Monday 30 November 2015

“Victory is always possible for the person who refuses to stop fighting.” ~ Napoleon Hill

Haloes! :)

“Victory is always possible for the person who refuses to stop fighting.” ~ Napoleon Hill

Matthew 11:28-29

“Come to me, all who labor and are heavy laden, and I will give you rest. Take my yoke upon you, and learn from me, for I am gentle and lowly in heart, and you will find rest for your souls…”

John 16:33

“I have said these things to you, that in me you may have peace. In the world you will have tribulation. But take heart; I have overcome the world.”

“The road to success is dotted with many tempting parking places.” ~ Author Unknown

“When obstacles arise, you change your direction to reach your goal, you do not change your decision to get there.” ~ Zig Ziglar

Ek weet nie wie van julle al ‘n elektroniese impliment wat op battery krag kan werk, gebruik het bv ‘n laptop, kamera ens, net vir die item om net 5 minute te werk en daarna die gees te gee nie...  Dis “daardie picture perfect” oomblik en dan kan jy dit nie vasvang op kamera nie, of die aller belangrike taak of aanbieding wat jy moet doen op jou rekenaar, maar die battery lewe laat jou op die mees kritiese oomblik in die steek...    As jy in die genoemde situasies nie toegang het tot vars batterye vir jou kamera, of ‘n kragtoevoer vir jou rekenaar het nie, kan jy nie voortgaan om te laat gebeur wat moet gebeur nie...  Daardie items is waardeloos vir jou, sonder die “iets” wat dit laat werk...

Sonder Jesus wat vir ons aan die kruis gesterf het, is ons ook “waardeloos”...  Ons sou dan ‘n lewe probeer leef het, net om in ‘n graf op te eindig eendag...    Ons sou swaarkry moes verduur, sonder die hoop op ‘n Ewige lewe...  As Jesus in die graf agtergebly het, sou ons ook geen hoop vir môre kon hê nie...   Die feit dat Jesus vir ons gesterf het, het Hy daardeur vir ons nuwe hoop kom gee...  Hy het daardeur vir ons nuwe krag, nuwe hoop en nuwe lewe kom gee vir die dag van môre...    Moenie dat moeilike dinge in die lewe jou so tap, dat jy geen krag het om die dag van môre aan te pak nie...  Maak tyd om by God en Sy woord stil te raak dat Hy weer jou reserwes vir jou sal vul met nuwe krag...   Lewe ‘n lewe van afwagting, want jy kan verseker weet vanoggend – as jy vir Jesus aanvaar het in jou lewe, SAL JOU LEWE NIE by die dood eindig nie...  As Jesus jou Saligmaker, Verlosser en Pa is, sal die lewe hier op aarde net ‘n inleiding tot ‘n ongelooflike lewe("storie") wees...

Raak sommer nou stil by God en laat Hom toe om jou battery te laai voor hierdie nuwe dag begin...  Dat jy nie ‘n pap battery sal hê nog voor hierdie dag begin nie...

Blessings!


Anel xx

Sunday 29 November 2015

“Never give up… There is no such thing as an ending, only new beginnings…” – Unknown

Haloes! :)

“Never give up…  There is no such thing as an ending, only new beginnings…” – Unknown

Psalm 32:8

“I will instruct you and teach you in the way you should go; I will counsel you with my eye upon you…”

Deuteronomy 7:9

“Know therefore that the LORD your God is God, the faithful God who keeps covenant and steadfast love with those who love him and keep his commandments, to a thousand generations…”

“The brick walls are there for a reason. The brick walls are not there to keep us out. The brick walls are there to give us a chance to show how badly we want something. Because the brick walls are there to stop the people who don’t want it badly enough. They’re there to stop the other people.” ― Randy Pausch

“I am strong, because I have been weak…  I am fearless, cause I have been afraid…  I am wise, because I have been foolish…” – Unknown

Hierdie volgende  aanhaling was vir my te AWESOME vir woorde!!  “Never regret…  If it’s good, it’s wonderful.  If it’s bad, it’s experience…”  ~ Victoria Holt…  Ek dink dat ons baie maniere het om moeilike tye of slegte dinge wat gebeur te beskryf, maar ondervinding dink ek nie is altyd een van hulle nie!  En tog is dit AL wat dit is!!!  Ondervinding…  Iets wat jy op ‘n sekere manier gedoen het, wat dalk nie uitgewerk het nie, en deur dit op die “verkeerde” manier te gedoen het, leer jy nou daar uit om dit nie weer so te doen nie…

Hoe baie dinge sit en berou jy dalk vanoggend?  Goed wat jy wens jy anders aangepak het…  Woorde wat jy gesê het wat jy wens jy kan terugtrek?  Vriendskappe wat jy verloor het, mense wat jy seergemaak het?  Geleenthede waarop jy dalk uitgemis het omdat jy nie ‘n besluit wou neem of ‘n kans wou waag nie?  Of een verkeerde besluit wat jy geneem het wat dalk katastrofiese gevolge gehad het?

Vanoggend wil ek vir jou kom sê – Jesus het vir ons gesterf op die Kruis, om vir ons ‘n NUWE begin te verseker!  Ons kan vandag tegemoet gaan, met die WETE dat God reeds daar is…  Hy is ‘n God van tweede kanse…  Jy kan vandag regstel dinge wat voorheen verkeerd gegaan het…  Jy kan jammer sê en weer probeer met daardie persoon, terwyl jy nog die kans het!!  As mens nog ‘n kans het om situasies te verander – DOEN dit!  Moenie wag tot die mense nie meer daar is om te probeer om die verhoudings te herstel nie…  Verhoudings is een van die hoof goed waarop ons lewe gebou is…  God stuur mense met ‘n spefieke doel oor jou pad, en HY plaas jou in sitausies waar HY jou wil gebruik – laat Hom toe om dit te doen…  Vir jou wat dalk totaal alleen voel, en swaar dra aan gedagtes van berou of “regret” – lees hierdie uittreksel van ‘n gospel liedjie hieronder…  God het jou nie gelos nie, en Hy sal ook nooit nie…  Al doen jy ook WAT!  Hy sal jou altyd terugneem, want Hy het jou liewer as wat jy OOIT Sal weet! Goed wat dalk vir jou voel soos ‘n einde, is dalk God se manier om vir jou ‘n wonderlike nuwe begin te verseker…

“I will fear no evil, for my God is with me, and if my God is with me, whom then shall I fear, whom then shall I fear?” O, no you never let go, through the calm and through the storm, o, no you never let go, in every high and every low, o, no You never let go, Lord you never let go of me…”  ~ Liedjie Matt Redman (You never let go)


Blessings!


Anel xx

Thursday 26 November 2015

"The people crazy enough to think they can change the world, are the ones who do..." - Steve Jobs

Haloes! :)

"The people crazy enough to think they can change the world, are the ones who do..." - Steve Jobs

Joshua 24:15

“But if serving the Lord seems undesirable to you, then choose for yourselves this day whom you will serve, whether the gods your ancestors served beyond the Euphrates, or the gods of the Amorites, in whose land you are living. But as for me and my household, we will serve the Lord.”

1 Peter 4:11

“If anyone speaks, he should do it as one speaking the very words of God. If anyone serves, he should do it with the strength God provides, so that in all things God may be praised through Jesus Christ. To him be the glory and the power for ever and ever. Amen.”

“Prayer in action is love, and love in action is service. Try to give unconditionally whatever a person needs in the moment. The point is to do something, however small, and show you care through your actions by giving your time … We are all God’s children so it is important to share His gifts. Do not worry about why problems exist in the world – just respond to people’s needs … We feel what we are doing is just a drop in the ocean, but that ocean would be less without that drop.“  ~ Mother Teresa

“An old man was walking on the beach one morning after a storm…  In the distance, he could see someone moving like a dancer…  As he came closer, he saw that it was a young woman picking up starfish and gently throwing them back in the ocean…  ‘Young lady, why are you throwing starfish into the ocean?’ “The sun is up and the tide is going out, and if I do not throw them in, they will die…” she said.  ‘But young lady, do you not realize that there are many miles of beach and thousands of starfish?  You cannot possibly make a difference?’  The young woman listened politely, then bent down and picked up another starfish and threw it into the sea.  “It made a difference for that one…” ~ Unknown

As jy ‘n lekker rugby game, of “rock show” wil gaan kyk – hoe gaan jy seker maak dat jy nie gaan uitmis nie?  Jy gaan verseker ‘n kaartjie koop?!  Ek't 'n “show” gaan kyk, en terwyl ek dit beleef het, het ek besef dat soveel mense uitmis op soveel goeie goed, en seën van God in hul lewens, omdat hulle “vergeet om ‘n kaartjie te koop”…  En die beste deel daarvan om deel van God se Koninkryk te wees, is dat dit jou NIKS kos nie…  Al wat jy moet doen, is om jou hart vir God oop te maak…  Vir Hom ‘n plekkie in jou lewe te gee, en Hom toe te laat om jou te help met al daardie dinge wat soos ‘n BERG op jou skouers is…  Wanneer God in ons harte werk, is dit soos ‘n chain reaction...

Hy sal daardie behoefte in jou hart sit om vir mense iets te beteken…  Om God se liefde aan die mense rondom jou te versprei…  Josua is vir ons ‘n absolute voorbeeld…  Nadat hy die Israeliete in die beloofde land ingelei het (Josua 24), stel hy die Israeliete voor ‘n keuse – OF julle kan in God glo – wat aan julle die beloofde land gegee het, of julle kan julle geloof in julle afgode stel…  Josua se lewe was so ‘n voorbeeld van iemand wat sy geloof in God gestel het, dat hy die Israeliete deur sy dade inspireer om vir God te volg…  Ek en jy kan ‘n impak in die Koninkryk maak deur dieselfde te doen…  Ons moet ons “kaartjie koop” – deur vir God te aanvaar as ons Hemelse Pappa, en deur ons dade dit vir ander duidelik te maak dat ons weet waar ons krag vandaan kom…  “Actions speak louder than words…”  Soos die storietjie hierbo – as jy impak in 1 persoon se week kan maak hierdie week, is dit reeds ‘n groter deurbraak as wat jy net nie probeer het nie…  Jy is nie maar “toevallig” waar jy jouself bevind nie…  God wil en gaan jou gebruik om iemand te wees wat impak maak!  En God is groter as daardie berge wat tans op jou skouers rus…  Gee dit vir Hom…  Serve Hom – Hy sal jou NIE teleurstel nie…  Hy het die Israeliete bevry, talle wonderwerke in hulle lewens laat gebeur, te midde van al die swaarkry wat hulle moes face, en op die ou end, het Hy dinge in plek laat val deur hulle in die beloofde land in te lei…  Hy is steeds dieselfde God die God wat die Israeliete bevry het – Hy sal sorg vir die deurbrake – sorg jy net dat jou vertroue in Hom is, en dat jy nie uitmis op alles wat Hy vir jou het, omdat jy nie plek vir Hom in jou hart / lewe het nie…  Koop jou kaartjie - maak tyd vir God!

Blessings!

Anel xx

Wednesday 25 November 2015

“Faith is why I'm here today and faith is why I believe I can achieve something in my life.”― Jonathan Anthony Burkett, Neglected But Undefeated "The Life Of A Boy Who Never Knew A Mother's Love"


Haloes! J
“Faith is why I'm here today and faith is why I believe I can achieve something in my life.”
― Jonathan Anthony Burkett, Neglected But Undefeated "The Life Of A Boy Who Never Knew A Mother's Love"
 
1 Corinthians 2:9
 
“No eye has seen, no ear has heard, no mind has conceived what God has prepared for those who love Him…”
 
James 1:4-8
 
“Perseverance must finish its work in you so that you may be mature and complete, not lacking anything…  If any of you lacks wisdom, he should ask God, who gives generously, to all without finding fault, and it would be given to him…  But when he asks, he must believe and not doubt, because he who doubts is like a wave in the sea, blown and tossed by the wind…  That man should not think that he will receive anything from the Lord…  He is a double minded man, unstable in all he does…”
 
“I hope that in this year to come, you make mistakes.  Because if you are making mistakes, then you are making new things, trying new things, learning, living, pushing yourself, changing yourself, changing your world. You're doing things you've never done before, and more importantly, you're Doing Something.
 
So that's my wish for you, and all of us, and my wish for myself. Make New Mistakes. Make glorious, amazing mistakes. Make mistakes nobody's ever made before. Don't freeze, don't stop, don't worry that it isn't good enough, or it isn't perfect, whatever it is: art, or love, or work or family or life.
Whatever it is you're scared of doing, Do it.  Make your mistakes, next year and forever.”  ― Neil Gaiman
 
“Cheers to a new year and another chance for us to get it right.” ― Oprah Winfrey
 
Hierdie aanhaling van Neil Gaiman is my HOOP vir jou vir die nuwe dag van more, asook die nuwe jaar wat amper vir ons wink…  In hierdie wêreld is daar soveel dinge wat ons bang maak…  Dinge wat ons laat twyfel in ons vermoëns en ons menswees…  Wat is dit wat jou vul met vrees?  Is dit mense, met hulle uitsprake oor jou lewe?  Die onbekende?  Die onbekende kan baie oorweldigend wees, wanneer mens dit tegemoet moet gaan, maar nie ‘n idee het wat vir jou voorlê nie!  Miskien is die afgelope jaar vol veranderinge gewees, of miskien weet jy reeds dat volgende jaar veranderende situasies vir jou inhou– of dit nou jou werk is, jou verhouding wat dalk ‘n doodloop punt bereik het, vriendskappe wat net nie meer werk nie, of miskien moes jy verhuis en jouself in ‘n totale nuwe omgewing verplaas?!  Dis alles dinge wat mens kan vul met onsekerheid en groot vrees…
 
Ons kan egter rus in die wete – ons hoef nie te vrees nie, want Jesus is in beheer oor die dag van môre!  Hy weet reeds wat op jou wag, en Hy weet ook dat jy dit in jou het om ENIGE uitdaging te kan oorkom, deur Hom wat jou ondersteun en dra daardeur…  Ek het ‘n ongelooflike inspirerende storie gehoor wat my net weer met nuwe perspektief gevul het oor dinge wat jou bang maak…  Dit gaan so:  Stel jou voor jy leer jou kind fietsry…  Jy op jou fiets, en jou kind op syne…  Net voordat julle die pad aanpak na die winkel, vra jou kind aan jou of hy nie maar eerder agter op jou fiets kan klim nie, want hy is te bang vir die pad wat voorlê…  As jy jou kind werklik wil “equip” vir dit wat voorlê, sal jy vir hom sê – nee,  pappa / mamma sal heel pad langs jou wees…  Jy KAN dit doen!!  Jy sal jou kind aanmoedig en verseker dat hy /sy tot meer in staat is!  Jesus staan so langs jou – al HEEL jaar lank, elke minuut van elke dag…  JY is in staat tot ENIGE IETS, deur Hom wat jou die krag gee (Fillipense 4:13)…  Sy woord is daar om jou die pad te wys, of as versekering te dien dat VREES nie deel van jou woordeskat hoef te wees nie…  Sorg dat jy VOLUIT leef!  As jy foute maak, maak hulle voluit, maar LEER daaruit…  As jy nooit foute maak nie, is dit 'n teken dat jy op die kantlyn van jou eie lewe sit, en eintlik net bestaan...  Moenie so bang wees vir dit wat onseker is, dat jy op die ou end uitmis op ALLES wat God vir jou het nie…  Beweeg uit daai comfort zone! Want dis SOVEEL meer as wat jy ooit sal kan hoop of dink!
 
Blessings vir jou!
 
Anel xx

Tuesday 24 November 2015

“You will face your greatest opposition when you are closest to your biggest miracle.” ― Shannon L. Alder

Haloes! :) 
“You will face your greatest opposition when you are closest to your biggest miracle.” ― Shannon L. Alder
Psalm 103:11,17
“For as the heavens are high above the earth, so great is His mercy toward those who fear Him … But the mercy of the Lord is from everlasting to everlasting on those who fear Him…”
Luke 1:37
“For with God nothing will be impossible...” 
“Miracles happen to those who believe in them.” ~ Bernard Berenson quotes
“Even miracles take a little time…”  ~ Unknown
Glo jy dat wonderwerke vandag nog gebeur?  Ek kan sommer hoor hoe sommige van julle sê – “ja, defnitief…”  Ander weer:  “Ja, seker…  net nie met my nie…” Ander:  Nee, ek dink dis iets wat in dieBybel se tyd gebeur het…  NOU:  Ander vraag:  Glo jy dat die son môre sal opkom?  Natuurlik sal dit – dis iets wat daagliks gebeur…  Wonderwerke, is net soos die son wat opkom soggens…  Ek belowe jou – in jou daaglikse gejaag, gebeur daar ten minste elke dag 1 iets wat ’n klein wonderwerk is, deur die genade van God wat oor ons die wag hou…  Daar is ook baie groot wonderwerke waaroor ons vandag nog kan getuig...  Siekes wat gesond gemaak word, verhoudings wat herstel word, finansies waarin voorsien word, wanneer dit lyk of daar geen uitkoms is nie, werke of geleenthede waar mense al lank soek na die regte werk; vriende vir mense wat eensaam en alleen is...  Dis maar enkele voorbeelde...
Scenario:  Iemand vra jou vandag ’n guns, maar jy weet jou tyd is bietjie beperk, en jou antwoord – ek gaan my bes doen om jou te help vandag, anders defnitief môre…  Hoe sou jy voel as jy hoor dat daardie persoon dan na iemand anders gegaan het, en aan die ander persoon vertel het, jy is nie in staat om te help nie?  Jy sal seergemaak voel?!  En ek dink nie jy sal daardie persoon wil help nie…  Ons hanteer baie keer vir God so – wanneer ons glo dat dinge nie kan uitwerk, of dat Hy nie gaan uitkoms gee, omdat Hy nie jou gebede antwoord nie…  GEDULD…  God het ons nog altyd belowe – Hy sal met ons wees…  Hy sal sorg, en Hy sal Sy liefde oor ons uitstort…  Hy sal ons toegooi met wonderwerke en seën – solank ons aanhou glo en vertrou dat SY tyd die beste en regte tyd is!  Partykeer het groot wonderwerke tyd nodig...  Groot geduld en tyd...  God sal jou omboul met wat Hy vir jou in store het...  Jy moet net nie ophou glo en vertrou nie... Die volgende stukkie vervat dit so mooi - "Truly I tell you, if anyone says to this mountain, ‘Go, throw yourself into the sea,’ and does not doubt in their heart but believes that what they say will happen, it will be done for them.  Therefore I tell you, whatever you ask for in prayer, believe that you have received it, and it will be yours."  ~ Mark 11:22-23 (KJV)...  
Blessings!

Anel