Friday 28 February 2014

“Some days you are the bug… Some days you are the windshield…” ~ Unknown

Haloes! J

“Some days you are the bug…  Some days you are the windshield…” ~ Unknown

2 Corinthians 12:9

“But he said to me, “My grace is sufficient for you, for my power is made perfect in weakness.” Therefore I will boast all the more gladly about my weaknesses, so that Christ’s power may rest on me…”

Isaiah 41:10

“So do not fear, for I am with you; do not be dismayed, for I am your God. I will strengthen you and help you; I will uphold you with my righteous right hand…”

“‘n Seuntjie het buite gespeel en hy was besig om vir hom huisies te bou en paaie te maak sodat hy met sy karretjies daarop kon ry. In die proses was daar n baie groot rots wat in sy pad was, en hy het alles probeer om die rots geskuif te kry. Hy het dit getrek, hy het dit gestoot, hy het naderhand sy fietsie gaan haal en n tou daarom vasgemaak en dit so probeer wegtrek, maar alles tevergeefs. Die sweet het hom afgetap, en hy het moedeloos langs sy pa gaan sit wat onder n boom op n bank gesit het, en hierdie hele petalje aanskou het. Sy pa het hom vol liefde aangekyk en vir hom gevra: "Boetman het jy nou alles probeer?" Baie verontwaardig se hy vir sy pa: "Pappa het gesien hoe hard ek gesukkel het, ek is nou so moeg en die rots beweeg nie".

Sy pa het saggies oor sy koppie gestreel, en vir hom gese: "Maar jy het nog nie als probeer nie". Boetman het opgespring en gese: "Maar pappa het gesien hoe sukkel ek" En toe antwoord sy pa in n sagte stem, "Nee my seun, jy het nog nie alles probeer nie, want jy het my nog nie gevra nie".

Here hoe dikwels het ons hierdie vreeslike rots in ons pad, en niks wat ons doen of se beweeg dit nie, en as ons dan op n hopie neersak en ons wil huil van moedeloosheid, dan vra U so saggies: " My kind, het jy my al gevra" Ons erken vandag dat ons eers in ons eie krag probeer, en as niks wil werk nie, dan gaan ons na U toe as n laaste poging. Here, van hierdie dag af, onderneem ek om eerste by U Voete te gaan sit, dan het ek nie nodig om my eie kragte so uit te put nie.  Amen.” ~ Forward email

Hoeveel waarheid is daar nie in hierdie storie nie??  Ons worstel ELKE dag met talle uitdagings wat soos ‘n rots in ons pad lê…  En partykeer is ons nes hierdie seuntjie – ons span al ons kragte in om die rots beweeg te kry, net om aan die einde van die dag te gaan lê, en as resultaat GEEN vordering met die klip te gemaak het nie…  Hierdie worsteling met uitdagings en dinge, tap ons van ons krag…  God belowe vir ons hierbo in beide teksverse dat Hy ALTYD by ons is – dat Hy ons innerlik sal sterk maak, en dat HY ons in Sy hand sal vashou…  Sy krag is ook JUIS wat ons sterk maak in tye van swaarkry…  Wanneer jy ‘n spesifieke opdrag of projek het by die werk, of ‘n taak by die skool – hoe pak jy dit aan?  Deur net kop eerste in te gaan, en te hoop vir die beste?  Of sit jy bietjie tyd in, doen jy navorsing, en werk jy dan vir jou ‘n “plan van aksie” uit?  Die plan van aksie sal die mees sistematiese manier wees om die situasie aan te pak – en dit sal heel waarskynlik tot die beste resultate lei!  Hoekom doen ons dan nie dieselfde wanneer daar actual “real life” dinge oor ons pad kom nie?  Hoekom gaan sit ons nie by God se voete en vertel Hom van die huge rots wat tans in ons pad lê nie?  Hoekom bid ons nie vir insig, en wysheid van God nie?  Dat Hy vir ons sal WYS, HOE ons te werk moet gaan om die uitdaging aan te pak?  In James 1:2-4 staan die volgende:  Consider it pure joy, my brothers, whenever you face trials of many kinds, because you know that the testing of your faith develops perseverance.  Perseverance must finish its work so that you may be mature and complete, not lacking anything.”  Wanneer ons volhard, maak nie saak deur WATTER tye nie, word ons karakter so gebou en so versterk dat ons niks sal “lack” in ons lewens nie…  Want God sal voorsien…  Hy sal jou NIE in die steek laat nie…  Laat jou Pa toe om te help – spaar bietjie jou eie krag, en vertrou op God se krag…  Waar ons Hom toelaat om te werk, gebeur wonderwerke!

Blessings!

Anel xx

Wednesday 26 February 2014

“Never confuse a single defeat with a final defeat.” ― F. Scott Fitzgerald


Haloes! J 

“Never confuse a single defeat with a final defeat.” ― F. Scott Fitzgerald

Matthew 11:28

“Come to me, all you who are weary and burdened, and I will give you rest.”

Hebrews 11:1

“Now faith is being sure of what we hope for and certain of what we do not see.”

“You may encounter many defeats, but you must not be defeated. In fact, it may be necessary to encounter the defeats, so you can know who you are, what you can rise from, how you can still come out of it.” ― Maya Angelou

“Every strike brings me closer to the next home run.” ― Babe Ruth

Ek is nie ‘n boks-kenner nie, maar ekt bietjie gaan oplees en die volgende interessante feite gevind…  ‘n Boksgeveg bestaan gewoonlik uit 12 rondtes van 3 minute elk…  Die eindresultaat sal bepaal word deur die volgende:  1. As die speler volgens die skeidsregter te swak is om te kan volhard met die geveg; 2. Wanneer die speler gediskwalifiseer word omdat hy ‘n reël gebreek het; 3. Wanneer die speler handdoek ingooi omdat hy nie fisies meer kan nie; of 4. Wanneer die speler gekies word as wenner deur die skeidsregters gebasseer op die tellings wat aan hom en sy tegniek gegee word…  Hoekom nou vir julle verveel met feite oor boks??  Want, liewe vriend en vriendin – ‘n boksgeveg word nie gewen wanneer die eerste hou gegooi word nie…  Dit word gewen deur die een persoon wat volhard en op die ou einde die uitklophou toedien…

Die lewe het dalk onlangs vir jou ‘n klap gegee…  Miskien is jou finansiële omstandighede so benard, dat jy nie weet HOE om die res van die jaar tegemoet te gaan nie…  Miskien sit jy in ‘n vernietigende of ‘n “abusive” verhouding…  Miskien het jou selfbeeld so ‘n knou weg as gevolg van woorde wat MENSE jou toegesnou het…  Miskien het die dokter onlangs vir jou nuus gegee wat jy nie lekker weet WAT om mee te maak nie…  Miskien is jy die gevangene van verslawing en is dit soos boeie wat jou aftrek – maak nie saak WAT jy doen om van dit ontslae te raak nie…  Miskien is jy in ‘n doodloopstraat, en weet jy net nie hoe om daar uit te kom nie…  Die goeie nuus vanoggend is – daar is meer as een rondte…  En ‘n hou, beteken nie dat dit ‘n uitklophou is nie!  God is by jou…  Hy hou oor jou die wag – ELKE LIEWE dag…  Hy sal jou optel wanneer jy nie meer kan regop bly nie, en HY sal jou beskerm teen die aanslae van die duiwel!  Hy sal sorg vir uitkoms – daar waar dit onmoontlik lyk…  Ons moet net AANHOU vertrou, en aanhou glo, dat ons God, ‘n God is wat spesialiseer in die onmoontlike…  Ons moet soos Babe Ruth glo, dat elke “strike” ons nader bring aan ons oorwinning – nader aan die blessing wat God vir ons lewe het!  Want al voel dit nie vir jou so nie – God het GOEIE goed vir jou in store…  Partykeer moet mens ‘n lang pad stap, baie opdraende, stof en klippe om ‘n asemrowende view te hê – maar terwyl jy daardie pad stap – WEET jy dat jy beloon sal word vir die “suffer” langs die pad…  God sal jou beloon vir jou getroue hart…  Bly glo, bly hoop, en bly vertrou! God sal sorg vir uitkoms en oplossings…

Blessings!

anelxx

Tuesday 25 February 2014

"Faith is the bridge between where I am and the place God is taking me..." ~ Unknown


Haloes! J

“Faith is the bridge between where I am and the place God is taking me…” ~ Unknown

1 Peter 5:7

“Cast all your anxiety on him because he cares for you.”

Ephesians 2:10

“For we are God’s workmanship, created in Christ Jesus to do good works, which God prepared in advance for us to do…”

“Life always offers you a second chance…  It is called, tomorrow…” ~ Unknown

“The struggle of life is one of our greatest blessings…  It makes us patient, sensitive and Godlike…  It teaches us that although the world is full of suffering, it is also full of overcoming it…” ~ Helen Keller

Terwyl ek in Amsterdam gewoon het was ek so bevoorreg om Budapest in Hongarye te besoek…  Iets wat ek nooit geweet het nie was dat die stad verdeel is in twee dele – Buda en Pest…  Dis eers in 1873 wat die twee stede “gemerge” het om Budapest te vorm…  Die “Chain bridge” is eers in 1849 gebou…  Hierdie brug loop oor die Danube rivier, en is ‘n verbinding tussen Buda en Pest.  Buda is die “ou stad”.  Pragtigste geboue (mooi kerke, paleise ens) op ‘n heuwel gebou…  Pest aan die anderkant, is so plat soos ‘n pannekoek en het ‘n moderne boustyl – soos wat ons stede ken…  Dit voel werklik soos twee HEELTEMAL verskillende wêrelde wat verbind word deur 1 brug…  As jy aan die een kant is, kan jy nie DINK dat dit moontlik is dat dieselfde land, net aan die anderkant van die brug, soveel andersheid besit nie…  Dis juis wat die stad SOVEEL uniekheid gee – die feit dat twee dele wat SO verskillend is, SO mooi kan wees…

Miskien bevind jy jouself tans op so ‘n “verlate” plek, dat jy nie kan SIEN hoe dit MOONTLIK is dat dit kan deel vorm van God se plan vir jou lewe nie…  Miskien kan jy op die oomblik glad nie die groot prentjie sien nie…  Moenie omdat dit “anders lyk”, dink dat dit nie kan werk, of kan inpas nie…  Ons moet ophou bang wees vir dinge wat anders is – ek dink die vrees lê baie keer daarin omdat dit onbekend is…  Ons geloof en vertroue in God, is wat ons oor die brug van “andersheid” gaan kry…  Om uiteindelik te lewe soos God vir jou bestem om te lewe, en daar waar God jou wil gebruik om ‘n verskil te maak – gaan verg dat ons vertroue VOLKOME in God gestel moet wees…  Nie op ons eie vermoëns, ons krag of ons uithouvermoë nie…  Om te vertrou dat God die situasies of ervaringe van jou lewe, SO gaan saamweef dat dit soos Budapest ‘n AWESOME prentjie gaan vorm wanneer Hy ons neem van waar ons is, tot waar Hy ons bestem het om te wees…  My gebed vir jou vandag, is dat jy nie sal bang wees om die brug oor te steek wat God vir jou sal bou nie…  Dat jy Hom sal vertrou om ‘n AWESOME argitek vir jou lewe te wees…  Dat jy NOOIT moed sal verloor in God en Sy plan vir jou lewe nie…  Selfs al voel die pad wat jy stap lank en BAIE onregverdig partykeer… God sal niks oor jou pad laat kom, wat jy nie MET Sy krag sal kan hanteer nie…  Hy het jou oneindig baie lief!!!

Blessings!

anel
 
PS - hieronder is 'n prentjie van die "chain bridge" wat Buda en Pest verbind :)


Monday 24 February 2014

“If egg is broken by outside force, life ends… If broken by inside force, life begins… Great things always begin from the inside…” ~ Unknown


Haloes! J

“If egg is broken by outside force, life ends…  If broken by inside force, life begins… Great things always begin from the inside…” ~ Unknown

Matthew 6:33

“But seek first his kingdom and his righteousness, and all these things will be given to you as well.”

Hebrews 12:2

“Let us fix our eyes on Jesus, the author and perfector of our faith, who for the joy set before him endured the cross, scorning its shame, and sat down at the right hand of the throne of God.”

“If life was easy, where would all the adventures be?” ~ Unknown

“Life is the biggest journey you will ever be on…” ~ Unknown

Wat was eerste?  Die hoender of die eier?? J  My oupa het met hoenders geboer, en ek onthou altyd die opgewondenheid wanneer die eiers uitbroei en die pragtigste baba kuikens die lig sien!  Soveel voorsorg moes getref geword het om te sorg dat die kuikentjies aan die lewe bly…  “Broeikaste” moes gebruik word om die kuikentjies warm te hou…  Hulle moes genoeg kos en water kry om hulle sterk te maak…  Wanneer een van hierdie elemente ontbreek het, of die kuikentjie dalk net nie sterk genoeg was nie, sou dit die einde van hom of haar beteken…  Maar ek onthou OOK, dat ons gaan eiers uithaal het – sodra die hoender dit gelê het, en die heerlike ontbyt wat daarmee gemaak is…  Hierdie onderwerp aanhaling is dus SO ‘n groot waarheid…  Sodra die eier deur mens gebreek word – is enige moontlike lewe daarmee heen…  Maar wanneer die eier toegelaat word om te “hatch” – op sy eie tyd, was wanneer ons geseën was met die pragtigste kuikens…

Wat probeer ek sê?  Somtyds het ons so min geduld om te wag op God se tyd, dat ons, ons eie planne wil maak, en dinge “forseer” sodat dit kan gebeur soos ons wil hê dit moet…  Dinge loop gewoonlik skeef in wanneer ons, ONS wil probeer afdwing op ons lewens…  Maar wanneer ons wag op God se tyd, bid vir God se wil en vertrou dat God sal sorg, is dit soos ‘n pragtige baba kuiken wat die lig sien…  GESEEND, pragtig, ongeskend en met SOVEEL hoop vir dit wat voorlê…  Wanneer jy ‘n eier sien, wil ek jou uitdaag om te onthou dat God se tyd WERKLIK die beste tyd is…  Hy is die enigste een wat weet môre vir ons sal inhou – so HY is verseker die beste een om te weet wanneer die beste tyd gaan wees vir jou om sekere blessings te ontvang in jou lewe!  Weet dat jy beloon sal word met blessings wat jou uit jou sokkies uit sal seen, wanneer jy wag vir God…  Ons dink so baie dat ons WEET wat ons nodig het…  Maar ek weet vir ‘n FEIT dat daar soveel dinge is waarvoor ek baie hard gebid het, en nie gekry het nie – wat eintlik ‘n blessing in disguise was…  Ek glo dat God vir jou ALTYD iets sal gee in plek van wat jy wou hê – indien dit nie Sy wil vir jou lewe was nie…  En 99% van die tyd – is dit 100 keer beter as dit wat jy van die begin af wou hê…  God se tyd, is die beste tyd – Hy is besig om die fondasie werk in jou lewe te doen – vir dit wat op jou wag!  Haal diep asem, wees rustig, vat dit dag vir dag, en WEET – God sal nooit laat wees nie…

Blessings!

Anel xx

 

Sunday 23 February 2014

"Live your life and forget your age..." ~ Unknown


Haloes! J 

“Live your life and forget your age…” ~ Unknown

Joshua 1:9

“Have I not commanded you? Be strong and courageous. Do not be terrified; do not be discouraged, for the LORD your God will be with you wherever you go.”

Isaiah 40:31

“but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…”

“Don’t let a bad day make you feel like you have a bad life…” ~ Unknown

“Learning is a gift, even if pain is your teacher…” ~ Unknown

“Ek is te oud daarvoor!”  Het jy al daardie woorde gehoor??  Of dalk het jy self daardie woorde al gespreek…  Ouderdom is relatief – ek glo werklik, jy is NET so oud soos jy voel!  Kinders is vir my die ABSOLUTE voorbeeld van hoe ons moet leef…  Hulle het geloof in hulle ouers (mamma en pappa is die slimste, mooiste en sterkste mens wat ALLES weet); hulle is BAIE eerlik – hulle sal op ‘n onskuldige manier baie eerlik vir jou sê wat hulle dink; en hulle is nie “over-analizers” wat in vrees lewe nie…  Daar mag dalk goed wees wat hulle bang maak – omdat hulle dit nie ken nie, maar hulle sal nie in vrees lewe daaroor nie…  Hulle glo en vertrou uit en uit dat mamma of pappa daar sal wees om hulle te beskerm!

Ons is 99% van die gevalle die absolute teenoorgestelde…  Ons is bang om standpunt in te neem, omdat ons nie wil moeilikheid maak nie…  Ons sal toelaat dat mense met ons mors, net om die vrede te bewaar…  Ons sal nie altyd die lewe ten volle gryp en LEEF nie, omdat daar dinge is wat ons glo “ons te oud voor moet wees”…  Ons lewe baie in vrees…  Baie keer maak ons onsself SO moeg met al die moontlikhede van dinge wat dalk kan verkeerd gaan…  Wat van jou Hemelse Pappa?  Is Hy nie groter as AL hierdie dinge nie?  Soos jy jou kinders, of jou geliefdes sal beskerm, en sal daar wees vir hulle maak nie saak wat nie, SOVEEL MEER SAL GOD JOU BESKERM EN VIR JOU DAAR WEES!  Hy is saam met jou – for the long run!  Al het jou aardse ouers jou teleurgestel – in God kan jy jou vertroue plaas...  Want so seker as wat die son weer sal opkom, SO seker kan jy wees van God se liefde vir jou…  Selfs wanneer dit bewolk is in jou lewe en jy nie die son kan sien nie, beteken dit nie dat die son weg is nie!  Die son sal weer deur die wolke breek – net soos God sal SORG vir deurbrake in jou lewe!  Moenie skuil agter – “ek is te oud vir die dinge nie”…  Maak MEMORIES!  NO REGRETS!!  Maak seker jy LEEF elke dag soos ‘n kleintjie…  Deur dankbaar te wees vir die klein goed in die lewe, deur eerlik te wees, en deur te vertrou dat jou Hemelse Pappa jou sal beskerm – maak nie saak WAT oor jou pad kom nie…  Soos Jesus gesê het in Matthew 9:14 - Jesus said, "Let the little children come to me, and do not hinder them, for the kingdom of heaven belongs to such as these."

Blessings!

anel xx

 

 

Thursday 20 February 2014

“IT’s not who you are that holds you back… It is who you think you’re not…” ~ Unknown

Haloes! J 

“IT’s not who you are that holds you back…  It is who you think you’re not…” ~ Unknown

Romans 12:2

“Do not conform any longer to the pattern of this world, but be transformed by the renewing of your mind. Then you will be able to test and approve what God’s will is—his good, pleasing and perfect will…”

Philippians 4:6

“Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and petition, with thanksgiving, present your requests to God…”

“Be strong when you are weak, brave when you are scared, and humble when you are victorious…” ~ Unknown

“The first step to getting somewhere is to decide that you are not going to stay where you are…” ~ Unknown

“Fake it till you make it!” Ek weet nie wie van julle al daardie sê-ding gehoor het nie, maar dis een van my “rules to live by”…  Hoekom sê ek so??  Want ek dink dat die onbekende 99% van ons sal bang maak…  Wanneer ons in situasies geplaas word wat buite ons comfortzone is, is dit baie keer BAIE moeilik om vas te byt en deur te druk…  Wanneer jy nuwe vriende moet maak, of ‘n nuwe werk moet begin, wanneer jy verhuis of ‘n nuwe stokperdjie moet aanleer – is JY die outsider… Dis baie moeilik om jouself deel te maak van iets, as daar nêrens vir jou ‘n geleentheid is nie OF as dit vir jou voel dat jy aan die diepkant van die swembad ingegooi is, en jy nie vastrapplek vir jou voete kan kry nie…

Met Fake it till you make it – bedoel ek NIE jy moet FAKE wees nie…  Ek bedoel daarmee dat jy soveel moet glo in jouself en jou vermoëns soos wat God in jou glo…  Dis VREK baie!  Wanneer jy by daardie nuwe werk instap, moet jy REEDS vertroue in jouself hê – die maatskappy of werkgewer het JOU uitgekies omdat hulle iets in jou raakgesien het…  Tyd is die beste raadgewer – goeie goed vat tyd!  Solank jy alles in jou vermoë doen om suskes te bereik, vriende te maak of aan te pas – God sal sorg vir die res!  Hy’t jou geskape met ‘n spesifieke rede en doel vir hierdie aarde…  Selfs al voel dit vir jou nog of jy aan die soek is vir Sy doel vir jou lewe – is HY besig om jou te gebruik…  Ons vergeet partykeer dat ons nie “earth shattering” dinge hoef te doen om ‘n verskil te maak nie – ons moet net ‘n bereidwillige hart hê…  God het jou beplan, nog voor jou ouers jou beplan het – so daar is GEEN toevalligheid rondom jou bestaan nie… Moenie toelaat dat “vrees vir die onbekende” jou ontneem van AL die seën wat God vir jou lewe het nie!  Moenie bang wees vir mense nie – ons is ALMAL net MENS…  Laat mense toe om jou te leerken vir die mens wat jy is…  Neem dit dag vir dag…  ‘n Berg word nie geklim deur net jou oë te knip nie – dis treë vir tree, uitdaging vir uitdaging… Riana Nel sing in haar een liedjie – ons krag wat God aan ons gee, is NET genoeg vir vandag…  God gee aan ons krag in 24uur pakkies…  Sy genade is ELKE môre nuut!  Hy sal SORG! Ons moet net vertrou!  Moenie bang wees en alreeds probeer om dinge te hanteer wat nog agter die berg le nie - kyk na dit wat TANS op jou pad is, en vat dit DAG VIR DAG...  Babysteps...

Blessings!

anelxx

Wednesday 19 February 2014

"In the end, we only regret the chances we did not take..." ~ Unknown

Haloes! J

“In the end, we only regret the chances we did not take…” ~ Unknown

Isaiah 53:5

But he was wounded for our transgressions, he was bruised for our iniquities: the chastisement of our peace was upon him; and with his stripes we are healed.

Romans 8:28

And we know that in all things God works for the good of those who love him, who have been called according to his purpose.
 
“Life is too short to wake up in the mornings with regrets…  SO love the people who treat you right and forget the ones that don’t and believe everything that happens for a reason…  If you get the chance. Take it.  If it changes your life, let it.  Nobody said it would be easy, they just promised it would be worth it…” ~ Anonymous

“We don’t meet people by accident…  They are meant to cross our paths for a reason….” ~ Unknown

Wanneer ek groot besluite moet neem, is ‘n vraag wat ek myself altyd afvra – “Wanneer ek so bevoorreg sal wees om op ‘n ouetehuis se stoep te sit en stories te vertel – sal ek die situasie “regret” as ek dit NIE aangryp nie?”  Dis hoe ek besluit het om in Amsterdam te gaan woon vir amper twee jaar…  Ek’t GEWEET, al sou ek dit nie NOU "regret" nie, sal ek verseker EENDAG dit as ‘n “geleentheid wat ek nie aangegryp het nie” gesien het…  Nou, na ek terug is, en as ek terugkyk op HOE moeilik daardie besluit vir my was – WEET ek dat dit die regte ene was…  Ek’t in die tyd weg SO baie geleer – van myself en van God…  Soos byvoorbeeld dat God jou nie vir ‘n OOMBLIK alleen laat nie…  Dat moeilike tye oor ons paaie sal kom, maar dat ons dan STEEDS die versekering het dat ons nie alleen is nie – dat God ALTYD dinge laat uitwerk soos dit moet, dat die regte mense op die regte tye ons paaie kruis…
 
Miskien sit jy tans met moeilike besluite wat geneem moet word…  Of miskien het jy reeds besluite geneem, maar dit voel vir jou of jy die een verkeerde besluit na die volgende neem…  Miskien is jou lewe so ‘n warboel op die oomblik dat jy net nie meer weet watter kant toe nie…  Iets waarvan ons verseker kan wees is dat ons soms verkeerde afdraaie gaan neem – wat ons lewenspad op ander roetes kan neem as wat ons kan dink…  Maar iets waarvan ons wel verseker kan wees, is dat God ALTYD dinge sal laat uitwerk…  Ek glo, dat selfs daar waar ons “verkeerde besluite” neem, as ons glo en bid vir God se wil om te geskied, SAL HY dinge laat uitwerk soos wat dit moet!!  God is GROTER as sukkelende finansies, siekte, gebrokenheid, depressie, hartseer, verbrokkelde verhoudings of huwelike…  God is ‘n God wat spesialiseer in die onmoontlike, Efesiërs 3:20 is ons versekering daarvan (Now to him who is able to do immeasurably more than all we ask or imagine, according to his power that is at work within us,  to him be glory in the church and in Christ Jesus throughout all generations, for ever and ever! Amen)  Moenie toelaat dat MENSE dinge oor jou lewe spreek nie – die finale sê lê by God…  HY was nog ALTYD getrou – HY was SO getrou dat Sy seun vir ons lewens gesterf het… Gaan sommer nou daar waar jy is, op jou knieë en bid dat God jou sal wys wat Sy wil vir jou lewe is!  Moenie dat die “WAT ASSE” jou terughou van ‘n VOL lewe nie…  God is GROTER as AL die wat-asse saam!
 
Blessings J

anelxx

 

Tuesday 18 February 2014

“Our greatest weakness lies in giving up… The most certain way to succeed, is to always try just one more time…” ~ Unknown

Haloes! J

“Our greatest weakness lies in giving up…  The most certain way to succeed, is to always try just one more time…” ~ Unknown

Proverbs 3:5-6

“Trust in the LORD with all your heart, And lean not on your own understanding; In all your ways acknowledge Him, And He shall direct your paths.”

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.” (NIV)

“Today will never come again…  Be a blessing…  Be a friend…  Encourage someone, take time to care…  Let your words heal, not wound…” ~ Unknown

“I have closed the door on my past and opened a new one to step through and move towards the future…  I have renewed hope in my heart, a spring in my step and I will make the next chapter of my life one to remember!” ~ Unknown

Niemand van ons hou daarvan om te verloor nie J  Sommige van ons hanteer dit net beter as ander indien ons WEL verloor J  OF dit nou in sport is, eksamens, speletjies of in ons werkplek – wanneer jy LEEF en in die “game” is, is daar ‘n kans dat jy sal kan misluk…  Dis wanneer jy absoluut niks doen nie, dat jy verseker is daarvan dat jy nooit sal verloor nie (omdat jy jouself nie oopstel daarvoor om ‘n kans te vat nie)…  Mens is partykeer so bang vir mislukking, of dat jy jouself sommer uit die game uithaal…  Miskien het jy onlangs ‘n “verloor” gesmaak…  OF dit nou ‘n promosie was wat jy nie gekry het nie, ‘n eksamen wat jy nie gemaak het nie of ‘n liefde wat nie uitgewerk het nie – almal is op hul eie manier super erg…  En ELKEEN van die situasies (selfs die wat ek nou nie eens genome het nie), neem TYD om te verwerk…  Maar dit wat gebeur het, het gebeur – ons kan nie die verlede verander nie…  Al waar ons kan probeer om ‘n verskil te maak, is in ons toekoms…

Een van die GROOTSTE dinge om te onthou, of om toe te pas in ons lewens, is hoe ons dink oor dinge…  Want God het ons geseën met ‘n AMAZING brein…  Dit wat ons dink – is baie keer dit wat ons word…  Jy moet jouself instel om die GOEIE IETS te probeer raaksien wanneer slegte dinge met jou gebeur…  Ek’t die naweek ‘n wolk met ‘n (goue), maar soos die idiomatiese uitdrukking lui (J), silwer randjie gesien!  Dit het my net weer laat besef waste ONGELOOFLIKE God ons dien – HY seen ons ELKE dag met iets anders in die natuur…  Hy het elkeen van ons ook geseën met die vermoë om besluite te kan neem en  te onderskei tussen reg en verkeerd…  As ons vandag ingaan met ‘n negatiewe ingesteldheid – is dit ULTIMATELY ‘n KEUSE…  Jy kan jouself aanpraat om nie negatief te raak nie (ek weet dis soms baie moeilik), maar dis ‘n habit wat mens moet probeer aanleer…  Nie net gaan dit jou dag beter maak nie, jy gaan daardie innerlike JOY wat net Jesus vir jou kan gee ervaar…  En wanneer jy positief is, sal jou liggie vir God skyn, SONDER dat jy hoef te probeer…  Probeer DAG vir DAG…  Elkeen van ons sal ELKE dag iets kan vind om ons negatief te maak vir di twat voorlê…  Kom ons KIES vandag om die silwer randjie te sien…  En om nie op te gee TOT ons die volle son weer sien skyn nie!  Al wat dit van jou gaan verg is om op te staan, elke keer wat jy val…  Solank jy net een keer meer opstaan as wat jy geval het – DIT MAAK JOU REEDS ‘N OORWINNAAR IN CHRISTUS!  Jesus het jou baie lief!  LEEF vandag en laat jou liggie skyn vir Hom!

Blessings!

anel

Monday 17 February 2014

“The only people who truly know your story, is those people who helped you write it…” ~ Unknown

Haloes! J

“The only people who truly know your story, is those people who helped you write it…” ~ Unknown

Zephaniah 3:17

“The LORD your God is in your midst, a mighty one who will save; he will rejoice over you with gladness; he will quiet you by his love; he will exult over you with loud singing.”

Romans 12:12 

“Rejoice in hope, be patient in tribulation, be constant in prayer…”

“Alone we can do so little, together we can do so much…” ~ Helen Keller

“Everything will be ok in the end…  If it is not ok, it is not the end…” ~ Unknown

Ek weet nie wie van julle al ‘n “trek” moes deurmaak nie??  Alles wat ingepak en uitgesorteer moet word, kan mens gryshare gee!  Veral as jy vir ‘n BAIE lang tyd iewers gebly het, en jy dan jare se “herinneringe” moet oppak…  Die helfte van die tyd is daar nie plek vir 90% van die dinge nie – so daar moet afskeid geneem word, en die dinge (wat dalk vir ‘n baie lang tyd deel van jou lewe was) moet op die ashoop beland…  Ek onthou toe my ouers getrek het, na 22 jaar!  Mens kan nie DINK hoeveel herinneringe jy het wanneer jy so lank op een plek gewoon het nie!  Ek onthou nog die dag toe ons aan die uitpak was by die nuwe huis…  Ek was nog op my moonboot, en ons was VODDE…  Ons was ALMAL super moeg, en ek dink dit sou vir ons elkeen die maklike uitweg gewees het om net op te gee daardie dag en die uitpak uit te stel tot later.  Ons het van 7uur die oggend af getrek, en ek dink teen half 4 daardie middag het ons nog nie geeet / iets gedrink nie (net omdat die tyd so vinnig gegaan het en ons heeltyd besig was).  Dis toe ek van die klere uit die een motor gehaal het, dat daar ‘n ou stemmetjie agter my gepraat het…  “So is DIT nou hoe dit lyk as mens trek??”  Die ou tannie van oorkant die pad (84 jaar oud) het kom kennis maak – en saam met die kennismaking het sy vir ons varsgebakte skons, met konfyt en kaas gebring…  Sy was letterlik ons “redding” daardie dag…  DIt het ons vir 5 minute tot stilstand gedwing, ‘n baie lekker geselsie en die heerlikste skons het ons battery sommer vinnig weer herlaai!

Ek dink nie daardie tannie weet WATSE impak sy op daardie gegewe dag gehad het nie…  Bokse, en bokse, seer spiere en moegheid – en ‘n gevoel asof die einde nie in sig was nie, was ons realiteit…  Die tannie het met haar gasvryheid en stories van vorige intrekkers, lekker lag en omgee vir ons kom hoop gee op daardie dag…  Dat die trekkery en werskawwery net TYDELIK sou wees…  Dat wanneer die bokse uitgepak is, en nadat daar vir elke dingetjie ‘n plek gevind was, mens nie die geswoeg en gesweet sal onthou nie…  Wat is nou die doel met hierdie ellelange storie??  Die Here stuur mense oor jou pad met ‘n doel…  Hy gebruik baie keer mense om jou te herinner dat jy nie alleen hardloop aan die wedloop van die lewe nie…  Dat alles op die ou end "ok" sal wees – omdat jy vir Hom het, as jou Hemelse Pappa, die een wat oor jou die wag hou…  Die een wat ALLES sal laat uitwerk – al wat ons moet doen, is om te vertrou…  Wanneer mens gewoonlik in die middel van die moeilikheid vasgevang is, is dit moeilik om die einde daarvan te kan raaksien…  Mens sien dan net raak DIT wat reg voor jou is…  Die problem is gewoonlik so “in your face” dat jy niks anders kan raaksien nie…  Dis eers wanneer jy ‘n tree terug gee, dit in God se hande sit en absoluut vir Hom daarmee vertrou, wanneer jy die groter prentjie sien!  Dat die “probleem” wat jy face, eintlik maar net ‘n skadukolletjie is op die pragtige landskap wat voor jou is…  Neem vandag ‘n tree terug – en sit dit in God se hande!  Hy SAL sorg!

Blessings!

anel

Sunday 16 February 2014

"You were given this life, because you are strong enough to live it..." ~ Unknown


Haloes! J

“You were given this life, because you are strong enough to live it…” ~ Unknown

Hebrews 13:5

“Never will I leave you, never will I forsake you…”

Psalm 27:4-5

“One thing have I asked of the LORD, that will I seek after: that I may dwell in the house of the LORD all the days of my life, to gaze upon the beauty of the LORD and to inquire in his temple.  For he will hide me in his shelter in the day of trouble; he will conceal me under the cover of his tent; he will lift me high upon a rock…”

“Anyone can give up, it’s the easiest thing in the world to do…  But to hold it together when everyone else would understand if you fall apart, that’s true strength…” ~ Unknown

“It’s not the load that breaks you – it is the way you carry it…” ~ Unknown

Hierdie anonieme aanhaling hierbo is vir my absolute waarheid!  It is not the load that breaks you – it is the way you carry it!  Ekt ‘n program gekyk ‘n tyd terug waar die meisie ‘n challenge moes doen.  Volgens die challenge moes sy op ‘n staptog (syt net ‘n halfuur gehad om ‘n heuwel uit te draf) prentjies versamel (maar die catch was dat die prentjies aan groot klippe vasgemaak was).  Al wat sy gehad het was ‘n rugsak en ‘n ipad.  Die meisie het dadelik besef dat sy nooit die challenge sal kan klaarmaak as sy die groot klippe in die sak moet sit nie…  Die “bagasie” wat sy sou moes dra, sou haar teruggehou het…  Terwyl sy toe die eerste prentjie inspekteer, besef sy toe dat sy kon foto’s neem met die ipad, en dus op die ou en die “puzzle” SO sou kon ontsyfer!

Die uitdagings wat oor ons lewenspad kom, maak ons partykeer so moeg dat “opgee” na die enigste uitweg lyk...  Ons pak die uitdagings baie keer, soos klippe in ‘n rugsak!  When it rains, it pours (gewoonlikJ)…  Ek weet nie hoekom dit gewoonlik so uitwerk nie, maar wanneer dinge verkeerd begin gaan, of moeilik begin gaan, voel dit partykeer of dit sonder ophou is!  En ons pak partykeer sonder ophou die klippe in ons rugsak om saam te dra…  Dinge wat ons aftrek, wat ons tap van ons krag wat ons het vir die dag…  Omdat dit ons so fisies moeg maak om die dinge saam te dra, raak “opgee” of handdoek ingooi na die beste uitweg…  Dis in sulke tye wat ons moet onthou waar en in WIE ons krag lê…  Dat ons somtyds net tot stilstand moet kom en weer sodat ons die lewe in perspektief kan sien en tyd kan spandeer saam met God…  Ons is gewoonlik geneig om die wêreld se probleme op ons eie skouers te probeer dra…  Ons raak so vasgevang in ons situasies, so bang as ons net probleme en geen oplossings sien nie dat ons wakker lê om planne te beraam om uitkoms vir onsself te bewerkstellig!  Ons maak onsself moeg deur “in beheer te probeer wees”, eerder as om net op ons knieë te gaan, en met Jesus te chat…  Kom ons “neem eerder mental fotos” van die lewe se uitdagings – deur die klippe in God se hande te plaas…  Hy sal daardie klippe vir ons binne ‘n oogwink in ‘n stukkie sand laat verander…  God kyk van bo af – HY sien die groter prentjie wat Hy vir ons lewens beplan!  Moenie toelaat dat vrees jou lewe oorheers nie…  Gee jou lewe in God se hande! Hy sal sorg vir uitkoms J

Blessings!

anel

Thursday 13 February 2014

“What is a friend? A single soul dwelling in two bodies…” ~ Aristotle


Haloes! J

“What is a friend? A single soul dwelling in two bodies…” ~ Aristotle

Romans 5:8

But God demonstrates his own love for us in this: While we were still sinners, Christ died for us.”

1 Corinthians 13:4-7

“Love is patient, love is kind. It does not envy, it does not boast, it is not proud. It does not dishonor others, it is not self-seeking, it is not easily angered, it keeps no record of wrongs.  Love does not delight in evil but rejoices with the truth.  It always protects, always trusts, always hopes, always perseveres…”

“Where there is love there is life…” ~ Mahatma Gandhi

“Friends can help each other. A true friend is someone who lets you have total freedom to be yourself - and especially to feel. Or, not feel. Whatever you happen to be feeling at the moment is fine with them. That's what real love amounts to - letting a person be what he really is…” ~ Jim Morrison

Ek weet nie of jy iemand is wat mal is oor Valentynsdag, en of dit dalk ‘n dag is, wat jy wens sommer net verby moet gaan sonder dat jy daaraan herinner word nie...  Ek weet baie van ons glo dat dit sommer ‘n onnodige dag is – een waar die winkels ons uitbuit om blomme en sjokolade ten duurste aan te koop.  Ek weet nie wie van julle die #Neknominations gesien het op Facebook nie?  Dis een van die nuutste “crazes” waar mense mekaar uitdaag om ‘n bier / drank in een asemteug weg te sluk terwyl dit op kamera vasgelê word…  Nadat jy suskesvol was in die “challenge”, is dit weer jou beurt om iemand anders te nomineer, wat dan 24uur het om dieselfde te doen…  Meeste van julle sou al seker gesien het dat Brent Lindeque van Suid-Afrika die “challenge” so ‘n bietjie aangepas het, deur vir ‘n bedelaar op straat, ‘n broodjie, sjokolade en Coke te gee.  Daarna het hy sy vriende uitgedaag om dieselfde te doen – en sodoende, iets soos ‘n “pay it forward” initiatief te begin…  Dit het my sommer aan die storie laat dink van Jesus wat die verlamde man genees het, was as gevolg van die feit dat sy vriende hom lief genoeg gehad het, en genoeg omgegee het om hom op ‘n draagbaar te sit, en te dra (letterlik) en ook figuurlik – want hulle het geweet hoe graag hy ‘n normale lewe sal wil hê, om te kan loop, en die goeie dinge in die lewe te geniet...  Ons is geskape om lief te hê en lief gehê te word.  Dit beteken nie net in verhoudings met ‘n geliefde nie, dit beteken ook liefde vir die mense wat daagliks deel van ons lewens is.  Soos die mense op kantoor of by die skool, die meisie wat die tee maak, die skoonmakers ens ens.  ‘n Mens word daagliks gekonfronteer met talle mense wat oor jou pad kom.  Ek weet dit lyk partykeer of ander mense se lewens “plain sailing” is, maar ek BELOWE jou – almal het maar een of ander geveg wat hulle veg...  ‘n Mens sit baie keer net die sterk gesig op, sodat die mense buite jou gemaksone, tog net nie vir jou moet bespreek nie. 

Ek wil jou uitdaag vandag – veral as jy iemand wat Valentynsdag verpes, doen vandag iets vir iemand anders (dit kan vir ‘n vreemdeling wees, vriend, of vriendinne, of miskien iemand spesiaal)...  Al is dit ‘n drukkie,‘n glimlag, pluk ‘n blommetjie of maak ‘n koppie koffie, stuur ‘n sms, email of sommer net ‘n briefie wat jy vir iemand los by hul tafel of gaan ingooi by hul posbus...  Dit hoef nie ‘n groot gebaar te wees nie...  Daar is dalk iemand wat jy ken of wat jy weet van, wat nodig het om te weet dat HULLE is spesiaal en dat daar mense is wat omgee... Of miskien sommer net iemand "random" waarmee jy dalk vandag gekonfronteer word.   Daar is ‘n aanhaling wat sê: “In die rekeningkunde van die liefde is een plus een gelyk aan alles, en twee minus een gelyk aan niks nie...”  ~ Ninon de Lenclos.  Kom ons volg Brent Lindeque se voorbeeld, en maak hierdie wêreld vandag vir EEN persoon ‘n beter plek…  Wanneer mens iets vir ander doen, word jy 150% van die tyd, MEER geseën as wat jy die ander persoon seën...  Kom ons probeer alle negatiwiteit met Valentynsdag laat gaan, en kom ons streef om soos die verlamde man se vriende te wees...   Onthou – eendag wanneer ons baie oud en grys is, gaan ons meer spyt wees oor dit wat ons NIE gedoen het nie, as die dinge wat ons wel gedoen het...  Onthou vandag dat JY baie spesiaal is, SO spesiaal dat jou Hemelse Pa – die ULTIMATE liefde aan jou bewys het deur, Sy Seun te stuur, om vir jou aan 'n houtkruis te sterf, omdat Hy jou BAIE liefhet...

Blessings!

anel**

Wednesday 12 February 2014

“Strength is the product of struggle, you must do what others don’t in order to achieve what others won’t…” ~ Henry Rollins


Haloes! J
 
“Strength is the product of struggle, you must do what others don’t in order to achieve what others won’t…” ~ Henry Rollins
 
Exodus 15:2
 
“The LORD is my strength and my song, and he has become my salvation; this is my God, and I will
praise him, my father’s God, and I will exalt him…”
 
2 Timothy 4:17
 
“But the Lord stood by me and strengthened me, so that through me the message might be fully proclaimed and all the Gentiles might hear it. So I was rescued from the lion’s mouth…”
 
“We must have perseverance and confidence in ourselves…  We must believe that we are gifted for something that this thing can be attained…  For he who never made a mistake, never made a discovery…” ~ Society in Science
 
“Strength doesn’t come from what you can do…  It comes from overcoming the things you once thought you couldn’t…” ~ Unknown
 
Ek het die naweek met ‘n kollega se vrou gesels en sy het aan my die volgende PRAGTIGE storietjie vertel…  Iemand by haar skool het die storie gebruik as ‘n boodskap by ‘n saalbyeenkoms…  "Ek sit vanoggend twee bottels voor jou neer.  Albei deurskynend, maar die een is gevul met water, en die ander een met Sprite.  Hoe gaan jy kan uitken deur net na die bottels te kyk (as jy dit nou van ‘n entjie af moet sien)?  Dit gaan bitter moeilik wees, en die beste kans wat jy gaan hê om te weet, is maar om te raai…  Maar as ek die bottels sou oopmaak – sal jy dit mos maklik kan uitken.  Die water se doppie sal oopdraai sonder om ‘n klank te maak, terwyl die Sprite se bottel ‘n duidelike “shhh” sal maak soos daar van die gasborreltjies ontsnap…  Wat sal gebeur as ek die bottel Sprite oopdraai en laat oopstaan?  Die Sprite sal sy borreltjies verloor en hy sal net so “flat” raak soos die water…"
 
Hoekom is ENIGE van hierdie belangrik vir ons lewens??  Want, ons moet ons lewens SO probeer leef dat ons soos ‘n bottel Sprite is…  Ons moet BORREL vir Jesus en vir Sy Koninkryk…  Ons moet sorg dat ons tyd in gebed en met God se woord spandeer, sodat ons, ons “zest for life” behou…  Dat God ons weer met nuwe lewenskrag kan vul, sodat ons nie so moeg word dat ons geen impak kan maak in die lewens van ander wat ons pad kruis nie…  Wanneer ons ‘n bottel laat oopstaan of nie behoorlik toedraai nie (wanneer ons, ons Bybelstudie afskeep, of vir God heel laaste op ons prioriteitslys laat staan), raak ons soos ‘n bottel flat koeldrank…  Sonder geur, en sonder “spunk”!  Wees ‘n bottel Sprite in God se Koninkryk!  Een wat met sy soet geur, en borrelende persoonlikheid, sy lewenslus en liefde vir Jesus versprei, sodat ander sal kies om vir Jesus te volg, en dat wanneer hulle daardie keuse maak, dat Jesus hulle sal VUL met borrels, sprankel en geur…  Jesus is net ‘n gebed ver…  Maak nie saak HOE ver jy al weggedwaal het nie, of al het jy Hom dalk nog nooit as jou Hemelse Pappa aanvaar nie…  Hy het jou ONEINDIG baie lief, en Hy WIL vir jou kom sin maak, in hierdie wêreld waar daar baie keer SOVEEL sinlose dinge gebeur…  Vat Sy hand!
 
Blessings!
 
anel

gebedsversoeke...


Hi julle,

Sien asb die gebedsversoek wat ek ontvang het, en bid asb saam!

Geseende dag vir julle!

Anoniem:  EK HET N DRINGENDE GEBEDS-VERSOEK, EKS 6JAAR GETROUD MET N 7JARIGE PRAGTIGE SEUNTJIE,WAT BAIE GEHEG IS AAN SY PA. UIT DIE NUUT UIT HET ONS GEWELDIGE HUWELIKSPROBLEME, WAAR DIE PA BESLUIT HET OM UIT TE TREK. HY VOEL ONS HUWELIK IS VERBY HY IS DOOD VIR MY NA 10JAAR. EKS STUKKEND, EN VOEL SOOS N AFKOP HOENDER, EK WEET DAT MY GOD INSTAAT IS TOT VERANDERING,EK KAN NET DIE SITUASIE OP DIE OOMBLIK  NIE HANTEER NIE.MY SEUNTJIE SE PA IS BAIE LIEF VIR HOM EN SAL BERGE VERSIT VIR HOM. HY DOEN NOG DINGE WAT EK VIR HOM VRA, HY DRA SY TROURING NOG. DIT MAAK MY NET SEER DAT HY SE HY IS DOOD VIR MY, MAAR BY GESE HET OOK GESE NET GOD KAN HOM ANDER SIENING GEE. ONS ALT2 IS KINDERS VAN GOD.

Tuesday 11 February 2014

“The difference between the impossible and the possible lies in a person's determination.” ― Tommy Lasorda


Haloes! J 

“The difference between the impossible and the possible lies in a person's determination.” ― Tommy Lasorda

Isaiah 43:18-19

“Don't remember the prior things; don't ponder ancient history. Look! I'm doing a new thing; now it sprouts up; don't you recognize it? I'm making a way in the desert, paths in the wilderness…”

Lamentations 3:22-23

“Certainly the faithful love of the Lord hasn't ended; certainly God's compassion isn't through! They are renewed every morning. Great is your faithfulness…”

“Try to imagine a life without timekeeping…  You probably can’t…  You know the month, the year, the day of the week…  There is a clock on your wall or the dashboard of your car…  You have a schedule, a calendar, a time for dinner or a movie…  Yet all around you, timekeeping is ignored…  Birds are not late…  A dog does not check his watch…  Deer do not fret over passing birthdays…  Man alone measures time…  Man alone chimes the hour…  And because of this, man alone suffers a paralyzing fear that no other creature endures…  A fear of time running out…” ~ Mitch Alborn, The Timekeeper

“Yesterday is gone. Tomorrow has not yet come. We have only today. Let us begin.”
― Mother Teresa

Dink gou aan jou daaglikse roetine…  Meeste van ons het ‘n wekker wat afgaan soggens, om die nuwe werksdag se “begin” aan te kondig…  Danksy die wekker, is meeste van ons soggens betyds vir skool en werk…  Wanneer ons dan ons dagtake begin, is ons dae gewoonlik in kompartemente opgedeel…  Vergaderings, klasse, afsprake, etes, oefentyd, leertyd en werktyd…  Deur dagboeke en beplanners, help dit ons om ons dae so in te rig, dat ons nie botsende verpligtinge het nie…  Tog, gebeur dit soms dat daar goed soos “double bookings” is – wat ons dan maar net forseer om te herskeduleer, en op ‘n ander dag dan weer te probeer…  En hoe erg is dit dat mens moet “beplan” om tyd te hê om met vriende te kan opvang (al is dit net ‘n vinnige koffie)!  Ons moet vroegtydig “save the dates” uitstuur, om seker te maak dat mense se dagboeke sal tyd beskikbaar hê om ons spesiale oomblikke te kan deel…  Ons dae, weke en maande het ‘n absolute gejaag geword (ek kan nie GLO dat Januarie al iets van die verlede is nie)!

Mitch Alborn se aanhaling is vir my AWESOME…  Want hoe waar is dit nie??  Voëls is NOOIT laat nie…  Die swaeltjies is vir my ‘n ONGELOOFLIKE voorbeeld… Jaar, na jaar weet hulle PRESIES wanneer dit tyd is om die suide te verlaat vir die noorde (en vice versa)…  Daar is nie ‘n “reminder” wat afgaan wat hulle herinner nie…  Ons honde leef onvoorwaardelike liefde – ELKE oomblik, van elke dag…  Hulle het jou nie minder lief omdat jy vanoggend vroeg uit die huis is om te gaan werk, en vanaand eers laat teruggekom het nie…  Hulle het jou lief, omdat jy hul baas is…  Ek dink ons moet ophou worry oor “hoe min tyd” ons het, en meer worry oor wat ons met die min tyd doen…  Elke keer wat ons “nie lus is” om iets te doen nie – is tyd wat ons nie gaan terugkry nie…  Wat ons ELKE dag met ons tyd doen – hang van ons ELKEEN af…  JY kies hoe jy elke minuut van jou dag gaan spandeer…  God seen ons ELKEEN, ELKE dag met 86,400 sekondes…  Deur te tob oor dit wat gister verkeerd gegaan het, gaan ons nie help om van vandag ‘n sukses te maak nie…  Gister – is VERLEDE tyd…  Ons het VANDAG om ‘n verskil te maak…  Om situasies op slimmer maniere aan te pak…  Om vir ander iets te kan beteken…  Om vir God se Koninkryk te LEEF!  En om toe te laat dat God ons gebruik om die verandering te wees wat ons wil sien in die wêreld…  Moenie tyd mors op dinge wat jou lewe hartseer maak nie…  Moenie tyd mors op mense wat jou seermaak nie…  Wees lief vir die mense met wie God jou lewe verryk! Spandeer tyd met mense wat ‘n POSITIEWE impak in jou lewe maak…  En moenie ‘n oomblik laat verbygaan waaroor jy later kan spyt wees nie – SAY WHAT YOU NEED TO SAY!

Blessings!

anel

 

 

 

 

 

Monday 10 February 2014

“Life is the most difficult exam… Many people fail because they try to copy others, not realising that everyone has a different question paper…” ~ Unknown

Haloes! J

“Life is the most difficult exam…  Many people fail because they try to copy others, not realising that everyone has a different question paper…” ~ Unknown

Isaiah 41:10

Fear not, for I am with you; be not dismayed, for I am your God; I will strengthen you, I will help you, I will uphold you with my righteous right hand.

Jeremiah 17:7

“Blessed is the man who trusts in the Lord, whose trust is the Lord.

“We can't be afraid of change. You may feel very secure in the pond that you are in, but if you never venture out of it, you will never know that there is such a thing as an ocean, a sea. Holding onto something that is good for you now, may be the very reason why you don't have something better.” ― C. JoyBell C.

“The only way that we can live, is if we grow. The only way that we can grow is if we change. The only way that we can change is if we learn. The only way we can learn is if we are exposed. And the only way that we can become exposed is if we throw ourselves out into the open. Do it. Throw yourself.” ― C. JoyBell C.

Ek is seker ALMAL van ons het al daardie droom, gedroom, dat jy ‘n toets, of eksamenvraestel ontvang waarvoor jy glad nie voorbereid was nie!  Die ergste wat ek al gedroom het, was hoe ek heeltyd probeer het om by die lokaal uit te kom, maar dat daar dan heeltyd goed gebeur het wat my verhoed het, of wat my reis na die lokaal verhinder het…  Wanneer ek dan uiteindelik my sitplek inneem, is die meer as die helfte van die tyd al verstreke, en het ek ‘n agterstand wat onmoontlik is om uit te wis J 

Deur TE LEWE, dink ek is die moeilikste vraestel wat elkeen van ons sal skryf…  Want daar is GEEN vooropgestelde antwoordstel nie…  En nie EEN van ons, word met dieselfde vrae gekonfronteer nie…  Ons mag dalk soortgelyke situasies deurmaak, wat ons weer “equip” om vir mekaar daar te kan wees, en tot ‘n mate te kan verstaan wat die ander persoon moet deurmaak, maar geen een van ons sal dinge hanteer soos ander mense dit hanteer nie…  Ons maak gewoonlik die fout om ons lewe met ander te vergelyk, of te probeer leef soos wat ander mense leef – maar die waarheid is dat nie een van ons dieselfde “lewenspad” het nie – as gevolg van die situasies waarmee ons gekonfronteer word nie…  Ek weet nie waarmee jy dalk tans worstel nie…  Miskien het jy ‘n scenario op jou “vraestel” wat vir jou GEEN sin maak op hierdie stadium nie…  Een wat vir jou so moeilik is, dat dit jou al laat ophou bid, ophou hoop, en ophou glo het…  Een wat vir jou so onregverdig lyk, dat dit net nie sin maak HOE jy dit moet hanteer nie…  Miskien voel dit vir jou dat jy nie weet HOE om vorentoe te gaan nie – want jy kan nie ‘n oplossing vir jou probleem vind nie…  WEET verseker dat God by jou is…  Al is dit onseker, al het jy nie die antwoord nie – HY het die antwoord…  HY weet die pad vorentoe…  Al wat ons moet doen, is om te vertrou en ons hand in Syne te plaas…  Partykeer gee Hy vir ons die oplossings en deurbrake, wanneer ons ophou om so hard vir die oplossing te soek – en ophou om SELF alles te probeer uitsorteer, of sin van te maak…  Soos mens in ‘n eksamen partykeer moet aangaan na die volgende vraag, en dan later terugkeer na die vraag wat SO vir jou gryshare gee – glo ek dat God op die REGTE tyd, aan ons die wysheid gee om die vrae met INSIG te kan beantwoord…  Sit jou hand in God sin…  Hy is GROTER as die vraestel waardeur jy tans worstel…  HY KAN die onmoontlike, moontlik maak…

Blessings!

anel