Sunday 1 March 2015

“F.E.A.R has two meanings – Forget Everything and Run OR Face Everything and Rise… The choice is yours…” ~ Unknown

Haloes! J
 
“F.E.A.R has two meanings – Forget Everything and Run OR Face Everything and Rise…  The choice is yours…” ~ Unknown

Proverbs 16:9

“We can make our plans, but the Lord determines our steps…”

1 Corinthians 2:9

“What no eye has seen, what no ear has heard, what no mind has conceived – the things that God has prepared for those who love Him…”

“It’s okay not to be okay sometimes…” ~ Unknown

“Change isn’t easy, but God would not allow it if He did not have purpose for it…” ~ Unknown

Was jy al so bang vir iets, wat jou totaal en al lamgelaat het, wat toe op die ou end nooit gebeur het nie?  Ek dink almal van ons was al in sulke situasies – waar ons vrees vir sekere dinge, of waar dinge ons bekommerd laat, wat ons in die proses so tap van al ons energie en lewenslus, dat ons op die ou end uitmis op sekere geleenthede en goeie herinneringe omdat ons toelaat dat vrees ons geluk steel en ons lewens regeer...  ‘n Voorbeeld is eksamen stress – vrees om nie jou eksamen deur te kom nie, werksonderhoude wat anders uitwerk as wat jy gehoop het, werk wat moontlik verloor kan word, kinders en jou familie se veiligheid, verbrokkeling van verhoudings, verlies van geliefdes deur siekte, of sommer net onvoorsiene omstandighede – ek dink die lys van dinge wat ons vul met vrees kan eindeloos wees…

Daar is ook somtyds omstandighede waarvoor ons vrees, waar ons vrese dan wel bewaarheid word…  In beide situasies, is daar een gemene faktor wat ons sal help om heel anderkant uit te kom…  Ons geloof wat ons geanker hou in God…  Waarop bou jy jou lewe?  Die storie van die wyse man wat sy huis op die rots bou, en die dwase wat sy huis op die sand bou, het sommer by my opgekom…  Ons almal ken die ou storie, en as ons almal kan kies sal ons verseker die keuse maak om ons huis op die rots te bou…  Maar wanneer “die lewe” ons tref, met moeilike, uitdagende tye, siekte wat ons onverhoeds betrap, huwelike wat op die rotse loop, verhoudings of vriendskappe wat verbrokkel, werke wat verloor word, gryp ons baie keer na “aardse” raad, of “aardse uitkomste”…  Ons wil antwoorde van mense rondom hê, eerder om net ‘n tree terug te gee, en op ons knieë te gaan, en met God te praat…  Al sit jy ook net en huil by God se voete – SAL Hy verstaan…  Jy hoef nie so sterk te wees om die wêreldse probleme te dra, of die wêreldse probleme te probeer uit te sorter nie…  Dis hoekom ons Hemelse Pa daar is…  Wanneer mens op jou knieë bly, sal jy staande kan bly teen die wêreldse moeilikhede wat jou kant toe kom…  God sal sorg dat jy heel anderkant uitkom – en HY sal vir jou fight…  Al wat jy moet doen, is om net jou oog op Hom te vestig, en Hom te vertrou dat alles sal uitwerk soos Hy dit vir jou bestem het…

Blessings!

Anel xx

No comments: