Friday 30 May 2014

gebedsversoek...

Hi julle!

Hoop dit gaan BAIE goed met elkeen van julle :)

Daar was onlangs 'n gebedsversoek vir iemand se tannie wat met kanker gediagnoseer is.  Die persoon se tannie is oorlede Woensdag. Ek wil vra dat julle die persoon asook familie lede sal opdra aan ons Hemelse Pappa...  Dat Hy hulle sal dra deur die moeilike tyd, en dat hulle sal weet dat hulle nie vir 'n oomblik alleen sal wees in hierdie moeilike tyd nie...

Mag elkeen van julle 'n BAIE geseende dag en naweek he!

blessings!

anelli xx
 

Thursday 29 May 2014

“An entire sea of water can’t sink a ship unless it gets inside the ship… Similarly, the negativity of the world can’t put you down unless you allow it to get inside you…” ~ Unknown


Haloes! J

“An entire sea of water can’t sink a ship unless it gets inside the ship…  Similarly, the negativity of the world can’t put you down unless you allow it to get inside you…” ~ Unknown

Psalm 32:8

“I will instruct you and teach you in the way you should go; I will counsel you with my eye upon you…”

Psalm 23:4 

“Even though I walk through the valley of the shadow of death, I will fear no evil, for you are with me; your rod and your staff, they comfort me…”

“You are valuable because you exist. Not because of what you do or what you have done, but simply because you are...” – Max Lucado

“Be assured, if you walk with Him and look to Him, and expect help from Him, He will never fail you…” –George Mueller

Ek’t nou die aand met my ma hulle sit en gesels en hulle het my vertel dat toe ons klein was, het jy in die aand na werk huis toe gekom, lekker kos gemaak, by jou bure gekuier, gaan stap of sommer net gesit en gesels…  Daar was nie selfone, internet, laptops of televisie wat jou hele lewe oorgeneem het nie!  Die werk kon jou nie na-ure pla nie, en jy het wanneer jy by die werk weggeloop het “afgeskakel” totdat jy môre weer teruggegaan het…  Ek dink dat dit ‘n baie “gesonder” tyd moes wees as die een waarin ons tans lewe…  Want tegnologie – so GREAT soos wat dit is, is ook ‘n euwel…  Jy is 24 uur ‘n dag aan diens – want jou werkgewer kan dag en nag e-posse stuur, en vir meeste mense kom dit op jou selfoon deur…  Jy skakel dus nooit af nie…  Ek dink ook dat dit ‘n GROOT invloed op ons ingesteldhede is…  Negatiwiteit is aan die orde van die dag…  Ons word omring daarmee…

Maar soos die aanhaling hierbo sê – die see kan slegs ‘n boot laat sink, wanneer die water die boot binnekom…  Miskien is jy vasgevang in ‘n situasie wat jou met GROOT negatiwiteit vul…  Miskien is die negatiwiteit vanweë die feit dat jy geen uitkoms sien nie…  Of miskien het jy mense in jou lewe wat met hulle negatiwiteit dit laat oorvloei in jou lewe in…  Wanneer mens van die oggend tot die aand net negatiewe dinge hoor, is die kans baie goed dat jy later SO ingestel sal wees…  Dat jy eers die negatiewe sal raaksien in ‘n situasie voordat jy die positiewe sal sien…  Negatiwiteit is ‘n keuse…  Ons kan dit toelaat in ons lewe, of ons kan BESLUIT om die positiewe te probeer raaksien…  Om die lig te wees in die donker tye…  Wees die verandering wat jy wil sien in die wêreld J  Want ek belowe jou – as jy INGESTEL is op die GOEIE, sal die GOEIE jou volg…  Ek het dit al voorheen gesê – baie keer vat dit 100 klein goeie dingetjies vir ons om te besluit dat ons ‘n “goeie” dag het, terwyl EEN slegte ding, ons hele goeie dag in ‘n BAIE slegte ene kan verander…  God is BY jou!  Hy sal die dinge wat so deurmekaar voel – uitsorteer, NAMENS jou…  Al wat Hy wil hê is dat ons sal KIES om gelukkig te wees, en elke dag met nuwe moed, hoop en ywer aan te pak!  Kies om positief te wees!  En sorg dat jy sommer ‘n paar mense langs die pad motiveer om dieselfde te doen!

Blessings!


Anel xx

Wednesday 28 May 2014

“The longer you wait for something, the more you’ll appreciate it when you get it… Cause anything worth having, is definitely worth waiting…” ~ Unknown

Haloes! J

“The longer you wait for something, the more you’ll appreciate it when you get it…  Cause anything worth having, is definitely worth waiting…” ~ Unknown

Psalm 55:22 

“Cast your burden on the LORD, and he will sustain you; he will never permit the righteous to be moved…”

Matthew 11:28-29

“Come to me, all who labor and are heavy laden, and I will give you rest. Take my yoke upon you, and learn from me, for I am gentle and lowly in heart, and you will find rest for your souls…”

“The stars may fall, but God’s promises will stand and be fulfilled…” ~ J.I Packer

 “I have always, essentially, been waiting. Waiting to become something else, waiting to be that person I always thought I was on the verge of becoming, waiting for that life I thought I would have. In my head, I was always one step away. In high school, I was biding my time until I could become the college version of myself, the one my mind could see so clearly. In college, the post-college “adult” person was always looming in front of me, smarter, stronger, more organized. Then the married person, then the person I’d become when we have kids. For twenty years, literally, I have waited to become the thin version of myself, because that’s when life will really begin.  And through all that waiting, here I am. My life is passing, day by day, and I am waiting for it to start. I am waiting for that time, that person, that event when my life will finally begin. I love movies about “The Big Moment” – the game or the performance or the wedding day or the record deal, the stories that split time with that key event, and everything is re-framed, before it and after it, because it has changed everything. I have always wanted this movie-worthy event, something that will change everything and grab me out of this waiting game into the whirlwind in front of me. I cry and cry at these movies, because I am still waiting for my own big moment. I had visions of life as an adventure, a thing to be celebrated and experienced, but all I was doing was going to work and coming home, and that wasn't what it looked like in the movies.
John Lennon once said, “Life is what happens when you’re busy making other plans.” For me, life is what was happening while I was busy waiting for my big moment. I was ready for it and believed that the rest of my life would fade into the background, and that my big moment would carry me through life like a lifeboat.

The Big Moment, unfortunately, is an urban myth. Some people have them, in a sense, when they win the Heisman or become the next American Idol. But even that football player or that singer is living a life made up of more than that one moment. Life is a collection of a million, billion moments, tiny little moments and choices, like a handful of luminous, glowing pearl. It takes so much time, and so much work, and those beads and moments are so small, and so much less fabulous and dramatic than the movies.  But this is what I’m finding, in glimpses and flashes: this is it. This is it, in the best possible way. That thing I’m waiting for, that adventure, that move-score-worthy experience unfolding gracefully. This is it. Normal, daily life ticking by on our streets and sidewalks, in our houses and apartments, in our beds and at our dinner tables, in our dreams and prayers and fights and secrets – this pedestrian life is the most precious thing any of use will ever experience.” ― Shauna Niequist, Cold Tangerines: Celebrating the Extraordinary Nature of Everyday Life

Iets wat ek altyd probeer onthou, is dat ons moet dankbaar wees vir die klein dingetjies…  Want dit word baie keer die groot dinge in ons lewens!  Die bostaande stuk was vir my ongelooflik “on the money”!!  Want hoe baie is dit nie PRESIES soos hierdie skrywer dit opsom nie?  Ons wag vir die “iets” om te gebeur, wat sal maak dat ons lewe sal begin…  Of volmaak wees…  Miskien wag jy vir die perfekte man of vrou om oor jou pad te kom… Miskien wag jy om ‘n sekere ouderdom te bereik voordat jy begin om elke geleentheid te gryp en voluit te lewe…  Of miskien wil jy eers gewig verloor voordat jy daardie droom vakansie wil vat…  Miskien wil jy eers klaar werk, voordat jy jou lewe sal begin geniet, of miskien moet jy eers sorg dat die wêreld se probleme opgelos word voordat jy tyd vir jou en jou gesin sal gun…  Liewe vriend, en vriendin, die tyd is NOU…  AL waarvan ons kan seker wees, is dat ons VANDAG sal hê…  Een kans om hard te werk, om verlief en lief te wees, en om om te gee – terwyl jy nog die kans het!  Die wêreld en sy probleme sal ALTYD daar wees…  Moenie tyd mors op dinge wat nie EWIGHEIDSWAARDE het nie…  Leef jou lewe ELKE dag, sodat wanneer jy die “wenpaal” haal – jy sal kan sê – “daar is werklik NIKS waaroor ek spyt is nie…” 

Blessings!

Anel xx




Tuesday 27 May 2014

“My unknown future is in the hands of the all-knowing God…” ~ Unknown

Haloes! J

“My unknown future is in the hands of the all-knowing God…” ~ Unknown

Deuteronomy 31:8

“It is the LORD who goes before you. He will be with you; he will not leave you or forsake you. Do not fear or be dismayed.”

Psalm 9:9

“The LORD is a stronghold for the oppressed, a stronghold in times of trouble. And those who know your name put their trust in you, for you, O LORD, have not forsaken those who seek you…”

“You can’t control everything…  Sometimes you just need to relax and have faith that things will work out…  Let go a little and just let life happen…” ~ Kody Kiplinger

“Eventually all the pieces fall into place…  Until then, laugh at the confusion, live for the moment and know everything happens for a reason…” ~ Unknown

Wat is dit wat mens onthou van wat met jou gebeur?  Die dinge wat perfek verloop het of die tye waar dinge maar deurmekaar was, of nie uitgewerk het soos wat jy gedink of gehoop het nie?  Een van my lekkerste toere wat ek gehad het, was die heel eerste ene in Nederland…  5 Suid-Afrikaners, baie braaf op ‘n trein na Brugge (in Belgium)…  Ons was maar skaars 4 weke in die vreemde…  Met ons rugsakke gepak, het ons die pad aangepak…  Die treinkondukteur het ons kaartjies kom check, en het ons gewaarsku dat daar ‘n BAIE kort tyd, van 5 minute was om treine te wissel op Antwerpen.  Ons moes dus paraat wees, en spring sodra ons in Antwerpen aankom, ten einde te verseker dat ons, ons bestemming sal haal…  Ons het TE lekker gesit en gesels, en “gechill” na ‘n baie lang week…  Een van ons vriendinne is badkamer toe, en na die trein ‘n rukkie gestaan het, het ‘n ander meisie uitgeroep – julle, ons is in Antwerpen!  Ons het geskarrel, ekt gehardloop om ons vriendin te gaan roep, en die res het gesê hulle sal ons sakke bring.  Toe ek uiteindelik my vriendin opgespoor het, en ons, ons mede toerlede opspoor, sien ek dat my rugsak nie by my hulle was nie…  AL my goed was in daardie sak…  Ek het soos ‘n pyl uit ‘n boog teruggehardloop na die trein, en met krag van BO die sak van ‘n baie hoë rak afgekry…  Ekt letterlik uit die trein gespring voor hy weggetrek het – anders het ek my op ‘n TOTAAL onbekende bestemming en totaal en al ALLEEN bevind!  Die uiteinde van die saak was dat ons die LAASTE trein Brugge toe gemis het daardie Vrydagaand…  Ons het slaapplek gekry by ‘n hotel by die stasie – maar die herinneringe en stories wat ons het om te vertel na die tyd – is BAIE lekkerder as die toere waar dinge vlot verloop het…  Dis ‘n ondervinding wat ek vir die res van my lewe sal onthou…

Ons is baie keer, baie geneig dat ons opstandig of kwaad raak wanneer dinge anders uitwerk as dit waarop ons gehoop het…  God laat dinge nie met opset “verkeerd” (soos ons dit sal sien) verloop nie…  Ek glo dat alles in die lewe met ‘n spesifieke rede gebeur, en dat dit klein legkaartstukkies is, ten einde die groter prentjie te vorm!!  So hou sommer NOU op om jou te bekommer oor die onbekende – of om die “wat-asse” te “overthink”…  Vat ELKE dag soos dit kom!  En probeer die silwerrandjie raaksien wanneer dinge dalk anders uitwerk as wat jy gehoop of gedroom het…  God het jou “back”…  En Hy sal sorg dat jou lewensstorie, een sal wees om ander mense te inspireer!  Een om hoop aan ander te gee…  Wanneer ons God toelaat om te kies – is ons verseker van die beste!  Hy sal ook die dinge wat vir jou SO onmoontlik lyk, laat uitwerk…  Hy sal dinge SO laat gebeur, sodat dit alles deel vorm van die groter prentjie – een waarmee jy sal kan “afshow” J  Hy het jou baie lief!  En Hy wil NET die beste vir jou hê…  Partykeer is dit dinge, wat 100 keer beter is, as wat jy vir jouself gun!  Moenie worry wanneer dinge nie uitwerk soos jy dit haarfyn beplan het nie…  God is in beheer J

Blessings!


anelxx

Monday 26 May 2014

“You will never have to force anything that is truly meant to be…” ~ Unknown

Haloes! :)

“You will never have to force anything that is truly meant to be…” ~ Unknown

Jeremiah 31:25

“I will refresh the weary and satisfy the faint.”

2 Corinthians 4:16-18 

“So we do not lose heart. Though our outer self is wasting away, our inner self is being renewed day by day. For this light momentary affliction is preparing for us an eternal weight of glory beyond all comparison,  as we look not to the things that are seen but to the things that are unseen. For the things that are seen are transient, but the things that are unseen are eternal…”

“Everything will be okay in the end. If it's not okay, it's not the end.” ― John Lennon

“Have faith that things will work out, maybe not how you planned but how it is meant to be…” ~ Unknown

Ek is seker baie van julle het al die rekenaarspeletjie “Tetris” gespeel?  Dis ‘n speletjie wat vir jou vorms van verskillende groottes gee, en wanneer jy hulle inmekaar laat pas, sodat jy ‘n soliede lyn vorm, kry jy punte daarvoor…  Die lyntjie sal as't ware verdwyn wanneer jy dit perfek laat pas, en met elke "verdwyn" van 'n lyntjie, veroorsaak dit dat jy punte in die sakkie het...  Dit was altyd my doelwit om te sorg dat ek heeltyd die onderste lyntjie heeltyd die vormpies laat pas, sodat die lyntjie heeltyd verdwyn en ek die punte in my sak kon sit en van voor af ‘n nuwe lyntjie kon bou…  Dis wanneer die rekenaar vir jou vormpies uitskop wat GLAD nie “compatible” is wat jy later groot blokke met gate tussen-in het, en jou punte-telling onveranderd bly :)

Baie keer in ons lewe – is daar sekere dinge wat ons baie graag wil hê…  En ons raak ongeduldig wanneer dit voel of God ons nie hoor wanneer ons bid nie…  Ons probeer dan sommer SELF om die dinge te laat “gebeur”!  Wanneer dit dinge is wat nie vir ons bestem is nie – of dit nou nuwe werk, nuwe verhoudings, nuwe avonture, nuwe vriende of nuwe beginne is – is dit baie keer soos ‘n Tetris speletjie…  Waar al die stukke ‘n baie groot blok vol gate vorm…  Ons is nie ten volle gelukkig nie – omdat die dinge wat ons dan in ons lewe het, nie “compatible” met ons is nie…  “Things which are meant to be” – hoef nie geforseer te word nie…  Dit sal wees soos ‘n legkaart waarvan die stukkies sommer net in plek val…  Dit sal beteken dat daar nie effort van jou kant nodig is nie – God sal die dinge net in plek laat val wanneer JY en ook die tyd daarvoor reg is…  Miskien voel jy op die oomblik of jy sit met ‘n lewe vol “gate”…  Dinge wat gebeur het, wat nie regtig pas in jou lewe nie, wat jy nie weet hoe om te “verander” nie…  In James 1:5 staan daar: “If any of you lacks wisdom, you should ask God, who gives generously to all without finding fault, and it will be given to you.”  Miskien voel jy dat jy dinge probeer forseer het omdat jy dit so graag wou hê, en dat jy gesien het dat die nie eintlik vir jou bestem was nie…  Nou weet jy nie hoe om dit reg te stel nie…  Gaan op jou knieë en gee jou lewe / situasie oor aan God…  Hy kan deur die “mure” breek om dinge vir jou te laat uitwerk en in plek te laat val…  Hy kan dinge laat uitwerk – al lyk dinge op die oomblik vir jou deurmekaar!  God SAL sorg!  Dit maak nie saak HOE jy begin nie - dit maak saak HOE jy eindig!!

Blessings!


anelxx

gebedsversoek

Hi julle!

Bid asb saam vir die onderstaande!

blessings!

anel xx

Anoniem 1: 
My tannie is baie onlangs gediagnoseer met lewer kanker (Tannie Jeanette) en sy het baie skielik baie siek geraak en lê letterlik dag in dag uit.  Hulle gaan geen behandeling begin nie en kannie opereer nie wat haar kanse skraal maak om die siekte te oorwin, egter weet ons as dit God se wil is, sal die kanker verdwyn – ons moet net bid en vertrou dat Hy in beheer is en dat Hy alles ten goede sal laat mee werk.  Ek vra net vir gebed, want waar meer as een saam bid, weet ons wonderwerke leef.
 
Dankie!
 

Sunday 25 May 2014

“Life without God is like an unsharpened pencil – it has no point…” ~ Unknown

Haloes! J

“Life without God is like an unsharpened pencil – it has no point…” ~ Unknown

Psalm 23:3

“He refreshes my soul. He guides me along the right paths for his name’s sake…”

Deuteronomy 31:6

“Be strong and courageous. Do not fear or be in dread of them, for it is the LORD your God who goes with you. He will not leave you or forsake you.”

“'n Klein dogtertjie in Amerika het haar spaarbussie leeggemaak en afgesit na die apteek op die hoek van die straat. "meneer," sé sy vir die apteker. "Ek wil graag met u praat oor my broer. Hy is baie siek en ek wil graag 'n wonderwerk koop." Sy sit al die geld uit haar bussie op die toonbank neer. "sé weer?" vra die verbaasde apteker. "My broer is baie siek,"verduidelik sy. "Sy naam is Andrew en my pa sé daar groei 'n slegte ding in sy brein en net 'n wonderwerk kan hom nog red, Hoeveel kos 'n
wonderwerk?" Die apteker kyk na die dogtertjie en kry haar jammer. "My kind," sé hy. "Ek kan jou
nie help nie. Ons verkoop nie wonderwerke nie.""Sal dit help as ek nog geld bring?" vra sy teleurgesteld. Toe kom die apteker se broer nader. "Watter soort wonderwerk het jou boetie
nodig?" vra hy. Met trane in haar oé sé sy: "Ek weet nie eintlik nie. Ek weet net my broer is baie,
baie siek en mamma sé ons het nie geld vir 'n operasie nie. Maar ek het gedink ek kan met my
spaargeld die wonderwerk kom koop waarvan Pappa gepraat het." "Hoeveel geld het jy?" vra
die vreemdeling. Sy wys na die munte op die toonbank. Hy tel dit en sé:" een dollar en elf sent.
Dis nou toevallig! Dis presies hoeveel 'n mens nodig het as jy 'n wonderwerk vir 'n seuntjie wil
koop." Hy neem die geld en vat haar handjie. "Neem my na julle huis toe," sé hy. "Ek wil graag
jou broer sien en ook jou ouers ontmoet. Ek dink ek kan help met die wonderwerk." Die man was
dr Carlton Armstrong, 'n neurochirurg. Hy het die operasie verniet gedoen en Tess se broer het
gesond geword. Nou weet jy ook hoeveel 'n wonderwerk kos, nie waar nie? Een dollar en elf
sent, PLUS 'N SAK VOL # GELOOF !!!!!!!!!!!! (Jakobus 5:15) Here, laat ons nooit U wonderwerkende krag onderskat nie. As dit U wil is, kan U enige iets laat gebeur !!!! Amen…” ~ Forward boodskap

Ek onthou toe ek in die Laerskool was en ons met potlode moes skryf…  Met ‘n stomp potlood smeer mens baie keer net jou bladsy vuil J  Een van die mees frustrerendste dinge wat ek onthou, is wanneer jy gedruk is vir tyd (soos wanneer jy toets skryf), en jy die potlood punt in die gejaagdheid mors-af breek…  Want, dit vat TYD om daardie punt weer skerp te kry, om jou in staat te stel om verder te kan skryf daarmee…  En as jy hom weer TE skerp maak, loop jy weer die gevaar om die punt te breek!

In ons lewens is dit dieselfde J  Ons raak partykeer so vasgevang in die gejaagdheid van die lewe, dat ons afgestomp raak…  Afgestomp van ons vriende, afgestomp van ons geliefdes, en soms raak ons verhouding met God ook “stomp”…  Ons bietjie tyd wat ons het, spandeer ons aan die ellelange lyste dinge wat gedoen moet word…  Ons is konstant moeg, en uitgeput…  En daar is NIKS wat ons battery weer gelaai kry nie…  Die aanhaling hierbo is vir my PRICELESS!  Want, ‘n lewe sonder God, het geen punt nie…  Ek weet nie waaraan ‘n mens vashou, met wie jy gesels as jy bang is, of waar jy jou rustigheid en versekering vandaan sal kry dat alles op die ou end ten goede sal meewerk nie…  God het jou oneindig baie lief!  Miskien is jou potlood “stomp” of het die lewe jou ‘n paar houe toegedien, sodat jou “punt” heeltemal afgebreek het…  Deur saam met God te stap, sal Hy jou “restore”…  Hy sal nuwe lood in jou potlood kom sit, en Hy sal sorg dat jy sal “skerp” bly, wanneer jy op jou knieë bly, met Hom in beheer van jou lewe se stuurwiel…  Hy sal Isaiah 40:31 kom waar maak vir jou lewe - “but those who hope in the LORD will renew their strength. They will soar on wings like eagles; they will run and not grow weary, they will walk and not be faint…” God is net ‘n gebed ver…  Soos Sy wonderwerkende krag in hierdie storie vir ons duidelik is, so kan dit ook in jou lewe 'n werklikheid word...  Moenie die dinge wat die week oor jou pad mag kom vrees nie…  Jou God, is die Koning van die Heelal, en Hy het jou oneindig baie lief…  Hy sal by jou wees, met elke tree wat jy die week moet gee!

Blessings!


Anel xx

Thursday 22 May 2014

“It often takes the darkness of a storm, to show us the light of God’s presence…” ~ Tony Evans


Haloes! :)

“It often takes the darkness of a storm, to show us the light of God’s presence…” ~ Tony Evans

Proverbs 3:5-6

"Trust in the Lord with all your heart and lean not on your own understanding; in all your ways acknowledge him, and he will make your paths straight..."

Isaiah 43:2

"When you go through deep waters, I will be with you…”

“Because a thing seems difficult for you, do not think it impossible for anyone to accomplish…”~ Marcus Aurelius quotes

“All things are difficult before they are easy…” ~ Thomas Fuller quotes

Het jy al in ‘n hysbak gery, en in jou haas die verkeerde knoppie gedruk?   Of miskien was daar kinders voor jou in die hysbak wat dit goed gedink het om AL die knoppies te druk, dat die hysbak dus op elke vloer stilhou?  Daar is vir my geen groter frustrasie, as jy reeds laat is, en dan nog moet sukkel met stop op ELKE vloer nie…  Die hysbak is egter geprogrammeer om te gaan WAAR hy opdrag kry om te gaan…  So al het jy nie bedoel om die knoppie te druk nie, gaan hy steeds daar stop…  Jy kry seker die idee dat dit onlangs met my gebeur het J…  Dit het my laat dink – somtyds maak ons keuses wat dalk onder druk geneem is,  wat maak dat ons dan op ’n ander plek opeindig as wat ons beplan het…  Of ’n ander uitkoms laat gebeur as dit waarop ons gehoop het…

As jy kyk hoe ’n baba leer loop – hoe kry hy dit reg om regop te bly?  Deur elke keer op te staan wanneer hy val, en weer te probeer…  Wanneer ons die pad van die LEWE kies, is ons gewaarborg van uitdagings wat oor ons pad sal kom…  Die keuse is ONS sin, HOE ons die uitdagings sal aanpak…  Die belangrikste is, dat ons, ons integriteit BEHOU, en optree soos kinders van God – maak nie saak HOE moeilik die omstandighede nie…  ’n Storie wat ek gekyk het, het dit vir my net weereens opnuut bevestig…  Die man in die verhaal was baie arm, en het gesukkel van een kontrakwerk na die volgende…  Hy het ’n vrou en twee kinders gehad, en dit was vir hom baie belangrik om vir hulle ’n goeie lewe te kon gee…  Na ’n baie lang gesukkel het hy toe vir die eerste keer ’n vaste werk, en ’n inkomste wat gehelp het dat hy sy familie kon versorg…  Hy kom toe te staan voor ’n kruispad…  Hy kon ’n promosie kry, en ’n bestuurder word, met nog ’n groter inkomste, SOU hy kies om sy integriteit prys te gee, en oneerlike syfers aan bestuur deur te gee…  Sy vrou was in trane toe hy dit aan haar vertel…  Sy het oor en oor gesê, dat hulle nie kon teruggaan na die swakker lewe nie…  Hy het haar net verseker – God sal sorg…  Hy het nog altyd gesorg, en sal sorg vir uitkoms!  Uiteinde was, die ou het sy integriteit behou, en gesê aan bestuur dat hy nie verkeerde dinge kan doen om ’n promosie te kry nie…  Hulle het aan hom gevra – jy besef dat jy sonder ’n werk kan wees as jy weier om dit te doen?!  Hy het hulle verseker, ja, hy weet…  Maar wat reg is, is reg…  Hy het uit die vergadering gestap met ’n bevordering…  Die bestuur het hom getoets, om te kyk of hy iemand is wat vertrou kan word, en met integriteit sal optree – al gaan dit HOE moeilik…   Al gaan dinge hoe moeilik, God beloon ’n gelowige hart!  Hy beloon die wat vashou aan Sy beloftes, en wat staande bly, in ’n stukkende wereld…  Hy sal jou staande hou – al wat Hy vra is dat jy Sy hand sal neem… 

Ek bid dat jy God se liefde en groot, groot genade in jou lewe sal ervaar!  Hou aan hoop en vertrou op God! Hy sal jou nie in die steek laat nie!!!

Blessings!

Anellixx

gebedsversoeke

Haloe julle!

Bid asb saam met die onderstaande 2 versoeke.

Blessings!

anel

Anoniem 1: 
 
Ek wil vra dat jul asb sal bid vir Durand, ‘n tiener seun wie se ouers geskei is.  Dit gaan glad nie goed met hom nie.  Hy het geen kontak met sy ma nie en hy verlang en mis haar verskriklik.  Sy wil niks met hom te doen hê nie.  Op Moedersdag het hy byvoorbeeld vir haar gebel en sy het die foon doodgedruk.  Dit het hom geweldig geruk.  ‘n Paar dae terug was hy op die punt om ‘n oordosis pille te drink om net ‘n einde aan als te maak.  Ek vra jul om net saam te bid vir hierdie seun, en veral vir sy ma dat sy weer sal terugkeer in sy lewe.  Die liefde van ouers, en veral die van ‘n ma is so belangrik in ons kinders se lewens.  Ek glo en vertrou dat ons Liewe Vader, wat ‘n Vader van Liefde is vir hierdie seun sal help.
 
Anoniem 2:  n gebed versoek vir Nathan hy is 7 en het leukemia! Asb kan ons bid!Sy kanse nie so goed nie..maar met God is dit altyd. Dankie

Wednesday 21 May 2014

"For time and the world do not stand still. Change is the law of life. And those who look only to the past or the present are certain to miss the future." - John F. Kennedy

Haloes! J

"For time and the world do not stand still. Change is the law of life. And those who look only to the past or the present are certain to miss the future." - John F. Kennedy    

Psalm 107:19-21

“Then they cried to the LORD in their trouble, and he saved them from their distress.  He sent forth his word and healed them; he rescued them from the grave.  Let them give thanks to the LORD for his unfailing love and his wonderful deeds for men…”

Ephesians 3:16-17

“I pray that out of his glorious riches he may strengthen you with power through his Spirit in your inner being, so that Christ may dwell in your hearts through faith. And I pray that you, being rooted and established in love…”

“Your attitude is your best friend or your worst enemy…  It draws people to you or repels people from you…” ~ John Hagee Ministries

“Today is a new day. Don't let your history interfere with your destiny! Let today be the day you stop being a victim of your circumstances and start taking action towards the life you want. You have the power and the time to shape your life. Break free from the poisonous victim mentality and embrace the truth of your greatness. You were not meant for a mundane or mediocre life!” ― Steve Maraboli

Is jy die tipe mens wat gewoonlik op dieselfde bank sal gaan sit in die klas, dag na dag?  Of sal jy moontlik dag na dag op dieselfde parkeerplek stop?  Miskien is jy iemand wat die dag vat soos dit kom, en nie omgee waar jy sit of waar jy parkeer nie?  Wanneer jy by ‘n partytjie kom waar daar omtrent NET vreemde mense is, sal jy jouself besig probeer hou sonder om oogkontak te maak, of “bite jy die bullet” en probeer jy ‘n geselsie aanknoop met die vreemde mense?  Meeste van ons is creatures of habit, en ons hou nie van verandering nie…  Maar het jy al ooit daaraan gedink dat jy nie ‘n ander resultaat gaan kry as waaraan jy gewoond is, deur dinge op dieselfde manier aan te pak nie?

Wat probeer ek sê…  Ons raak baie keer so vasgevang deur ons situasies dat ons somtyds nie die groter prentjie sien nie…  Ons kyk vas in probleme, en omdat ons so “slam bam” in die middel van al die moeilikheid is, raak ons probleme groter as wat ons God is…  Ons probeer superman en superwoman speel, en ons probeer die wêreld se probleme op ons eie oplos…  Ons praat nie met God nie, en spandeer nie tyd aan Sy woord nie…  Ons vertel Hom nie wat in ons lewens aangaan nie…  Wat gebeur as jy nie gereeld “incheck” met jou vriende nie?  Mens begin kontak verloor, en in sommige gevalle, raak ons so “agter” met alles gebeur dat mens uitmekaar uit begin groei…  Wat dit nog moeiliker maak, is wanneer jy nie kan “relate” nie – wat dit weer moeilik maak om te verstaan waardeur jou vriende nou eintlik gaan…  Mens kan nie aanhou om dieselfde te doen, en ‘n ander resultaat te verwag nie…  Deur aan te hou om sonder God te probeer lewe, gaan nie vir jou ‘n makliker lewe verseker nie…  Ek dink inteendeel, dat dit moeiliker gaan wees…  Want in wat stel jy jou vertroue?  Met wie praat jy as jy bang is?  Op wie se skouer huil jy as die pad wat jy stap, baie langer is as wat jy gedink het?  God is gister, vandag en môre dieselfde…  Al iets in jou toekoms waarvan jy kan seker wees, is God se liefde, en daar wees vir JOU!  Hy sal jou NOOIT verlaat nie, en jou NOOIT in die steek laat nie…  Hy sal oorwinning vir jou bring, daar waar jy op die oomblik net nederlae ken…  God is GROTER, as ENIGE iets wat jou huidiglik onderky… Hy is net ‘n gebed ver…

Blessings!

anelxx

 

Tuesday 20 May 2014

“Success comes to those who plan, to those who prepare, to those who are persistent, and those who are willing to endure pain to achieve their goals…” ~ John Hagee Ministries


Haloes! J

“Success comes to those who plan, to those who prepare, to those who are persistent, and those who are willing to endure pain to achieve their goals…” ~ John Hagee Ministries

Matthew 6:31-32

So do not worry, saying, ‘What shall we eat?’ or ‘What shall we drink?’ or ‘What shall we wear?’  For the pagans run after all these things, and your heavenly Father knows that you need them…”

Luke 12:7

Indeed, the very hairs of your head are all numbered. Don’t be afraid; you are worth more than many sparrows…”

“In order to succeed, your desire for success should be greater than your fear of failure…” ~ Bill Cosby

“A successful man is one who can lay a firm foundation with the bricks others have thrown at him…” ~ David Brinkley

Wanneer mens ‘n doelwit stel, is dit sodat jy kan weet dat jy binne ‘n spesifieke tydsverloop, sekere werk sal moet verrig, ten einde die jou doelwit te haal...  90% van die tyd, kos dit groot opoffering ten einde jou doelwitte te bereik, en in die proses, ook jou drome waar te maak…  Vroeg opstaan, lang ure, laat gaan slaap, min tyd vir vriende, en ook gewoonlik min tyd vir die dinge wat jy eintlik sal wil doen…  Maar wanneer jy die tyd, ure, bloedsweet, trane, frustrasie ens ingesit het, is daar NIKS wat opweeg met die feit dat jy jou doel bereik het of jou droom waar gemaak het nie…  Dink gou aan “die groot” dinge in jou lewe…  Oomblikke wat jy jou droom bewaarheid het…  Dis die oomblikke van jou lewe wat vir jou sal uitstaan?  Die oomblikke waarvan jy gewoonlik die dag en datum sal onthou, is die oomblikke wat al daardie EFFORT, die moeite werd gemaak het…

Maar wat nou as die doelwit se tyd gekom, en gegaan het, en jy dalk weens omstandighede in jou lewe dit nog nie kon bereik, of dalk nog nie van jou drome kon bewaarheid nie…  Dan, liewe vriend, of vriendin, wil ek vir jou sê – dis NOG nie te laat nie!  Terwyl jy nog asem in jou longe het, beteken dit dat jy PURPOSE het!  Wanneer jy God se wil, en jou wil "align", deur te bid daaroor, en dan ingestel te wees op dit wat God deur jou wil doen – is daar absoluut GEEN keer aan wat jy en God saam kan bereik nie!  Soos wat die son elke oggend opkom, so is God se genade ook elke dag nuut... Ons het elke dag 'n splinternuwe blaadjie in ons lewensboek, en deur God se genade, kan ons ELKE dag oorbegin en weer probeer...   As dit God se wil is vir jou om sekere doelwitte te bereik, sal Hy jou vul  met afwagting en sal Hy sorg dat die regte deure op die regte tye vir jou oopgaan... God kan daardie ywer, opgewondenheid en motivering vir jou daagliks voorsien...

Geen berg sal vir jou te hoog wees en geen terugslag wat jy mag ervaar, sal jou onderkry nie…  Wanneer jy val, sal God jou laat opstaan, en aan jou die uithouvermoë gee om vas te byt, en deur te druk…  Wanneer jou hand in God s’n is – SAL Hy vir jou sorg!  Waar dinge so onmoontlik lyk, soos toe Jesus meer as 5000 mense kos gegee het met 5 broodjies en 2 vissies – en daar 12 mandjies kos oorgebly het – so SAL Hy vir jou sorg wanneer jy jou geloof en vertroue in Hom stel…  Hy sal jou NOOIT alleen laat nie!  Moenie toelaat dat die woordjie vrees in jou woordeskat bestaan nie…  Jy is tot ALLES in staat deur Hom wat jou die krag gee!

Blessings!

anel xx

Monday 19 May 2014

“Have God make a message out of your mess.” ― Joyce Meyer

Haloes! J

“Have God make a message out of your mess.” ― Joyce Meyer

Psalm 55:22

“Turn your worries over to the Lord. He will keep you going. He will never let godly people fall…”

John 16:33

“I have told you these things, so that in me you may have peace. In this world you will have trouble. But take heart! I have overcome the world.”

“Lots of people want to ride with you in the limo…  But you want someone who will take the bus with you, when the limo breaks down…” ~ Oprah Winfrey

“Stop determining your worth and value by what other people say. Be determined by what the Word of God (scriptures) says.” ― Joyce Meyer

Gemors…  Ramp…  Absolute disaster…  Chaos…  Deurmekaar…  Pynlik…  Seer…  Hartseer…  Eensaam…  Alleen…  Miskien is hierdie almal woorde waarmee jy vandag kan “relate”…  Miskien is dit woorde wat jy al goed ken, en waarmee jy al kennis gemaak het…  Miskien is dit woorde wat onverwags in jou lewe hulle verskyning gemaak het, of is dit woorde waarmee jy kennis gemaak het vanweë ander mense se toedoen in jou lewe…  Die rommel wat ons daagliks in die drom gooi – is vir ons van geen nut nie…  Vat byvoorbeeld ‘n leë koeldrank bottel of blikkie?  Jy het reeds die “voordeel” uit die produk gekry, deur die koeldrank te geniet…  Die bottel of blikke waarmee jy oorbly, is van geen waarde vir jou nie…  MAAR, het jy geweet, dat indien jy dit sou herwin, kan dit gebruik word om NUWE produkte mee te maak?  Soos bv plastiekbottels kan herwin word teen einde plastiek stoele of tafels te maak?!  Mens kan dit amper nie dink, dat iets so klein soos ‘n plastiekbottel gebruik kan word in die vervaardiging van bruikbare meubels nie!

Wat probeer ek hiermee vir jou sê?!  JY, liewe kind van God, het WAARDE…  Al voel jy so klein soos ‘n plastiek koeldrankbottel, kan God vir jou en jou gawes gebruik om iets HUGE vir die Koninkryk te doen!  Een plastiekbottel op sy eie, is net ‘n plastiekbottel, maar ‘n klompie saam, kan iets soos ‘n meubelstuk maak!  Jy is deel van ‘n groter doel, en ‘n groter plan…  Maak nie saak HOE jou lewe vandag lyk nie!  Indien jy bereidwillig is, KAN en SAL God jou gebruik om groot dinge in Sy Naam te doen…  Moenie toelaat dat MENSE jou waarde afkraak nie… Soos Joyce Meyer hierbo tereg sê – meet jouself aan die Skrif, en nie aan mense se opinies nie…  Moenie jou energie en tyd mors op mense wat jou voortdurend afbreek nie – dit is NIE wat God vir jou wil hê nie…  Omring jou met mense wat waarde toevoeg tot jou lewe, mense wat ‘n positiewe impak op jou lewe het!  God wil net die goeie dinge vir jou hê…  Hy kan jou “mess” in a “message” verander!  Gee dit net oor in Sy hande…  Want God is in staat om SOVEEL meer te kan doen as wat ons OOIT sal Hoop of dink!  Die wiel draai – so moenie mismoedig raak nie!  God is in beheer van jou lewe, en HY sal sorg vir WONDERWERKE, wanneer jy dit die minste verwag!

Blessings!

anellixx

Winter-warmte projek! / Winter warmth project!


Haloe julle!
 
[English below]
 
Hoop dit gaan goed met elkeen van julle!  Laaste mail wat ek vir die hele groep stuur, hierna sal ek net kommunikeer met die wat betrokke wil wees.
 
Ons projek reëlings het bietjie verander.  Die skoolhoof van Lavis Rylaan Primer het my weer gekontak en gesê dat hulle ‘n skenking klere ontvang het, en dat sy dink dat ons eerder ‘n ander instansie moet help.  Ek het intussen ‘n ander skool gevind, en die skoolhoof is BAIE opgewonde! 
 
Range Laerskool in Matroosfontein is dus die skool wie ons hierdie jaar gaan bless met truie en skoene.  Hulle dra grys truie, grys sokkies en swart skoene.  Ekt gaan pryse uitvind by Ackermans en Pep en dit is baie dieselfde.  Die groot uitdaging is dat daar 300 kinders is, so dis 100 meer as wat ons oorspronklik gedink het.  Ekt dus goedgedink dat ons eers moet poog om vir elke kind ‘n trui, sokkies en skoene te kry, en dan – as daar nog mense oor is wat wil help / fondse wat ons oor het om aan te wend, dat ons vir hulle windbreakers kan aanskaf.
 
Pryse:
Ackermans         R                                                                                        Pep
Truie                     R45 – R65 (afhangend van die grootte)                  Truie      R45 – R85
Skoene                R130 – R150 (afhangend van grootte)                    Skoene R70 – R150
Sokkies                R23 – R30 (2 paar – afhangend van grootte)        Sokkies R12 (1 paar – afhangend
grootte)
Windbreakers    Navy blou: R60 – R110 (afhangend van grootte) Windbreakers   Navy blou: R60 – R110 (afhangend van grootte)      
 
As jy dalk van ENIGE iemand weet wat nog betrokke sal wil raak, stuur asb die mail aan.  Ek wag op klaslyste van die juffrou, so laat weet my asb WAT jy sal wil bydra.  Dan merk ek dit op my lys, en ek stuur vir jou die inligting deur wat jy sal benodig.  Die pryse wissel afhangend van die grootte items wat jy aanskaf. (bv ‘n kleiner trui, is goedkoper as ‘n groter trui).
 
VIR DIE WAT REEDS FONDSE INBETAAL HET – EK SE VIR JULLE BAIE, BAIE DANKIE – UIT DIE DIEPTE VAN MY HART UIT!!!!!  VAN JULLE HET NIE NAME BYGESIT NIE – EK PROBEER JULLE NOG OPSPOOR, MAAR DUISENDE DANKIES!!!  EK SAL VIR JULLE NAME DEURSTUUR VAN WIE JULLE HELP.
 
Ek hou julle op hoogte!
 
Blessings!
 
Anel xx
 
 
Hi all,
 
Hope you are doing well!  This is the last communication I will send to everyone, after this I will only communicate to those who wants to be involved in the project.
 
Our winter project has changed a bit. The principal of Lavis Rylaan Primary was in contact with me and she said that the school received a clothing donation, and that she feels that we should bless another institution with our initiative. I have found another school, and the principal was VERY excited when I spoke to her!
 
Range Primary in Matroosfontein is the school which we will bless with jerseys and shoes.  The prescribed school clothes are grey jerseys, grey socks and black shoes. I went to both Ackermans and Pep and the prices are more or less the same. The challenge we are facing, is that there are 300 children, which is 100 more than we originally projected. I have therefore decided that we should first try to get each child a jersey, socks and shoes and if we have funds leftover / additional people to help, we can then make a call in the end to buy each child a windbreaker too.
 
Prices:
Ackermans         R                                                                        Pep
Jerseys                 R45 - R65 (depending on size)                    Jerseys R45 - R85
Shoes                   R130 - R150 (depending on size)               Shoes R70 - R150
Socks                   R23 - R30 (2 pair - depending on size)      Socks (1 pair) - R12                       
Windbreakers Navy Blue : R60 - R110 ( depending on size)Windbreakers Navy Blue : R60 - R110 ( depending on size)
 
If you know of any people who would still like to get involved, please send this email on to them!  It will be greatly appreciated!!  I am still waiting on the headmaster – they will send me class lists asap, as well as the sizes of the children.  All of the above prices are dependent on the size you buy.  Please let me know WHAT you would like to contribute.  I will then send you the necessary information, as soon as I have it available.
 
FOR THOSE OF YOU HAVE DEPOSITED FUNDS – A BIG THANK YOU FROM THE BOTTOM OF MY HEART!  I AM STILL TRYING TO TRACK YOU, AS MOST OF YOU DID NOT PUT YOUR NAME WITH IT.  BUT PLEASE KNOW, YOU ARE MAKING A HUGE DIFFERENCE!  I WILL SEND YOU THE INFORMATION OF WHO YOU ARE HELPING, AS SOON AS I HAVE IT AVAILABLE.
 
Will keep you posted!
 
Blessings !
 
Anel xx

Sunday 18 May 2014

“Anytime you don’t know what to do, or how to do it, remember, God does…” ~ Victoria Osteen


Haloes! J

“Anytime you don’t know what to do, or how to do it, remember, God does…” ~ Victoria Osteen

Matthew 29:28-29

“When Jesus went indoors, the blind men came to him. He asked them, “Do you believe that I can do this?”  “Yes, Lord,” they replied. Then he touched their eyes. He said, “It will happen to you just as you believed...”

Psalm 16:11

“You always show me the path that leads to life. You will fill me with joy when I am with you. You will give me endless pleasures at your right hand…”

“I think that God gives you your own will and choices. I don't believe that we're supposed to drag ourselves through life defeated and not see God's blessings. But you have to make the right choices and follow that still, small voice within you. Because I think that's how God leads us…” ~ Joel Osteen

“Patience is not the ability to wait but the ability to keep a good attitude while waiting.” ― Joyce Meyer

Die definisie van “Patience” is: The capacity to accept or tolerate delay, problems, or suffering without becoming annoyed or anxious…”  ‘n Goeie voorbeeld hiervan het die naweek sommer oor my pad gekom…  Ons geduld word sommer behoorlik getoets wanneer ons bestuur – en ‘n motor nie kan wegkom nie, ons in verkeer of ‘n ellelange ry van motors moet staan en WAG of wanneer ons by ‘n winkelsentrum ‘n parkeerplek soek, en iemand dit DURF waag om ‘n poging aan te wend om jou parkeerplek te vat!  Daar was die naweek iemand voor my, wat niksvermoedend haar flikkerlig aangeskakel het om in te draai by ‘n parkeerplek wat aan die “oopgaan” was…  ‘n Ander motor, wat om ‘n hoek staan en wag het (wat mens nie kon sien nie), het dit VERLOOR, deur op die toeter te druk, te skel en wilde seine te wys aan die arme persoon voor my… TYD, iets wat ons nie het om aan geduld te spandeer nie…  Ons raak bakleierig oor iets soos ‘n parkeerplek, en hierdie “gebeurtenis” sal dan sommer jou hele dag ‘n negatiewe kleurtjie gee…

Op ons lewenspad, is daar BAIE keer tye wat ons probleme sal moet face…  Daar sal tye wees waar ons planne “onder konstruksie” sal wees, en tye wat ons ‘n detour sal moet vat, weens die feit dat die paaie waarop ons “travel” gesluit is…  Deure van geleentheid sal toemaak, maar daar sal altyd ander wees wat in hulle plek oopmaak…  Die geheim is, dat ons nie gespanne, bang of geïriteerd sal word wanneer dinge dalk nie uitwerk soos dit moet nie…  Dit sal die tye wees wat van ons sal vereis, om te bid en ons hoop en vertroue in God te stel…  Dat ons geanker sal staan in ons geloof – en alhoewel mens nie kan sien nie – dat jy sal vertrou dat God dinge ten goede vir jou sal laat meewerk…  Want soos Hy in Sy woord belowe: Jeremiah 29:11 en Romans 8:28 – jy is Sy kind, en Hy het jou oneindig baie lief…  Hy sal dinge in plek laat val, en vir jou op die regte tyd, op die regte plek hê, sodat jy die ultimate seën in jou lewe sal kan ervaar…  Dis nie maklik om te wag nie…  Veral nie as daar iets is wat jy baie graag wil hê nie…  Of as dit iets is wat jy voel jy HIER EN NOU nodig het nie…  Daardie keuses waarmee jy so worstel – moenie op mense vertrou om besluite namens jou te neem nie…  BID, en wag op God tot HY aan jou die rustigheid in jou hart gee, oor wat jy moet doen…  Hy is saam met jou in die “ding” (“die lewe”).  Hy sal jou nie teleurstel deur halfpad deur kop uit te trek, of jou alleen te los nie…  Hy is met ELKE tree wat jy gee, aan jou sy…  Hy is in jou hoekie, en Hy is VOL vertroue oor jou vermoëns…  Hy BACK jou – maak nie saak wat nie… Hy weet WAT Hy vir jou beplan, en HY weet wat in jou toekoms is…  VERTROU, GLO en HOOP…  Hy sal jou NIE teleurstel nie…  Gee daardie besluite oor in God se hand – Hy.Sal.Sorg…

Blessings!

Anel xx

Thursday 15 May 2014

“We have to pray with our eyes on God, not on the difficulties…” ~ Oswald Chambers


Haloes! J
“We have to pray with our eyes on God, not on the difficulties…” ~ Oswald Chambers

Ecclesiastes 4:9-12

Two are better than one, because they have a good return for their labor: If either of them falls down, one can help the other up.  But pity anyone who falls and has no one to help them up. Also, if two lie down together, they will keep warm.  But how can one keep warm alone? Though one may be overpowered, two can defend themselves.  A cord of three strands is not quickly broken…”

Matthew 18:19-20


"Again, I tell you that if two of you on earth agree about anything you ask for, it will be done for you by my Father in heaven.  For where two or three come together in my name, there am I with them."

“Many people pray as if God is a big aspirin pill; they come only when they hurt…” B. Graham Dienert
“The more you pray, the less you'll panic. The more you worship, the less you worry. You'll feel more patient and less pressured.” ― Rick Warren

Ek weet nie wie van julle al vrot van die griep was nie?  Of miskien het jy al gesit met ’n migraine vir dae, wat net nie wou weg gaan nie…  As ’n mens nie die regte medikasie kry nie, is die kans baie goed dat jy nie gaan beter word nie…   Wat die dokter gewoonlik vir siekwees sal voorskryf is: Baie rus, vloeistof, gesonde kos en die regte medikasie…  As jy die dokter se raad gaan volg, is die kans baie goed dat jy vinnig weer op die been sal wees!  Maar as jy nie gaan luister nie, in die koue buitentoe gaan, gemors-kos eet, en jouself aanhou uitput met bekommernisse en stress, gaan dit net SOVEEL langer vat om gesond te raak…
Baie keer sien ons, ons gebedslyn na God as ’n noodlyn, en nie ’n lewenslyn nie…  Hierdie aanhaling was vir my SO ’n waarheid!  Ons probeer baie keer so in beheer wees oor ons lewens…  Ons hou probeer al die balle in die lug hou – jou werk, jou gesin, jou verhoudings, finansies, siekte, liefde, hartseer, pyn ens…  Ons vergeet partykeer dat ons kan neerkniel en met God kan praat oor ALLES wat aan die gang is…  Gewoonlik wanneer dinge goed gaan, vergeet ons om te bid…  Maar wanneer die seer en pyn en stress oorneem in ons lewens, onthou ons dat God daar is, en baie keer is dit ons “laaste lyn”, wanneer ons nie meer moed het, of enige idee het waarheen volgende nie…  God is jou LIFELINE…  Hy gee jou die LEWE,  ELKE oggend as ’n nuwe geskenk…  Hy is jou PHONE a FRIEND enige tyd van die dag of nag…  En Iemand op wie jy ALTYD EN VIR EWIG kan reken!  Hy sal dinge laat uitwerk…  Wanneer mens voel of die wêreld op jou skouers rus, en jy daarmee neerkniel,  vul God jou baie keer met NUWE krag, en kom sit Hy daardie rustigheid in jou hart sodat jy met nuwe moed kan wakker word, en elke nuwe dag, met hernude krag, en nuwe “fight” kan aanvat…  God is vir jou…  Hy het jou “back”…  Soos ’n dokter daagliks sy pasiënte ondersoek, en daar “dokter / pasiënt” vertroue is – so is God daagliks daar vir jou…  Hy sal jou bekommernisse minder maak, jou laste van jou skouers af lig, en dit aan niemand oorvertel nie…  Soos Psalm 23 sê:  “Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my…  In U hande is ek veilig…”

Vertrou God – DAAGLIKS…  Ek het al gevind dat as jy jou dag begin deur ’n gesprek met God, en Hom afsluit met Hom – ervaar jy Hom deurentyd…  Jy vergeet dan nie HOEKOM jy EINTLIK hier is nie – selfs al gebeur daar dinge wat jy nie kan verstaan of verklaar nie…  Die lewe moet ongelukkig vorentoe geleef word, maar agtertoe verstaan word…  God het jou lief – Hy is jou LEWENSLYN…  Elke dag!

Blessings!
Anelli**