Thursday 9 May 2013

“You pile up enough tomorrows and you will be left with nothing but a bunch of empty yesterdays… I don’t know about you, but I’d like to make today worth remembering…” ~ Unknown…

Haloes! J

“You pile up enough tomorrows and you will be left with nothing but a bunch of empty yesterdays… I don’t know about you, but I’d like to make today worth remembering…” ~ Unknown…

1 Corinthians 16:13

“Be on your guard; stand firm in the faith; be courageous; be strong…”

2 Timothy 1:7

For the Spirit God gave us does not make us timid, but gives us power, love and self-discipline...

“Life is too short to wake up with regrets… So love the people who treat you right… and forget about the ones who don’t… And believe that everything happens for a reason… If you get a chance, take it… If it changes your life – let it! Nobody said it would be easy… They just promised it would be worth it…” ~ Unknown

Saggies roep Hy jou naam ini wind, Ek is altyd by jou My kind, jy hoef nie te soek om My te vind, deur bloed is jy aan My gebind, Niks sal ooit met jou gebeur, plaas My net in beheer... Jou geloof is al wat ek vra, My genade sal jOu altyd dra... Al wat jy moet doen is vra... Ek is baie lief vir jou, begin deur om My te vertrou en in My Hande sal ek jou altyd styf vas hOu!! Geseënde Hemelvaartdag vir jou........† ~ Forward email

Ek weet nie wie van julle weet nie, maar vandag was Hemelvaart... Dit is steeds 'n publieke vakansiedag in Nederland, terwyl ek weet dat dit jare gelede in Suid-Afrika 'n vakansiedag was... Mens vergeet baie keer om dankie te se op hierdie dag, omdat dit maar net nog 'n werksdag, of vakansiedag, soos enige ander dag in ons lewens is... Dis egter vir ons as God se kinders, 'n ongelooflike dag, omdat dit die dag was wat Jesus Sy Heilige Gees uitgestort het oor almal wat Hom as hul God en verlosser aanvaar het... Dit merk die dag wat Jesus aan ons kom waarborg het, dat alhoewel Hy nie fisies by ons is nie, ons nooit, maar ooit alleen sal wees nie, omdat Sy Heilige gees in ons woon en altyd by ons sal bly! Dis ook die dag waar Jesus vooruit gegaan het om vir ons 'n plekkie in Sy Koninkryk te gaan regmaak...

Ervaar jy die Heilige Gees se teenwoordigheid in jou lewe? Of voel jy totaal en al alleen? Voel jou sitausie dalk vir jou so deurmekaar dat jy nie meer weet waarheen nie? Jy voel dalk asof jy al ALLES probeer het, maar dat jy steeds net is waar jy begin het... Dat die lewe se gejaagdheid, pyn en hartseer net al hoe feller word en jy net al hoe meer sukkel? Ek het al voorheen geskryf, maar watookal die vraag, die antwoord is Jesus... Wat ookal die probleem, die oplossing is Jesus... Wat na onmoontlikheid lyk, is vir Jesus MOONTLIK... Al wat jou te doen staan is om dit by Jesus se voete neer te le in gebed... As jy nog nie vir Jesus aanvaar het as jou verlosser en Saligmaker nie - is dit nou jou kans! Of dalk het jy Hom al aanvaar, maar iewers langs die pad het jou commitment aan God bietjie gestagneer of 'n stille dood gesterf.... Die Koninkryk is vir ENIGE iemand... Maak nie saak hoe jou verlede lyk nie - Jesus stel belang in jou toekoms! 'n Pad wat saam met Hom gestap word, is 100keer makliker as een wat jy alleen aanpak... Want Hy verseker jou, wanneer jy val, SAL Hy by jou wees om jou op te tel... Wanneer jy neerkniel en bid, maak seker dat jy nie weer dit optel wanneer jy klaar gebid is nie... Jesus het dit - Hy SAL sorg... Al wat jy moet doen is glo en vertrou...

Blessings!
 
 
Anelli**
 
 
 
PS - Die volgende gedagteki vir die daggie sal eers op 3 Junie weer verskyn, vanwee die feit dat ek terug re-locate na Suid-Afrika.  Ek wens julle net die mooiste seen uit God se hand!

Wednesday 8 May 2013

“If you do not challenge yourself, you will never realize what you can become…” ~ Unknown


Haloes J

“If you do not challenge yourself, you will never realize what you can become…”  ~ Unknown

Joshua 10:25 

Joshua said to them, “Do not be afraid; do not be discouraged. Be strong and courageous. This is what the LORD will do to all the enemies you are going to fight…”

Psalm 145:18-19

“The LORD is near to all who call on him,  to all who call on him in truth. He fulfills the desires of those who fear him;  he hears their cry and saves them…”

“Don’t give up…  The beginning is always the hardest…”  ~ Unknown

“God does not require you to succeed…  He just requires us to try…”  ~ Mother Theresa

Ek het besluit om terug te keer na Suid-Afrika toe binnekort…  2 Jaar later, en die tyd het absoluut gevlieg!!  Dit was absoluut een van die mees ongelooflikste ervarings van my lewe om hier anderkant die water te kon werk en leef…  Ek onthou hoe bang ek was voordat ek hierheen gekom het, maar deur gebed en bybelstudie vooraf, het God my rustigheid en bevestigings gegee dat dit ‘n geleentheid was wat ek moes aanpak…  En in die hele proses, het ek lekker karakter gebou (soos my een vriendin altyd sê oor wanneer dinge moeilik gaan), en ongelooflike mense ontmoet, dinge ervaar en paaie gekruis met mense wat net ‘n absolute seën in my lewe is…  Hoekom skryf ek hierdie?  Want, baie keer, is ons so bang vir verandering, of om uit ons comfortzone’s te beweeg, dat ons op die ou end uitmis, op SOVEEL MEER wat God vir ons het…  Ons mis uit op geleenthede, omdat ons toelaat dat ons uit vrees leef, en deur vrees optree, eerder as om in geloof dinge aan te pak, en net ons vertroue in God te stel…

Dis gewoonlik “werk” om uit jou comfortzone te beweeg…  Hoekom sal jy dan nou wil verander aan iets wat gemaklik is, en iets wat werk?  Omdat God wil hê, dat jy die mens moet word wat HY jou bestem het om te wees…  Sy drome is baie groter as wat jy ooit vir jouself sal kan droom…  Partykeer moet mens net daardie “leap of faith” neem, ten einde jou grondgebied te vergroot, en God se seën oor jou lewe te ontvang…  God sal aan jou die bevestiging gee oor wat dit is wat jy moet aanpak, watter paaie Hy vir jou uitgesit het, en wanneer jy Hom vertrou en toelaat, SAL Hy jou met ongelooflike mense in jou lewe seën, “Engele” wat in mensvorm saam met jou die lewe aanpak, jou ondersteun en moed inpraat vir die dinge wat vir jou onmoontlik moeilik lyk…  God sal jou nie ‘n oomblik alleen los nie…  Hy wil vir jou omboul met Sy blessings…  Al wat Hy vra, is dat jy sal vertrou, Sy hand sal vat en nie sal toelaat dat jou vrees vir die onbekende, maak dat jy uitmis op alles wat HY vir jou het nie…  God is groter as ENIGE iets wat hierdie week oor jou pad mag kom…  Hy sal die ongelyke paaie vir jou gelyk maak, en Hy sal antwoorde bring op die vrae waaroor jy duidelikheid nodig het…  In times of doubt – PRAY J

Blessings!

Anelli**

Gedagteki aankondiging / Gedagteki announcement! :)

Hi julle almal!
Ek hoop dit gaan baie goed met julle!
Net vir julle inligting - die gedagteki vir die daggie sal tot en met 10 Mei 2013 verskyn, en dan eers weer 3 Junie. Groot nuus :) - Ek is oppad terug SA toe! As gevolg van die feit dat ek terug relocate SA toe, gaan ek nie lekker internet toegang he vir die volgende drie weke nie, dus vandaar die "breek" in die gedagteki.
Ek bid dat God julle sal seen en dat julle Sy liefde en genade daagliks sal ervaar!
baie blessings vir julle!!
anelli**
Hi there everyone!
I hope you are all doing well!
Heads up for you - The gedagteki vir die daggie, will still be sent to you until Friday, May 10, 2013 and then only again on the 3rd of June. This is due to the fact that I will be relocating back to South-Africa! :) I will not always have internet connection within the next 3 weeks, so therefore the "break".
I pray that God will bless you and keep you until we meet again in June!
tons of blessings for you!

Tuesday 7 May 2013

“Don’t worry… Just breathe… If it is meant to be, it will find it’s way…” ~ Unknown



Haloes! J

“Don’t worry…  Just breathe…  If it is meant to be, it will find it’s way…” ~ Unknown

Hebrews 13:5 

Keep your lives free from the love of money and be content with what you have, because God has said,  “Never will I leave you; never will I forsake you.”

James 1:12-15

“Blessed is the man who perseveres under trial, because when he has stood the test, he will receive the crown of life that God has promised to those who love him. When tempted, no one should say, “God is tempting me.” For God cannot be tempted by evil, nor does he tempt anyone; but each one is tempted when, by his own evil desire, he is dragged away and enticed. Then, after desire has conceived, it gives birth to sin; and sin, when it is full-grown, gives birth to death…”

“I don’t regret the things I’ve done, I regret the things I didn’t do when I had the chance.” – Unknown

“Either you run the day or the day runs you…” ~ Jim Rohn

Ek dink in die dag en tyd wat ons leef, is stress iets wat so algemeen geraak het, dat ons dit nie eers altyd sien vir wat dit is nie…  Dis verseker ‘n gevoel wat ALMAL al beleef en ervaar het…  Ek dink sommer aan eksamen stress…  Jy kan soveel moontlik geleer het, maar die duiwel kan partykeer steeds ‘n manier kry om jou totaal en al deurmekaar te krap en aan jou vermoëns en jou harde werk te laat twyfel…  Jy het net EEN negatiewe gedagte nodig om al jou harde werk tot niet te maak…   Self-twyfel saadjies plant, is iets waarin die duiwel spesialiseer!  Hoekom is dit altyd maklik om te dink dat ander mense soveel beter, slimmer of tot meer in staat is as jyself????  Dis gewoonlik maklik om komplimente aan ander uit te deel, maar wanneer jy by jouself kom, is dit gewoonlik net kritiek wat oorbly?  Klink dit bekend?

Ek wil my gunsteling stukkie van Marianne Williamson…  “Our deepest fear is not that we are inadequate…  Our deepest fear is that we are powerful beyond measure… It is our light, not our darkness that most frightens us. We ask ourselves, Who am I to be brilliant, gorgeous, talented, fabulous? Actually, who are you not to be? You are a child of God. Your playing small does not serve the world. There is nothing enlightened about shrinking so that other people won't feel insecure around you. We are all meant to shine, as children do. We were born to make manifest the glory of God that is within us. It's not just in some of us; it's in everyone. And as we let our own light shine, we unconsciously give other people permission to do the same. As we are liberated from our own fear, our presence automatically liberates others.”  Ek dink nie ek hoef meer te sê as wat sy hier sê nie…  Deurdat ons neerkyk op onsself, is ons nie besig om vir God die eer te gee nie…  Want ons is ELKEEN in God se beeld geskape…  En God het aan ons ELKEEN iets gegee – hoe groot of klein ook al, wat ons laat UITSTAAN wat kan maak dat ons kan skyn vir die Koninkryk…  Mag HOE jy lewe – nie bestaan uit STRESS wat jou lei nie, maar die feit dat jy ‘n KONINGSKIND is…  Deur voluit te lewe, sal jy die mense wat jou pad kruis aansteek om dieselfde te doen!  En sodoende kan jou lewe miskien die enigste Bybel word wat ander lees…  Moenie terugsit en uitmis op ALLES wat God vir jou het, omdat jy dink dat jy nie goed genoeg is nie…  Jesus het jou al gekies nog voordat jy Hom gekies het…

blessings!

anelli**

Monday 6 May 2013

“The tallest oak in the forest, was once just a little nut that held it’s ground…” ~ Quotes love & life.com


Haloes! J

“The tallest oak in the forest, was once just a little nut that held it’s ground…”  ~ Quotes love & life.com

Luke 10:19

I have given you authority to trample on snakes and scorpions and to overcome all the power of the enemy; nothing will harm you…

John 16:33 

I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world…

“Decide that you want it more than you are afraid of it…”  ~ Bill Cosby

“When the past calls, let it go to voicemail, believe me, it has nothing new to say.” - Unknown

Wanneer jy blomplante koop by die kwekery, lyk die prentjie op die pakkie, baie anders as dit wat binne in die pakkie is…  Op die pakkie sien jy gewoonlik die eindproduk (pragtige blomme byvoorbeeld), terwyl wat binne in die pakkie is, die rouproduk (saad) is…  Vir jou om die eindproduk te hê gaan geduld, aandag en redelik baie tyd wat investeer moet word verg…    Jou blomme gaan nie oornag blom nie…  Die saadjie moet eers ontkiem – die grond moet reg wees vir die tipe saad, die plant moet genoeg sonlig, water en liefde ontvang – nie te veel nie – balans is baie belangrik in die kwekingsproses…  Maar indien jy die moeite doen om die nodige tyd, moeite, energie, liefde, water en sonlig te investeer, sal die jy moontlik die eindproduk gelyk aan die prentjie op die pakkie verkry – of partykeer selfs iets beters…

Ons lewens is baie soos hierdie scenario…  God het aan ons elkeen gawes (rouproduk) gegee…  Hy het aan ons ‘n vrye wil gegee, om te kan besluite maak, ten einde ons lewe voluit te kan leef…  Tog dink ek wil ons baie keer net die EINDPRODUK van ons hoop, gedagtes en drome hê…   Baie keer as mens iets baie graag wil hê, is dit so…  Jy het nie die geduld om te wag, vir dinge om in plek te val nie – jy wil die roosboom hê, die dag wat jy die saad daarvoor koop…  Tog, is niks wat die moeite werd is gewoonlik vinnig en maklik nie…  Ons moet partykeer bereid wees om te veg vir dit wat ons wil hê…  Ons moet ons gawes so aanwend, dat ons, tesame met God, werk om ons drome te bewaarheid…  Wanneer jy jou drome of hartsbegeertes (rouproduk) aan God toevertrou, sal Hy sorg dat die onmoontlike, moontlik word, wanneer dit binne Sy wil geskied…  En Sy wil sal jy kan leer deur jou Bybel te lees, en te bid…  Ek weet nie of jou situasie vandag vir jou hopeloos voel nie…  Miskien het jy al ‘n tyd terug die saadjies geplant, maar die plant wat begin opkom het, is siek, of vol verlepte blare…  Miskien voel dit vir jou, dat maak nie saak HOE jy bid nie, die gebed net teen die dak vasgaan…  Vandag wil ek aan jou kom sê-  Jesus het vir ons uit die dood uit opgestaan… NIKS is vir ons onmoontlik nie…  Saad wat dalk nie wou ontkiem nie, of plante wat sukkelend, siek is, sonder hoop vir die toekoms, kan Hy kom aanraak, en kan Hy sorg vir WONDERWERKE om te gebeur…  Al wat ons moet doen is om dit in Sy hande oor te gee, en te leef in vertroue dat God SAL sorg, wanneer die tyd reg is…  Jesus sal jou nie alleen laat met WAT dit ookal is waardeur jy gaan vandag nie…  Gee dit vir Hom – Hy kan iets wat “dood” is (waarvoor daar geen hoop meer is nie) (jou verhoudings, finansies, geloof, vriendskappe, moeilike tye, siekte weer NUWE Lewe kom gee…  Al wat HY vra is dat jy met ‘n gelowige hart tot Hom nader – Hy is net ‘n gebed ver!

Blessings!

anelli**

Sunday 5 May 2013

“After a storm comes a calm…” ~ Matthew Henry


Haloes! J

“After a storm comes a calm…”  ~ Matthew Henry

Nahum 1:7

“The LORD is good, a refuge in times of trouble. He cares for those who trust in him…”

Zephaniah 3:17 

“The LORD your God is with you, the Mighty Warrior who saves. He will take great delight in you; in his love he will no longer rebuke you, but will rejoice over you with singing.”

“You don’t drown by falling into the water…  you drown by staying there…”  ~ Edwin Louis Cole

Your present circumstances don't determine where you can go; they merely determine where you start…  ~ Nido Qubein

Natuurrampe is vir my een van die ongelooflikste verskynsels wat bestaan…  Vulkane wat jare slaap en dan weer skielik “erupt”; hurricanes, tornado’s, tsunami’s, aardbewings – dis alles dinge waaroor die mens, absoluut GEEN beheer het nie…  Maak nie saak HOE gevorderd die tegnologie is nie, dit mag dalk moontlik wees om natuurramp te voorspel, maar aan die uitkoms van die natuurramp kan ons ABSOLUUT niks doen behalwe om te sorg dat ons nie in die omtrek is wanneer dit gebeur nie…  Ek dink dat iets van God se grootheid hierin weerspieël word…  Want, net soos wat die natuurramp kom, hou dit nie vir ewig aan nie…  Dit mag dalk vir ‘n dag of drie verwoesting saai, maar na dit, sorg God weer vir kalmte om oor die aarde neer te daal…  Alles mag dalk in puin gelê word, maar na die tyd kan die aarde so stil en rustig wees, dat dit eintlik ondenkbaar kan word dat net ‘n dag gelede daar AANSIENLIKE chaos geheers het…

Die lewe het ‘n manier om jou partykeer om te boul, soos wat hierdie natuurrampe kan doen…  Sonder dat jy dit verwag, kan dinge gebeur wat jou hele lewe omver gooi…  Wat maak dat jy alles in twyfeltrek wat jy so lank aan vasgehou het…  Die mat van sekuriteit kon dalk onder jou voete uitgeruk word…  Jou hart kan dalk in stukke gebreek wees, nadat jy geglo het dat julle ALTYD en vir ewig sal saam wees…  Die dokters kon dalk uitgevind het dat jy of ‘n geliefde aan ‘n ongeneeslike siekte ly…  Elkeen van ons het ‘n ander pad om te stap…  God het elkeen van ons so uniek gemaak, dat nie een van ons presies dieselfde paadjie voor hom het nie…   Ek dink dat soortgelyke goed / situasies baie keer met mense gebeur, wat hulle equip om vir ander wat deur dieselfde moeilikheid gaan, daar te wees…  God het ook ‘n manier om sekere mense wat dalk met dieselfde goed worstel as jy, oor jou pad te stuur, sodat jy JOU situasie kan gebruik om ander te bemoedig en te help…  Wat ons almal egter in gemeen het, is dat ons vir God het wat oor ons die wag hou…  God wat al van voor ons geboorte af vir ons SO liefgehad het, dat Hy elke tree van jou lewe saam met jou sal stap – indien jy dit wil hê…  Gary Kieswetter (vorige predikant van my), het altyd gesê – Mens moet bly wees wanneer God moeilike dinge oor jou pad stuur, want dit beteken dat Hy aan jou dink…  Ek glo ook dat dit partykeer ‘n manier is van God om ons te kry om aan ons verhouding met Hom te bou…  om nie sonder Hom te probeer loop nie, maar dat ons ‘n hegter verhouding met God sal hê – en dat Hy ons reddingsboei raak wanneer die ontstuimige water bo ons koppe wil gaan…  God is met jou – selfs al voel dit vir jou asof jy totaal en al alleen is…   Wat ek gewoonlik probeer onthou in tye van moeilikheid, is dat daar ALTYD iemand is met wie dit moeiliker gaan as met jou…  Dat ons ALTYD iets het om voor dankbaar te wees, en dat God jou NOOIT sal los om alleen te sukkel nie…

Mag Jesus jou dra vandag! 

blessings,

anel**

Friday 3 May 2013

“The secret of life though, is to fall seven times and get up eight times…” ~Paulo Coelho


haloes! J

“The secret of life though, is to fall seven times and get up eight times…” ~Paulo Coelho

Matthew 17:20

"If you have faith as small as a mustard seed, you can say to this mountain, "move from here to there" and it will move... Nothing will be impossible for you..."

2 Korintiërs 12:9

"My genade is vir jou genoeg... My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is..." Daarom sal ek liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus, my beskutting sal wees..."

The only survivor of a shipwreck was washed up on a small, uninhabited island. He prayed feverishly for God to rescue him. Every day he scanned the horizon for help, but none seemed forthcoming. Exhausted, he eventually managed to build a little hut out of driftwood to protect himself from the elements, and to store his few possessions. One day, after scavenging for food, he arrived home to find his little hut in flames, with smoke rolling up to the sky. He felt the worst had happened, and everything was lost. He was stunned with disbelief, grief, and anger. He cried out, 'God! How could you do this to me?'
Early the next day, he was awakened by the sound of a ship approaching the island! It had come to rescue him! 'How did you know I was here?' asked the weary man of his rescuers. 'We saw your smoke signal,' they replied.
The moral of the story: It's easy to get discouraged when things are going bad, but we shouldn't lose heart, because God is at work in our lives, even in the midst of our pain and suffering. Remember that the next time your little hut seems to be burning to the ground. It just may be a smoke signal that summons the Grace of God. ¬ Internet email
 

Daar gebeur daagliks dinge in ons lewens wat ons nie kan verstaan, of partykeer glad nie kan kleinkry oor hoekom God sekere dinge toelaat nie…  Wanneer mens vasgevang is in die middel van alles, is dit partykeer moeilik om perspektief te hê of te kan verstaan wat aangaan nie…Hoe treffend en waar is hierdie storie nie? Sooo baie keer kan moeilikheid vir ons so groot lyk, dat ons nie raaksien hoe God eintlik besig is om te werk in ons lewens nie...  Iets wat soos ’n ramp lyk, is moontlik ’n uitweg – of ’n wonderwerk in wording…   Wanneer ons swak is, is God sterk... God sal sorg vandag - al lyk die dinge vir jou hoe onmoontlik!   Onthou dat God op vreemde maniere werk, en soos die storie gesê het - as dit lyk of jou "hut" afbrand, kan dit dalk net God wees wat besig is om deur genade, wonderwerke aan jou te betoon... Jy is nie alleen vandag nie! God het jou BAIE lief!

Blessings!

Anelli**

Thursday 2 May 2013

“Sometimes it may seem that God is silent, but He is never absent…” ~ Brian Houston


Haloes! J

 

“Sometimes it may seem that God is silent, but He is never absent…” ~ Brian Houston

 

Psalm 18:32-34 

 

“The God who equipped me with strength and made my way blameless. He made my feet like the feet of a deer  and set me secure on the heights. He trains my hands for war, so that my arms can bend a bow of bronze…”

 

1 John 5:14

 

“And this is the confidence that we have toward him, that if we ask anything according to his will he hears us…”

 

"Any concern too small to be turned into a prayer is too small to be made into a burden." - Corrie Ten Boom

 

"Work as if you were to live a hundred years, pray as if you were to die tomorrow." - Benjamin Franklin

 

Ek dink meeste van julle was al afwesig by die skool of werk, vanweë verkoue, griep, siekte of somtyds net onbeheerbare omstandighede…  Ek onthou toe ek in die laerskool was, het ek waterpokkies gekry…  Vir twee weke lank was ek buite aksie…  En toe, soos die noodlot dit toe wou hê, is my klas op die COOLSTE uitstappie OOIT in die tyd wat ek by die huis was…  Hulle het ’n regte seerowerskip in die Waterfront besoek…  Ek’t GEWENS dat die waterpokkies net kon verdwyn, dat ek dit kon meemaak J

 

Hierdie aanhaling van Brian Houston het my aan dit laat dink!  Wanneer mens afwesig is – mis jy uit!  Daar is ook ander tipe afwesigheid waarmee ons dikwels gekonfronteer word – afwesigheid in verhoudings, vriendskappe in jou werk, in jou familie aktiwiteite, miskien afwesige ouer as gevolg van ’n groot werkslading, jou optrede in alledaagse omstandighede of miskien in jou spontaniteit en deelname om ’n verskil in hierdie wêreld te maak…  Dit kan dikwels wees as gevolg van stress, bekommernis, of onsekerheid van wat die toekoms inhou…  Ek dink mens kan partykeer so besig raak met soveel dinge, dat jy totaal en al onbewus “afwesig”raak in al hierdie dinge…  Dit kan partykeer vir jou voel dat jy so ver verwyderd van God raak, as gevolg van hierdie afwesigheid…  Goeie nuus vanoggend – is dat God NOOIT afwesig is van jou lewe nie…  Soos Brian in sy aanhaling sê – God mag dalk stil wees, maar Hy is verseker nooit afwesig nie!  In hierdie “stil tye”, verlaat Hy jou egter nie…  Hy is steeds daar om die pad vir jou gelyk te maak, en geleenthede vir jou te skep…  Dis in hierdie stil tye, wat Hy besig is om jou te shape vir dit wat voorlê…  Of my gunsteling manier om daarna te kyk – KARAKTER bou oomblikke J  Moenie moed verloor as dit vir jou dalk voel of jy op die oomblik op een plek stilstaan en nie vorentoe kan beweeg nie…  Moenie moed verloor as dit vir jou voel of jou gebede onbeantwoord bly nie…  God is steeds by jou, en Hy hoor jou gebede…  Hou aan om met God te praat, want SODRA die tyd reg is, SAL God al die dinge in plek laat val…  Hy sal vir jou sorg – sodat jy ontvang DIT wat jy nodig het, sodra jy dit nodig het…  Moenie dat stress en bekommernis jou weerhou daarvan om ongelooflike vriendskappe, of verhoudings te hê nie…  Moenie die duiwel space in jou lewe toelaat dat hy kan onsekerheid en chaos in jou lewe saai nie…  God wil MEER vir jou hê, as wat jy ooit sal kan hoop of dink!  Glo dit vandag! J

 

Blessings!

Anelli**