Monday 9 March 2015

“One reason people resist change, is because they focus on what they have to give up, instead of what they have to gain…” ~ Unknown

Haloes! J

“One reason people resist change, is because they focus on what they have to give up, instead of what they have to gain…” ~ Unknown

1 Corinthians 15:58

“Therefore, my dear brothers and sisters, stand firm. Let nothing move you. Always give yourselves fully to the work of the Lord, because you know that your labor in the Lord is not in vain…”

Acts 20:35

“And I have been a constant example of how you can help those in need by working hard. You should remember the words of the Lord Jesus: ‘It is more blessed to give than to receive."

“I choose to live by choice, not by chance…  To be motivated, not manipulated… To be useful, not used…  to make changes, not excuses…  to excel, not compete…  I choose self-esteem, not self-pity…  I choose my inner voice, not the random opinion of others…” ~ Unknown

“If you keep doing the right thing, God will get you to where you are supposed to be…” ~ Unknown

Daar is seker niks erger as om te wag vir uitslae nie… Of dit nou eksamen uitslae is, of mediese uitslae van toetse wat gedoen is, terugvoer van jou prestasie by die werk of miskien ’n kompetisie waarvoor jy ingeskryf het? Die eerste drie tipes uitslae, is van daardie wat jou laat “stress”, omdat jy gewoonlik nie ’n benul het wat om te verwag nie, en omdat die uitslae ’n groot invloed op jou lewe kan hê… Indien jy nie ’n groot eksamen deurkom nie, verhoed dit jou om te kan vorentoe beweeg met jou studies… Indien siekte by jou gediagnoseer word, draai dit jou hele lewe op sy kop, omdat veranderinge aan jou leefstyl aangebring moet word… Behandelings moet gekry word, eindelose doktersbesoeke ens… In die moeilike ekonomiese omstandighede waarin ons leef, kan negatiewe terugvoer by die werk vir jou die einde van ’n hoofstuk beteken… En om dan weer te moet soek vir iets nuuts, kan ’n onmenslike groot uitdaging wees…  Onsekerheid is deel van ons alledaagse lewe… Elke nuwe dag is gevul met onsekerhede… Ons weet nie wat die dag van môre sal bring nie…  Maar in God se woord kry ons die volgende bemoediging: Matthew 6:34: “Therefore do not worry about tomorrow, for tomorrow will worry about itself. Each day has enough trouble of its own…”

Dink jou gou in die volgende situasie in… As jy ’n “lift” saam met iemand kry, dan klim jy in die motor, sit op die passasiersitplek, hou gewoonlik die drywer geselskap, en wanneer jy die eindbestemming bereik, klim jy uit die motor… Daar word nie van jou verwag om petrol te gee, briek te trap, of die pad dop te hou vir aankomende verkeer nie…  Saam met God is dit presies soos hierdie situasie! As jy Hom in beheer stel in jou lewe, deur Hom aan die stuur te sit, moet jy net langs Hom sit… Hy sal die onsekerhede uitsorteer… Hy sal die pad dophou vir aankomende verkeer, of dinge wat jou pad sal moeilik maak… En wanneer jy dalk in ‘n “ongeluk” kom deur aankomende verkeer wat in jou vasgejaag het, sal Hy REG LANGS JOU wees om jou te help om te kan hanteer wat gebeur het… Hy sal jou help om deur dit te werk, en om HEEL anderkant uit te kom… Deur jouself aanhoudend te bekommer oor WAT AS, sal jou tap van al jou krag wat jy het vir die volgende 24 uur… Ek dink omdat die lewe so ’n gejaag is, leef ons weke vooruit, in plaas daarvan om net op die volgende 24 uur te fokus… As jy jouself bekommer oor iets wat moontlik môre kan gebeur, en dit gebeur nie, het jy kosbare tyd wat jy kon LEWE, vandag gemors… Bekommernis oor onsekerhede gaan dit nie oplos nie… Indien dit wel gebeur, het jy 2 keer geworry, en kon jy in elk geval niks aan die uitkoms verander nie… Vat baba treë, en hanteer uitdagings wanneer dit oor jou pad kom… Met Jesus aan die stuur van jou lewe, hoef jy GEEN onsekerheid alleen tegemoet te gaan nie… En maak seker dat jy Hom geselskap hou oppad… BID… Ons bekommernis raak partykeer so groot, dat ons vergeet om te bid… Wanneer ons bid, SAL Hy sorg!! Dalk nie altyd soos jy dit wil hê nie, maar DEFNITIEF soos jy dit nodig het!  Elke nuwe dag, is ’n geskenk van God, een wat WAG om geleef te word, en as’t ware ’n leë bladsy in jou boek waarop daar nog geen foute aangeteken is nie… Net GELEENTHEID! Gebruik elke oomblik!

blessings!

anel xx
 

 

No comments: