Prayer Requests

Indien jy enige gebedsversoeke het, waarvoor die gedagteki groep kan bid, kan jy dit op hierdie bladsy pos.  Sodra jy kies om kommentaar te pos kan jy kies in watter hoedanigheid jy dit doen.  Met ander woorde, jy kan 'n anonieme gebedsversoek pos - al wat jy moet doen, is om die blokkie, "anonymous" te kies wanneer jy die gebedsversoek ingetik het. 

If you have any prayer requests, which the gedagteki group can pray for, you are welcome to post it on this page.  It is possible to add an anonymous prayer request.  When you choose to post a comment, you just need to click the anonymous block.

15 comments:

Ilna Kruidenier said...

Ek wil graag vra dat julle vir 'n baie liewe vriendin van my, Jeanette sal bid wat onlangs met Lupus Disease gediagnoseer is. Sy is 'n pragitge 24 jarige jong meisie, seker die aktiefste wat ek ken. Sy is nog nie eers 'n jaar lank getroud nie. Die dokters is nie 100% seker wat presies fout is nie, want elke geval is uniek. Jeanette is 'n pragtige kind van Jesus en skyn haar lig steeds deur hierdie moeilike tyd. Bid asb ook vir haar familie xx

Anonymous said...

Ek wil graag 'n versoek insit om vir alle verhoudings daar buite te bid wat net 'n gebedjie nodig het! Vir watokal rede dit mag nodig wees. Dankie!

Anel said...

Ek het die volgende gebedsversoek ontvang:

Hallo Anel, Hoop dit gaan goed met jou. Ek het ‘n gebed versoek, my sister het my nou gebel haar 2jarige neef Zakiry is in die hospitaal opgeneem hy is in ‘n koma oordosing van pille die dokters gee hom net 4 ure voor die masjiene afgeskakel gaan word. Ek glo as dit nie God se wil is nie gaan Zakiry voor die 4 ure om is sy uit die koma kom Laat ons almal saam bid vir hom stuur asseblief aan vir jou gebed groupie

2e Boodskap:
Zakiry se brein swel nog die dokter’s het besluit om addisionele 4 ure te wag dan gaan hulle ‘n brein skandering doen na die uitslae gaan hulle ‘n finale besluit maak.

Bid asseblief saam!xx

Tanya Coetzee said...

Ek wil asseblief vra dat julle vir my liewe skoonsussie en haar familie sal bid. Haar pa is skielik dood en hulle is stukkend. Hy was nog so jonk!

Kom ons bid vir al ons mensies daar buite wat 'n geliefde verloor het of deur 'n moeilike tyd deur gaan.

Baie dankie vir julle liefde en omgee!!

Anonymous said...

Ek wil graag vra dat julle asseblief vir my ma moet bid. Sy was so paar weke terug gediagnoseer met kolon en lewer kanker en het Maandag met Chemoterapie begin. Sy is maar net 59 en het nog 'n groot lewe voor haar. Vandag was die eerste dag wat die chemo haar siek gemaak het en ek vra net dat almal vir haar bid sodat sy sal sterk bly en dat die kanker haar nie onder sal kry of haar geloof sal beproef nie. En dan ook vir my en my familie dat ons ook deur die here se genade sal sterk bly en aanhou glo en vertrou dat hy ons familie deur dit sal trek. Baie dankie!! xxx

Anel said...

Ons sal verseker bid! Ek sal dit in die gedagteki vir more ook pos. STerkte daar liewe vriend / vriendin! God is groter as kanker... Sterkte in die moeilike tyd... Ekt self al daai pad gestap, en al wat mens kan doen is vertrou op God en bid... WEet dat ek sal bid!

baie blessings!!xx

Karina Berner said...

'n Dringende gebedsversoek vir 'n pragtige vriendin wat gister met Fase 4 Hodgkins Limfoom gediagnoseer is. Sy begin reeds vandag met chemoterapie. Sy is een van daardie mense wat altyd tyd het om nog iets aan te pak, veral as dit ander kan help, en straal Jesus se liefde uit na almal wat met haar in aanraking kom. Ook 'n sportmensie wat deur haar werk al vele mense gerehabiliteer het. Sy is maar in haar 20's. ELKE gebedjie is van onskatbare waarde...bid asb ook vir haar man en familie.

Anonymous said...

Ek wil graag he julle moet saam met my bid. Ek soek al x3 maande werk en het nog niks gekry nie. Vele onderhoude, maar nog nie werk nie. Ek glo ek is nog in my huidige posisie vir 'n rede en om my doel klaar te maak. Ek bid dat Liewe Jesus vir my sal wys wat ek nog hier moet af handel, voordat ek kan aan beweeg. Baie dankie!

Anonymous said...

Anonymous....

Ek wil vra dat julle asb saam met my vir my niggie en haar man sal bid wat al vir 8 jaar probeer swanger raak.
Dokters raadop, maar ek glo dat met gebed is alles moontlik....

Melissa Van Rensburg said...

Ek wil asseblief vra dat ons vir my niggie sal bid. Die kanker het reeds deur haar hele liggaam versprei. Ek wil net graag he ons moet bid vir haar familie en vir haar deur hierdie moeilike tyd waardeur hulle gaan. Haar dogter is nou in graad 12 en ek bid vir haar om deur haar eksamens te kom en sterk te bly!

Anonymous said...

Anel,ek wil graag vra dat julle saam met my sal bid vir ander werk. Ek was al vir 'n paar onderhoude sonder enige geluk. Baie dankie vir die pragtige gedagtetjies daagliks! Dis waarlik 'n "blessing" xxx

Anonymous said...

Ek wil graag vra dat julle vir die stakings Sal bid. nie net word talle mense se werksomstandighede ontwrig nie, maar skoolkinder kan nie by skole uitkom om eksamen te skryf nie en dis die belangrikste eksamen van die jaar. Boere en plaaswerkers word geïntimideer en gedreigmet die dood en dat hulle guise afgebrand gaan word. bid asb saam met my dat die Here hul oë Sal oopmaak en dat Hy hulle Sal stop.

Anonymous said...

My man is verplaas na die Paarl en ek soek steeds vir myself werk. Bid asb. saam met my dat die Here vir my goedgunstig Sal wees en 'n werk Sal voorsien. Ek kan nie sonder werk wees nie, maar glo God Sal voorsien.

Anonymous said...

Hi
I got medical situation that causes decreasing of my central vision. Please Pray That GOD brings a Miracle over me. I believe that HE is the only one that can do it.
MAY GOD BLESS US ALL !!

Anonymous said...

Please pray for us so that we can after 20 years of a wonderful marriage be able to conceive and have a family of our own.