Haloes! J
Blessings!
“Sometimes the bad things that happen in our
lives put us directly on the path to the best things that will ever happen to
us…” ~ Unknown
Romans 15:5-6
“May the God who
gives endurance and encouragement give you a spirit of unity among yourselves
as you follow Christ Jesus, so that with one heart and mouth you may glorify
the Father…”
Matthew 11:28-30
“Come to me all you who are weary and burdened, and I
will give you rest… Take my yoke upon
you and learn from me… For I am gentle
and humble in heart, and you will find rest for your souls… For my yoke is easy and my burden is light…”
“Friendship is like
standing on wet cement… The longer you
stay, the harder it’s to leave, and you can never go without leaving your
footprints behind…” ~ Unknown
“If we truly
understood who we are in Jesus and what He has done for us, Christians would be
the most confident people on earth…” ~ Kenneth Copeland
Ek is seker almal van ons het al vriende gehad met wie
ons kontak verloor het… Dit gebeur
eintlik baie makliker as wat mens dink…
Iemand wat wegtrek, kollegas wat ‘n nuwe werk kry, vriende wat na
verskillende skole gaan ens ens… As
beide partye nie so goed is om kontak te hou nie, gaan dit moeilik wees om die
vriendskap aan die gang te hou… Ek glo
dat verskillende mense met ‘n spesifieke doel oor ons pad gestuur word… Sommige is daar om ons te challenge, sommige
is daar sodat ons van hulle kan leer (goeie en slegte lesse somtyds), sommige
sal daar wees wat dalk “closer” sal wees as wat ons familie is – wat daar sal
wees in die goeie en slegte tye… Daar is
natuurlik ook daardie mense wat oor jou pad kom wat van jou goedheid kan
misbruik maak, of wat om verkeerde redes met jou probeer vriende wees…
Ek glo egter dat elke persoon wat oor ons pad kom, met ‘n
doel oor ons lewenspad kom… Mens kan
gewoonlik iets leer uit elke vriendskap wat jy aanknoop… Iets wat baie waar is, is dat elke mens
voetspore in mens se lewe agterlaat, wat help bou aan ons karakter… Mens se moeilike tye wat oor jou pad kom,
sien ek baie keer as ‘n geleentheid, oor hoe jy dit eendag sal kan gebruik om
‘n testimony te kan lewer om iemand anders wat deur soortgelyke moeilikheid
gaan te bemoedig… Ek wil jou vandag kom
uitdaag om nie toe te laat dat enige iemand jou menswees sal afbreek deur hul
kritiese woorde nie… Jy KAN VOL
selfvertroue LEEF, want jou Pa is die Koning van die Heelal… Jou skuld van sonde is ten volle uitgewis
2000 jaar gelede… Dink gou aan die skuld
wat jy dalk tans het… Hoe awesome sal
dit nie wees om te hoor dat dit ten volle uitgewis is nie – en jy hoef niks te
gedoen het om dit uit te wis nie? Ek
dink dit sal ongelooflik wees!! Maar as jy mooi daaraan dink, is dit eintlik
vir ons gedoen, aan die kruis! Alle
sondeskuld wat ons het, het God vir ons uitgewis op die Kruis… Maak nie saak wat vriende aan jou doen nie –
jy het ‘n vriend wat ALTYD jou back sal hê, wat jou sal inspireer om alles te
word wat jy moontlik kan wees, wat jou trane sal afdroog wanneer jy deur
moeilike tye gaan, en jou sal dra wanneer jy nie verder stap nie… Vat God se hand – Hy is REEDS in die dag wat
voor jou lê… Moenie vrees nie – Hy is
groter, as jou grootste uitdaging! The
best is yet to come!
Blessings!
Anel xx
No comments:
Post a Comment