Tuesday 3 March 2015

“Making a big life change is pretty scary… But, know what’s even scarier? Regret…” ~ Unknown

Haloes! J

“Making a big life change is pretty scary…  But, know what’s even scarier? Regret…” ~ Unknown

1 John 4:7

“Dear Friends, let us love one another…  For love comes from God…  Everyone who loves has been born of God and knows God…”

James 1:5

“If any of you lacks wisdom, he should ask God…  Who gives generously to all without finding fault, and it will be given to Him…”

“Partykeer maak die Here ‘n deur toe, omdat Hy weet dat die tyd aangebreek het dat jy moet aanbeweeg en Hy weet dat jy nie sal aanbeweeg as jou omstandighede jou nie daartoe forseer nie…  So vertrou Hom want Hy weet wat Hy doen…” ~ Onbekend

“All things are possible to him who believes…” ~ Reinhard Bonnke

“He is the Shepherd of the stars…  He calls them each by name…  How much more important are you than they?” ~ Pastor John Hagee

Het iemand al ‘n deur in jou gesig toegemaak? (Letterlik of figuurlik?)  Nie een van die twee is gewoonlik 'n "lekker" gevoel nie...  Dit maak gewoonlik seer, of dit laat ons dinge "question" - omdat mens nie kan verstaan hoekom sulke dinge in ons lewe toegelaat word nie...  Iemand het dit een dag met my gedoen, terwyl daar ander mense was wat toegekyk en gelag het…  Deure wat al toegmaak was vir my, was toe ek bitter graag in New York wou gaan werk het vir 3 maande, en omstandighede in my lewe dinge net so laat uitwerk het dat ek nie kon gaan nie…  Op daardie stadium kan mens nie verstaan hoekom hierdie dinge gebeur, of hoekom God sulke dinge in ons lewens toelaat nie…  Mens weet dikwels dat daar ‘n rede daarvoor is, maar dis nie wat jy op daardie stadium van jou lewe wil hoor nie…

Hierdie aanhaling hierbo slaan egter vir my die spyker op die kop!  Ek glo werklik dat deure somtyds toegmaak word as ‘n manier om vir ons te forseer om ‘n ander rigting in te slaan…  Dis vir ons baie makliker om in ons “comfortzone” te bly, by dit was ons ken – eerder as om kanse te waag, die onbekende aan te durf en besluite te maak wat ons in staat sal stel om voluit te leef…  Ek glo ook dat alles wat in ons lewens gebeur, gebeur om ons op die pad te sit wat God vir ons bestem het…  Wanneer ek besluite neem, dink ek altyd – gaan ek dit “regret” as ek eendag op die ouetehuis se stoep sit en terugkyk op my lewe as ek dalk nie ‘n kans gevat het nie?  Ons een dosent het altyd gesê, die enigste manier om groot “reward” te kry is om groot risiko te loop…  Daarmee sê ek nie dat jy nie moet doneurdagte besluite neem nie…  Bid oor alles, en vra God om vir jou die nodige leiding te gee, sodat jy kan lewe in lyn met Sy wil vir jou lewe…  Want binne Sy wil, is die grootste blessings vir jou beskikbaar…  Niks wat gebeur, gebeur sonder rede nie…  Dit sal ons partykeer net ‘n tyd vat om te kan verstaan hoekom sekere dinge op sekere tye moes gebeur…  Weet net dat jy NOOIT alleen sal wees in moeilike tye nie…  Wanneer jy ‘n kind van God is, is dit een vrees wat jy nooit hoef te hê nie – want God sal jou beskerm soos die appel van Sy oog…  Hy sal jou dra waar jy nie verder kan nie, en vir jou die nodige wysheid gee om besluite te kan maak waar jy dalk nie weet watter kant toe nie…

Blessings!

Anel xx

 

No comments: