitausies waar HY jou wil gebruik – laat Hom toe om dit te doen… Vir jou wat dalk totaal alleen voel, en swaar dra aan gedagtes van berou of “regret” – lees hierdie uittreksel van ‘n gospel liedjie hieronder… God het jou nie gelos nie, en Hy sal ook nooit nie… Al doen jy ook WAT! Hy sal jou altyd terugneem, want Hy het jou liewer as wat jy OOIT Sal weet!
“I will fear no evil, for my God is with me, and if my God is with me, whom then shall I fear, whom then shall I fear?”O, no you never let go, through the calm and through the storm, o, no you never let go, in every high and every low, o, no You never let go, Lord you never let go of me…” ~ Liedjie Matt Redman (You never let go)
Blessings!

Wednesday 16 November 2011

“Even if you are on the right track, you will get run over if you just sit there…” ~ Will Rogers

Haloes! :)

“Even if you are on the right track, you will get run over if you just sit there…” ~ Will Rogers


Psalm 46:1

“God is our refuge and strength, an ever present help in trouble…”

Psalm 34:7-9

“Hierdie geringe mens het geroep, en die Here het gehoor… Hy het hom uit al sy benoudheid gered… Want die Engel van die Here hou wag oor almal wat Hom dien, en Hy red hulle…”

“History will be kind to me, for I intend to write it…” ~ Winston Churchill


“If you doubt you can accomplish something, then you can’t accomplish it… You have to have confidence in your ability, and then be tough enough to follow through…” ~ Rosalyn Carter

Maak jy geskiedenis op die oomblik deur hoe jy lewe, of is jy net ‘n deel van die geskiedenis? Daar is ‘n verskil… ‘n Klip wat op die grond lê is deel van die geskiedenis, maar iemand wat die moed het om die klip op te tel, en hom uit die pad uit te skuif, MAAK geskiedenis… Klink dalk vir jou na ‘n simpel voorbeeld, maar ek wil dit bietjie verder neem as net dit…

Ons word daagliks, partykeer selfs uurliks! Gekonfronteer met “klippies” in ons skoene, of klippies in ons pad… Klein dingetjies, wat ons daaglikse taak moeilik maak… Klein dingetjies wat ons laat opsien teen die week wat voorlê… Ek het die naweek weer tot die besef gekom, dit voel of ek pas begin skryf het aan 2011, se gedagtekies, en hier trek ons al by middel November! Voor ons, ons oë uitvee is dit weer Kersfees! En die weke teen wat ons so opsien, en waar ons dan maar net deur die “ motions” gaan om dit verby te kry – is eintlik ons lewe wat aan die verbygaan is… Elke dag wat ek nie besluit om impak te maak in iemand se lewe nie, of ‘n dag wat ek besluit om nie ‘n klippie te skuif (uit my pad of iemand anders sin nie), is ‘n dag wat die bladsy van my “legacy” wat ek agterlaat, gaan skoon bly…

Ons kan nie net sit en wag vir dinge om na ons kant toe te kom nie… Ons moet opstaan, en dit gaan haal… Veg vir die dinge wat jy wil hê!!! Soos ‘n trein op ‘n treinspoor nie vorentoe sal beweeg as daar nie ‘n drywer agter die stuur, en olie in sy tenk is nie, so sal ons as Christene nie ‘n impak kan maak sonder die “wil om dit te doen” nie, en ook nie, sonder God nie… Sonder Hom kan NIKS!!! Plaas God in beheer, besluit wat jy wil hê in hierdie lewe, en veg daarvoor!!! God sal voorsien, wanneer Hy sien dat jy veg… Niks in hierdie lewe wat die moeite werd is, kom maklik nie… Ons moet partykeer daardie ekstra myl stap om dit te ontvang…

Blessings!

Anel**





Monday 14 November 2011

A man is happy so long as he chooses to be happy and nothing can stop him.” - Alexander Solzenitsyn

Haloes! :)


A man is happy so long as he chooses to be happy and nothing can stop him.” - Alexander Solzenitsyn

Psalm 33:11-18 (Die Boodskap)

“Mense wat die Here as God aanbid, sal baie gelukkig wees… Hulle is sy kinders… Vir Hom is hulle elkeen baie spesiaal… Daar in die hemel is die Here baie besorgd oor al die mense wat Hy gemaak het… Hy sorg vir almal… Vanuit sy blyplek gee Hy vir elkeen om… Hy ken hulle deur en deur… Hy weet presies wat hulle doen… Dis nie wapens wat die leier van ‘n land laat wen nie… Spierkrag help nie veel nie… Dis ook nie militêre krag wat bevry nie! Net die Here gee oorwinning. Hy sorg vir elkeen wat Hom dien…”

“Happiness is never stopping to think if you are…” ~ Palmer Sondreal

“Nobody really cares if you are miserable, so you might as well be happy…” ~ Cynthia Nelms

Cynthia Nelms dink ek moes eerstehands ervaar het wat sy geskryf het… Ek dink net iemand wat al tot daardie besef gekom het dat niemand regtig gaan worry as jy ongelukkig is nie, sal so iets skryf J Mense se ingesteldheid is maar gewoonlik op die eie ek – my lewe, my omstandighede, dinge wat my gelukkig of ongelukkig maak, dinge waaroor ek bekommerd is… Ons stop maar baie min om te worry oor die ou langs ons… En soos ek net weer besef het onlangs – daar is ALTYD iemand wat dit moeiliker of swaarder het as ons…

Gelukkigheid, of innerlike geluk, is ‘n KEUSE wat jy maak… Ek het al baie oggende opgestaan, en dan gebeur iets simpels, bv soos om te mors op jou wit hemp… My moed het sommer al baie in my skoene gesak dan, en voor ek myself kom kry, dink ek sommer – aahhhh! Gaan dit nou alweer een van DAAI dae wees?? Ek het egter na baie goed wat ek gelees het, en gehoor het, net tot die besef gekom – klein goedjies gaan daagliks gebeur, en dit gaan daagliks veroorsaak dat jou dag dalk slegter voel… maar hoe jy as mens optree, en hoe jy toelaat dat dit jou dag beïnvloed, hang van jouself af… Mens se brein is HUGE, en die funksies wat dit als kan verrig, dink ek is groter as wat ons ooit sal kan verstaan… As jy POSITIEWE denke aan die dag lê – kan jy nie anders as om gelukkiger te voel nie… As jy op mense gaan staatmaak om vir jou innerlike geluk te gee, gaan jy ongelukkig lank wag! Geluk is ‘n keuse wat jy maak, en ‘n wilsbesluit… Wanneer ons ophou toelaat dat die klein dingetjies ons so beinvloed, raak die groter dinge ook makliker om te hanteer… Baie keer lyk die groot goed vir jou nog groter, “because you sweat the small stuff”…

Laat God jou vrede in jou hart kom gee, en jou kom vul met JOY wat ALLE verstand te bowe gaan!! Ons het SOVEEL om voor dankbaar te wees, en dit opsigself is iets om jou dag sommer net op te helder! As jy kos het om te eet, en ‘n bed om in te slaap – is jy klaar meer bevoorreg as BAIE mense daar buite… Kom ons tel ons seëninge, en kom ons fokus vandag op dit wat ons WEL het, eerder as dit wat ons nie het nie… God sal sorg dat jy alles het wat jy nodig het – moenie bekommerd wees nie!!

Blessings!

Sunday 13 November 2011

“Life is change. Growth is optional. Choose wisely...” ~ Similar Quotes

Haloes! :)


“Life is change. Growth is optional. Choose wisely...” ~ Similar Quotes

Fillipense 4:6-7

“Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles… Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen… As julle so bid, sal julle God se vrede beleef… Hierdie vrede is wonderliker as wat mens ooit kan dink…”

Jesaja 40:26

“Wie het die sterre gemaak? Hy maak hulle elkeen sigbaar die een na die ander, en roep elkeen by sy naam… Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie…”

“In every single thing you do, you are choosing a direction. Your life is the product of choices…” ~ Dr Kathleen Hall, from After your life…


“There are two primary choices in life: to accept conditions as they exist, or accept the responsibility for changing them…” ~ Denis Waitley

Ek dink baie keer is mense so bang om die verkeerde keuses te maak, dat hulle op die ou end geen keuse maak nie… Hierdie aanhalings van vandag is almal vir my groot waarhede!! Ons lewe is die produk van al ons keuses tesame… Jy is vanoggend waar jy jouself bevind, as gevolg van ‘n aantal keuses wat jy gemaak het… Iets wat BAIE belangrik is om te onthou, is dat ons net GEWONE MENSE is, en dat ons somtyds verkeerde besluite GAAN neem… Maar soos my ma altyd sê – ‘n fout is net ‘n fout as jy dit nie kan regmaak nie…

Jesus het deur Sy kruisdood aan ons VRYHEID van keuse kom gee… As jy nie weet wat om te doen nie – BID! God sal jou kom vul met die wysheid wat jy nodig het om die regte besluite te neem!!! Hy sal aan jou kom wys wat die pad van seën is wat jy moet stap, deur jou keuses te “direct” op die regte paaie… Hy sal jou ook nie ‘n oomblik alleen laat as jy dalk weens besluiteloosheid op die verkeerde / geen pad land nie… Jou situasie oftwel jou LEWE vandag kan jy een van twee dinge mee doen… 1. Jy kan besluit om jou moeilike situasie of omstandighede te aanvaar soos wat dit is, of 2. Jy kan die verantwoordelikheid neem om dit te verander (aanhaling van Denis Waitley)…

HOE verander ek my situasie?, vra jy? Deur God jou beginpunt van die reis te maak… Deur Hom eerste te stel, en te bid… Wanneer mens dalk voel of jy nie ‘n rigtingwyser het nie, is dit tyd om stil te raak, en tyd met God te spandeer, dalk terug te keer na Hom as jy dalk bietjie afgedwaal het… Hy sal jou die pad weer wys wat jy moet stap… Hy sal jou situasie kom verander – soos jy nie eens gedink het moontlik is nie!! ‘n Vers wat ek 2 keer laas week gekry het, en vanoggend met jou wil deel (veral as jy dalk ‘n tydperk van sukkel of moeilikheid ervaar) is die volgende: Ephesians 3:20: “Now to Him, who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to His power that is at work within us…”

Met God = alles hierdie week moontlik!! Mag jy dit ten volle ervaar vandag, en ook in die week wat kom… Mag Jesus jou omvou met Sy liefde, en mag Hy jou verstom met elke wonderwerk of blessing (groot klein) wat Hy die week oor jou wil uitstort!

Blessings!

Friday 11 November 2011

Though our feelings come and go, God’s love for us does not.” ~ C.S. Lewis quotes

Haloes! :)


Though our feelings come and go, God’s love for us does not.” ~ C.S. Lewis quotes

Jesaja 43:1-5

“Moenie bang wees nie, want Ek het jou verlos… Ek het jou by jou naam geroep, Jy is myne… Wanneer jy deur diep water moet gaan, sal Ek by jou wees… Wanneer jy deur riviere moet gaan, sal hulle jou nie wegspoel nie, Wanneer jy deur vuur stap, sal jy nie verbrand nie… Die vlamme sal jou nie verteer nie… Omdat jy vir my kosbaar en belangrik is, omdat Ek jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, en mense in ruil vir jou lewe… Daarom, moenie bang wees nie, want Ek is by jou…”

Loneliness is about the scariest thing out there.” ~ HankRearden Joss Whedon quotes

Hierdie stuk het my so aangegryp – ekt dit as ‘n forward epos ontvang en op die trem sit en lees… Die trane het geloop! J Dink die mense het gedink ek is super weird, maar hierdie het my net weer laat besef HOE lief God ons het!! Glo dit gaan jou bless vanoggend!!! Maak tyd om dit te lees – as dit dalk nou te lank lyk, kry ‘n tydjie, want jy God gaan jou seën hiermee… Weet dat God jou oneindig liefhet, en dat jy SOVEEL meer werd is as wat mense jou partykeer wil laat glo… Mag jy ‘n geseënde Vrydag hê, Koningskind!!

Die Dominee se Seuntjie

Die dominee en sy elfjarige seuntjie het die gewoonte gehad om elke Sondagmiddag na kerk die dorp in te vaar en traktaatjies uit te deel met die evangelieboodskap op. Een Sondag kom die seun by Pa aan, toegewikkel in sy warmste klere: "Ek is reg pa!" Die dominee is effens uit die veld geslaan - dit is bitter koud en die reën kom af in emmersvol. "Nee Seun, ons kan nie vandag gaan nie - nie in hierdie eendeweer nie.." Teleurstelling is duidelik op die outjie se gesig te lees: "Maar Pa.. gaan mense dan nie Hel toe as dit reën nie?" "Kyk Seun, ek gaan beslis nie in sulke weer uit nie!" "Maar mag ék dan maar gaan Pa? Asseblief Pappie." Nadat die dominee goed oor die saak gedink het, gee hy vir sy seuntjie 'n pak traktaatjies om te gaan uitdeel, en opgewonde vaar die outjie alleen die sopnat strate in. Daar was byna g'n siel te siene op straat nie, dus loop hy van deur
tot deur en deel sy traktaatjies uit. Na twee ure se harde werk het hy nog net een traktaatjie oor.
Sopnat gereën en bibberend van die snerpende koue stap hy na 'n huis toe om sy laaste traktaatjie af te gee. Hy lui die klokkie, maar niemand maak oop nie. Hy lui weer 'n slag, maar binne is dit doodstil. Dan druk hy die knoppie met méning, en lui en lui, maar binne gebeur absoluut niks.

Uiteindelik draai hy om om te loop, maar dit is asof 'n stemmetjie binne in hom vir hom sê om terug te gaan. Hy draai om, lui weer die klokkie, en begin om aan die deur te klop, en later te hamer met sy vuis. Dit is asof iets hom by daardie deur hou. Net toe hy wil moed opgee gaan die deur stadig oop. 'n Ou tannie wat duidelik baie bedroef is vra vir hom of sy hom kan help met iets. Met ogies wat glinster en 'n glimlag van oor tot oor gee hy vir haar sy traktaatjie: "Ek is jammer ek het Tannie gepla, maar, maar ek wou net vir Tannie kom sê dat Jesus 'rêrag' vir Tannie lief is. Hier is my heel laaste traktaatjie vandag - daarop vertel dit alles van Jesus en Sy groot liefde!" En daarmee gee hy vir haar die traktaatjie, draai om en hardloop huistoe. Die volgende Sondagoggend staan die Dominee op die preekstoel. Sy oë gaan oor sy gemeente, en toe vra hy of daar dalk iemand is wat 'n getuienis het wat hy wil lewer voor die diens begin. Heel agter in die kerk staan 'n ouerige dame op, haar gesig stralend. "Niemand ken my in hierdie kerk nie," begin sy vertel, "want sien, voor verlede Sondag was ek nie 'n Christen nie, en ek was nog nooit in hierdie kerk nie." Die mense rek eintlik hulle nekke om hierdie vreemdeling te sien. Sy begin haar verhaal vertel: "My man is 'n paar jaar gelede dood, en toe los hy my stoksielalleen op hierdie droewige aarde. Laas Sondag was dit 'n besonder koue, nat en mistroostige dag, en ek het net gevoel dat daar vir my absoluut niks hier oorbly om voor te leef nie. Ek het 'n stuk tou gevat en 'n stoel, en ek is op na die solder toe. Daar het ek op die stoel geklim, die tou om 'n balk vasgemaak en die ander punt om my nek. En daar staan ek, so bitterlik jammer vir myself. Ek het die einde van my paadjie bereik! Net toe ek wil spring, lui die deurklokkie - ek het my byna dood geskrik. Ek het doodstil gestaan en gedink dat wie ookal die klokkie lui sou padgee.. maar hy het nie!

Die gelui het al harder en dringender geword, en ek het begin wonder wie mý deurklokkie so sou lui, want niemand het ooit vir my kom kuier nie. Naderhand het die gelui 'n geklop geword en naderhand het die persoon met sy vuiste teen die deur gehamer. Ek kon dit nie meer vat nie, en toe maak ek maar die tou los om te gaan kyk wie dit is." "Ek kon my oë nie glo toe ek die deur oopmaak nie, want voor my het 'n seuntjie gestaan - sy gesiggie stralend soos 'n engel s'n. En daardie glimlag - ek kan dit skaars beskryf! En toe hy begin praat, is dit soos 'n engel wat met my praat:

"Tannie", het hy gesê, "Tannie, ek kom net vir Tannie vertel dat Jesus vir Tannie 'rêrag' liefhet!" My hart wat so morsdood was het in my keel geklop. En toe gee hy vir my hierdie traktaatjie wat ek vashou." "Toe hy weg is, vat ek die traktaatjie, en ek lees dit oor en oor – ek het elke woord daarin ingedrink. En toe stap ek op na die solder toe, en ek gaan haal die tou en die stoel, want toe was hulle nie meer nodig nie, want sien, ek is nou 'n Kind van die Koning. Julle kerk se adres was agter op die traktaatjie, en ek het net vanoggend gekom om te kom dankie sê vir die engeltjie wat my lewe kom red het, en my gered het van die ewige verderf in die hel." Teen daardie tyd was daar seker nie 'n enkele persoon in die kerk wat nie gesit en trane afvee het nie. Die dominee het van die preekstoel afgeklim en sy klein engeltjie styf teen sy bors vasgedruk terwyl die trane vryelik oor sy wange loop. Daar is seker nie 'n gemeente wat 'n groter oomblik van glorie beleef het as hierdie een nie, of 'n pa wat meer vervul was met liefde en eerbetoon vir sy seun as hierdie een nie .. buiten Een: hierdie Vader het óók Sy Seun in die donker, koue wêreld ingestuur om die Boodskap van Redding aan die wêreld te bring. Sy Seun was verag, verwerp, gespot, geslaan en aan 'n kruis vasgespyker. En toe alles verby was, het Hy Sy Seun terug verwelkom en Hom op die troon laat sit om te regeer oor die heelal. Daardie Seun bring vandag steeds hoop en redding vir die wêreld, maar hy vra vrywilligers soos ek en jy om Sy boodskap met vreugde uit te dra aan mense wat verlore is.

Blessings!




















Thursday 10 November 2011

The first step to getting the things you want out of life is this: Decide what you want. - Ben Stein

Haloes! :)


The first step to getting the things you want out of life is this: Decide what you want. - Ben Stein

Psalm 29:11

“Die Here gee krag aan Sy volk… Die Here seën Sy volk met vrede…”

Isaiah 12:2
“Surely God is my salvation; I will trust and not be afraid. The LORD, the LORD, is my strength and my song; he has become my salvation…"

“Fear of failure must never be a reason not to try something.” ~ Frederick Smith quotes

“Always do what you are afraid to do.” ~ Ralph Waldo Emerson quotes

Ek weet ek het dit al voorheen geskryf, maar ek voel ek moet dit weer sê vanoggend… Doen elke dag 1 iets wat jou bang maak :) Iets wat buite jou “comfort zone” is… Ons raak so vasgevang in die gejaagdheid van ons lewens, dat ons vergeet om ons horisonne te verbreed, dat ons stagneer, en net aanhou hardloop… Ons meng met mense wat ons veilig laat voel, situasies waar ons nie veel van onsself hoef te gee nie… Die lewe tap soveel uit ons uit, dat ons nie meer tyd het vir dinge wat saakmaak nie… Ekt Sondag weer die storie van die barmhartige Samaritaan gehoor… En die vrou wat gepreek het, het vir my ‘n “ander insig” in daardie storie gegee as dit wat ek nog altyd geken het…

Sy’t gesê – die prediker en die Leviet wat verby daardie man geloop het wat langs die pad gelê het, was heel waarskynlik aan die hardloop na hul volgende “verpligting” – om die Koninkryk in HULLE daaglikse lewe te laat kom… Verpligtinge by die kerk, vergaderings, afsprake… Terwyl hulle die geleentheid gehad het om die Koninkryk te laat kom, deur die Jood te help wat aangeval was, en hulpeloos langs die pad gelê het… Hoe baie mis ons nie uit op geleentheid om ‘n verskil te maak, DAAR waar ons is, omdat ons te vasgevang geraak het in ons eie lewens nie? Ons het die “ticklys” van dit wat als gedoen moet word, en sodra iets bietjie uit ONS comfort zone is, of nie in ons schedule inpas nie, het ons nie tyd daarvoor nie…

Om ‘n VOL lewe te hê, ‘n lewe van invloed, ‘n lewe wat ‘n verskil maak, moet ons gaan besluit wat vir ons belangrik is… My broer het nou die dag ‘n groot waarheid kwytgeraak toe ek met hom gesels het… Hy’t gesê – wanneer ons eendag daar by die Hemelse poorte aankom, gaan Jesus nie vir jou vra – waar is Sannie, of Jannie nie? Hy gaan NET geïntereseerd wees in JOU SAAK, en hoe JY gelewe het… Ons moet dus ophou “worry” oor wat die een doen wat langs jou is, en begin fokus op dit wat vir JOU belangrik is, en kyk hoe jy dit kan inkorporeer om ‘n verskil vir die Koninkryk te kan maak… Al wat God van jou vra – is ‘n gewillige hart… Hy sal geleentheid oor jou pad stuur om ‘n verskil te maak – jy moet net bereid wees… Moenie dat “bang wees” of ‘n gebrek aan vertroue in jouself in jou pad staan om impak te maak nie… God het ons ELKE ene op hierdie aardbol geplaas om ‘n verskil te maak… As elkeen van ons, net 1 persoon kan aanraak vandag – weet jy wat se impak ons kan hê?! Moenie bang wees vir die onbekende nie… God stap elke dag saam met jou – om die pad vir jou gelyk te maak, om jou te beskerm vir gevaar wat oor jou pad mag kom, en om jou op te tel, as jy dalk sou val… Jy is NIE ALLEEN nie! Maak nie saak WAT nie!!

blessings!

Tuesday 8 November 2011

“If grace is an ocean, we are all sinking…” ~ Jesus Culture

Haloes! :)


“If grace is an ocean, we are all sinking…” ~ Jesus Culture

Lamentations 3:25

“The LORD is good to those whose hope is in him, to the one who seeks him…”

Habakuk 3:19

“Die Here, die Oppermagtige is my krag! Hy maak my voete soos die van ‘n ribbok; op hoë plekke laat Hy my veilig loop…”

GENADE IS `n reusewoord. Amper TE GROOT om te verstaan.

Genade is iets wat eenvoudig gegee word. Genade neem die onbruikbare stukkies van ons laslappielewe en werk dit, nog voor ons vra, aanmekaar in pragtige heelwees-prentjies. Dit neem die hart wat deur die modder gesleep is na die Hemelse wassery toe en hang dit weer - silwerskoon en netjies gestryk - op die hanger van die lewe. Dit maak moedeloses weer mense van hoop, verander bitterheid in vergifnis en herskep verlorenes in Ewigheidskinders. Deur genade word `n troostelose toekoms.

Omskep in `n lewe wat uitsien na more. Goddelike genade stel nie voorwaardes nie, het nie verwagtinge nie, deel nie reëls uit nie en verwyt nooit nie. Dit sê: Ek het jou lief net soos jy is. Jy hoef nie `n eers-mens te wees nie: iemand wat eers moet doen, werk, lyk, gee en dien nie. Ek gee aan jou My vergifnis, aanvaarding en liefde terwyl jy is wat jy is. Want Ek het gekom om uitgetorringde lappiesmense se lewe aanmekaar te werk tot `n hemelse Eenheid. God se genade is te groot om te verstaan. Tog is dit waaroor ons geloof gaan. Waaroor die liefde, die lewe en die ewigheid saam met Christus gaan. Gelukkig hoef ons nie eers die omvang van God se gee-genade te begryp voor ons dit aanvaar nie. Ons kan dit, wat so onvoorwaardelik aan ons geskenk word, maar net met dankbaarheid omarm en ons eie maak. ~ Forward email

Genade… As ek dink aan genade, dink ek aan die Kruis… Want dis danksy die Kruis, danksy God se groot liefde en genade vir ons, is ek en jy VRY om elke dag te kan LEWE! Ons het Sondag by die Kerk ‘n preek gehad oor Human trafficking… Hoe ‘n werklikheid dit eintlik is, sonder dat ons dit eers besef! Die vrou wat gepreek het, het vir ons gesê daar is op die oomblik 27 miljoen meisies wat vir human trafficking misbruik word… In die 21e “Century”, is daar steeds soveel mense wat steeds “slawe” is, en dit nadat Jesus ons kom vry maak het deur vir ons te sterf… Sodat ons nooit die pyn en harsteer sal hoef te ervaar wat Hy moes deurmaak nie…

Hierdie opsomming van “genade” hierbo, sluit vir my aan by 1 Korintiërs 13 nl. “Die liefde…” God judge ons nie… Maak nie saak wat ons al gedoen het nie, Hy het ons deur GENADE kom vergewe aan die kruis… Hy het ons kom VRYMAAK dat ons as NUWE mense VOLUIT kan lewe… Toe ek die stories gehoor het van human trafficking het dit my net weer laat besef – al gaan dinge HOE moeilik in jou lewe, al voel dit of NIKS wil uitwerk nie, of jy ‘n klomp legkaartstukkies mis in jou lewe op die oomblik, of as dit dalk voel of die hand kaarte wat vir jou uitgedeel is, totaal en al van geen nut is nie, het ons steeds SOVEEL om voor dankbaar te wees – want ons is VRY! VRYGEKOOP, deur Jesus se bloed… Vry om elke dag te LEWE… God se genade is ELKE dag nuut vir ons… Hy is ELKE dag by jou, en Hy sal jou NOOIT, maar NOOIT los nie… Al sou die berge padgee, en die wêreld vergaan, al laat mense jou in die steek, al verloor jy jou werk, al word jy gediagnoseer met ‘n ongeneeslike siekte – Sy genade is ELKE dag nuut… Hy sal jou DRA, daar waar jy nie meer kan nie, maar Hy sal jou nie los nie… Ek heg die stukkie van “footprints” aan – as jy dalk bietjie bemoediging nodig het, en net weer herinner moet word aan God se liefde, en genade vir jou… Dis vrylik beskikbaar – jy moet net bid, en vertrou!!! Deur vertroue in God, kan ENIGE IETS!!!

Blessings!

One night a man had a dream. He dreamed


he was walking along the beach with the LORD.


Across the sky flashed scenes from his life.


For each scene he noticed two sets of


footprints in the sand: one belonging


to him, and the other to the LORD.






When the last scene of his life flashed before him,


he looked back at the footprints in the sand.

He noticed that many times along the path of


his life there was only one set of footprints.






He also noticed that it happened at the very


lowest and saddest times in his life.






This really bothered him and he


questioned the LORD about it:






"LORD, you said that once I decided to follow


you, you'd walk with me all the way.


But I have noticed that during the most


troublesome times in my life,


there is only one set of footprints.


I don't understand why when


I needed you most you would leave me."






The LORD replied:






"My son, my precious child,


I love you and I would never leave you.


During your times of trial and suffering,


when you see only one set of footprints,


it was then that I carried you."

Monday 7 November 2011

“Every tomorrow has two handles. We can take hold of it with the handle of anxiety or the handle of faith...” ~ Henry Ward Beecher

Haloes! :)


“Every tomorrow has two handles. We can take hold of it with the handle of anxiety or the handle of faith...” ~ Henry Ward Beecher

Eksodus 15:2

“My krag en my sterkte kom van die Here… Hy gee my die oorwinning… Hy is my God… Ek wil Hom loof…”

Matteus 6:34

“Moet daarom nie oor môre bekommer nie… Môre sal sy eie bekommernisse bring… Vandag se moeilikhede is vir een dag genoeg…”

“Worry never robs tomorrow of its sorrow, it only saps today of its joy.” ~ Leo F. Buscaglia quotes

“Worry is like a rocking chair--it gives you something to do but it doesn't get you anywhere.”

Worry jy oor wat môre vir jou wag? By die werk? By die skool, of by Universiteit, of College… Worry jy oor jou verhouding met daardie spesiale iemand? Jou huwelik? OF oor sommige van jou vriendskappe? Ek kom baie keer agter, in my eie lewe, en ook wanneer ek met ander mense gesels – die feit dat ons jaag, van die een ding, na die volgende ding, maak dat ons baie keer nie in die “nou” lewe nie… Ons lewe al 5 weke vooruit… Of dit wat in ons koppe aangaan, is hoe ons probeer uitfigure om tyd te maak vir dit, en dat, en te beplan… Voortdurend te beplan, en te bekommer oor die “wat asse” of “sê maar nou net…”

AS = verbrande hout!! Soos ek altyd vir my een vriendin op Universiteit gesê het – “baby steps”… Soos ‘n baba leer loop, met klein treetjies, moet ons die lewe ook aanpak… Klein tree, met GROOT geloof… Met ons hand in God s’n… Daar is niks mooier as ‘n baba wat sulke wankelrige tree gee, terwyl hy sy ouer se hand vashou nie… Of as hy met sulke wankelrige treetjies na sy ma of pa hardloop, terwyl die ma of pa met uitgestrekte arms op hom wag… God se arms is uitgestrek na jou – jy moet net in Sy arms inloop… Hy hou jou hand ook vas – met ELKE tree wat jy gee… God het nie die hele wêreld in een dag geskep nie… Ons moet dus ook nie ongeduldig raak wanneer dinge nie in een dag vir ons gebeur nie… Die lewe is ‘n loopbaan – nie ‘n renbaan nie… Elke dag het spesiale blessings in dit, wat ons moet AANGRYP, en geniet! Hierdie aanhaling van Henry Ward Beecher, is vir my ook ONGELOOFLIK! Ons kan elke worry op 2 maniere benader – met geloof, of met angstigheid… Daar is GEEN groter satisfaksie vir die duiwel as jy nommer 2 kies nie… Maar wanneer ons ELKE probleem, of uitdaging wat oor ons pad kom, met GOD, en in gebed aanpak, is daar GEEN beperkinge op wat kan gebeur nie… God sal jou kom vul met rustigheid… Hy sal die dinge in plek laat val, sonder dat jy partykeer ‘n vinger hoef te verroer… VERTROU net! Stap met daardie wankelrige treetjies van ‘n baba wat leer loop – God se arms is uitgestrek om jou te vang…

Stel Hom in beheer, en los die handvatsel van angstigheid, maar vat die ene van geloof en vertroue… God sal sorg – vir watookal jy nodig het…

Blessings!

Sunday 6 November 2011

“FEAR is an acronym in the English language for "False Evidence Appearing Real" - Neale Donald Walsch

Haloes! :)


“FEAR is an acronym in the English language for "False Evidence Appearing Real" - Neale Donald Walsch
Jesaja 30:18

“Tog wag die Here gretig dat julle terugkom na Hom toe… Hy wil genade aan julle bewys… Die Here is ‘n God wat regverdig is… Hy seën die mens wat op Hom vertrou vir hulp…”

Josua 1:5

“Niemand sal teen jou bestand wees nie… Soos wat Ek by Moses was, so sal Ek ook saam met jou wees… Ek sal jou nooit in die steek laat nie… Ek sal jou nooit los nie…”

“Nothing is impossible, You will never fail, God You will make a way…” ~ Hillsong

“Our deepest fear is not that we are inadequate. Our deepest fear is that we are powerful beyond measure. It is our light, not our darkness, that most frightens us. We ask ourselves, who am I to be brilliant, gorgeous, talented, and fabulous? Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small doesn't serve the world. There's nothing enlightened about shrinking so that other people won't feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We are born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in some of us, it's in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.” ~ Marianne Williamson quotes

Hierdie aanhaling hierbo is een van my gunsteling aanhalings ooit!!! Ons is KONINKRYKS kinders, en jy hoef vir niemand of niks in hierdie lewe terug te staan nie… ‘n Dominee by my kerk in SA het altyd gesê – ons as Christene, het baie keer die probleem dat ons dink dat omdat ons Christene is, moet ons toelaat dat mense oor ons loop… Dat ons nie moet opstaan vir dit waarin ons glo, of vir wie en wat ons is nie… Ons laat baie keer toe, omdat ons in liefde wil optree, en God se Koninkryk wil laat kom, dat hierdie bostaande aanhaling waar raak in ons lewe… Ons speel klein, en benut nie ons talent wat God aan ons gegee het nie...  God het jou geskape met UNIEKE talente, en baie, baie spesiaal…  Hy wil he dat jy moet "shine" in alles wat jy aanpak! Hy het jou oneindig lief!! WEET dit vandag!!

Ek weet nie of jy dalk opsien teen hierdie week wat vir jou voorlê nie? Miskien is jy dalk by een van daardie taai stukke in jou lewe – wat die uitdagings net van ALLE kante af op jou toesak… Dat jy voel jy moet maar terugstaan, en ophou veg vir dit waarin jy glo… Miskien is daar tans mense wat oor jou loop, of jou laat voel dat jy nie goed genoeg is nie... Miskien is jy bang vir wat hierdie week mag oplewer… Groot eksamens wat voorlê, moeilike situasies by die werk, siekte wat jy moet trotseer, of finansiële moeilikheid waar jy dalk net nie meer weet watter kant toe nie… Ek wil jou die volgende woorde gee – ‘n liedjie wat ons Sondag in die Kerk gesing het, en wat my net weer kom herinner het dat God ons NOOIT, maar NOOIT aan ons eie lot oorlaat nie… “Nothing is impossible, You will never fail, Our God will make a way…” Maak nie saak WATTER onmoontlikhede jy ervaar / “face” op die oomblik nie – God SAL ‘n pad maak – al lyk dit of dit GEENSINS moontlik is nie…

God sal aan jou die krag gee om ENIGE iets wat oor jou pad kom te kan hanteer, en deur Sy genade sal Hy jou help om elke dag met nuwe krag aan te pak… Moenie bang wees vir WATOOKAL die week mag bring nie… FEAR = false evidence appearing real… FEAR, kan nie in ons woordeskat wees nie – want ons God is GROTER as enige FEAR… God het jou ook daardie X-faktor gegee wat die wereld nodig het - gebruik dit :) Moenie terugstaan omdat jy dink jys nie goed genoeg nie... Gee dit wat jou bang maak, sommer nou daar waar jy sit, geheel en al oor, en laat toe dat Hy vir jou sorg die week!!

Blessings :)

Thursday 3 November 2011

“Most of the important things in the world have been accomplished by people who kept on trying when there seemed to be no hope at all…” ~ Dale Carnegie quotes

Haloes! :)


“Most of the important things in the world have been accomplished by people who kept on trying when there seemed to be no hope at all…” ~ Dale Carnegie quotes

Romeine 8:28

“En ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens Sy doel vir hulle lewe…”

Efesiërs 3:20-21

“Hy moet geprys word – HY wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra…”
“Never let go of hope… One day you will see that it all has finally come together… What you have always wished for has finally come to be… You will look back and laugh at what has passed and you will ask yourself – how did I get through all of that?” ~ Anonymous

Na aanleiding van ‘n epos wat ek ontvang het, het ek besluit om hierdie gedagteki te skryf… Lees bietjie hierdie aanhaling van Wilmari…

"Ek het so ‘n tydjie terug ‘n e-pos van ‘n dame ontvang waar sy gese het dat God dit op haar hart gele het dat sy vir ons land se leiers moet bid, dat God hulle harte moet vernuwe sodat daar nie aangehou sal word met al hierdie haatspraak en haat uitsprake nie, ek wil graag hierby byvoeg en se dit JA, VERSEKER MOET ONS VIR HULLE BID, MAAR moet ons nie ook vir ‘n slag in ons ALMAGTIGE GOD met ‘n oortuiging begin glo dat vir ons God NIKS onmoontlik is nie en Hom met ‘n hemelse oortuiging sal begin vertrou, die geskiedenis van ons land het dit al soveel keer bewys dat hierdie wonderlike land van ons in ons God se hand is, hoeveel wonderwerke het ons nie al gesien nie, was Bloedrivier nie ‘n wonderwerk toe die voortrekkers vir God gebid het en gevra het om hulle te beskerm nie, wat van 1994-1995, almal was so bang , die kombuis kaste was vol gepak met blikkies kos, want almal het ‘n burgeroorlog verwag en met die 1995 Wereldbeker toe ons land se mense vir die eerste keer begin bymekaar staan, was dit nie nog wonderwerke van ons Vader af nie, het ons Vader nie alreeds aan ons bewys dat hy ‘n plan het met ons en hierdie land nie?

Kom ons begin op hou om te VREES vir ons veiligheid en of ons kinders eendag in hierdie land nog sal kan woon en oud word en hou op om oor die land te ‘worry’, ons fokus is op die verkeerde plek, hoekom fokus ons op VREES wat net van die duiwel af kom, want hy het gekom om te “deceive and to destroy” en begin VERTROU in ons God se ALMAG, is ons God nie groter as enige politieke persoon nie? Ja, kom ons hou aan met bid vir ons land se leiers, maar kom ons begin ook weer vir ons God ‘n wonderwerk vra en in Hom met ‘n oortuiging te vertou vir daardie wonderwerk, want as Hy dit vir die voortrekkers by Bloedrivier kon doen, en vir ons in 1994, sal Hy dit mos VERSEKER weer vir ons doen!”

Hierdie het my laat dink… Ons bely dat ons in God glo, maar tog, wanneer moeilikheid kom, raak ons baie vinnig benoud, en probeer ons dinge uitsorteer op ons eie… Ons sê dat ons op God vertrou, maar ons lê nagte wakker oor dinge wat ons pla… Ons lewe in vrees oor dinge wat moontlik kan gebeur – maar defnitief nie ‘n “given” is nie… In plaas van om eerder te BID en God net te vertrou!!! God is magtig om ONEINDIG meer te doen vir jou, vir my, vir Suid-Afrika, vir ons land se leiers, as wat ons ooit mag HOOP, of OOIT kan dink!!! God SAL vir jou deurkom… God SAL jou gebede beantwoord – vinniger as wat jy dink… Ek dink baie keer is gebede onbeantwoord omdat ons ophou vertrou, ophou glo, ophou bid… VERTROU… God sal sorg vir jou, jou geliefdes, jou finansies, jou siekte, eksamens, bekommernisse, stress, hartseer ens ens ens… Die lys kan vir ewig aangaan! Let GO and LET YOUR GOD TAKE CARE OF YOU! Want Hy SAL! Hy sal jou NIE in die steek laat nie!!

Blessings!

“You can do more than pray after you have prayed, but you can never do more than pray until you have prayed…” ~ AJ Gordon

Haloes! :)


“You can do more than pray after you have prayed, but you can never do more than pray until you have prayed…” ~ AJ Gordon


Psalm 46:11

“Wees stil en weet Ek is God… Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde…”

Matteus 7:7

“Hou aan met vra, en God sal vir julle gee… Hou aan met soek en julle sal dit kry… Hou aan met klop en God sal die deur vir julle oopmaak… Elkeen wat volhardend vra, ontvang; en wie aanhou soek, kry en vir elkeen wat aanhou klop, sal God oopmaak…”

“Seven days without prayer, makes one weak…” ~ Allen E. Vartlett

“We have to pray with our eyes on God, not on the difficulties…” ~ Oswald Chambers

Waarin kyk jy vas vanoggend? Waarteen sien jy op? Of wat is dit waarop jy al jou aandag, enegie inspan en fokus?? Wat maak jou bekommerd?? Fokus daarop en BID sommer NOU daaroor terwyl jy daar sit waar jy is… Hierdie aanhaling van AJ Gordon is vir my ongelooflik cool!! Wanneer ons nie vir God in ons lewe het nie, is daar NIKS om aan vas te hou nie… Ek weet nie hoe mense wat “claim” dat daar GEEN God is, deur ‘n dag of ‘n week kom nie… Waar vind jy jou krag? Waar laai jy jou battery?

Nadat jy tyd in God se teenwoordigheid spandeer het, is mens gewoonlik weer gevul met die krag wat jy nodig het om die lewe aan te pak J Ons raak vatbaar vir die duiwel se listigheid wanneer ons nie bid en tyd saam God spandeer nie… Dis wanneer bekommernis oorneem, en ons vertroue in God by die agterdeur van ons lewens uitloop… Ek dink ons mis uit op SOVEEL seën vir ons lewe, omdat ons nie vra daarvoor nie! Of ons vra, maar ons GLO nie dat God vir ons gaan deurkom nie… Ons moet bid en ons oë gefokus hou op ons God, nie ons probleme nie… In God se woord is daar SOVEEL beloftes dat God jou NOOIT op jou eie sal los, of jou aan jou eie lot oorlaat nie! Jy moet Hom net vertrou… Wanneer jy daai worries by God in gebed aflaai, los dit daar… Hou op so swaar dra aan verwyte, aan pyn, aan leiding, aan finansiële moeilikheid en hartseer… VERTROU, en LAAT GOD toe om jou te seën, met ALLES wat HY vir jou beplan het… Want ek belowe jou – Sy drome vir jou, en jou lewe, is SOVEEL groter as wat jy OOIT sal kan hoop of dink… Staan vandag terug, en kyk hoe God voorsien...

Blessings!



Tuesday 1 November 2011

“Many of the great achievements of the world, were accomplished by tired and discouraged men who kept on working…” ~ Anonymous

Haloes! :)


“Many of the great achievements of the world, were accomplished by tired and discouraged men who kept on working…” ~ Anonymous

Psalm 34:18

“Wanneer mense roep om hulp, hoor die Here… Uit al hulle moeilikhede red Hy hulle… Die Here is naby die wat hartseer is… Hy help hulle wat geestelik stukkend is…”

Psalm 94:19

“When doubts filled my mind, your comfort gave me renewed hope and cheer…”

The happiest of people don't necessarily have the best of everything; they just make the most of everything that comes along their way...  ~ Anonymous

The brightest future will always be based on a forgotten past; you can't go forward in life until you let go of your past failures and heartaches...  ~ Anonymous

As jy so lief is vir koffie soos ek - hoop ek die onderstaande beteken vir jou baie! Ek het 'n gedeelte van die forward mail se storie gebruik as illustrasie vir die gedagteki...

You will never look at a cup of coffee the same way again........

A young woman went to her mother and told her about her life and how things were so hard for her. She did not know how she was going to make it and wanted to give up. She was tired of fighting and struggling. It seemed as though just as one problem was solved, a new one arose. Her mother took her to the kitchen. She filled three pots with water and placed each on a high fire. Soon the pots came to a boil. In the first, she placed carrots, in the second she placed eggs, and in the last she placed ground coffee beans. She let them sit and boil, without saying a word. In about twenty minutes she turned off the burners. She fished the carrots out and placed them in a bowl. She pulled the eggs out and placed them in a bowl. Then she ladled the coffee out and placed it in a bowl. Turning to her daughter, she asked, 'Tell me what you see.' 'Carrots, eggs, and coffee,' she replied. Her mother brought her closer and asked her to feel the carrots. She did, and noted that they were soft. The mother then asked the daughter to take an egg and break it. After pulling off the shell, she observed the hard boiled egg. Finally, the mother asked the daughter to sip the coffee. The daughter smiled as she tasted its rich aroma. The daughter then asked, 'What does it mean, mother?'

Her mother explained that each of these objects had faced the same adversity: boiling water. Each reacted differently. The carrot went in strong, hard, and unrelenting. However, after being subjected to the boiling water, it softened and became weak. The egg had been fragile. Its thin outer shell had protected its liquid interior, but after sitting through the boiling water, its inside became hardened. The ground coffee beans were unique, however. After they were in the boiling water, they had changed the water.

Almal van ons ervaar tye van moeilikheid... Tye wat ons as't ware in "warm water" is, wat dit partykeer moeilik is om deur te druk en vorentoe te gaan... Hoe ons egter "ander kant uitkom" hang af van onsself... Soos met die wortel, kan die warm water ons dalk "breek"... Dat ons so sag kan raak, deur uitsprake wat mense oor jou lewe maak, of dinge wat met jou gebeur wat veroorsaak dat jy toelaat dat mense oor jou loop en jou goedheid misbruik... Of ons kan soos die eier, kliphard raak - onsself afsluit, mense uitskuif, en partykeer ook vir God uitfreeze... Die laaste moontlikheid is dat ons kan soos 'n goeie koppie koffie raak... Ons kan sorg dat ons positief bly in die moeiliker tye - deur te bid dat God ons denke sal vernuwe... Ons kan deur ons optrede (en "geurige koffie aroma") ander se dag ophelder, en sodoende ons eie dag beter maak... Ek vind gereeld - as jy 'n lawwe grappie met iemand maak om hulle dag op te helder, voel jy 99% van die tyd ook opgehelder :) Ons kan egter net daardie "koffie geur" van positiwiteit afgee as ons vir God het... Sonder Hom is ons niks... Soos koffie korrels wat nie sonder kookwater nie kan oplos nie, kan ons nie sonder God die lewe aanpak nie... As ons op ons eie dit aanpak, sal ons soos die wortel met die eerste kookwater wat ons "encounter" breek... Hou vas aan God, en aan Sy beloftes... Hier is weer 2 awesome verse as bemoediging vir jou vandag! God is by jou - jy hoef NIKS alleen aan te pak nie... Kyk op, vertrou, en byt vas!! Wees koffie in iemand se lewe vandag :)

Blessings!