Thursday 29 August 2013

“Alles wat ek sien, leer my om die Skepper te vertrou vir alles wat ek nie kan sien nie...”~ Ralph Waldo Emerson

Haloes! :)
“Alles wat ek sien, leer my om die Skepper te vertrou vir alles wat ek nie kan sien nie...” ~ Ralph Waldo Emerson
Jeremia 17:7-8
“Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel, die mens vir wie die Here ‘n veilige vesting is: So iemand is soos ‘n boom wat by water geplant is en sy wortels na die stroom toe uitstoot, nie die hitte voel as dit kom nie en altyd groen blare het; ‘n droë jaar raak hom nie en hy hou nie op om vrugte te dra nie...”
Daniël 6:22
“Daniël antwoord toe: ‘Mag die koning nog lank lewe... My God het sy engel gestuur om die leeus se bekke toe te hou sodat hulle my niks kon aandoen nie... Hy het dit gedoen omdat Hy weet dat ek onskuldig is...”
“Vertroue is wanneer jy dit kan regkry om te sê: ‘Ek verstaan nie wat God doen nie, ek weet nie waar God is nie, maar ek weet dat Hy die beste vir my wil... Dit is vertroue. Dit is hoe jy op God moet wag...” ~ Richard Foster
“As ‘n trein deur ‘n tonnel gaan en dit donker om jou word, gooi jy nie jou treinkaartjie weg en spring van die trein af nie... Jy sit stil en jy vertrou die ingenieur...” ~ Corrie ten Boom
Daniël is vir my een van die grootste voorbeelde in die Bybel, van iemand wat onvoorwaardelik op God vertrou het... Indien ek of jy vanoggend in ‘n Leeukuil gegooi moet word, vir iets wat ons nie gedoen het nie, dink ek sal dit nogals moeilik wees om te glo, dat daai leeu se bek gesluit sal word, en dat hy ons nie sal seermaak of verskeur nie... Die lewe het ons sinies gemaak, en ons sal eers glo, indien iets aan ons bewys word...
Om op God te vertrou, verg egter dat ons hierdie “mensgemaakte reëlboekie” by die ruit moet uitgooi... God werk nie soos mensgemaakte reëls dit voorskryf nie... Hy werk volgens “out of the box” reëls, en Hy LOVE dit om die “underdog” te laat wen... Ek is seker jy het al op baie gebiede van jou lewe, soos die “underdog” gevoel. Die wêreld het ‘n manier om jou gees te breek – deur goed soos: finansiële moeilikheid, ontroue vriende of geliefdes, om jou werk te verloor as gevolg van die resessie, dood van ‘n geliefde, of sommer net rampe wat jou voortdurend tref...
God is SO GROOT en ALMAGTIG, en Hy verdien net om geprys te word vir hoe goed Hy na ons omsien... Want te midde van AL hierdie dinge, sal Hy Sy kinders die oorwinning laat behaal... Hoe weet ek dit? vra jy? Ek weet dit omdat, Hy vir ons aan die Kruis gesterf het, en deur dit het Hy belowe dat NIKS MAAR NIKS, groter is as Sy liefde vir ons nie... En dat Hy groter is as die wêreld en sy probleme... En dat ABSOLUUT niks vir Hom onmoontlik is nie... Ook nie om vandag te sorg, dat geen “leeu” wat oor jou pad kom, jou kan verskeur nie, omdat Hy sy bek vir hom sal sluit... God het jou oneindig lief, underdog :)
blessings!
anelli**

Wednesday 28 August 2013

bid asseblief saam!

Hi julle!

Nog 'n gebedsversoek wat ek vandag ontvang het, en wat ek graag wil vra dat julle saam met my sal opdra is die volgende:

My man en seuntjie (8jr) vertrek Donderdag na Johannesburg en gaan daar wag vir ‘n lewer- en nier skenker wat dan oorgeplant gaan word in my seuntjie.  Ek vra dat God my man bewaar en veilig in JHB bring en dat die skenking gou sal gebeur en dat God my seuntjie sal genees en hy sy lewe ten volle kan lewe.

Ons bid dat die skenker lewer en nier 100% sal vat en werk en die siekte wat my kind het, hok geslaan sal wees met die 2 nuwe organe.

Ons bid vir God se wonderbaarlike werking - sodat hierdie gesin GROOT seen uit 'n wonderwerk sal kan ontvang...
 
baie dankie :)
 
blessings!
 
anelli** 

 

“Sometimes all you need is twenty seconds of insane courage. Just literally twenty seconds of just embarrassing bravery and I promise you something great will come of it…” ~ We bought a Zoo

Haloes! J

“Sometimes all you need is twenty seconds of insane courage.  Just literally twenty seconds of just embarrassing bravery and I promise you something great will come of it…” ~ We bought a Zoo

Psalm 27:4

“Wait for the Lord…  Be strong and take heart, and wait for the Lord…”

2 Peter 3:9

“The Lord is not slow in keeping His promise, as some understand slowness…  He is patient with you not wanting anyone to perish, but everyone to come to repentance…”

“Remember – the man on top of the mountain, did not just fall there…” ~ Unknown

“The easiest things are rarely rewarding…  The rewarding things are rarely easy…”  ~ C Fantelli

Baie keer kan die toekoms as hierdie vreesaanjaende berg lyk... Wanneer mens weet wat moet gebeur, en wanneer dit moet gebeur, raak dit makliker om dinge aan te pak... Die lewe moet ons dieselfde benader – in “eetbare” porsies... Ons raak baie keer so vasgevang in "die lewe" dat ons probeer om 'n maand of 'n week op 'n slag probeer leef... Eerder as om onsself baie moeite, angstigheid en bekommernis te spaar, deur net te fokus op die dag wat tans aan ons geskenk is...

Wat wil jy word wanneer jy eendag groot is?  Ek dink dis een van die eerste vrae waarmee ons gekonfronteer word wanneer ons skool toe gaan.  Kleintjies het REUSE drome... Hulle is nie bang om drome te deel met ander nie... En hulle twyfel ook nie vir een oomblik aan die moontlikheid daarvan nie... Dis partykeer maklik om uit te stel vir - “eendag”... Dinge wat “groot” lyk vir ons, kweek partykeer vrees by ons. En vrees maak weer dat ons limiete op onsself plaas, deur nie ons drome na te jaag nie. Drome lyk partykeer soos risiko, en risiko = onsekerheid + vreesaanjaend.

Ek het ‘n aanhaling gelees van Dean Acheson wat die volgende sê - “Die beste ding omtrent die toekoms, is dat dit net een dag op ‘n slag kom...”  Hierdie aanhaling is iets wat ons moet onthou… As ons dus elke dag EEN iets aanpak wat ons “bang maak” kan ons grense oorsteek sonder dat ons dit eers besef... AS jy elke dag een tree gee, sal jy 365 tree na 'n jaar gevorder het - dis omtrent 'n entjie! Eendag begin vandag – nie môre nie... Vandag. Dit wat jy vandag doen, is die boublokke en die fondasies van more! Mag God jou voete rig, sodat jy stap op die pad wat HY vir jou bestem het... As die dinge wat oor jou pad kom, lyk na risiko - kan jy rus in die wete, God sal NIKS oor jou pad bring, wat Hy nie reeds "geproof" het, en gecheck het nie... Jy is nie alleen nie! Hy belowe in Sy woord - jy sal jou voet nie teen 'n klip stamp nie, en ook dat Hy omsien na die mossies, maar dat ons baie meer werd is as mossies... Hy sal sorg :) Lewe so dat eendag, vandag vir jou 'n werklikheid word - as jy nie weet hoe nie, laat God toe om jou te wys (bid!)! Onthou - die dinge wat vir jou so groot lyk - is baie klein met in vergelyking hoe GROOT jou God is!!  Die onderwerp aanhaling is vir my een van die coolste aanhalings wat ek nog gelees het…  Partykeer kort ons net daardie stukkie “boldness” en ‘n kort rukkie van INSANE courage om GROOT deurbrake in jou lewe te beleef…  God KAN ENIGE iets doen, wanneer jy bereid is om daardie “leap of faith” te neem en ook bereid is om te volg waar God jou lei - selfs al maak dit dalk nie altyd vir jou op daardie oomblik sin nie…

Blessings!
 
Anelli**

Tuesday 27 August 2013

gebedsversoeke

Hi julle awesome mensies...

Ekt drie gebedsversoeke wat ek groot asseblief wil vra dat julle saam sal opdra aan ons Hemelse Pappa...

1.  Die vriendin van my met kanker begin hierdie week met haar 5e chemo.  Dit gaan maar moeilik, maar ons glo God gaan 'n wonderwerk doen!

2.  'n Oom wat ek goed ken, is gediagnoseer met 'n kankergewas op sy long. 

3.  'n Vriendin wat die gedagteki ontvang het die volgende gebedsversoek deurgestuur:  My vriendin - Runell en haar man - Heinrie is met vakansie in JHB en hy het Sondag 'n masiewe hartaanval gehad.  Hy is vanmiddag geopereer - operasie het goed gegaan - bid asseblief saam vir 'n spoedige herstel!

Mag God julle ryklik seen!!

blessings!

anelli**

“What's meant to be will always find a way” ― Trisha Yearwood

Haloes! J

“What's meant to be will always find a way” ― Trisha Yearwood

Proverbs 16:3

“Commit to the Lord, whatever you do and your plans will succeed…”

Psalm 20:4

“May the Lord give you the desire of your heart and make all your plans succeed…”

“Sometimes the right path, is not the easiest one…” ~ Grandmother Willow (Pocahontas)

“Uncommon achievers are different…  In a doubting world, they believe…  In a slow world, they run…  In a weeping world, they laugh…  In a quitting world, they persevere…” ~ Unknown

Ek het ‘n pragtige storie via ‘n epos van ‘n vriendin ontvang... Dis een van hoop – en een wat ons daarvan herinner om NOOIT op te gee nie! Dit bevestig ook dat God NOOIT opgegee het of sal opgee op ENIGE van ons nie... Selfs al voel dit partykeer – asof jy totaal en al alleen is om die moeilike klappe wat die lewe uitdeel, self te moet hanteer en self baas te raak! Of dat die deurbrake dalk net nie kom nie - jy bid en jy bid, en jy glo, maar dis asof jy teen die mure vasbid, of dalk erger nog, dat dit vir jou voel of God van jou vergeet het... Weet verseker vandag - jy is NOOIT maar NOOIT alleen nie...Jou God is in beheer... En die feit dat daardie gebede van jou onbeantwoord bly - as jy wil weet hoekom - lees bietjie die aangehegte storie... God het NIE van jou vergeet nie, en Hy sal ook NOOIT van jou vergeet nie... Jy is te kosbaar... As jy dalk al hierdie outjie gelees het, lees dit weer vandag! Ek BELOWE jou daar sal vir jou 'n blessing lê hierin...

"One day I decided to quit.... I quit my job, my relationship, my spirituality. .. I wanted to quit my life. I went to the woods to have one last talk with God. 'God', I asked, 'Can you give me one good reason not to quit?' His answer surprised me... 'Look around', He said. 'Do you see the fern and the bamboo?' 'Yes', I replied. 'When I planted the fern and the bamboo seeds, I took very good care of them. I gave them light. I gave them water. The fern quickly grew from the earth. Its brilliant green covered the floor. Yet nothing came from the bamboo seed. But I did not quit on the bamboo. In the second year the Fern grew more vibrant and plentiful. And again, nothing came from the bamboo seed. But I did not quit on the bamboo', He said. 'In year three, there was still nothing from the bamboo seed. But I would not quit. In year four, again, there was nothing from the bamboo seed. I would not quit.' He said. 'Then in the fifth year a tiny sprout emerged from the earth. Compared to the fern it was seemingly small and insignificant. ..

But just 6 months later the bamboo rose to over 100 feet tall. It had spent the five years growing roots. Those roots made it strong and gave it what it needed to survive. 'I would not give any of my creations a challenge it could not handle.' He asked me. 'Did you know, my child, that all this time you have been struggling, you have actually been growing roots'. 'I would not quit on the bamboo. I will never quit on you.' 'Don't compare yourself to others.' He said. 'The bamboo had a different Purpose than the fern. Yet they both make the forest beautiful.' 'Your time will come', God said to me. 'You will rise high' 'How high should I rise?' I asked. 'How high will the bamboo rise?' He asked in return. 'As high as it can?' I questioned. 'Yes.' He said, 'Give me glory by rising as high as you can.' I left the forest and brought back this story. I hope these words can help you see that God will never give up on you. Never, Never, Never Give up on yourself... For Prayer is not an option but an opportunity. Don't tell the Lord how big the problem is, tell the problem how Great the Lord is!"

Moet dus nie moedeloos word om God te vertrou nie... Hy SAL JOU NIE TELEURSTEL nie... Dis ALTYD te vroeg om moed op te gee, en God SAL jou tyd van seën laat aanbreek... Byt net nog 'n rukkie langer vas... God kan die onmoontlike, moontlik maak...  Dit wat MOET gebeur, SAL gebeur…  God SAL sorg…

Blessings!

Anelli**

Monday 26 August 2013

“Never forget who you are…” ~ The Lion King…

Haloes! J

“Never forget who you are…” ~ The Lion King…

1 Corinthians 2:9

“Eye has not seen, nor ear has heard, nor have entered into the heart of man the things which God has prepared for those who love Him…”

Romans 8:38-39

“I am persuaded that neither death nor life, nor angels nor principalities, nor power nor things present nor things to come, nor height, nor depth, nor any other thing, shall be able to separate us from the love of God which is in Christ Jesus, our Lord…”

But you didn't…

Remember the day I borrowed your brand
new car and dented it?
I thought you'd kill me, but you didn't.

And remember the time I dragged you to the beach,
and you said it would rain, and it did?
I thought you'd say, "I told you so." But you didn't.

Do you remember the time I flirted with all
the guys to make you jealous, and you were?
I thought you'd leave, but you didn't.

Do you remember the time I spilled strawberry pie
all over your car rug?
I thought you'd hit me, but you didn't.

And remember the time I forgot to tell you the dance
was formal and you showed up in jeans?
I thought you'd drop me, but you didn't.

Yes, there were lots of things you didn't do.
But you put up with me, and loved me, and protected me.

There were lots of things I wanted to make up to you
when you returned from Vietnam.

But you didn't…

Hoe treffend is hierdie gedig nie??  Ek dink dat in die rat-race waarin ons lewe, raak ons so vasgevang in dit wat MOET gedoen word, dat ons somtyds vergeet om tyd te maak vir dinge wat ons WIL doen…  Ons glo dat daar EENDAG daarvoor sal tyd wees – of iets waaraan baie van ons skuldig is, is dat ons gereeld sê – ek moet net die volgende week verby kry – DAN sal dit beter gaan…  Ons glo dat daar nog baie tyd is om die sonsondergang te gaan ervaar, of om saam met vriende te eet, of om vir “daardie persoon” te sê dat ons hulle liefhet... Of miskien stel ons uit om jammer te sê vir dit wat ons gedoen, of nie gedoen het nie – dit voel net nie nou na die regte tyd nie (mens is nooit lus vir jammer sê nie – ek dink nie daar gaan ooit ‘n regte tyd daarvoor wees nie)... Ons is almal hier op geleende tyd...

Die belangrikste is om te sorg dat dit wat ons wil sê en doen - soos die meisie in hierdie gedig, NOU te doen... Moenie wag vir die "perfekte"geleentheid nie, want dit is BAIE SELDE dat daar wel so iets is...  Van die lekkerste tye wat ek al gehad het, was die onbeplande oomblikke…  Die tye toe ek GELEEF het, sonder om ‘n presiese uitgewerkte plan te hê…  Dis ook baie maklik om hierdie te lees, en dan te dink - sjoe ja, ek moet meer tyd maak vir x,y,z…  Ek moet sorg dat ek voluit leef, en voluit gaan vir dinge... Maar sodra die dag dan weer aan die gang kom, vergeet ek van hierdie, en jaag ek sommer net aan waar ek gister opgehou het... MAAK tyd... Print hierdie gediggie vir jou uit, en plak dit op waar jy dit elke dag kan sien... Dat dit vir jou 'n herinnering kan wees om in die HIER EN NOU te leef... Elke sekonde :)  Onthou elke oomblik van elke dag WIE en WAT jy is… Jy is 'n ONGELOOFLIKE, SPESIALE, PRAGTIGE KONINGSKIND - wie se toekoms VOL GELEENTHEID EN VERWAGTING VOOR HOM OOPLE!  Wanneer jy glo in jouself – soos wat Jesus in jou glo, sal dit makliker wees om die lewe by die “horings” te pak…  VOLUIT vir Jesus... En ook,  NOOIT SPYT te wees oor dit wat ek NIE gedoen het nie... Waag 'n kans - al moet jy 'n fout maak... As jy nie probeer nie, sal jy nooit weet waartoe jy saam met Jesus in staat is nie...

blessings!
 
anelli**

Sunday 25 August 2013

“There are many people that will tell you that you can’t… What you have got to do, is turn around and say – watch me…” ~ Unknown

Haloes! J

“There are many people that will tell you that you can’t…  What you have got to do, is turn around and say – watch me…” ~ Unknown

James 1:2-4

“Consider it pure joy whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith develops perseverance…  Perseverance must finish its work in you so that you may mature and complete, not lacking anything…”

Hebrews 12:1-2

“Therefore, since we are surrounded by such a great cloud of witnesses, let us throw off everything that hinders and the sin that so easily entangles…  And let us run with perseverance the race marked out for us, fixing our eyes on Jesus, the pioneer and perfecter of faith.

“The past can hurt, but the way I see it, you can either run from it, or learn from it…” ~ Rafiki (The Lion King)

“Don’t give up…  The beginning is always the hardest…” ~ Unknown

Die Leeus (Rugbyspan) is vir my ‘n spreekwoordelike voorbeeld van die aanhaling hierbo…  Vir die van julle wat nie rugby-liefhebbers is nie – hier is ‘n klein stukkie agtergrond, ten einde die groot prentjie te verstaan…   Die Leeus het verlede jaar laaste geïndig van die 5 Suid-Afrikaanse spanne wat in die Super 15 kompetisie (kompetisie wat tussen Suid-Afrika, Nieu-Zeeland en Australië plaasvind) deelneem…  Dit het tot gevolg gehad dat hulle vanjaar, hulle plek in die kompetisie kwyt was – en die Kings, het ‘n kans gekry om hulself te bewys…  Teen die einde van die Super 15 was daar weereens ‘n uitspeel wedstryd, tussen die Suid-Afrikaanse span wat laaste in die Super 15 geëindig het (wat die Kings was).  Die Leeus het dus ‘n kans gekry – om hulself te bewys.  Lang storie kort – die Leeus het as oorwinnaars uit die stryd gekom…  Die afgelope paar weke het hulle ‘n opdraende stryd in die Currie-Cup (ons plaaslike rugby kompetisie) gehad…  Saterdag wat verby was, het hulle teen die Blou Bulle (een van die beste spanne) te staan gekom…  Ek dink dat die meerderheid mense, die Leeus nie ‘n kans gegee het nie…  Maar wat gebeur het, was dat die Leeus (op Loftus – wat die Bulle se tuisveld is) ‘n oorwinning van 62-23 behaal het…  Aan die einde van die wedstryd het hulle gewys hoe die span saam neerkniel en bid en dankie se...

Wat probeer ek hierdeur vir julle sê?  Maak nie saak waar jy begin nie – dit gaan oor waar jy eindig…  Maak nie saak wat mense te sê het nie – al wat saakmaak is wat God sê…  Ek dink baie mense probeer ander mense afbreek, omdat hulle “insecure” is oor hul eie lewens…  Deur hulle negatiewe woorde, probeer hulle jou dan ontmoedig, om die hoogtes te bereik wat God vir jou bestem het…  Miskien voel jy tans of jy op ‘n plek is in jou lewe wat jy nie meer weet watter kant toe volgende nie…  Miskien het mense jou al telkemale met hulle woorde afgebreek of vir jou vertel dat jy nie goed genoeg is nie…  Iets om ALTYD te onthou is dat ons ALMAL na God se beeld geskape is…  Elkeen van ons het eienskappe ontvang wat ons UNIEK en spesiaal maak…  God het elkeen van ons LIEF, nes ons is!  Met ons foute en al!  Ons goeie eienskappe en slegte eienskappe werk saam om die mens te vorm wat ons is…  Jy hoef nie iets te doen om God se liefde te ontvang nie – Hyt dit vir jou al kom gee LANK voordat jy gebore is…  Die dag toe Hy vir ons sondes aan ‘n houtkruis betaal het…  Moenie dat mense se woorde definieer wie en wat jy is nie…  Doen DIT wat jou bangmaak…  Daag jouself uit, om te kan bereik wat God vir jou bestem het om te bereik…  Moenie vaskyk na die onmoontlikheid van jou drome nie – hou jou oog gevestig op God…  Weet dat Hy jou elke oggend van nuwe krag, moed en hoop vir die nuwe dag sal voorsien…  Wanneer jy die “onmoontlike” saam met God aanpak, raak dit doenbaar…  Wat sou jy vandag doen of aanpak as jy weet jy sal nie misluk nie??  As jy dit kan identifiseer – moenie dat mense met hulle woorde jou ontmoedig nie…  Doen dit…  As jy probeer – het jy ten minste ‘n kans op sukses…  As jy niks doen nie – is jy verseker van ‘n mislukking…

Blessings!

Anelli**

Thursday 22 August 2013

"Seven days without prayer makes one weak." ~ Allen Vartlett

Haloes! J

"Seven days without prayer makes one weak." ~ Allen Vartlett

Matthew 21:22

“Whatever you ask for in prayer, you will receive if you have faith…”

Mark 11:22

“I say to you, whatever things you ask when you pray, believe that you have received them, and you will have them…”

“Only prayers which come from our heart, can get to God’s heart…”  ~ Charles H Spurgeon

“Passionate prayers not only change the world, they have a way of transforming the people who pray them…”  ~ Unknown

Wanneer jy top-fiks is, is daar niks lekkerder as ‘n goeie oefen sessie nie…  Die oefen stel endorfiene vry, jy het gewoonlik ‘n ligter gemoed, meer energie en lewenslus!  Maar wat gebeur wanneer weke dan verbygaan wat jy niks doen, en jy dan weer ‘n oefening probeer deurwerk?  Gewoonlik kry mens swaar, is jy kort van asem, sonder energie en kry ‘n normale oefensessie jou sommer onder!  Die moeilikste is gewoonlik om te begin – om te sorg dat jy die tyd daarvoor uitsit en om te sorg dat jy deurdruk, deur die moeilike fase…  Wanneer jy eers verby die begin punt is, gaan dit gewoonlik elke dag makliker…

Dieselfde is waar ten opsigte van gebed…  Wanneer ons ‘n gesonde geloofslewe het, en ons naby God leef, is dit maklik om Bybel te lees en te bid…  Wanneer dit egter moeilik in ons geloofslewe gaan, en ons tye beleef wat ons ver van God voel, kom die woorde nie altyd so maklik nie…  Partykeer hou ons selfs op om te bid, en raak dit so algemeen, dat jy nie eens meer skuldig voel daaroor nie…  Allen Vartlett het die spyker op sy kop geslaan…  Seven days without prayer makes one weak…   Ons word makliker ondergekry deur moeilike tye by die werk asook die dinge wat verkeerd gaan in ons persoonlike lewens…  Ons uitkyk raak baie makliker negatief, as wanneer ons daagliks met God praat, want deur met God te praat besef ons gewoonlik hoeveel ons het om voor dankbaar te wees…  Miskien gaan jy tans deur donker dieptes en weet jy nie om uit die groef te kom nie…  Miskien weet jy ook nie meer hoe om te bid nie – aangesien dit iets is wat jy so lank terug gedoen het…  Vandag wil ek jou kom verseker – om te begin, en om die “habit” te kweek om daagliks met God te praat, gaan die moeilikste wees…  Maar wanneer jy daardie eerste stap geneem het, net om te begin, sal dit elke dag vir jou makliker kom (nes oefen)…  Dit sal jou help om sterk te staan – wanneer moeilike tye oor jou pad kom, want jy sal vashou aan God en Sy woord, eerder as jou vrese…  Elkeen van ons praat tog op ‘n daaglikse grondslag met mense wat oor ons pad kom?  God wil met jou ‘n gesprek kan voer, soos wat jy met jou beste vriend of vriendin sal praat…  As jy sukkel, of as jy voel dat jou gedagtes dwaal, neem ‘n stukkie papier en skryf ‘n brief vir God…  Vertel Hom van jou grootste drome, dinge wat jou opgewonde en bang tegelyk maak, pyn wat jy dalk ervaar, moeilike tye wat jy deurmaak…  Niks, maar niks is vir Hom onbelangrik nie…  Hy luister!  Wanneer mens bid, het God ‘n manier om te werk in jou en jou laste ligter te maak…  Jy kan dalk met ‘n swaar gemoed gaan sit om te bid, maar ek belowe jou – ‘n gedeelde las raak ALTYD ligter…  Mag jy God se liefde en genade vandag in jou lewe ten volle ervaar!  En mag God jou situasie verander, terwyl jy nog aan Hom vertel…  Vir Hom bestaan ‘n woord soos onmoontlik nie!!

Blessings!
 
Anelli**

 

 

Wednesday 21 August 2013

"Worry can do a lot of things TO you… Prayer can do a lot of things FOR you…” ~ Unknown

Haloes! J

"Worry can do a lot of things TO you…  Prayer can do a lot of things FOR you…”  ~ Unknown

Psalm 146:5-6

“Joyful are those who have the God of Israel as their helper, whose hope is in the Lord their God…  He made heaven and earth, the sea and everything in them…  He keeps every promise forever…”

Psalm 16:11

“You have made known to me the path of life…  You fill me with joy in Your presence, with eternal pleasures at your right hand…”

“Joy is the experience of knowing that you are unconditionally loved…”  ~ Henri Nouwen

"Only those who see the invisible can attempt the impossible." ~ Dick Eastman

Is jy innerlik gelukkig?  Of is die lewe besig om met al sy bekommernisse, seer, harsteer, pyn en siekte besig om jou JOY te steel?  Wanneer mens negatief ingestel is op alles wat met jou gebeur, is innerlike geluk definitief iets wat heel agter in die ry staan…  Ek weet nie of van julle kan onthou nie, maar ek’t ‘n paar jaar gelede ‘n reeks gedoen in my gedagteki rakende die vrug van die Gees…  In Galatians 5:22-23 staan die volgende:  “But the fruit of the Spirit is love, joy, peace, forbearance, kindness, goodness, faithfulness, gentleness and self-control. Against such things there is no law…”  Hierdie is eienskappe wat vir my en jou (as kind van God) moet onderskei van die samelewing…  Ek’t hierdie week met ‘n vriendin gesels wat vir my vertel het van ‘n kursus wat sy loop by die kerk…  Die Pastoor van Parow Aanbiddingsentrum het die volgende beeld gebruik, en dit was vir my absoluut WAY te awesome, om nie met julle te deel nie…  Verbeel jou gou die volgende:  Jy staan in die middel van ‘n sirkel, en jy is omring met mense…  Elkeen van hierdie mense verteenwoordig een van die vrugte van die Gees…  Daar is  liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid en getrouheid…  Die mense vorm die sirkel só rondom jou, dat jy nie buite die sirkel kan sien nie (dis soos ‘n beskermlaag teen die wêreld)… 

Stel jou nou die volgende voor…  Liefde het jou so teleurgestel, dat jy dit heeltemal uit jou lewe uitskuif…  Die persoon wat liefde verteenwoordig in die sirkel verdwyn dus…  Wat is die gevolg?  Daar sit ‘n “gat” in die sirkel rondom jou en onmiddellik is daar vatplek vir die duiwel…  Hy kan aan jou die grootste klomp leuens kom vertel ten opsigte van liefde, en omdat dit nie “iets” is wat jy in jou lewe lééf nie, sal dit moeilik wees om te onderskei tussen leuens van die wêreld, en die waarheid (wat ons in God se woord kry)…  Dieselfde is waar vir al die ander Vrugte van die Gees…   Ons leef in ‘n wêreld waar pyn, hartseer, siekte, finansiële probleme, somtyds liefdeloosheid tussen medemense, gebroke verhoudings ens aan die orde van die dag is…  Hoe ons egter hanteer wat met ons gebeur, is wat die verskil in hierdie wêreld gaan maak…  Ek weet dat die laaste ding wat ‘n mens wil hoor wanneer jy teleurstelling beleef, of wanneer goed anders uitwerk as wat jy gehoop het – is dat daar ‘n doel met dit is…  Maar ons as Christene, kan VASHOU daaraan, dat NIKS, maar NIKS in jou lewe sal gebeur, sonder dat God ‘n groter plan vir jou lewe daarmee het nie…  99% van die tyd gaan ons dit nie verstaan nie (ongelukkig nie J) – maar na ‘n verloop van tyd behoort jy te sien hoe die dinge in plek val.  My ma sê altyd – wanneer daar iets met jou gebeur wat jou vul met bekommernis, is daar een van twee goed wat jy moet doen – 1. Vra jouself af – is daar iets wat ek hieromtrent kan doen?  En 2. Indien daar niks is wat jy kan doen nie – hou op worry daaroor en sit dit in God se hande!  Hy is beter met die onmoontlike as ons J  Mag God jou seën vandag…

Blessings!

Anelli**

Tuesday 20 August 2013

“Don’t forget to pray today, because God did not forget to wake you up this morning…” ~ Unknown

Haloes! J

“Don’t forget to pray today, because God did not forget to wake you up this morning…”  ~ Unknown

Psalm 126:5

“The one who sow in tears shall reap in joy…”

Romans 15:13

“Now may the God of hope fill you with joy and peace in believing that you may abound in hope by the power of the Holy Spirit…”

“Before you act, listen…  Before you react, think…  Before you spend, earn…  Before you criticize, want…  Before you pray, forgive…  Before you quit, TRY…” ~ Unknown

“Faith is seeing light with your heart when all your eyes see is darkness…” ~ Unknown

Ek is seker daarvan dat elkeen van julle al een of ander tyd verslaap het J  Ek dink nie dat daar enige iets is wat jou adrenalien so vinnig aan die gang kry, soos die besef dat jy te laat wakker geraak het, en nog tientalle dinge moet doen voordat jy werk of skool toe kan gaan nie…  Baie keer veroorsaak so ‘n verslaap sessie dat jy met ‘n gejaag en dikwels ongeduldigheid aan die gang kom en dat die res van die dag op dieselfde trant verloop…   Hierdie aanhaling hierbo kan dan BAIE maklik ‘n groot waarheid word, want wanneer mens moeg en geïriteerd is, tree mens gewoonlik op voordat jy dink of luister…  Jy reageer vinniger – wat partykeer lei daartoe dat jy oorreageer, of jy kritiseer dalk sommer, sonder rede…  Sekere uitdagings in sulke dae, sal ook baie keer net een te veel wees – die dag het REEDS sleg begin…  Dis dan baie keer makliker om net nie te probeer nie en handdoek in te gooi nog voordat die dag begin…

Wanneer ons vir Jesus eerste stel in ons lewens – bo al die gejaagdheid en chaos – sal Hy sorg dat alle dinge vir ons ten goede sal meewerk!  Hy belowe dit vir ons in Romeine 8:28…  Hoe baie keer vergeet ons nie om te bid nie, of raak ons aan die slaap terwyl ons bid?  Dit terwyl God ons elke oggend wakker maak, deur Sy genade sodat ons ‘n nuwe dag vol geleenthede en seën tegemoet kan gaan!  Ek dink, ‘n uitdaging aan elkeen van ons, sal wees om net ‘n tydjie te neem – dit hoef nie lank te wees nie – maar vat ‘n oomblik en sê net DANKIE vir die nuwe dag…  Jy kan jouself herinner dat voordat jy jou rekenaar aanskakel, wanneer jy jou skoolgoed uitpak, voor jy begin koek bak, draf of watookal jou eerste taak van die dag is – neem 2 minute en dank God vir die nuwe dag en die dinge waarvoor jy dankbaar is…  Wanneer jy jou dag begin deur dankie te sê, is jou ingesteldheid ten opsigte van die dag se verloop, HEELTEMAL anders wees…  Jy sal met positiewe oë kyk na die dinge wat oor jou pad kom, en jy sal kan LEEF met die versekering, dat Jesus HEELDAG saam met jou stap…  Ons Graad 1 juffrou (of sub-A, soos ons dit geken het), het vir my ‘n boekmerk gegee waarop die volgende gestaan het…  “Wees ALTYD koelkop, want die Here is die skaduwee aan jou regterhand (of linkerhand vir die linkshandiges)…  Wanneer ek dus my hand se skaduwee sien val – word ek herinner daaraan dat God ALTYD by my is, en my nooit alleen laat nie (Psalm 23)…  Vertrou vandag vir God dat Hy jou voete sal lei waar Hy wil hê jy moet stap (Spreuke 16:3)…  As jy dalk wag of bid op ‘n deurbraak – bid dat God deure vir jou sal oopmaak wat GEEN mens sal kan toemaak nie (Revelation 3:8)…  As jy dalk siek is, of deur moeilike behandeling gaan – byt vas en weet dat God – ons Pa, die ULTIMATE geneesheer is (Jakobus 5:14)!  NIKS, maar NIKS is vir ons God onmoontlik nie (Lukas 1:37).  Mag God ons Vader, jou vandag uit jou sokkies uit seën met ‘n ongelooflike dag…

Baie blessings vir jou!!

Anelli**

Monday 19 August 2013

“Prayer is the best wireless connection…” ~ Unknown

Haloes! J

“Prayer is the best wireless connection…”  ~ Unknown

Matthew 18:19-20

“If two of you on earth agree about anything you ask for, it will be done by my Father in heaven…  For where two or three come together in My name, there I am with them…”

Jeremiah 29:11

“For I know the plans I have for you,” declares the Lord…  Plans to prosper you and not to harm you, plans to give you a hope and a future…”

“When life knocks you down on your knees – remember:  You’re in the perfect position to PRAY…” ~ Unknown

“Always pray to have eyes that see the best in people, a heart that forgives the worst, a mind that forgets the bad and a soul that never loses faith in God…”  ~ Unknown

Daar is niks wat meer frustrerend is as ‘n internet-konneksie wat nie wil werk nie, of wat bitter stadig is nie…  Iets wat jou letterlik ‘n paar minute moet neem, het dan die vermoë om ‘n paar uur uit jou dag te vreet…  As jy dan uiteindelik die webblad oopkry, en dit is nie wat jy nodig het nie, moet jy die soektog maar weer van voor af begin…  Wanneer ‘n paar mense afhanklik is van ‘n internet konneksie, kan een persoon wat besig is om goed te “download”, al die ander mense verhoed daarvan om die internet te gebruik, aangesien daardie persoon se groot werklading vir die internet, die konneksie so oorlaai, dat die ander mense met baie stadige konneksies tevrede moet wees…

Hierdie onbekende aanhaling is vir my PRICELESS…  Want ons konneksie met God is ALTYD ‘n oop lyn…  Of daar nou iemand voor ons in die ry was, wat eerste begin bid het, sal God nie vir jou onbereikbaar wees nie…  Jy het ENIGE tyd van die dag of nag ‘n lyn na God – wat met SPOED werk! J  Jou Hemelse Pappa LUISTER ook wanneer jy praat…  Ek dink almal van julle het al ervaar wanneer jy met iemand praat wat met verdeelde aandag na jou luister…  Die persoon mag dalk ja sê op die regte tye, maar mens kan agterkom wanneer iemand nie regtig na jou luister nie…  Met God sal jy nooit daardie probleem hê nie…  Elke gesprek wat jy met Hom voer is kosbaar…  As Hy dalk stil is wanneer jy bid, beteken dit nie dat Hy nie luister nie – iemand wat stil is in ‘n gesprek, is gewoonlik omrede hy of sy jou kans gee om jou hart uit te praat, en dit wat jou pla uit te kry en op die tafel neer te sit…  Sodat jy na die gesprek kan opstaan en beter en ligter voel!  Wanneer dit weer vir jou voel asof God jou nie hoor nie – onthou Jeremiah 29:11 - “For I know the plans I have for you,” declares the Lord…  Plans to prosper you and not to harm you, plans to give you a hope and a future…”  God wil NET die beste vir jou toekoms hê…  Hy wil vir jou deure oopmaak wat GEEN mens sal kan toemaak nie…  Hy wil jou seën met soveel meer as wat jy vir jouself kan droom of hoop…  Al wat jy moet doen is om te GLO dat dit vir jou so sal wees wanneer jy bid, en nie ongeduldig te raak wanneer God se antwoord nie so vinnig kom as wat jy sou hoop nie – of wanneer Sy antwoord dalk iets anders is as wat jy gehoop of gedroom het…  Dinge wat anders is as wat ons beplan, is gewoonlik die dinge waaruit ons die meeste seën in ons eie lewens kan kry, of dinge wat God sal gebruik sodat ons seën in ander se lewens kan wees…  BID, GLO, VERTROU…  Jou wireless konneksie is oop – waarvoor wag jy?

Blessings!

Anelli**

Sunday 18 August 2013

“The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren


Haloes! J

 “The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren

 James 5:16

 “The earnest prayer of a righteous person has great power and produces wonderful results…”
 
Psalm 145:18-19

“The Lord is near all who call on Him in truth…  He fulfils the desires of those who fear Him; He hears their cry and saves them…”

“Do not pray for an easy life, pray for the strength to endure a difficult one” ― Bruce Lee

“Let us never forget to pray. God lives. He is near. He is real. He is not only aware of us but cares for us. He is our Father. He is accessible to all who will seek Him.” ― Gordon B. Hinckley

Wanneer mens bekommerd is oor iets, gebeur dit baie maklik dat daardie “iets”, al word waaraan jy dink…  Jy eet, drink en slaap later die “worry”…    En glo dit of nie – jou gedagtes, beïnvloed weer jou aksies (hoe jy optree en dit waaroor jy praat)…  Wanneer jy oor en oor net negatiewe dinge raaksien, is dit omtrent ‘n gegewe dat die resultaat van jou bekommernis ook ‘n negatiewe ene sal wees…   Wat sal gebeur as jy met jou motor of fiets ry, en jy ‘n pap band kry terwyl jy nog oppad na jou bestemming is?  Die pap wiel sal jou verhoed om te kan verder ry, omdat die gewig van jou motor of fiets nie eweredig versprei sal wees nie…  Deur met ‘n pap wiel te ry, kan jy groot skade aan jou motor of fiets se wiel veroorsaak…  Dieselfde is waar vir 'n negatiewe gemoed - dit besoedel jou gedagtes so dat jy as gevolg daarvan "stuck" kan wees op een plek...  Dat jy nie vooruit kan gaan nie, omdat jy so vasgevang bly met dit wat verkeerd is...  Ek het ‘n aanhaling gelees wat sê:  “A bad attitude is like a flat tire, you can’t go anywhere until you changed it…” ~ Unknown.   Hoe waar is dit nie??

Miskien is jou gemoed op die oomblik baie negatief ingestel…   Miskien gaan jy op die oomblik deur ‘n moeilike tyd, en weet jy nie hoe om jou ingesteldheid te verander nie – want alles voel sleg en verkeerd…   Miskien staan jy soggens met die beste voornemens op, maar sodra jy jouself weer kom kry, het daar soveel goed gebeur wat jou dag sleg maak, en wat jou laat dink dat daar absoluut niks is om oor positief te wees nie…  Ek wil jou uitdaag om hierdie week te probeer om LIG op jou probleme te laat skyn…  Wat probeer ek hiermee sê?  Maak TYD om te bid…  Om met God te gesels en Hom te dank vir dit wat jy WEL het…  Die feit dat jy hierdie lees, is alklaar ‘n aanduiding dat God jou nog ‘n dag gespaar het – wat weer beteken dat Sy doel vir jou lewe, nog nie volbring is nie!  Solank daar asem in jou longe is, is daar ‘n DOEL vir jou lewe…  God sal daardie DOEL aan jou openbaar wanneer jy dit van Hom vra…  Partykeer kan mens vir jare bid, sonder om ‘n klinkklare antwoord van God te kry – maar ek dink dat sonder jy dit altyd besef, gebruik hy jou, elke dag, nes jy is, om Sy Koningkryk te laat kom…  Die lewe moet vorentoe geleef word, maar dit word agteruit verstaan…  Mens het nie altyd die antwoorde oor hoekom jy tans in sekere situasies sit nie…  Maar ek belowe jou dat wanneer jy oor ‘n jaar of 10 jaar terugkyk na waar jy vandag sit, sal jy kan sien hoe God jou huidige situasie gebruik as ‘n boublok vir dit wat nog kom…  God antwoord ALTYD…  Sy timing is net nie altyd soos ons dit sou wou hê nie…  Ek weet dat ek al baie keer in my eie lewe gebid het, en gewens het dat God op daardie spesifieke oomblik vir my ‘n DUIDELIKE antwoord kon gee…  Die antwoorde kom egter altyd op die REGTE tyd – en die feit dat God partykeer NEE sê vir dit wat ons so graag wil hê – is partykeer ‘n blessing in disguise…  Ek dink Hy spaar ons baie keer hartseer – alhoewel mens altyd dink dat JY weet wat jy wil hê – en jy WEET dat dit jou gelukkig sal maak…  Rus vandag in die wete dat God beter weet…  Dat Hy heelnag wakker is, en dat dit onnodig is om wakker te lê oor dinge waarvoor jy nie oplossings of antwoorde het nie…  Mag Jesus jou instelling kom verander in hierdie nuwe week…  Mag jy met nuwe oë kyk na dit waarmee Hy jou seën en mag jy Rick Warren se aanhaling ‘n waarheid in jou lewe maak – dat jy sal ervaar dat hoe meer jy bid, hoe minder jy sal “panic” en dat sal vind hoe meer jy God loof en prys, hoeveel minder jou bekommernisse sal raak…  Mag Hy jou kom vul met rustigheid oor jou situasie – ‘n rustigheid wat alle verstand te bowe gaan en dat jy sal besef – Hy sorg al jou HELE lewe vir jou…  Hy gaan verseker nie nou ophou nie – daarvoor is jy TE spesiaal en het HY jou TE lief!

Blessings!

Anelli**

Thursday 15 August 2013

“Once you learn to quit, it becomes a habit” ― Vince Lombardi Jr.

Haloes! J

“Once you learn to quit, it becomes a habit” ― Vince Lombardi Jr.

1 Peter 4:19

“So if you are suffering according to God’s will, keep doing what is right and trust yourself to the God who made you, for He will never fail you…”

Romans 12:2

“Do not be conformed to this world, but be transformed by the renewing of your mind, that you may prove what is good and acceptable and perfect will of God…”

“Inside the will of God there is no failure…  Outside the will of God there is no success…” ~ Bernard Edinger

“Few things are impossible to diligence and skill. Great works are performed not by strength, but by perseverance.” ― Samuel Johnson

Veg of vlug?  Watter een is jy?  “When the going gets tough” – hardloop jy weg?  Of hardloop jy die moeilike situasie tegemoet en gee jy alles wat jy het om die uitdaging hok te slaan en jou beste te probeer?  Nou kan ek sommer ‘n klompie mense hoor sê – dit hang af van die situasie…  As dit iets is wat in my comfortzone val, sal ek 150% gee, en aanhou probeer, selfs al is daar niks hoop meer oor nie…  Maar as dit iets is waarmee ek nie vertroud is nie – iets wat buite my comfortzone is, sal ek twee keer dink oor of ek dit gaan aanpak of moontlik sal kan baasraak…

As Thomas Edison of Alexander Graham Bell moes opgee toe  hulle moeilikheid in hul navorsing teëgekom het, was ons dalk vandag nogsteeds sonder elektrisiteit of telefone…  Die selfone wat deesdae uitkom is so gevorderd dat jy amper alles met dit kan doen…  Dit is maar slegs vanweë die feit dat iemand ‘n idee gehad het, en nie bang was om te misluk in sy probeerslae, totdat hy ‘n wenresep ontwikkel het nie…  Ek dink dat dit baie keer die vrees van mislukking is, wat maak dat ons opgee nog voordat ons probeer…  Ons werk ‘n situasie al uit nog voordat dit gebeur het – net om onsself teen mislukking, hartseer of pyn te beskerm…  Ek dink dat baie keer, weerhou ons, onsself daarvan om te lewe…  Ons sien so baie “onheil” op ons lewenspad (baie keer vrese wat ons het, en wat ons dan probeer hanteer nog voordat enige iets gebeur het)…  Ek dink ons mis uit op deurbraak geleenthede in ons werke, ons mis uit op geleenthede waar ons, onsself kan equip om sterker en beter ontwikkelde mense te wees…  Ons mis uit op vriendskappe, liefde, kameraadskap, goeie tye…  Want ons hou op om drome of geleenthede te “pursue” om te keer dat ons misluk of seerkry…  Iemand het eenkeer gesê – as jy nie foute maak nie – is dit ‘n bewys dat jy nie probeer nie of dat jy nie leef nie…  Ek bid dat God Sy wil vir jou lewe vir jou sal duidelik maak soos wat jy jou stiltetye saam met Hom deurbring…  Mag HY enige vrees van mislukking uit jou woordeskat haal…  Winners never quit, and quitters never win…  As jy nie probeer nie, gaan jy nie weet nie…  Moenie eendag spyt wees oor jy nie steeds nie weet nie…

Blessings!


Anelli**

Wednesday 14 August 2013

“The man who moves a mountain begins by carrying away small stones.” ― Confucius

Haloes! J

“The man who moves a mountain begins by carrying away small stones.” ― Confucius

Psalm 22:10

“When I left the womb, You cradled me…  Since the moment of birth, you’ve been my God…”

Hebrews 10:36

“You need to persevere so that when you have done the will of God, you will receive what He has promised…”

“Every strike brings me closer to the next home run.” ― Babe Ruth

“The difference between a successful person and others is not a lack of strength, not a lack of knowledge, but rather a lack in will.” ―Vince Lombardi Jr.

“Success is a little like wrestling a gorilla. You don't quit when you're tired. You quit when the gorilla is tired.” ― Robert Strauss

Hoe bou jy ‘n huis?  Dis nie iets wat jy sommer net jou vingers klap, en siedaar – daar staan jou droomhuisie nie…  Nee, dit verg tyd, baie beplanning, voldoende fondse, baie geduld, en deursettingsvermoë…  In Vermont (naby Hermanus) is daar ‘n huis wat al staan vandat ek in die Laerskool was…  Iemand het hom begin bou, en ek neem aan die persoon se fondse moes opgeraak het – en die huis het so halfklaar daar bly staan…  So drie jaar gelede, het dit vir ‘n oomblik gelyk asof iemand die halwe huis gekoop het, en weer die bouplanne hervat het…  Dit was ook maar van korte duur, want die huis staan steeds halfklaar…    Jy mag dalk wonder, hoekom vertel ek jou hierdie?

Want elkeen van ons, is soos ‘n huis waar die Bouer steeds besig is om aan te werk…  Of ons nou al “klaar” huise is, en of ons fondasie maar nog net gegooi is, God is daagliks besig met elkeen van ons…  ‘n Nuwe laag verf, kan iets wat oud en afgerem is, weer nuut laat lyk…  Nuwe meubels of om iets aan te bou aan jou huis, kan dit weer ‘n totale nuwe “look” gee…  En daar is nie ‘n huis wat beter is as ‘n ander huis nie, want elkeen van ons beskik oor spesiale gawes, of talente wat ons huis uniek maak…  Hoe ons daardie talente en gawes benut, is wat die deurslag gee…   Want jou huis kan slegs vir vertoon daar wees (dus – jy gebruik nie eintlik jou gawes of talente nie), of dit kan ‘n voorware leefhuis wees – een waar daar DAAGLIKS geleef word…  Waar jou gawes en talente gebruik word om vir God die eer te gee, en om Sy Koningkryk hier op aarde te laat kom!  Dit kan dalk wees dat jy probeer om jou talente en gawes uit te leef, maar die regte geleentheid wil homself net nie voordoen nie…  Of dat die geleentheid homself voordoen, maar dat jy nie reg is of voorbereid is, op wat die geleentheid als van jou verwag nie…  Jesus sal jou NOOIT los nie…  Hy sal jou nie vir jare laat staan, sodat jy ‘n “seer oog” vir die gemeenskap word nie… Hy sal jou ook NOOIT los as Hy nog halfpad is met Sy werk in en deur jou nie...  Hy sal die werk wat Hy in jou begin het, klaarmaak... AS jy Hom toelaat – sal Hy DAAGLIKS werk in jou lewe, in jou en deur jou, om groot wonderwerke in Sy naam te doen…  Sodat jy die moeilike situasie waarin jy jouself tans bevind, as getuienis sal kan gebruik, om weer ANDER mense te help,wat in soortgelyke situasies vasgevang is…  Vat Jesus se hand, en soos Nike se leuse sê – “just do it!”  Wat jy vermag of doen, deur Jesus wat jou die krag gee, sal bydra tot jou karkater, en wie en wat jy in God is…  Hy sal jou nie teleurstel nie – bid, glo, vertrou en LEEF!


Blessings vir jou!

Anelli**

Tuesday 13 August 2013

“Courage is resistance to fear, mastery of fear - not absence of fear.” ― Mark Twain


Haloes! J

“Courage is resistance to fear, mastery of fear - not absence of fear.” ― Mark Twain

Psalm 31:4

“Be of good courage, and it shall strengthen your heart, all you who hope in the Lord…”

Philippians 4:7

“The peace of God, which surpasses all understanding, will guard your hearts and minds in Christ Jesus… “

“For what it’s worth: it’s never too late or, in my case, too early to be whoever you want to be. There’s no time limit, stop whenever you want. You can change or stay the same, there are no rules to this thing. We can make the best or the worst of it. I hope you make the best of it. And I hope you see things that startle you. I hope you feel things you never felt before. I hope you meet people with a different point of view. I hope you live a life you’re proud of. If you find that you’re not, I hope you have the courage to start all over again.” ― Eric Roth, The Curious Case of Benjamin Button screenplay

“Don't be afraid of your fears. They're not there to scare you. They're there to let you know that something is worth it.” ― C. JoyBell C

Dis nooit te laat nie…  As jy jou lewe vandag in oënskou moet neem – het dit tot dusver gegaan soos jy beplan het?  Gehoop het?  Of miskien het dit dalk beter uitgedraai as wat jy gedink het moontlik is…  Miskien is die teenoorgestelde waar…  Miskien het jy nou ‘n tyd lank deur rowwe waters beweeg, en voel dit of die houe wat die see aan jou lewensbootjie toegedien het, te erg is om van te kan herstel… 

Hoekom dink  jy is daar 24 uur in ‘n dag?  Want God het geweet toe Hy ons geskape het, dat ons beperkte krag het, en dat ons die lewe in stukkies moet aanpak…  Om ‘n dag te kan aanpak, met al sy uitdagings, het jy die volgende nodig:  1. Tyd saam met Jesus, 2. Genoeg slaap, 3. Krag vir die dag, 4. Kos om te eet, 5. ‘n Wil of ‘n doel voor oë om hard te werk…  6.  Oefening…  Die geheim lê in die woordjie BALANS…  God het 6 dae gewerk en die 7e gerus…  Tog, voel dit vir my asof die lewe teen so ‘n spoed hardloop, dat dit voel asof ons 7 uit die 7 dae moet werk…  Ons sny dinge uit ons lewens wat belangrik is, ten einde meer tyd te maak vir die onbelangrike…  Dis nooit te laat nie…  God gee aan ons elke liewe oggend, nuwe genade om die nuwe dag aan te pak…  Nuwe krag, en nuwe hoop, dat ons die deurbrake sal smaak waarop ons hoop…  Miskien is daar iemand vir wie jy moet jammer sê…  Miskien is daar ‘n vriendskap of verhouding wat jy nog kan red, deur te PROBEER…  Sit vir God eerste in jou verhouding of vriendskap, werk, uitdagings, siekte, finansies…  Wanneer God in Sy plek is – naamlik nommer 1 in jou lewe, kan die ander dinge nie anders as om in plek te val nie…  Hy sal daarvoor sorg…  Moenie kosbare tyd mors op onbenullighede nie…  Maak seker dat jy sê wat jy nodig het om te sê, terwyl jy nog die tyd daarvoor het…  Terwyl jy nog asem in jou longe het, is jou doel op hierdie aarde nog nie uitgeleef nie…  Dis NOOIT te laat nie… 

Blessings!


Anel**

Monday 12 August 2013

“It does not matter how slowly you go as long as you do not stop.” ― Confucius

Haloes! J

“It does not matter how slowly you go as long as you do not stop.” ― Confucius

Mark 11:22-23

“Have faith in God, ‘Jesus answered’…  I tell you, if anyone says to this mountain, go throw yourself into the sea and does not doubt in his heart but believe that what he says will happen, it will be done for him…”

2 Chronicles 20:20

“Believe in the Lord your God and you will be able to stand firm…  Believe in His prophets and you will succeed…”

“It always seems impossible until it's done.” ― Nelson Mandela

“I have walked that long road to freedom. I have tried not to falter; I have made missteps along the way. But I have discovered the secret that after climbing a great hill, one only finds that there are many more hills to climb. I have taken a moment here to rest, to steal a view of the glorious vista that surrounds me, to look back on the distance I have come. But I can only rest for a moment, for with freedom come responsibilities, and I dare not linger, for my long walk is not ended.” ― Nelson Mandela

Nelson Mandela is iemand wat geliefd is deur die meerderheid Suid-Afrikaners…  Toe hy in die hospitaal opgeneem is, het een van my vriende op Facebook die volgende aanhaling opgesit:  “Dit voel soos ‘n familielid wat in die hospitaal opgeneem is, en elke keer wat ‘n boodskap of nuusflits deurkom, voel dit vir jou asof jou hart wil gaan staan, want dit laat jou dink – nou is dit sulke tyd…”  Nelson Mandela is vir ieder en elk van ons ‘n voorbeeld van wat dit is om aan te hou, selfs al is die “odds” totaal en al teen jou…  As jy vandag moes wees waar hy was – in ‘n tronk gegooi vir dit waarin jy geglo het – en tog nie toe te laat dat dit jou ontmoedig nie, maar om steeds te baklei vir wat jy glo reg is…  Ek dink dit moes ongelooflik moeilik gewees het…  Ek dink dat daar dae was wat hy moes voel – dis makliker om op te gee, en net my lewe te leef…  Tog, het hy elke liewe berg wat hy moes klim, gedoen met volharding, en ek glo dat God hom gehelp het met elke liewe uitdaging wat oor sy pad gekom het… 

Ek het seker al voorheen hierdie geskryf, maar my pa sê altyd – wanneer jy besig is om ‘n berg uit te stap – moenie na die kruin van die berg kyk nie, want dit sal jou ontmoedig vir die stuk wat nog voorlê…  Kyk net na die klippie voor jou in die pad, tel hom op, en stap om dit…  Hou jou oog op die pad wat jy tans stap, en kyk op na Jesus…  Hy sal jou lei, en vir jou die pad wys wat jy moet stap…  Wees voortdurend in gesprek met God, sodat Hy in jou stiltetyd, vir jou kan vul met wysheid en krag wat jy nodig het om die opdraende van die lewe aan te pak…  Ek glo dat God drome in ons harte sit, wat partykeer groter lyk as enige iets wat ons al aangepak of vermag het…  Ek glo baie keer dat Hy dit in ons hart sit, dat ons na Hom moet kyk vir krag om dit aan te pak, en nie na ons beperkte krag of beperkte vermoëns nie…  Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg, en ek glo dat God jou in een stuk anderkant sal uitkry…  Al wat jy moet doen, is om te vertrou op God, moenie vaskyk in die berg voor jou nie – dink aan die uitsig wat wag op jou wanneer jy die kruin van die berg sal bereik!  God SAL sorg!!


Blessings! 

Anel**