Tuesday 9 December 2014

“Gratitude moves us out of lack and into abundance…” ~ Anonymous


Haloes! J
 
“Gratitude moves us out of lack and into abundance…” ~ Anonymous
 
Matthew 1:23
 
“While he was trying to figure a way out, he had a dream. God’s angel spoke in the dream: “Joseph, son of David, don’t hesitate to get married. Mary’s pregnancy is Spirit-conceived. God’s Holy Spirit has made her pregnant. She will bring a son to birth, and when she does, you, Joseph, will name him Jesus—‘God saves’—because he will save his people from their sins.” This would bring the prophet’s embryonic sermon to full term:  Watch for this—a virgin will get pregnant and bear a son;
They will name him Immanuel (Hebrew for “God is with us”)…”
 
“All you need is love…”  ~   John Lennon
 
“Better to have loved and lost, than to have never loved at all…” ~    St. Augustine
 
Kersfeestyd…  Dis vir my een van die “magicalste” tye van die jaar…  Tye wat ons kan rustiger raak na ‘n besige jaar, tyd saam met vriende, familie en geliefdes kan deel, en net weer opnuut herinner word waaroor die lewe gaan…  Dat ons Verlosser vir ons gebore is…  Die Een wat alle kwaad oorwin het deur Sy oneindige groot liefde vir ons…  Ek dink mens raak baie keer so vasgevang in die “rush” van geskenke koop, kos maak en partytjies reël dat mens partykeer kan vergeet waaroor dit werklik gaan…
 
LIEFDE…  Dit is die kern van Kersfees…  Dat ons sal vergeet van alles wat ons hartseer maak, of uitdagings wat ons tans moet deurmaak en dat ons sal fokus op alles waarmee God ons daagliks seën…  Dat ons van ons tyd sal gee om ‘n verskil te maak (gee van jou oorskiet kersmaal by die kerk af sodat dit gegee kan word aan mense wat nie so bevoorreg is om ‘n kersmaal te hê nie), dat ons tyd sal maak vir ons geliefdes, dat ons mekaar sal vergewe soos Christus ons vergewe het vir als wat ons al verkeerd gedoen het, en dat ons sal DANKIE sê vir nog ‘n jaar wat God ons vir mekaar gespaar het…  Dat God aan ons nog ‘n jaar gegee het en dat ons met nuwe hoop gevul kan word omdat ons weer opnuut herinner word aan die feit dat Hy ons NOOIT, maar NOOIT sal verlaat nie…  Dat Sy genade en liefde ELKE dag NUUT vir ons is…  Dat Hy net ‘n gebed ver is…
 
Mag jy vandag en die res van hierdie Kerstyd LIEFDE LEEF!  Elke dag!!!  Mag jy besef hoe oneindig lief God jou het, en dat Sy liefde vir jou NOOIT sal ophou nie…  Maak nie saak wat jy gedoen het, of nog gaan doen nie…  Koester die kosbare mense in jou lewe…  En ervaar net Jesus se ongelooflike seën wat HY vir jou het!  It’s yours for the taking!!  Ek wens jou en almal wat vir jou spesiaal is 'n BAIE geseende Kerstyd toe!  AS jy gaan reis - reis veilig...  Pas jouself mooi op tot ons weer gesels in die nuwe jaar...  Wees reg vir 'n jaar VOL nuwe geleenthede en seen uit God se hand!
 
Blessings!
 
Anelxx
 
Hierdie is die laaste gedagteki vir die daggie vir 2014…  Die volgende gedagteki sal op 21 Januarie 2015 verskyn…

Monday 8 December 2014

“The Spirit of God never quits… He always gets us across the finish line…” ~ Joyce Meyer

haloes! J

“The Spirit of God never quits…  He always gets us across the finish line…” ~ Joyce Meyer

Matthew 5:3 (The Message)

"You’re blessed when you’re at the end of your rope. With less of you there is more of God and his rule."

Galatians 1:15

"Why, when I was still in my mother’s womb he chose and called me out of sheer generosity!"

"Pak jou lewensbootjie lig met net die nodigste: 'n warm tuiste en eenvoudige genietinge, een of twee vriende wat die naam werd is, iemand om lief te he, en iemand om jou lief te he..."  ¬ Jerome K Jerome

"God het aan jou gedink nog lank voordat jy ooit aan Hom gedink het...  Sy doel vir jou lewe dateer al van voor jy verwek is...  Hy het dit beplan voordat jy nog bestaan het, en sonder jou insette..."  ¬ Rick Warren

Het jy al jouself die vraag gevra - hoekom is EK op hierdie aardbol?  OF dink jy dalk in die negatiewe - "ek het nie 'n doel nie / ek weet nie wat my doel is nie?  "niemand gee om vir my nie...";  "ek is alleen en het hopeloos te veel bagasie / probleme, vir iemand om vir my te kan lief wees..."

Rick Warren en Jerome is twee absolute wenners!  Hulle slaan die spyker op die kop!  God het jou al beplan (ek glo) tydens die Skepping...  Hy het toe alreeds geweet daar gaan 'n JY op hierdie aardbol wees, en wanneer jy gaan lewe...  Hy het jou UITGEKIES nog voordat jou ouers geweet het dat hulle aan jou sou lewe skenk...  DIT is hoe AWESOME hierdie Hemelse Pa van ons is...  Hy het vir jou 'n lewe beplan...  Hoe jy die keuses langs die pad maak, is totaal oorgelaat aan jou...  MAAR, Hy bly oneindig lief vir jou, maak nie saak HOE daai lewenspad verloop nie...  Hy is bereid om ELKE sonde wat jy doen, te vergewe...  Al doen jy dit daagliks...  en al leer jy partykeer nie uit jou foute nie...

Jy is ONGELOOFLIK spesiaal...  Ek kan nie dit genoeg beklemtoon nie...  Mens dink altyd dat jy tevrede sal wees WANNEER...  wanneer jy finansieel onafhanklik is...  wanneer jy jou lewensmaat het...  wanneer jy jou eerste kind in die wereld bring...  wanneer jy jou droom werk het, of jou droom kursus swot...  of wanneer jy BAIE vriende het... Dis nie verkeerd om te streef na iets beter of om ambisie te he nie...  GLAD NIE :)  Jerome het egter vir my die regte uitkyk op die lewe - ware vriende is die wat jy 4uur in die nag sal kan bel, en hulle sal kom om jou te help - WAAR EN WANNEER ookal...  Wanneer ons die lewe eenvoudiger maak, val die dinge baie makliker in plek, en die probleme raak ook sommer baie minder... 

God het jou gekies om Sy kind te wees...  As jy dalk bietjie ver van Hom af voel - moenie worry nie :)  Hy sal jou nooit verlaat en jou nooit in die steek laat nie...  Hy sal aanhou klop aan die kamer van jou hart, totdat jy vir Hom oopmaak...  God sal jou nooit los nie - Hy het jou lief AS GEVOLG VAN al jou foute...  Ons foute gee aan ons karakter, en die lesse wat ons leer, maak van ons die mense wat ons is...  Moenie so hard wees op jouself nie - niemand is perfek nie!  Ons almal het probleme, maar ons ALMAL is uitgekies...  Mag jy vandag God se arms van liefde om jou voel en mag jy GLO dat die lewe nie dieselfde sonder jou daarin sou wees nie... 

blessings!

Anel xx
PS - Die laaste gedagteki vir die daggie sal 10 Desember verskyn...

Sunday 7 December 2014

“As believers in Jesus Christ, our work is to believe while God works on our behalf.” ~ Joyce Meyer

Haloes! J

“As believers in Jesus Christ, our work is to believe while God works on our behalf.” ~ Joyce Meyer

Jakobus 1:2-6 (Geloof in aksie Bybel)

“My liewe mede Christene, wees opgewonde as julle geloof by elke geleentheid getoets word.  Julle weet mos hoe goed dit vir julle geestelike lewe kan wees...   Die slegte dinge wat met julle gebeur, toets of julle werklik die Here vertrou...  As dit met julle sleg gaan, leer julle juis om nader aan die Here te leef...  Julle moet die Here toelaat om julle deur hierdie dinge te leer wat dit beteken om altyd net op Hom te vertrou, kom wat wil...  As julle egter in ‘n situasie kom waar julle twyfel oor wat die regte ding is om te doen, gaan vra vir God.  Hy sal nie snaaks van julle dink of julle verwyt omdat julle onseker is hoe om vir Hom te leef nie.  Hy sal julle eerder help met alles wat julle nodig het.  Gaan vra, Hy sal gee...  Maar een ding moet julle dan nie doen nie.  Moenie twyfel dat God julle regtig sal help nie...  Verwag en weet vir seker dat Hy sal help...”

“God sal jou of van lyding bewaar, of jou die onfeilbare krag gee om dit te deurstaan...  Raak rustig en hou op om jou te bekommer...”  ~ Francis de Sales

“Swaarkry is die vrugbare grond waarin God elke Christen oorplant wat moet groei...”  ~ Anoniem

Die boek Jakobus, is seker een van my gunstelingboeke in die Bybel… Daar is soveel boodskappe en waarhede daarin, dat ek graag vandag een van dit met julle wil deel...  Hoe groei plante?  Daar is ‘n aantal faktore wat daartoe bydra...  Die tipe grond waarin dit geplant is, die weersomstandighede, of dit genoeg water en sonlig kry... Vetplante bv het weer nie water nodig om te groei nie...  Hulle het droë omstandighede nodig om te oorleef...  Dis so met elke Christen se lewe ook...  Elkeen van ons is uniek, en elkeen van ons het iets anders nodig om ‘n vol lewe te hê en daagliks te volhard...  Daar is egter een iets waarsonder nie een van ons kan lewe nie, en dit is God...

Sonder God is ons tot niks in staat nie...  Ons sal nie hoop hê vir die nuwe dag nie, en ons sal nie krag hê om ons dagtake aan te pak nie...  Moeilikhede wat reeds soos berge voor ons lê, sal sonder God se liefde, en ondersteuning, en daar wees soos Mount Everest lyk... Die aanhaling hierbo se vir my dit so mooi...  Swaarkry en moeilike tye, is soos wanneer God “bemesting” en noodsaaklike “water” (seën) aan Sy kinders se lewens verskaf...  Waar jy jou ookal vandag bevind – of jy in die diepste put van swaarkry of hartseer is, of miskien lê daar ‘n dag voor jou wat gevul is met onsekerhede, of miskien het jy God se goedheid in oorvloed ervaar die afgelope tyd – waarookal jy jouself bevind – Jesus ken jou...  En Jesus weet wat jy nodig het...  En HY sal by jou wees, en saam met jou stap, deur elke onsekerheid en deur elke beproewing...  Hy SELF sal jou dra, en jou die ondersteuning bied wat jy nodig het...

Soos hierbo in Jakobus geskryf is – gaan vra, en Hy sal gee...  Moenie dink dat jy nie waardig is om te kan vra vir God se hulp nie...  Hy het gesterwe vir ons, nie omdat ons dit verdien nie, maar vanweë Sy groot liefde, en genade vir ons...  Al voel dit vir jou of God jou al so baie genadig was, en soveel keer barmhartigheid betoon het, en dat jy nie dit werklik verdien nie – wil ek jou sê dat jy verkeerd is...  God wil aan jou tot in alle ewigheid barmhartigheid, liefde en seën betoon...  Soos Hy vir Jabes geseën het – is soos wat Hy vir jou wil seën...  Hy wil jou grondgebied vermeerder, en Hy hou Sy hand reeds oor jou, waar jy ookal mag gaan...  En wanneer ons getrou volhard in die moeilike tye, wanneer ons steeds aanhou bid en aanhou vertrou – SAL God ons genadig wees...  En SAL Hy in elke behoefte wat jy het voorsien...  Hy sal Sy blessings oor jou uitstort en jou met Sy liefde omvou...  Jy moet net bid en glo en vertrou...  HY het jou oneindig lief, en jy stap nie alleen hierdie week tegemoet nie...  Vat jou Pappa se hand – Hy hou dit uitgestrek na jou...

Blessings!

Anel xx

PS – die laaste gedagteki vir die jaar die daggie sal 10 Desember 2014 verskyn…

Thursday 4 December 2014

“We were made for loving… If we do not love, we will be like plants without water…” ~ Archbishop Desmond Tutu


Haloes! :)
“We were made for loving…  If we do not love, we will be like plants without water…”  ~ Archbishop Desmond Tutu
1 Corinthians 13:3-7 (The Message)
If I give everything I own to the poor and even go to the stake to be burned as a martyr, but I don't love, I've gotten nowhere. So, no matter what I say, what I believe, and what I do, I'm bankrupt without love.

   Love never gives up.
   Love cares more for others than for self.
   Love doesn't want what it doesn't have.
   Love doesn't strut,
   Doesn't have a swelled head,
   Doesn't force itself on others,
   Isn't always "me first,"
   Doesn't fly off the handle,
   Doesn't keep score of the sins of others,
   Doesn't revel when others grovel,
   Takes pleasure in the flowering of truth,
   Puts up with anything,
   Trusts God always,
   Always looks for the best,
   Never looks back,
   But keeps going to the end…”
“No fate is worse than a life without love…”  ~ Mexican Proverb
Dr. Seuss: “We are all a little weird and life's a little weird, and when we find someone whose weirdness is compatible with ours, we join up with them and fall in mutual weirdness and call it love.”
Het jy al ‘n plant present gekry, of moes na iemand se plante omsien, en dit het totaal geflop??   Of jy het te veel water gegee, of te min, of die plant het nie genoeg sonlig gekry nie??  Vir ‘n plant om op sy mooiste te wees, moet die balans tussen al hierdie dinge perfek wees…  Sonder dit, sal hy doodgaan – of vlekke of merke toon dat daar nie behoorlik na hom omgesien is nie – geel blare, dooie blare, stam met dorre merke…
Ons as mens is dieselfde…  Ek kom al hoe meer agter – almal is maar eintlik net opsoek na ‘n bietjie liefde en aanvaarding…  Sonder liefde, sal ons ook verwelk soos ‘n plant…  Om hierdie reg te kry, moet ons Hoof liefde in plek wees – sodat die res net daarop gebou kan word…  As ek nou vir jou Grieks praat – God moet ons basis en beginpunt van alles wees…  Vir verhoudings om te kan werk, om daardie wedersydse respek en aanvaarding vir mekaar te hê (dis nou vriendskappe, sowel as liefdesverhoudings) – moet alle partye besef dat God ons aanmekaar bind…  God het ons geskape om Hom lief te hê, maar om ook ‘n seën vir die mense rondom ons te wees…  En wanneer Jesus jou basis is, kan mens nie anders as om jou liggie te laat skyn, en ook die liggie in mense rondom jou aan te steek nie…  Daar sal net ‘n andersheid wees in hoe jy mense hanteer, en behandel…  Mens kan verhoudings vergelyk met ‘n Kruis – Jesus is die bo-punt van die kruis, en die twee mense in verhouding – die dwarslat van die kruis…  Jesus hou wag oor die twee kante en is ook die gemene faktor wat beide partye bind…  Wanneer dit vir jou moeilik is om ander lief te hê – dit is nie altyd maklik nie J  BID, dat Jesus jou hart sal verander, vernuwe, dat jy aanvaarding en liefde kan vind vir die mense wat jou so kwaadmaak…  Hy is groter as ENIGE iets…  En deur Sy krag, kan daar oplossings vir ENIGE iets gevind word…
Wees dankbaar vir die mense met wie God jou bless!  En bid vir jou huweliksmaat (as jy reeds getroud is, maar ook as jy nog opsoek is na iemand, of in verhouding met iemand is); bid vir jou vriendskappe, sodat jy God se ultimate seën in dit kan ervaar!  Besef dat die lewe kort is – ons weet nie hoe lank ons vir mekaar gespaar kan word nie, so moenie ‘n dag laat verbygaan waar mense nie weet wat hulle vir jou beteken nie!  Moet ook nie 'n aand kwaad gaan slaap nie...  Ons is hier op geleende tyd...  Moenie spyt wees dat jy nie jammer gese het, omdat jy te trots was nie...  Moenie spyt wees omdat jy mense nie waardeer het toe jy die kans gehad het nie...  God is ALTYD bereid om ons 'n tweede kans te gee wanneer ons opmors...  Moet ons nie dieselfde liefde vir ons medemens betoon nie?  Jesus is reeds in jou dag, en Hy het jou oneindig lief!  Weet dit vandag!!
Blessings!
Anel xx

Wednesday 3 December 2014

“Worrying is stupid… It’s like walking around with an umbrella, waiting for it to rain…” ~ Unknown

Haloes! J

“Worrying is stupid…  It’s like walking around with an umbrella, waiting for it to rain…” ~ Unknown

2 Corinthians 4:17

“For our present troubles are small and won’t last very long. Yet they produce for us a glory that vastly outweighs them and will last forever!”

Isaiah 33:2

“But Lord, be merciful to us, for we have waited for you. Be our strong arm each day and our salvation in times of trouble…”
“Ek dink nie aan die swaarkry nie, maar aan al die skoonheid wat nog oor is...”  ~ Anne Frank

“Sê vir God dankie...  Hy meet nie genade in teelepels af nie...”  ~ Amy Carmichael

Hoe baie van ons, dra so swaar aan laste wat nie van God af kom nie?   Dinge wat verby is, wat ons nie kan verwerk nie...  Dinge wat nog kom, wat ons vul met bekommernis...  Ons word partykeer so beroof van “die hede” omdat ons vasgevang is in dit wat verby is, of dit wat kom...  Ons lewe gaan baie keer, “ongeleef” by ons verby, omdat ons in ‘n patroon van bekommernis vasgevang is.  Sodra die een ding verby is wat ons so met onrus gevul het, kry ons iets nuuts in sy plek, om verder oor bekommerd te wees...

My ma het my vertel van ‘n kursus wat sy gedoen het, jare gelede, waar die dominee Killian hulle uitgedaag het om op ‘n stuk papier “groot gebeurtenisse” wat in hul lewens plaasgevind het, te gaan neerskryf.  Dis byvoorbeeld dinge waarmee jy gesukkel het, hartseer dinge, siekte dinge enige iets wat groot invloed of donker tye in jou lewe weerspieël het...  Sy sê toe, dat wanneer jy die dinge begin neerskryf, kan mens sien hoe die dinge in ‘n patroon loop, van klein na groot...  Iets wat jy dan uit al daardie dinge kan leer, is dat God ALTYD vir jou daar was...  Dat Hy jou bygestaan en gedra het, deur die klein en die groot dinge...

Hy was van altyd af nog daar, en Hy het jou nie in die verlede in die steek gelaat nie...  Hoekom sal ons dan bekommerd wees oor die toekoms?  As jy dalk so 'n benoudheid oor jou het, wat jy net nie afgeskud kry nie, bid weer...  Kry iemand om saam met jou te bid...  Daar waar 2 of meer in God se naam is, daar is Hy... As ons dan WEET dat God ALTYD daar was – SAL HY mos steeds daar wees in die toekoms...  Mag hierdie jou vul met rustigheid vir die nuwe dag...  Mag jy elke dag onthou JOU PA LEEF...  HY sal jou nie in die steek laat nie, jou NOOIT verlaat nie...  En Sy genade vir jou is onmeetbaar...

Blessings!

Anel xx

Tuesday 2 December 2014

“Ek dank God vir my gestremdhede, want daardeur het ek myself, my lewenstaak en my God gevind...” ~ Helen Keller


Haloes! J
 
“Ek dank God vir my gestremdhede, want daardeur het ek myself, my lewenstaak en my God gevind...”  ~ Helen Keller
 
Colossians 4:2
 
“Pray diligently. Stay alert, with your eyes wide open in gratitude…”
 
Philippians 4:6-7
 
“Don’t fret or worry. Instead of worrying, pray. Let petitions and praises shape your worries into prayers, letting God know your concerns. Before you know it, a sense of God’s wholeness, everything coming together for good, will come and settle you down. It’s wonderful what happens when Christ displaces worry at the center of your life…”
 
“Toe ek kaalvoet was en nie skoene kon koop nie, het ek begin kla...  Totdat ek ‘n man sonder bene gesien het...  Toe het ek God gedank vir my bene en dat ek maar net skoene kortgekom het...”  ~ Leo
Tolstoi
 
“Dit is nie soseer wat ons oor ons seëninge sê nie, maar hoe ons hulle gebruik wat regtig verraai hoe dankbaar ons is...”  ~ WT Purkisher
 
In iets wat na jou grootste swakheid lyk, kan die grootste geleenthede vir jou opgesluit lê...  Dit vat nie baie vir ons om ‘n slegte dag te hê nie...  As een ietsie verkeerd gaan, vroeg in die oggend, kan dit baie keer ons dag so dikteer, dat ons sommer fout in ALLES soek wat verder gebeur...  Of dit nou goed of sleg is – ons sal die negatiewe soek, sodat dit bevestiging is van die slegte dinge wat kop uitsteek in ons lewens...
 
Toe ek hierdie aanhaling van Helen Keller lees, het dit my diep aangeraak...  Sy was iemand wat blind en doof was, en tog het sy VOLUIT gelewe...  Syt ‘n lewe van danksegging aan God gelewe...  Daarmee bedoel ek, dat sy haar lewe so geleef het, dat elke iets wat sy gedoen het as’t ware ‘n “dankie aan God” was...  Alhoewel sy gebreke gehad het, het sy hulle ingespan om positiewe dinge te doen, mense te inspireer, en so ‘n getuie vir die Koninkryk te wees.  Nog iemand wat by my opgekom het is Nick Vujicic....  Hy is iemand wat sonder bene en arms gebore is, en hy is op die oomblik een van die grootste bedieners en motiverings sprekers wêreldwyd...  Een van sy treffende boodskappe is dat moenie dat iets in jou lewe (of dit jou liggaam of jou denke is) limiete plaas op dit waartoe jy in staat is nie...  Fillipense 4:13 sê: ‘Jy is tot alles in staat, deur Hom wat jou die krag gee...’
 
Wanneer mens begin dankie sê vir die klein dingetjies – die dingetjies wat mens so vanselfsprekend aanvaar, dan val die groot dinge in plek...  Wanneer mens in verwondering raak en dankbaar raak vir die feit dat ons nog ‘n addisionele dag gespaar is, DAN kan jy lewe sonder limiete...  Tot jy nie stilraak en besef – ek moet dankbaar wees vir dit wat ek het, dit waarmee God my elke dag seën nie – kan jy nie ‘n seën vir jouself, asook ‘n seën vir die mense rondom jou raak nie...   Moenie vandag vaskyk in jou swakheid vandag nie, maar bid dat God jou oë sal oopmaak, vir die groot geleenthede wat in jou "swakheid" opgesluit lê...
 
Blessings!
 
Anelxx

Monday 1 December 2014

"Stress is when you wake up screaming and realize that you haven't fallen asleep yet..." ~ Unknown

Haloes!

"Stress is when you wake up screaming and realize that you haven't fallen asleep yet..." ~ Unknown J

2 Corinthians 5:6-7

“So we are always of good courage. We know that while we are at home in the body we are away from the Lord, for we walk by faith, not by sight…

Psalm 16:8

“I have set the LORD continually before me; Because He is at my right hand, I will not be shaken...”

“You can’t stop the waves, but you can learn to surf…” ~ Unknown

“Only severe storms expose which trees are alive and deeply rooted…  Storms stri trees of dead branches, increasing their potential for future growth…” ~ Pastor John Hagee

Stress is iets wat onbewustelik, ELKE dag saam met ons stap...  Veral hierdie tyd van die jaar, is stress iets wat baie dae die oorhand mag kry… Daar is 2 tipes soos wat ek dit nou al agtergekom het - GOEIE stres ("butterfly" in die maag tipe stres) - soos wanneer jy op jou eerste afspraak gaan met iemand, of as jy 'n partytjie reël en "stres" dat alles goed sal verloop...  Slegte stress daarteenoor, is iets wat meeste van ons bewustelik, of onbewustelik amper daagliks ervaar - negatiewe gedagtes, kopsere,  rugpyn...  Ek dink nie ek kan dit beter opsom as die Geloof in Aksie Bybel hieronder nie :) 

"Stres is 'n algemene ding in ons dag...  Onsekerheid oor die toekoms, misdaad, werkloosheid, groepsdruk en huislike probleme is van die grootste redes vir stres...  Slegte stres maak jou kop seer vat jou slaap weg, en laat jou skouers heeltyd krom trek...  Dit maak jou aggressief, angstig en buierig...  Stres beïnvloed alles waarmee jy elke dag besig is:  Jou studies, jou vriendskappe, jou familie verhoudings...  Kry dit uit jou lyf uit...  Hoe meer jy sit en niks doen nie, hoe meer word jou kop volgelaai deur negatiewe gedagtes, en gevoelens...  Bid gereeld, lees jou Bybel, sluit aan by 'n Bybelstudie groep, gaan besoek 'n pel waar jy lanklaas was; vat vir iemand  wat op jou hart is, 'n klein geskenkie, gaan drink koffie saam met 'n vriend wat dit nie te breed het nie; vertel by die skool, universiteit of by die werk van iets nuuts wat jy die afgelope tyd in 'n preek geleer het...  Leef weg van jouself af...  Belê meer tyd in energie in God en in ander..."   ~ Geloof in Aksie Bybel

Al hierdie riglyne wat die Bybel in Praktyk gee, is dinge wat ons in ons lewens kan inbou, om die effek wat stress daarop het, te minimaliseer... Gaan stap 'n lekker ent na werk, hou jou Bybelstudie (doen dit saam met jou gesin / vriend / vriendin - sodat jy seker maak dat jy tyd opsysit daarvoor...  Want God refresh, en Hy laat ons besef waaroor die lewe WERKLIK gaan wanneer ons tyd met Hom spandeer...  Gebede word beantwoord en mens sien dinge net in perspektief met Sy woord...  Dinge wat spanning op ons sit, is baie keer klein en onbenullig, wanneer ons weer net 'n slag stil word en tyd saam met ons Pa spandeer), gaan kuier by 'n vriend of 'n vriendin wat positiewe invloed op jou sal hê...  Die tyd wat aan ons geleen het, is SO min - moet dit nie op onbenullighede spandeer / mors nie...  Bv - moenie tyd spandeer met mense wat jou afbreek / laat sleg voel oor jouself, en daardeur addisionele stres op jou plaas nie...  Jy MAG nee sê!  Weet dat God GROTER is as enige siekte, huislike omstandighede, gebroke gesinne of verhoudings...  Hy het jou ONEINDIG lief, en Hy wil regtigwaar NET die mooiste dinge vir jou lewe hê...  Bid, en vat God se hand - laat Hom toe om die stres te verminder, terwyl Sy teenwoordigheid GROTER word in jou lewe...

blessings!
 
anel xx