Wednesday 25 March 2015

“Sometimes it may seem that God is silent, but He is never absent…” ~ Brian Houston

Haloes! J
 
“Sometimes it may seem that God is silent, but He is never absent…” ~ Brian Houston
 
Psalm 18:32-34 
 
“The God who equipped me with strength and made my way blameless. He made my feet like the feet of a deer  and set me secure on the heights. He trains my hands for war, so that my arms can bend a bow of bronze…”
 
1 John 5:14
 
“And this is the confidence that we have toward him, that if we ask anything according to his will he hears us…”
 
"Any concern too small to be turned into a prayer is too small to be made into a burden." - Corrie Ten Boom
 
"Work as if you were to live a hundred years, pray as if you were to die tomorrow." - Benjamin Franklin
 
Ek dink meeste van julle was al afwesig by die skool of werk, vanweë verkoue, griep, siekte of somtyds net onbeheerbare omstandighede…  Ek onthou toe ek in die laerskool was, het ek waterpokkies gekry…  Vir twee weke lank was ek buite aksie…  En toe, soos die noodlot dit toe wou hê, is my klas op die COOLSTE uitstappie OOIT in die tyd wat ek by die huis was…  Hulle het ’n regte seerowerskip in die Waterfront besoek…  Ek’t GEWENS dat die waterpokkies net kon verdwyn, dat ek dit kon meemaak J
 
Hierdie aanhaling van Brian Houston het my aan dit laat dink!  Wanneer mens afwesig is – mis jy uit!  Daar is ook ander tipe afwesigheid waarmee ons dikwels gekonfronteer word – afwesigheid in verhoudings, vriendskappe in jou werk, in jou familie aktiwiteite, miskien afwesige ouer as gevolg van ’n groot werkslading, jou optrede in alledaagse omstandighede of miskien in jou spontaniteit en deelname om ’n verskil in hierdie wêreld te maak…  Dit kan dikwels wees as gevolg van stress, bekommernis, of onsekerheid van wat die toekoms inhou…  Ek dink mens kan partykeer so besig raak met soveel dinge, dat jy totaal en al onbewus “afwesig”raak in al hierdie dinge…  Dit kan partykeer vir jou voel dat jy so ver verwyderd van God raak, as gevolg van hierdie afwesigheid…  Goeie nuus vanoggend – is dat God NOOIT afwesig is van jou lewe nie…  Soos Brian in sy aanhaling sê – God mag dalk stil wees, maar Hy is verseker nooit afwesig nie!  In hierdie “stil tye”, verlaat Hy jou egter nie…  Hy is steeds daar om die pad vir jou gelyk te maak, en geleenthede vir jou te skep…  Dis in hierdie stil tye, wat Hy besig is om jou te shape vir dit wat voorlê…  Of my gunsteling manier om daarna te kyk – KARAKTER bou oomblikke J  Moenie moed verloor as dit vir jou dalk voel of jy op die oomblik op een plek stilstaan en nie vorentoe kan beweeg nie…  Moenie moed verloor as dit vir jou voel of jou gebede onbeantwoord bly nie…  God is steeds by jou, en Hy hoor jou gebede…  Hou aan om met God te praat, want SODRA die tyd reg is, SAL God al die dinge in plek laat val…  Hy sal vir jou sorg – sodat jy ontvang DIT wat jy nodig het, sodra jy dit nodig het…  Moenie dat stress en bekommernis jou weerhou daarvan om ongelooflike vriendskappe, of verhoudings te hê nie…  Moenie die duiwel space in jou lewe toelaat dat hy kan onsekerheid en chaos in jou lewe saai nie…  God wil MEER vir jou hê, as wat jy ooit sal kan hoop of dink!  Glo dit vandag! J
 
Blessings!
 
Anelxx

No comments: